God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Waarom God ons soms Aanstoot Gee

    Send us a text

    Lukas 24:45-48 Daarna het Hy vir hulle gesê: “Toe Ek nog saam met julle was, het Ek aan julle verduidelik dat alles wat in die wet van Moses en in die profete en die psalms oor My geskryf is, vervul moet word.” Toe het Hy hulle verstand geopen om die Skrifte te verstaan. Daarop het Hy gesê: “Só staan dit opgeteken: ‘Die Messias moet ly en op die derde dag opstaan uit die dood.’ op grond van sy Naam moet bekering tot vergifnis van sondes aan al die nasies verkondig word. Julle moet by Jerusalem begin en van hierdie dinge getuig. “En kyk, Ek sal die belofte van my Vader aan julle stuur. Julle moet in die stad bly totdat julle van God af met krag bemagtig is.” NLV)

    Een van die sleutel strategieë van diegene wat die Christendom teëstaan, is om wanneer ons praat oor die dinge van God praat, hulle ons monde wil snoer. Hulle maak ons stil en laat ons verstaan dat ons hulle aanstoot gee oor dit wat ons sê.

    Hulle probeer met ons koppe smokkel deur ons te vra of God dan nie die God van liefde is nie? En liefde beteken tog aanvaarding? Liefde beteken tog verdraagsaamheid? Liefde beteken insluiting, diversiteit en al daardie ander woorde wat hulle deesdae so graag gebruik.

    Maar liefde beteken ook om die waarheid te praat. My ouers was lief vir my, en tog het hulle nie my slegte gedrag aanvaar nie. Hulle het nie my verkeerd houdings verdra of my rebellie oorgesien nie. Dis ook maar goed, nè! Maar steeds kies die wêreld om aanstoot te neem wanneer daar van die Evangelie gepraat word. Die vraag is, hoekom? Charles Spurgeon verduidelik: “Christus maak mense kwaad, omdat sy Evangelie nie sonde verdra nie.”

    Dit is die onverdraagsaamheid van Jesus teenoor sonde, wat van Jesus 'n struikelblok vir hulle maak.

    Lukas 24:44-49 Daarna het Hy vir hulle gesê: “Toe Ek nog saam met julle was, het Ek aan julle verduidelik dat alles wat in die wet van Moses en in die profete en die psalms oor My geskryf is, vervul moet word.” Toe het Hy hulle verstand geopen om die Skrifte te verstaan. Daarop het Hy gesê: “Só staan dit opgeteken: ‘Die Messias moet ly en op die derde dag opstaan uit die dood.’ Op grond van sy Naam moet bekering tot vergifnis van sondes aan al die nasies verkondig word. Julle moet by Jerusalem begin en van hierdie dinge getuig. “En kyk, Ek sal die belofte van my Vader aan julle stuur. Julle moet in die stad bly totdat julle van God af met krag bemagtig is.” (NLV) 

    Het jy verstaan wat Jesus daar gesê het? Bekering en vergewing van sondes moet in sy Naam aan alle nasies verkondig word. Daar is geen vergifnis, sonder bekering nie. Die Evangelie is inderdaad onverdraagsaam teenoor sonde. Dit is wat ek en jy geroep is om te verkondig.

    Moet dus nie verbaas wees as mense aanstoot neem nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • In Die Tussentyd …

    Send us a text

    2 Petrus 3:14 Daarom, geliefdes, terwyl julle wag dat hierdie dinge gebeur, moet julle hard werk om vlekkeloos en sonder fout deur God bevind te word. Lewe in vrede met God.(NLV)

    Ons almal weet, met absolute sekerheid dat ons tyd op hierdie aarde eendag sal eindig. En hoewel ons verlede soms ons gedagtes oorheers, is die eintlike vraag: hoe moet ek tussen vandag en die wederkoms leef?

    Die afgelope paar dae het ons gesels oor die einde van die wêreld … en wat volgende kom. Ons het gelees uit:

    2 Petrus 3:10,11 Maar die Dag van die Here sal so onverwags kom soos ’n dief. Dan sal die hemele met ’n groot gedruis verdwyn, die hemelliggame in vuur opgaan en die aarde met alles wat daarop is, vergaan. Aangesien alles om ons só gaan wegbrand, moet julle leefstyl meer aan God toegewy wees en moet julle naby aan Hom lewe! (NLV) 

    Jy kan kies om dit te glo of nie, maar wat jy ook al glo, dit verander nie ‘n snars aan die uitkoms nie. Die einde kom. En soos ek gesê het, die vraag is dus, hoe moet ek my lewe tussen nou en dan leef. Die antwoord kom 'n paar verse later in:

    2 Petrus 3:14 Daarom, geliefdes, terwyl julle wag dat hierdie dinge gebeur, moet julle hard werk om vlekkeloos en sonder fout deur God bevind te word. Lewe in vrede met God. (NLV)

    Onthou, Petrus het hierdie brief geskryf aan die Christene, wat as gevolg van uiterste vervolging, oor die hele bekende wêreld versprei was. En hy moedig hulle aan om hard te werk. Die oorspronklike teks praat daarvan om ywerig te wees enom sonder vlek of gebrek deur God evind te word.

    En daardie oproep op ons almal se lewens, word nie tydens moeilike tye opgeskort nie. Hier is geen uitklim-klousule nie. Ja, ons word deur ons geloof in Jesus uit genade gered. Maar ons reaksie op daardie genade is om ons lewens opreg vir Hom te leef, al word dinge vir ons moeilik.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Sien Uit na ‘Daardie Dag’

    Send us a text

    2 Petrus 3:12,13 Sien uit na die Dag van God en maak dat dit nog gouer kom, die dag waarop die Here die hemele aan die brand sal steek en die hemelliggame in vlamme sal wegsmelt. Maar ons sien uit na die nuwe hemele en ’n nuwe aarde, soos God belowe het. Dáár sal almal voor God reg lewe.

    Sien jy uit na die einde van jou tyd op hierdie aarde? Die meeste van ons voel nie so nie, en dit is ook goed om uit te sien na die toekoms hier op aard. Maar my maat, as jy werklik in Jesus glo, is dit regtig iets om na uit te sien.

    Dit klink 'n bietjie morbied, nie waar nie? Ek wil julle vertel hoe ek baie naby daaraan gekom het om my eie lewe te neem. . . Destyds het ek geen hoop gehad nie. Ek kon my nie voorstel om nog 'n dag te leef nie, wat nog te sê, nog ‘n volle sewe-en-twintig jaar. Maar God was daar, en Hy het vir my 'n toekoms gegee wat ek nooit in my wildste drome self kon bedink nie.

    Hy het ook vir jou 'n wonderlike lewe beplan. In Christus is daar altyd hoop. Maar dit is 'n hoop wat baie beter is as daardie tyd wanneer Hy, in Sy wysheid en deur Sy wil alleen, ons huis toe roep. As jy dus moedeloos voel en jou eie lewe wil beëindig, moet dit nie doen nie! Kyk wat staan in:

    2 Petrus 3:12,13 Sien uit na die Dag van God en maak dat dit nog gouer kom, die dag waarop die Here die hemele aan die brand sal steek en die hemelliggame in vlamme sal wegsmelt. Maar ons sien uit na die nuwe hemele en ’n nuwe aarde, soos God belowe het. Dáár sal almal voor God reg lewe

    Die ewigheid plaas dit alles in perspektief. Ons tyd hier op aarde is minder as 'n druppel in die oseaan in vergelyking met die ewigheid in God se Teenwoordigheid vir diegene wat op Jesus vertrou.

    Ja, my vriend, ons moet die oorvloedige lewe leef wat Jesus vir ons kom gee het. Maar ons sien uit na die nuwe hemele en ’n nuwe aarde, soos God belowe het.Ja, ons wil hê dat dit binnekort moet kom, nè?

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Tyd Kom

    Send us a text

    2 Petrus 3:10,11 Maar die Dag van die Here sal so onverwags kom soos ’n dief. Dan sal die hemele met ’n groot gedruis verdwyn, die hemelliggame in vuur opgaan en die aarde met alles wat daarop is, vergaan. Aangesien alles om ons só gaan wegbrand, moet julle leefstyl soveel meer aan God toegewy wees en moet julle naby aan Hom lewe! (NLV)

    Weet jy, ons soms wens soms dat die moeilike tyd waardeur ons reis, tot ‘n einde moet kom? Maar die waarheid is dat selfs wanneer die skrif teen die muur is, ons steeds aan hierdie lewe vasklou. Maar dit sal nie altyd moontlik wees nie.

    Ons klou dikwels onbewustelik vas aan ons huidige omstandighede. Sonder om dit te besef, en ten spyte van die feit dat dit besig is om om uit te mergel, raak ons verstrengel in ons omstandighede.  

    Vir my was die COVID-pandemie ‘n ongelooflike ontwrigting, wat my net weer bewus gemaak het van die spreekwoord: die mens wik, maar God beskik. Ek het al hierdie planne gehad om te reis vir die bediening, om my vrou met 'n vakansie te neem, om … wel jy weet. Dis nes jou planne wat soos mis voor die son verdwyn het. 

    Ons besef nie hoeveel ons dinge as vanselfsprekend aanvaar totdat dit ontwrig word nie. Maar, my vriend, daar is 'n groot ontwrigting op pad. ‘n Baie, baie groter ontwrigting as COVID.

    2 Petrus 3:10,11 Maar die Dag van die Here sal so onverwags kom soos ’n dief. Dan sal die hemele met ’n groot gedruis verdwyn, die hemelliggame in vuur opgaan en die aarde met alles wat daarop is, vergaan. Aangesien alles om ons só gaan wegbrand, moet julle leefstyl soveel meer aan God toegewy wees en moet julle naby aan Hom lewe! (NLV)

    Dink net - baie groter as COVID. Of jy daarvan hou of nie, die Here kom terug. Hierdie huidige bedeling, die hele lot, sal tot 'n einde kom. Hoe moet ons daarop reageer? Watter soort mense moet ons wees? Ons lewens moet heilig en aan God toegewy wees.

    Dit kan ek jou verseker: Jesus kom.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Waarom Antwoord God Nie?

    Send us a text

    2 Petrus 3:8,9 Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: Vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag. Die Here stel nie die vervulling van sy beloofde terugkeer uit soos party mense dink nie. Nee, Hy wag geduldig ter wille van julle. Hy wil nie hê dat sommige verlore gaan nie, en daarom gee Hy meer tyd dat almal tot inkeer kan kom. (NLV)

    Teëspoed is soms 'n bedekte geleentheid. Nee wag, laat ek meer spesifiek wees. Soms is teëspoed 'n versteekte God-geleentheid. En wanneer ons dit vinnig wil weg wens, vertraag God dinge.

    Ek is seker jy het dit ook al ondervind? Jy gaan deur 'n fase wat jy liewer nie wil deurmaak nie. Jy bid vurig dat God gou ‘n oplossing moet gee, maar hierdie rowwe kol verander in 'n uitgebreide wildernistoer wat regtig geen sin maak nie.

    Dit was hoe dinge met die Christene gegaan het, vir wie die apostel Petrus destyds geskryf het. Hulle is op in alle opsigte gruwelik vervolg. Destyds het hulle geglo dat Jesus vinnig sal kom om hulle te red, miskien selfs nog volgende Donderdag. Maar dít is wat die Heilige Gees deur Petrus tot hulle gespreek het in:

    2 Petrus 3:8,9 Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: Vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag. Die Here stel nie die vervulling van sy beloofde terugkeer uit soos party mense dink nie. Nee, Hy wag geduldig ter wille van julle. Hy wil nie hê dat sommige verlore gaan nie, en daarom gee Hy meer tyd dat almal tot inkeer kan kom.(NLV)

    En hier is ons, 'n paar duisend jaar en baie Donderdae later, en ons wag nog steeds vir Jesus om terug te kom. Nie omdat God stadig is om sy beloftes gestand te doen nie, maar omdat Hy mense elke geleentheid wil gee om hul lewens te verander, sodat hulle die ewigheid saam met Hom kan deurbring.

    Soms dink ons God vertraag dinge (of ten minste is dit hoe dit vir ons met ons beperkte insig voel) omdat Hy 'n groter doel het. Soms gaan daardie groter doel oor ons, ander kere gaan dit oor iemand anders. Vertrou Hom; hoe dit ook al sy. Sy tydsberekening is altyd perfek.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Wees Vrygewig

    Send us a text

    Spreuke 21: 26 Die regverdige kan gee sonder om suinig te wees.

    Het jy al ooit vir jouself gevra: "Hoeveel moet ek gee"? Miskien is iemand in jou gesin in nood? Of dalk wil jy ‘n bydrae vir God se werk, of die armes en behoeftiges maak? "Hoeveel moet ek gee?" is 'n vraag wat ons gereeld moet vra.

    Ons praat nie net van geld nie. Soms is die grootste geskenke wat ons kan gee tyd, of aanmoediging, of emosionele ondersteuning. Daardie dinge behels dikwels opofferings wat selfs groter is as om geld te gee. C.S. Lewis het dit eenkeer so gestel:

    Ek glo nie 'n mens kan bepaal hoeveel ons behoort te gee nie. Ek is bevrees die enigste veilige reël is om meer te gee as wat ons dink ons kan.

    Dit is wat ons vrygewigheid noem. As dit kom by die realiteit om jou tyd, jou energie, jou emosionele hulpbronne, jou finansies te gee ... sou die mense naaste aan jou, jou as 'n vrygewige persoon bestempel, of nie?

    C.S. Lewis se perspektief, is duidelik diep gewortel in die Skrif:

    Spreuke 21:26 ‘Die regverdige kan gee sonder om suinig te wees.

    In hierdie intens materialistiese wêreld waarin ons leef, is dit maklik om tot die gevolgtrekking te kom dat ons moet vashou aan wat ons het, sodat ons genoeg sal hê. Die probleem daarmee is dat ons begin glo dat ons nooit genoeg gaan hê nie. Ons is nooit tevrede nie. Maar weet jy, wanneer ons geloof in Jesus ons vrygewig maak, eer God dit. Hy laat ons nooit gebrek ly nie.

    Ek stry nie, dat ons dalk soms swaarkry nie. Maar ek wil vir jou sê, dat in die amper twintig jaar van ons geloofsgebaseerde bediening, God ons altyd op die regte tyd te hulp gesnel het; ten spyte van die feit dat hulpbronne soms bitter skaars was.

    Goeie mense is vrygewig en het baie. Gee dus meer as wat jy dink jy kan.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Moenie Blameer Nie

    Send us a text

    Jakobus 1:19,20 My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. 'n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.

    Soms wanneer iemand vir jou goeie raad gee, laat dit jou ongemaklik voel, want jy ervaar dit asof hulle jou beskuldig en blameer.

    Jy was ook al in sulke situasies, nie waar nie? Dit is asof daar 'n onderliggende woede in die ander persoon se hart is. En weet jy, dit maak nie saak hoe goed hul perspektief, hul raad, of hul oplossing is nie; wanneer ons geblameer voel, of wanneer ons voel asof hulle ons beskuldig, sal ons hul raad nie aanvaar nie.

    Jy voel gekrenk: As hulle maar net verstaan hoe ek voel. As hulle maar net verstaan hoekom ek dit gedoen het. As hulle net lank genoeg sou stilbly om na my te luister!

    Wag nou; kom ons verplaas onsself in die ander persoon se posisie - wanneer ons die een is wat kwaad is, veroordelend klink, en die ander persoon blameer, dan weerspieël ons beslis nie die liefde van God nie.

    Jakobus 1:19 My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. 'n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.

    Jakobus was Jesus se broer - dis waarskynlik waar hy daardie kosbare skat van wysheid opgetel het, nè?

    Die sleutel om daardie moeilike gesprekke, wat ons soms genoodsaak is om te hê, is om ons woede in toom te hou.

    Dit gaan nooit die gewenste resultate lewer wanneer ons woede toelaat om in beskuldigende taal te ontaard nie. Dit is baie beter om gewillig te wees om te luister, eerder as om te praat. Gebruik dus eerder nie-veroordelende taal om jou standpunt te stel.

    Beheer jou woede.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Luister Sonder om te Onderbreek

    Send us a text

    Spreuke 18:1,2 Die selfsugtige mens lewe net vir homself, hy verwerp alle oorlegpleging. Die dwaas stel nie belang in insig nie, hy wil net sy eie opinie bekend maak.

    Was jy al ooit saam met 'n groep mense waar een persoon almal laat verstaan het dat hy die slimste een in die geselskap is? En wat laat hom dink hy is die slimste persoon in die kamer? 

    Ek gee toe dat sommige mense van nature slim is. Dis goed. Maar baie van hierdie intelligente mense kan regtig baie arrogant wees. Jy ken die tipe. En dis nogal snaaks, maar ons kom gou tot die gevolgtrekking dat hulle eintlik dwaas is, al is hulle ook hoe slim. Hoekom is dit so? Nou ja, hier is die antwoord in:

    Spreuke 18:1,2 Die selfsugtige mens lewe net vir homself, hy verwerp alle oorlegpleging. Die dwaas stel nie belang in insig nie, hy wil net sy eie opinie bekend maak. 

    Sien jy, mense wat nie luister nie, wat nie raad van ander wil aanvaar nie, wat nie by ander wil leer nie, is dwaas. Dit is hulle wat wil praat sonder om te luister – hulle luister nie werklik om te verstaan wat die ander persoon sê en voel nie.  

    Ek weet, want ek was vroeër so ‘n persoon. Ek het dikwels gepraat sonder om te luister. Om die waarheid te sê, ek het net lank genoeg stilgebly om te dink aan wat ek volgende gaan sê.

    Gelukkig het ek 'n goeie mentor gehad wat my geleer het dat die slimste ou in die kamer die een is wat by ander leer. En dit was waarlik 'n openbaring. Wys jou net wat jy by ander kan leer!! Wonderlik.

    Die geheim is om te luister sonder om te onderbreek. Die geheim is om te besef dat daar verskillende perspektiewe bestaan en dat daar verskillende maniere is om dinge te doen. Van hulle raad, nee, baie van hulle raad, is beslis beter as enigiets wat ons self kan uitdink.

    Luister en leer by ander.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Status Quo is Nie ‘n Opsie Nie

    Send us a text

    Johannes 8:10,11 Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?”“Niemand nie, Here,” sê sy.Toe sê Jesus: ”Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

    Dit is nie 'n volhoubare opsie om te volhard in die sonde en ons rug op Jesus te draai nie. Dit verwoes ons lewens vandag en lei uiteindelik tot ‘n ewige skeiding van God. Die vraag is, wat is die oplossing?

    Dit is 'n baie goeie vraag. Verskillende mense en verskillende kerke het elkeen hul eie oplossings, en nie almal werk nie. Ek het iets baie interessant op 'n Facebook-blad genaamd "Hou Op Om Kerk te Speel" gelees - nogal ‘n interessante naam, nè? Dit is wat daar gestaan het:

    ’n Liberale kerk sê jy is welkom hier en jy hoef nie jou lewe reg te ruk nie. ’n Wettiese kerk sê jy is nie welkom hier voordat jy nie jou lewe reggeruk het nie. Maar Jesus sê jy is welkom by My en Ek sal jou lewe van binne af nuut maak.

    Jesus is die Een – die enigste Een – wat in staat is om ons sonde te hanteer. Ons sien dit nêrens beter as in die verhaal van die vrou wat op owerspel betrap is nie. Die godsdienstige leiers wou haar met klippe doodgooi, maar om 'n lang storie kort te maak, Jesus het Homself, fisies, moreel en geestelik, tussen haar en die woedende gepeupel geplaas tot hulle almal weggestap het. Toe hulle weg is...

    Johannes 8:10,11 Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: "Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?"

    "Niemand nie, Here," sê sy.

    Toe sê Jesus: "Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie."

    Jesus was daardie dag in elke opsig haar Verlosser. Sy het gesondig, maar Hy het haar nie veroordeel nie. Maar Hy het glad nie haar sonde oorgesien nie.

    Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.

    Laat Jesus die Een wees wat jou lewe verander.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Christus is in Julle

    Send us a text

    Johannes 15:4,5 Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

    Dit is so maklik om op ‘n halfhartige manier in Jesus te glo, en om jou alledaagse lewe los van Hom te lei. Dit is asof jy in twee verskillende rigtings getrek word. En uiteindelik moet een wen.

    Enigiemand wat in Jesus glo, het dit al ervaar. Jy voel soos 'n skynheilige en jy lyk beslis ook soos een. Die Britse evangelis Smith Wigglesworth het dit so gestel:

    Die rede waarom die wêreld nie vir Jesus sien nie, is omdat Christene nie met Jesus vervul is nie. Hulle is tevrede om weeklikse vergaderings by te woon, die Bybel af en toe te lees en soms te bid. Dit is vir my 'n vreeslike ding om mense te sien wat bely dat hulle Christene is, terwyl hul lewens nie slegs kragteloos en magteloos is nie, maar so ooreenstem met ongelowiges se lewens, dat dit moeilik is om te sê of hulle in die vlees of in die Gees leef.

    Ek wonder hoe geredelik jy jouself daarmee kan vereenselwig; en of daar selfs net 'n bietjie skort in jou oorgawe aan Jesus. Indien wel, dan is dit nou die tyd om iets daaromtrent te doen. Vandag is die dag om jou saak met Jesus reg te maak, want die antwoord lê in Hom. Hy het dit so gestel:

    Johannes 15:4,5 Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

    "Bly" is 'n sterk woord. Wanneer ons Jesus toelaat om ons denke en gedrag te bepaal, is ons soos daardie wingerdstok wat baie vrugte dra. 

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

956 Listeners