God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Om God te Behaag

    Send us a text

    Psalm 19:14 Mag die woorde van my mond en die gedagtes van my hart vir U aanneemlik wees, Here, my rots en my Verlosser. (NLV)

    Partykeer lyk dit of die lewe ‘n konstante stryd is tussen om ons eie belange te bevredig en om ander mense tevrede te stel. Soms kry ons daardie balans reg. Ander kere is dit nie so maklik nie. En wanneer ons dit nie regkry nie, is dit 'n gemors.

    Sê my, as jy in die oggend uit die bed rol, wie beplan jy om daardie dag tevrede te stel? Jouself, ander, God … of dalk dink jy nie so daaraan nie?

    Oor die jare het ek op die moeilike manier geleer dat dit nie so 'n goeie idee is om nie daaraan te dink nie. Want as ons dit nie vooraf bedink nie, werk dinge nie so goed uit nie.

    Sommige van ons (ek is self hieraan skuldig) versuim om genoeg aandag aan onsself te gee. En dit is dikwels tot nadeel van ander en beslis tot nadeel van ons verhouding met God. Sommige mense lei uiteindelik hul lewens uitsluitlik om ander mense gelukkig te hou. Hulle word vloermatte vir ander mense. Nie een van hierdie twee lewenstyle strek jou tot voordeel nie.

    Hier is hoe koning Dawid dit in sy gebed tot God gestel het:

    Psalm 19:14 Mag die woorde van my mond en die gedagtes van my hart vir U aanneemlik wees, Here, my rots en my Verlosser. (NLV)

    Dawid was 'n man na God se hart. En sy hart, sy prioriteit, was om God te behaag. Dit vra opoffering. Dit behels vergifnis. Dit behels dat jy jou tong moet beheer wanneer jy lus het om ‘n bitsige antwoord te gee. Trouens, dit behels baie dinge wat ons nie van nature wil doen nie.

    Nou waarom wil Dawid daardie dinge doen? Want hy vertrou die Here. Hy noem Hom, Here, my rots en my Verlosser.

    Dit is sy motivering. Hoeveel keer was God jou Rots? Hoeveel keer het Hy jou al gered? Leef jou lewe, in die eerste plek, om Hom te behaag.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Ek is ‘n Blinde Dwaas!

    Send us a text

    Psalm 19: 13,14 Wie kan sy eie oortredings verstaan? Spreek my vry oor verborge sondes, en bewaar my van opsetlike sondes! Laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek vry wees van skuld, en onskuldig aan groot oortredings. (NLV)

    Nie een van ons wil eers aan onsself, wat nog te sê aan die res van die wêreld, erken dat ons 'n blindekol in ons mondering, diep in ons siel het, wat ons lewens verwoes. Nie een van ons nie. 

    Ons trots veroorsaak dat dit moeilik is om ons blindekolle te hanteer. Party mense dra ‘n vrolike masker om die diep seer binne-in te bedek. Ander trek in hul dop terug met die wete dat iets binne nie reg is nie, al kan hulle nie heeltemal hul vinger daarop lê nie.

    En die rede waarom ons dit so dikwels nie kan raakvat nie, is omdat 'n blindekol, per definisie, 'n probleem is wat ons nie self kan sien of uitpluis nie. Die vaardigheid om daardie blindekolle met hul verwoestende gevolge te hanteer, is om iemand anders se lig daarop te laat skyn om dit aan ons te openbaar.

    Maar voordat dit kan gebeur, moet ons onsself verneder deur te erken dat iets verkeerd is en dat ons magteloos is om dit te hanteer. Dit is hoe die psalmis dit in sy gebed tot God stel:

    Psalm 19: 13,14 Wie kan sy eie oortredings verstaan? Spreek my vry oor verborge sondes, en bewaar my van opsetlike sondes! Laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek vry wees van skuld, en onskuldig aan groot oortredings. (NLV)

    Trouens, hy erken nie net dat hy 'n blinde dwaas is nie, maar hy spreek 'n begeerte uit om nie voortdurend in sy geheime sonde vasgevang te word nie. Sy pleidooi aan God is dit: ‘As U my help, kan ek rein en vry van sonde wees.’

    En dit is presies wat God ook vir jou wil hê. Dit begin met 'n begeerte na verandering. Dit begin met 'n oop, nederige hart.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Leer Om God te Respekteer

    Send us a text

    Psalm 19:10-12 Die gebooie van die Here is suiwer,  dit bly vir altyd staan. Die Here se voorskrifte is reg; elkeen van hulle is regverdig. Hulle is kosbaarder as goud, selfs as die fynste goud. Hulle is soeter as heuning, as druppels uit ’n heuningkoek. Dis ’n waarskuwing  vir u dienaar, en ’n groot beloning vir dié wat dit gehoorsaam. (NLV)

    Ons het gister gepraat oor 'n leerbare gees en hoe God se Woord van teregwysing en onderrig ‘n positiewe impak op ons lewens het. Maar kom ons wees eerlik: Party dae sukkel ons steeds.

    Jy moet jouself afvra, waarom sukkel ons dan? Komaan, God se wysheid is dan suiwer en volmaak. Ons weet tog dat wanneer ons Sy liefde en Sy wysheid deur al ons voor- en teëspoed uitleef, dit nie slegs ongelooflik goed gaan nie, maar dat dit lei tot 'n lewe wat God eer. Nou waarom sukkel ons?

    Die rede daarvoor, is dat óns nog in beheer van ons lewe wil wees. Ons weier om beheer aan ‘n ander oor te gee. Ons klou vas aan dít, wat ons as ons onvervreembare reg om te kies, beskou, al is daardie ‘Ander’ toevallig God. Nou ja, wat is die antwoord? Hoe hou ons op om te stry met God? Hoe kry ons daardie ongelooflike voordele van 'n lewe wat volgens God se manier geleef word, sonder om voortdurend terug te kyk en te wens ons kan dit op ons eie manier doen?

    Psalm 19:10-12 Die gebooie van die Here is suiwer, dit bly vir altyd staan. Die Here se voorskrifte is reg; elkeen van hulle is regverdig. Hulle is kosbaarder as goud, selfs as die fynste goud. Hulle is soeter as heuning, as druppels uit ’n heuningkoek. Dis ’n waarskuwing vir u dienaar, en ’n groot beloning vir dié wat dit gehoorsaam. (NLV)

    Hoe? Deur te leer om God te respekteer. Dink aan die mense in jou lewe wat jy respekteer. Om hul wyse raad te volg, is meestal nie so moeilik nie. Hoekom? Omdat jy hulle respekteer. Jy vertrou hulle. Jy weet, uit ervaring, dat hulle raad waarskynlik die regte raad sal wees.

    Respekteer God. Daar wag ’n groot beloning vir dié wat dit gehoorsaam.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Ontduiking van Teregwysing

    Send us a text

    Psalm 19:8,9 Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is. Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig.

    Die meeste van ons hou nie daarvan om reggehelp te word en vertel te word wat ons moet doen nie. En tog is dit daardie teregwysing en onderrig wat ons uiteindelik help om voluit te lewe.

    Dink aan al die foute wat jy in jou lewe gemaak het. Daar is nogal baie, nè? En hulle gevolge is geneig om jou nog steeds deur al die jare, te agtervolg. Jy’s nie alleen nie, ek vereenselwig my beslis ook daarmee.

    Dink net wat sou gebeur het as ons nie in die eerste plek daardie foute gemaak het nie? Wat sou dit kon verhoed? As ons maar net na ons ouers, na ons leiers, na ons mentors en na God geluister het? Dink net hoe die wyse raad ons sou kon help om die dom dinge wat ons gedoen het, te vermy.

    Natuurlik kan ons nie die verlede verander nie. Gedane sake het geen keer nie. Maar weet jy, ons kan van hierdie oomblik af ons houding teenoor teregwysing en onderrig verander.

    Psalm 19:8,9 Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is. Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig.

    Wanneer ek elke dag my Bybel lees, vra ek gedurig vir God: ‘Here, wys my asseblief die dinge wat ek verkeerd verstaan. Watter blinde kolle verwoes my lewe? Hoe moet ek groei om die mens te wees wat U my geskape het om te wees?’ 

    Ek het nie ’n leerbare gees gehad nie en party dae sukkel ek steeds daarmee. Maar weet jy, ek het ontdek dat Hy vertrou kan word? Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is. Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • God se Handewerk

    Send us a text

    Psalm 19:2-5 Die hemele verkondig die heerlikheid van God. Die uitspansel getuig van die werk van sy hande. Die een dag vertel vir die ander dag; die een nag vir die volgende nag. Hulle praat sonder woord of klank, geluidloos is hulle stem; hulle boodskap gaan uit oor die hele wêreld, hulle woorde tot die uiterste van die aarde. Die son se woonplek is in die hemel, waar God dit geplaas het. (NLV)

    As individue, en ook as 'n samelewing het ons die wonderlikste vermoë om dít wat heeltemal voor die hand liggend is, te ontken. En daardie vermoë om onsself te mislei, het werklik verskriklike gevolge.

    Vir dekades was die bewyse dat rook ‘n mens doodmaak, pynlik duidelik. Die mensdom het daardie waarheid ontken, want hulle is deur die tabakmaatskappye gelei. Vandag weet ons dat dit doelbewuste misleiding was en daardie ontkenning het miljoene mense se lewens gekos.

    Vir dekades is daar talle bewyse dat die grootskaalse verwerkte voedsel wat ons eet, ons doodmaak. Tog voer vetsug, hartaanvalle, beroertes en diabetes hoogty.

    En van die begin van alle tyd af was dit duidelik dat daar 'n God moet wees wat die heelal met sulke ongelooflike skoonheid en prag geskep het. Maar kan jy dink, dat daar vandag steeds talle mense is wat enige denkbare verskoning kan uitdink om Hom as 'n mite te verwerp?

    En tog is sy bestaan en sy liefde so duidelik soos daglig.

    Psalm 19:2-5 Die hemele verkondig die heerlikheid van God. Die uitspansel getuig van die werk van sy hande. Die een dag vertel vir die ander dag; die een nag vir die volgende nag. Hulle praat sonder woord of klank, geluidloos is hulle stem; hulle boodskap gaan uit oor die hele wêreld, hulle woorde tot die uiterste van die aarde. Die son se woonplek is in die hemel, waar God dit geplaas het. (NLV)

    Soos ek gesê het, dit staan so duidelik soos ‘n paal bo water. Die hemele verkondig die heerlikheid van God. Die uitspansel getuig van die werk van sy hande.

    Dis jou keuse - jy kan dít wat duidelik voor die hand liggend is, ontken, óf jy kan jou daarin verlustig. Jy kan jou verlustig in God en alles wat Hy vir jou voorsien en vir jou gedoen het, en dat Hy vir jou die Ewige Lewe saam met Hom bied.

    Kies dus, maar kies wys.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Oorwin die Goddelose

    Send us a text

    Psalm 37:34-36 34 Vertrou die Here en volg sy voorskrifte. Hy sal jou ophef sodat jy die land sal besit en die goddelose se uitwissing sal sien. Ekself het dit sien gebeur: Hoogmoedige en bose mense floreer soos welige bome. Maar toe ek weer kyk, was hulle weg! Hoewel ek hulle gesoek het, kon ek hulle nie kry nie! (NLV)

    Daar is geen tekort aan goddelose mense in hierdie wêreld nie. Hoegenaamd nie. En net ingeval jy gewonder het, is dit waarskynlik waarom jy hulle so dikwels raakloop.

    Koning Dawid word erken as Israel se grootste koning, ten minste totdat 'n heel ander Koning - Jesus - ongeveer 'n millennium na Dawid se heerskappy op die toneel verskyn het. 

    Een van die dinge wat ek so baie van hierdie man waardeer, is sy wonderlike psalms, wat ons in die Ou Testament vind. Hierdie Psalms was gedigte en het liedere geword wat die Israeliete as deel van hulle aanbidding van God gesing het.

    Omdat dit gesing is, dink ons dalk dat die Psalms gevul is met lofprysing en aanbidding. Maar weet jy, Dawid het so ‘n moeilike lewe gehad, dat daar meer klaagpsalms as lofliedere is. En daardie moeilike lewe van hom was die gevolg van die goddelose mense wat hom op sy lewenspad geteister het. 

    Ons lees in Psalm 37 hoe hy vertel wat gebeur as jy op die Here vertrou:   

    Psalm 37:34-36 Vertrou die Here en volg sy voorskrifte. Hy sal jou ophef sodat jy die land sal besit en die goddelose se uitwissing sal sien. Ekself het dit sien gebeur: Hoogmoedige en bose mense floreer soos welige bome. Maar toe ek weer kyk, was hulle weg! Hoewel ek hulle gesoek het, kon ek hulle nie kry nie! (NLV)

    Sien jy? Moenie die goddelose mense in jou lewe toelaat om jou lewe te verwoes nie, dit maak nie saak hoe sterk hulle voorkom nie. Hou net aan om te doen wat die Here sê en wag op sy hulp. Moenie twyfel nie, God sal hulle uitwis.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Waardeer ander se Bydrae

    Send us a text

    Filippense  2:3,4 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.

    Hoe voel jy as jy jou bes probeer en mense waardeer nie alles wat jy vir hulle doen nie? Jy voel misbruik, nie waar nie? En dan, as jy eerlik is, begin daar bitterheid in jou ons hart opbou.

    'n Rukkie gelede het ons hier by Christianityworks 'n radioprogram vervaardig wat wêreldwyd versprei is. Ons moes dit vir een spesifieke stasie aanpas, sodat dit beter in hul uitsaai- formaat sou pas. Dit het bykomende tyd, moeite en onkoste meegebring.

    En toe het ons eendag ontdek dat hulle dit vir meer as 18 maande, sonder om ons te vertel, nie uitgesaai het nie. Jy kan jou seker indink hoe dit gevoel het. Dit was ontstellend … nie die feit dat hulle nie meer die program uitsaai nie, maar dat hulle nie die ordentlikheid gehad het om ons in te lig dat ons nie meer die spesiale weergawe hoef te vervaardig nie.

    Filippense 2:3,4 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.

    Kom ons beskou die saak: Die mense by daardie radiostasie is nie slegte mense nie. Inteendeel, hulle is fantastiese mense. Die eerste deel van daardie gedeelte is dus nie op hulle van toepassing nie - glad nie! Maar hoe maklik is dit, om in die besigheidswêreld, iemand per ongeluk oor die hoof te sien, en sodoende vir hulle die boodskap te stuur dat hulle nie waardeer word nie? 

    Dit is waarskynlik nie die boodskap wat ek en jy aan ander mense wil stuur nie; en ek weet dat dit ook nie die bedoeling van hierdie spesifieke radiostasie was nie. Maar dis hoe dit gevoel het.

    Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. 

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • ‘n Nuwe Lewenstyl

    Send us a text

    Johannes 13:34,35 Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

    Ons het gister oor eiebelang gesels, want al te dikwels stel ons, ten koste van ander wat ons hulp nodig het, heeltemal te veel in onsself belang. Nou ja, wat is die alternatief? Hoe leef ons anders?

    Ek weet nie of jy al gevoel het asof al daardie “godsdienstige dinge” waarvan die Christene so ‘n ophef maak, baie ver van die realiteite van die lewe, hier in die 21ste eeu verwyderd is nie? Dit pas regtig nie in by vandag se besige lewe, by die werk en by die huis, en tussen die spanning in jou gesin en die probleme met jou finansies nie.

    Maar, nee dis nie waar nie! Veral wanneer dit kom by 'n lewe wat nie om die self wentel nie, maar een wat ander mense se lewens op 'n ryk, betekenisvolle manier raak. Dit is waarvan Jesus gepraat het toe Hy dit gesê het in:

    Johannes 13:34,35 Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

    Miskien is daardie woorde so bekend, dat dit maklik is om dit ligtelik op te neem. Maar kom ons stop net daar … en dink na oor hoe ons lewens sou gelyk het, as ons só geleef het. Ronald Reagan het gesê: Leef eenvoudig, wees vrygewig met jou liefde, gee opreg om, praat vriendelik met ander ....

    Is dit nie waarvan Jesus regtig hier praat nie? Watter verskil sal dit nie maak om daardie liefde in jou werkplek, in jou huis, met jou finansies … in die lewens van ander uit te leef nie?

    Leef eenvoudig. Wees vrygewig. Gee werklik om. Praat mooi.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Kragtige Getuie

    Send us a text

    Jesaja 1:17 Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense regverdig behandel word. Help mense wat verdruk word. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee. (NLV)

    Wanneer politici onseker is oor watter rigting hulle op ‘n sekere beleid moet inslaan, val hulle dikwels terug op daardie ou beginsel van ‘sorg vir jouself eerste wanneer jy twyfel.’ Dit gebeur nie altyd nie, maar heeltemal te dikwels.

    Hoekom kies ‘n mens so maklik jou eie belang? Omdat die meeste van ons intens selfsugtig is. Wanneer 'n nuwe regeringsbeleid aangekondig word, is die eerste vraag wat ons vra: "Watter voordeel hou dit vir my in? Hoe gaan dit my vryhede, my besteebare inkomste en my lewe beïnvloed?”

    Om eiebelang te ondersteun, kan verkiesings wen, maar dit lei dikwels tot slegte beleid. En dieselfde is waar in ons lewens. Ja, dis seker menslik om te stry vir dít wat vir ons voordeel inhou. Ek en jy moet tog verseker dat daar genoeg kos op ons tafel is, 'n dak oor ons koppe, dat ons gesin veilig is, dat ons kinders op die regte pad is, ensovoorts. Dis glad nie onredelik nie … totdat daardie behoeftes verander in begeertes.

    Al daardie dinge wat ons wil hê, verdring vinnig die desperate behoeftes van sommige mense rondom ons, nie waar nie? Dis tyd om 'n hand in eie boesem te steek:

    Jesaja 1:17 Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense regverdig behandel word. Help mense wat verdruk word. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee. (NLV)

    Daar is mense binne ons invloedsfeer, binne joune en myne, wat ons hulp broodnodig het. Soms is dit so eenvoudig soos om net 'n bietjie goed te doen en hierdie mense regverdig te behandel, selfs al moet ons soms onsself tekort doen. Ander kere vra dit dat ons ‘n standpunt moet inneem. 

    Moenie dat jou eie eiebelang ander mense benadeel nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Blind vir die Waarheid

    Send us a text

    Johannes 8:31,32 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

    Was jy al in ‘n situasie waar jy bereid was om omtrent enigiets te doen om jou standpunt te staaf? Dit gebeur die hele tyd, en ons trap tot ons eie nadeel so maklik in daardie slagyster.

    Dr William McBride was 'n prominente Australiese verloskundige wat in 1961 'n groot rol gespeel het in die ontdekking van die middel talidomied wat as middel teen oggendsiekte voorgeskryf is. Op ‘n stadium was hy as ‘n held beskou. Dit het egter baie ernstige geboortedefekte by swanger vroue veroorsaak. In 1989 is hy skuldig bevind aan wetenskaplike bedrog deur die vervalsing van sy mediese navorsingsresultate.

    Die mediese tribunaal het bevind, dat dr McBride se poging om sy bedrog te verberg, uiters laakbaar was. Dis onnodig om te verduidelik dat hy van sy roem gestroop is. Hoe gebeur so iets? Dit gebeur omdat ons desperaat wil hê dat iets wáár moet wees, wanneer dit nie is nie en gevolglik ignoreer ons die feite.

    En jy sien dit deesdae in die afgelope paar jaar keer op keer gebeur in gevalle waar daar gedurende die COVID-pandemie mense mislei is en die waarheid verduister is, sodat baie mense hul lewens onnodig verloor het.

    Die probleem ontstaan wanneer, andersins hoogs intelligente mense, gedryf word deur 'n irrasionele begeerte om uitkomste te bewys wat hulle wil glo, ten spyte van wat die data sê.

    Jesus het, alhoewel in 'n heel ander konteks, hierdie beginsel uiteengesit:

    Johannes 8:31,32 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

    Wat is die beginsel? Jy moet die waarheid ken voordat dit jou kan vrymaak. Moenie die feite ignoreer nie.

    Dis God se Woord. Vars. . . vir jou . . . vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

956 Listeners