Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
Johannes 8:42-44 Maar Jesus sê vir hulle: “As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het van God af gekom, en hier is Ek nou. Ek het immers ook nie uit my eie gekom nie, maar Hý het My gestuur. Waarom begryp julle nie wat Ek sê nie? Omdat julle my boodskap nie kán verstaan nie! Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen.
Nie een van ons hou daarvan om aanstoot te gee nie. Soms neem ons aanstoot, wanneer iemand iets kwaadwillig vir ons sê. Maar dis ‘n ander saak wanneer iemand vir ons die waarheid vertel, wat 'n rou senuwee aanraak.
Ek was onlangs in 'n vergadering met 'n ander leraar. Hy het dinge gesê oor sy insig van God se roeping op my lewe, wat vir my heeltemal aanstootlik was. Ek was baie geskok. Ek het die keuse gehad om aanstoot te neem, maar ek het gekies om nie aanstoot te neem nie. Maar jy weet hoe dit voel nè? Dis glad nie lekker nie.
Maar dis so maklik om aan God as die liefdevolle God, wat ons nimmer as te nooit sal beledig nie, te dink. Ons is immers tog spesiaal vir Hom?
Maar kyk wat Jesus vir ‘n groepie Jode sê:
Johannes 8:42-44 Maar Jesus sê vir hulle: “As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het van God af gekom, en hier is Ek nou. Ek het immers ook nie uit my eie gekom nie, maar Hý het My gestuur. Waarom begryp julle nie wat Ek sê nie? Omdat julle my boodskap nie kán verstaan nie! Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen.
Sal jy aanstoot neem as Jesus so met jou praat? Waarskynlik. Maar wanneer dit vir ons voel asof Hy ons aanspreek en beledig, is sy doel nie om ons seer te maak nie. Sy doel is om vir ons 'n waarheid te vertel wat 'n rou senuwee aanraak.
En wanneer dit gebeur, is dit tyd om te luister.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 6:38-40 Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie, maar hulle almal op die laaste dag uit die dood sal laat opstaan. Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.”
As God maar net wil doen, wat ons wil hê Hy moet doen. As Jesus maar net wil opdaag en hierdie een ou probleempie kom oplos; dis mos maklik vir Hom om my te kom seën!! Het jy al ooit so gedink?
Kan ek jou ‘n geheim vertel? As jong gelowige het ek geglo dat ek baie, baie spesiaal was; dat God Sy towerstaf sal swaai om al my probleme te laat verdwyn; dat Hy my met ongekende rykdom en seëninge sou beloon.
Hoekom? Want dit is net wat ons geleer is om in hierdie wêreld te verwag. Maar jy sal seker nie verbaas wees om te hoor dat dinge nie heeltemal so uitgewerk het nie!
Nou ja, ek was geestelik onvolwasse, maar weet jy, ons het almal steeds daardie neiging om terug te keer na 'n selfsugtige geloof. Hy het immers spesiaal vir ons na hierdie wêreld gekom, nie waar nie?
Ja, Hy het, maar op sy voorwaardes, nie op ons s'n nie:
Johannes 6:38-40 Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie, maar hulle almal op die laaste dag uit die dood sal laat opstaan. Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.”
Die leuen wat ons so graag wil glo, is dat Jesus ons op óns voorwaardes kom dien het. Maar dit is nie waar nie. Hy het gekom om sy Vader se wil te doen, naamlik om ons te red en om ons die Ewige Lewe te gee. Dit kan 'n pynlike proses wees, maar sy uiteindelike vergoeding is soveel beter, as die rykdom van die wêreld.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jesaja 53:3 Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.
Deesdae is mense wat 'n positiewe impak op die omgewing maak, ongelooflik gewild. Maar, kan dit wees dat die hedendaagse ster-kultus, ons ‘n verdraaide siening van diegene wat werklik 'n diepgaande verskil maak, gegee het?
Dink aan enige belangrike persoon in die geskiedenis wat 'n kragtige, positiewe verskil in hierdie wêreld gemaak het en met 'n bietjie navorsing sal jy waarskynlik ontdek dat hy geweldig teenstand ondervind het.
William Wilberforce, wat 'n einde gebring het aan wettige slawerny in die Britse Ryk in 1807; Nelson Mandela wat in 1994 ‘n groot rol gespeel het om apartheid in Suid-Afrika te beëindig. Beide het groot teenstand ondervind – Mandela het sewe-en-twintig jaar in die tronk deurgebring.
Vandag onthou ons hulle (en ons noem hier net twee - daar is talle ander mans en vroue) wat groot respek verdien. Maar destyds is hulle deur baie mense gespot, vervolg en gehaat. Hoekom? Want om positiewe verandering teweeg te bring, behels altyd om uitdagende stelsels, wat baie mense onderdruk en min bevoordeel, te bevraagteken.
Wat laat ons dink dat Jesus gewild was? Kyk wat Jesaja, wat eeue vroeër oor Jesus geprofeteer het, geskryf het in:
Jesaja 53:3 Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.
En dit is presies wat gebeur het. Hy is gearresteer, gespot en geslaan. Die skare het uitgeroep: "Kruisig Hom" omdat hulle opgesweep is deur die godsdienstige leiers, wie se magsbasis só deur Jesus bedreig is, dat hulle Hom aan 'n kruis vasgespyker het.
Dink jy dat Jesus vandag meer gewild sou gewees het, as wat Hy destyds was? Of dat die dinge wat Hy gesê en geleer het, vandag meer populêr sou gewees het?
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 25:41 Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is,
Van die felste kritiek teen Christene vandag, is dat hulle veroordelend is. Hoe kan hierdie mense, wat bely dat hulle in die God van liefde glo, in 'n wêreld waar alles toelaatbaar is, so verskriklik veroordelend wees?
Weet jy dat mense dink Jesus het altyd net positiewe, liefdevolle dinge gesê, en dat Hy nooit mense gekritiseer het, soos hierdie “Christene” van vandag doen nie. Dit word deels uit onkunde gesê, maar belangriker as dit, is dit ook 'n sekulêre verskoning. Mense wil hulself beskerm teen die waarheid van die Evangelie, die Goeie Nuus van Jesus, wat die genade van God bring, want hulle weet dit beteken 'n wegdraai, 'n bekering, van dít wat hulle weet verkeerd is.
Watter beter verskoning is daar om jouself teen die Evangelie te beskerm, as om te beweer dat Jesus almal liefhet en aanvaar, sonder dat dit nodig is om jou lewe te verander?
Dit is tyd om hand in eie boesem te steek. Kyk mooi wat is die waarheid in:
Matteus 25:41 Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is,
Dit is deel van 'n gelykenis wat Jesus, oor die dag van oordeel, wat sekerlik vir ons almal sal kom, vertel het. Trouens, Jesus het meer gepraat oor die komende oordeel van God, en die ewige straf vir diegene wat Hom nie aanvaar nie, as oor byna enige ander onderwerp.
Dit klink glad nie na besonder goeie nuus nie, totdat jy besef dat Hy vir jou gesterf het, sodat jy vergewe kan word. Moenie geflous word nie. Daardie Dag kom verseker. Die goeie nuus is dat Jesus gekom het om jou te red.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Mattheus 13:3,7,18,22 Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “'n Saaier het eendag gaan saai.… ‘n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik… “Luister julle dan na wat die gelykenis van die saaier beteken:… Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug.
Ons druk Jesus in ‘n boksie. Dit wat Hy is, en wat Hy gesê het, word al 'n geruime tyd verdraai. Daar’s mos niks daarmee verkeerd om Hom te wil verander in iemand anders wat gemakliker by ons 21ste eeuse denkwyse pas nie? Is daar?
Ons is elkeen geneig om Jesus deur die lens van ons eie omstandighede te sien. En hoe groter ons begeerte na rykdom word, hoe meer sien ons Hom vanuit daardie perspektief.
“Nou ja, die lewe kan moeilik wees, maar Hy is lief vir my. Ek’s een van sy witbroodjies. Ek is spesiaal. Ek kry gratis voordele. Jesus het immers na die aarde gekom om my gesond en ryk te maak.” Dit is regtig maklik om so te begin dink.
Jesus het 'n gelykenis vertel om te wys hoe sommige mense ernstig is om Hom as hulle Here te aanvaar, en ander nie. Hier is 'n verkorte weergawe daarvan, wat op die begeerte na rykdom fokus:
Matteus 13:3,7,18,22 Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “'n Saaier het eendag gaan saai.… ‘n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik… “Luister julle dan na wat die gelykenis van die saaier beteken:… Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug.
Die oes waarvan Jesus praat, is 'n lewe wat so radikaal verander is, dat Sy liefde deur ons oorspoel om 'n oes van baie meer siele in te bring.
Enige strewe na rykdom, in hierdie gelykenis, word vergelyk met onkruid wat ons verhoed om te groei. Weet jy, Jesus het nie gekom om jou ryk te maak nie!
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Hebreërs 13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.
In baie dele van die wêreld word die huwelik al hoe minder as die ‘regte-ding-om-te-doen’ beskou – dit word as ‘n outydse gebruik bestempel. Mense woon net saam, hulle breek die verhouding, gaan aan, vind 'n ander maat … en dit is die lewe. Dit is maar hoe dinge is.
In daardie konteks begin die Christelike siening van die huwelik 'n bietjie outyds lyk. In sekere kerke word dit ook glad nie meer as belangrik beskou dat iemand tot hul troudag rein moet bly nie. Maar ons lees in:
Hebreërs 13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.
Ag, kom aan! Regtig? Kan mense vandag nog so dink?!
Ek het onlangs 'n interessante artikel gelees van ‘n uitgesproke ateïs en historikus, Tom Holland.
Terwyl hy antieke geskiedenis bestudeer het, het hy ‘n baie interessante ontdekking gemaak. Die mense wat eeue gelede gelewe het, was baie wreed en hul waardes was heeltemal vreemd vir hom.
‘Die Spartane het gereeld "onvolmaakte" kinders vermoor. Slawe se liggame is gebruik vir die mense met mag se fisiese plesier. Kindermoord was ‘n algemene praktyk. Die armes en die swakkes het geen regte gehad nie.’
‘Hoe het ons uit daardie verskriklike lewenstyl tot hier gekom? Dit was Christenskap wat dit veroorsaak het’, skryf Holland. ‘Die Christendom het, op die gebied van seks en die huwelik 'n omwenteling teweeggebring. Hulle het geëis dat mans hulself beheer en alle vorme van verkragting verbied. Die Christendom het seksualiteit binne monogamiese verhoudings beperk. Dit is ironies’, merk Holland op, ‘dat dit nou daardie einste standaarde is, waarvoor daar deesdae met die Christene gespot word. Dis die Christendom wat vroue verhef het. Dit kom daarop neer dat Christenskap die wêreld totaal verander het’.
Die verval van hierdie Christelike waardes waar die samelewing teen die helling van onsedelikheid afgly, dra 'n verskriklike koste: Gebroke gesinne, vaderlose kinders en vernietigde lewens. Maar ons weet dat daar 'n afrekening sal plaasvind.
Die huwelik moet deur almal geëer word.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Handelinge 4:12 “Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.”
Hoekom is dit, dat Christene en die Christendom soos die tyd aanstap, al hoe meer verafsku word? Al hoe meer op die kantlyn geskuif word? Al hoe meer aanstootlik vir die hedendaagse mens se denkwyse word? Hoekom is dit so?
Toe ek 'n seun was, het die meeste mense kerk toe gegaan. Ek weet dit is beslis nie waar in alle lande nie, maar dit was in myne. Die meeste mense het geglo dat die tien gebooie 'n goeie basis is, nie slegs vir die wette van ons land nie, maar vir die lewe oor die algemeen.
Maar deesdae, soos die samelewing meer kundig en vernaam geword het en namate persoonlike vryhede vir mense belangriker word, word die Christelike siening gemarginaliseer, selfs ontoeganklik gemaak. In baie lande, insluitend my eie, word dit al hoe moeiliker om openlik oor die dinge van God te praat. Dit word deesdae as aanstootlik beskou.
Maar hier is die ding wat vir baie mense ‘n groot struikelblok is:
Handelinge 4:12 “Hý (Jesus) bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.”
Glo jy dit? Ek glo dit beslis. Met my hele hart glo ek dat Jesus die enigste weg na die Vader is; want as jy in Hom glo, weet jy dat sy bloedoffer aan die Kruis vir my en vir jou sondes betaal het.
Daardie aanspraak van "eksklusiwiteit" is geweldig aanstootlik vir mense se hedendaagse denkwyse. Hulle is baie meer gefokus op gevoelens en individuele vryheid, as op objektiewe waarheid.
Maar die waarheid is dat Jesus die enigste weg is. Moenie toelaat dat die samelewing se besware en vervolgings, al is dit vieslik en kwetsend, daardie waarheid in jou hart afwater nie.
Jesus is die enigste weg.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jesaja 5:20,21,24 Verwoesting wag vir hulle wat sê dat sleg goed is en goed sleg, dat donker lig is en lig donker, dat bitter soet is en soet bitter. Verwoesting wag vir elkeen wat dink dat hy slim is en homself wys ag.
Daarom sal hulle verdwyn soos strooi of droë gras wat brand. Hulle wortels sal opdroog en hulle blomme verlep, want hulle het die instruksies van die Here, die Almagtige, verwerp. Hulle het die woord van Israel se Heilige Een geminag. (NLV)
Wanneer ons terugkyk na gebeure in die geskiedenis, is ons geneig om die dinge wat toentertyd gebeur het, deur ons moderne lense te beoordeel. Maar daar lê 'n groot gevaar daarin.
Wat is die gevaar? Dit is dat ons met ‘n snobistiese houding neersien op die foute wat mense in die verlede gemaak het – die slawerny, die rassisme, die seksisme, die brutaliteit, die oorloë … al daardie slegte goed, en dan dink ons … Hoe kon hulle so dom gewees het? Hoe kon hulle daardie foute gemaak het? Ai, dis darem ‘n goeie ding dat ons so slim geword het. Dis darem ‘n goeie ding dat die samelewing so ver gevorder het en soveel meer volwasse geword het as die mense in die ou dae.
Ja. Die groot gevaar is om ons te verbeel dat ons vandag soveel slimmer is, as wat hulle destyds was … sonder om te besef dat ons besig is om ons koppe in ‘n byenes, van ons eie maaksel, te steek. Dit is tyd om hand in eie boesem te steek. Dit is tyd om ons gedrag, ons "slim idees", die "vordering" van ons dag en tyd, deur God se oë te sien. Is jy gereed?
Jesaja 5:20,21en 24 Verwoesting wag vir hulle wat sê dat sleg goed is en goed sleg, dat donker lig is en lig donker, dat bitter soet is en soet bitter. Verwoesting wag vir elkeen wat dink dat hy slim is en homself wys ag.
Daarom sal hulle verdwyn soos strooi of droë gras wat brand. Hulle wortels sal opdroog en hulle blomme verlep, want hulle het die instruksies van die Here, die Almagtige, verwerp. Hulle het die woord van Israel se Heilige Een geminag. (NLV)
Moenie jouself bluf nie. Donker is steeds donker.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 6:28,29 Hulle het toe vir Hom gesê: “Wat moet ons doen om God se wil uit te voer?” Jesus het hulle geantwoord: “Dít is God se opdrag aan julle: Glo in Hom wat die Vader gestuur het.” (NLV)
Ek weet nie van jou nie, maar ek het hierdie doelwit om elke dag ‘n beter mens te word. Bietjie vir bietjie, dag vir dag, wil ek my swakhede en mislukkings oorbrug; sodat, ek uiteindelik meer en meer soos Jesus word.
En dit is nie 'n slegte doelwit nie. Beslis nie, maar soms is dit een tree vorentoe, twee treë terug. Maar kom nou, ons moet eerlik wees oor ons swakhede. Ons moet die geneigdheid om dieselfde foute oor en oor te begaan, konfronteer.
Hoekom? Nie net om meer soos Christus te word nie (want dit is vanselfsprekend die doel van elkeen wat in Jesus glo; en Hom wil volg en sy dissipel wil wees), maar ook, omdat ons swakhede, mislukkings, foute … sonde, gevolge het. Hulle verwoes ons lewens en ons verhoudings.
Maar daar is iewers 'n subtiele slagyster waarin ons geneig is om te trap. Dis die fyn lyn tussen 'n hartsbegeerte om meer en meer soos Jesus te wees, en die gevaar om in wettisisme te verval; om te dink dat om "'n Christen" te wees, alles oor die nakoming van reëls gaan.
’n Groepie mense wat sekerlik vir God met hulle hele hart wou dien, het vir Jesus ’n baie belangrike vraag gevra, waarop Hy ’n interessante antwoord gegee het:
Johannes 6:28,29 Hulle het toe vir Hom gesê: “Wat moet ons doen om God se wil uit te voer?”
Jesus het hulle geantwoord: “Dít is God se opdrag aan julle: Glo in Hom wat die Vader gestuur het.” (NLV)
Nee, kyk mooi, dis nie jou werk, en my werk, om hard te probeer om 'n beter mens te word nie. Wat Jesus regtig van ons vra, is om dag vir dag in Hom te glo, sodat ons bietjie vir bietjie meer soos Hy sal word.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Openbaring 21:7,8 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees. “Maar dié wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.”
Ons begeer almal vryheid. Al is ons nie aldag heeltemal seker wat "vryheid" regtig beteken nie. Tog lyk die idee van vryheid na 'n aanloklike een.
Vandag is 'n spesiale dag vir al my vriende in die Verenigde State. 4 Julie. Onafhanklikheidsdag. Die herdenking van die dag toe Amerika die juk van koloniale heerskappy afgeskud het. Wonderlik!
Ja nee, ons is almal lief vir ons vryheid. Maar ek wonder of ons nie deesdae die betekenis van vryheid verdraai het, om dit in iets te verander wat dit nooit veronderstel was om te wees nie.
In 'n sekere sin gaan vryheid oor selfbeskikking. Dit is waarvoor ‘Onafhanklikheidsdag’ staan. As ons vryheid 'n stap verder vat, kan ons sê dat morele waarheid baie objektief is, en dat dit eintlik maar gebaseer is op gevoelens - hoe ék voel, hoe jy voel.
Dwarsdeur die wêreld word die tydlose waardes waarop ons verskillende samelewings gebou is, tersyde gestel, en vervang met die idee van ‘doen wat jy wil solank dit goed voel’. Dit lyk asof dit die mantra van hierdie geslag geword het.
Maar dit is 'n gevaarlike situasie. Waarom? Want eendag … miskien gouer as wat ons dink, kom die tyd van afrekening.
Openbaring 21:7,8 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees. “Maar dié wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.”
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

956 Listeners