Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
Deuteronomium 13:1-4 Sê nou maar daar is ’n profeet by jou of iemand wat drome droom oor die toekoms. Sê nou so iemand maak beloftes oor tekens en wonders en die voorspelde tekens en wonders gebeur en die profete sê dan: ‘Kom ons gaan agter ander gode aan,’ gode wat jy nooit geken of gedien het nie, dan moet jy nie na die woorde van daardie profeet of uitlêer van drome luister nie. Die Here jou God toets jou net om te wete te kom of jy Hom met hart en siel liefhet. Volg maar net die Here jou God en eer Hom. Gehoorsaam sy gebooie, luister na sy stem en hou vas aan Hom. (NLV)
Iets wat van kleins af in ons ingedril is, is dat ons suksesvol moet wees. In ons begeerte na sukses, word ons baie maklik deur mense en dinge beïnvloed om vals gode in ons lewens toe te laat. Dis so … so … maklik!
Sommige van die grootste, en op die oog af, die mees "suksesvolle" kerke op die planeet het bekendheid verwerf deur oneerlike leierskap wat mense lei om vals gode te aanbid. Hulle propageer vals waardes: soos 'n strewe na welvaart, ‘n owerspelige alles-is-toelaatbaar-leefstyl, tot selfs die mantra van solank jy net gesond, ryk en slim is, is alles klop-disselboom. Die leiers daar buite gebruik enigiets denkbaar om mense binne en buite die kerk te mislei om valse gode te aanbid.
Maar wag, hoekom laat God dit toe? Hoekom keer Hy hulle nie? Wel, Hy het 'n rede, 'n baie goeie rede. Hier is dit:
Deuteronomium 13:1-4 ' Sê nou maar daar is ’n profeet by jou of iemand wat drome droom oor die toekoms. Sê nou so iemand maak beloftes oor tekens en wonders en die voorspelde tekens en wonders gebeur en die profete sê dan: ‘Kom ons gaan agter ander gode aan,’ gode wat jy nooit geken of gedien het nie, dan moet jy nie na die woorde van daardie profeet of uitlêer van drome luister nie. Die Here jou God toets jou net om te wete te kom of jy Hom met hart en siel liefhet. Volg maar net die Here jou God en eer Hom. Gehoorsaam sy gebooie, luister na sy stem en hou vas aan Hom. (NLV)
Hoekom laat Hy toe dat dit gebeur? Om ons te toets. Om jou en my te toets. Is ons bereid om Hom met ons hele hart en siel lief te hê, om Hom te volg, Hom te respekteer, en Hom te gehoorsaam, wat dit ook al van ons vra … of nie?
Moenie na mense luister wat jou met valse leerstellinge beïnvloed nie. Moenie valse gode aanbid nie. Volg maar net die Here jou God en eer Hom.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Maleagi 2:16 Die Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie, sê die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie ontrou wees nie.
Egskeiding is 'n onderwerp waarna ek van tyd tot tyd terugkom, want ons sien op 'n globale skaal hoe dit nie slegs huwelike vernietig nie, maar ook lewens en gesinne met verwoestende gevolge uitmekaar skeur.
Laat ek met die deur in die huis val – ek wil jou vertel dat ek deur 'n egskeiding is. Dit het lank gelede gebeur en dit was beslis nie my keuse nie. Vandag is ek rasend gelukkig getroud met Jacqui, die mooiste vrou, wat God 'n paar jaar ná daardie verskriklike ervaring vir my gegee het.
Die ding wat óf die man óf die vrou tot ‘n egskeiding dryf,
is die idee dat hulle met die verkeerde persoon getrou het. Hulle maak hulself wys dat hulle nooit bymekaar gaan pas nie.
Maar soos een sielkundige, Philippa Perry, dit in 'n onlangse koerantberig gestel het: Wat 'n goeie verhouding bepaal, is nie om die "regte" persoon te vind nie. Niemand is "reg" vir enigiemand anders nie. Wat iemand “reg” maak, is toewyding.Wanneer jy jouself tot iemand verbind, verander jy terselfdertyd en saam met hulle, soos “twee klippe wat op mekaar skuur totdat hulle skielik pas”. Dit gaan dus oor die groei in die verhouding, nie oor die vooraf besluit om "ja" te sê nie.
Dit is voorwaar wyse woorde. En ons sien God se perspektief in:
Maleagi 2:16 Die Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie, sê die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie ontrou wees nie.
Wanneer iemand tot die gevolgtrekking kom dat hul gade nie die "regte" een is nie, begin hulle na die verste groen gras soek; en ons weet dat die gras aan die ander kant van die draad altyd groener kyk.
Niemand is ooit "reg" vir enigiemand anders nie. Slyp maar saam totdat julle pas. Mans en vrouens, beskerm julle geestelike eenheid.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Hebreërs 13:17 Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie.
Hoe meer individualisties ons in ons lewensuitkyk raak, hoe meer is ons geneig om gesag te weerstaan en ons leiers te kritiseer. Ons het die afgelope twee jaar tydens die pandemie baie daarvan gesien, nie waar nie?
Dit is vir my interessant hoe gereeld ons predikers hoor praat oor 'n persoonlike verhouding met Jesus. En alhoewel dit in die Skrif geïmpliseer word, veral in die Evangelies, word dit nie regtig eksplisiet gestel nie.
Inteendeel. Die klem in die Nuwe Testament lê in ‘n groot mate op die kerk; op die liggaam van Christus en op hoe ons as gelowiges, ons Godgegewe gawes, in die konteks van 'n geloofsgemeenskap moet beoefen. Dit gaan dus veel meer oor ons verhoudings, as oor ons individualiteit.
Wanneer ‘n mens deel van ’n gemeenskap is, moet daar noodwendig leiers wees. Dit is maar hoe dinge werk. Nou ja, hoe moet ons teenoor daardie leiers optree wanneer die wêreldse gesindheid van individualiteit, meer en meer, in ons harte posvat?
Hebreërs 13:17 Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie.
As iemand wie se natuurlike gawe is, om 'n leier te wees, kan ek jou vertel dat mense baie selde daaraan dink hoe moeilik dit is om te lei. Hulle dink amper nooit aan die persoonlike tol wat leierskap eis op emosies; op verhoudings en op die gesinne van hul leiers nie.
Ja, ek weet, leiers is nie perfek nie, en soms is hulle aaklig. Maar oor die algemeen doen hulle hul bes om te lei. Gehoorsaam hulle. Wees gewillig om met 'n positiewe gesindheid te doen wat hulle sê. En hou op om dit vir hulle moeilik te maak.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 62: 4,5 Hoe lank wil julle almal nog beskuldigings bly slinger en my probeer doodmaak, 'n man wat reeds is soos 'n muur wat wil omval, 'n klipmuur wat omgestoot word? Hulle probeer my uitwerk; hulle skep behae in leuens; met die mond seën hulle, in die hart vervloek hulle. Sela
Daar is soveel geveinsdheid in die wêreld vandag. Mense is oneg. Miskien gee ons voor om iets anders te wees as wat ons regtig is. Voor mense sê ons mooi dinge oor ander mense, maar as ons alleen is, vervloek ons hulle.
Dit lyk dalk na 'n vreeslike beskuldiging om te maak. Maar dink terug aan die laaste keer toe jy jou vir iemand vererg het, of toe hulle jou aanstoot gegee het. Het jy die vrede in die openbaar bewaar, maar huis toe gegaan en oor hulle gekerm? Het jy voor hulle geglimlag, maar gevoel hoe ‘n wrok in jou hart wortelskiet?
Koning Dawid was dikwels te nagekom. Sy voorganger, koning Saul, het hom probeer doodmaak nog voordat hy koning geword het. Hy het selfs sy leërmagte teen Dawid gestuur. Maar sy ergste vyande was dié in sy eie koninklike hof, soos sy eie seun. Kyk wat sê Dawid hier oor daardie vyande in:
Psalm 62:3 en 4 Hoe lank wil julle almal nog beskuldigings bly slinger en my probeer doodmaak, 'n man wat reeds is soos 'n muur wat wil omval, 'n klipmuur wat omgestoot word? Hulle probeer my uitwerk; hulle skep behae in leuens; met die mond seën hulle, in die hart vervloek hulle.
Daar is heeltemal te veel geveinsdheid in die harte en lewens van mense wat beweer dat hulle in God glo; mense wat aanspraak daarop maak dat Jesus hulle Verlosser is; mense wat voor jou glimlag, maar onheil in hulle harte koester.
Kan ek jou vandag smeek om jou hart te ondersoek, om 'n oop, leerbare gees te hê. Oor wie het jy in die openbaar leuens vertel? Vir wie sê jy mooi dinge voor hulle, maar vervloek hulle in jou hart? Dit is tyd om op te hou om dit te doen. Hou op voorgee.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Markus 11:22-24 Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet geloof in God hê! Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur. Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.
Het jy op die oomblik ‘n berg in jou lewe wat uit die pad geruim moet word? Watter struikelblok staar jy in die gesig? Wat verhoed jou om alles te word wat God jou gemaak het om te wees, en alles te vermag waarvoor Hy jou geskape het?
Dit is snaaks hoe ons aan die struikelblokke wat ons verhoed, om vorentoe te beweeg, gewoond raak. Ons aanvaar dat daardie berg 'n gegewe is. Dit is immers al jare daar en dit gaan tog nooit verdwyn nie, of hoe?
Markus 11:22-24 Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet geloof in God hê! Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur. Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.
Wanneer jy 'n boodskap oor hierdie spesifieke gedeelte hoor, dink jy seker dat dit oor jou geloof gaan. Jy’s korrek, want dit is wat Jesus hier vir Sy dissipels wou leer.
Het jy al ooit jou verbeelding vrye teuels gegee om te dink hoe die lewe, sonder daardie spesifieke berg in jou pad, sal wees? Het jy al ooit tydens jou stiltetyd, in God se teenwoordigheid gesit en gedink hoe anders dinge sou kon wees, as daardie spesifieke berg nie daar was nie? Het jy die oplossing al ooit voor jou geestesoog gesien en die moontlikheid daarvan in jou hart vertroetel? Het jy al ooit met daardie klein mosterdsaadjie van geloof, daaroor gebid?
Ek en jy is na God se beeld geskape en dit beteken dat ons 'n ongelooflike en 'n wonderlike verbeelding het. En wanneer ons ons verbeelding vrye teuels gee, werk sy Gees kragtig daardeur. En die geloof wat jy nodig gehad het om daardie ellendige berg te verskuif, word skielik ‘n werklikheid. Gee jou verbeelding vrye teuels.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Esra 10:4,5 “Die saak is in u hande. Ons ondersteun u. Staan op, pak dit aan en doen dit.” Esra het toe opgestaan en die leiers van die priesters en die Leviete en ook die hele Israel 'n eed laat aflê dat hulle dit sou doen. Hulle het die eed afgelê,
Wanneer ons voor die een of ander uitdagende taak te staan kom, iets wat ons regtig nie wil doen nie, is die maklikste ding ter wêreld om dit uit te stel.
Ek het gehoor dat iemand een keer daarna verwys as "proaktiewe uitstel" - 'n doelbewuste strategie van meesterlike passiwiteit. Of, soos een spotprentkarakter dit gestel het: moet nooit vandag doen, wat jy tot môre kan uitstel nie! Ons het almal al so gevoel, nè? Maar dan is daar die ander uiterste: jy sê net dat jy dit aan God gaan oorlaat. Dit is mos nie my probleem nie, dit is Syne!
Destyds het die Skrifgeleerde Esra, een van Israel se grootste leiers, 'n moeilike taak voor hom gehad. Hy moes die nasie tot verantwoording te roep vir hul onheilige gedrag. Hulle was weer ontrou terwyl God die hele tyd getrou was. Hy hét Israel in die Beloofde Land teruggebring. Esra was egter glad nie lus vir hierdie moeilike taak nie. God het 'n man met die naam Sekanja, na hom gestuur, wat die volgende vir hom gesê het:
Esra 10:4,5 “Die saak is in u hande. Ons ondersteun u. Staan op, pak dit aan en doen dit.” Esra het toe opgestaan en die leiers van die priesters en die Leviete en ook die hele Israel 'n eed laat aflê dat hulle dit sou doen. Hulle het die eed afgelê,
Miskien het jy 'n moeilike taak uitgestel, in die hoop om dit op God se tafel te plaas, maar vandag hoor jy dat Hy vir jou sê dat dit jou verantwoordelikheid is. Maar, maar, maar … God is tog in beheer. Kan Hy dit nie maar doen nie?
Ja, God is in beheer, maar Hy verwag nie van jou om op jou graaf te staan en leun en vir 'n gat te bid nie. Daar is dinge wat óns kan doen, al is dit onaangenaam, al is dit vir ons ‘n uitdaging. Staan dus op; dit is jou verantwoordelikheid. Wees dapper en doen dit.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 6:12,14,15 En vergeef ons ons sondeskuld soos ons ook óns skuldenaars vergewe het. “As julle die mense vergewe wat teen julle oortree, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle weier om die mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie. (NLV)
Ons het hierdie week gesels oor hoe om die moeilike mense in ons lewens, met die wysheid en die liefde van God te hanteer. Dit is nie maklik nie, is dit? Maar ons kan nooit oor moeilike mense praat, sonder om oor vergifnis te praat nie.
Myns insiens is vergifnis een van die moeilikste dinge wat Jesus ons vra om te doen. Maar wag ‘n bietjie, dit is nie 'n versoek nie. Dit is 'n opdrag. Teen die einde van die Onse Vader-gebed, wat ons sekerlik almal ken, leer Hy ons hoe om te bid:
Matteus 6:12 En vergeef ons ons sondeskuld soos ons ook óns skuldenaars vergewe het.
Dit klink na ‘n redelike opdrag, maar kyk mooi – dit het 'n angel in sy stert! Jesus het geweet Hy moet dit baie mooi verduidelik, sodat ons dit kan snap, net ingeval ons dit gemis het.
Matteus 6:14,15 “As julle die mense vergewe wat teen julle oortree, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle weier om die mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie. (NLV)
Dis ‘n ernstige opdrag. Hy draai nie doekies om nie. Charles Spurgeon som dit so op: tensy jy ander vergewe, lees jy elke keer as jy die Onse Vader lees, jou eie teregstellingsbevel.
Nou ja, kan ek jou op grond daarvan, hierdie moeilike vraag vra? Watter onvergewensgesindheid het jy in jou hart? Indien jy nóú hier dood neerval, wat sal jou van jou redding beroof? Teenoor wie koester jy nog ‘n grief? Van wie wil jy nog vergelding eis? Wie se kop wil jy in die valbyl van geregtigheid sit, om te vergoed vir wat hulle jou aangedoen het?
Vandag is die dag om dit te hanteer. Want jy sien nou - tensy jy ander vergewe, sal God jou nie vergewe nie.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Petrus 3:9 -11 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terug beledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet ’n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën. Want die Skrif sê: “As jy die lewe wil liefhê en goeie dae wil beleef, moet jy jou tong weghou van kwaadpraat en jou lippe van leuens. Bly weg van die kwaad af, ja, doen wat goed is. Soek vrede, ja, jaag dit na! (NLV)
Ek sorg dat ek die meeste van die tyd die nuus lees – plaaslik, nasionaal en internasionaal. Ek maak ook seker dat ek daagliks die Bybel, God se Woord, lees. Maar ek sê vir jou, die gaping tussen daardie twee word by die dag groter.
Die twintigste-eeuse teoloog, Carl Barth, het sy studente aangemoedig om 'n Bybel in die een hand en 'n koerant in die ander hand te hê. Dis goeie raad. Dit beteken dat jy van God hoor en verstaan wat in die wêreld aangaan. Maar nou moet ek bely dat ek party dae so kwaad word vir dít wat ek in die nuus lees. Hoe kan mense so optree? Hoe kan hulle so dom wees? Hoe kan hulle so boos wees?
Ek voel onmiddellik iets, wat ons Christene graag "geregverdigde woede" noem, in my hart opkom. Ek sou hulle eerder graag aan flarde wou skeur! En weet jy, deesdae is dit deur middel van die sosiale media, binne ons bereik. Maar is dit regtig wat God wil hê ons moet doen?
1 Petrus 3:9-11 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terug beledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet ’n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën. Want die Skrif sê: “As jy die lewe wil liefhê en goeie dae wil beleef, moet jy jou tong weghou van kwaadpraat en jou lippe van leuens. Bly weg van die kwaad af, ja, doen wat goed is. Soek vrede, ja, jaag dit na! (NLV)
Petrus skryf hier aan Christene wat destyds gruwelik vervolg is. En wat is die kern van sy boodskap? Nederigheid. Ja ek weet, daar is tye wanneer ons moet praat. Maar die geluid van nederigheid in hierdie luidrugtige, eiesinnige wêreld is oorverdowend.
Moenie iemand wat julle beledig, terug beledig nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Galasiërs 6:10 Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.
Ons het almal verhoudings wat gekompliseerd is, nie waar nie? Party van die verhoudings voel asof hulle met die tyd saam meer en meer gekompliseerd raak, sonder om ooit beter te word. Die konflik en die seer bly. En dit steel jou vrede.
Nou ja, hoe hanteer jy dit? Wel, dikwels wanneer ons daardie problematiese mense teëkom, of selfs net aan hulle dink, kom daardie selfde ou negatiewe emosies by ons op en verval ons in ons negatiewe gedragspatrone. Ons ontwyk hulle, of ons ignoreer hulle of ons wys hulle sommer deur ons gesigsuitdrukkings en stemtoon, dat ons regtig nie van hulle hou nie.
Ons wil hê dinge moet verander, ons wil ons vrede terug kry, maar daardie negatiewe emosies kry steeds die oorhand.
Galasiërs 6:10 Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.
" Solank ons die geleentheid het...". Dit is ongelooflik hoe dikwels God ons die geleentheid gee. En wat sê Hy vir ons om nou aan die saak te doen? Moet ons ons emosies verander en aan ons gevoelens werk? Nee, dis nie wat Hy sê nie, want dit is byna onmoontlik om te verander hoe jy oor iemand voel. Nee … wanneer ons die geleentheid het om goed aan enigiemand te doen, moet ons dit doen.
Doen dit net. Kyk, dieselfde ou verskonings gaan nie werk nie. Ou sleutels sluit nooit nuwe deure oop nie. Ons het 'n nuwe sleutel nodig. En die sleutel is eenvoudig om by elke Godgegewe geleentheid goed te doen aan daardie moeilike mense in ons lewens … ongeag van hoe ons voel.
Glimlag vir hulle, bemoedig hulle, seën hulle. En wanneer ons goed aan hulle doen, gebeur daar 'n snaakse ding. Ewe skielik verander ons gevoelens. Ou sleutels sluit nie nuwe deure oop nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jesaja 26:9 Heelnag lank soek ek na U, in die môre smag ek na U. Eers wanneer U kom om die aarde te oordeel, sal mense leer om te doen wat reg is.
Dis voorwaar 'n vreemde ou wêreld waarin ons leef. Aan die een kant smag jou hart na God. Maar aan die ander kant word jy deur soveel boosheid en onreg omring, dat dit jou heeltemal deurmekaar maak.
Dit is 'n wonderlike ding om 'n hart te hê wat na God smag; wat daarna smag om by Hom te wees, wat elke oggend opstaan met 'n begeerte na God self.
Maar het jy al ervaar hoe jy in die oggend ‘n wonderlike intieme, vreugdevolle tyd met die Here deurbring, en die oomblik wat jy by die voordeur uitstap, tref die een of ander boosheid of onreg jou vol in die gesig en beroof jou van al daardie vreugde? Ja, ek het ook al. Maar ons is nie die eerstes om dit te ervaar nie, en ons sal beslis ook nie die laastes wees nie.
Jesaja 26:9 Heelnag lank soek ek na U, in die môre smag ek na U. Eers wanneer U kom om die aarde te oordeel, sal mense leer om te doen wat reg is. (NLV)
Hierdie woorde is meer as twee en 'n half duisend jaar gelede deur Jesaja geskryf. Israel het afgedwaal van God. Hulle het valse gode aanbid en hul was boos. En tog was daar die profeet, Jesaja, wat te midde van dit alles na God verlang het. Hy het aan God getrou gebly. Hy het in sy gees verstaan dat eendag, wanneer God se geregtigheid na die wêreld kom, die mense sal leer hoe om billik en ordentlik te lewe.
Dieselfde geld vandag nog. Ons weet almal onreg en boosheid vier hoogty. Daar bestaan geen twyfel daaroor nie. Wat beteken dit vir jou? Hou jy aan om, te midde van wat om jou aangaan, na God te verlang? Verlang om by Hom te wees? Geniet Hom, hier, nou, vandag. Want eendag, op die bepaalde tyd, sal Hy in geregtigheid na die aarde kom.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

956 Listeners