
Sign up to save your podcasts
Or


Send us a text
Jesaja 46:3,4 “Luister na My, nageslag van Jakob, oorblyfsel uit die nageslag van Israel. Ek het voor geboorte vir julle gesorg en julle kleintyd vasgehou. Ek sal julle God wees deur julle hele lewe. Tot julle stokoud is, sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg. Ek sal julle ondersteun en julle red.
Een van die dinge wat vir my so interessant is, is hoe God iets wat Hy duisende jare gelede gesê het, in 'n heel ander konteks kan neem en dit kan gebruik om ons lewens vandag kragtig te beïnvloed.
Kom ons kyk wat sê:
Jesaja 46: 3,4 “Luister na My, nageslag van Jakob, oorblyfsel uit die nageslag van Israel. Ek het voor geboorte vir julle gesorg en julle kleintyd vasgehou. Ek sal julle God wees deur julle hele lewe. Tot julle stokoud is, sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg. Ek sal julle ondersteun en julle red. Ek het jou gemaak, en Ek sal jou na veiligheid dra. (NLV)
Nou ja, wat is die konteks? Wel, God het sy volk, Israel, die familie van Jakob, soos hier na hulle verwys word, vir sewentig jaar gestraf toe Hy hulle in slawerny na Babilon laat wegvoer het, omdat hulle ontrou was en valse gode aanbid het.
Maar dis net logies dat hulle in die heidense Babilon, ‘n vrugbare teelaarde vir voortgesette afgodsaanbidding gevind het. Hierdie verse vorm deel van God se gesprek met die volk wat daardie praktyk aan die kaak stel, want Hy is op die punt om Israel in die Beloofde Land te hervestig. Dit is 'n angswekkende tyd vir die Israeliete, want die meeste van hulle het hul hele lewe as slawe geleef. Hulle vra hulself af of God hulle werklik gaan terugneem na hierdie Land waarvan hulle nog net gehoor het en hoe dit hulle lewens sou verander. Sou dit gevaarlik wees?
Maar hier is die uitklophou. Ten spyte van al hulle vrese en mislukkings, ten spyte van hulle ontrouheid, het God getrou gebly. Ten spyte van ons ontrou, bly God steeds getrou. Van die wieg tot die graf, deur die lewe se op- en afdraandes, selfs wanneer ons hare grys word, selfs wanneer ons liggame begin faal, is God getrou - tot in ons oudag … en verder.
Wat ook al jou situasie, wat ook al jou vrese en mislukkings, wat ook al jou ouderdom, onthou dit. God is getrou.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 97:10-12 Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars. Hy red hulle uit die greep van die goddelose. Vir die regverdiges het daar lig gekom, blydskap vir die opregtes. Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam.
Ons Christene is tog so lief om clichés te gebruik as dit by ander mense kom. As dit nog boonop by daardie sondaars daar buite kom, sê ons so maklik "haat die sonde, maar wees lief vir die sondaar."
Clichés het almal een ding in gemeen. Hulle word baie makliker gesê, as gedaan. In hierdie dae van konflik en twis, gebeur dit so maklik dat dié van ons wat sê ons glo in Jesus, in die strik trap om nie net die sonde nie, maar ook die sondaar, te haat. En so sal ons selfs God se Woord in hierdie verband verkeerd interpreteer:
Psalm 97:10 tot 12 Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars. Hy red hulle uit die greep van die goddelose. Vir die regverdiges het daar lig gekom, blydskap vir die opregtes. Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam.
Wanneer ons die woorde van die psalmis in konteks lees, sien ons dat ons die kwaad in ons eie lewens moet haat; dat ons dit moet vermy en dit as lewenswyse verwerp, want oor regverdiges skyn daar lig en daar is blydskap vir hulle wat opreg is.(NLV)
As ons maar net God se Woord op onsself sou toepas; as ons net ons eie sonde soveel sou haat, as wat ons ander s'n haat!
Charles Spurgeon het dit so gestel: As ons diegene haat wat sondig, of met minagting van hulle praat, of hulle teëspoed toewens, of hulle te nakom, is dit nie in gehoorsaamheid met die Gees van Christus nie. Jy kan nie Satan deur Satan uitdryf nie, ook nie sonde deur geweld regstel nie, en ook nie haat deur haat oorwin nie. Liefde is die oorwinnende wapen van die Christen.
Absoluut waar. Maar wat van daardie sondaars daar buite wat ons skade wil aandoen?
Hy red hulle uit die greep van die goddelose
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Timoteus 4:1-4 Ek wil jou dus ernstig aanspoor voor God en voor Christus Jesus, wat die lewendes en dooies gaan oordeel wanneer Hy verskyn om sy koningsheerskappy te vestig: Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, aanspreek en bemoedig terwyl jy hulle geduldig onderrig. Want daar kom ’n tyd wanneer mense nie meer na gesonde onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg.
Dankie tog dat ons nie almal leraars is nie. Kan jy jou net die situasie indink? Almal praat, niemand luister nie, dit sal absoluut verskriklik wees. En tog, op een of ander manier, is elkeen van ons wat in Jesus glo, tog 'n leraar.
Soos ons gister gesien het, word die waarheid van God se Woord, van sy liefde, van sy voorskrifte, van sy genade en barmhartigheid, vandag erger as ooit, aangeval.
Christelike idees word van die tafel gevee, want dit pas nie by die sekulêre storie-plan nie. Dit lyk mos asof elkeen sy eie agenda het; hierdie een het 'n kruiwa om te stoot, daardie een het 'n storie om met jou kop te smokkel en so het elkeen iets anders. En weet jy, te midde van al die geskarrel is dit vir iemand wat met sy hele hart in Jesus glo, partykeer maklik om toe te laat dat die Evangelie van Christus stilgemaak word.
Maar jy weet, en ek weet, dat die waarheid mense laat floreer. God se waarheid maak mense vry. Nou ja, wat is die antwoord? Kom kyk vandag, na wat Paulus oor hierdie einste onderwerp, aan Timoteus skryf in:
2 Timoteus 4:1 tot 4 Ek wil jou dus ernstig aanspoor voor God en voor Christus Jesus, wat die lewendes en dooies gaan oordeel wanneer Hy verskyn om sy koningsheerskappy te vestig: Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, aanspreek en bemoedig terwyl jy hulle geduldig onderrig. Want daar kom ’n tyd wanneer mense nie meer na gesonde onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg.
Dit klink nogal bekend, nie waar nie? Nou ja, wat is die antwoord? Die antwoord is om dapper te wees. Die antwoord is, om deur ons lewens, en deur ons keuses, die Woord te verkondig of die tyd daarvoor geleë is of nie.
Bly by die waarheid. Leer dit. Wees onverskrokke.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Timoteus 1:13,14 Hou vas aan die maatstaf van gesonde lering wat jy van my geleer het. En onthou om te lewe in die geloof en liefde wat jy in Christus Jesus het. Bewaar met die hulp van die Heilige Gees wat in ons woon, die kosbare skat wat aan jou toevertrou is.(NLV)
Waarheid is deesdae maar redelik skaars, nè? Soos die tyd nader aan Christus se wederkoms kom, is daar - net soos Hy voorspel het - baie mense wat probeer om God se wysheid en liefde, met sogenaamde ‘menslike wysheid’ te vervang. En dit het rampspoedige gevolge.
‘n Mens sien dit oral om ons, nie waar nie? Die magte van die duisternis wat die Waarheid van God se wonderlike liefde vir ons, wat Hy deur sy Seun, Jesus, bewys het, ondergrawe. En hoe verder die wêreld van die Goeie Nuus af wegdryf, hoe groter is die druk op ons wat glo, om ook in hulle leuens ingetrek te word.
Dit is 'n druk wat uit elke rigting na ons kom: van politieke groeperinge wat ons wil indoktrineer; van die diep verval van sedes in die samelewing en van die groot klem wat op persoonlike vryheid bo verantwoordelikheid gelê word.
Moenie om die bos gelei word nie, dit is 'n duiwelse aanslag op die geloof van elkeen wat dit waag om in Jesus te glo. Dit is geestelik, dit is emosioneel, dit is fisies, maar ons ignoreer die impak daarvan op ons verlossing tot ons eie nadeel.
Maar moenie vir een oomblik dink dis iets nuuts nie. Ons lees in:
2 Timoteus 1:13,14 Hou vas aan die maatstaf van gesonde lering wat jy van my geleer het. En onthou om te lewe in die geloof en liefde wat jy in Christus Jesus het. Bewaar met die hulp van die Heilige Gees wat in ons woon, die kosbare skat wat aan jou toevertrou is. (NLV)
Dit is Paulus wat aan sy dissipel Timoteus skryf, dat hy aan die waarheid moet vashou en versigtig moet wees vir die duistere magte, wat toe al baie aktief was. Maar hoe gaan ons in hierdie donker tye dit regkry om dít wat ons geleer het, te bewaar? Om hierdie deposito van God se genade en waarheid wat aan ons toevertrou is, te behou? Daar is net een manier en dit is met die hulp van die Heilige Gees wat in ons woon!
Hou deur die krag van God vas aan die waarheid. Moet dit nooit laat gaan nie.
Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Eksodus 12:14 “Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier.
Dit maak nie saak waar jy woon nie, maar in die verlede van elke land is daar mans en vroue wat hul lewens vir hul land opgeoffer het om vir jou vryheid te gee. Dit is werklik 'n ontnugterende gedagte.
Vandag is Herdenkingsdag, Nasionale Roudag, of Memorial Day, in die Verenigde State, 'n dag waarop die land die weermagslede wat hul lewens in diens opgeoffer het, onthou, eer en hul dood betreur. 'n Gedenkteken, 'n standbeeld of ‘n struktuur word gewoonlik gebruik om ons aan ‘n belangrik gebeurtenis te herinner.
Dit hoef nie net ‘n fisiese simbool te wees nie. Die meeste van die tyd leef die herinneringe aan die gestorwenes in mense se harte, aangesien hulle die prys onthou wat daarvoor betaal is.
Toe God Israel uit die slawerny in Egipte bevry het, moes elke huishouding 'n lam slag en sy bloed aan hulle deurkosyne verf. Hierdeur het die doodsengel gesien in watter huise die Israeliete woon, sodat die laaste plaag wat Farao en die hele Egipte getref het, hulle sou oorslaan. Ons lees in die Bybel in:
Eksodus 12:14 dat God beveel het: “Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier.
Maar dit was net 'n voorsmakie van die ware redding wat sou kom. Baie jare later het Jesus, die Lam van God, Sy bloed gestort om vir ons ons vryheid te koop. Vryheid van die sonde wat ons lewens vernietig. Ook die vryheid van God se toorn op die oordeelsdag, wanneer ons, soos ons almal weet, voor Hom sal moet staan.
Dit is prysenswaardig vir nasies om 'n dag opsy te sit as herinnering aan diegene wat hul lewens opgeoffer het om die vryheid vir ander te verseker. Maar ons weet die grootste offer van almal, was die dood van Jesus aan die Kruis. ‘n Ware gedenkdag.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Korintiërs 15:1-5 Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom. Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf,
Ons leef in vreemde tye. Kyk nou na die afgelope twee jaar, sedert die COVID-pandemie ons getref het: Kyk net hoe anders is die wêreld vandag, as wat ons selfs vier en twintig maande gelede verwag het dit sou wees.
As jy nou terugkyk na die afgelope paar jaar, hoe het dit jou geraak? Watter dinge het jou verras? Was daar dinge wat jy nooit verwag het nie? Een van die dinge wat my verras het, is die verspreiding van die Evangelie, die Goeie Nuus van Jesus Christus, wat toegeneem het op maniere wat ek nooit sou verwag het nie.
Vir sommige mense het kerk 'n politieke beweging geword. Hulle het so erg behep geraak met politieke dogma en vergeet wat dit beteken om 'n dissipel te wees, wat sy kruis opneem en Jesus volg. Dis nie ‘n nuwe ding nie. Maar in hierdie laaste paar jaar het dit meer op die voorgrond getree, tot op die punt waar sommige mense wat hulself Christene noem, die Evangelie misbruik teen diegene met opponerende politieke en ideologiese sienings. Kom ons kyk wat die Evangelie oor die basiese beginsels sê in:
1 Korintiërs 15:1 tot 5 Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom. Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf,
Die Goeie Nuus van Jesus Christus was nooit bedoel om as wapen gebruik te word nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Deuteronomium 6:10-12 “Die Here jou God sal jou bring in die land waarvan Hy met 'n eed aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob beloof het om vir jou groot en mooi stede te gee wat jy nie gebou het nie, huise vol voorrade waarvoor jy nie gewerk het nie, putte wat jy nie uitgekap het nie, wingerde en olyfboorde wat jy nie geplant het nie, en jy sal kos in oorvloed hê. Maar sorg dat jy nie dan die Here vergeet wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het nie.
Ons dink dat dit baie makliker is om 'n Christen te wees; om Jesus te volg en om God te eer wanneer dit goedgaan met jou; dat dit baie makliker is om sy lof te besing wanneer ons geseën word, as wanneer ons swaarkry. Maar ek wonder of dit werklik waar is.
Ons sal beslis almal verkies om tye van seëninge in ons lewens, eerder as selfs een kort seisoen van lyding, te hê, nè? Dit spreek tog vanself! Plaas jouself in die Israeliete van die ou Testament se skoene: Sou jy eerder ’n slaaf in Egipte wou wees, of wou woon in die Beloofde Land, wat oorloop van melk en heuning? Dit is nie ‘n strikvraag nie!
Maar terwyl die Israeliete op die drumpel van die Beloofde Land gestaan het en terwyl God hulle vertel het van al die seëninge wat op hulle wag, het Hy hulle ook 'n waarskuwing gegee. Ons lees in:
Deuteronomium 6:10 tot 12 “Die Here jou God sal jou bring in die land waarvan Hy met 'n eed aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob beloof het om vir jou groot en mooi stede te gee wat jy nie gebou het nie, huise vol voorrade waarvoor jy nie gewerk het nie, putte wat jy nie uitgekap het nie, wingerde en olyfboorde wat jy nie geplant het nie, en jy sal kos in oorvloed hê. Maar sorg dat jy nie dan die Here vergeet wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het nie.
Maar wanneer die seëninge op jou neerreën, is dit maklik om God te vergeet, nè? Dit is baie maklik om so meegevoer te raak deur die seëninge, dat ons van die God, wat ons uit die slawerny van ons sonde gebring het, vergeet!
Wees dus versigtig! Moenie die HERE vergeet nie.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 119:13-16 Al u bepalings wil ek een vir een opnoem. Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld. U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys. Ek verlustig my in u voorskrifte, u woord vergeet ek nie.
Ons was almal van kleins af onderworpe aan reëls. Ons ouers het vir ons geleer wat ons mag en nie mag doen nie. En as jy naastenby soos ek was, dan het jy as kind en tiener, daardie reëls so lastig en uiters frustrerend gevind.
Ek onthou hoe ek dikwels, terwyl ek grootgeword het, gedroom het van die dag, wat ek vry van die beperkings wat my ouers my opgelê het, gaan wees. Ek het gedink dat as ek uiteindelik groot is, daar geen reëls meer sal wees om my te pla nie. Maar toe sluit ek by die weermag aan. . . Meer reëls. En daarna, in die besigheidswêreld en in die lewe … hm, nog altyd meer en meer reëls.
Nou ja, ek erken daar is tiranne in hierdie wêreld. Sommige ouers is baie oorheersend en sommige base ook. Maar weet jy, op die ou end is reëls daar vir ons eie beswil, al ly ons soms daaronder.
Daar is 'n baie goeie rede waarom ons almal aan dieselfde kant van die pad as moet ry, nie waar nie? Daar is goeie redes waarom ons gedrag by sosiale omgewings moet aanpas. En net so is daar goeie redes waarom God reëls het waarvolgens ons moet lewe.
Die skrywer van Psalm 119 het hierdie gedeelte as 'n loflied tot God geskryf. Kyk hoe hy voel oor God se "reëls":
Psalm 119:13-16 Al u bepalings wil ek een vir een opnoem. Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld. U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys. Ek verlustig my in u voorskrifte, u woord vergeet ek nie.
Is dit nie wonderlik om so na God se verordeninge te kyk nie? God het ons so lief dat sy "reëls" nie slegs daar is vir ons eie beswil nie, maar ook vir ons om te geniet. Hulle is daar om ons die lewe in alle oorvloed te gee.
Ek gee ag op die pad wat U aanwys. Ek verlustig my in u voorskrifte.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Deuteronomium 6:4-9 “Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet 'n merk op jou voorkop wees. Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.
Waaroor gesels jy met jou vriende en familie wanneer julle saam oor 'n koppie koffie of oor 'n ete kuier? Wat was byvoorbeeld die hoofonderwerp van bespreking, laas toe jy saam met mense van jou kerk gekuier het?
Kom ons gesels vandag ‘n bietjie eerlik met mekaar. Dit is baie maklik vir ons om in ons daaglikse interaksies met mekaar van God te vergeet. Ons praat hieroor, ons praat daaroor – maar ons praat nooit oor God nie. Ons het nooit, wat ons sal bestempel as, ‘God-gesprekke’ nie.
En hoe meer ons in die alledaagse dinge betrokke raak … hoe meer vergeet ons hoe wonderlik God is. Ons dink nie daaraan hoeveel hierdie onsigbare, magtige God ons hele lewe bepaal nie. Miskien is dit hoekom Hy deur Moses hierdie opdrag aan sy volk gegee het:
Deuteronomium 6:4-9 “Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet 'n merk op jou voorkop wees. Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.
As jy so sit en luister na wat God hier gesê het, kan jy enige van hierdie opdragte in jóú alledaagse handel en wandel herken? Hoe dikwels is God deel van jou gedagtes en gesprekke?
Praat jy met jou vriende en jou kinders oor hierdie opdragte as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan?
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 100:1,2 Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!
Weet jy watter interessante ontdekking ek gemaak het? Dit is baie makliker om op 'n Sondag vrolik en luidrugtig te sing as om God op 'n Maandag met oorgawe te dien. Dit is soveel makliker om daardie liedere te sing, as om hulle uit te leef.
As jy God liefhet en as jy in Jesus glo, dan is dit ‘n spesiale ervaring om saam met gelowiges bymekaar te kom in opwindende lofprysing. Dit is inderdaad baie spesiaal.
Ek dink dit was AW Tozer wat geskryf het dat aanbidding die mees onbaatsugtige offer is wat ons vir God kan bring. En dit is waar. Wanneer ons die grootheid van God besing deur opheffende aanbiddingsliedere soos: Hoe Groot is U; Prys die Heer met Blye Galme; Here, ek wil U loof, dan vergeet ons van ons laste en vind ons genesing vir ons siele.
Ja, dis alles mooi en waar, maar dit is vir ons baie maklik om daardie ervaring van aanbidding; naamlik om die lof aan God te bring, te skei van die realiteite van ons daaglikse lewens. Miskien is dit hoekom die professionele konsertstyl van aanbidding deesdae so gewild is. Dit bring jou op 'n emosionele hoogtepunt.
Maar emosies ry wipplank. Jy ontdek op Maandagoggend wanneer jy met die wrede realiteite van die lewe gekonfronteer word, dat gister se gevoel van euforie jou in die steek gelaat het. Maar weet jy, dit was nooit veronderstel om so te wees nie.
Psalm 100:1,2 Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!
Die sleutel tot die aanbidding van God vier en twintig uur per dag, is om Hom met blydskap te dien. Ja, sing gerus Sondag na hartelus. Absoluut! Maar dien Hom ook Maandag met blydskap. Konfronteer die realiteite van die lewe met 'n dankbare hart, met dié wete dat Hy elke tree van die pad by jou is.
Dien die Here met blydskap! Want dit vul jou met vreugde
Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

956 Listeners