God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Moenie Eer van Mense Verwag Nie

    Send us a text

     Prediker 7:5 Dit is beter om vermaan te word deur iemand wat wysheid het, as om besing te word deur 'n dwaas. 

    Hoe onlogies dit ook al lyk, begin die kritici ‘n boehaai opskop die oomblik wat ons begin om 'n goeie lewe te lei. Hulle spot as ons begin om reg op te tree, om ons naaste lief te hê en om saam met God te werk om ons inherente swakhede te oorwin. 

    Ongelukkig is dit waar, want ons leef in 'n verdorwe samelewing. Klink dit 'n bietjie kras? Kyk maar om jou rond na al die verkeerde dinge, wat deesdae onder ‘n nuwe naam, as ‘polities korrek’ bestempel word. Onsedelikheid is ewe skielik aanvaarbaar; net so ook selfsug, verdeeldheid en chaos.

    Dink jy hierdie korrupte wêreld sal jou aanvaar wanneer jy in die geharwar instap met 'n hart om Jesus te volg? Dink jy hulle sal jou passie om die verlorenes gered te sien, goedkeur?

    Dr D James Kennedy het dit eenkeer so gestel: Verdraagsaamheid is die onwaarskynlikste deug van 'n verdorwe samelewing. Wanneer jy 'n onsedelike samelewing het, wat blatant, met trots al die gebooie van God oortree, is daar een laaste deug waarop hulle aandring: verdraagsaamheid vir húlle onsedelikheid.

    Alhoewel ons tog ons bes kan doen om, met verskillende grade van sukses, die sondaar lief te hê, kan ons, as volgelinge van Jesus Christus, nooit in ons harte dít wat verkeerd is, nou as reg aanvaar nie. En as gevolg daarvan, sal die wêreld jou verdoem vir jou geloof in Jesus. 

    Dit kan moeilik wees, want ons hou daarvan om aanvaar te word. Ons almal ervaar gewetenswroeging, wanneer iemand ons kritiseer omdat ons aan God se Woord vashou. Ja, en dit is  iets wat deesdae met soveel heftigheid en bitsigheid op sosiale media gebeur.

    As jy al daardie verwerping en bitsigheid ervaar het, is hier vir jou ‘n versie om aan vas te hou:

    Prediker 7:5 Dit is beter om vermaan te word deur iemand wat wysheid het, as om besing te word deur 'n dwaas.

    Moenie verwag dat dwase mense jou sal prys nie. Hulle sal nie. Aanvaar eerder die raad van wyses.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Dis Tyd om te Blom

    Send us a text

    Johannes 8:31,32 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

    As jy vandag na jou lewe kyk, sou jy kon sê dat jy vervuld voel of nie? Vertel my, sal jy kan sê jy ‘blom’?... of nie?

    ’n Plant floreer in goeie grond, met net die regte hoeveelheid sonlig, die regte dreinering en so meer, nie waar nie? Maar wanneer jy daardie selfde plant in 'n ander deel van die tuin verplant, miskien iewers met te veel skaduwee, of waar dit nie heeltemal genoeg water kry nie, of in slegte grond, kan dit dalk oorleef, maar dit sal nooit floreer nie. Die blare en die blomme en ook die vrugte sal nooit tot sy reg kom op die manier waarop dit bedoel was nie.

    Daardie prentjie van 'n plant wat floreer (of nie) is 'n goeie manier om na ons lewens te kyk. Vra jouself af: Op watter plek is jy? Is jy besig om te groei? En leef jy werklik dié lewe, wat Jesus vir jou gegee het? Dié lewe waarvoor Jesus gesterf en opgestaan het, of nie?

    Ek vra weer: Floreer jy, of nie? Dit is 'n moeilike vraag, maar beantwoord dit eerlik vir jouself. Ons lees in:

    Johannes 8:31,32 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

    Een van die grootste redes wat ek sien waarom mense wat in Jesus glo, nie regtig floreer nie -  nie regtig die oorvloedige lewe leef, wat Hy vir hulle kom gee het nie - is dat hulle nie na Hom luister nie. 

    Hulle leef die lewe wat die wêreld daar buite as suksesvol sou bestempel, maar dit werk nie. Maar wanneer jy die lesse wat Jesus leer, jou eie maak, en wanneer jy dit as die waarheid aanvaar, begin jy dit uitleef: Jy gehoorsaam Hom … dit maak jou vry, en uiteindelik begin jy blom. Uiteindelik word jy die mens wat Hy jou gemaak het om te wees.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Moet Nie Nou al die Aftog Blaas Nie

    Send us a text

    Markus 2:16,17 Toe sommige van die skrifkenners uit die geledere van die Fariseërs sien dat Hy saam met sulke berugte sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Hoe kan julle leermeester saam met sulke immorele karakters eet?” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Gesonde mense het die dokter nie nodig nie – die siekes wel. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars.” (NLV)

    Daar is deesdae 'n neiging onder sommige Christene om die Evangelie van Jesus Christus as 'n sertifikaat tot gemak en sukses te sien. Miskien is ‘sertifikaat’ nie die regte woord nie. Nee, woorde soos wanopvatting, dwaling en siekte is dalk meer gepas.

    Daar is talle redes waarom ek nie van die sosiale media hou nie. Maar weet jy, dit gee my tog fassinerende insig oor hoe mense, veral diegene wat hulself "Christene" noem, oor sekere dinge voel.

    Een van daardie denkrigtings, is dat indien jy in Jesus glo, jy jou gratis bewysbrief tot 'n lewe van gemak gekry het. Ek het onlangs een ‘Christelike’ plasing daar raakgeloop wat lui: Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek dat ek nie drama, konflik of stres in my lewe wil hê nie. Ek wil 'n gerieflike huis en goeie kos hê en deur gelukkige mense omring word.

    Die persoon het 182 000 ‘likes’ gekry. Nou ja, nie een van ons hou van drama, konflik of stres nie. Ons wil almal graag 'n gerieflike huis hê, goeie kos eet en eksklusief omring wees deur gelukkig, juigende mense. Maar as jy in Jesus glo, is dit nie waartoe Hy jou geroep het nie.

    Markus 2:16,17 Toe sommige van die skrifkenners uit die geledere van die Fariseërs sien dat Hy saam met sulke berugte sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Hoe kan julle leermeester saam met sulke immorele karakters eet?” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Gesonde mense het die dokter nie nodig nie – die siekes wel. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars.” (NLV)

    Dit is soms moeilik om in die geselskap van sogenaamde ‘sondaars’ te wees. Hulle is ontwrigtend, hulle vloek, hulle het woede-uitbarstings, hulle lieg, hulle steel. En as ek en jy hulle nie van Jesus vertel nie, wie sal?

    Hy stuur ons nie uit na die ‘goeie mense’ nie. Hy stuur ons na die sondaars. Moet dus nie wegskram van hulle af en net in jou gemaksone beweeg nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Die Reg om op te staan vir jou Regte

    Send us a text

    Johannes 8:7,9 Toe hulle aanhou om vrae te vra, het Jesus regop gestaan en vir hulle gesê: “Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat ’n klip na haar gooi.” ...Nadat hulle dit gehoor het, het hulle een vir een begin weggaan, eerste die familiehoofde. Jesus is alleen agtergelaat terwyl die vrou nog in hulle midde staan.(NLV)

    Ons weet dat Christene deesdae meer as ooit tevore vervolg word. Vir party van hulle beteken dit steeds dat hulle geskiet of onthoof word. Vir ander is dit regerings wat hul godsdiensvryheid beperk of met ‘politiese korrektheid’ probeer om God se Woord stil te maak.

    En soos ons gister gesien het, is daar talle Christenleiers wat besig is om hul kuddes op te sweep om op te staan vir ons regte. Dit, terwyl ons voorgee om 'n Verlosser te aanbid wat verneder is, wat geregtigheid geweier is, en soos 'n lam na sy slagting gelei is, om aan ‘n kruis te sterf sodat ons kan lewe.

    Jesus, het nie sy eie regte verdedig nie en ek en jy het op die ou end daardeur ons verlossing ontvang. Jesus het ander mense soos melaatses, tollenaars, prostitute of selfs ‘n vrou wat op owerspel betrap is, se regte bepleit.

    Jy onthou dalk haar storie. Die Fariseërs het haar voor Jesus ingebring om Hom te toets. Volgens die wet van Moses moes sy gestenig word. Die Romeinse besetters het egter steniging verbied. Die Fariseërs het gedink hulle het Jesus op 'n tegniese punt vasgetrek. Maar ons lees in:

    Johannes 8:7,9 Toe hulle aanhou om vrae te vra, het Jesus regop gestaan en vir hulle gesê: “Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat ’n klip na haar gooi.” ...Nadat hulle dit gehoor het, het hulle een vir een begin weggaan, eerste die familiehoofde. Jesus is alleen agtergelaat terwyl die vrou nog in hulle midde staan. (NLV)

    Kyk wat het hier gebeur: Jesus het Homself liggaamlik tussen 'n woedende gepeupel, wat deur die korrupte godsdiensleiers opgesweep was, en die vrou geplaas om haar te verdedig.

    Dis hoe ons gesindheid moet wees - as ons vir enigiemand gaan opstaan, laat ons dan opstaan vir die regte van ander – vir die onderdruktes, die sondaars, vir diegene wat nie in staat is om hulself te verdedig nie, net soos Jesus opgestaan het vir mense soos ek en jy.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Veg vir jou Regte

    Send us a text

    Handelinge 8:32,33 “...“Hy is gelei soos ’n skaap na die slagplek, en soos ’n lam stil is by sy skeerder, só het Hy sy mond nie oopgemaak nie. Hy is verneder, en alle reg is Hom ontsê. Wie kan van sy nageslag vertel? Want sy lewe word van die aarde af weggevat.” (NLV)

    Ek het onlangs ‘aanstoot geneem.’  Nee, wag dis is heeltemal te sag uitgedruk! Ek was onlangs erg ontsteld deur iets wat 'n baie gewilde Christen op Facebook geplaas het. Ek was inderdaad baie erg ontsteld.

    Die man van wie ek praat het byna 400 000 volgelinge. Hy gee voor om 'n Christen te wees. Dit is wat hy geskryf het: Dis tyd dat Christene vir hulself opstaan en mense begin boikot wat ons geloof minag.

    Dié plasing het sowat 73 000 ‘likes’, 64 000 ‘comments’ en byna 5 500 ‘shares’ gekry. Nou ja, met ons geloof wat van alle kante aangeval word, lyk dit deesdae miskien nie so verregaande nie. Die idee om ‘op te staan vir jou regte’ het deesdae baie gewild geword onder Christene.

    Maar net omdat iets gewild is, beteken dit nie dat dit skielik reg is nie. Hier was my reaksie op sy plasing:

    Handelinge 8:32,33 ...“Hy is gelei soos ’n skaap na die slagplek, en soos ’n lam stil is by sy skeerder, só het Hy sy mond nie oopgemaak nie. Hy is verneder, en alle reg is Hom ontsê. Wie kan van sy nageslag vertel? Want sy lewe word van die aarde af weggevat.” (NLV)

    Jesus was beslis nie besig om op te staan vir sy regte nie. Inteendeel. Hy het sy lewe vir sondaars soos ons afgelê. Hy het met sy lyding aan die Kruis vir ons die reg kom koop om kinders van God te word.

    ...soos ’n skaap na die slagplek … Hy is verneder, en alle reg is Hom ontsê.

    Waar sou ons vandag gewees het as Hy sy onskuld voor Pontius Pilatus bepleit het, in plaas daarvan om stil te bly? Waar sal ons dan die ewigheid deurbring as Hy die Kruis vermy het? Nee. Jesus het Sy regte prysgegee, sodat ons kan lewe. Wat laat ons deesdae dink dat ons enigsins anders moet wees?

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Dit Is Wel met my Siel (6)

    Send us a text

    Openbaring 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke! Elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; al die nasies op aarde sal jammerlik oor Hom huil. Ja, amen! (NLV)

    Daar is iets in die halleluja liedere van weleer wat ons diep aanraak. Maar dit is tragies hoe ons met die moderne verkorte aandagspan wat ons deesdae het, hierdie gesange afskeep.

    En die tragedie is dat ons baie selde al die verse van ‘n lied sing. In die Engelse weergawe van It is Well With My Soul is daar ses verse. Maar wanneer dit in die meeste kerke gesing word, stop hulle sommer by vers drie. Hoekom?

    Omdat dit eenvoudig te lank neem om al ses verse te sing. In 'n wêreld waar betekenisvolle kommunikasie deur tegnologie oorgeneem is, mis ons dikwels alles wat God vir ons wil sê. Het jy al opgelet hoe dit ons selde van ons slimfoonskerms laat opkyk. Nou ja, hier is die sesde en laaste vers van hierdie groot lofsang waarvan daar in Afrikaans nie eers ‘n sesde vers bestaan nie: 

    And Lord, haste the day when the faith shall be sight, 

    The clouds be rolled back as a scroll; 

    The trump shall resound, and the Lord shall descend,

    A song in the night, oh my soul!

    Dit maak nie saak hoe goed of sleg jou lewe op hierdie aarde is nie - of jy van jou huidige omstandighede hou en vir ewig daaraan wil vasklou - of dit vir jou aaklig is en jy wens dat dit verby was - hier is die waarheid in:

    Openbaring 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke! Elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; al die nasies op aarde sal jammerlik oor Hom huil. Ja, amen! (NLV)

    Doen jouself 'n guns. Kyk op. Sing die laaste vers, want die wolke sál terugrol en die basuin sál weerklink. Dit is wel, dit is wel met my siel.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Dit is Wel met My Siel (5)

    Send us a text

    1 Tessalonisense 4:16 Wat eerste gaan gebeur, is dat die Here self uit die hemel sal neerdaal en dat die dooies wat aan Christus behoort, sal opstaan. Dit sal gebeur wanneer die hoofengel ’n bevel gee en God se trompet weerklink.(NLV)

    Tydens die afgelope twee jaar het baie mense as gevolg van die pandemie gesterf. En baie mense, selfs God se mense, het geleef met ‘n vrees vir die dood. Maar ons behoort nooit met so ‘n vrees vir die dood te lewe nie.

    Ek onthou hoe ek my pa in sy hospitaalbed sien sterf het. Hy het op die ouderdom van 74 aan komplikasies as gevolg van sy suikersiekte gesterf. Hy was bleek; hy het skaars asemgehaal … en toe was daar die doodsgeroggel terwyl sy liggaam nog om lewe probeer veg het. Maar toe was daar  … niks. Hy was weg.

    Dit is inderdaad 'n baie ontnugterende ding om te sien hoe iemand sterf, want die onvermydelikheid van ons sterflikheid is in jou hart ingebrand. Jy besef met 'n honderd persent sekerheid dat jy ook eendag sal sterf. 

    Dit lei ons tot die vyfde vers van die lofsang, It is Well With My Soul van Horatio Spafford, wat nie slegs sy wêreldse rykdom en sukses verloor het nie, maar ook vyf van sy kinders:

    Ja Heer dis op U op U koms dat ek wag;

    die hoop sal my altyd besiel;

    dan klink op die wolke die stem van die Heer -

    o hoe salig die uur vir my siel!

    En dit is om daardie rede dat die persoon wat in Jesus glo; wat sy lewe lank glo, dat Jesus vir ons sondes aan die kruis betaal het, in die vaste hoop op heerlikheid aan die anderkant van die graf, kan lewe. ’n Ewigheid saam met Jesus, want eendag – luister na my – eendag, kom Hy terug.

    Maar moenie net my woord as die waarheid aanvaar nie, en moenie net Horatio se woord aanvaar nie, kyk wat staan in:

    1 Tessalonisense 4:16 Wat eerste gaan gebeur, is dat die Here self uit die hemel sal neerdaal en dat die dooies wat aan Christus behoort, sal opstaan. Dit sal gebeur wanneer die hoofengel ’n bevel gee en God se trompet weerklink. (NLV) 

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Dit is wel met my Siel (4)

    Send us a text

    2 Tessalonisense 3:16 Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!

    Al te dikwels, wanneer 'n ramp ons tref en wanneer ons as gevolg daarvan ly, roep ons na God en smeek Hom om die pyn te stop en ons van die lyding te verlos, sonder om Hom te vra, wat Sy doel daarmee is.

    Die afgelope paar dae het ons vers vir vers deur die pragtige halleluja lied: It is well with my soul gewerk. Soos ek dit reeds genoem het, is dit geskryf deur Horatio Spafford, 'n suksesvolle prokureur en ryk eiendomsbelegger. Sy besigheid is in 1871 heeltemal deur die Groot Chicago-brand en die ekonomiese ineenstorting wat daarop gevolg het, vernietig.

    Op hierdie stadium het hy reeds sy seun aan die dood verloor. Hy besluit toe om God voltyds te dien deur D.L. Moody in sy evangelisasieveldtogte in Engeland te help. Hy het sy vrou en vier dogters per boot vooruit na Engeland gestuur, aangesien hy nog van sy sake moes afgehandel.  

    Maar toe tref ‘n ramp - die skip sink en al vier dogters sterf, net sy vrou, Anna, oorleef. Daar was ondenkbare hartseer! Al het hy hoe hard gebid, kon hy nie daardie gebeure ongedaan maak nie. Tog kon hy op sy hartseer alleenreis oor die Atlantiese Oseaan hierdie woorde neerpen:

    Voortaan is dit Christus, ja, Christus alleen,

     selfs waar ek in droefheid moet kniel;

     geen stryd is te swaar nie, in lewe en dood

     bly my Heiland die troos van my siel

    Horatio het ontdek dat wanneer ons Christus ons alles maak, dit nie saak maak watter teëspoed ons tref nie, Jesus is daar om sy vrede vir ons te gee. 

    2 Tessalonisense 3:16 Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!

    En dit is my gebed vir jou vandag dat jy in Christus geen angs sal ervaar nie en dat Hy sy vrede in jou siel sal uitstort, wat jy ook al mag oorkom. 

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Dit is Wel met my Siel (3)

    Send us a text

    Kolossense 2:14 Hy het die dokument met voorskrifte wat as klagstaat teen ons gedien het, uitgevee en dit vir goed weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker.(NLV)

    Het jy al ooit ‘n verskriklike voorgevoel gehad dat iets slegs jou gaan tref? Maar dan, ewe skielik, gebeur daar iets wat jou vrees wegneem en daardie groot las verdwyn soos mis voor die môreson.

    As jong man het ek dekades lank in die wildernis rondgedwaal. Ek het geweet dat daar 'n God is, maar ek was te bang om na Hom toe te gaan, want ek het geweet dat ek sonde doen en dat die manier waarop ek my lewe geleef het, sy oordeel en straf verdien. 

    Miskien is daar iets in jou lewe wat jy weet nie vir God behaag nie? Hierdie gevoel vreet aan jou siel.

    Hier is die derde vers van die pragtige lied, It is Well With My Soul, geskryf deur Horatio Spafford op 'n tyd van sy lewe toe hy amper alles verloor het wat vir hom kosbaar was - al vyf sy kinders is dood en sy aardse besittings is deur ‘n vuur verwoes.

    So sing ‘n man wat verstaan wat Jesus vir hom gedoen het …

    Voorheen het die sonde gedurig gekwel,

     en dikwels my vreugde verteer;

     nou's alles vergeef en geheg aan sy kruis:

     O my siel, loof die Heer, loof die Heer! 

    En dit is inderdaad 'n heerlike gedagte dat al ons sonde, nie net gedeeltelik nie, maar as geheel, van ons weggeneem is. Hoekom? Omdat dit aan die kruis vasgespyker is deur dít wat Jesus vir ons gedoen het, sodat ons nie daarmee hoef saam te leef nie.

    Kolossense 2:14 Hy het die dokument met voorskrifte wat as klagstaat teen ons gedien het, uitgevee en dit vir goed weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker.(NLV)

    O my siel, loof die Heer, loof die Heer!

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

     Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Dit is Wel met my Siel (2)

    Send us a text

    1 Petrus 3:18 Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. (NLV)

    "Sonde" is die grootste dilemma vir die mensdom. Ja, ek weet, sonde is deesdae nie 'n ‘gewilde’ woord nie. Baie mense sê dat  daar nie so iets bestaan nie, en dat dit slegs ‘n outydse en irrelevante godsdienstige siening is. Maar wat hulle sê, verander niks aan die saak nie.

    En dan is daar selfs mense wat die bestaan van die mag van die bose, naamlik Satan, as nog meer verregaande en nog meer irrelevant beskou. Maar, soos die geskiedenis ons al baie dikwels geleer het, beteken die feit dat as die meerderheid mense iets glo, dít, dit nie noodwendig waar maak nie.

    Dink aan die sonde in jou lewe. Hoe dikwels het jou mislukkings, jou foute en jou sonde dinge vir jou en vir diegene om jou vernietig? Meer kere as wat jy wil erken, nè? En die ergste van alles, is dat dit lyk asof ons niks aan die saak kan doen nie. 

    Nadat hy sy vierjarige seun, al vier sy dogters en al sy besittings in die Groot Chicago-brand in 1871verloor het, het Horatio Spafford die gesang It is well with my Soul geskryf.

    Hier is die tweede vers uit die Afrikaanse Hallelujaboek se vertaling daarvan:

    Hoe fel die besoeking, hoe Satan ook trag

     om my te vertrap met sy hiel,

     steeds gryp ek weer moed, want my Heiland is daar,

     en Hy stort nuwe krag in my siel.

    Jesus het vir ons gesterf juis omdat ons nie ons sonde kan oorwin nie. Kyk wat skryf die apostel Petrus aan vervolgde Christene wat verskriklike beproewinge ly:

    1 Petrus 3:18 Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. (NLV)

    As jy as gevolg van jou sonde ly en moedeloos voel omdat jy nie self jou probleme kan oplos nie, onthou dat dít juis is waarom Christus vir jou gesterf het. Sy liefde vir jou is so groot dat Hy sy eie bloed vir jou siel gestort het.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

956 Listeners