God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Moenie Tob Nie

    Send us a text

    Spreuke 3:5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

    Met die oorvloed van inligting en inderdaad verkeerde inligting wat ons deesdae bombardeer, was daar nog nooit 'n tyd waar rasionele denke belangriker was nie. Maar daar is ook 'n risiko daaraan om te veel met kommergedagtes vervul te wees. 

    Ek is ‘n baie rasionele denker. Logika is my vriend. Ons het gister gepraat oor die verkeerde inligting en doelbewuste misleiding – bekend as "fop nuus" – en ons behoefte om feite te evalueer en die waarheid te ontdek.

    Al dink ons ons is hoe slim ook al, het ek en jy nie die vermoë om dit alles uit te sorteer nie. Ek het 'n toepassing op my mobiele toestelle wat nuus van gerespekteerde en betroubare bronne regoor die wêreld versamel. Ek spandeer so vyftien tot twintig minute elke dag daaraan om die "nuus te kry," maar alles wat in die wêreld aangaan, is net te kompleks vir ‘n mens om in te neem.

    En weet jy, dieselfde is waar op 'n persoonlike vlak. Soms oorweldig die feite ons. Ons wil graag die saak van alle kante deurdink en ‘n oplossing kry, maar ons kan dit nie regkry nie.

    Nou ja, wat is die antwoord? Wel, kom ons keer terug na die basiese beginsels.

    Spreuke 3:5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

    Met ander woorde, hou op om dinge te probeer bedink en deurdink. As jy die dag op die punt kom dat jy alles weet, is dit vir jou te laat, en was dit 'n totale mors van tyd. 

    Jou onvermoë om jou pad oop te dink, kan sommer neerdrukkend ook wees.

    Vertrou eerder met jou hele hart op die Here. Erken Hom in al jou weë, eer Hom, gehoorsaam Hom, aanbid Hom en Hy sal dinge regstel.

    Keer terug na die basiese beginsels wanneer die lewe verwarrend is.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Die Belangrikheid van Onderskeiding

    Send us a text

    2 Timoteus 2:7 Dink na oor wat ek sê; die Here sal jou insig gee om alles te verstaan.

    Die een ding waarvan daar deesdae nie ‘n tekort bestaan nie, is inligting. En terwyl ons van alle kante daarmee gebombardeer word, is die groot besluit wat elkeen van ons moet neem: wie of wat gaan ek glo? 

    As jy ‘n bietjie dink aan wat vandag in die wêreld aangaan, moet jy jouself afvra, hoekom het samesweringsteorieë so belangrik geword? Hulle bestaan mos al eeue lank. Maar wat so snaaks is, is dat miljoene mense deesdae mislei word deur idees wat so verregaande en belaglik is; idees wat so opsigtelik en skokkend absurd is, dat selfs kinders dit as lagwekkend beskou.

    Ons moet besluit wie en wat ons kies om te glo. Wanneer die wyse ou apostel Paulus aan sy jong dissipel Timoteus skryf oor die behoefte om vir Christus te ly, sê hy in:

    2 Timoteus 2:7 Dink na oor wat ek sê; die Here sal jou insig gee om alles te verstaan.

    Met ander woorde, gebruik die brein wat God jou gegee het om die waarheid te onderskei. Praat met God en luister na Sy Gees, en weeg die bewyse op en kom tot jou eie verantwoordelike gevolgtrekkings.

    Maar weet jy, daar rus ‘n baie groot verantwoordelikheid op elkeen van ons om te leer om te onderskei tussen waarheid en leuens. Die sosiale media met sy swak akteurs en kwaadwillige bewegings mislei miljoene mense met gefabriseerde leuens. 

    Behou 'n gesonde skeptisisme oor politiese agendas en kommersieel gedrewe inligting, want as gelowiges in Christus, het ons selfs ‘n groter verantwoordelikheid om die feite te verifieer. Bid tot God en word deur die waarheid gedryf, nie deur dogma nie. Wanneer dogma, wat altyd agenda-gedrewe is, as belangriker beskou word as die waarheid, dan is ons op 'n baie gevaarlike plek.

    Dink na oor wat ek sê; die Here sal jou insig gee om alles te verstaan.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Hou jou Emosies in Toom

    Send us a text

    1 Petrus 5:7,8  Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om.. Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. (NLV)

    Ons het die afgelope paar dae oor ons emosies gesels, want dit is so 'n belangrike deel van wie ons is. Maar wanneer ons toelaat dat hulle ons oorweldig, word ons ongelooflik kwesbaar.

    Ons emosies is die deel van ons siel wat nie altyd heeltemal rasioneel is nie. Trouens, sommige dae kan hulle heeltemal irrasioneel raak. Ek is 'n baie rasionele denker en daar is niks daarmee verkeerd nie, maar sonder emosies kom ‘n mens koud en ongeërgd voor, want ons emosionele dimensie is wat ons ‘mens’ maak. 

    Maar wees verstandig: ons moet ons emosies in toom kan hou, want as ons hulle toelaat om vrye teuels te hê, beland ons aan die ander kant van die spektrum – 'n heeltemal irrasionele individu in wie se geselskap niemand wil wees nie. Niemand, behalwe natuurlik die duiwel nie!

    1 Petrus 5:7,8 Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om. Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. (NLV)

    As jy al ooit dokumentêre films oor die diereryk gekyk het, sal jy weet dat leeus hulle prooi op die mees kwesbare plek sal aanval. Hulle teiken die jongste, die stadigste of die siekste dier uit die trop. Dis wat leeus doen. En dit is presies wat die duiwel ook doen. Hy sal wag totdat jy in 'n see van wanhoop is of selfs op 'n wolk van euforie verkeer. Want wanneer jy deur jou emosies beheer word, maak niks anders saak nie, en dit is wanneer jy op jou kwesbaarste is.

    Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.

    Moenie my verkeerd verstaan nie, emosies is 'n goeie ding. Maar moenie toelaat dat hulle buite beheer raak nie. Die duiwel sit en kyk en wag vir jou. Beheer jou emosies en wees versigtig.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Om Teleurstelling te Oorwin

    Send us a text

    1 Petrus 5:7 Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om (NLV)

    Ongelukkig sal almal wat jy ken, jou een of ander tyd teleurstel. Dit maak nie saak hoe lief hulle vir jou is nie. En daardie emosie van teleurstelling kan uiteindelik nie net jou dag bederf nie, maar as jy dit toelaat, jou hele lewe.

    Sjoe, dis darem 'n neerdrukkende gedagte – om te dink dat almal wat ek ken, my een of ander tyd sal teleurstel. Maar weet jy, teleurstelling sê meer van jóú as van die ander persoon.

    Ons het vooraf bepaalde, dikwels onuitgesproke, verwagtinge van iemand. Maar wanneer hulle nie aan ons verwagtinge voldoen nie... reageer ons met óf 'n kalm óf 'n baie opstandige gevoel van teleurstelling. Maar dan… dan doen hulle dieselfde ding oor en oor. En op hierdie stadium begin dit vreet aan jou. Dit begin eers net knaag aan jou; en dan voel jy teleurgesteld en bekommerd, en uiteindelik word dit so erg, dat dit jou lewe begin verwoes.

    Ek sê nie dat ons mense nie verantwoordelik moet hou vir hul dade nie. Natuurlik moet ons. Maar besef jy hoe daardie emosionele reaksie van teleurstelling uiteindelik jou lewe kan verwoes en jou kan beroof van die vrede en die vreugde wat God vir jou beskik het?

    Nou ja, hoe ontsnap jy uit die maalkolk? Hoe vind jy genesing vir jou siel? Hoe plaas jy dinge weer in perspektief?

    1 Petrus 5:7 sê: Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om (NLV) 

    Soms is dit die kortste verse wat die kragtigste is. 

    Teleurstelling het die gewoonte om ons emosies te verinneweer en om ons perspektief skeef te trek. Maar wanneer ons dit alles aan God oorgee; wanneer ons ons harte voor Hom uitstort, bedaar ons emosies en ons perspektief word herstel, omdat God vir ons omgee.

    Moenie toelaat dat teleurstelling jou lewe vernietig nie. God is die een Persoon wat jou nooit sal teleurstel nie, want Hy gee om vir jou.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Emosionele Waas

    Send us a text

    Prediker 3:4 'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag, ‘n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans,

    Was jy al ooit op reis onverwags deur ‘n digte mis oorval terwyl jy nog ewe lekker gery het? Daardie gevoel wat jy ervaar as jy ewe skielik niks kan sien nie. Dit is ‘n aaklige gevoel, nè?

    Daar is tye in die lewe wanneer ons emosies ons soos 'n digte mis omvou. Miskien het daar iets verskrikliks met jou gebeur, en die hartseer het jou in so ‘n mate oorweldig, dat dit moeilik is om te funksioneer. Of dalk het daar iets absoluut fantasties gebeur, en die euforie laat jou bo die grond sweef, tot op die punt waar niks anders in die lewe saak maak nie.

    Emosies het 'n geweldige groot invloed op ons. Ons het elkeen 'n verstand, 'n wil en dan het ons ons emosies. Maar soms, kan positiewe of die negatiewe emosies die oorhand kry.

    Dit is vir my interessant dat God se Woord, die Bybel, iets te sê het oor byna elke situasie in die lewe; ook oor ons emosies. Ons lees in:

    Prediker 3:4 (Daar is) ‘n tyd om te huil, 'n tyd om te lag, ‘n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans,

    Of dit nou ons trane, of borrelende vreugde is, of dit nou 'n diep hartseer of ‘n dans van vreugde is, ons emosies kan ons oorweldig. Dit kan ons in 'n mis omvou wat dit vir ons moeilik maak om die pad vorentoe te sien. Gedurende daardie tye van verhoogde emosies, moet ons rem trap. Ons moet 'n bietjie stadiger word, dink, bid, en tyd by God spandeer - want as jy teen dieselfde spoed aanhou vorentoe jaag, gaan jy uiteindelik in ‘n groot verknorsing beland.

    Ja, daar is tye in die lewe vir trane en vir lag. Party dae bevind ons onsself in 'n diep gat van hartseer, ander kere dans ons van vreugde. Maar onthou altyd, jou Koning is steeds op sy troon. Moenie toelaat dat jou emosies die oorhand oor jou kry nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Rooi Wyn

    Send us a text

    1 Korintiërs 11:23-26 ...Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam; dit is vir júlle. Gebruik dit tot my gedagtenis.”

    Net so ook het Hy ná die maaltyd die beker geneem en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseël is. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.”

    Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.

    Goeie Vrydag. Die dag wat ons herdenk dat Jesus aan die Kruis gesterf het. Die dag wat sy bloed vergiet is, sodat die prys wat God se geregtigheid vir ons sonde, myne en joune, eis, ten volle 

    Die idee van 'n bloedoffer, lyk vir ons hier in die 21ste eeu nC. grusaam. Dit is kultureel skokkend. Maar in antieke tye was dit in alle godsdienste, 'n algemene praktyk, selfs in Judaïsme.

    Bloed, in die Skrif, is die simbool van lewe. En wyn is dikwels gebruik om bloed te simboliseer. Dit is ook as koninklik beskou en dit het ook vryheid gesimboliseer. Daarom word vier bekers wyn, vandag nog, tydens die Paasmaaltyd deur die Jode gedrink.

    En op hierdie Goeie Vrydag, terwyl ons die vergieting van Jesus se bloed onthou, lees ons weer Sy woorde, tydens Sy laaste Pasga-maaltyd:

    1 Korintiërs 11:23-26 ....Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: "Dit is my liggaam; dit is vir julle. Gebruik dit tot my gedagtenis." Net so ook het Hy ná die maaltyd die beker geneem en gesê: "Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseël is. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, tot my gedagtenis." Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.

    Dis Goeie Vrydag. Voorwaar 'n baie goeie Vrydag.

    En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Ongesuurde Brood

    Send us a text

    Eksodus 12:8 Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie.

    1 Korintiërs 11: 23,24 ...Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam; dit is vir júlle. Gebruik dit tot my gedagtenis.”

    Romeine 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

    Ek wil skree wanneer die Nagmaal by die kerk gevier word met 'n klein glasie druiwesap, en 'n lekker sagte klein blokkie witbrood. Laat ek jou vertel waarom dit my so ontstel.

    Nagmaal is tog om ons te herinner aan die dood van Jesus aan die Kruis. Ons lees in:

    1 Korintiërs 11:23,24 ...Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam; dit is vir júlle. Gebruik dit tot my gedagtenis.”

    Maar daardie brood was nie lekker, sagte witbrood in blokkies nie. Jesus is immers nie 'n lekker, veilige, sagte Verlosser nie. Nee, hulle het ongesuurde brode geëet - brood sonder suurdeeg.

    Hoekom? Omdat Jesus tydens die Pasga gekruisig is, terwyl die Israeliete herinner is aan die tyd toe God hulle voorvaders van slawerny in Egipte bevry het. Hulle herdenk die nag voordat die Israeliete gevlug het, en hulle die Paasmaaltyd van gebraaide lam geëet het.

    Eksodus 12:8 Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie.

    Maar hoekom ongesuurde brode? Daar is twee redes. Eerstens omdat gis tyd neem om te rys, tyd wat hulle nie gehad het nie, omdat hulle die volgende dag vir hulle lewens moes vlug. Daar was dus 'n lewensbelangrike dringendheid daarvoor. Hulle het nie tyd gehad om te wag dat die brood rys voordat hulle dit gebak het nie. Hulle lewens was op die spel. En tweedens omdat suurdeeg in die Bybel 'n simbool van sonde is.

    En weet jy, dieselfde is vandag nog waar vir ons. Daar is 'n lewensbelangrike dringendheid om ons sonde te hanteer.

    Romeine 6:23 stel dit duidelik: Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

    Dit is dringend. Moenie dit nog ‘n dag los nie. Jesus het gekom om jou te red.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Bitter Kruie

    Send us a text

    Eksodus 12:8 Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie.

    Hierdie hele idee van "sonde", nou ja, dit is nie ‘n besonder gewilde onderwerp in vandag se tyd nie, nè? En tog weet ek en jy albei dat wanneer ons iets verkeerd doen, dit gevolge het. Dit laat so 'n bitter smaak in jou mond.

    Ja, sonde het bittere gevolge, maak nie saak hoe aanloklik die versoeking aanvanklik gelyk het nie. Ons kan nie oor Paasfees praat sonder om oor ons sonde te praat nie, want dit is juis die rede waarom Jesus, die Lam van God, wat die sonde van die wêreld wegneem, aan Kruis gesterf het. Hy het gekom om die prys wat God se geregtigheid vir ons sonde eis, te betaal.

    Die afgelope paar dae het ons gesels oor die ryk simboliek van die Pasgamaal, die Pasga Seder, soos dit genoem word. Want dit herdenk die tyd toe God ongeveer anderhalf millennium voordat Jesus gekruisig is, sy volk vrygemaak het van slawerny in Egipte. Hy het hulle beveel om 'n lam te slag en van sy bloed op hulle deurkosyne te verf, sodat die doodsengel, in die laaste van die tien plae oor Egipte, hulle huise sou oorslaan.

    Die Israeliete is beveel om die geslagte lam met bitter kruie en ongesuurde brode te eet, voordat hulle die volgende dag Egipte sou verlaat. 

    Eksodus 12:8 Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie.

    Bitter kruie? Hoekom? Wel, dit was ‘n simbool wat die Israeliete baie goed verstaan het, want hul ervaring as slawe van Egipte was 'n verskriklike bitter een.

    Die bitter kruie is 'n herinnering vir my en vir jou, dat sonde ons in ‘n bitter slawerny dompel en dat dit nie iets is waaraan ons wil vashou nie. Dis tog hoekom Jesus gekom het - die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Gebraaide Lamsvleis

    Send us a text

    Eksodus 12:27 Dit is 'n paasoffer aan die Here omdat Hy in Egipte die Israeliete se huise oorgeslaan het. Terwyl Hy die Egiptenaars getref het, het Hy ons huise gespaar.”

    Ja, my vriend, hier is ons in die Paasfees-week, besig om in ons gedagtes terug te gaan na daardie Paasfees, die tyd toe Jesus verraai en gekruisig is. Onthou jy, die Pasga is destyds, soos vandag nog, met 'n maaltyd gevier. Gebraaide lamsvleis.

    In die meeste lande van die wêreld is daar ‘n tradisie om op ‘n sekere dag die gesneuweldes in oorloë se lewens te herdenk en daardie vieringe behels altyd ryk simboliek. Dieselfde geld vir ons met Paasfees, wanneer ons Jesus se kruisiging herdenk. Dit stem ooreenkom met die Pasga-fees van die Jode.

    Een van die name wat in die Skrif aan Jesus gegee word, is “die Lam van God.” Die idee van die offerlam wys terug na die nag, omtrent 'n millennium en 'n half vroeër, toe God deur die laaste van tien plae, sy volk van slawerny in Egipte bevry het.

    Om Farao te oortuig om sy volk te laat gaan, het Hy die doodsengel deur die land gestuur om elke eersgebore kind en dier in die land dood te maak. God het die Israeliete beveel om 'n lam, sonder gebrek, te neem, dit dood te maak en die bloed aan die deurkosyne van hulle huise te verf, sodat die doodsengel hulle huise sou oorslaan en nie hulle eersgeborenes sou doodmaak nie. Dit is inderdaad wat gebeur het, en dit is wat die Pasgafees herdenk. Ons lees in:

    Eksodus 12:27 Dit is 'n paasoffer aan die Here omdat Hy in Egipte die Israeliete se huise oorgeslaan het. Terwyl Hy die Egiptenaars getref het, het Hy ons huise gespaar.”

    En daarom word Jesus die Lam van God genoem, want wanneer ons in Hom glo, en aan sy bloed wat Hy vir ons aan daardie Kruis gestort het, word ons van die ewige dood gered. ...sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

    Dit is Jesus, die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Herdenking

    Send us a text

    Eksodus 12:14 “Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier.

    Paasfees kom so vinnig nader. Maar dit wil voorkom asof ons so onnadenkend daarmee omgaan, dat dit dikwels meer om die langnaweek gaan, as oor die ware betekenis daarvan. En tog is die Paasfees propvol betekenis.

    Dit was tydens die Paasfees toe Jesus vir mense soos ek en jy aan 'n Kruis vasgespyker is. Dit was die fees wat God se volk gevier het ter herdenking van die nag toe God Israel uit eeue van slawerny in Egipte, bevry het. Slawerny … ja, dit was 'n vreeslike tyd.

    Die Egiptenare was wrede meesters. God het tien plae oor Egipte gestuur om die Farao te oortuig om Sy volk te laat gaan. Die Farao het uiteindelik toegegee, toe die doodsengel elke eersgeborene in Egipte doodgemaak het, terwyl die eersgeborenes van die Israeliete gespaar was. Die engel het die Israeliete se huise oorgeslaan – vandaar die naam, die Pasga of soos ons in Engels sê: Passover.

    Dit was 'n wonderbaarlike tog deur die Rooi See, gevolg deur veertig jaar in die woestyn, voordat hulle uiteindelik die Beloofde Land kon binnegaan. Maar dit was nietemin 'n ontsnapping uit slawerny en hier is die opdrag wat God vir Israel gegee het om tydens Pasga te doen:

    Eksodus 12:14 Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier.

    En toe, 'n millennium en 'n half later, stuur God Sy Seun, Jesus, om aan 'n Kruis te sterf tydens die Paasfees vieringe, wat vir die grootste gedeelte van daardie tydperk gevier is.

    Daardie tydsberekening is baie betekenisvol. Dis God wat vir ons sê dat Jesus, soos die Paaslam, waaroor ons môre sal praat, gekom het om ons van slawerny te bevry; slawerny van die brutaliteit van ons sonde.

    Paasfees is ‘n tyd wat God wil hê ons moet stil word en nie daardeur jaag nie, maar moet stop en onthou waaroor dit werklik gaan, want wanneer ons dit doen, eer ons die Here.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

955 Listeners