God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Oënskynlike Gebrek

    Send us a text

    Job 5:2 Woede maak ’n dwaas dood. Jaloesie vernietig dom mense. (NLV)

    Wanneer laas het jy na iemand se nuwe motor, sy gelukkige huwelik of wonderlike loopbaan gekyk en minderwaardig gevoel, omdat jy nie dieselfde het nie? Snaaks hoe daardie vergelykings ons mismoedig maak.

    Die Science Focus Magazine het berig dat 'n onlangse Britse studie bevind het dat vergelyking met ander, 'n beduidende impak op geluk het. Mense dink dat as hulle dieselfde lewenstandaard as diegene rondom hulle kan handhaaf, hulle baie beter oor hulself sal voel en dat hulle baie gelukkiger sal wees. As hulle dit nie kan regkry nie, is hulle, volgens die studie, ongelukkig.

    "Oënskynlike gebrek", soos dit bekend staan, kan ervaar word onder enige omstandighede. Volgens die wetenskaplike navorsing, kan jy dus in 'n ryk woonbuurt woon, maar as jou buurman 'n blink, duur nuwe motor het en jy nie, sal dit jou waarskynlik ongelukkig maak.

    Dit klink simpel, nie waar nie? Maar dink daaraan - hoe meer ons toelaat dat materialisme ons verblind, hoe meer word dit waar. Ek onthou hoe afgunstig ek in die verre, verre verlede was, wanneer iemand anders iets gehad het wat ek nie gehad het nie.

    Job 5:2 Woede maak ’n dwaas dood. Jaloesie vernietig dom mense. (NLV)

    Kom ons hou dit eenvoudig, ek bedoel, regtig eenvoudig. Jaloesie kom in baie verskillende vorme voor. In die een uiterste, soos in my geval, was dit 'n brandende gevoel van onreg, dat ek nie het, wat jy het nie. Aan die ander kant, is die feit dat dit volgens die Britse studie, ons beroof van die genot van alles wat ons wel het. 

    "Oënskynlike gebrek" is 'n deftige term vir jaloesie. En wat sê God se Woord? Jaloesie sal jou vernietig, maak nie saak hoe dit in jou lewe manifesteer nie.

    Kyk rond. God het jou nogal baie gegee. Moenie toelaat dat jaloesie jou beroof van jou vermoë om dit te geniet nie.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Dag van die Here is Naby

    Send us a text

    Obadja 1:15 “Die dag is naby dat Ek, die Here, met die goddelose nasies sal afreken! Edom, soos jy met ander gemaak het, so sal met jou gedoen word. Jy sal terugbetaal word vir alles wat jy aan ander gedoen het. (NLV)

    Die wonderlike blitsverkoper: "The Seven Habits of Highly Effective People" van Stephen Covey, handel oor sakevernuf. Die tweede gewoonte wat hy bespreek, is om te begin met die einddoel voor oë.

    Die idee is dat ons moet bepaal wat ons in die lewe wil bereik; ons uiteindelike, gewenste uitkoms. En dan moet ons nóú begin leef, want dit is hoe die dinge aan die einde sal uitwerk. 

    Begin met die einde in gedagte. Leef vandag jou lewe, om uiteindelik te bereik wat jy wil bereik. Dit is so kragtig, maar eenvoudig. Dis goeie raad. Ek hoop nie jy gee om nie, maar vandag wil ek na die minder aangename deel van daardie beginsel kyk. Ja, ek weet dis nie wat baie van ons graag wil hoor nie, maar dit is net so belangrik. Trouens, selfs baie meer belangrik.

    Kyk wat sê die profeet in:

    Obadja 1:15 “Die dag is naby dat Ek, die Here, met die goddelose nasies sal afreken! Edom, soos jy met ander gemaak het, so sal met jou gedoen word. Jy sal terugbetaal word vir alles wat jy aan ander gedoen het. (NLV) 

    Aan die een kant, verwag ons dat die wêreld regverdig moet wees. Maar ten spyte van ons verwagtinge, is dit nie. En as ons konsekwent wil wees, behoort ons te verstaan dat daar gevolge vir ons dade sal wees. Mense moet verantwoordelik gehou word vir wat hulle doen. Maar aan die ander kant vind baie mense die idee dat God ons optrede uiteindelik gaan oordeel, baie onaanvaarbaar. Wel ek is jammer daaroor, maar dit verander niks aan die saak nie. God is God en die Dag van die Here kom, miskien gouer as wat ons dink.

    Die bose dinge wat ons vandag doen, sal terugkom om ons te byt. Ons sal moet boet vir die slegte dinge wat ons vandag doen op dié dag wanneer die verskriklike, ewige oordeel van die Here kom. Nou-ja, wat is die antwoord?

    Leef jou lewe hier en nou, met die Einde in gedagte.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Daardie Éen Slegte Gewoonte

    Send us a text

    Psalm 119:92,93 As u gebooie nie vir my vreugde was nie, sou ek gesterf het van ellende. Ek sal u bevele nooit vergeet nie, want daardeur gee U my die lewe. (NLV)

    Dit is snaaks hoe maklik dit is om terug te val in slegte gewoontes. Jy besluit om goeie, gesonde, voedsame kos te eet en jy geniet dit -  jy voel soveel beter - net om jouself 'n paar weke later te vang waar jy teruggeval het in die gewoonte om gemorskos te eet. Hoekom doen ons dit? Hoekom gebeur dit?

    Dit is so frustrerend, nè? Daardie slegte gewoontes, wat dit ook al vir jou is, het inderdaad 'n sterk neiging, om ten spyte van die feit dat ons weet hoeveel ons baat by die goeies, terug te kruip.

    Maar daar is een goeie gewoonte, een wenresep, wat keer dat ons terugval. Hier is dit! Die skrywer van hierdie Psalm praat met God in:

    Psalm 119:92,93 As u gebooie nie vir my vreugde was nie, sou ek gesterf het van ellende. Ek sal u bevele nooit vergeet nie, want daardeur gee U my die lewe. (NLV)

    Die teks het twee dele. Eerstens, ondersteun die Woord van God ons wanneer ons ly. Dit bring vir ons vreugde wat presies is wat ons nodig het terwyl ons swaarkry, want God se vreugde gee ons nuwe moed. En tweedens, is daar die versugting om nooit God se lewegewende opdragte te vergeet nie. 

    Die probleem is dat ons wel God se opdragte vergeet. Weet jy dat ek as leraar dit ook vergeet as ek nie elke dag God se Woord lees nie. Ek begin terugglip na my slegte gewoontes.

    Die  gewoonte wat ons hierteen beskerm, is om dag na dag met God se Woord besig te wees. Dit bring vir ons vreugde. Dit herinner ons nie alleenlik aan die nuwe lewe waarvoor Jesus gesterf en opgestaan het nie, maar dit bemagtig ons. Jy hoef nie vyf hoofstukke te lees nie. Glo my, net 'n enkele vers, wat jy toelaat om met jou te praat, kan jou vandag red.

    Vind vreugde in Sy Woord. Moet nooit Sy opdragte vergeet nie, want daardeur sal jy nuwe lewe ontvang.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Skep Orde uit Chaos

    Send us a text

    Genesis 1:1-5 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.

    Die onvoorspelbare dinge wat dikwels gebeur, het 'n neiging om chaos te veroorsaak. Ek is seker jy kan ook van ondervinding getuig. Maar aan die anderkant is daar ook daardie dinge wat voorspelbaar is, wat, as ons dit toelaat om voort te gaan, chaos sal veroorsaak.

    Ek wonder of jy al ooit so daaroor gedink het, maar die hele skeppingsdaad weerspieël die diepgewortelde neiging van God, om orde uit chaos te skep. Kyk wat staan in: 

    Genesis 1:1-5 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.

    Daar is dit. Dit is in God se aard om iets te neem wat sonder vorm is, lig daarop te werp en orde te skep. Dit is wie Hy is.

    As jy vandag na jou eie lewe kyk, watter deel is in chaos? Wat het aandag nodig? Wat kort dalk herstelwerk of ‘n bietjie organisering? ‘n Bietjie aandag op die regte plek kan broodnodige orde in 'n chaotiese lewe bring - van 'n deurmekaar sokkielaai, tot 'n verhouding wat aan flarde lê. 

    Hoekom is dit belangrik? Omdat chaos jou onderkry. Hoewel ons nie al die chaos in ons lewens kan uitskakel nie, is sommige dele daarvan onder ons beheer. As mense wat na God se beeld gemaak is, is dit 'n goeie ding om proaktief te wees en aandag te gee aan die stukkies chaos in jou lewe wat jy kan verander.

    Skep orde uit chaos, net soos God die lig van die duisternis geskei het.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Blou Maandag

    Send us a text

    Spreuke 24:27 Maak eers buite reg en bewerk jou landerye. Daarna kan jy jou huis bou. (NLV)

    Baie mense ly aan ‘Blou-Maandag-sindroom.’ Dit is hierdie gevoel van swaarmoedigheid, van ‘n nare voorgevoel wat jou aan die begin van die week beetpak. Dit is regtig nie 'n goeie manier om die week te begin nie.

    Miskien hou jy nie van jou werk nie, of dalk is jy afgetree en die vooruitsig van nog 'n vervelige week wat voorlê, is nie iets wat jou opgewonde maak nie. Ek is baie lief vir my werk, maar daar is dikwels dae wat ek voel ek het net te veel om te doen.

    Dit is hoekom ek myself gedissiplineer het om orde uit die chaos te skep; om my agenda vas te vat deur my week te beplan. En dit, snaaks genoeg, is die perfekte Bybelse ding om te doen. Kyk wat staan in:

    Spreuke 24:27 Maak eers buite reg en bewerk jou landerye. Daarna kan jy jou huis bou. (NLV)

    Dit is goeie raad, nè? Kry jou goed uitgesorteer, beplan die volgorde en doen die dinge in die regte volgorde. God is tog 'n God van orde - ons gesels môre meer daaroor. Vir my werk dit baie goed as ek is vroeg elke Maandagoggend omtrent ‘n uur gebruik om my week te beplan.

    Ek vra myself: Watter dinge het ek verlede week beplan om te doen, en nie afgehandel nie? Wat is die dringende dinge vir hierdie week? Watter dinge is belangrike dinge? Op hierdie manier, blok ek dit in my dagboek, en maak seker ek gee aandag daaraan. En as ek aan die einde van die week kom en sien ek het ongeveer twee derdes daarvan gedoen, is ek baie gelukkig – want dinge gebeur nie altyd soos jy dit beplan nie.

    Deur die tyd te neem om jou week te beplan, verlig jy die las en dit gee jou 'n gevoel van hoop en vrede.

    Maak eers buite reg en bewerk jou landerye. Daarna kan jy jou huis bou.

    Dit is 'n ongelooflike goddelike ding om te doen.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Vra die Regte Vraag

    Send us a text

    Levitikus 20:7,8 Sonder julleself af om heilig te wees, want Ek, die Here, is julle God. Hou my gebooie en wees gehoorsaam, want Ek is die Here wat julle heilig maak.(NLV)

    Te veel sogenaamde Christene vra die verkeerde vrae. In plaas daarvan om te wonder oor hoe hulle God deur hulle onberispelike lewe gaan eer, vra hulle hulself af, waarmee kan ek wegkom?

    Miskien dink jy ek is krities en veroordelend. Maar hoekom is dit dan dat ek so baie mense ken, wat hulself Christene noem, en dan byvoorbeeld gereeld TV-programme met grafiese sekstonele kyk? 

    As hulle Jesus vir aandete by hulle gehad het, sou hulle regtig nadat hulle die skottelgoed weggepak het, saam met Hom gaan sit het en daardie selfde program gekyk het? Regtig? 

    O Berni, jy is so … godsdienstig. Nes … ‘n Fariseer. So … uit voeling met die lewe. Wel, miskien is ek. Maar kom ons kyk wat sê die 

    Woord van God in: 

    Levitikus 20:7,8 Sonder julleself af om heilig te wees, want Ek, die Here, is julle God. Hou my gebooie en wees gehoorsaam, want Ek is die Here wat julle heilig maak.

    Die Hebreeuse betekenis van die woord ‘heilig’ is om skoon, rein, geheilig en afgesonder vir God te wees.

    En waarom moet ons so leef? Want Hy is die Here ons God. 

    Waarom moet ons Hom gehoorsaam? Omdat Hy ons Here is wat op ons lewenspad saam met ons wil werk, deur ons te heilig.

    In beide gevalle is die antwoord op die "waarom?" vraag – omdat Hy die Here ons God is. Is Hy? Is Hy werklik die Here van jou lewe? Ek vra die moeilike vraag hier, want dit is werklik belangrik.

    Het jy Jesus die Here van jou lewe gemaak? Wel? As jy het, hou op om kortpad te vat! Hou op om te vra "Met hoeveel kan ek wegkom?" Dis eenvoudig die verkeerde vraag as Hy die Here jou God is.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Slagyster van "Groeps-denkpatrone”

    Send us a text

    1 Konings 22:7,8 Josafat het egter gevra: “Is hier nie nóg 'n profeet van die Here dat ons hom ook kan raadpleeg nie?”Die koning van Israel sê toe vir Josafat: “Hier is nog een man deur wie ons die Here kan raadpleeg, maar ek haat hom, want hy voorspel vir my nooit iets goeds nie, net altyd die slegste. Dit is Miga seun van Jimla.”Josafat sê toe: “Die koning moenie so praat nie.”

    Een manier om vrede te handhaaf, is om mense te vertel wat ons dink hulle graag wil hoor. Die probleem daarmee is dat dít wat hulle wil hoor, nie altyd die waarheid is nie. En boonop is dít wat hulle wil hoor, nie altyd die beste ding vir hulle nie.

    En weet jy, daardie begeerte om mense te vertel wat hulle wil hoor, is iets wat lei tot, wat ek "groepsdenke" noem. Mense kom bymekaar in hul klein wedersydse bewonderings-groepies; hulle voel almal so goed oor hulself en voordat hulle weet, neem hulle verkeerde besluite. 

    Daar was 'n tyd in die Ou Testament toe die konings, Agab en Josafat, moes besluit of hulle teen die Arameërs gaan veg of nie. 

    Die manier waarop hulle dit destyds gedoen het, was om die profete te vra. Daar was omtrent vierhonderd van hulle, en hulle het almal gesê: ‘Ja, ja, gaan veg’. Maar Josafat het vir hulle gesê hulle moet God se raad vra.

    1 Konings 22:7,8 Josafat het egter gevra: "Is hier nie nog 'n profeet van die Here dat ons hom ook kan raadpleeg nie?"

    Die koning van Israel sê toe vir Josafat: "Hier is nog een man deur wie ons die Here kan raadpleeg, maar ek haat hom, want hy voorspel vir my nooit iets goeds nie, net altyd die slegste. Dit is Miga seun van Jimla."

    Josafat sê toe: "Die koning moenie so praat nie."

    Josafat was reg. As Agab daardie dag na Miga geluister het, sou hy nie in die geveg gesterf het nie. ’n Vriend van my, Peter Sewell, beskryf so ‘n situasie as volg:

    Ongelukkig verloor groepe wat konformiteit najaag, hul doeltreffendheid. Besluitneming ly daaronder, omdat die groepe se sosiale gedrag die doeltreffende evaluering van idees belemmer.

    Ons kan dit groepsdenke noem of konformiteitsvooroordeel; maar as ons versuim om te luister na ander mense se opinies, kan ons groot foute maak. Wees dapper genoeg om na mense te luister wat vir jou die dinge gaan vertel wat jy nie wil hoor nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Kom Ons Gaan Vang Vis

    Send us a text

    Markus 1:19,20 Toe Hy 'n entjie verder gaan, het Hy vir Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes gesien waar hulle in die skuit besig was om hulle nette reg te maak, en dadelik het Hy hulle geroep. Hulle het hulle pa, Sebedeus, net so saam met die loonarbeiders in die skuit gelaat en saam met Jesus gegaan.

    Jy sê jy glo in Jesus. Dis goed, maar wat doen jy daarmee? Watter verskil maak jou geloof in die wêreld? Hoeveel mense is deur jou getuienis van die rand van die hel teruggeruk, omdat hulle deur jou vir Jesus ontmoet het?

    Dit is ongemaklike, selfs ongerieflike vrae, nie waar nie?

    Maar wag nou … ek is nie ’n evangelis nie. Dit is nie my werk nie. Dis die dominee by die kerk se werk. Hy word betaal om dit te doen!

    Dit is een manier om daarna te kyk. Maar hier is ‘n ander een in:

    Markus 1:19,20 Toe Hy 'n entjie verder gaan, het Hy vir Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes gesien waar hulle in die skuit besig was om hulle nette reg te maak, en dadelik het Hy hulle geroep. Hulle het hulle pa, Sebedeus, net so saam met die loonarbeiders in die skuit gelaat en saam met Jesus gegaan.

    Al wat Jakobus, Johannes en Sebedeus besig was om te doen, was om die nette voor te berei om vis te vang, toe Jesus daar aankom. Hulle was nog net besig om gereed te maak om vis te vang. Hulle het die nette versorg; skoongemaak; herstel en oor en oor gevou. Die nette was nog in die boot. Hoe suksesvol dink jy vang ‘n mens vis, as jou nette nie in die water is nie?

    Dan kom Jesus en belowe om hulle "vissers van mense" te maak. En net daar volg hulle Hom. Halleluja! Welgedaan Jakobus en Johannes! Maar dink jy vir een oomblik dat hulle, nadat Jesus opgevaar het na die hemel, suksesvol sou gewees het, as hulle net in hul weeklikse kleingroepbyeenkoms gesit en gesels het oor hoe wonderlik Jesus was, en al die dinge wat Hy gesê het en wat dit alles beteken?

    Waar sou die kerk vandag gewees het? Sou daar selfs 'n kerk bestaan het, as hulle nie uitgegaan het om vis te gaan vang nie? 

    Wel, hier is die vraag: vang jy werklik vis daar buite, of hou jy jouself met die nette besig?

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Gevoelens is nie Genoeg Nie

    Send us a text

    1 Johannes 3:18 Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.

    Een van die kragtigste waarhede van die Bybel is dat "liefde" nie net 'n selfstandige naamwoord is nie, maar dat dit ook 'n werkwoord is. Dit is nie net iets wat jy het of nie het nie, dit is ook iets wat jy doen.

    As jy vandag vir my sê dat jy vir iemand omgee, dat jy vir hulle lief is, is my reaksie daarop: Dis mooi. Maar hoe wys jy dit? Hoe vertel jy dit vir hulle in 'n taal wat hulle kan verstaan? Hoe weet hulle dat jy hulle, sonder die minste twyfel, liefhet?

    Want dit is waaroor dit gaan, nè? Liefde is nie net 'n gevoel wat jy in jou hart ronddra nie. Met ander woorde, dit is nie net 'n ding nie, nie net 'n selfstandige naamwoord nie. Liefde is ook 'n werkwoord. Dit is 'n doenwoord. Ons lees in: 

    1 Johannes 3:18 Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.

    Wie is daar op die oomblik in jou lewe vir wie jy lief is, maar wat waarskynlik nie verseker weet dat jy hulle werklik liefhet nie? Wie kyk na dít wat jy sê en doen (of dalk, wat jy nie sê en nie doen nie) en wonder of jy hulle regtig liefhet?

    Vra jouself af: wat kan ek vandag doen, om hulle te laat sien dat ek regtig lief is vir hulle? Watter klein gebaar van vriendelikheid; watter woord van bemoediging; watter klein verrassinkie kan ek vandag vir hulle gee, wat alle twyfel oor my liefde vir hulle uit die weg sal ruim?

    Maar weet jy, die snaakse ding van liefde is, dat dit dikwels die kleinste dingetjie is, wat vir iemand sal wys dat jy werklik omgee.

    Gevoelens is nie genoeg nie. Jou liefde moet eg wees. Bewys jou liefde deur die dinge wat jy doen.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Grootsheidswaan?

    Send us a text

    Efesiërs 3:19,20 Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, 

    Ons het almal al op die rusbank gesit en groot drome gedroom. Ons het gedroom oor al die wonderlike dinge wat God deur ons kan doen. Maar dan tref die werklikheid ons. Nee wat. Dis lekker om te droom, maar ek is seker verwaand om sulke drome te droom. 

    Iets binne-in ons wil glo dat God groot en magtige dinge deur ons kan doen. Maar dan kyk jy in die spieël, jy kyk rond en berispe jouself omdat jy dink jy ly aan grootheidswaan.

    Wat het ek gedink?!

    Maar wag nou, daardie drome hoef nie groot, Billy-Graham-styl-drome te wees, vir ons om hulle te verwerp nie. Ek dink nou aan 'n jong vrou in haar vroeë twintigs, wat saam met my aan die Bybelkollege gegradueer het. Haar droom was om 'n kindersorgsentrum te open om kinders met die Evangelie te bereik. Maar vir haar het dit soos Mount Everest gevoel.

    Het jy ‘n droom gehad om God te dien? Een wat jy in die koue, harde lig van die dag afgemaak het, as onrealisties en dalk ‘n resultaat van jou eie persoonlike “grootheidswaan”?

    Kom ons neem net 'n oomblik om ernstig na daardie droom van jou te kyk, want in:

    Efesiërs 3:20 staan: Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink,...

    Dit klink goed, nè? Ons wil dit almal graag glo ... maar is dit regtig moontlik? Regtig? Ja dit is, hoe onmoontlik dit ook al vir jou op hierdie oomblik mag lyk. Want, soos die apostel Paulus in Efesiërs 3:19 sê: Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

    Weet jy hoe lief Jesus jou het? Hy wil jou met Sy krag vul, sodat jy alles, wat Hy vir jou beplan het, kan wees en bereik. En weet jy, dis soveel meer as dít waarvoor jy kan vra of jou selfs kan voorstel.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

955 Listeners