Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
Handelinge 2:38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.
Het jy ook al, soos ek, probeer om iets in jou lewe wat verkeerd is, reg te maak? Dit wil net nie werk nie, nè? Dit lyk asof al jou pogings misluk, maar dan kom daar 'n oomblik wanneer jy besef dat iets ontbreek.
Ek is seker jy het ook al daardie ervaring gehad. In teorie behoort ons tog daardie een knaende sonde wat aanhoudend terugkom, te kan oorwin? Maar teorie is nie genoeg nie. Iets skort.
En daardie iets, is krag. Werklike krag. Krag wat oorwin. Krag wat ons sonde uitroei. Krag wat ons vrymaak om 'n nuwe lewe te leef, want dit is tog die hele doel van Jesus se dood en opstanding soos ons ook duidelik in Romeine 6:4 gesien het.
Het jy al ooit gewonder waarom Jesus, nadat Hy opgestaan het; nadat Hy sy aan sy dissipels verskyn het, en nadat Hy na die hemel opgevaar het, Hy die Heilige Gees gestuur het om in elke gelowige te woon?
Ons lees in Handelinge 2:38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.
Een van die hoofredes vir hierdie gawe, is dat die Gees van God ons heilig maak - rein, skoon en afgesonder van die verderf van hierdie wêreld, sodat ons God se wil kan doen. En dit is daardie Heilige Gees-krag, wat ek en jy elke dag, as ons ons sonde wil oorwin, nodig het.
John Owen in sy 17de-eeuse klassieke boek "Of the Mortification of Sin" skryf: die mens kan makliker sonder oë sien en sonder 'n tong praat, as om een sonde sonder die Gees te oorwin, of soos hy dit stel, dood te maak.
In Christus is jou sondes vergewe. Deur die Gees word sy krag vrygestel, sodat jy in jou nuutgevonde vryheid kan leef. Heilige Gees-krag. Dit is die gawe van God.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 6:5-7 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde.
Wellus is 'n woord wat ons nie gereeld in ons alledaagse taal gebruik nie. Hoekom nie? Want dit is 'n veroordelende woord. Dit impliseer dat sommige van ons begeertes - laat ons dit maar openlik sê - verkeerde begeertes is. Seksuele begeertes. Ja, dis 'n baie konfronterende woord.
Ons het onlangs gesels oor die vernietigende effek van sonde en hoe dit ons beroof van die oorvloedige lewe wat Jesus vir ons kom gee het.
Nou ja, ons kan daaroor praat totdat die perde eendag horings kry, maar dit is net die krag van die Kruis van Christus wat jou werklik kan bevry van die mag, wat ons ou sondige self oor ons het. Kom ons kyk hoe dit werk:
Romeine 6:5-7 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde.
Wat 'n belofte. Sien jy? Christus kan ons vrymaak van die beheer wat sonde in ons lewens het. Maar hoe gebeur dit? Hoe word dit ‘n werklikheid in ons lewens? Kom ons kyk weer na John Owen se weergawe van sy 17de eeuse klassieke boek, "Of the Mortification of Sin":
Fokus jou geloof op Christus vir die uitwissing van jou sonde. Sy bloed is die groot soewereine geneesmiddel vir sonde-siek siele. Leef met hierdie waarheid, en jy sal as oorwinnaar sterf; ja, jy sal deur die wonderlike voorsienigheid van God lewe, om die sonde van jou wellus dood aan jou voete te sien lê.
Daar is dit. God se soewereine middel vir ons sonde. Geloof in die bloed van Christus laat ons verkeerde begeertes dood aan ons voete lê.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 6:3,4 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.
Die idee, dat ek en jy ons eie lewens kan omkeer en onsself kan regruk en 'n beter mens word, is 'n oulike een. Die probleem is dat dit eenvoudig nie waar is nie.
Elke Woensdagmiddag het die omroeper van die huis-toe-ry- program op een van my plaaslike radiostasies 'n gleuf genaamd "Selfverbeterings-Woensdag". Nou-ja, sy program bevat werklik fassinerende inligting. Maar die idee van selfverbetering . . . dit is baie soos 'n lugspieëling in die woestyn. Net wanneer jy dink jy het by ‘n ‘Beter-weergawe-van jouself” uitgekom – poef –dan verdwyn dit soos ‘n rookwolk.
Dink mooi. As ek en jy harder kon werk om die perfekte weergawe van onsself te word, dan sou ons Jesus nie nodig gehad het nie. Die werk van Christus aan die Kruis sou tevergeefs gewees het.
John Owen, in sy 17de eeuse klassieke boek "Of the Mortification of Sin" stel dit so: Daar is geen dood van sonde, sonder die dood van Christus nie. En dit blyk dat hy heeltemal reg is:
In Romeine 6:3,4 staan: Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.
Om gedoop te word, beteken om deurdrenk en getransformeer te word. Wanneer jy in Jesus gedoop is, met ander woorde deurdrenk is deur die kragtige werklikheid van Christus se dood, dan kan jy nie anders as om getransformeer te wees nie, want Hy maak jou deur sy krag vry van jou sonde.
Dit gaan nie oor selfverbetering nie. Dit was nog nooit haalbaar nie. Dit gaan alles oor verlossing in Christus.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 6:15,16 Wat beteken dit? Kan ons nou maar sonde doen omdat ons nie onder die wet van Moses staan nie maar onder die genade? Beslis nie. Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe.
Hoe ouer jy word, hoe meer dink jy aan die dood. Weet jy, noudat ek met ‘n hele spul grys hare kan spog, is die die einde van hierdie lewe deesdae vir my ‘n baie groter realiteit, as wat dit byvoorbeeld twintig jaar gelede was.
Dis nou vir jou 'n vrolike gedagte, nè? Toemaar, ek spot net. Maar natuurlik, het die dood vir almal wat in Jesus glo sy oorwinningskrag verloor. In Christus word die dood vervang met die ewige lewe.
Waarom is dit dan dat so baie mense, wat hulself "Christene" noem, soos wandelende dooies lyk? Aan die een kant glo hulle in Jesus, maar aan die ander kant is daar geen glans in hulle oë nie; daar is geen lewenskrag en doelgerigtheid nie - dis asof die ewige realiteit van Christus se Teenwoordigheid niks vir hulle beteken nie.
Die antwoord is dat hulle sonde ... hulle vernietig.
Romeine 6:15,16 Wat beteken dit? Kan ons nou maar sonde doen omdat ons nie onder die wet van Moses staan nie maar onder die genade? Beslis nie. Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe.
Hoe jy dit ook al gerieflikheidshalwe wil interpreteer en weg redeneer, met die verskoning dat dit ís wie jy is, moet jy weet sonde is nooit … nooit … 'n klein dingetjie nie. John Owen het in sy 17e eeuse boek "Of the Mortification of Sin" so gestel: Maak jou sonde dood, of dit sal jou doodmaak. Luister …
Jy het die keuse. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Kolossense 3:5-8 Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is. Deur sulke dinge kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is. Vroeër het julle ook aan dié dinge meegedoen toe julle nog daarin gelewe het. Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie,
Ongelukkig het hopeloos te veel mense wat Christus se naam gebruik om hulself "Christene" te noem, ‘n heeltemal te gesellige verhouding met sonde. Daar is amper 'n onverskilligheid wanneer dit kom by die outydse idee van "bekering".
Die waarheid is dat ons sonde doen en ons onsself op eie risiko daarmee besighou. Sonde het altyd gevolge. Dit het destyds al, vir Adam en Eva duur te staan gekom. En weet jy, dit geld vandag nog. Maar in hierdie wêreld waar byna alles toelaatbaar is, is dit maklik vir 'n sogenaamde Christen om gerieflik met sonde om te gaan en sy gunsteling sonde te geniet, asof dit nie saak maak nie.
In 1656 het 'n man met die naam John Owen, 'n boek geskryf met die ietwat uitdagende titel, "Of the Mortification of Sin.” Dit het gehandel oor die vernietiging, of letterlik die ‘doodmaak’, van die sonde in ons lewens.
Maar hier in 21ste post-moderne eeu, klink dit darem alte kras - sommer 'n bietjie outyds. Om iets dood te maak is immers ‘n vreeslike drastiese daad. Teregstellings is immers tog so … finaal.
Kyk wat skryf die apostel Paulus aan sy vriende in Kolosse…
Kolossense 3:5-8 Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is. Deur sulke dinge kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is. Vroeër het julle ook aan dié dinge meegedoen toe julle nog daarin gelewe het. Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie,
John Mortimer het dit so gestel: Die lewe, die krag en gemoedsrus van ons geestelike lewe hang baie af van hoe dood die sonde in ons lewens is.
Ja, ons weet die genade van God in Jesus Christus is heeltemal gratis. Maar sonde wat in die vlees voortleef, sal jou sonder twyfel jou van jou lewenskwaliteit beroof.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Spreuke 27:6 Die wonde veroorsaak deur iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee. (NLV)
Mense is nie altyd wat hulle voorgee om te wees nie. Ongelukkig maak sommige mense maklik beloftes, maar wanneer jy hulle die dag nodig het, faal hulle jou en keer hulle dikwels selfs hulle rug op jou.
As ons in 'n perfekte wêreld geleef het en omring was deur perfekte mense, dan sou daar nie ‘ja-broers’ gewees het nie. Daar sou nie huigelaars gewees het nie. Daar sou geen wolwe in skaapsklere gewees het nie. Maar, ons weet mos, ons leef nie in 'n perfekte wêreld nie. Daar is mense wat voorgee dat hulle een ding is, maar op die ou end is hulle 'n heel ander ding. Nou maar hoe sien jy die verskil tussen die twee? Hoe onderskei jy tussen 'n ware vriend en 'n mooiweersvriend? Kyk wat sê:
Spreuke 27:6 Die wonde veroorsaak deur iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee.
Soms kan vriendskappe netelig wees. Soms sê vriende dinge vir mekaar wat seermaak. Die waarheid maak dikwels seer. Maar moenie dit met valse vriendskap verwar nie. ’n Ware vriend, sal jou direk konfronteer. Met 'n ware vriend weet jy waar jy staan. Hulle versprei nie gerugte oor jou nie. Hulle skinder nie oor jou nie. Hulle ondersteun jou, selfs wanneer die verhouding 'n bietjie gespanne is.
Maar vyande is heeltemal die teenoorgestelde. Hulle is vriendelik voor jou, maar hulle beswadder jou agter jou rug. Dit is húlle wat jou selfs in die rug sal steek. Wees versigtig vir hulle. Hou hulle op ‘n afstand. Moet jou nie laat mislei deur mooi praatjies nie. Moenie hulle vertrou nie.
Die wonde veroorsaak deur iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee.
Sommige mense is suiwer goud. Ander is bloot oorgeblaasde goud. Ken die verskil.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Korintiërs 12:9 Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
Dit was op die 15e Oktober 1995 toe ek vir die eerste keer in 'n lang, lang tyd na 'n kerk toe is. En ek moet vir jou sê, ek het baie ongemaklik gevoel om daar in te stap.
Ek het onlangs hierdie woorde aanlyn raakgeloop. Ek weet nie wie hulle geskryf het nie, maar hulle is so kragtig, dat ek dit met jou wil deel:
As jy voorhuwelikse seks het, gaan in elk geval kerk toe. As jy ’n dwelmverslaafde is wat jou verslawing probeer oorwin, gaan in elk geval kerk toe. As jy die vorige aand die hele nag dronk was, gaan in elk geval kerk toe. As jy nie seker is watter geslag jy verkies nie, gaan in elk geval kerk toe. As jy nie daardie walglike gewoonte kan laat vaar nie, gaan in elk geval kerk toe.
Kerk is 'n hospitaal vir gebroke, verlore, leë, verwarde, desperate en verwerpte mense. Elke sondaar het 'n toekoms en elke heilige het 'n verlede. Hoe verbreek ons die kettings van verslawing en slawerny? Deur gebed. Gebed vir jou en gebed saam met jou.
Daar is nie 'n enkele persoon binne die vier mure van die kerk, wat nie iets in hulle verlede het, waaroor hulle nie skaam is nie, of spyt oor is nie. Ons het almal foute gemaak en sal aanhou om dit te doen, MAAR God se genade is genoeg. Daar is dinge wat ek nooit hardop oor myself sou wou erken nie, maar God weet daarvan. En Hy het my nietemin lief.
Ten spyte van wat jy ook al doen, wat jy ook al gedoen het, en wat jy ook al mag doen, gaan in elk geval kerk toe. Dit kan jou lewe dalk net verander.
Vir die rekord, die 15e Oktober 1995 was die dag waarop ek my lewe aan Jesus gegee het.
2 Korintiërs 12:9 sê: Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Korintiërs 9:10,11 God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer. Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word,
Een van die groot foute wat ek en jy dikwels maak, is om God deur ons eie beperkings te beperk. Ons sien 'n groot probleem; 'n groot behoefte en ons kyk na die klein bietjie wat ons in ons hande het en kom tot die gevolgtrekking dat dit eenvoudig nie genoeg is nie.
Onthou jy toe Jesus vir vyfduisend mense met twee klein vissies en vyf garsbrode gevoed het? Die opdrag het onmoontlik gelyk. “Stuur hulle weg,” het die dissipels vir Jesus gesê. Maar Hy het geantwoord: "Nee, gee julle vir hulle iets om te eet.”
As ek een van die twaalf was, sou ek gedink het, “Wat? Is jy mal?" En dieselfde is vandag nog waar. Ons kyk na 'n probleem, oorweeg die oplossing en dink by onsself: "Dis onmoontlik. Weet jy hoeveel dit gaan kos? Het jy enige idee? Boonop het ons nog nooit voorheen so iets gedoen nie!”
Maar hoekom dink ons dat God deur ons beperkinge beperk moet word? Wat laat ons dink dat Hy nie ons vermoëns, of gebrek daaraan, in ag geneem het, toe Hy ons geroep het om deel van sy magtige werke te wees nie?
In 2 Korintiërs 9:10,11 staan: God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer. Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word,
Wie gee ons die saad in die eerste plek? God gee dit! Wie laat die saad groei? God doen dit! Wie sal 'n groot oes lewer? God sal! Trouens, Hy sal voorsien. Waarom? Sodat jy altyd vrylik kan gee.
Moenie God beperk nie. Plant die saad wat Hy vir jou gegee het.
Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Korintiërs 9:7,8 Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.
Het jy al ooit onder druk gevoel om te geld gee? Ons ken almal daardie ongemaklike gevoel wat ons ervaar wanneer mense aan ons deur klop en vir hierdie of daardie saak geld vra, of 'n e-pos stuur om ondersteuning te vra, nè?
Dit lyk asof almal deesdae bakhand staan en jou arm wil draai om by te dra. Dit wil voorkom asof daardie kriewelrige gevoel wat ons soms kry, hoofsaaklik deur een van twee redes veroorsaak word. Eerstens kan dit wees omdat ons nie tot die spesifieke saak aangetrokke voel nie en tweedens, omdat ons bang is dat, as ons gee, ons nie genoeg vir onsself sal oorhê nie ... en dit laat ons skuldig voel.
Dit is ongemaklik, nè? Nou wat moet ons dan doen?
In 2 Korintiërs 9:7,8 staan: Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.
Met ander woorde, eerstens moet ons aan dié gee, wat die Heilige Gees ons lei om aan te gee. Dit sal vir ons vreugde bring. Jy moet nooit onder druk gee nie en moet nooit toelaat dat jy gemanipuleer word om te gee vir ‘n saak waarmee jy nie gemaklik is nie.
En wanneer jy wel gee, gee mildelik. Moenie bang wees dat jy nie genoeg vir jouself sal oorhê nie, want jy sal nooit soveel kan gee, as wat God vir jou gegee het nie. Hy het diegene lief wat blymoedig gee. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.
Gee soos die Gees jou lei.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Korintiërs 9:6,7 Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.
Laat ‘n geskenk wat jy uit liefde gee, jou hartseer voel? Voel jy asof jy iets verloor het? Nee, nooit nie! Dit is nie hoe dit werk nie, is dit? ‘n Geskenk wat uit liefde gegee word, bring tog vreugde, beide vir die een wat ontvang, en vir die een wat gee.
Met ons kleindogter se geboorte, het ek en my vrou, Jacqui, vir haar 'n bankrekening geopen en elke maand 'n klein bedraggie daarin begin wegsit, want jy weet mos wat die spreekwoord sê: klein begin groot gewin.
Elke maand wanneer daardie geld van ons rekening na hare oorgeplaas word, verskyn daar 'n kennisgewing op my foon. En elke keer as dit gebeur, ervaar ek hierdie borrelende uitbarsting van vreugde in my hart. Dis hoe dit voel, wanneer jy uit liefde 'n geskenk gee.
As ons sê dat ons God liefhet, sal ons nie dieselfde emosie ervaar wanneer ons ‘n bydra gee nie? Ons lees in:
2 Korintiërs 9:6,7 Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.
Daar moet mos vreugde wees wanneer ons bydra tot God se werk; hetsy dit van ons hulpbronne; van ons tyd of van ons Godgegewe gawes en vermoëns is? Wanneer dit 'n hartsbesluit is; 'n doelbewuste keuse is om te gee uit die vreugde van ons verlossing; uit die vreugde daarvan om daagliks saam met Jesus te wandel, dan is dit absolute vreugde.
Jy mag dalk dink, ek het nie veel om te gee nie. Maar weet jy - as jy 'n klein akkertjie plant, gaan dit eendag 'n magtige eikeboom word.
Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

955 Listeners