Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
Johannes 11:25,26 Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?”
Wanneer jy jonk is, is dit nogal maklik om te dink die lewe gaan vir ewig duur, of dat jy ten minste baie jare lank nog op hierdie planeet gaan leef. Dis seker net natuurlik. Maar hoe lyk dinge wanneer die gordyn oor hierdie lewe begin toetrek?
Sy naam was John. Hy het op soveel verskillende vlakke van die lewe ‘n ongelooflike bydrae gelewer. Syne was 'n wonderlike lewe gegrond op 'n onwrikbare geloof in Jesus. Hy het 'n getroue, toegewyde vrou gehad en twee seuns wat albei in sy voetspore van diens gevolg het.
Ek het hom een middag in ‘n versorgingsoord besoek. Hy het in die stoel in die hoek van sy kamer gesit en slaap en al het ek hard met hom gepraat en sy skouer saggies geskud, kon ek hom nie wakker maak nie. Ek het toe maar die sjokolade op sy bedkassie gelos en 'n kort nota geskryf op die klein bordjie wat hy daar gehad het.
Toe ek na hom kyk, het ek getwyfel of hy ooit die sjokolade sou eet. Selfs ek kon sien dat hy nie lank het om te leef nie, en my voorgevoel was reg, hy het nie. Hy het so af en toe onreëlmatig asemgehaal en fisies was hy net 'n dop van die formidabele man, wat hy altyd was. Terwyl ek vir 'n paar oomblikke, wat soos 'n ewigheid gevoel het, na my ou vriend gesit en kyk het, het ek besef dat daar binne-in die afgetakelde dop 'n brullende leeu is, ‘n geloofsreus. Ek het op daardie oomblik geweet dat hy bo alle twyfel op pad was na die Ewige Lewe in die Teenwoordigheid van Sy Verlosser.
Johannes 11:25,26 Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?”
Ja, ons weet dat Marta dit wel geglo het, en ek het vrede in my hart dat my ou vriend, John, dit ook geglo het. Die vraag is, glo jy dit?
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 10:11-15 “Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. ‘n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy 'n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar. Hy is 'n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie. Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape.”
Ek het reeds as 'n tiener my hart aan Jesus gegee. Maar toe ek die skool verlaat, het ek gevoel ek is vrygemaak van daardie slawerny, soos ek dit gesien het. Ja man, daar was 'n hele nuwe wêreld daar buite om te verken. Ek het die huis verlaat, by die weermag aangesluit en die lewe begin ontdek.
Jy sal nie glo hoeveel aanloklike dinge daar buite was nie … en ek het besluit om dit te geniet. God? Ag nou-ja, diep binne-in het ek geweet die dinge wat ek doen en hoe ek leef, behaag Hom glad nie. Ten spyte daarvan, het ek op my eie weggedwaal. En weet jy, die lewe wat soveel beloftes ingehou het, was toe uiteindelik 'n wildernis vol vraatsugtige wolwe en plunderende rowers. Dit is wat met ‘n mens gebeur.
Daarom het Jesus in Johannes 10:11-15 gesê:
"Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 'n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy 'n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar. Hy is 'n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie. Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape.”
Daar is baie vals herders daar buite. Maar Jesus, was die ware herder. Hy het boodskappe gebring wat soveel trefkrag gehad het, maar Hy het dinge nie net by praat gelos nie. Hy het Homself bewys deur Sy lewe af te lê om mense soos ek en jy te red.
Jesus is die Een, ware Herder. Volg hom.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 10:7-9 Toe het Jesus weer ’n keer gesê: “Ek verseker julle, Ek is die deur vir die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie op hulle reageer nie. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy beslis verlos word. Hy sal ingaan en uitgaan en groen weiding kry. (NLV)
Jy het dalk al hierdie woorde gehoor: ons het almal soos skape gedwaal. Dit is deur die profeet Jesaja geskryf. En dit is absoluut waar. Ons het almal, soos skape, afgedwaal.
Ek kan nogal ‘n dik boek skryf oor al die kere wat ek tydens my leeftyd afgedwaal het. Ek is seker jy kan ook. En wanneer ons afdwaal, het dit gevolge. Die foute wat ons maak wanneer ons van God af wegdwaal, beroof ons lewens soos 'n dief.
Dit lyk asof daar deesdae soveel dinge in hierdie wêreld is; soveel valse profete, wat ons soos die verleidsters uit die mitologie, na die gevaarlike, rotsagtige oewers van ons sonde lok. Ja, daar is tragiese gevolge, maar daar is wel 'n alternatief.
Johannes 10:7-9 Jesus het toe weer ’n keer gesê: “Ek verseker julle, Ek is die deur vir die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie op hulle reageer nie. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy beslis verlos word. Hy sal ingaan en uitgaan en groen weiding kry.(NLV)
Gedurende die winter het die skaapwagters hul vee na die dorp gebring en hulle oornag in 'n gemeenskaplike kraal gejaag. Elke nou en dan het vals herders gekom om iemand anders se skape te probeer steel. Maar die skape was slim. Hulle het nie na die diewe en rowers geluister nie, want hulle het hul eie herder se stem geken.
Dan verander Jesus die metafoor deur te sê: Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy beslis verlos word.
Dit is die kruks van die saak. Dit is die waarheid wat ons vandag opnuut moet vasgryp. Moenie na al daardie vals profete daar buite luister nie. Moenie wegdwaal en teruggelok word na jou mitologiese sonde nie. Jesus is die poort na jou verlossing. Gaan deur Hom in. Vertrou op Hom en Hom alleen.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 8:12 Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”
Die afgelope paar weke het ons ‘n bietjie gesels oor die duisternis wat op die wêreld toesak. Maar dit geld nie net vir die wêreld nie. Duisternis oorheers menige lewens.
Ons is die afgelope paar jaar voorwaar deur ‘n moeilike tyd. Dit was die hele COVID-pandemie; met die baie sterftes, die burgerlike onrus op sommige plekke en die ekonomiese en sosiale gevolge op ons almal. En nou praat ons nie eers van al die normale "dinge," wat in ons lewens aangaan nie - en daar is altyd 'n paar "dinge," nie waar nie?
Dis maklik om onder sulke omstandighede, wat net aangaan en aangaan, swartgallig te word. Dit voel later soos 'n lang, koue winter wat nooit gaan end kry nie. Baie mense se geloof wankel en hulle begin wonder waar God dan is.
Johannes 8:12 Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”
Maar weet jy, dit lyk vir my of die moeilike tyd waarin ons leef eerder vir ons 'n groot geleentheid bied. Die geleentheid om nader aan Jesus te kom. Die geleentheid om Hom toe te laat om sy lig in ons lewens te laat skyn. Die geleentheid om Hom opnuut te volg en die lig te ontvang wat lewe gee. Ware lewe, oorvloedige lewe, net soos Hy belowe het.
Ja, sonder lig is geen lewe op hierdie aarde moontlik nie. As die son nie môre, of die volgende dag, weer opkom nie, sal ons, saam met almal en alles op die planeet, binnekort dood wees.
Gryp die geleentheid aan. Jesus is die lig van die wêreld. In Hom sal jy die Lig hê wat jou lewe gee.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 6:35 Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.
Dis is nie ‘n grap om honger te wees nie. Het jy al ooit in 'n vergadering gesit waaruit jy eenvoudig nie kon wegkom nie? Of was jy al in 'n situasie waar daar geen kos beskikbaar was nie, terwyl jou maag ge-gor en gekla het van die hongerte? Dit is voorwaar nie snaaks nie.
As deel van my leefstyl vas ek met tussenposes. Dis 'n baie gesonde ding om te doen, want dit gee jou liggaam 'n blaaskans. Dit is bekend dat dit jou gesondheid verbeter en jou lewensduur inderdaad verleng. En sodra dit 'n gewoonte word, pas jou liggaam eenvoudig aan en voel jy glad nie eers baie honger nie.
Maar aan die einde van 'n vas, is daar niks lekkerder en meer bevredigend en meer voedsaam as om aan ‘n bord goeie, gesonde, natuurlike kos weg te lê nie.
Die rekord vir die langste vas, wat nog ooit opgeteken is, word gehou deur Angus Barbieri, 'n 27-jarige Skot. Hy was so oorgewig, dat hy nie eers uit die bed kon opstaan nie. Hy het onder streng mediese toesig vir 382 dae net op water, vitamiene en 'n bietjie gis geleef. Dit bewys dat ‘n mens lank sonder kos kan gaan; maar dan moet jy uiteindelik tog eet.
Maar weet jy wat my regtig pla, is dat soveel mense wat in Jesus glo, geestelik vas. Alhoewel fisiese vas baie voordele inhou, maak geestelike vas, dit wil sê, om vir God en Jesus te vermy, absoluut geen sin nie. Mense wat so leef, het byna geen gebedslewe nie. Hulle hoor God nooit praat nie en hulle wonder hoekom hulle honger ly. En dan vra hulle nog waarom Christen-wees net nie vir hulle werk nie. Dit maak nie sin nie.
Johannes 6:35 Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.
Jesus is die een wat lewe gee. Wanneer jy voel jy kwyn, gaan na Hom toe. Hy is die brood van die lewe.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Korintiërs 3:18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.
Die heerlikheid van God is sigbaar in die ganse skepping. Kyk om jou rond – kyk op na die sterre, kyk na die wonderlike wêreld wat God geskep het. Die heerlikheid van God word oral openbaar... en God wil meer daarvan met jou deel.
Gister het ons gesels oor die onweerstaanbare heerlikheid van God wat aan ons geopenbaar is toe Jesus mens geword het.
Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.
God wil nog steeds vandag hê dat die heerlikheid, sy heerlikheid, ons lewens, joune en myne, moet aanraak. God wil deur sy heerlikheid, sy onpeilbare grootheid in jou hart en in myne inskyn. Ons lees in:
2 Korintiërs 3:18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.
Hoe meer ons na Jesus kyk, hoe meer vul sy heerlikheid ons. En in die namate wat ons na Hom kyk en met Hom omgaan, verander Hy ons en weerkaats ons meer en meer van sy heerlikheid. Ons word gaandeweg deur die werking van die Heilige Gees, na sy beeld verander. Soos ons vertroue in Hom toeneem, word ons gevul met sy vreugde en vrede en ons smag daarna om Hom te gehoorsaam en te eer.
Leer Jesus intiem ken … en laat Hom toe om jou te verander van heerlikheid na selfs meer heerlikheid, sodat jy uiteindelik meer en meer soos Hy lyk.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.
Ons weet intuïtief wat ‘eer en heerlikheid’ beteken, maar as ek jou sou vra om 'n eenvoudige definisie daarvan te gee, wat sou jy sê?
Ons kan maklik aan praktiese voorbeelde dink. Ons dink aan 'n sokkerspan wat 'n groot eindstryd wen; 'n atleet wat ‘n goue medalje verower; 'n tennis ster wat 'n ‘Grand Slam’-toernooi in die hitte van die somerson wen … en ons sien hoe hulle op die podium staan en groot eer ontvang.
Maar wat beteken die woorde ‘eer en heerlikheid,’ as dit by God kom? Het die eer en heerlikheid van God enigiets met ons alledaagse lewens te doen? Wat beteken dit vir ons, met al die uitdagings wat ons in die gesig staar, met die sleur van ons daaglikse lewe?
Wel, miskien is dit een van die redes waarom Jesus na hierdie aarde gekom het. Kyk wat staan in:
Johannes1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.
Vir 'n lang tyd het hierdie vers nie eintlik vir my sin gemaak nie. Maar toe ek verstaan dat dit verwys na die tyd toe God by sy volk, Israel, in die woestyn ‘gewoon’ het, het dit vir my duidelik geword. God het vir veertig jaar sy volk gelei as 'n wolkkolom bedags, om sy volk teen die son te beskerm, en 'n vuurkolom snags, om hitte en lig te gee. Daardie woord “gewoon” beteken eintlik “getabernakel” soos Hy in die tent, die tabernakel in Moses se tyd, teenwoordig was.
En hoe beter ek Hom leer ken, hoe meer beskerm sy skadu my teen die ongenadige hitte van die son. En soos sy vuur vir my in die koue verhit en sy Lig op my donker kolle skyn, hoe meer oorstroom die heerlikheid van God die dieptes van my siel.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 12:4-6 Judas Iskariot, een van sy dissipels, die een wat Hom sou verraai, sê toe: “Waarom is hierdie reukolie nie vir drie honderd silwermuntstukke verkoop en die geld vir die armes gegee nie?” Dit het hy gesê, nie omdat hy hom oor die armes bekommer het nie, maar omdat hy 'n dief was. Hy het die beursie gehad en het van die bydraes gevat.
Onthou jy toe jy 'n tiener was? Destyds toe jou ouers iets gesê het en jy jou oë hemelwaarts geslaan het, en hulle goeie raad by die een oor in en by die ander een uit is?
Daardie tiener stadium is vol uitdagings, nè. Jy’s nog vis nog vlees en besig om mens te word. Ongelukkig word daardie storm en drang tyd van ‘n mens se lewe gekenmerk deur ‘n onwilligheid om te luister; ‘n onwilligheid om goeie raad te aanvaar. En dit word gebaseer op 'n onwrikbare oortuiging dat tieners alles weet. Maar weet jy, dit geld vandag ook vir sommige volwassenes.
Ek ken 'n Christen wat weier om die Bybel te lees. Hoewel hy in Jesus glo, het hy besluit dis genoeg. Hy weet wie hy is, God het hom lief en dis dit. Ek weet dat nie een van ons perfek is nie, maar sy gereelde woede-uitbarstings trek ‘n streep deur sy getuienis. Dit is vir almal duidelik dat hy die Woord van God – wat lewend en kragtig is en deur die Heilige Gees met ons praat – nodig het om hom hiervan te verlos. Ons lees in:
Johannes 12:4-6 Judas Iskariot, een van sy dissipels, die een wat Hom sou verraai, sê toe: “Waarom is hierdie reukolie nie vir drie honderd silwermuntstukke verkoop en die geld vir die armes gegee nie?” Dit het hy gesê, nie omdat hy hom oor die armes bekommer het nie, maar omdat hy 'n dief was. Hy het die beursie gehad en het van die bydraes gevat.
Dis moeilik om te glo, nè. Judas was die hele tyd by Jesus en het elkeen van Jesus se boodskappe gehoor, en tog het hy gesteel; en toe op die ou end vir Jesus vir 'n handvol silwerstukke verraai. Wat maak jy met die Woord van God? Gaan dit by die een oor in en by die ander een uit, of laat jy die krag toe om jou lewe te verander? Moenie soos Judas wees nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 6:26 Ellende wag vir julle as al die mense goed van julle praat. Hulle voorvaders het immers met die vals profete net so gemaak.”
Ek dink een van die moeilikste dinge om te hanteer, is wanneer jy 'n spul kritiek kry omdat jy doen wat reg is; wanneer jy op jou eie opstaan en God eer, eerder as om met die stroom saam te gaan.
En kom ons erken dit, om saam met die stroom te gaan, is maklik. Iemand vertel 'n vuil grap by die werk, dan lag jy maar saam met die res van hulle. Iemand vertel 'n sappige skinderstorie, jy las ‘n stertjie aan en vertel dit oor. 'n Ander persoon is 'n klein bietjie oneerlik en jy speel saam.
Ja, ons hou almal daarvan om populêr te wees. Ons hou almal daarvan om deel van die groep te wees. Ons hou almal daarvan om komplimente te ontvang, maar, luister wat Jesus sê in:
Lukas 6:26 Ellende wag vir julle as al die mense goed van julle praat. Hulle voorvaders het immers met die vals profete net so gemaak.”
As al wat ons ooit by mense kry, ‘n klop op die skouer, komplimente en lof is, dan is daar ‘n baie goeie kans dat ons maar net saam met die stroom afvloei. Maar as ons bely dat ons in Jesus glo, as ons onsself ‘Christene’ noem, dan is ons werk in hierdie wêreld om Hom te verteenwoordig. Ons moet sy lig weerkaats. Liefhê met sy liefde en Hom eer. Ons moet ter wille van Hom van die bose en van oortredings wegbly.
Kom ons dink mooi hieraan. Jesus bestempel enigiets minder as dit, net so erg as om 'n vals profeet te wees. Om Jesus waarlik te verteenwoordig, gaan baie van ons vra – miskien ons reputasie of ons vriende, soms selfs ons lewensonderhoud. Maar weet jy, dit het Jesus sy lewe gekos om Sy Vader in die hemel te eer.
Ons doel is nie om doelbewus mense te affronteer nie, maar ons weet dit sal soms die hoogste prys vra om vir Christus te dien. Verwag daarom kritiek.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 6:27 Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word;
Elke mens het ‘n behoefte aan liefde. Jy het, ek het, die mense om ons het, en weet jy, selfs die moeilikste mense in ons lewens, het ook liefde nodig. Ja, ons het almal beslis liefde nodig.
Kom ons dink net aan wat dit beteken om daardie vreeslike moeilike mense in ons lewens lief te hê. Daardie ou wat dit altyd regkry om jou te kritiseer, al het jy goed gevaar. Daardie vrou wat jou emosioneel dreineer. Daardie mense wat jou dikwels onbeskof behandel.
Daar is so ‘n persoon in die woonstelkompleks waar ek woon. Ek het hom al probeer help met sy probleme, maar al die hulp wat ek kon aanbied, was nog nooit goed genoeg vir hom nie. Hy is vreeslik onbeskof teenoor my as ons saam in die hysbak klim of in die gang verby mekaar loop. Ons natuurlike vleeslike reaksie is om hom terug te betaal met onbeskoftheid. In die vlees wil ons hom vertel waar Dawid die worteltjies gegrawe het.
Maar weet jy, so dikwels vra diegene wat ons liefde die nodigste het, op liefdelose maniere daarvoor. Die waarheid is dat daardie onbeskofte individu liefde desperaat nodig het. Hoe weet ek dit? Want ons almal het dit nodig. Jesus het dit ook geweet:
Lukas 6:27 Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word;
Daar is twee dele aan hierdie opdrag van die Here. Die eerste is dat ons ons vyande moet liefhê, eerder as om planne te beraam om wraak te neem. Die tweede is om daardie liefde uit te leef, deur goed te doen aan diegene wat ons haat.
Die uitdaging vir my, en die uitdaging vir jou, is om uit te vind hoe om dit teenoor daardie moeilike ou in die hysbak uit te leef.
Wees lief vir jou vyande. Doen goed aan die wat jou haat.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

955 Listeners