God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Here, Vul Ons Met U Liefde

    Send us a text

    Psalm 90:13-15 Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees. Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het, soveel jare as dié waarin ons gely het, gee ons soveel jare van blydskap.

    Die lewe het sy lief en leed, sy kinkels in kabels. Party mense glo dat die doel van die lewe is om gelukkig te wees. Maar dit is ongelukkig onvermydelik dat hulle teleurgestel gaan word.

    Ek het anderdag 'n bekende sielkundige op 'n ‘YouTube’-video hoor sê dat lyding 'n onvafwendbare, 'n heeltemal onvermydelike deel van ‘n mens se lewe is. Ek het al vir ‘n lang tyd ook so gedink, dis net dat ek nooit gehoor het dat iemand anders dit so onomwonde stel nie.

    Wil jy ly? Nee, ek ook nie. Nietemin gebeur dit. Party mense ly af en toe, vir ander is dit 'n chroniese toestand. Psalm 90 waarna ons gedurende hierdie week gekyk het, is vol van Moses se wisselende emosies in sy gebed tot God. Dit herinner my nogal aan my eie gebede, en ek raai aan joune ook?

    Psalm 90: 13-15 Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees. Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het, soveel jare as dié waarin ons gely het, gee ons soveel jare van blydskap.

    Moses wil gelukkig wees en die lewe geniet. Is daar iets fout daarmee? Nee. God is immers 'n God wat ons wil seën. Maar kyk na die bron van daardie blydskap en vreugde.

    Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees.

    Die Hebreeuse woord wat hier vir liefde gebruik word, is hesed. Dit beteken standvastige liefde. Die soort liefde wat jou nooit in die steek laat nie. Moses wil so na aan God leef, dat hy tot oorlopens toe gevul is met die standvastige liefde van God. Dit is waar jou ware genot vandaan kom. Enigiets minder as dit werk nie.

    Hesed. Die onwankelbare liefde van God.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Maak Seker Jou Lewe het Betekenis

    Send us a text

    Psalm 90:12  Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.

    Die lewe is kort. Wanneer ons jonk is, dink ons, dat die lewe op hierdie aarde vir ewig sal voortgaan. Maar soos jy ouer word, tref die werklikheid jou en besef jy hoe verkeerd jy eintlik was. Die lewe is kort!

    Vir baie jare het my ma, wat nou al in haar negentigs is, vir my gepreek: "Berni, moenie so hard werk nie. Geniet jou lewe. Eendag sal jy so oud soos ek wees. " Ja, my liewe ou ma is sekerlik reg. Ons moet nie soos idiote net werk en werk nie, want daar is meer aan die lewe as net werk.

    Ek is 'n ‘herstellende werkverslaafde’. Ek het uiteindelik na my ma én my vrou, wat my presies dieselfde gesê het, geluister. Deesdae beplan ek my tyd baie beter. Ek beplan tyd vir rus, tyd vir pret, tyd om met die honde te speel en tyd om my vrou op afsprake uit te neem en ook tyd om sommer rustig by die huis te sit en gesels na ete.

    Maar die teenpool van ‘n werkesel is ‘n luiaard; ‘n persoon wat homself nie wil ooreis nie. Die persoon wat min of geen waarde tot ander mense se lewens byvoeg nie. ‘n Persoon wat die mediawêreld se boodskap oor die eie-ek glo: ‘Ek is die belangrikste persoon – die wêreld draai net om my!’ 
    Iewerster, tussen die twee pole moet daar 'n gesonde balans wees  - 'n ‘werk-lewe balans.’ Dis natuurlik nie 'n nuwe konsep nie. Ons lees hoe Moses al op sy dag tot God gebid het daarvoor in:

    Psalm 90:12 Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.

    Dit lyk vir my of die geheim van wysheid daarin lê om die balans te vind tussen dít wat jy vir ander mense doen en nog steeds tyd te maak vir die eenvoudige dinge in die lewe, soos byvoorbeeld om te rus.

    Wees wys. Jou lewe is kort. Maak ‘n verskil.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Toorn van God

    Send us a text

    Psalm 90:7-11 Ons vergaan onder u toorn, ons gaan te gronde onder u gramskap. U sien ons oortredinge raak, U bring die sondes wat ons wou wegsteek, aan die lig. Onder u toorn vlieg ons dae en skiet ons jare verby soos 'n gedagte. Ons lewe maar sewentig jaar, of, as ons baie sterk is, tagtig, en dié is vol swaarkry en leed. Dit is gou verby, ons vlieg na ons einde toe. Wie ken die krag van u toorn beter as u dienaars? Wie ken u gramskap beter?

    Nou-ja, ek moet bely dat wanneer ek versies uitkies om elke dag met jou te deel, is daar sommiges wat ek liewer sou wou vermy. Hoekom? Omdat party van die dinge wat God vir ons sê, glad nie lekker is om te hoor nie! 

    Vandag is een van daardie dae. Ons het die week afgeskop met 'n gebed van Moses in ‘n paar verse van Psalm 90. Die eerste paar verse is opheffend. Hulle is vol goeie nuus, die soort nuus wat ek en jy geniet om te hoor. Maar kyk wat volg nou:

    Psalm 90: 7-11 Ons vergaan onder u toorn, ons gaan te gronde onder u gramskap. U sien ons oortredinge raak, U bring die sondes wat ons wou wegsteek, aan die lig. Onder u toorn vlieg ons dae en skiet ons jare verby soos 'n gedagte. Ons lewe maar sewentig jaar, of, as ons baie sterk is, tagtig, en dié is vol swaarkry en leed. Dit is gou verby, ons vlieg na ons einde toe. Wie ken die krag van u toorn beter as u dienaars? Wie ken u gramskap beter?

    Ontstellende nuus, nè! God sien al ons sondes, die verborge sondes, die dinge wat ons dink niemand anders kan sien nie. En dit maak Hom kwaad. Om dit nog erger te maak, leef ons net een maal en voordat jy weet, is dit verby. Indien ons die deel oor God se toorn nie mooi verstaan het nie, herhaal Moses dit telkens:

    Wie ken die krag van u toorn... u gramskap? 

    Maar, weet jy, daar is 'n oplossing. Daar is 'n manier om die volle krag van God se toorn te ontkom. Is jy gereed om te luister?

    Laat jou vrees en respek vir God net so groot wees soos sy toorn.

    Dit is sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Benul van Tyd

    Send us a text

    Psalm 90:3-6 U laat die mens sterwe: U sê net: “Word weer stof!” Duisend jaar is vir U soos gister as dit verby is, soos een enkele wagbeurt in die nag. U maak 'n einde aan 'n mens, hy gaan die doodslaap in. Hy is soos gras wat in die môre afgesny word: in die môre is dit nog groen, maar dit word afgesny en teen die aand is dit verlep en dit verdroog.

    Het jy al opgelet hoe dit soms voel asof die tyd vlieg? En ander kere dat minute soos ure voel? Hoe kan dit wees dat tyd, wat 'n absolute konstante is, voel asof dit soms weghardloop en soms stilstaan?

    Tyd is tyd! Dit voel net soms langer of korter, afhangend van wat in ons in die lewens aangaan, of afhangend van ons perspektief of ons verwysingsraamwerk. Ons weet ons lewens op hierdie aarde sal nie vir ewig duur nie, maar tog tree ons, veral as ons jonk is,  op asof dit sal.

    Maar wanneer jy in jou sestiger- en sewentigerjare kom, begin jy anders dink. Die onvermydelikheid van die einde begin baie vinniger naderkom as wat jy gedink het. Ja-nee, ons het 'n baie snaakse verhouding met tyd. 

    Hier is hoe Moses dit in sy gebed aan God gestel het in:

    Psalm 90: 3-6 U laat die mens sterwe: U sê net: “Word weer stof!” Duisend jaar is vir U soos gister as dit verby is, soos een enkele wagbeurt in die nag. U maak 'n einde aan 'n mens, hy gaan die doodslaap in. Hy is soos gras wat in die môre afgesny word: in die môre is dit nog groen, maar dit word afgesny en teen die aand is dit verlep en dit verdroog.

    Met ander woorde, terwyl ons dit nie so sien nie, is ons lewens op hierdie aarde vlugtig. Vanuit God se perspektief voel 'n duisend jaar soos 'n dag. Hoekom kan God so voel?

    God het ‘n ewigheidsperspektief  - sonder begin of einde. Hy sien alles wat in ons lewens aangaan uit sy perspektief. En dit is die regte perspektief, omdat my lewe en jou lewe hier op aarde, die jare wat ons lewe; die dinge waaroor ons spyt kry; die dinge waarmee ons sukkel; dit is alles minder as 'n druppel in die groot oseaan, in vergelyking met die ewigheid wat ons saam met Hom in sy teenwoordigheid gaan deurbring. Dit is goeie nuus. Baie goeie nuus.

    En dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Ewige Tuiste

    Send us a text

    Psalm 90:1,2 Here, U was vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore is, voordat U die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God!

    Veiligheid en sekuriteit is basiese menslike behoeftes. Ons almal begeer dit, maar dit is deesdae skaarser as hoendertande. En dit maak ons lewe ongemaklik en onseker.

    Het jy al ooit gewonder hoekom daar slotte aan jou deure is? Die antwoord is voor die hand liggend. Dit is om die slegte ouens uit te hou en om ons snags veilig en gerus in ons huise te laat slaap.

    Dit is ongelukkig die realiteit dat sommige mense – veral vrouens en kinders - nie meer hulle huise as plekke van veiligheid of sekuriteit beleef nie. Ander mense leef weer in die onrus en vrees wat veroorsaak word deur dinge wat in hul lewens aangaan. Dit is daarom slim om ons perspektief effe te verbreed en om die fokus van ons eie probleme weg te neem en op die groter prentjie te fokus.

    Psalm 90: 1,2 Here, U was vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore is, voordat U die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God!

    Kyk wat sê Moses, die skrywer van hierdie Psalm: Selfs voor die massiewe berge gevorm is, selfs voor die wêreld gemaak is, was God alreeds ons God. God was jou God. God is jou skuilplek, die plek van uiteindelike veiligheid en sekuriteit.

    My vriend, laat Hy jou basiese menslike behoeftes bevredig wanneer hulle aangetas word. Gaan rus by Hom. Hy is groter as die berge, groter as die aarde, groter as die heelal. Dit is wie jou God is. En sy hart is oop vir jou. Sy Hart het ‘n plek net vir jou. 'n Plek vir jou waar jy altyd sekuriteit en veiligheid sal hê.

    God is jou God. Hy was dit altyd, Hy sal altyd jou God wees.

    Dit is sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Hoe Leef Ons As Geredde Mense?

    Send us a text

    Efesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

    Die afgelope paar dae het ons gepraat oor wat dit beteken om gered te word deur God se genade en deur geloof in Jesus. Dit is regtig baie belangrike dinge. Maar wat dan? Hoe leef ons nou?

    Dit is belangrike vrae om te vra. Regtig belangrik! Wat my diep bekommerd laat voel, is die mense wat 'n oppervlakkige geloof het. Mense wat dink dat hulle gered is, maar wat 'n ontsaglike skok gaan kry op die dag wat hulle voor die troon van God moet staan.

    Die enigste weg na die Vader is deur geloof in Jesus, sy Seun. Dis dit! Maar hoe lyk daardie geloof? Is dit 'n eenmalige ding? Ja-wat. Ek glo. Tik dit af op my lysie en gaan aan met die lekker lewe? Nee my vriend! Dit is glad nie wat God se Woord sê nie.

    Hierdie vers volg op die verse oor redding waarna ons hierdie week gekyk het:

    Efesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

    God het jou geskep en gered, want Hy het 'n paar goeie werke wat spesiaal op jou wag. Watter soort werke? Goeie werke. Nie die ou verkeerde dinge, die gemors waarmee ons besig was voordat ons op Jesus vertrou het nie. Nee, goeie werke. Met ander woorde, daar is 'n splinternuwe lewe wat op ons wag.

    En as ons lewe nie radikaal verander het nie, en as ons lewe nie van goeie werke getuig nie, beteken ons geloof niks nie. Elders sê Jesus in:

    Matteus 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.

    Moenie 'n fout maak nie. Geloof in Jesus is NIE 'n eenmalige regmerkie op jou lysie nie. Dit is 'n veranderde lewe. Moenie  op die oordeelsdag ‘n geweldige skok kry nie.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Omdat Jy Geglo Het

    Send us a text

    Efesiërs 2:8,9 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.

    As dit kom by die ewigheid wat ons saam met God gaan deurbring, is God se genade en barmhartigheid, waarvan ons nou al ‘n paar dae praat, nie genoeg nie? Kom nou Berni, jy’s nie ernstig nie? Dit ís mos genoeg!! Wel, nee, dit is nie. Daar is nog ‘n aspek wat baie belangrik is.

    Kom ons wees prakties. Die feit dat ek verlief was op Jacqui, wat nou my vrou is, het haar nie outomaties my vrou gemaak nie. Ek moes haar vra om te trou en die ander deel van die groot liefdes-transaksie was dat sy ‘ja’ moes sê. Ons huweliksverbond is geldig omdat ons albei ‘ja’ gesê het en ons daagliks vir mekaar steeds ‘ja’ sê.

    Die feit dat die genade en barmhartigheid van God vir almal van ons aangebied word; vir elke man, vrou en kind op hierdie planeet, is nie genoeg nie. Baie mense is nog steeds op pad na 'n ewigheid sonder Christus.

    In Efesiërs 2: 8,9 staan: Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. 

    Waarom is ons uit genade gered? Omdat ons geglo het. Nee, ons het onsself nie gered nie; net so min as wat my vrou haarself kon vra om te trou. Maar slegs as ons deur geloof reageer op God se aanbod van sy genade en barmhartigheid in Christus, en ‘ja’ sê, dan word ons gered.

    Hy het klaar die moeilike deel van hierdie transaksie nagekom. Hy het dit gedoen deur die dood en opstanding van Jesus. Ons deel is net om ‘ja’ te sê. Ons moet in geloof na Hom toe kom en met ons hele hart glo. Ons moet ons lewe in Jesus se hande plaas, sodat ons uit genade gered kan word, deur alles wat Hy vir ons gedoen het.

    Het jy al ‘ja’ gesê? Glo jy regtig?

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Goedheid van God

    Send us a text

    Efesiërs 2:7 sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het.

    Hoekom? Waarom het God jou gekies? Hoekom het Hy jou so jammer gekry dat Hy sy Seun gestuur het, sodat jy gered kan word van die ewige dood? Het jy al ooit gewonder waarom? Hoekom ek? 

    Jy is een van die uitverkorenes as jy opreg in Jesus glo. As jy glo dat Hy die Seun van God is, dat Hy gesterf het om vir jou sondes te betaal en dat Hy weer opgestaan het om jou 'n nuwe lewe te gee. Jy is uitverkies as jy jou hele lewe in Sy hande gegee het. Kom ons kyk na ‘n paar verse waaroor ons die afgelope paar dae gesels het:

    Efesiërs 2: 4-6 Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee,

    Is dit nie wonderlik nie? Dis versies wat ons weer en weer moet lees. Dink net daar’s 'n ewigheid voor ons, deur dit wat Jesus vir ons gedoen het. Laat dit insink. Hoekom het Hy dit gedoen? Hoekom ek? Hoekom jy?

    Efesiërs 2: 7 sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het.

    Sien jy nou? Sodat sy genade vir alle mense sigbaar sal wees. Sodat mense sal weet wie Hy is, wanneer hulle sien wat Hy in ons lewens gedoen het.

    Kom laat ons lewens lei wat sy goedheid en die rykdom van sy genade weerspieël, sodat dit mense wat Hom nog nie ken nie, sal aantrek.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Uit Die Dood Opgewek

    Send us a text

    Efesiërs 2:6 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee,

    Dink jy ooit aan die hemel? Dink jy aan die ewigheid, wat jy as gevolg van wat Jesus vir jou gedoen het, in God se teenwoordigheid gaan deurbring? Hoe dikwels?

    Die natuurlikste ding ter wêreld is om te konsentreer op die dinge van hierdie wêreld; op die hede, op die dinge wat ons aandag daagliks verg - die goeie, die slegte en ook die lelike.

    Moet my nie verkeerd verstaan nie; fokus is 'n goeie ding as jy op die regte dinge fokus. Maar hoe enger jou perspektief word, hoe meer mis jy die glorieryke werklikheid van wie jy is, waar jy woon en waarheen jy op pad is.

    Kyk wat staan in Efesiërs 2: 6 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee,

    Iets gebeur as ons ons vertroue in Jesus stel; as ons ons lewe in sy hande plaas. En dit is presies wat ons doen. Hy het ons uit die dood opgewek ... die dood wat ons vir ons sonde sou moes betaal. Hy het ons gered van die verskriklike dood wat ons besig was om te sterf as gevolg van ons verskriklike sonde. 

    Maar het jy die tweede deel van die versie verstaan? Hy het ons reeds saam met Jesus, in die hemel laat sit. Met ander woorde, ons ewigheid saam met Christus het reeds begin.

    Dit is hoe ons daagliks hier op aarde leef, terwyl ons met ons gewone lewens aangaan. Jesus het reeds vir jou en vir my 'n plek saam met Hom in die hemel voorberei.

    Dis goed om gefokus te wees, maar moenie die fokus op die belangrikste werklikheid verloor nie. Onthou jy is uit genade gered en sit alreeds saam met Jesus in die hemel.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Uit Genade Gered

    Send us a text

    Efesiërs 2:4,5 Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!

    Dink aan die mees liefdevolle persoon in jou lewe. En as jy net een ding vir daardie persoon kan sê, wat sal dit wees?

    Ons Christene hou baie daarvan om oor God se genade en sy barmhartigheid te praat. Ons sing liedjies daaroor, ons hoor preke daaroor ... en ek wonder of die ware betekenis van die twee woorde, barmhartigheid en genade werklik tot ons deurdring al gebruik ons hulle so lukraak. Weet jy, dis maklik om blasé oor God se barmhartigheid en genade te raak, om hulle waarde te onderskat, omdat ons hulle so baie gehoor het en so gereeld oor hulle gesing het. Ons lees in:

    Efesiërs 2: 4,5 Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!

    Maar weet jy, dit is eers wanneer ek besef dat dit ‘n geestelike dood is, waarvan Hy my gered het, dat dit vir my ‘n wonderlike  werklikheid word. Dis die geestelike dood wat my toekom, omdat ek teen Hom in opstand gekom het, omdat ek sy liefde vir my verwerp het en my eie gang gegaan het. Wat van jou?

    Uit sy barmhartigheid; sy oorvloedige barmhartigheid, het Hy ons verlos van die dood. Hy het ons 'n nuwe lewe in Christus; wat gely het, gesterf en opgestaan het, gegee. 

    Dink weer aan die gesig van die mees liefdevolle persoon in jou lewe. Sulke mense is eenvoudig fantasties, nie waar nie?

    Maar niks kan ooit vergelyk met God se groot barmhartigheid, die onpeilbare diepte van sy liefde en die bloed-deurdrenkte genade waardeur Hy ons gered het nie. Nee, niks kan daarmee vergelyk nie! Dink net daaraan!

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

955 Listeners