God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Leer Lesse uit die Verlede

    Send us a text

    2 Johannes 1:9 Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie. Wie in dié leer bly, erken sowel die Vader as die Seun.

    Wat my regtig mal maak, is dat die dinge wat my ouers my vertel het toe ek 'n tiener was - die dinge waarvoor ek my oë gerol het - ja, jy’t reggeraai! Hulle was toe al die tyd reg! 

    Frustreer dit jou nie ook nie? Ek onthou dat ek as tiener gedink het: 'Wat weet hulle? Hulle is outyds!” Het jy nie ook, toe jy ouer word en die lief en die leed van die lewe ervaar, besef dat die dinge wat ma en pa jou probeer leer het, tog vir jou eie beswil was nie?

    Baie mense beweer vandag dat hulle Christene is. Hoewel hulle die Christus-naam vir hulself opeis, leef hulle as geestelik en emosioneel opstandige tieners. Hulle lees die Bybels en roep uit: ‘Wat weet God? Al die goed is outyds.’ En baie van wat Hy sê oor hoe ons moet lewe, hoe ons moet liefhê en hoe ons Jesus moet volg, is outyds! Luister mooi, vandag is hier 'n waarskuwing in:

    2 Johannes 1: 9 Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie. Wie in dié leer bly, erken sowel die Vader as die Seun.

    Jy stem dalk nie oor alles wat God sê, saam nie, maar die Bybel is nie ‘Facebook’ waarop jy die ‘like’-knoppie klik en jou verregaande opinies kan plaas nie. Dit is beslis nie so nie.

    Jy gehoorsaam die leer van Christus, met ander woorde jy leef daarvolgens, vertrou daarop, jy leer daardeur, of jy gehoorsaam dit nie. En weet jy, as ek terugkyk na my lewe, is die enigste tye wat dinge skeefgeloop het, die tye toe ek soos 'n onvolwasse tiener besluit het dat ek beter as God weet.

    Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie.

     Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Word Bevry

    Send us a text

    Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

    Ons het gister gepraat oor hoe ons moet ophou met ons gewoonte-sondes; oor hoe om ons daarvan te bekeer deur die regte ding, in plaas van die verkeerde ding oor en oor, te doen. Die enigste probleem daarmee is dat dit nie maklik is nie. O nee, dis nie.

    Ek was ‘n strawwe roker van so drie pakkies sigarette per dag. Ek kan jou dus uit ervaring vertel dat slegte gewoontes moeilik is om te verbreek. Net soos met die nikotien-verslawing, klou ons daaraan vas, al weet ons die gewoontes besig is om ons dood te maak.

    Ons wil dikwels nie gewoontes soos oneerlikheid, seksuele immoraliteit, woede, jaloesie en trots laat gaan nie. Dit lyk asof hulle vasklou aan ons. Dit is soos om in 'n dwangbaadjie te wees waaruit die gevangene nie kan loskom nie. Nou-ja, wat is die antwoord? Hoe kan ons ontslae raak van ons slegte gewoontes?

    Romeine 12: 2 sê: Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

    Dit blyk dat God in die transformasie-bedryf besig is. Die oorspronklike Griekse woord metamorphoo vertaal ons as om ons denke te vernuwe. Paulus beskryf dit as die manier waarop ons ‘n diepe, kragtige metamorfose ons eie kan maak. So sal ons deur die beproewinge van die lewe, dít wat vir God goed, aanneemlik en volmaak is, kan bereik.

    Ek weet nie van jou nie, maar wanneer ek God se Woord in my hart ontvang, is dit soos 'n spieël vir my siel. Die Heilige Gees skyn sy lig in die donker plekke en dan vind wonderbaarlike dinge plaas. Dit gee my die kans gee om te doen wat Hy my gewys het om te doen.

    Moenie 'n fout maak nie. God is besig met ‘n transformasie proses.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Perfekte Definisie van Kranksinnigheid

    Send us a text

    Johannes 8:10,11 Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?”“Niemand nie, Here,” sê sy.Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

    Jy weet tog wat hulle sê: die definisie van kranksinnigheid is om dieselfde ding oor en oor te doen, en 'n ander resultaat te verwag. Dis nou malligheid, nè?

    Jy sal verbaas wees hoe dikwels ons presies dít doen, al weet ons dit werk nie. Hoekom doen ons dit, al weet ons dis gek? Omdat ons vasgevang is in 'n patroon van slegte gedrag. Ons noem dit 'n stimulus-reaksie-siklus, waar iets ons vinnig laat reageer en waar ons dan sonder om te dink, op dieselfde belaglike, afbrekende manier as van te vore, reageer.

    Ag nee wat, ons moet die siklus breek! Die Bybel het 'n woord daarvoor. Dit word ‘bekering’ genoem. Is dit ‘n effens outydse woord? Is dit vandag nog relevant? En as dit is, wat beteken dit?

    Jy onthou seker die verhaal van die vrou wat op heter daad betrap is waar sy owerspel gepleeg het? Hulle wou haar stenig, maar Jesus het vir haar beskuldigers gesê: “Laat die een van julle wat ‘n skoon gewete het, eerste ‘n klip op haar gooi.” 

    Toe hulle dit hoor, stap hulle een vir een skaam weg, want hulle  het geweet dat hulle almal op een of ander manier skuldig was aan die een of ander sonde.

    Johannes 8: 10,11 Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?”

             “Niemand nie, Here,” sê sy.

             Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

    Sien jy Jesus se reaksie bestaan uit twee dele? Ja, Jesus het haar vergewe. Hy sê: Ek doen dit ook nie. Dit word genade genoem; die onverdiende guns en vergifnis van God. Maar daar is 'n tweede deel - Hy sê ook: Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

    Die tweede deel word bekering genoem. Dit is hierdie radikale idee dat jy nie steeds dieselfde ding kan doen en dan 'n ander resultaat kan verwag nie.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Moenie in die Verlede Leef Nie

    Send us a text

    Jesaja 43:18,19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad. Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.

    Of die afgelope jaar 'n wonderlike jaar, 'n gewone jaar of 'n verskriklike jaar was; die feit bly staan dis amper verby. Dit is ‘n jaar wat jy nooit weer sal terugkry nie. Wel, dis die teorie . . .

    Ek ken baie mense wat graag in die verlede leef. Hulle staan stil by óf “die goeie ou dae” toe dinge soveel beter was, óf klou vas aan hul mislukkings, hul seer, hul verliese. 

    Wat van jou? Is jy gereed om die afgelope jaar te laat gaan, of is jy van plan om dit tot in die verre toekoms in jou kop en jou hart te herleef?

    Nou ja, daar is niks verkeerd daarmee om goeie herinneringe te bewaar nie, of om toe te laat dat ons foute en verliese ons lesse leer, ons harte versag en ons insig gee nie. Maar daar is iewers 'n grens, 'n grens wat al te veel mense te maklik oorsteek. Hulle leef net in die verlede en wil nooit die verlede laat gaan nie.

    Maar terwyl hierdie nuwe jaar voor ons lê, voel ek dat God iets nuuts beplan. Miskien iets radikaal nuuts, miskien nie, maar tog beslis iets nuuts vir jou.

    Die idee dat God iets nuuts doen, kan terselfdertyd opwindend en angswekkend wees. Miskien behoort ons vas te hou aan die bekende? Miskien is dit veiliger om in die verlede te leef as om 'n onsekere toekoms in die gesig te staar?

    Maar weet jy, miskien het God 'n wonderlike plan vir jou, 'n plan wat Hy wil hê jy diep in jou hart moet bewaar. Kyk wat staan in:

    Jesaja 43: 18,19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad. Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Jou Lei is Skoon Gevee

    Send us a text

    1 Johannes 1:8,9 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid

    Kersfees is verby, nè? Baie ouens herstel nog van die feesvieringe. Dis gesinstyd vir ander. En vir die meeste van ons, op een of ander manier, ‘n tyd van nadenke. 

    Dit is snaaks hoe ons hierdie tyd van die jaar, in hierdie blaaskansie tussen Kersfees en Nuwe Jaar, ons gedagtes laat teruggaan oor die jaar wat verby is en beplan vir die jaar wat voorlê. Kom ons gesels oor die jaar wat verby is. Was dit ‘n goeie of ‘n slegte of selfs ‘n lelike jaar? Was dit ‘n jaar wat jy wil vier, of waaroor jy wil treur?

    Wat ook al jou antwoord, een ding is seker. Daar is stukkies daarvan wat jy eerder wil vergeet. Seker maar daardie stukkies waar jy gefaal het. Stukkies waarin jy vir jouself, jou geliefdes en ja, ook vir God teleurgestel het.

    Dit is seker waarom ons so entoesiasties is oor die koms van 'n nuwe jaar. Dit is die kans om oor te begin. Maar, my vriend, as ons voortgaan op die ou trant en ons skuldig maak aan dieselfde ou sondes, en as die gevolge daarvan nog steeds ons lewens verteer, is die afmerk van die kalender redelik betekenisloos, nie waar nie?

    Daarom is dit belangrik om jou lei skoon te vee. Kyk wat staan in:

    1 Johannes 1:8,9 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

    Kom ons maak erns met die saak. Wanneer ons met ‘n opregte hart ons sonde bely, beloof God om ons sonde te vergewe, maar ook -  en dis belangrik - om ons van ons ongeregtigheid te reinig. Ons lei kan inderdaad deur ons geloof in Jesus skoongevee word. Moenie volgende jaar ingaan sonder om jou sonde agter te laat nie. Bely dit voor God, vertrou op Christus en Hy sal jou reinig. Hy sal jou lei skoonvee.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Goedkoop Namaaksel van Kersfees

    Send us a text

    2 Korintiërs 4:3,4 As die evangelie wat ons verkondig, tog nog met 'n sluier bedek is, is dit bedek net vir dié wat verlore gaan. Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is.

    Vandag sal kinders dwarsoor die wêreld 'n glas melk en ‘n paar koekies vir Kersvader regsit, met die hoop dat hy oornag geskenke onder die boom sal neersit.

    Ag tog! Dit is miskien pret, maar jy kan jou nie 'n tradisie voorstel wat (a) orals oor die hele wêreld voorkom en (b) verder van die waarheid verwyder is as dit waaroor kersviering werklik gaan nie.

    Ons doen die vreemdste dinge, ons mense. Ons neem die wonderlikste geskenk van God aan die hele mensdom; sy Seun wat ons van ons sondes kom red, en ons verander dit in 'n goedkoop namaaksel; 'n viering wat vir baie gesinne 'n groter las as 'n viering is.

    Ons verruil diamante vir klippe. Ons ignoreer die wonderlike erns van Kersfees. Waarom doen ons dit keer op keer?

    2 Korintiërs 4: 3,4 As die evangelie wat ons verkondig, tog nog met 'n sluier bedek is, is dit bedek net vir dié wat verlore gaan. Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is.

    Die rede waarom die samelewing die wonderlike waarheid van Kersfees afgewater en verdraai het, is omdat hulle nie die lig gesien het nie; omdat hulle Jesus nie ken nie; omdat die idee dat Hy is, wie Hy sê Hy is, te konfronterend is. 

    Dit is die rede waarom Kersfees gaan oor versiersels en bome, flikkerligte en Vader Kersfees, in plaas van Christus self. Is daar werklik iets verkeerd hiermee? Waarskynlik nie, maar as dít is wat Kersfees vir ons beteken, dan het ons die bal heeltemal misgeslaan.

    Kersfees gaan alles oor Jesus, wat vir jou na hierdie aarde gestuur is.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wanneer Dit Reën

    Send us a text

    Matteus 1:18-21 Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus.Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal ‘n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”

    Toe ek vanoggend vroeg in my studeerkamer sit en hierdie boodskap voorberei, sien ek deur my venster hoe dit reën. Dit het my laat dink.

    Wanneer jy by die voordeur uitstap en ‘n koue wind waai terwyl die reën neersak ... is dit nie glad nie lekker nie, nè?

    Nee, ons hou van sonskyndae. Ons verkies die maklike lewe. As ons eerlik wil wees, wil ons alles op ‘n goue skinkbord kry. Maar die lewe is nie so eenvoudig nie. En weet jy dat dit ook nie daardie eerste “Kersfees” maklik was nie? (Nou nie dat dit destyds Kersfees genoem is nie.)

    Matteus 1:18-21 Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus. 

    Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal ‘n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”

    Miskien is die omstandighede hierdie Kersfees, ver van ideaal. Dit lyk asof ander mense ‘n wonderlike tyd ervaar, en jy wonder waaroor hierdie Kersfees gaan?

    Dit gaan hier oor God se liefde vir jou, wat so groot is, dat Hy te midde van omstandighede wat alles behalwe ideaal was, sy Seun, Jesus gestuur het, om jou van jou sonde te red.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Het Jy Jou Geskenke Gereed?

    Send us a text

    Jakobus 1:17 Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.

    As jy eerlik wil wees, is die tradisie om geskenke onder die kersboom te sit, 'n vreemde manier om die geboorte van Jesus te herdenk. Regtig vreemd.

    Ons het dit almal gedoen, nie waar nie? Ons het ook al in die dae voor Kersfees rondgeskarrel om geskenke te koop. En dan was daar altyd sekere mense vir wie jy gesukkel het om die regte geskenk voor uit te kies. Dit was gewoonlik 'n man. Dis soveel makliker om iets vir ‘n vrou te koop, nè? 

    Hoekom dink ons nie daaraan om te vra hoekom ons dit doen nie? Waarom vier ons Kersfees deur die koop van geskenke waarop ons dikwels geld spandeer op dinge wat die mense vir wie ons dit koop, nie nodig het nie, en waarvoor ons dikwels nie die geld het nie?

    Die rede is dat ons die grootste geskenk wat ooit aan die mensdom gegee is, vier: Jesus, die Seun van God, wat vir ons gegee is, sodat ons kan lewe. 

    Jakobus 1:17 Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.

    Dis nou nie 'n vers wat ons tradisioneel met Kersfees sal assosieer nie, maar wat my hieraan laat dink het, is die feit dat God nooit verander nie. Hy is altyd dieselfde. Hy het die hele skepping aan ons gegee, sodat ons daaroor kan heers. Ongelukkig hoef jy nie baie ver te kyk om te sien hoe ons dit verwoes het nie.

    Ons het ons rug op hierdie vrygewige God gedraai, en toe stuur Hy sy Seun, Jesus, om ons te red. Die grootste geskenk wat ooit aan die mensdom gegee is. Die grootste geskenk wat ooit aan ons gegee is.

    Dink aan Jesus wanneer jy die geskenke onder die boom oopmaak. 

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Nederige Koning

    Send us a text

    Sagaria 9:9 Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is 'n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op 'n donkie, op die hingsvul van 'n donkie.

    Alhoewel 'vryheid' nie 'n woord is wat ons gewoonlik met Kersfees assosieer nie, vorm dit die kern van die Kersverhaal.

    God se uitverkore volk het op die stadium toe Jesus gebore is, al vergeet hoe dit voel om ‘n goeie koning te hê.

    Ons kan vandag baie lekker mor en kla oor ons regering, maar die arme Israeliete was toe Jesus gebore is, al vir eeue lank onder die tirannieke Romeinse bewind. Om dit erger te maak was koning Herodes wat oor Judea geheers het, ‘n bondgenoot van die Romeine.

    Maar kyk wat het die profeet Sagaria reeds eeue tevore oor die koms van 'n ander koning voorspel:

    Sagaria 9: 9 Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is 'n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op 'n donkie, op die hingsvul van 'n donkie.

    Jesus was inderdaad 'n heel ander soort koning vir Israel. Hy was 'n goeie koning, 'n nederige koning. Hy is nie net in 'n nederige stal in Bethlehem gebore nie, maar Hy het drie dekades later, op pad na die Kruis, op 'n donkie gery, wat simboliseer dat Hy nederig en in vrede die stad binnekom.

    Wanneer ons Hom die Koning en die Here van ons lewe maak, dan ontdek ons vryheid. Vryheid van die tirannieke heerskappy van ons sonde. Vryheid van die leuens van hierdie wêreld. Vryheid om te wees wie Hy ons gemaak het deur die oorwinning wat Hy behaal het.

    Jesus, die goeie Koning, die nederige Koning. Hy het gekom om jou vry te maak.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Verlang Jy na Geliefdes?

    Send us a text

    Psalm 27:10 Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem.

    Soos ons hierdie Kersweek binnegaan, sien sommige mense uit na 'n wonderlike familiebyeenkoms. Ander, nie. 

    Vandag sou my suster se vyf-en-sestigste verjaardag gewees het. Sy is net meer as twee jaar gelede aan velkanker oorlede, nadat sy die grootste deel van haar lewe vreeslik gely het aan skisofrenie.

    Vir my en my negentigjarige ma, is vandag, as ons aan Cori terugdink en haar vreeslik mis, 'n treurige dag. En wanneer ons as gesin Kersfees vier, is daar hartseer, omdat haar plekkie aan die tafel leeg is.

    Daar is baie ander mense wat ook in hierdie tyd ‘n gemis voel. Miskien is dit die dood van 'n geliefde, of 'n gebroke gesin. Vir sommige hou dit 'n groot eensaamheid in, omdat hulle Kersfees alleen moet deurbring. As jy hierdie emosies ervaar, wil ek vandag hierdie Woord met jou deel:

    Psalm 27:10 Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem.

    Daar is min dinge wat so erg kan wees as om deur jou ouers verlaat te word. Maar die psalmis weet dat al verlaat sy ouers hom, sal die Here hom altyd nog versorg.

    Jesus verstaan dit. Terwyl Hy daar aan die Kruis gehang het, is hy deur almal verlaat; deur sy familie, deur sy vriende - Hy is selfs van sy Vader in die hemel verlaat, omdat my en jou sonde ‘n skeidsmuur tussen hulle gevorm het. 

    Jesus, die Jesus wat vir jou gely het, die Jesus wie se geboorte ons oor 'n paar dae sal herdenk - daardie einste Jesus is die Here wat by jou sal wees, al is die spesiale mense nie meer by jou nie.

    Jou Jesus is.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

955 Listeners