God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Hoe Gefokus is Jy?

    Send us a text

    Johannes 4:31-34 Intussen het sy dissipels by Hom aangedring: “Rabbi, eet tog 'n stukkie. ”Maar Hy sê vir hulle: “Ek het voedsel om te eet waarvan julle nie weet nie.” Die dissipels sê toe vir mekaar: “Sou iemand dalk vir Hom iets te ete gebring het?” Maar Jesus het vir hulle gesê: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi..”

    Hier is vandag vir jou 'n vraag: Waarom, het God jou op hierdie aarde agtergelaat? Ek bedoel, as Hy jou so liefhet soos Hy sê Hy het, sou Hy jou nie net huis toe roep, sodat jy van aangesig tot aangesig by Hom kan wees nie? 

    Hm. Interessante vraag. Waarom loop jy in jou eie kampie rond en doen die dinge wat jy doen?

    Dit lyk vir my asof dit vir ons maklik is om ons fokus op God se raadsplan te verloor, terwyl ons lewe, eet, slaap ... ons menslike begeertes bevredig. Ons is net hier. Ons word wakker, klim uit die bed, trek aan, gaan elke dag aan met die lewe en val dan saans terug in die bed. Dis dit.

    Ons het hierdie week gesels oor die Samaritaanse vrou by die put en Jesus se bereidheid om haar, ondanks al die kulturele grense, ondanks sy moegheid, dors en honger, te bedien.

    Johannes 4: 31-34 Intussen het sy dissipels by Hom aangedring: “Rabbi, eet tog 'n stukkie. ”

    Maar Hy sê vir hulle: “Ek het voedsel om te eet waarvan julle nie weet nie.” 

    Die dissipels sê toe vir mekaar: “Sou iemand dalk vir Hom iets te ete gebring het?” 

    Maar Jesus het vir hulle gesê: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.”

    Natuurlik sou hy uiteindelik moes eet. Hy wou hulle leer dat die ding wat Hom dryf; wat hom opgewonde maak; wat Hom laat volhard, is om die werk te voltooi wat sy Vader vir Hom gegee om te doen.

    Watter werk het God jou gegee om te doen? Gebruik jy jou  godgegewe gawes en hulpbronne om sy koninkryk op aarde te laat kom? Wees opgewonde, wees gereed, want dis waarom Hy jou hier agtergelaat het om die werk wat Hy vir jou gegee het, te voltooi.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Maak Jou Hart Groter Oop

    Send us a text

    Johannes 4:39-42 Baie van die Samaritane in daardie dorp het tot geloof in Jesus gekom op grond van die woorde van die vrou wat getuig het: “Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.” Toe die Samaritane by Hom kom, het hulle by Hom daarop aangedring om by hulle te bly. Hy het twee dae daar gebly. Nog baie meer van hulle het toe tot geloof in Hom gekom op grond van wat Hy gesê het; en hulle het vir die vrou gesê: “Ons glo nie meer op grond van wat jy vertel het nie, want ons het self na Hom geluister, en ons weet dat Hy waarlik die Verlosser van die wêreld is.”

    Die afgelope paar dae het ons gesels oor die bereidheid van 'n moeë, honger Jesus om oor die kulturele kloof tussen Jode en Samaritane te stap en om God se liefde met hierdie vrou by die put te deel.

    Ek weet nie van jou nie, maar ek vind dit baie maklik om myself fisies, sowel as emosioneel, te onttrek van mense wanneer hulle van my verskil. Dit is baie veiliger om onsself in ons eie ruimte te omring met diegene wat met ons saamstem, as om uit te reik na die ‘sondaars’ daar buite. Is dit nie waar nie?

    En tog het Jesus se bereidwilligheid om verskeie kulturele grense oor te steek deur met die vrou by die put te praat, baie meer vrug opgelewer. Ons sien in: 

    Johannes 4: 39 - 42 Baie van die Samaritane in daardie dorp het tot geloof in Jesus gekom op grond van die woorde van die vrou wat getuig het: “Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.” Toe die Samaritane by Hom kom, het hulle by Hom daarop aangedring om by hulle te bly. Hy het twee dae daar gebly. Nog baie meer van hulle het toe tot geloof in Hom gekom op grond van wat Hy gesê het; en hulle het vir die vrou gesê: “Ons glo nie meer op grond van wat jy vertel het nie, want ons het self na Hom geluister, en ons weet dat Hy waarlik die Verlosser van die wêreld is.” 

    Ja, ek weet, ons kan die veilige ding doen en knus in ons eie kringetjie bly, maar weet jy, ons sal nooit die groot - groot – impak, wat God deur ons wou bereik, maak nie. Aan die anderkant kan ons kwesbaar word, ons harte oopmaak - al is ons moeg, dors en honger. Dan sal ons die Gees van God sien beweeg op wonderbaarlike maniere wat ons ons nooit sou kon voorstel nie.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Kultuur-oorloë

    Send us a text

    Johannes 4:7-10 Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.” Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop. Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat 'n Jood is, vir my, 'n Samaritaanse vrou, water om te drink?” Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie. Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My 'n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.”

    Wat my baie ontstel oor die Christene van die 21ste eeu, is dat hulle so behep geraak het met etnisiteit en kultuur-oorloë, in plaas daarvan om mense met die liefde van God in Jesus Christus te dien.

    Of dit nou politieke ideologieë, geslagspolitiek, vryheid van spraak, of wat ook al is, ons Christene het maniere gevind om ons oortuigings te verdedig. Ons sal ander mense met ongekende woede vertel hoe verkeerd hulle is .... En nou praat ek nie net van “die kerk” nie, maar ook van ons; van my en jou, nie waar nie?

    Nou-ja, hierdie kwessies behoort wel in die openbaar bespreek te word. Maar is ons gereed om hierdie kloof met die liefde van Jesus Christus, vir elke persoon op hierdie planeet, te oorbrug, terwyl ons besig is om oor kultuur te stry? 

    Jode en Samaritane het mekaar met 'n passie gehaat. Hulle het dieselfde God aanbid, maar op verskillende maniere en op verskillende plekke. Die twee groepe was etnies verdeeld. En boonop het Jesus toe die kulturele reëls van die eerste eeu oortree deur alleen met 'n vrou te praat...

    Johannes 4: 7-10 Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.” Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop. 

    Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat 'n Jood is, vir my, 'n Samaritaanse vrou, water om te drink?” Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie. 

    Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My 'n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.”

    Hm. As hierdie vreemde vrou vir Jesus aanvaarbaar was, wie is ons om te diskrimineer teen ander?

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Moeg en Dors

    Send us a text

    Johannes 4:6-8 Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag.

    Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.” Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop.

    Stel jouself hierdie situasie voor: Jy is op reis. Jy is dors, jy is moeg en al wat jy wil doen, is rus. En dan kom God met nog een van sy goddelike afsprake. Fantasties! Jy het dit regtig nie nou nodig nie, nè?

    Ek onthou dat ek in 2016 in Rwanda was. Ek was pas klaar met twee volle dae se opleiding vir ongeveer veertig radio- en televisiestasies van dwarsoor Afrika. Ek was uitgeput. Al wat ek wou doen, was om stilweg na my kamer te sluip, in 'n bolletjie op te rol en te slaap. Maar nee! Joseph, ons Afrika-direkteur, het 'n ete gereël by 'n jong Rwandese vrou, Brenda, wat hy die vorige jaar op 'n konferensie in Indonesië ontmoet het, se ouers.

    Klink dit ingewikkeld? Dit was. En ek was, om die minste te sê, ontsteld, toe ons die aand byna 'n uur lank op pad na hulle huis in Kigali, agter-in 'n vierwielaangedrewe voertuig oor berge en dale rond geskud was. Wat daarna gevolg het, was een van die geseëndste tye van bediening, wat ek nog ooit beleef het.

    Om 'n lang storie kort te knip, die jong vrou, Brenda, is nou 'n belangrike deel van ons bediening in Afrika. God het wonderlike dinge deur haar gedoen en Hy sal ongetwyfeld aanhou om dit te doen. Goddelike afsprake is nie altyd gerieflik nie.

    Kom ons kyk weer na:

    Johannes 4: 6 tot 8 Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag. Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.” Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop. 

    Jesus was moeg, Hy was dors en Hy was honger. Maar sy Vader in die hemel het 'n goddelike afspraak gehad wat op Hom wag.

    Goddelike afsprake is nie altyd gerieflik nie!

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Goddelike Afsprake

    Send us a text

    Johannes 4:3-8 Toe Jesus dit verneem, het Hy Judea verlaat en weer na Galilea toe gegaan. Hy moes deur Samaria gaan. Hy kom toe by 'n dorp in Samaria met die naam Sigar, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het. Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag. Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.” Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop.

    Daar is tye in die lewe wanneer jy ontdek dat gewone, alledaagse gebeurtenisse goddelike afsprake was. En as ons oë en ore oop is, beleef ons goddelike afsprake baie meer gereeld.

    Jesus het dikwels sulke goddelike afsprake gehad. Ons sien in:

    Johannes 4: 3 tot 8 Toe Jesus dit verneem, het Hy Judea verlaat en weer na Galilea toe gegaan. Hy moes deur Samaria gaan. Hy kom toe by 'n dorp in Samaria met die naam Sigar, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het. Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag. Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.” Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop.

    Jesus wou die potensiële konflik tussen Hom en die Judeërs vermy en het deur Samaria gereis. Die Jode en die Samaritane het nie goed klaargekom nie. So gebeur dit toe dat Jesus alleen by 'n put sit, toe 'n Samaritaanse vrou kom water skep. Hy was moeg en honger, maar Hy het in sy Gees geweet dat dit 'n goddelike afspraak was. Ons sal meer hieroor praat gedurende die res van die week. Ek wil net stilstaan by die feit dat Jesus die geleentheid aangegryp het. Een kommentator stel dit so...

    Iemand met ‘n dienende hart verstaan hoe kosbaar elke mens se lewe is. Dit is 'n ontnugterende besef dat ons nooit met 'n blote sterfling praat nie. Nee, nooit nie! Almal wat ons ontmoet, sal ewig lewe, óf as 'n glorieryke wese óf as 'n verskriklike verlore siel. Die dienende hart verstaan dit en behandel alle ontmoetings met respek.

    Hou jou oë en ore oop. Moenie die goddelike afsprake misloop nie.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Dood is ‘n Gelykmaker

    Send us a text

    Hebreërs 9:27,28 'n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag.

    Alle mense sal eendag doodgaan. Daar bestaan geen twyfel daaroor nie. Ek weet dit is 'n redelike morbiede manier om dinge vandag af te skop, maar dit is waar. Die dood is ons voorland - ons almal s’n.

    Noudat ek in my sestigs is, voel ek nog sterk en gesond, maar ek dink tog meer aan die einde van my lewe, as wat ek in my dertigs of selfs veertigs gedink het. Dit is net natuurlik. Want in:

    Hebreërs 9: 27,28 staan: 'n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag.

    Ja, almal moet een of ander tyd sterf. Maar let op wat volgende gebeur: daarna kom die oordeel. Nou weet ek nie waar jy staan in terme van jou geloof nie, maar dit geld vir alle mense. Ons sal almal geoordeel word. Dit is, of behoort ten minste 'n ontnugterende gedagte te wees, want die uitkoms van hierdie oordeel sal die verskil maak van waar ons ons ewigheid deurbring. Dit sal letterlik die verskil tussen hemel en hel wees en vir ewig duur.

    Maar Jesus het gekom as 'n offer vir jou, om die prys vir jou sonde te betaal en die las van jou sondes weg te neem. En as jy inderdaad op Hom wag, kom Hy eendag om jou te haal.

    Wag jy vir Hom? Leef jy jou lewe asof Hy jou kom haal? Want die waarheid is dat jy eendag sal sterf en dan geoordeel word.

    Leef vandag jou lewe vir Jesus. Omdat die 'eendag' vroeër kan kom, as wat jy dink.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Uitroep om Hulp

    Send us a text

    Psalm 116:1,2 Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het.

    Daar is tye in ons lewens wat ons God se hulp baie nodig het. Ek is seker dat jy al, soos ek, vir God gesmeek het vir ‘n oplossing. Maar wat doen jy as dit lyk asof Hy nie wil antwoord nie?

    Net so dikwels as wat die lewe vol ongelooflike wonderlike ervarings kan wees, net so maklik kan dit ook wreed wees, nie waar nie? 'n Ma wat haar sterwende kind in haar arms hou; 'n jong man deur 'n dronk bestuurder vermink; iemand wat hulle werk verloor en uit pure desperaatheid hul eie lewe neem. Of, soos in die geval van my oorlede suster, 'n ontluikende konsertpianis, wat in haar middel twintigs met skisofrenie gediagnoseer is en die res van haar lewe deur die trauma van geestesongesteldheid geteister is.

    As ons met sulke tragedies gekonfronteer word, bid ons keer op keer tot God. Soms antwoord Hy, ander kere is daar 'n oorverdowende stilte.

    Psalm 116:1,2 Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het.

    Hierdie woorde voel verkeerd! Dit kan so seermaak om so iets in die Bybel te lees as God jou gebede nie beantwoord het nie. Wat doen jy nou? Hoe reageer jy?

    In die geval van my suster, het ek en my ma oor baie dekades vir God gesmeek vir haar genesing. Sy is nooit genees nie, maar ons het die antwoord uiteindelik gekry: Vertrou in elk geval op God. Glo Sy Woord.

    'n Joodse gevangene het op sy selmuur in die konsentrasiekamp van Keulen geskryf:

    Ek glo in die son, selfs al skyn dit nie.

    Ek glo in liefde, selfs al sien ek dit nie.

    En ek glo in God, selfs al is Hy stil.

    God luister. God is hier. Vertrou op Hom.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Oorwin Trots

    Send us a text

    Matteus 18:3,4 en (Jesus het) gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. 

    Trots is nie net ‘n lelike eienskap wat ons in hoogmoedige mense sien nie. Nee my vriend, trots is iets baie erger; dis gevaarlik, want dit skei ons van God.

    Ek weet dit is 'n radikale stelling om te maak - dat trots ons van God skei. Een van my gunsteling onderwysers, John Piper, stel dit so:

    Hoogmoed is die afhanklikheid van jou eie ‘goddelike’-self, in plaas van ‘n kinderlike afhanklikheid van God.

    Trots beteken dat alles om my draai; wat ek dink, waartoe ek in staat is, wat ek kan bereik en selfs die lof wat ek kan ontvang. Ja, dit is lelik en ja, trots moet God briesend maak.

    In Spreuke 16: 5 staan: Die Here verafsku elke verwaande mens. Maar wees verseker, hulle sal nie ongestraf bly nie. (NLV)

    Dis verskriklik, nè? Maar gelukkig het Jesus ons 'n uitweg gegee:

    In Matteus 18: 3,4 (het Hy) gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. 

    Toe ek destyds tot bekering gekom het, was my ego die grootte van 'n klein planeetjie. Ek onthou hoe ek hierdie versies gelees het en gedink het dis 'n spul onsin! Maar hoe meer ek die Here deur sy Woord leer ken het, hoe meer insig het ek gekry. Ek het geleer wat vryheid, vreugde en ware vrede beteken. 

    Ek het gesien dat trots soos 'n tiran jou lewe oorneem en met 'n ysterhand regeer. My vriend, as jy stoei met jou trots, gaan nederig na God en erken jou trots. A.W. Tozer se bekende stelling lui: die onskuldige openhartigheid van kindwees, is die pad terug na Sy Koninkryk.

    Die grootste persoon in God se koninkryk is dié een wat so nederig soos 'n kind is.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • God Stry Saam Met Jou

    Send us a text

    2 Tessalonisense 3:5 Mag die Here julle hele lewe instel op God se liefde en die volharding wat Christus aan ons gee.(NLV)

    Ons het gister gesien hoe vurig die aanval van die duisternis op jou sal neerreën wanneer jy besluit om die regte dinge in plaas van die verkeerde te doen; met ander woorde, om jou daarvan te bekeer. Maar daar is 'n oplossing. 

    Isaac Newton se derde bewegingswet bepaal dat daar vir elke aksie 'n gelyke en teenoorgestelde reaksie is. Weet jy, dieselfde is waar op geestelike gebied. Wanneer ons besluit om weg te draai van dít wat ons weet verkeerd is, sal die duiwel beslis agter ons aankom om ons weer na die sonde te probeer terugsleep. Daarom is die gedeelte waarna ons gister gekyk het so belangrik:

    2 Tessalonisense 3: 3,4 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. Verder gee die Here ons sekerheid oor julle, dat julle dit wat ons vra, doen en sál doen.

    God stry saam met jou; Hy versterk jou en Hy beskerm  jou... daarom kan jy jou uitdaging met absolute vertroue aanpak. Ons lees wat die apostel Paulus aan sy vriende in die gemeente van Tessalonika skryf in:

    2 Tessalonisense 3: 5 Mag die Here julle hele lewe instel op God se liefde en die volharding wat Christus aan ons gee.

    Hy en sy span het gebid dat hulle standvastig in hul stryd sal wees, God bo alles in hul lewens sal stel en God sal eer. Hulle bid dat hul vriende die liefde van God in hulle harte sal ervaar en dat hulle sal onthou hoe Jesus doelgerig vir hulle na die Kruis gegaan het.

    En dit ... dit is ook my gebed vir jou. Mag jy met geloof vasstaan in jou bekering. Mag die Heilige Gees jou hart vul met die liefde van God en jou voortdurend herinner aan Christus se trou. 

    Dit is sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wanneer ons Waag

    Send us a text

    2 Tessalonisense 3:3,4 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. Verder gee die Here ons sekerheid oor julle, dat julle dit wat ons vra, doen en sál doen (NLV).

    Die nuwe jaar is 'n wonderlike geleentheid om weg te draai van die een ding in jou lewe wat jy weet verkeerd is. Maar net wanneer jy in geloof jou rug daarop keer, lê die ou duiwel reg om in te spring.

    Ons praat hier van bekering. Dit beteken om op te hou om dít wat ons weet verkeerd is, te doen. Raak ontslae van daardie klippie in jou skoen wat jou die hele tyd laat struikel. 

    Die besluit om God bo alles in jou lewe te stel, is 'n radikale stap. Een wat nie ongemerk in die koninkryk van duisternis sal verby gaan nie. Moenie 'n fout maak nie, as jy jou met ‘n opregte hart van die sonde bekeer, tree die duiwel in. Hy sal jou meer as gewoonlik pla. Dis net hoe dit werk. Maar kyk wat staan in:

    2 Tessalonisense 3: 3 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar.

    Die getrouheid van God is die enigste ding in hierdie wêreld wat ons nooit sal teleurstel nie, want dit misluk nooit nie. God se getrouheid is rotsvas en ewig. En as Hy sê - soos Hy hier deur sy Woord sê - dat Hy jou die krag sal gee en jou teen die Bose sal beskerm, dan is dit presies wat Hy sal doen. Trouens, die apostel Paulus gaan voort in:

    2 Tessalonisense 3: 4 Verder gee die Here ons sekerheid oor julle, dat julle dit wat ons vra, doen en sál doen.

    Hier aan die begin van die nuwe jaar is die gulde geleentheid om jou van die een ding in jou lewe, wat jy weet verkeerd is, te bekeer. Neem die uitdaging aan met die volle vertroue, dat God jou krag sal gee en jou sal beskerm as die duiwel jou op sleeptou wil neem.

    Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

955 Listeners