God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • God het Hierdie Sondige Wêreld Lief

    Send us a text

    Johannes 3:16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

    Waarom het Jesus na hierdie aarde gekom? Waarom vier ons oor 'n week sy koms na die wêreld in die vorm van Kersfees? Hoekom?

    Die afgelope paar dae het ons gesien dat die doel van Jesus se koms na hierdie aarde was om ons in die koninkryk van God in te lei, en die enigste manier om daardie koninkryk binne te gaan, is om wedergebore te word deur 'n radikale bekering (gebore uit water) en om 'n nuwe lewe te lei (d.w.s uit die Gees gebore te word).

    Dit gebeur as ons glo dat Jesus gesterf het om ons sonde weg te neem en dat Hy weer opgestaan het om ons ‘n nuwe lewe te gee. Maar hoekom het God Jesus, sy Seun, na hierdie aarde gestuur? Hier is die antwoord in:

    Johannes 3:16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. 

    Dit is natuurlik vir baie mense ‘n bekende gedeelte, maar weet ons regtig wat dit beteken?

    Die Griekse woord wat gebruik word vir ‘wêreld’ is 'kosmos'. Dit word 186 keer in die Nuwe Testament gebruik, en elke keer verteenwoordig dit wêreldsheid; sondigheid. 

    Een kommentator skryf: Dis indrukwekkend!  God is lief vir 'n sondige wêreld.

    Ja! God het die sondaar lief. Dit is nie ten spyte van ons sonde dat Christus ons kom red het nie, dit is as gevolg van ons sonde. Daar is 'n massiewe verskil. En die verskil is liefde. 'n Liefde so groot dat dit heeltemal onbegryplik is. Dit is God se motivering. Dis hoekom. En as jy in Jesus glo; as jy werklik met jou hele wese glo, dan sal jy nie verlore gaan nie; jy het reeds die ewige lewe ontvang. 

    Is jy wedergebore?

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Hoe Is Dit Moontlik?

    Send us a text

    Johannes 3:9,14,15 Nikodemus vra Hom toe: “Maar hoe is dit moontlik?”… Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê..”

    Een vraag wat my kort na my bekering gepla het, was wat is Jesus se rol in my verhouding met God? Waarom is daar iets soos Kersfees, hoekom ‘n Paasfees? Wel, hoekom?

    Dit is goed om sulke vrae te vra.

    Johannes 3: 9 en 14, 15 Nikodemus vra Hom toe: “Maar hoe is dit moontlik?”… Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê.”

    Op hierdie stadium het Nikodemus, die skrifgeleerde, teruggedink aan Israel se geskiedenis in Numeri, hoofstuk 21. Israel was afvallig van God. Hy het 'n plaag van giftige slange na hulle gestuur om hulle te straf. Baie het gesterf. Maar Moses het namens Israel hulle sondes bely en God het hom beveel om 'n koperslang te maak en dit op 'n paal te sit. As 'n slang iemand sou pik, moet hy slegs na die koperslang kyk en hy sal lewe. Geen hospitale is gebou nie, geen serum is gebruik nie, geen dapper manne is gestuur om die slange dood te maak nie. Nee! Al wat van hulle moes doen, was om op te kyk, om te sien en om te glo en hulle sou gesond word.

    Op dieselfde manier neem Jesus ons sonde op Hom. Hy word namens ons sonde. Hy word namens ons aan die kruis, op daardie paal, geplaas vir ons sonde. En al wat ons moet doen om wedergebore te word, is nie om op 'n selfhelp-program te gaan nie, maar om na Jesus te kyk en te glo. Trouens, hoe meer ons na Christus as die gekruisigde kyk, hoe dieper word ons berou en hoe meer word ons oorweldig deur die Gees wat ons lewens vernuwe. 

    Dit is die enigste manier om wedergebore te word, die enigste manier om die koninkryk van God binne te gaan. Laat ek jou dus vra: is jy wedergebore? 

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Moenie Verbaas Wees Nie

    Send us a text

    Johannes 3:7,8 Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie. Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”

    Die Heilige Gees word gegee aan diegene wat in Jesus glo. Hy gee ons die krag om die mens te word, wat Hy ons bestem het om te wees. Maar wie is Hy? Wie is die Heilige Gees en hoe werk Hy?

    Ons sluit dus vandag by Jesus en Nikodemus aan om Jesus se verduideliking te hoor hoekom Hy na hierdie aarde toe gekom het. 

    God het ons so lief dat Hy vir ons 'n lewe sonder sonde begeer. Ongelukkig is daar vandag baie mense wat hulleself “Christene” noem, wat nog nooit werklik berou gehad het oor hulle sonde nie. Sogenaamde Christene wat nog nooit weggedraai het van dít, wat hulle wéét verkeerd is, nie. En soos ons gister gesien het, is om ‘wedergebore te word', die voorvereiste vir ons toetrede tot die Koninkryk van God. En dit behels beide bekering (gebore uit water) en vernuwing (gebore uit die Gees). 

    Hoe kan jy dus weet of jy werklik wedergebore is? Kom ons lees:

    Johannes 3: 7,8 Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie. Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”

    Die antwoord is eenvoudig. Die bewys van die Gees se werk wys in die verandering in ons lewens. Hy is soos die wind wat waai en veroorsaak dat die blare daarbo in die boom ritsel. Jy kan nie die wind sien nie, maar jy kan die blare sien beweeg en hulle hoor ritsel.

    Net so is die bewys van wedergeboorte die verandering in ons lewens deur die teenwoordigheid van die Heilige Gees in ons. Dis nie net 'n "godsdienstige ervaring" nie, maar 'n radikale bekering en 'n getransformeerde lewe vir almal om te sien.

    Wat sê jy ... is jy wedergebore?

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wedergebore

    Send us a text

    Johannes 3:3-5 Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

    Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?”

    Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie.

    Ons gesels hierdie week oor die rede waarom Jesus na hierdie aarde gekom het. Kom ons kyk na Jesus se eie verduideliking aan Nikodemus.

    Ons smag almal na 'n nuwe begin. Dit is waarom die selfhelp-bedryf miljarde Rande werd is. Vernuwing is presies wat God ons wil gee. Dit is die rede waarom Jesus gekom het.

    Johannes 3: 3-5 Daarop sê Jesus vir hom: "Dit verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie."

    Nikodemus vra Hom toe: "Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?"

    Jesus het geantwoord: "Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie.

    Nikodemus was nie onnosel nie. Hy het verstaan dat Jesus metafories praat; dus antwoord hy ook in beeldspraak. Wat hy eintlik gevra het, was – hoe kan ék weer gebore word? En Jesus antwoord hom dat hy uit water en die Gees gebore moet word.

    Nikodemus het geweet dat Johannes die Doper besig was om mense met water te doop. Dit was die doop van bekering. Dit het beteken dat die persoon weggedraai het van die sonde af en na God teruggekeer het. Maar die doop met die Heilige Gees behels vernuwing.

    Jy moet dus wedergebore wees om die koninkryk van God te betree. En om wedergebore te word, moet daar berou en vernuwing wees. Dit behels nie die opsê van 'n eenvoudige gebedjie nie, maar 'n radikale ommekeer; bekering en vernuwing. Daarsonder kan jy nie in die koninkryk van God ingaan nie.

    Laat ek jou dus weer vra, is jy wedergebore?

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Nuwe Begin

    Send us a text

    Johannes 3:1-4 Daar was 'n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was 'n lid van die Joodse Raad. Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Rabbi, ons weet dat u 'n leermeester is wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by hom is nie.”

    Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

    Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?”

    Soos ons nader aan Kersfees kom, is dit dalk gepas om onsself ‘n bietjie af te vra waarom God sy Seun na hierdie wêreld gestuur het.

    En wie is beter toegerus om te verduidelik waarom Hy na die aarde moes kom, as Jesus self?

    Johannes 3:1-4 Daar was 'n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was 'n lid van die Joodse Raad. Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: "Rabbi, ons weet dat u 'n leermeester is wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by hom is nie."

    Daarop sê Jesus vir hom: "Dit verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie."

    Nikodemus vra Hom toe: "Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?"

    Nikodemus, ‘n beroemde Fariseër, kom in die nag, in die geheim na Jesus om Hom te ondervra. Hy wil die waarheid hoor, maar hy kon nie in Jesus se teenwoordigheid gesien word nie, want Jesus was reeds 'n omstrede figuur. Hy begin deur vrae te vra oor die wonderwerke wat Jesus verrig het en wat sy verhouding met God is. Jesus beantwoord sy vraag op ‘n baie snaakse manier:

    "Dit verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie."

    Dis beslis nie wat Nikodemus verwag het nie. Hy was 'n gerespekteerde leier, 'n opregte man wat meer wou uitvind oor die persoon wat God gestuur het. 

    Jesus het in sy antwoord op Nikodemus se vraag, hom gelei na dít wat die belangrikste was. Jesus het begin verduidelik waarom Hy na die aarde gekom het. Hy het gekom om ons in die Koninkryk van God in te lei.

    Daar is egter 'n streng voorwaarde vir toegang tot die Koninkryk: jy moet weer gebore word, voordat jy kan ingaan. Is jy 'wedergebore'? Want…

    As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie."

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Jou Liefde Moet Opreg Wees

    Send us a text

    Romeine 12:9,10 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.

    Ons word deesdae gekonfronteer met baie vals vorme van liefde. Liefde wat voorgee om liefde te wees, maar wat glad nie liefde is nie. En al wat hierdie vals liefde doen, is om mense seer te maak.

    Ek is seker dat ons almal al ten minste een verhouding gehad het, waar ons gedink het die ander persoon hou werklik van ons, net om te ontdek dat dit valse liefde was. Die soort liefde wat nie lank hou nie. Die soort liefde wat nie getrou gebly het nie. Die soort liefde wat jou uiteindelik verwerp het. Ja, dit maak seer.

    Ek wil beslis nie skuldig wees aan hierdie skynheilige soort liefde nie: die soort wat ander mense seermaak. Ek is seker dat jy ook so voel. Kom ons kyk wat God ons vandag daaroor wil leer in:

    Romeine 12: 9,10 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.

    Hoe weet ons dat ons eerlik is in ons verhoudings? Hoe maak ons seker dat ons liefde opreg is? Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Ons bewys eerbied teenoor mekaar, want sodoende toon ons aan hulle dat ons liefde opreg is. ‘n Mens hoef nie geniaal te wees om dit te verstaan nie!

    By die werk bewys ons eerbied: ons tree nie agterbaks op nie, ons benadeel nie ander mense tot ons eie voordeel nie. Ons gee hulle krediet waar hulle krediet verdien. Ons prys hulle voor ander. Ons eer hulle.

    Moedig jou kinders aan; dissiplineer hulle in liefde. Mans wees lief vir julle vrouens, dien hulle soos Christus julle gedien het. Vroue seën julle mans op maniere wat net julle kan.

    Jou liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. 

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Hemel Sal Uitroep!

    Send us a text

    Psalm 19:2,3 Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee.

    Een van die groot tragedies van die 21ste eeu, is dat ons neuse so vasgevang is in die verleidelike gloed van slimfoonskerms, dat ons opgehou het om die heerlikheid van God in sy skepping raak te sien.

    Ons het so afgestomp geraak dat ons die wonder van die skepping nie meer raaksien nie, dinge nie meer aanraak, ruik, en geniet nie. Een van my gunsteling reuke ervaar ek wanneer ek soggens vroeg tussen die bome stap nadat dit in die nag gereën het. Die reuk skep 'n onbeskryflike gevoel van varsheid, nuutheid en hoop.

    Wanneer laas het jy die sterre gesien? Die wonderlike Melkweg helder en oop, sonder die ligte en die rookmis van die stad? Of 'n klein, groen wurmpie gesien wat duim vir duim langs 'n blaar opbeweeg? Daardie selfde wurmpie wat sy kokon sal spin en 'n ongelooflike mooi skoenlapper sal word om hierdie wêreld vir 'n kort rukkie te versier?

    Dis die dinge wat jy misloop as jy kop-onderstebo sit en kyk na die kranksinnige kommentaar op sosiale media van mense wat jy nie eens ken nie. Luister wat staan in:

    Psalm 19: 2,3 Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee.

    Waarom het God hierdie wonderlike skepping oral onder ons neuse en bokant ons gesit? Waarom het Hy ons omring met 'n ongelooflike pragtige wêreld vol haarfyn besonderhede, magtige berge, brullende see en rustige stiltes, met biljoene der biljoene sterre, ontelbare ligjare ver?

    Hy het dit vir ons gegee om Sy heerlikheid aan ons te verkondig op 'n manier wat ons asem wegslaan. Skakel jou slimfoon af. Kyk rond, want ...

    Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. 

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Jy Hoef Nie Alleen te Staan Nie

    Send us a text

    Lukas 11:11-13 Is daar 'n pa onder julle wat as sy seun vir hom 'n vis vra, vir hom 'n slang sal gee in plaas van die vis? Of as hy 'n eier vra, vir hom 'n skerpioen sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”

    Almal wat vasberade is om Jesus te volg, ongeag van waar Hy ook al mag lei en wat dit ook al mag kos, weet dat dit 'n eensame reis kan wees. Maar hier is die goeie nuus: jy hoef dit nie op jou eie te doen nie. 

    Jesus was, en is steeds, 'n indrukwekkende, kragtige leermeester. Hy weet voorwaar hoe om iets baie duidelik te stel. Neem hierdie voorbeeld in:  

    Lukas 11: 9 en10 Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

    Dit slaan jou tussen die oë! Jy kan dit nie miskyk nie. Maar selfs hierdie woorde was nie genoeg vir die halsstarrige menigte nie. Jesus wou sekermaak dat almal dit verstaan, deur 'n voorbeeld te gebruik waarmee ons ons kan vereenselwig.

    Lukas 11: 11 - 13 Is daar 'n pa onder julle wat as sy seun vir hom 'n vis vra, vir hom 'n slang sal gee in plaas van die vis? Of as hy 'n eier vra, vir hom 'n skerpioen sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”

    Wat wil Jesus hierdeur sê? God is so lief vir jou dat Hy nie wil hê dat jy alleen op hierdie rotsagtige lewenspad moet loop nie. Hy wil hê jy moet elke dag vra, soek, klop. En soos elke goeie vader, sal Hy jou die heel beste gee; naamlik sy Heilige Gees. Sy teenwoordigheid in jou.

    Jesus maak dit hier baie duidelik dat jy nooit alleen hoef te loop nie. Hallelluja!

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Staan Dus Vas!

    Send us a text

    Filippense 3:20,21 en 4:1 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.

    Daarom, my broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na julle. Julle is my blydskap en my kroon.

    Dit lyk asof ons vyand, die duiwel, soveel maniere gevind het om ons geloof te ondermyn. Sy metodes wissel van versoeking en vervolging, tot die subtiele sosiale invloede waaraan ons blootgestel en waardeur ons genadeloos van koers af gesleep word. Moenie hom onderskat nie. Hoe hy ook al in jou lewe werk; verstaan dat jy in ‘n geestelike stryd gewikkel is.

    Gister het ons gesien dat as jy in Jesus glo, jou burgerskap in die hemel is; dat jy 'n vreemdeling op hierdie aarde is; en dat jou eindbestemming die ewigheid in God se teenwoordigheid is. Dit werp 'n heel ander lig op ons lewens. 

    Kom ons kyk weer na die gedeelte, maar hierdie keer voeg ons 'n vers van die volgende hoofstuk by:

    Filippense 3: 20, 21en 4: 1 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.

    Daarom, my broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na julle. Julle is my blydskap en my kroon.

    Wat die skrywer, Paulus, hier sê, is dat ons moet vasstaan in ons geloof in Christus, omdat Hy terugkom om ons huis toe te neem, en dat 'n ewigheid by Hom vir ons voorlê. 

    Waarteen moet ons vasstaan? Teen versoeking, teen vervolging, teen die subtiele, sondige invloede van die kultuur om ons; omdat die duiwel jou wil verlei en jou van jou erfenis wil beroof.

    Staan dus onwrikbaar vas. Jy weet van die wonderlike toekoms wat vir jou voorlê; ‘n toekoms wat Jesus vir jou voorberei het vir die dag wanneer Hy jou kom haal. Ek sê dit weer. Staan vas in Christus.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Moenie te Geheg aan Hierdie Lewe Raak Nie

    Send us a text

    Filippense 3:20,21 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.

    Die lewe op hierdie aarde is ver van perfek. Ons het beslis wonderlike dae en goeie dae, maar daar is ook slegte dae en inderdaad vreeslike dae. Dit lyk asof hulle mekaar in seisoene afwissel. En tog klou ons met alle mag vas aan hierdie lewe hier op aarde.

    Baie mense se grootste vrees is om dood te gaan. Ek het al agtergekom dat dit ook van toepassing is op diegene wat in Jesus glo. Of hulle nou weet dat hulle die ewigheid in Sy teenwoordigheid gaan deurbring, of nie. En as jy daaroor nadink, is dit eintlik baie vreemd.

    Ek bedoel, as iemand Jesus nie ken nie, en as hulle nie die rotsvaste sekerheid het dat hulle die ewigheid saam met Hom gaan deurbring nie, dan verstaan ek hulle vrees heeltemal. Maar as jy, soos ek, jou vertroue in Jesus geplaas het ... dan moet jy jouself afvra, waarvoor is ons eintlik bang?

    Ek dink dit is die feit dat hierdie lewe, met al sy lief en leed so bekend is, dat ons letterlik daaraan vasklou vir lewe en dood!

    Filippense 3: 20,21 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.

    Of, soos Jesus dit stel, ons is in hierdie wêreld, maar nie van hierdie wêreld nie. Ons is vreemdelinge wat 'n kort tydjie hier deurbring terwyl ons gretig wag op Jesus om ons huis toe te neem om die ewigheid - vir ewig en altyd - in sy glorieryke teenwoordigheid deur te bring.

    Nou ja, ek glo dat God nog vir my werk hier op aarde het voordat Hy my huis toe roep, en dit is seker ook hoe jy voel? Maar kom ons sê dit onomwonde: ons hoort nie hier nie. Moet dus nie te geheg raak aan hierdie lewe nie. Daar is baie meer, soveel meer om na uit te sien.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

955 Listeners