God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Jy Het ‘n Groot Voorsprong

    Send us a text

    Romeine 5:10 Want as God ons, terwyl ons nog sy vyande was, deur die dood van sy Seun tot sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie! NLV

    Jy het seker opgemerk dat ons hierdie week 'n bietjie gefokus het op die onderwerp van die naderende euwel, die duisternis wat besig is om ons wêreld te verstrengel en ons lewens te bedreig.

    Terwyl ek vanoggend vroeg besig was om nog ‘n VARS boodskap voor te berei, kom die son oor die horison op. Elke oggend moet ek net oor my linker skouer kyk om nog 'n pragtige sonsopkoms te sien.

    Na elke lang, donker nag kom die son op en dit is 'n lus om te aanskou. Dit het my laat dink aan watter onregverdige voordeel ek en jy bo die geestelike magte van duisternis het. Magte wat dreig om ons van die lewe self te beroof.

    Romeine 5:10 Want as God ons, terwyl ons nog sy vyande was, deur die dood van sy Seun tot sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie! (NLV)

    Jy vra wat is die onregverdige voordeel wat ons het? Wel, Jesus het vir ons sondes gesterf, wat beteken dat as ons ons vertroue in Hom stel, ons vergewe word, en daarom word ons vriende van God. Maar Jesus het nie net gesterf nie. Hy het ook weer opgestaan... en die feit dat ons nou vriende van God is, gee ons die versekering dat Hy ons deur die lewe van sy Seun sal red.

    As jy in Jesus glo, glo jy in 'n opgestane Verlosser. Hy het die bose aan daardie kruis oorwin; Hy het die dood oorwin deur die leë graf en al lyk die wêreld hoe donker en al lyk die bose magte so bedreigend, die oorwinning behoort nou aan jou. Jesus self red jou deur sy lewe. Vertel dit aan die bose magte en die bose geeste in die hemelruim. Want as dít ons nie 'n onregverdige voordeel gee nie, weet ek nie!

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Daar Steek Meer Agter As Wat Jy Dink

    Send us a text

    Efesiërs 6:12 Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.

    Dink vandag ‘n bietjie terug aan die laaste keer wat die bose sy lelike kop in jou lewe uitgesteek het. Miskien was dit iets wat jy aan iemand anders gedoen het, of anderste om. Was dit konflik, onreg, of verraad? Het jy al ooit teruggestaan en jouself afgevra wat nou eintlik hier aan die gang was?

    Ons doen soms dinge, slegte dinge, wat ons na die tyd glad nie kan verklaar nie. Wat het in my kop aangegaan? Waarom het ek dit gedoen? Aan die anderkant kan jy dalk ervaar dat jy, of iemand vir wie jy omgee, die slagoffer van 'n growwe onreg is, en jy wonder: Regtig? Het dít nou net gebeur? Hoe de duiwel kon dit? En die rede waarom ons sukkel om kop-of-stert van die hele penarie uit te maak, is dat daar baie meer daaragter skuil as wat ‘n mens dink. Kyk wat lees ons in die Bybel hieroor:

    Efesiërs 6:12 Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. 

    Met ander woorde, daar is 'n geestelike dimensie van die kwaad wat ons op eie risiko ignoreer. Dis waarom Jesus sy dissipels leer bid het: (Matteus 6:13) en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.

    Hierdie gebed om God se beskerming teen die geestelike magte en die bose geeste in die lug, is een van die kragtigste gebede wat ons ooit kan bid; een wat ek en jy nog baie meer dikwels moet bid.

    Onthou dat presies dieselfde beginsel geld, wanneer iemand anders kwaad aan ons doen. Ons stryd is nie teen daardie mense nie, maar teen die geestelike magte van die bose, wat hulle so laat optree.

    Verstaan my mooi, ek is nie een van daardie ouens wat duiwels onder elke bed en bos gaan soek nie. Maar terselfdertyd moet ek en jy die bose kan uitken, sodat ons nie deur hom mislei word nie en sodat ons kragtig teen die bose kan bid.

    Dit is God se Woord. Vars... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Untitled Episode

    Send us a text

    Efesiërs 6:10,11 Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.

    Dit is baie maklik om magteloos te voel, wanneer ons daagliks gekonfronteer word deur die boosheid wat lyk asof dit die wêreld oorneem.  

    In een opsig is dit waar. Ons sien hoe die bose die ekonomiese, sosiale en politieke stelsels waarin ons leef, infiltreer. Ons sien die korrupsie onder hooggeplaastes en die leuens wat gebruik word om konflik, selfs oorloë aan te blaas en ons skud ons koppe in moedeloosheid, omdat ons inderdaad magteloosheid voel om ‘n verskil daaraan te maak. 

    Dit is so maklik om te dink dat boosheid altyd daar buite gebeur, maar laat ons die hand in eie boesem steek.

    Kyk mooi; as die duiwel so goed is met sy korrupsie van ons wêreldstelsels, dink jy dan nie dat hy ons ook kan verblind nie? Sy korrupsie is so effektief, dat dit selfs op 'n persoonlike vlak vir ons laat voel asof ons magteloos is. Ja, maar wat is die antwoord dan?

    In Efesiërs 6: 10 en 11 staan: Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.

    Die antwoord is dat ons nie op ons eie mag hoef staat te maak nie, want ons het die reg om op die Here en sy mag te steun. Dit klink na ‘n oordrewe stelling, nè. Maar Paulus maak hier die kragtige stelling, dat die volle mag en krag van dié God, wat die heelal geskep het, vrygestel word wanneer ons teen die planne van die duiwel opstaan.

    Snap jy dit? Want dit is vir jou.

    Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Vry van die Mag van Duisternis

    Send us a text

    Kolossense 1:13,14 Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.

    Baie Christene word deur die duisternis wat oor die hele wêreld kruip, aangetrek en op 'n verskriklike manier verlei. ‘n Bose kleed van onheil bedek die harte van manne en vroue, selfs kinders soos nog nooit tevore nie.

    In die laaste tyd, terwyl die duiwel toegejuig word en die kwaad meer en meer die norm word, is die maklikste ding, om toe te gee aan die kruipende duisternis. Ja dis wat gebeur; mense gee in en word selfs deel daarvan.

    As die saak verlore lyk, weet jy immers wat hulle sê, jy moet net sorg dat jy aan die wenkant bly. Jesus het net voor sy arrestasie in Getsemane, vir mense soos ek en jy by sy Vader in die hemel ingetree. Ons lees in:

    Johannes 17:15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar. 

    Alles is in der waarheid nie duister nie, al lyk dit donker, want Jesus het vir ons gebid. En hier, aan die ander kant van die Kruis en die leë graf weet ons:

    Kolossense 1: 13 en 14 Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.

    Ons leef in die wêreld, maar ons behoort nie aan die wêreld nie. Alhoewel ons omring word deur hierdie nader kruipende duisternis, wat dreig om die wêreld te oorweldig, is ons - jy, ek en enigiemand anders wat in Jesus glo, vry van die mag van die duisternis, omdat Jesus vir ons gesterf en opgestaan het.

    Moenie jou laat verlei nie. Moet nooit weer deel word van die duisternis nie. Jy is vry.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wanneer Daar Duisternis Heers

    Send us a text

    Lukas 22:52,53 Toe sê Jesus vir die priesterhoofde, die offisiere van die tempelwag en die familiehoofde wat teen Hom opgetrek het: “Trek julle met swaarde en stokke uit soos teen 'n rower? Dag vir dag was Ek saam met julle in die tempel, en julle het nie 'n hand uitgesteek om My te vang nie. Maar nou dat die tyd vir die duistere magte daar is, het julle julle kans.”

    Ons kan nie stry, dat daar deesdae ‘n naderende duisternis is, wat besig is om oor ons wêreld toe te sak nie. Dit lyk al hoe meer asof  ‘n wrede boosheid hierdie wêreld omsluit. Dit is 'n werklikheid wat baie gelowiges geskok en selfs moedeloos laat. Wat op dees aarde is hier aan die gang, Here?

    Waar ek woon, het die regering onlangs wetgewing uitgevaardig om die aborsie van ongebore babas tot op geboorte toe te laat. En die ding wat my werklik tot in my siel geskok het, was nie slegs dat hierdie moordadige daad in 'n beskaafde, demokratiese land toegelaat word nie, maar dat hierdie volksmoord op ongebore kinders toegejuig en as 'n fundamentele mensereg gevier is.

    Here, hoe kan U dit laat gebeur? Waarom het U hulle nie gekeer nie?

    Die heel slegste wat ek as Christen kan doen, ja, die slegste wat jy kan doen as jy ook een is, is om in moedeloosheid te verval. As ons saam met Jesus en sy dissipels in Getsemane was, toe Hy gearresteer is, sou ons waarskynlik ook totaal moedeloos geword het. Maar luister na wat sê HY in: 

    Lukas 22: 52 en 53 Toe sê Jesus vir die priesterhoofde, die offisiere van die tempelwag en die familiehoofde wat teen Hom opgetrek het: “Trek julle met swaarde en stokke uit soos teen 'n rower? Dag vir dag was Ek saam met julle in die tempel, en julle het nie 'n hand uitgesteek om My te vang nie. Maar nou dat die tyd vir die duistere magte daar is, het julle julle kans.”

    Daar was inderdaad 'n tyd dat God se eie Seun verraai en gekruisig moes word. Daar was 'n tyd vir duisternis om te heers. Maar uit daardie duisternis het 'n groot lig gekom, want Christus het opgestaan en die poorte van die hemel oopgemaak vir almal wat glo.

    Ja, ons leef in 'n tyd waarin duisternis heers. Maar Jesus kom! 

    Hy is trouens, deur Sy Gees in jou en deur jou, reeds hier. Laat jou lig dus in die duisternis skyn, want die duisternis sal dit nooit uitdoof nie.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wanneer Jy Nie in God Glo Nie

    Send us a text

    Jeremia 17:5,6 So sê die Here: Daar rus 'n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai; hy is soos 'n kaal bossie in droë wêreld wat nooit water kry nie; 'n bossie wat in 'n klipwoestyn staan, in 'n brak wêreld waar niemand woon nie.

    Een van die dinge wat gebeur as ons so besig raak met die geharwar van die lewe, is dat ons ophou om op God te vertrou. En dit is 'n massiewe fout.

    Dit het al met my gebeur, sekerlik ook met jou! Ons het in God geglo, maar ons het ophou glo dat Hy intiem by óns lewens betrokke is. Ons het vergeet dat Hy ons liefhet en dat Hy 'n kragtige verskil in ons lewens wil maak.

    Die mens het die behoefte om op iets of iemand te vertrou. Ons vertrou maklik op ander mense, of op ons eie krag of op ons bankbalans of op ons toekomsplanne... asof een van hulle net so betroubaar soos God self is! Laat ek jou dus vra: hoe goed het dit in die verlede vir jou gewerk?

    Jeremia 17: 5 en 6 So sê die Here: Daar rus 'n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai; hy is soos 'n kaal bossie in droë wêreld wat nooit water kry nie; 'n bossie wat in 'n klipwoestyn staan, in 'n brak wêreld waar niemand woon nie.

    Ek kan maklik aansluiting vind by daardie kaal bossie. Daar was tye wat ek dit in die praktyk vergeet het, alhoewel ek geweet het dat God getrou is, dat Hy altyd daar is, gewillig is en in staat is om deel van my lewe te wees. Ek het nie my lewe geleef asof dit waar is nie. En dit sou ek bestempel as die definisie van ‘n proses waar jy ophou om op die Here te vertrou.

    Jy beland in 'n klipwoestyn ... in 'n brak wêreld en jy vergeet heeltemal van die goeie dinge wat God kan gee. Vertrou op die Here en moenie daar beland nie!

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Nog Sterker Hoop

    Send us a text

    Romeine 15:13 Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

    Ons leef in onstuimige tye - op 'n wêreldwye skaal, in ons samelewing en ook op persoonlike vlak. En of ons dit nou wil weet of nie, maar in onstuimige tye is 'hoop' bitter skaars.

    Toe die apostel Paulus aan die kerk in Rome geskryf het, was daar baie spanning tussen Joodse en nie-Joodse Christene. Wat die spanning vererger het, was dat hulle ook moes lei onder die brutaliteit van Caesar se bewind. Maar kyk watter seënwense spreek hy oor hulle uit in:

    Romeine 15:1 Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! 

    Paulus bid dat God se hoop hulle met 'n oorvloed van vreugde en vrede sal vul. Hy praat nie net van gewone hoop nie, maar hoop wat al hoe sterker word, sodat dit deur die Heilige Gees ook na ander sal oorvloei.

    Die hoop waarvan Paulus hier praat, is die soort wat direk van God af kom. Dis 'n geloof wat deur die Heilige Gees met alle vreugde en vrede vervul is. Hy praat nie van die wankelrige en onseker 'hoop dat dinge gou beter sal gaan nie.' Dis nie ‘n tipe ‘hoop’ wat ons soms deur positiewe denke uit niks probeer optower nie.

    Sou jy nie in hierdie onstuimige tye ook van hierdie soort hoop wil hê nie? Waarom gaan jy nie vandag na God en vra Hom vir hierdie soort hoop nie? Vra Hom om volgens sy Woord en deur die krag van die Heilige Gees jou hoop te gee, om jou met soveel vreugde en vrede te vervul, dat jy dit eenvoudig nie sal kan onderdruk nie. Vra Hom.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • God Sal Jou Nie Laat Afdwaal Nie

    Send us a text

    Efesiërs 1:13 Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël.

    Gister het ons gesels oor die werklikheid dat ons soms in ons geloofslewe die spoor kan byster raak en dan nie eers meer seker is of ons nog gered is nie. Vandag het ek goeie nuus.

    Ek hou daarvan om goeie nuus te deel. Kyk wat staan hier in: 

    Efesiërs 1: 13 en 14 Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël.

    Gister het ons in 1 Korintiërs 15: 1 en 2 gesien dat dit moontlik is dat ons tevergeefs geglo het, toe ons weggedwaal het van Jesus af. Dit is waar, ons kan Hom inderdaad verlaat.

    Maar hier vertel God ons dat ons op die oomblik wat ons geglo het, gemerk is met die seël van die Heilige Gees – net soos daardie rooi was, wat hulle smelt om op kontrakte te drup en dan 'n familieseël of ‘n amptelike seël daarin af te druk as 'n teken van egtheid. Dit is die beeld wat hier gegee word.

    God se belofte is dat wanneer jy in Hom glo, die Heilige Gees in jou woon. Ja, dis God se bewys dat jy gekoop is, dat die skuld afbetaal is, sodat jy kan weet dat Hy ernstig is. Dit is ‘n bewys vir jou dat jy aan Hom behoort.

    Maar hier is die goeie nuus van die Heilige Gees. Wanneer ons wegdwaal, roep Hy ons; Hy trek ons in liefde na Hom toe. Want weet jy, God is getrou aan sy belofte, aan hierdie kontrak wat in Christus se bloed verseël is, selfs al is ons nie.

    Die oomblik toe jy geglo het, het jy deel geword van die volk van God. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, jou as die eiendom van God beseël as sy eie kind.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Moenie Tevergeefs Glo Nie

    Send us a text

    1 Korintiërs 15:1,2 Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom.

    Ek het die idee dat daar 'n stadium in elke mens se geloofslewe is, wanneer ons effens van die pad afdwaal. Ons dryf weg en ons verhouding met Jesus verflou. Daar was beslis in my lewe so ‘n stadium.

    Jy weet mos hoe dit gaan. Jy kom tot bekering. Jy glo in Jesus. Jy aanvaar die Goeie Nuus. Jy glo dat Hy die prys van jou sonde aan die kruis betaal het, en dat jou sonde heeltemal deur God vergewe is. Halleluja! Dit is 'n vreugde, dit is 'n voorreg, maar dan word jy verstrik in die werklikheid van die alledaagse bedrywighede. Die druk neem toe. Jou aandag word so ver afgelei dat jy op 'n stadium besef dat jy nou so ver afgedwaal het, dat jy nie eers weet of die Goeie Nuus nog vir jou beskikbaar is nie.

    Miskien is dit hoekom God vandag ‘n afspraak met jou het: 

    1 Korintiërs 15: 1 en 2 Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom.

    Hier is twee moontlikhede. Die eerste een is dat die Goeie Nuus wat ons vroeër ontvang het, steeds in ons harte voortleef. Dit beteken dat ons steeds daarin gevestig staan, soos Paulus dit hier stel. Ons word daagliks daardeur gered op voorwaarde dat ons die Woord van Waarheid vashou. Dis die Goeie Nuus van Jesus.

    Die tweede moontlikheid is dat ons weggedwaal het en dat daar niks goeds van gekom het nie, dat ons geloof van destyds tevergeefs was. Is dit nie 'n skrikwekkende gedagte nie? 'n Verskriklike gedagte, nè?

    Miskien roep God jou vandag terug, om te onthou, om vas te hou aan die Goeie Nuus wat jou siel kan red. Moenie tevergeefs glo nie.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Krag om Jou Siel te Red

    Send us a text

    Jakobus 1:21 Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want dié woord kan julle red.

    Sommige van die dinge wat God sê, is nie lekker om te hoor nie en dit gee maklik aanstoot. Hoe reageer jy wanneer jy een van daardie moeilike gedeeltes in die Bybel raakloop?

    As God ons net sou toelaat om op ons eie, vrolike manier aan te gaan, ons grille en begeertes te bevredig en, indien nodig, inspring om ons uit ons moeilikheid te help! As ons eerlik sou wees, is dit dikwels hoe ons dink. Miskien nie hardop nie, maar beslis diep binne-in ons harte. En dan lees ons 'n gedeelte soos hierdie in:

    Jakobus 1:21 Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want dié woord kan julle red.

    Hy draai beslis nie doekies om nie. Hy praat van morele vieslikheid en perversiteit. Ons het almal ‘n donker, sondige natuur wat binne-in weggesteek is. En nou en dan, as ons onder druk geplaas word, steek dit kop uit en ons wonder: waar kom dít vandaan?

    Miskien ervaar jy dat dit keer op keer gebeur, amper asof jy geen beheer daaroor het nie. God sê vir my om al die vieslikheid en perversiteit te stop, maar hoe? Wel, die antwoord kom in die tweede deel van die vers: ek moet ootmoedig die woord aanneem wat God in mygeplant het, want dié woord kan my red.

    'n Kragtige, transformerende, lewensveranderende transaksie vind plaas wanneer ons die Woord van God met 'n oop, nederige hart ontvang. Het jy dit gesnap? Dit red ons siele. Dit maak ons vry. Dit herstel ons na die beeld van God waarna ons geskape is. Die moeilike, ongemaklike, selfs die gedeeltes van die Skrif wat aanstoot gee, is deur God daargestel om jou siel te red. Ontvang dit nederig en gehoorsaam.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

955 Listeners