God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Beskeidenheid en Eerbied

    Send us a text

    1 Petrus 3:14-15 Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as 'n voorreg beskou. Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie. In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God.

    Ons leef in 'n tyd van groot verdeeldheid, waar die giftige mengeldrankie van politieke rassevraagstukke en samesweringsteorieë in die troebel sop van sosiale media borrel en ons lewens meer as ooit tevore beïnvloed. 

    Dit is maklik om soms moedeloos te word as ons sien hoe die gekheid van al hierdie samesweringsteorieë as "waarheid" verkoop word. Wanneer ons dan probeer om mense met goddelike wysheid en waarheid reg te help, word ons beledig en ons raad in die wind geslaan. 

    Wat? Het hulle almal mal geword? Hoe kan mense my beledig, omdat ek eeu-oue waarhede, wat voor die hand liggend is, uitwys? Ja, dis ongelukkig hoe ons optree. Ons frustrasie kry die oorhand en ons begin om kwaad met kwaad te vergeld; om terug te skree op diegene wat op ons geskree het. Is dit nie in der waarheid wat gebeur nie? Sê my, wanneer het om terug te skree ooit 'n positiewe uitkoms gehad, hm?

    Dit is belangrik dat ons mekaar vandag herinner aan wat die Here se raad in hierdie deurmekaar wêreld vir ons is.

    1 Petrus 3: 14 en15 Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as 'n voorreg beskou. Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie. In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God.

    Ja, ons sal vervolg word omdat ons doen wat reg is. Moenie verbaas wees as dit gebeur nie. Moenie bang wees nie. Hou net jou oog gefokus op Jesus en ja, wees altyd gereed om mense te vertel waarom jy in Hom glo. Maar ... en luister hierna, dit is die belangrikste ding ... doen dit met beskeidenheid en eerbied.

    Laat ek dit weer sê ... doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wie Verdien God se Seën?

    Send us a text

    Lukas 11:27, 28 Terwyl Jesus nog besig was om te praat, het 'n vrou uit die menigte hardop uitgeroep en vir Hom gesê: “Hoe bevoorreg is die vrou wat U in haar liggaam gedra en aan haar bors gevoed het!”Maar Hy sê: “Nog meer bevoorreg is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou.”

    Ons begeer almal God se seën. Is dit waar dat ons almal wat in Jesus glo, outomaties geseënd is? Laat ek jou hier 'n eenvoudige vraag vra: Is jy volgens Jesus, ‘n geseënde van God, of nie?

    Wel, is jy? Wees nou versigtig, want ek vra nie of jy geseënd is of nie. Ek vra jou nie of jy geseënd voel nie. Ek vra jou nie om 'n bestekopname van jou omstandighede en jou emosies te maak nie. Ek vra jou ook nie om vir my te vertel van die vlak van God se seën wat jy op hierdie oomblik beleef nie. Laat my duidelik wees, dit is nie wat ek vra nie.

    Wat ek vra, is of jy volgens die Here - die Jesus van die Bybel - volgens wat Hy sê, deur God geseënd is of nie.

    Ek weet wat jy dink terwyl jy daar sit en jou kop skud. Waaroor is die simpel ou besig om te karring? Hier is die antwoord in:

    Lukas 11: 27 en 28 Terwyl Jesus nog besig was om te praat, het 'n vrou uit die menigte hardop uitgeroep en vir Hom gesê: “Hoe bevoorreg is die vrou wat U in haar liggaam gedra en aan haar bors gevoed het!”

    Maar Hy sê: “Nog meer bevoorreg is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou.”

    Natuurlik is daar geen twyfel dat Maria, Jesus se moeder, geseënd was nie. Nogtans skok Jesus, soos wat net Hy kan, almal met 'n onverwagte wending wat die voorwaarde vir seën tot 'n heel nuwe vlak verhef.

    Jesus sê dié wat geseënd is ... is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou.”

    Laat ek jou weer dieselfde vraag vra: is jy volgens Jesus, geseënd?

    Want dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Hel is Steeds Warm

    Send us a text

    Jeremia 6:16-19 So sê die Here: Staan by die kruispaaie en kyk, en vra na die ou paaie. Vra watter pad die beste is en loop dit, dan sal julle rus vind. Maar hulle het gesê: “Ons sal nie daardie pad loop nie.” Toe het Ek wagte oor julle aangestel en gesê: Luister na die ramshoring! Maar hulle het geantwoord: “Ons sal nie luister nie.” Daarom moet julle luister, nasies, en kyk wat met hulle gaan gebeur. luister, aarde! Ek bring onheil oor hierdie volk, hulle sal die vrugte pluk van hulle planne, want hulle het hulle nie aan my woorde gesteur nie, hulle het verwerp wat Ek hulle geleer het.

    Mense hou nie daarvan om te dink aan die konsep van ‘n 'Hel' nie. Oukei. Die probleem is egter dat die Hel glad nie 'n konsep is nie. Dit is 'n plek, 'n vreesaanjaende plek, 'n afskuwelike plek. Hier gaan baie, nee, die meeste mense, die ewigheid, geskei van God, deurbring,

    Ek weet, ek weet, dit klink of ek oorboord gaan, nie waar nie? Maar weet jy, dis die waarheid. Daar is die afgelope tyd 'n oproep op sosiale media wat so lui:

             Ons het predikers nodig wat sal preek dat die hel nog warm is, dat     die hemel regtig bestaan, dat sonde steeds verkeerd is, dat die         Bybel God se Woord is en dat Jesus die enigste weg tot redding is. 

    Ek weet nie hoe jou saak met die Here staan nie. Miskien het jy nog nooit aan jou ewigheid gedink nie. Miskien het jy in Jesus geglo, maar toe net op dieselfde manier voortgeleef asof niks ooit gebeur het nie. Of miskien glo jy met jou hele hart, maar sommige dae trek ‘n versoeking jou na die ander kant toe. As jy dus nog nooit jou ewigheid oorweeg het nie, kyk wat staan in:

    Jeremia 6: 16-19 So sê die Here: Staan by die kruispaaie en kyk, en vra na die ou paaie. Vra watter pad die beste is en loop dit, dan sal julle rus vind. Maar hulle het gesê: “Ons sal nie daardie pad loop nie.” Toe het Ek wagte oor julle aangestel en gesê: Luister na die ramshoring! Maar hulle het geantwoord: “Ons sal nie luister nie.” Daarom moet julle luister, nasies, en kyk wat met hulle gaan gebeur, luister, aarde! Ek bring onheil oor hierdie volk, hulle sal die vrugte pluk van hulle planne, want hulle het hulle nie aan my woorde gesteur nie, hulle het verwerp wat Ek hulle geleer het.

    God sal uiteindelik geduld verloor, soos Hy met Israel gedoen het. Wanneer jy by ‘n kruispad te staan kom en jy moet besluit watter pad om te kies, onthou: 

    Die hel is nog steeds warm, die hemel bestaan regtig, sonde is steeds verkeerd, die Bybel is God se Woord en Jesus is die enigste weg tot redding.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Bid vir die Tyd van Beproewing

    Send us a text

    Psalm 139:23,24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!

    Nie een van ons wil graag swaarkry nie, of hoe? Jesus het ons immers geleer bid: en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose? Het Hy nie?

    Dit is interessant hoe dit lyk asof party verse in die Bybel mekaar weerspreek. Wat gaan aan? As ons aanneem dat God nie 'n fout begaan nie, bedoel Hy dat al die verse daar is met ‘n doel en dat ons saam moet uitvind wat dit beteken.

    Hier is 'n vers wat lyk asof dit in skrille kontras staan met wat Jesus ons geleer het:

    Psalm 139: 23 en 24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!

    Dis 'n dapper vers om te skryf, nè. Deurgrond my ... deurgrond my hart. Die oorspronklike Hebreeuse teks dui op ‘n praktiese verhoor en toetsing. Dawid vra God om hom te lei deur wat God ook al nodig ag, om te verseker dat hy op die regte pad is. Hoekom? Omdat hy reeds besef het, dat hy vir God moet vra om sy motiewe te ondersoek nadat hy, net ‘n rukkie vantevore, sulke kras woorde teenoor sy vyande uitgespreek het. 

    Psalm 139: 19-22 As U tog maar die goddelose uit die weg wou ruim, o God! Gaan weg van my af, julle moordenaars! Dit is hulle wat bose planne teen U smee, wat so vals teen U optree. Moet ek u haters dan nie haat nie, Here, moet ek nie 'n weersin hê in mense wat teen U in opstand is nie? Ek haat hulle met 'n uiterste haat, want hulle is ook my vyande.

    Dit is kras, nè: Ek haat hulle met 'n uiterste haat! Al voel dit miskien geregverdig, weet Dawid dit is nie. Daarom pleit hy dat God hom moet verhoor, ondersoek en toets; om die motivering van sy hart te ontbloot. Hierdie pleidooi demonstreer ‘n God-bo-alles-benadering tot die lewe.

    Stel jy God bo alles in jou lewe?

    Here Deurgrond my, ... deurgrond my hart, ondersoek my.... Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!

    Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Onthou die Goeie Tye

    Send us a text

    Jesaja 25:1 Here, U is my God! Ek wil U prys en u Naam loof! U het wonders gedoen; dinge wat U lankal besluit het, het U volgens plan uitgevoer.

    Wanneer jy deur donker, moeilike tye worstel, is dit maklik om die helder, warm, sonnige dae te vergeet. Dit is maklik om swaarkry en somberheid toe te laat om jou onder te kry. 

    Ek het nou die dag iets gelees wat my regop laat sit het: Tot dusver het jy 100% van die moeilike dae in jou lewe oorleef. Dit gaan goed met jou!

    En as jy daaraan dink, is dit absoluut korrek. Maar as jy deur beproewing en depressie gaan - en ek oordeel jou nie – troos jouself daaraan dat ons almal dinge in die lewe het wat ons onderkry. Ja, toemaar, ek weet dit troos jou nie regtig om te hoor jy is nie alleen nie!

    En sê nou maar jy gaan vandag misluk?

    Miskien is jy op die oomblik in ‘n donker gat, of miskien het jy nou net uit een gekom ... of dalk lê daar net om die draai een vir jou en wag.

    Wat jou ook al op die oomblik pla, hier is 'n versie wat jou weer moed sal gee:

    Jesaja 25: 1 Here, U is my God! Ek wil U prys en u Naam loof! U het wonders gedoen; dinge wat U lankal besluit het, het U volgens plan uitgevoer.

    Dink terug, wanneer laas het God jou tydens 'n moeilike periode gehelp? Onthou jy? Hoe het jy gevoel? Hoe het dit gebeur? Hoe het God jou daardeur gedra? Was jy verbaas toe jy sien hoe Hy dit hanteer het?

    Slegte tye het in goeie tye verander, nie waar nie, want jou Vader in die hemel het wonderlike dinge gedoen! 

    Hy is baie liewer vir jou as wat jy jou in jou wildste drome sou kon  voorstel. Wanneer jy terneergedruk voel, dink terug aan die tye toe God wonderlike dinge vir jou gedoen het .

    Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Here Sal Jou Beskerm

    Send us a text

    Spreuke 3:25,26 Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie, want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in 'n strik beland nie.

    Ons benader nie altyd dinge op dieselfde manier nie. Daar is verskillende grade van intensiteit waarmee ons dit benader.

    Kom ons dink byvoorbeeld aan jou werk. Sommige dae kan dit voel asof jy jouself hart en siel daarin gooi; asof jy baie gedaan kry en baie bereik ... en baie bevrediging uit die resultaat put. Ander dae is daar iets anders wat jou gedagtes aflei. . .

    Ja, ons verstaan dat daar met alles in die lewe, wisselende vlakke van betrokkenheid is. Wat van jou verhouding met God? Wat is jou vlak van toewyding? Hoe belangrik is Hy vir jou?

    Ek glo in Jesus. Nou ja, dis mooi... maar hoe glo jy? Hoe lyk jou geloof presies as ‘n storm losbrand? Glo jy met 'n intellektuele, serebrale soort geloof? As dit so is, gaan dit tydens 'n storm redelik nutteloos wees, glo my. Of het jy genoeg geloof om te glo dat Hy te midde van die storm by jou sal wees? Miskien.

    Maar God wil nie hê dat jy slegs na Hom gryp as dinge verkeerd loop nie. Nee, daar is ‘n ander vlak van geloof wat God vir jou begeer. Hy wil hê dat jou geloof nie bepaal moet word deur jou omstandighede nie, want Hy wil jou ook beskerm sodat jy nie in die storm beland nie. Kyk wat sê:

    Spreuke 3: 25,26 Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie, want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in 'n strik beland nie.

    Met ander woorde, wees dapper wanneer ‘n storm jou bedreig, want God is nie net by jou nie, Hy is daar om 'n kragtige verskil aan die situasie te maak.

    ...want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in 'n strik beland nie.

    Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die ‘Charlie-Gibbs Fracture Zone’

    Send us a text

    Psalm 34:18,19 As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.

    Het jy al van die Charlie-Gibbs Fracture Zone gehoor? Dit is 'n stelsel van twee parallelle foutlyne wat ongeveer 2 500 kilometer, van Newfoundland in Kanada tot suidwes van Ierland, deur die Noord-Atlantiese Oseaan loop. Dis ongelooflik.

    Ondanks sy massiewe grootte, is dit eers in die laat 1960's ontdek omdat dit so diep loop. Dis tussen 700 en 4500 meter onder die oseaan. Dit is seismies baie aktief, wat beteken dat daar aardbewings voorkom en dat daar van tyd tot tyd ook lawa uitstoot.

    Soveel mense het oop wonde, groot ongeneesde wonde. Innerlike wonde wat so diep loop dat jy dit nie op die oppervlak kan sien nie. Oop, gapende wonde wat hulle van binne pynig. Wonde wat soms wat met pyn en woede uitbars. 

    Hierdie diep, pynlike, ongeneesde ‘foutlyne’ beïnvloed die lewens van soveel mense. Hulle harte is stukkend. Hulle gees voel verpletter. Dit is so seer dat hulle nie weet hoe om die pyn te stop nie.

    As jy so voel, of dalk iemand ken wat so voel, dan wil ek jou vandag aanmoedig om God se Woord te glo.

    Psalm 34: 18,19 As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.

    Wanneer niks help nie, en as dit lyk asof niemand die pyn wat jy voel, kan wegneem nie, roep tot die Here. Hy sal jou hoor. Hy sal jou red. Hoe weet ons dit? Hoe kan ons seker wees?

    Omdat God jou nooit in die steek laat nie. Hy kom altyd sy beloftes na. En terwyl jy miskien probeer om hierdie feit te verwerk, luister weer hier en neem sy Woord ter harte:

    Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • As Jy My Reistas Kon Sien!

    Send us a text

    Galasiërs 6:17 Niemand moet dit vir my verder moeilik maak nie, want ek dra al klaar die littekens van Jesus aan my liggaam.

    Daar is seker nie een van ons wat nie letsels saamdra van dinge wat ons in die verlede deurgemaak het nie. Dit is net hoe die lewe is. Waarom is so baie mense skaam oor hul letsels?

    Gedurende die afgelope agtien maande het my goed-gebruikte, baie geliefde tas die meeste van die tyd in die onderkant van my klerekas gestaan. Uiteraard is daar met die hele COVID-19-ding nie baie gereis nie.

    My arme tas is bedek met daardie etikette wat hulle by die vertrekpunt plak om dit outomaties deur bagasie-hantering na die regte vliegtuig te stuur. Dit het duike en skrape. Sy wiele is al verskeie kere vervang, en tog hou hy nog.

    Ek hou van daardie ou tas, dit het my deur die jare so goed behandel. Al daardie plakkers, daardie skrape, daardie letsels, getuig van jarelange diens.

    Die apostel Paulus was baie soos my ou tas. Hy het soveel ontberings beleef; vyf maal nege en dertig houe gekry, hy het lyfstraf gekry, hy is met klippe gegooi, hy was in die tronk, hy het skipbreuk gely en dan was daar talle sluipmoordpogings op hom uitgevoer. Luister wat hy sê in:

    Galasiërs 6:17 Niemand moet dit vir my verder moeilik maak nie, want ek dra al klaar die littekens van Jesus aan my liggaam.

    Met ander woorde, daardie letsels getuig van alles wat Hy vir God deurgemaak het. Hy gebruik dit as getuienis vir mense wat dinge vir hom moeilik probeer maak.

    Luister vir my. Daardie letsels is deel van wie jy is. Hulle getuig van dit wat jy deurgemaak het. Maar weet jy, letsels spreek ook van genesing. As ek so lief is vir 'n ou tas wat my getrou gedien het, dink net, hoe groot God se liefde vir jou is ... met jou letsels en al.

    Daardie letsels is mooi in sy oë. Daardie letsels wys dat jy aan Jesus behoort.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Is Jou Veiligheidsgordel Vas?

    Send us a text

    Spreuke1:32,33 “Die onkundiges se dwaling kos hulle die dood, die dwase word vernietig deur hulle selfversekerdheid, maar wie na my luister, sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie.”

    Probleme sal ons van tyd tot tyd tref, of ons dit nou wil weet of nie. Net wanneer dit lyk asof alles goedgaan, ontplof dinge! Probleme tref altyd wanneer ons dit nie verwag nie. En omdat dit ons onverwags tref, is die skok tien keer erger.

    Deur die jare het ek baie gevlieg. Dit is ongelukkig iets wat in die afgelope jaar of wat, as gevolg van inperkings, baie minder was, maar ek onthou heelwat senutergende oomblikke in vliegtuie.

    Omdat ek in Australië woon, is ek ver van alles af en dus is veertien-uur-lang vlugte nie vir my ongewoon nie. Ek het al opgelet dat die vlieënier altyd aanbeveel dat passasiers hul veiligheidsgordels vir die duur van die vlug vasgemaak moet hou, maar dat die meeste mense dit ignoreer. Onverwagte turbulensie en stories van nooddeure wat tydens die vlug oopgaan en mense wat buitentoe gesuig word, het my laat besluit om eerder versigtig te wees en altyd my veiligheidsgordel vas te hou.

    Spreuke1 bevat wonderlike wysheid. Ek wil jou regtig aanmoedig om jou Bybel te gryp en dit te lees. Dit spreek van die feit dat God se wysheid is soos iemand wat op 'n straathoek staan en ons roep. Maar die jammerte is dat die meeste mense dit ignoreer, omdat hulle selfvoldaan is. Wanneer terreur toeslaan, is hulle heeltemal onvoorbereid. Die hoofstuk eindig hiermee:

    Spreuke 1: 32,33 “Die onkundiges se dwaling kos hulle die dood, die dwase word vernietig deur hulle selfversekerdheid, maar wie na my luister, sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie.” 

    Erge onstuimigheid tref byna altyd sonder waarskuwing. Hier is die vraag: Is jy vasgegord?

    God se plan is om jou voor te berei op daardie angswekkende tye; om Sy wysheid vir jou aan te bied, voordat daardie verskriklike onstuimigheid toeslaan.

    ...maar wie na my luister, sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie.”

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Gebruik dit, of Verloor Dit

    Send us a text

    Sefanja 1:12,13 Daardie tyd sal Ek Jerusalem met lampe deursoek en die mense straf wat in hulle selftevredenheid dink: die Here doen nie goed óf kwaad nie. Hulle besittings sal geplunder word, hulle huise verwoes word. Hulle sal huise bou, maar nie daarin woon nie, wingerde plant, maar nie die wyn drink nie.

    God is 'n God van liefde. Niemand betwyfel dit nie. Hy roep ons om met oorgawe uit ons gemaksone te tree om Hom te dien. Hy wil nie sien dat ons op ons louere rus nie; Hy wil nie hê dat ons selfvoldaan raak nie.

    Selfvoldaanheid is een van die dodelikste sondes van almal. Hierdie selftevredenheid gryp ons lewens vas soos 'n verborge kanker; dit immobiliseer ons en beroof ons van God se planne vir ons lewens.

    Ek het dikwels gewonder waarom my pa my so hard gedruk het toe ek jonk was. Hy was nooit met tweede beste tevrede nie. Hy het altyd gesorg dat ek uitgedaag word om beter te presteer. Na al die jare kan ek sien wat hy gedoen het. Hy het gesorg dat ek, as sy geliefde seun, my volle potensiaal bereik. Ons Vader in die hemel doen presies dieselfde.

    In Sefanja 1: 12,13 staan: Daardie tyd sal Ek Jerusalem met lampe deursoek en die mense straf wat in hulle selftevredenheid dink: die Here doen nie goed óf kwaad nie. Hulle besittings sal geplunder word, hulle huise verwoes word. Hulle sal huise bou, maar nie daarin woon nie, wingerde plant, maar nie die wyn drink nie.

    In die oorspronklike Hebreeuse teks word die beskrywing van selfvoldaanheid voorgestel as melk wat skif of wyn wat suur word. Dit sê vir ons wat selfvoldaanheid aan ‘n mens doen. Daardie selfvoldane gevoel van tevredenheid lei tot 'n stagnante lewe, 'n niksseggende lewe.

    Laat ons baie duidelik wees hieroor. Selftevredenheid het geen plek in die hart van enige van God se kinders nie, nie joune of myne nie. God het vir jou 'n unieke geskenk gegee wat die res van ons nie het nie en Hy wil hê dat jy daardie gawe tot sy eer gebruik. 

    En wat Hy baie duidelik hier vir ons almal sê, is dat as jy dit nie gebruik nie, sal jy dit verloor.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

955 Listeners