
Sign up to save your podcasts
Or


Send us a text
Spreuke 27:10 Moenie by 'n vriend wat al jou pa se vriend was, verbygaan na jou broer se huis toe as jy moeilikheid het nie: 'n buurman wat naby is, is meer werd as 'n broer wat ver is.
Dis deesdae ‘n algemene verskynsel om vas te kyk in die gesigte van jonk en oud wat almal aan hulle slimfone vasgenael is. Ja, dit is frustrerend, maar dit vertel ons baie oor wat besig is om in ons samelewing, en inderdaad in ons eie lewens, te gebeur.
Dit was so anders toe ek grootgeword het. Ons was deel van ‘n gemeenskap, maar ek is bevrees dit is vandag vervang deur ‘n gees van individualisme. Voordat motors so volop was, het mense ‘n bus of die trein gehaal. Nou word die are in elke groot stad in die wêreld verstop deur motors. Motors met hoofsaaklik een persoon in.
Slimfone het ons enersyds meer aan mekaar verbind maar terselfdertyd meer geïsoleerd gelaat. Die ergste daarvan is dat ons dit net so aanvaar. Ons het ons hande in die lug gegooi, want dit is net soos dinge deesdae is. Maar hulle hoef nie te wees nie. Kyk wat sê:
Spreuke 27:10 Moenie by 'n vriend wat al jou pa se vriend was, verbygaan na jou broer se huis toe as jy moeilikheid het nie: 'n buurman wat naby is, is meer werd as 'n broer wat ver is.
Ek hou van hierdie versie, omdat dit vir my 'n aangrypende herinnering inhou. Maar weet jy, dit is inderdaad 'n opdrag van God om ‘n gemeenskap te bou van mense wat op mekaar kan vertrou. ‘n Veilige hawe waar jy selfs raad by jou pa se vriende kan vra. Met ander woorde, ons visie op gemeenskap moet baie wyer strek as die versmorende grootte van ons slimfoonskerms of selfs ons eie eng kringetjies.
Kyk rond. Watter geleenthede gee God jou om verhoudings te bou? Wie het nou jou hulp nodig? Wie in jou omgewing kan jy seën met 'n vriendelike woord of 'n helpende hand?
Hoe kan God se liefde deur jou na die hart van iemand wat Hom nou, vandag, dringend nodig het, vloei?
Moenie jou vriende of jou pa se vriende vergeet nie.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 48:15 Dié God is ons God vir altyd; Hy sal ons altyd lei.
Ek weet nie hoe perfek jou lewe is nie, maar selfs in my lewe in die bediening, is dit maklik om God uit die oog te verloor; om sy planne en doelstellings uit die oog te verloor; om jou uiteindelike doelwit mis te kyk. Ek glo dat ons almal verstaan waarvan ek praat. . .
Jy het waarskynlik daardie films gesien wat die gevegte van ouds uitbeeld. Mans in hul wapenrusting met hul swaarde. Die een leër teen die ander in die hitte van die stryd. Mans aan beide kante sterf links en regs en die bloed spat. Dis doodsangs, bloedstollende gille, chaos.
Hierdie tonele is vir my soos 'n saamgeperste metafoor van die lewe. Mans en vroue van God word afvallig. Hulle verloor die doelwit uit die oog. Hulle sterf in 'n ewigheid sonder Christus, alhoewel hulle voorheen geglo het.
As jy terugdink aan daardie ou gevegstonele in die films, is daar een ding wat hulle in gemeen het. Daar is altyd een man wat 'n banier dra. Hy word die vaandeldraer genoem. Sy taak was om die manskappe na hul doelwit te lei. Die vaandeldraer se banier was iets waarna hulle in die hitte van die geveg kon kyk, om hulle vorentoe te lei.
As die vaandeldraer sou val, sou 'n ander die banier optel en voor loop.
In Psalm 48:14 staan: Dié God is ons God vir altyd; Hy sal ons altyd lei.
Die gevegsmetafoor loop dwarsdeur daardie psalm. Dit gaan daaroor om ons fokus op God te hou; hierdie God, ons God ... wat ons God is vir ewig en altyd. Deur dik en dun. In die moeilike tye; daar in die hitte van die stryd en in die goeie tye.
En met al die chaos wat rondom ons aangaan, sal Hy ons lei, Hy sal ons vaandeldraerwees; van nou af, tot aan die einde van die tyd.
Moenie Hom uit die oog verloor nie. Moenie sy leiding versmaai nie. Jou God is jou gids.
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jesaja 26:2 - 4 Maak oop die poorte dat die nasie wat gered is, kan ingaan, die nasie wat aan God gehoorsaam is en wat op Hom vertrou. Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel. Vertrou altyd op die Here, want die Here God is 'n veilige toevlug.
Vrede is iets wat ons almal wil hê. Hoe klink 'n lewe sonder spanning en stres? 'n Lewe vry van onmoontlike uitdagings en bedreigings? 'n Lewe vry van konflik en verraad? Dis net wat ons nodig het. Vrede. . .
Maar dis nie hoe die lewe altyd verloop nie, nè? Daar is spanning en dreigemente; ‘n verbete stryd om te voer. . .En hoewel ons aan die een kant weet dat God 'n getroue God is, dink ek dat ons dit te dikwels in die hitte van die stryd vergeet, of hoe? Maar kyk wat staan in:
Jesaja 26: 2-4 Maak oop die poorte dat die nasie wat gered is, kan ingaan, die nasie wat aan God gehoorsaam is en wat op Hom vertrou. Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel. Vertrou altyd op die Here, want die Here God is 'n veilige toevlug.
Kan ek jou vra, vertrou jy dat God jou sal red as dit moeilik gaan? Steun jy op Hom? Vertrou jy Hom volkome en weet jy in die diepste van jou wese dat Hy sonder twyfel aan jou kant is?
Dit klink dit amper aanmatigend. Maar weet jy, dit is presies wat Hy wil hê ons moet doen. Dit is tog presies wat elke liefdevolle vader vir sy kind wil gee.
Ek wil beslis hê dat my kinders moet weet dat hulle altyd na my toe kan kom. Dit maak nie saak wat nie; ek sal daar wees vir hulle. Wat van jou?
God beloof ons in sy Woord, dat wanneer ons Hom vertrou, Hy ons ware vrede sal gee. As ons onder moeilike omstandighede op God steun, sal Hy ons altyd 'n plek van veiligheid gee.
As ons te midde van ons teëspoed op Hom vertrou, ontvang ons ware vrede. Ons is vir ewig veilig in sy hande. Hy gee vrede en veiligheid te midde van die stryd. Dis Sy belofte aan jou vandag. Dis Sy seën vir jou vandag.
En dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Korintiërs 8:9 Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word.
So tussen ons, kan ek jou vra: wat het jy vir die res van jou lewe beplan? Die meeste van ons weet nie hoe lank ons op hierdie aarde oor het nie. Wat wil jy in die tyd wat oor is, doen en bereik? Hoe wil jy jou laaste jare leef?
Dit laat ‘n mens dink, nè. Die meeste mense beplan om af te tree en hoop dat hulle genoeg sal hê om gemaklik te leef. Natuurlik is dit nie vir almal 'n opsie nie. Daar is mense wat bekommerd is dat hulle in armoede sal verval en hoop dat hulle op hul gesin sal kan steun.
Ons weet die behoefte aan sekuriteit is redelik universeel. En in baie kulture, ook my eie, verander dit baie vinnig en maklik in 'n begeerte om gemaklik te wees, met ander woorde ‘n behoefte om ryk te wees.
Een van die dinge wat ‘n mens by baie afgetredenes opmerk, is dat hul wêreld baie klein geword het. Ek het dit nie besef totdat 'n finansiële beplanner met baie ouer kliënte my daarop gewys het nie.
Ongelukkig is dit waar en dit klink nie baie goed nie.
Kan so ‘n eng prentjie regtig wees wat God vir die res van jou dae beplan het? Of is daar miskien 'n alternatief? Kyk wat sê:
2 Korintiërs 8: 9 Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word.
Jesus keer ons begeerte na selfsugtige gemak en veiligheid heeltemal op sy kop.
Hy het alles prysgegee sodat ons ryklik geseën kon word. Ek kan jou vertel dat die ouer mense wat ek ken; dié wat leef met die doel om ander te dien, ander te seën, op te offer vir ander, geneig is om 'n baie ryker lewe te lei as diegene wat op hulself fokus.
Laat ek jou dus weer vra, wat het jy vir die res van jou lewe beplan.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Petrus 2:13,15,16 Omdat die Here dit wil, moet julle julle onderwerp aan elke menslike owerheid, of dit nou die keiser as hoogste gesag is of die goewerneurs as sy gevolmagtigdes wat dié wat kwaad doen, moet straf, maar dié wat goed doen, moet prys. Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, 'n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat. Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien.
Ons het die afgelope agtien maande oor en oor gesien hoe die pandemie dwarsdeur die wêreld druk op samelewings, regerings en individue plaas. En dit lei tot konflik en onenigheid. Ons het dit selfs in ons eie land gesien. Ja, druk skep konflik.
Wat moet ons dan doen? Moet ons swak politieke leierskap blindelings ondersteun? Moet ons ons stem laat hoor? Moet ons stilbly, gedienstig wees of selfs aandadig aan die wandade van ons leiers wees? Dit is nie maklik nie.
Die apostel Petrus skryf aan Christene wat deur die destydse regeringsowerhede vervolg is die volgende in:
1Petrus 2:13 Omdat die Here dit wil, moet julle julle onderwerp aan elke menslike owerheid, of dit nou die keiser as hoogste gesag is of die goewerneurs as sy gevolmagtigdes wat dié wat kwaad doen, moet straf, maar dié wat goed doen, moet prys. Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, 'n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat. Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien.
Natuurlik is daar soms tye wat ons teen verkeerde dinge moet optree. Maar al te dikwels sien ek sogenaamde 'Christene' ander mense vurig teen hierdie of daardie party, of hierdie of daardie leier aanhits. Hoekom? Net omdat hulle kan. Ons raak krities en woedend as gevolg van die uitwerking wat die negatiewe sosiale media op ons het.
Hoe anders sou dinge nie gewees het as ons, wat onsself Christene noem, ons lewens sou gebruik om goed te doen nie? Dit beteken dat ons die regering met 'n regte gesindheid gehoorsaam, selfs as ons nie saamstem nie. Dit beteken dat ons sal kies om nie aan moddergooiery deel te neem nie. En wanneer ons voel dat dit belangrik is om ons teen 'n euwel uit te spreek, dit met wysheid en in liefde te doen.
Dit is wat God wil hê. Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Judas 18-20 Hulle het vir julle gesê: “Daar sal in die laaste dae mense wees wie se lewe deur hulle eie goddelose begeertes beheers word, en hulle sal met julle die spot dryf.” Hierdie mense bring verdeeldheid; hulle word deur hulle natuurlike drange beheers en nie deur die Gees van God nie. Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees.
Ons sien daagliks dat die versoeking om die tydlose waarhede van die Bybel vir al die verleidelike dinge van hierdie wêreld te verruil, inderdaad baie groot is. God se volk doen dit. Selfs hele kerke en denominasies, doen dit.
Dit maak nie saak waar jy woon, of aan watter kultuur groep jy behoort of van watter land jy kom nie, dis oral dieselfde. Mense dryf weg. Selfs mense wat ons almal ken en selfs mense wat naby ons is, dryf weg en verval in selfsug en onsedelikheid.
Wat dit nog erger maak, is dat hulle wil hê dat ons by hulle moet aansluit. Hulle hou niks daarvan dat ons anders as hulle is nie; dat ons God se geroepe volk is en weier om saam met die stroom meegesleur te word. Maar ons moet verstaan dat, wanneer ons weier om betrokke te raak by korrupsie, as ons weier om blatante seksuele onsedelikheid te onderskryf, wanneer ons weier om die moord op ongebore kinders te aanvaar, ons, onsself oopstel vir vervolging.
Judas 18-20 Hulle het vir julle gesê: “Daar sal in die laaste dae mense wees wie se lewe deur hulle eie goddelose begeertes beheers word, en hulle sal met julle die spot dryf.” Hierdie mense bring verdeeldheid; hulle word deur hulle natuurlike drange beheers en nie deur die Gees van God nie. Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees.
En net soos Judas hier skryf, veroorsaak dit verdeeldheid wanneer mense wegdryf van die weg van God af. Sommige mense, nee wag, baie van hulle, wil hê dat hulle geloof moet aanpas by die weg van hierdie wêreld. Maar dit is nie waartoe ek en jy geroep is nie. Dit is nie wat God vir jou en my beplan het nie.
Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees.
Word sterk in die Here. Bid in die Gees. Wees voorbereid – die vervolging kom.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Petrus1:5-8 En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken.
Ons wil dit nie erken nie, maar God ontwikkel ons karakter op sy beste wanneer ons swaarkry. Ons weet dit, en tog, as dit moeilik gaan, wil ons ons situasie as 'n verskoning gebruik om verkeerd op te tree. Hoekom doen ons dit?
Dit is 'n werklike dilemma, is dit nie? As ons aan die eenkant gedurende daardie moeilike tye met God saamwerk - Hom aanroep, begeer om Hom beter te leer ken en na Hom te luister - sal Hy ons sonder twyfel sterker en wyser maak. Hy sal ons sonder twyfel dié mense maak wat ons geskape is om te wees - mense wat na sy beeld gemaak is.
Maar aan die ander kant, as die lewe sy rug op ons draai, is dit moeilik. Ons is in die versoeking om hand uit te ruk. Ons is in die versoeking om moed te verloor. Ons is in die versoeking om op die ashoop te gaan sit. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak, nè?
Die apostel Petrus het aan Christene wat intense vervolging ondergaan ‘n brief geskryf. In plaas daarvan om hulle te pamperlang, sê hy presies hoe hulle moet optree in:
2 Petrus 1: 5-8 En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken.
Luister nou mooi: Ek en jy is buitengewoon geseën in Christus. En soos ons Hom beter leer ken, neem die seën toe. En dit vorm die grondslag van karakter, wat laag op laag op die Rots gebou word, sodat ons sy natuur aan diegene rondom ons kan weerspieël.
Jou karakter is belangrik vir God.
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 1:78,79 danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”
Met al die wel en wee wat ons die afgelope maande deurgemaak het; die ontwrigting en onrus soos nog nooit in menseheugenis beleef is nie, kan die ou, ou verhaal van Jesus vir ons soms minder en minder relevant voel.
Dit is waar. Vir baie van ons is dit nie altyd maklik om die verband tussen die Jesus-verhaal en dit wat in ons lewens gebeur, in te sien nie. Dit lyk asof die realiteit van ons alledaagse lewens oorneem. Ons denke word al hoe meer oorheers deur die druk wat ons ervaar, die onrus wat ons wêreldwyd sien.
Namate die duisternis naby ons lyf kom ... begin ons moedeloos word. Jesus? Watter moontlike verband kan daardie verhaal, daardie Persoon, hê, te midde van wat jy vandag deurgaan, hm?
Sagaria, Johannes die Doper se pa, het ‘n voorspelling aangaande Jesus gemaak. Ons lees in:
Lukas 1: 78,79 danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”
Ja, daar was gedurende die afgelope maande ʼn duisternis oor ons almal. En vir baie was die vrees vir die dood ‘n werklikheid. En is dit nie verskriklik hoe die pandemie onrus oor die hele wêreld veroorsaak het nie? Dit behoort ons glad nie te verbaas nie!
En in hierdie werklikheid, in ons werklikheid, spreek God sy liefdevolle genade oor ons uit, 'n genade wat diep uit sy groot en magtige hart kom. En in hierdie omstandighede wil God, deur Jesus, ons hoop gee. In die donkerte skyn Jesus soos 'n lig. Te midde van die onrus, lei Jesus ons na Sy vrede.
In jou duisternis, in jou vrees, in jou onrus, is Jesus die antwoord. Jesus.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Korintiërs 3:4,5 Ons sê dit omdat ons deur Christus ten volle op God vertrou. Uit onsself is ons nie in staat om iets te bedink asof dit uit onsself kom nie. Ons bekwaamheid kom van God,
Somtyds roep God ons om iets te doen waarvoor ons nie regtig bekwaam voel nie. En wat die saak vererger, is dat wanneer ons dan in geloof uitstap, die kritici uit die bloute kom om ons aan te val.
Jy was mos al in so ‘n situasie, nè? God roep jou om iets te doen waarvoor jy so onbekwaam voel, en as jy die sprong van geloof neem, dink mense dat jy mal is.
Toe ek my winsgewende besigheid wou verlaat, omdat ek geroepe gevoel het tot die bediening, was daar ‘n aantal mense, selfs mense wat na aan my was, wat my probeer om praat om dit te laat vaar. Een van my destydse sakevennote was regtig kwetsend daaroor.
Dit is presies wat met die apostel Paulus gebeur het. Hy was nie een van die twaalf oorspronklike apostels nie. Nee, sy ontmoeting met Jesus was heeltemal anders as die ander s’n, maar ten spyte daarvan het hy die goeie nuus van Jesus verkondig.
Daarom het die mense hom nie vertrou nie en hom beledig. Hulle het hom as 'n bedrieër beskou. Hoekom staan hy onwrikbaar vas? Hier is Paulus se antwoord in:
2 Korintiërs 3: 4,5 Ons sê dit omdat ons deur Christus ten volle op God vertrou. Uit onsself is ons nie in staat om iets te bedink asof dit uit onsself kom nie. Ons bekwaamheid kom van God,
Met ander woorde, sy vertroue was nie in homself nie en hy het hom nie laat afsit deur wat ander mense gesê het nie. Sy vertroue was in die feit dat God hom geroep het en die krag van God wat deur hom gevloei het, het baie lewens verander.
As 'n jong prediker, onthou ek dat ek soms deur die uitdrukkinglose gesigte van gemeentelede ontwrig is, net om later te ontdek dat God tog in daardie situasies lewens gered en verander het.
Gehoorsaam as God jou roep om uit jou gemaksone te tree om iets vir Hom te doen. Vertrou Hom, want dit is God wat jou in staat stel om dit te doen.
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 20: 2-5 Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood, mag die Naam van die God van Jakob u beskerm. Mag Hy u te hulp kom uit die heiligdom, u bystaan uit Sion. Mag Hy al u graanoffers onthou en u brandoffers aanneemlik vind. Sela. Mag Hy u gee wat u hart begeer en al u voornemens laat geluk.
Miskien gaan jy op hierdie oomblik deur die een of ander moeilike situasie; 'n uitdaging of ‘n beproewing. Wat jy nodig het, is dat God jou sal help. Nou ja, vandag bid ek dat Hy presies dít vir jou sal doen.
Koning Dawid was seker die grootste koning wat Israel nog gehad het. Hy het ‘n baie moeilike lewe gehad. Sy stryd was nie slegs teen sy voorganger, Saul, wat hom probeer doodmaak het nie. Leërs het hom bedreig. Selfs sy eie seun het probeer om sy lewe te neem. Sy eie seun!
Ja-nee, David kon getuig van baie moeilikhede. En daarom moet ons werklik aandag gee en luister as hy vir jou en my bid.
Psalm 20: 1-4 Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood, mag die Naam van die God van Jakob u beskerm. Mag Hy u te hulp kom uit die heiligdom, u bystaan uit Sion. Mag Hy al u graanoffers onthou en u brandoffers aanneemlik vind. Sela. Mag Hy u gee wat u hart begeer en al u voornemens laat geluk.
Ek weet Dawid verwys hier na dinge wat buite ons verwysingsraamwerk val, soos ‘heiligdom’, ‘offers,’ ‘Sion’. Maar wat Dawid hier doen, is dat hy, geïnspireer deur God die Heilige Gees, vir ons bid; ja, vir jou en vir my.
Dit is God se Woord en daar is krag in die Woord. Regte krag. Laat daardie Woord, daardie krag, jou bemoedig in jou dag van benoudheid. Mag die Heilige Gees sy vertroue en sy beskerming vir jou ‘n werklikheid maak.
Die Here antwoord jou in die dag van benoudheid! Die naam van God beskerm jou. Mag Hy sy hulp en sy onderskraging vir jou stuur. Mag Hy al die opofferings wat jy ter wille van Hom langs die pad gemaak het, onthou. Mag Hy vir jou jou hartsbegeertes gee en al jou planne laat slaag. Halleluja!
Vriend, dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

955 Listeners