
Sign up to save your podcasts
Or


Send us a text
Psalm 121:1,2 Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
Vir elkeen van ons is daar tye in ons lewe; situasies, omstandighede, verhoudings, waar ons eenvoudig nie op ons eie die mas kan opkom nie. En dit is op daardie tye en in daardie situasies, wat ons hulp gaan soek.
Ons neem, al te dikwels wanneer ons aan strooihalms vasklou, verkeerde besluite. Ek het dit al gedoen, jy het dit al gedoen ... en ons weet uit ervaring dat wanneer ons ons hulp op die verkeerde plek kry, dinge skeefloop.
Dit is iets wat die psalmis maar te goed geken het toe hy Psalm 121: 1,2 geskryf het:Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
Ons het sekerlik almal al "opgekyk na die berge" ... In moedeloosheid in die verte gestaar en gewonder hoe ons ons probleem gaan oorbrug. Maar wag ‘n bietjie: Destyds het afgode, valse gode, in tempels gewoon. En waar was hulle tempels? Op die bergtoppe natuurlik.
Kom ons kry duidelikheid oor die saak: afgode in hul tempels was en is nog altyd bedrieërs. Die beste raad wat die wêreld aanbied, is 'n leuen. Sukses is nog ‘n slagyster. As dinge regtig haglik is, kan geen wêreldse oplossings ons help nie. Daar is net Een wat kan. Die Here, die skepper van hemel en aarde. Die een ware God met die krag om 'n verskil te maak. Die een ware God wat ons liefhet. So lief het dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om te sterf om die prys vir ons sondes te betaal. En meer nog; om weer op te staan om ons 'n nuwe, ewige lewe te gee.
Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Samuel 1:6-8 Dan het die ander vrou haar baie gespot en verneder omdat die Here haar kinderloos laat bly het. So het dit jaar vir jaar gegaan: elke keer as Hanna in die huis van die Here gaan offer het, het Peninna haar gespot, sodat sy gehuil het en nie wou eet nie. Dan sê haar man Elkana vir haar: “Hanna, waarom huil jy? Waarom eet jy nie en waarom is jy hartseer? Is ek nie vir jou meer werd as tien seuns nie?”
As iemand anders seer het, is ons natuurlike neiging - en ek praat hier namens die manne - om die probleem op te los. Ons wil met 'n oplossing voor ‘n dag kom en indien ons nie kan nie, dan kry ons ‘n logiese rede om die probleem opsy te skuif. En.. hoe goed het dit tot dusver vir jou gewerk?
Ons gaan vandag voort met die verhaal van Hanna, die kinderlose vrou wat met teleurstelling en vernedering geleef het. Soos baie kinderlose vrouens jou sal kan vertel, was daar 'n biologiese en emosionele leemte in haar lewe; wat net deur een ding gevul kon word: 'n kind van haar eie. Kom kyk in:
1 Samuel 1: 6-8 Dan het die ander vrou haar baie gespot en verneder omdat die Here haar kinderloos laat bly het. So het dit jaar vir jaar gegaan: elke keer as Hanna in die huis van die Here gaan offer het, het Peninna haar gespot, sodat sy gehuil het en nie wou eet nie. Dan sê haar man Elkana vir haar: “Hanna, waarom huil jy? Waarom eet jy nie en waarom is jy hartseer? Is ek nie vir jou meer werd as tien seuns nie?”
Ons het gister op Peninna, die ander vrou, die ongenadige vrou, gekonsentreer. Ons het ook gesien hoe Elkana vir Hanna probeer liefhê. Maar... mans, mans, luister tog - hy was eenvoudig onnosel!
“Hanna, waarom huil jy? Waarom eet jy nie en waarom is jy hartseer? Is ek nie vir jou meer werd as tien seuns nie?”
Ag nee, Elkana! Is dit nou die regte manier om haar te troos? Dit draai dan alles om jóú!
Komaan ouens, die laaste ding wat sy te midde van haar diep seer nodig het, is selfgesentreerde manlike logika. Wat sy nodig het, is net dat jy daar is. Sy het net nodig dat jy dít verstaan. Sy het net nodig dat jy haar beskerm en vashou. Dis al.
Dit is God se Woord. Vars... vir jou... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Samuel 1:6,7 Dan het die ander vrou haar baie gespot en verneder omdat die Here haar kinderloos laat bly het. So het dit jaar vir jaar gegaan: elke keer as Hanna in die huis van die Here gaan offer het, het Peninna haar gespot, sodat sy gehuil het en nie wou eet nie.
Daar is regtig nare mense in hierdie wêreld. Mense wat voordeel sal trek uit die teëspoed van 'n ander persoon. Mense wat uit hul pad sal gaan om sout in 'n ander se wonde te vryf. Dit is hartseer, maar dis waar.
Die afgelope paar dae het ons tyd saam met Hanna deurgebring. Sy was ‘n vrou wie se onvermoë om kinders te baar in 'n samelewing waar die aantal kinders wat jy gehad het, gesien is as 'n maatstaf van God se seën oor jou lewe. . .
Hanna was een van Elkana se twee vrouens. Peninna, die ander vrou, was om dit onomwonde te stel, 'n aaklige mens. Ons lees oor Peninna se houding teenoor Hanna in:
1 Samuel 1: 6,7 Dan het die ander vrou haar baie gespot en verneder omdat die Here haar kinderloos laat bly het. So het dit jaar vir jaar gegaan: elke keer as Hanna in die huis van die Here gaan offer het, het Peninna haar gespot, sodat sy gehuil het en nie wou eet nie.
Kan jy jou die situasie voorstel? Hierdie Peninna was 'n sadistiese mens. Dis nogal snaaks vir my om so ‘n verhaal in die Bybel te lees. Dis nie wat ‘n mens in God se Woord verwag nie, maar weet jy, die Bybel praat oor dinge wat in ons lewens gebeur, die regte lewe. En dit is ... die regte lewe. Hierdie dinge gebeur.
Waarom dink jy het God gekies om hierdie spesifieke verhaal duisende jare gelede in sy Woord op te neem? Ek is seker daar is baie redes, maar die een wat vir my logies klink is dit: moenie soos Peninna wees nie.
Hoe eenvoudig is dit om, wanneer daar iemand is van wie jy nie hou nie, jou te verlustig in hul teëspoed? Ons kom so maklik in die versoeking om sout in hul wonde te vryf, maar: moenie soos Peninna wees nie.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Samuel 1:4,5 Elkana het gewoonlik op die dag wanneer hy geoffer het, dele van die offermaaltyd aan sy vrou Peninna en al haar seuns en dogters gegee. Alhoewel hy vir Hanna liefgehad het, kon hy vir haar elke keer net een deel gee, want die Here het haar kinderloos laat bly.
Hoe reageer jy as iemand anders ly? Dit is nie maklik, nè? Aan die een kant voel jy hulpeloos, en aan die anderkant, as jy sou inwillig om te help, besef jy jou hulp gaan baie van jou vra. Nou ja, hoe reageer jy?
Gister het ons vir Hanna in die Ou Testament ontmoet. Waar Elkana se ander vrou vrugbaar was, was Hanna nie in staat om vir hom kinders te baar nie. Ons sien in:
1 Samuel 1: 2 Hy het twee vrouens gehad. Die een vrou se naam was Hanna en die ander die vrou s’n Peninna. Peninna het kinders gehad, maar Hanna nie.
Wat Hanna se lyding erger gemaak het, was Peninna se gespot en vernedering. Ag nou ja, ek is so bly dat ek net een vrou het. Maar destyds was dit nie die geval nie.
Dit sou seker vir Elkana makliker gewees het om Peninna bo Hanna te verkies. Dit was immers Peninna wat vir hom kinders gegee het. Dit was asof Peninna sy guns verdien het, terwyl Hanna neerslagtig en huilerig was. Ja, dit lyk vir ons asof dit baie makliker sou gewees om Peninna meer aandag te gee en om vir Hanna te vermy. Maar Peninna was nie die een wat Elkana verkies het nie.
In 1 Samuel 1: 4,5 staan: Elkana het gewoonlik op die dag wanneer hy geoffer het, dele van die offermaaltyd aan sy vrou Peninna en al haar seuns en dogters gegee. Alhoewel hy vir Hanna liefgehad het, kon hy vir haar elke keer net een deel gee, want die Here het haar kinderloos laat bly.
Elkana het Hanna liefgehad. Ek is seker dat dit nie aldag vir Elkana maklik was om haar buie te hanteer nie. Sy liefde kon nie die leemte van 'n kind in Hanna se hart vul nie. Maar Elkana was besorg, geduldig en liefdevol teenoor haar.
Om iemand met ‘n groot seer in hulle lewe lief te hê, is 'n belegging. Dit vra baie opoffering van jou kant af. Dit is hoe dit bestem is om te wees.
En dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Samuel 1:2 Hy het twee vrouens gehad. Die een se naam was Hanna en die ander s'n Peninna. Peninna het kinders gehad, maar Hanna nie.
Is God 'n God wat seën? Absoluut. Ons kan maklik AMEN daarop sê. En daar is kere wat God sy seëninge weerhou. En soms veroorsaak die weerhouding van daardie een ding; daardie een deurbraak wat ons so dringend nodig het, baie pyn en swaarkry.
Ek dink dat dit vir 'n vrou wat 'n kind begeer, ‘n baie ontstellende ervaring is, as sy nie swanger raak nie, veral wanneer sy besef dat sy ouer word. Vir haar voel dit soos die weerhouding van God se seën.
Dit was Hanna in die Ou Testament se lot. Die vertraging van God se seën het 'n selfs meer kwetsende draai gehad. Ons lees in:
1 Samuel 1: 2 Hy het twee vrouens gehad. Die een vrou se naam was Hanna en die ander s'n Peninna. Peninna het kinders gehad, maar Hanna nie.
En Peninna het dit ingevryf. Jaar na jaar moes Hanna met die gevoel van haar onvermoë saamleef; die feit dat sy nie kinders kan hê nie, beteken dat daar fout met haar was. En dit, in 'n samelewing waar die aantal kinders wat jy het, gesien is as 'n belangrike maatstaf vir die mate van seën wat God bereid was om oor jou lewe uit te stort.
In die wêreld se oë moes Hanna beslis iets verkeerd gedoen het; iets om God aanstoot te gee. ‘n Mens kan sommer haar pyn aanvoel, nè.
Maar wanneer ons verder lees, ontdek ons dat Hanna uiteindelik 'n seun gekry het - die profeet Samuel - wat 'n deurslaggewende rol gespeel het, nie slegs in die geskiedenis van Israel nie, maar ook as voorvader van Jesus, die Verlosser van die wêreld.
Soms behels God se planne om ander te seën, lyding vir ons.
Dit is moeilik om te aanvaar, maar tog is dit die waarheid. As dit nie vir Hanna was nie, waar sou ons vandag gewees het?
God se plan is altyd die regte plan, al veroorsaak dit vir 'n tyd lank pyn.
Dit is Sy Woord. Vars‚ vir jou‚ vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 8:18-20 Toe Jesus die menigte mense rondom Hom sien, het Hy opdrag gegee om na die oorkant toe te vertrek. 'n Skrifgeleerde kom toe nader en sê vir Hom: “Meneer, ek sal u volg waar u ook al gaan.”Jesus sê vir hom: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens 'n rusplek vir sy kop nie.”
'As die hele wêreld maar net om my wou draai.' Is dit nie alte dikwels hoe ons dit wil hê nie? Ons weet dat dit onrealisties is, maar as ons eerlik is, wil ons regtig hê dat almal na ons pype moet dans; dat ons in beheer moet wees.
Die rede waarom ons so voel, is omdat ons geprogrammeer is met die idee dat die lewe - veral óns lewens - suksesvol moet wees. Wat is sukses? Wel, dit beteken dat ons in alles ons sin sal kry; dat ons alles sal kry wat ons wil hê en dat dinge op ons manier gedoen word. En weet jy, dis daardie standpunt wat ons verhouding met God vertroebel.
Dink vir 'n oomblik ‘n bietjie terug aan jou gebedslewe. Hoeveel van jou gebede bestaan uit dít wat jy vir God vra? Jy vra vir goed, asof sy planne rondom jou begeertes moet draai, jou gemak, jou ... sukses? Maar vir die Bybel is wêreldse sukses nie belangrik nie. Ons lees in:
Matteus 8: 18-20 Toe Jesus die menigte mense rondom Hom sien, het Hy opdrag gegee om na die oorkant toe te vertrek. 'n Skrifgeleerde kom toe nader en sê vir Hom: "Meneer, ek sal u volg waar u ook al gaan."
Jesus sê vir hom: "Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens 'n rusplek vir sy kop nie."
God se plan vir jou en vir my is nie 'n lewe van gemak nie, maar een van opoffering en soms, ja, soms van lyding. Dit is wat Hy vir die skrifgeleerde, wat Hom wou volg, duidelik wou maak.
Verstaan jy nie? As jy My wil volg, gaan dit nie 'n maklike pad wees nie. Dit gaan nie 'n lewe vol gemak en kompromieë wees nie, maar een van opoffering en selfs lyding.
Dit is wat dit beteken om jou kruis op te neem en Jesus te volg. Hy gaan nie volgens jou pype dans nie. Jy gaan nie in alles jou sin kry nie.
Jy kan besluit. Sal jy Hom in elk geval volg?
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 118:9-12 Om by die Here te skuil, is beter as om op hoë mense te vertrou. Nasies het van alle kante af op my afgestorm. In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan. Hulle het my omsingel, my van alle kante bestorm. In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan. Hulle het soos bye om my gepak, maar hulle het verdwyn soos doringtakke in 'n vuur. In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan.
Ons het almal vyande. Ons wens ons het nie gehad nie, maar ons het tog. Daar is sekere mense wat miskien jaloers is. Daar is dalk ander mense vir wie ons miskien te nagekom het. Dan is daar mense met wie ons glad nie klaarkom nie, omdat ons so baie van mekaar verskil.
Moenie my verkeerd verstaan nie, nie elke vyand daar buite wil ons doodmaak nie, maar daar is tog dié mense, wat sal verkies dat ons misluk of teëspoed kry. Daar is dus mense wat ons beslis nie voorspoed sal toewens nie. Dit is nie lekker om aan sulke mense te dink nie; maar hulle is nie aangename mense nie en hulle lok onaangename reaksies uit.
Ons lees in die Ou Testament van baie gebede van God se volk vir oorwinning oor hulle vyande. Soos die een in
Psalm 118: 9-12 Om by die Here te skuil, is beter as om op hoë mense te vertrou. Nasies het van alle kante af op my afgestorm. In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan. Hulle het my omsingel, my van alle kante bestorm. In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan. Hulle het soos bye om my gepak, maar hulle het verdwyn soos doringtakke in 'n vuur. In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan.
Wel, eintlik is dit 'n oorwinningslied. Dit vertel van hoe God telkemale die volk uit doodsgevare gered het. Maar wat beteken dit vandag vir ons? Kan ons dit op óns vyande toepas?
Ons vertrou alte dikwels op die verkeerde dinge. Ons vertrou op charismatiese leiers of ander mense, in onsself en ons vermoëns, en wie weet wat nog. Maar ons weet tog, dit is beter, baie beter, om op die Here te vertrou; want dan is ons vertroue in sy volmaakte oordeel. Dan is ons vertroue in sy krag. Dan is ons vertroue op Hom en ons weet dat Hy op die regte tyd die probleme sal hanteer.
Om by die Here te skuil, is beter as om op hoë mense te vertrou.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.
Wanneer jy ‘n spinternuwe uitdaging aanpak; een met baie goeie bedoelings - gesond eet, gewig verloor, iets spesifieks en noodsaaklik in jou lewe hanteer – dan is daar die risiko dat wanneer jy nuwe prioriteite in jou lewe kry, jou verhouding met Jesus skipbreuk gaan ly.
Daar is vandag baie Christene wat kan getuig dat hulle by tye die spoor byster geraak het. Ja, ons verstaan, jy het die beste voornemens gehad, maar op die een of ander manier het jy minder begin bid en jou Bybel baie minder gelees. Jy het baie minder aan God gedink en die mense om jou baie minder met sy Liefde geseën, as miskien 'n jaar gelede of vyf jaar gelede, of selfs langer.
As jy jou miskien op die oomblik op daardie plek bevind ... nou ja, miskien het God vandag ‘n afspraak met jou. Miskien, net miskien, is daar iets wat Hy vandag vanuit sy groot en magtige hart vir jou wil sê uit:
Filippense 1: 6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.
Verstaan jy dat God nog nie klaar is met jou nie! Jy het jou lewe destyds aan Hom gegee, toe Hy jou geroep het, jou aangeraak het en die deur na Homself vir jou oopgemaak het. Dit was sy keuse ... en Hy sal jou nie verlaat nie. En as jy ervaar hoe Hy jou vandag terugroep, luister na Hom. Spandeer tyd om te bid. Ja, vra Hom om vergifnis.
Goed, miskien het jou pad met Jesus ontspoor. Miskien voel jy spyt daaroor en nou voel jy skuldig ook. Maar luister, Jesus het vir jou gesterf om vir jou skuld te betaal.
Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jesaja 41:13 Moenie bang wees nie, al is jy niks meer as 'n wurm nie, Jakob, al is jy klein, Israel. Ék help jou, sê die Here jou Verlosser, die Heilige van Israel.
Ek dink jy ervaar die ergste vrees, wanneer jy in ‘n baie moeilike situasie verkeer, wat jy self veroorsaak het, wanneer jou mislukking of sonde, die situasie veroorsaak het, wat jou nou bedreig.
Ja, ek dink beslis daardie oomblikke wanneer ons ongetwyfeld weet dat hierdie nare situasie, waarin ons nou vasgevang is, ons eie skuld is, is die ergste. Want snaaks genoeg, dit is op daardie tye dat ons nie verwag dat God sal ingryp nie. Is ek reg?
Ek weet dit was my eie skuld. Waarom sou God nou ingryp?
Onthou jy die geskiedenis: God se volk was uiteindelik in die beloofde land, die land wat oorloop van melk en heuning. Maar hulle het verkies om ander gode te aanbid, en uiteindelik het Hy sy geduld verloor en die Babiloniërs gestuur om Jerusalem te vernietig, die tempel tot op die grond af te breek en sy volk as slawe in ballingskap te neem.
Wie se skuld was dit alles? Hulle skuld, nie waar nie? Maar op die vasgestelde tyd ... Let op dat die Here, net op die regte tyd, op God se tyd - opgedaag het. Ja, dit was beslis 'n lang tyd; sewentig jaar, ja, vir drie geslagte was hulle slawe in ballingskap. Maar onthou God se tyd is altyd die regte tyd.
Wat het die Here vir sy volk gesê?
Jesaja 41:13 Moenie bang wees nie, al is jy niks meer as 'n wurm nie, Jakob, al is jy klein, Israel. Ék help jou, sê die Here jou Verlosser, die Heilige van Israel.
Weet jy dat selfs as jy weet dat dit alles jou skuld is, wanneer jy in jou broek bewe, net op die regte tyd, d.w.s. op God se tyd, sal Hy opdaag. Hy sal jou red. Hy sal sy planne en doelwitte vír jou en deur jou bereik.
Ék help jou, sê die Here jou Verlosser, die Heilige van Israel.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 27:1 Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?
Daar is baie dinge, ontstellende dinge, wat met ons gebeur. En soms gebeur daar dinge wat regtig vreesaanjaend is. Wat doen ons in sulke omstandighede?
Ek het onlangs 'n onderonsie met ‘n man in die straat gehad. Hy het sy hond sonder ‘n leiband laat rondloop. Dit is teen die wet in ons woonbuurt. Plaas dat ek stilgebly het, maar ek moes toe net iets sê...
Wel, hy het net daar losgetrek. Hy was baie langer, jonger en sterker as ek, en hy het my baie aggressief ingevlieg. Hy het gelukkig nie handgemeen geraak nie, maar dit was so hittete. Ek kan jou verseker my hart het in my keel geklop.
Hoe reageer jy in daardie adrenalien-gevulde oomblikke? Dit maak nie saak of jy dit, soos ek, miskien oor jouself gebring het, en of dit heeltemal buite jou beheer was nie. Adrenalien skep 'n veg- of vlugreaksie, en in daardie oomblikke neem ‘n mens ondeurdagte besluite met ernstige gevolge.
Die Heilige Gees het tot my redding gekom: Wees stil. My vrees het bedaar. Daar staan in...
Psalm 27: 1 Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?
Ek en jy gaan nie altyd alles reg doen nie. Ons gaan dinge sê en dinge doen waaroor ons later spyt is. Dit is geen verrassing vir God nie. Maar Hy sien ons hart. Hy ken jou en glo my, Hy is daar om jou te beskerm, selfs al beteken dit, soos Hy dit met my gedoen het, om deur sy Gees vir my te sê om stil te bly.
Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

955 Listeners