God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Hou Dit In Gedagte!

    Send us a text

    Jakobus 1:19-20 My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. 'n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.

    Wanneer laas het jy in woede, sonder om te dink, vir iemand iets toegesnou? Iets wat skade berokken het. Iets waaroor jy spyt voel, en as jy daaroor nadink, baie graag ongedaan sou wou maak?

    Ons het elkeen ons eie kruitvat wat ‘n ontploffing kan veroorsaak, nè? Iets wat iemand sê of doen, vuur ons aan. En ons wil hulle instinktief presies vertel wat ons dink.

    Oor die jare was hierdie een ding die plek waar ek die meeste skade aangerig het; my grootste bron van spanning, wat selfs verhoudings beskadig het. Die probleem is dat ons dit nie kan terugneem nie. As dit eers gesê is, kan dit nie ongesê raak nie. En tog is hierdie 'n plek waar ons almal herhaaldelik geneig is om te struikel. Nou kom ons kyk wat is die antwoord:

    In Jakobus 1: 19-20 staan: My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. 'n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.

    As ons hierdie siklus van slegte gedrag wil breek, moet ons besluit om ons instinktiewe reaksie op daardie kruitvat te verander. En hier gee Jakobus - die broer van Jesus - ons die drie eenvoudige stappe.

    Eerstens, moet jy gewillig wees om te luister. Dis 'n taamlik vreemde opdrag. Luister na die ander persoon. Stel vas wat hulle motief  is. Waarom sê hulle wat hulle sê of doen wat hulle doen? Tweedens, moenie te gou praat nie. Praat eers wanneer jy hulle perspektief begryp, hulle redenasie snap, hulle motiewe mooi deurdink het. En uiteindelik, ontlont eers jou eie kruitvat en moet dan nie te gou kwaad word nie. As jy hierdie kosbare raad volg en die drie stappe uitvoer, sal jy sien dat jy baie minder gereeld beheer oor jou tong verloor.

    Kan jy my vertel van ‘n situasie waarin ‘n woede uitbarsting positiewe gevolge gehad het? Hm?

    ... ‘n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Verlep Jy?

    Send us a text

    Jesaja 58: 11 Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in die dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ‘n tuin met volop water, soos ‘n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

    Dit is 'n hartseer ding om te sien hoe 'n pragtige potplant verwelk, hoe sy blare hang en hoe hy verdor, net omdat iemand vergeet het om hom water te gee. Dit is nog hartseerder om iemand te sien wie se lewe baie soos daardie verdorde potplant lyk.

    Ek moet belydenis doen. Daar was al tye wat die potplante op my woonstelbalkon verwelk het, omdat die uwe vergeet het om hulle nat te gooi. Die son sak, die grond droog uit en hulle begin doodgaan. 

    En ek weet dat daar mense is wat presies soos daardie vergete potplant voel. Daar is tye in ons wandel met Jesus wat dit vir ons voel asof Hy 'n tree terug gegee het en ons alleen gelaat het. Dit voel asof, in plaas van daardie lewendige, oorvloedige lewe wat Hy belowe het, wel ... dit voel asof ons gaan sterf.

    Net ingeval jy vandag, of ooit in die toekoms so voel, wil ek 'n gedeelte uit die Woord met jou deel. 'n Belofte van God waarop jy kan staatmaak ... want Hy wil hê dat jy (en ek) moet leer om op Sy Woord te vertrou; leer om op Hom te vertrou. Is jy gereed? Hier is dit:

    Jesaja 58: 11 Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in die dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ‘n tuin met volop water, soos ‘n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

    Sien jy die woord altyddeur? Ander vertalings gebruik die woord “voortdurend” - met ander woorde, sonder ophou, sonder ooit om moedeloos te word met jou. Die woorde: 'Ek sal jou nooit in die steek laat of jou verlaat nie' is vandag net so waar soos toe die Here dit die eerste keer gesê het.

    Nou sê my, hoe kry jy die lewende water? Waar kry jy die krag vir daardie lam bene? Die antwoord is: Kom na Jesus toe.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Hoe jy Wag, is Belangrik

    Send us a text

    Ps 130: 5,6   Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, Ek wag op die vervulling van sy woord. Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die more wag, wagte op die more.

    Jy kan enige plek in die Bybel lees en jy sal gou-gou agterkom dat God van ons verwag om geduldig te wees. Hm, dis ‘n moeilike saak om geduldig op God se antwoord te wag. Ons verkies tog baie eerder ‘n kitsoplossing.

    Ons is almal verskillend. Sommige mense is meer voortvarend en aktief, terwyl ander weer rustig en ontspanne is. Ek is een van die eersgenoemde groep, daarom was die idee om te wag dat God dinge moet doen, nog nooit vir my maklik nie.

    Jy verstaan mos! As jy 'n deurbraak nodig het, wil jy dit mos nou hê, nie waar nie? As jy genesing nodig het of as jy probleme ondervind, wil jy nie wag vir God om dit volgende maand of selfs volgende week reg te maak nie. Jy wil hê dat Hy dit vandag moet regmaak!

         Die enigste ding om te doen is om te wag op God, omdat jy geen ander keuse het nie. Wag jy nou met 'n negatiewe houding? Wag jy met ongeduld, met ‘n gebrom in jou hart? Dit is waarskynlik hoe die spsalmskrywer gevoel het toe hy in Ps. 130: 1,2 uitroep: Uit die dieptes roep ek na U, Here, hoor tog my hulpgeroep. 

         Ons verstaan sy moedeloosheid. Maar net 'n paar verse later sê hy in:

    Ps 130: 5,6  Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, Ek wag op die vervulling van sy woord. Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre.

    Daardie woord "wag" beteken letterlik om met verwagting te wag, met hoop en met die vooruitsig op dit wat God gaan doen. Hoe kan die psalmskrywer daardie hoop hê? Omdat sy hoop in die Woord van die Here, is. ‘n Woord wat lewendig en aktief is, wat vir ewig sal bestaan en nooit sal misluk nie.

    Wag geduldig op die vervulling van sy Woord.

    Dit is God se Woord. Vars‚ vir jou‚ vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Gawe van Selfvertroue

    Send us a text

    2 Korintiërs 5:6-8 Daarom is ons altyd vol moed. Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie,want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie. Ons is vol moed en sou liewer ons verblyf in die liggaam wil verlaat en by die Here gaan woon. 

    Hulle sê dat die wêreld avonturiers nodig het. En dis waar. Ons het mense nodig wat berge klim, oor oseane vaar, die ruimte verken en dinge doen wat ons wildste drome oortref. Die probleem is dat die meeste van ons nie avonturiers is nie.

    Laat ons eerlik wees, ons hou daarvan dat die lewe gemaklik en voorspelbaar is. Ja, dit is nie te erg om onsself so af en toe in te span nie. Soms pla 'n bietjie opwinding ons nie te erg nie, maar dis tog verkieslik dat dit op die televisieskerm, eerder as in die werklike lewe, met ons gebeur!

    Ons Christene hou daarvan om die teks aan te haal dat ons deur geloof wandel en nie deur dit wat ons sien nie. Nou ja ... dit geld totdat ons nie kan sien wat volgende kom nie. Tot dinge ‘n bietjie te opwindend raak. Tot die lewe ons angstig maak. Dan smag ons na veiligheid en sekuriteit. Die apostel Paulus en volgelinge is vervolg, geslaan, uit die stad gejaag, hulle het skipbreuk gely ... En tog het hy die volgende uit daardie verskriklike situasies van lyding geskryf in:

    2 Korintiërs 5:6-8 Daarom is ons altyd vol moed. Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie, want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie. Ons is vol moed en sou liewer ons verblyf in die liggaam wil verlaat en by die Here gaan woon.

    Die kern van hierdie versies vir my is: altyd vol moed.

    Ons is altyd vol moed en vol vertroue, selfs as dit moeilik gaan, selfs as God 'n miljoen kilometer ver weg voel, selfs wanneer ... want ons lewe deur geloof, nie deur dit wat ons sien nie. 

    Ja, ek weet. Ons gaan baie uitdagende situasies beleef. En dit is in daardie tyd van beproewing wat ek en jy deur geloof op Jesus sal moet vertrou, want ons kan eenvoudig nie sien wat volgende kom nie. Dit is 'n les wat ons alleenlik gedurende daardie moeilike tye kan leer. Maar weet jy, God gee vir ons, terwyl ons dit leer, ‘n geskenk wat kosbaarder is as goud, 

    Moed en vertroue.

    Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wag om te Sterf

    Send us a text

    Filippense 1:20,21 Dit is my vurige verlange, en daarna sien ek uit, dat ek niks sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe, want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.

    Waaroor gaan die lewe? Gaan dit net daaroor om dag na dag op te staan en te wag op die onvermydelike einde? Sommige mense leef letterlik so, en hoe ouer ons word, hoe makliker word dit om net op die onvermydelike te wag. 

    Op watter stadium gooi ons die handdoek in? Ek het vyf-en-dertigjariges gesien wat moed verloor het en besluit het die lewe is futiel. Maar ek het gesien hoe honderd-en-twee-jariges doelgerig en met krag in die bediening werk.

    Ja, ek weet, op 'n stadium sal die ou liggaam, soos die spreekwoord lui, die tydelike met die ewige verwissel. Maar sê my, leef jy jou lewe voluit tot die tyd vir jou aanbreek, of wag jy net om te sterf?

    Die apostel Paulus het uit sy tronksel hierdie woorde:

    In Filippense 1:20,21 geskryf: Dit is my vurige verlange, en daarna sien ek uit, dat ek niks sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe, want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.

    Die antwoord vir Paulus was redelik eenvoudig: dit gaan nie oor hom nie, dit gaan oor Jesus. Sy doel was om God in sy lewe te laat werk, om sodoende eer aan Christus te bring. Dit het nie vir hom saak gemaak of die lewe regverdig of onregverdig was, en of sy omstandighede gemaklik of haglik was nie, of selfs, nie eers of hy sou lewe of sterwe nie.

    Daar is iets wat gebeur wanneer ons Jesus werklik die Here van ons lewens maak; wanneer ons Hom eerste plaas, in plaas van onsself.

    Hy blaas 'n gevoel van doel, krag, en hoop in ons siel in. Hy gee ons 'n lewe wat die moeite werd is om te leef. Die alternatief is om in jou eie tronksel vasgevang te wees waar jy sit en wag om te sterf. Hoe wil jy leef?

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Jou Maatstaf van Sukses

    Send us a text

    2 Korintiërs 10:12,18 Ons waag dit natuurlik nie om ons op een lyn te stel of te vergelyk met sekere mense wat so ‘n danige dunk van hulleself het nie. Hulle is dom: hulle meet hulleself aan hulle eie maatstaf met hulleself. Die man wat die proef deurstaan het, is nie die een wat homself prys nie, maar die een wat deur die Here geprys word.

    Verwaande mense, wat optree asof hulle altyd 100% reg is en almal dwing om na hulle pype te dans, is aaklig. Hulle laat ons gewone ouens minderwaardig voel. Hulle is die tipe ou wat jou mooi laat verstaan, hulle is beter as jy; hulle het die ‘t-hemp wat sê hulle was al daar en het dit al gedoen’!


    Ek moet jou sê, ek ly nie aan ‘n swak selfbeeld nie, maar deur die jare het ander mense se verwaandheid my al my eiewaarde laat bevraagteken. Dit gebeur deesdae baie minder, maar dit gebeur steeds nou en dan. Met die ouderdom het daar gelukkig wysheid gekom en my geleer dat ander mense se opinies nie my maatstaf van sukses is nie. Dit is 'n moeilike les om te leer, maar 'n belangrike les. Dit is hoe die apostel Paulus dit gestel het in:


    2 Korintiërs 10:12
    Ons waag dit natuurlik nie om ons op een lyn te stel of te vergelyk met sekere mense wat so ‘n danige dunk van hulleself het nie. Hulle is dom: hulle meet hulleself aan hulle eie maatstaf met hulleself.


    Hierdie verwaande mense het hul eie standaarde waarvolgens hulle hulself en ander oordeel. En hoe harder hulle skree, hoe meer eiewys hulle is, hoe meer hulle hulle wil en op jou en my probeer afdwing, hoe meer bewys hulle dat hulle niks weet nie.


    Die feit is, dat wanneer jy jouself aan hierdie mense se standaarde meet, gebruik jy die verkeerde maatstaf van sukses. Kom ons kyk wat is die regte maatstaf om te gebruik.


    In 2 Korintiërs 10:18 staan: Die man wat die proef deurstaan het, is nie die een wat homself prys nie, maar die een wat deur die Here geprys word.

    Die regte maatstaf van "sukses" (wat die woord ook al vir jou beteken) word nie deur hulle bepaal nie, maar deur dit wat God sê. God vra ons om vriendelik, nederig en vergewensgesind te wees; om selfs die ander wang te draai en die ekstra myl te stap...


    Wat tel, is om deur die Here geprys te word.

    Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Engtevrees

    Send us a text

    Kolossense 4:2 Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar.

    Het jy al ooit gevoel asof jy in 'n situasie of 'n reeks omstandighede verstrengel is tot op die punt waar dit voel asof daar geen uitweg is nie? Jy is heeltemal raadop en jy wonder hoe jy ooit hieruit gaan ontsnap? 

    ‘n Paar jaar gelede het ek 'n geknypte senuwee in my nek gehad. Ek was vir weke aaneen in absoluut ontsaglike pyn, en toe stuur hulle my vir 'n CT-skandering. Nie slegs moes my kop in een van daardie groot, swaaiende masjiene ingaan nie, maar hulle het 'n metaalplaat oor my gesig gesit, net 'n half sentimeter van my neus af. Ek kon niks sien nie.

    Die ondersoek was veronderstel om ongeveer twintig minute te duur en hoewel ek nie aan engtevrees ly nie, het ek na ongeveer 'n minuut paniekerig geword. Ek was in pyn, ek was in hierdie duisternis opgesluit en het paniekerig geraak. Ek was radeloos. Wat moet ek doen?

    Toe hoor 'n sagte, sagte stem ... bid! Daarom het ek my oë toegemaak om die bron van my irrasionele, maar baie werklike vrees te blokkeer, en ek het gebid. Ek het God die Heilige Gees gevra om my met sy vrede te vul. Ek het Hom bedank dat Hy op daardie aaklige plek by my was. En baie vinnig het die paniek verdwyn.

    Ek sal jok as ek sê dat ek die res van die prosedure geniet het, maar ek het dit verduur.

    In Kolossense 4: 2 staan: Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar.

     Daar gaan tye wees wanneer ons in 'n klein donker plek toegesluit is waar ons niks kan sien nie. Daar gaan tye wees wanneer ons radeloos van vrees sal wees.

    Maar my vriend, luister na my, God is op daardie plek by jou. 

    Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Waar is jou Beloning?

    Send us a text

    Kolossense 3:24..  omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.

    Dit is tog so lekker om 'n klop op die skouer vir goeie werk te ontvang. Ons hou almal daarvan, want slegs 'n klein bietjie erkenning laat jou goed voel. Die probleem is egter dat nie al die goeie goed wat jy doen, die nodige erkenning kry nie.

    Het jy al regtig baie hard gewerk en goeie werk gelewer en in plaas van dank of erkenning, behandel die mense jou asof jy 'n misdadiger is?

    Dit gebeur die hele tyd: óf hulle nou jaloers is, óf dalk ‘n slegte dag het en of hulle dalk bloot nare individue is. Goeie werk word dikwels nie die nodige erkenning gegee nie, en erger nog, dit wek alte dikwels kritiek en woede.

    Dis nie ‘n nuwe ding nie. Dit is presies wat met Jesus gebeur het. Hy was geneesheer en prediker; Hy was simpatiek teenoor gewone mense met desperate behoeftes en Hy het die geveinsdheid van die godsdienstige leiers ontbloot... en, nou ja, op die ou end het hulle Hom aan 'n kruis gespyker.

    Sê my, hoe hanteer jy dit? Hoe stap jy die volgende dag by die werk in? Met 'n glimlag en gereed om nog ‘n dag se uitnemende werk te lewer? Ons lees in:

    Kolossense 3:24 ...omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.

    Dis nou maar hoe dit is: sommige dae sal jou wonderlike werk  nie erken of beloon word nie. Sommige dae sal jou goeie bedoelings verkeerd vertolk word. Sommige dae sal jou uitnemendheid met woede hanteer word. Maar die Here weet wat gebeur. En op die regte tyd sal jy jou beloning van Hom ontvang. 'n Beloning wat groter is as enigiets wat hierdie wêreld bied.

    Hou dus aan om uitnemende werk te lewer. Hou aan met jou lofwaardige gedrag.

    Onthou dat jy jou beloning van die Here sal ontvang, wat jou sal gee wat hy aan sy volk belowe het.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wie Dien Jy Werklik?

    Send us a text

    Kolossense 3: 23 Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,

    Wanneer dinge nie so goed gaan nie, as ons teëspoed het, of  as daar konflik is - sê nou maar met 'n moeilike baas by die werk - is dit verbasend hoe ons beskouing van dinge kan verander. Ons het pas Sondag daardie pragtige  aanbiddingsliedere in die kerk gesing, maar vandag, wat Maandag is, wil ons ten alle koste wen.

    Konflik, hetsy tuis, by die werk, of met jou bure of met wie ook al, het 'n manier om ons fokus te verander. Ons trots kry die oorhand. 

    Ek verdien nie om so behandel te word nie. Ek verdien beter as dit!

    Dit gebeur dikwels in die werkplek. Ons werk is so alledaags en dit voel asof dit geen verband hou met die geloof in Jesus, wat ons sê ons het nie. Dit is duidelik dat baie mense hul geloof in een boksie hou en hul werk in 'n ander, asof dit twee heeltemal afsonderlike dinge is. Maar hulle is nie. Kom ons kyk wat staan in: 

    Kolossense 3:23 Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie, maar werk met 'n opregte hart uit eerbied vir die Here.

    Met ander woorde, doen wat jy ook al doen, goed. Doen dit met uitnemendheid. Doen dit op 'n manier wat die naam van Jesus eer, want enigiets minder as dit, is skynheilig. Dit is inderdaad skynheilig om te bely dat ek enersyds in die Koning van die konings en die Here van die here glo, en andersyds afskeepwerk doen, of erger nog, lui of oneerlik is. En ons weet, die wêreld haat 'n huigelaar.

    Erger nog, ons skynheiligheid bring die naam van Jesus dan in oneer. Is dít regtig wat ons wil doen?

    Dit maak nie saak wat jy doen nie; doen jou bes. Omdat jy dit nie vir 'n aardse meester doen nie. Alles wat jy doen, is vir die Koning van die konings en die Here van die here.

    Eer Hom met jou uitnemendheid. 

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Gehoorsaam Gesag

    Send us a text

    Kolossense 3:22 Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie, maar werk met 'n opregte hart uit eerbied vir die Here.

    Om 'n moeilike baas te hê is ‘n baie frustrerende en selfs pynlike situasie. As ons sê ‘eienaar of baas,’ praat ons hier van ‘n gesagspersoon in jou lewe, hetsy 'n ouer, of 'n baas of wie ook al, met wie jy nie saamstem nie. Hoe hanteer jy dit?

    Ja, ek weet ons hanteer dit dikwels glad nie goed nie. Ons hou nie daarvan nie, eintlik haat ons dit as mense met gesag besluite neem waarvan ons nie hou nie. Dit maak nie saak of dit die regte besluit, of ‘n verkeerde een was nie. As ons nie met die persoon saamstem nie, is ons geneig om verkeerd op te tree.

    Een van die mees algemene reaksies is om te besluit dat jy net jou energie mors as jy nie waardeer word nie. Ek sal hom leer! Ek sal net nie meer so hard werk nie. En so word ‘n futlose; ledige; ‘n passief-aggressiewe gedrag gevestig. Só word 'n werkplek toksies.

    Maar, sê my, is passief-aggressiewe gedrag die regte gedrag vir iemand wat hulleself 'n Christen noem?

    Kolossense 3:22 Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie, maar werk met 'n opregte hart uit eerbied vir die Here.

    In alles en hier op aarde selfs as hulle jou nie kan sien nie ... selfs as hulle jou nie goed behandel nie? Daar is geen loskom-kans nie. Daar is geen ontsnappingsklousule wat sê dat jy slegs moet gehoorsaam wanneer jy saamstem nie. Hoekom?

    Want jy moet die gesagspersoon, wat oor jou aangestel is, eerlik uit eerbied vir die Here dien.

    Jy is 'n kragtige getuie van God se liefde as mense sien dat jy onder moeilike omstandighede die regte ding doen; selfs as jy onregverdig behandel word, selfs as jy nie lus voel om saam te werk nie.

    ...wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word nie,

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

955 Listeners