God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Omhels Teëspoed

    Send us a text

    Spreuke 24:10 … As jy weifel op die dag van nood, is jy nie opgewasse daarvoor nie.

    Daar is tye in ons lewens wanneer mense, omstandighede en selfs ons eie emosies, teen ons draai. Ons noem daardie tye, tye van teëspoed. Niemand van ons wens onsself teëspoed toe nie, maar dan is daar tye wanneer die teëspoed ons inhaal.

     Kan ek jou vandag vra, hoe het jy die laaste keer gevoel toe jy teëspoed ervaar het; die keer toe voorspoed sy rug op jou gekeer het? Wou jy weghardloop en wegkruip? Toemaar, dit is 'n baie natuurlike reaksie. Ons ken dit almal baie goed.

    En weet jy, as iemand wat deur die jare baie tyd in vliegtuie deurgebring het, is ek telkens verbaas dat 'n vliegtuig altyd teen die wind opstyg. Dit klink tog of ‘n vliegtuig eerder saam met die wind moet opstyg om die krag van die wind van agter te hê.

    Hoekom? Omdat die wette van fisika bepaal dat ‘n vliegtuig met sy neus in die wind stygkrag kry as hy opstyg, of lugweerstand kan kry as hy land. 

    Dit is 'n les wat ons goed te staan kan kom as ons van teëspoed praat – gebruik die wind se krag om teen te beur, omhels die teëspoed. Kyk wat sê: 

    Spreuke 24:10 … As jy weifel op die dag van nood, is jy nie opgewasse daarvoor nie.

    Dit klink nogal ‘n bietjie kras, nè? En tog is dit juis hier wat ons krag getoets word. Dit is op daardie dag van teëspoed, waar ons krag om weer op te staan en die lewe in die oë te kyk, regtig die verskil maak.

    Niemand van ons voel gereed om teëspoed te omhels nie. Maar daar gebeur iets wanneer ons in vennootskap met God daardie teëspoed benader. Iets merkwaardigs.

    Net soos daardie loods van die vliegtuig in staat is om op die onsigbare wette van die fisika te vertrou, so ontdek ek en jy telkens dat ons op die onsigbare trou van God kan vertrou. 

    Moenie swak word wanneer teëspoed jou tref nie. Omhels dit. God is in daardie situasie by jou.

    Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Uitnemendheid teenoor Perfeksionisme

    Send us a text

    1 Johannes 1:8 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.

    Uitnemendheid is een ding, maar perfeksionisme ... dit is iets heeltemal anders. Ons het almal daardie een perfeksionis in ons lewens wat ons irriteer, wat ons mal maak en ja, wat baie keer op ons trap en baie pyn veroorsaak.

    Hulle sê dat te veel van 'n goeie ding is ook nie goed nie. Een of twee stukkies sjokolade, is binne perke. Maar ’n hele blok aand na aand...Nou-ja...

    En dieselfde geld vir uitnemendheid. Ons moet in alle opsigte en in elke situasie, die beste doen wat ons kan, gegewe ons gawes, vermoëns, middele en tyd. Absoluut! Maar daar is êrens 'n streep en wanneer ons daaroor trap, begin ons in 'n gees van perfeksionisme, eerder as van uitnemendheid funksioneer.

    En dan word dit lelik. Ek weet! Soos ek gesê het, was ek vroeër 'n perfeksionis en net soos 'n alkoholis wat herstel het, moet ek steeds versigtig wees. Wat is die verskil tussen uitnemendheid en perfeksionisme? Hier staan dit in:

    1 Johannes 1: 8 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.

    Ek besef dat ek oorgegaan het van uitnemendheid wat goed is na perfeksionisme wat sleg is, wanneer ek begin glo dat ek nie foute het nie, dit wil sê as ek ‘n arrogante houding het wat sê dat ek niks verkeerd kan doen nie. Dis daardie idiote daar buite, wat nie aan my hoë standaarde kan voldoen nie, wat die probleem is ... Dan weet ek dat ek verhoudings met my arrogansie beskadig, en dat ek myself in die naam van goddelike uitnemendheid, regverdig.

    Dis werklik ‘n openbaring: Perfeksionisme is uitnemendheid, gemeng met 'n ongesonde dosis arrogansie en selfwaan.

    As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Kragtige Kombinasie

    Send us a text

    Daniël 6:19-23 Die koning is na sy paleis toe en het 'n slaaplose nag deurgebring; hy het niks geëet nie en het niks gedoen om die tyd te probeer verdryf nie. Die volgende môre vroeg toe dit lig word, het hy opgestaan en is hy haastig na die leeukuil toe. Toe hy naby die leeukuil kom, het hy angstig na Daniël geroep en vir hom gevra: “Daniël, dienaar van die lewende God, was jou God wat jy met soveel volharding dien, in staat om jou van die leeus te red. Toe antwoord Daniël: “Mag die koning baie lank lewe! My God het sy engel gestuur om die bekke van die leeus toe te sluit sodat hulle my niks kon aandoen nie, want Hy het bevind dat ek nie teen Hom oortree het nie. Ook teenoor u het ek niks verkeerds gedoen nie, U Majesteit.”

    Soos ons gister gesien het, kan 'n gees van uitnemendheid die demone van middelmatigheid in sommige van die mense om ons opwek. Uitnemende prestasie het kritici en vyande. Hoe hanteer jy dit? Wat is die oplossing? 

    Die ding wat Daniel al die jare gelede in die leeukuil laat beland het, was die jaloesie van sy eweknieë toe hy bo hulle verhef is. Hy was bevorder omdat hy eerlik en ordentlik was en hard gewerk het. Daniël het 'n gees van uitnemendheid gehad.

    Daniël se kollegas het saamgesweer, koning Darius bedrieg, en geglo dat dit hulle probleem opgelos het. Hy is in die leeukuil gegooi, dit is verseël met 'n groot rots. Einde van die storie. Maar ons sien in:

    Daniël 6: 19-23 Die koning is na sy paleis toe en het 'n slaaplose nag deurgebring; hy het niks geëet nie en het niks gedoen om die tyd te probeer verdryf nie. Die volgende môre vroeg toe dit lig word, het hy opgestaan en is hy haastig na die leeukuil toe. Toe hy naby die leeukuil kom, het hy angstig na Daniël geroep en vir hom gevra: “Daniël, dienaar van die lewende God, was jou God wat jy met soveel volharding dien, in staat om jou van die leeus te red?” Toe antwoord Daniël: “Mag die koning baie lank lewe! My God het sy engel gestuur om die bekke van die leeus toe te sluit sodat hulle my niks kon aandoen nie, want Hy het bevind dat ek nie teen Hom oortree het nie. Ook teenoor u het ek niks verkeerds gedoen nie, U Majesteit.”

    Dit is maklik om moedeloos te raak as jy hard werk, jou beste lewer, en dan as gevolg daarvan, in die rug gesteek word. Maar dit is presies wat telkens gebeur. Wat is die oplossing?

    Wees in elk geval uitnemend en laat die res aan God oor! Wees in elk geval uitstekend, en vertrou op dié God wat in staat is om jou te beloon en te red.

    ...die bekke van die leeus toe te sluit sodat hulle my niks kon aandoen nie, want Hy het bevind dat ek nie teen Hom oortree het nie.

    Uitnemendheid en geloof is 'n kragtige kombinasie. 

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Vloek van Middelmatigheid

    Send us a text

    Daniël 6:4,5  Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel. Die ministers en die goewerneurs-generaal het toe iets teen Daniël probeer kry oor die manier waarop hy die administrasie behartig het, maar hulle kon nie. Hulle kon ook geen onreëlmatigheid vind nie, want Daniël was betroubaar en was aan geen nalatigheid of onreëlmatigheid skuldig nie.

    As ons met 'n gesindheid van uitnemendheid werk, is dit skokkend om te besef dat nie almal daarvan hou nie. Dit lyk asof ons gesindheid van uitnemendheid die demone van middelmatigheid kwaad maak.

    Om een ​​of ander eienaardige rede het ek nog altyd graag geleer. Op skool het ek hard gestudeer, nie omdat ek moes nie, maar omdat ek wou. Ek het dus gereeld eerste gestaan in my klas. 

    As gevolg hiervan het party kinders my sleg behandel. Ek was daardie ‘bleeksiel’ wat deur die ‘’in-groep” verwerp is. Ek kon dit nie verstaan ​​nie. My ma het my probeer troos deur te sê dat die ander kinders jaloers was. Nou-ja, dit het nie vir my sin gemaak nie.

    Gister het ons gesien hoe Daniel na die top van koning Darius se leierspan beweeg het en aan die hoof van die koninkryk gestaan het ... alles vanweë sy gees van uitnemendheid.

    Daniël 6: 4,5 Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel. Die ministers en die goewerneurs-generaal het toe iets teen Daniël probeer kry oor die manier waarop hy die administrasie behartig het, maar hulle kon nie. Hulle kon ook geen onreëlmatigheid vind nie, want Daniël was betroubaar en was aan geen nalatigheid of onreëlmatigheid skuldig nie.

    Uiteindelik het sy eertydse kollegas die koning mislei, en dit het Daniël in die leeukuil laat beland (ons praat môre meer daaroor). Die kern is dat wanneer ons met 'n gesindheid van uitnemendheid werk, sal ons inderdaad die demone van middelmatigheid, wat in sommige van die mense woon, laat opstaan. 

    Uitnemendheid bring ongelukkig kritiek en maak vyande. Lewer ten spyte daarvan, uitnemende werk. 

    ...want Daniël was betroubaar en was aan geen nalatigheid of onreëlmatigheid skuldig nie.

     Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Voortreflikheid Onderskei Jou

    Send us a text

    Daniël 6:1-4 Darius die Mediër het die koningskap oorgeneem toe hy twee en sestig jaar oud was. Hy het besluit om honderd en twintig goewerneurs-generaal aan te stel om oor sy hele koninkryk te regeer. Oor hulle was daar drie ministers, van wie Daniël een was en aan wie die goewerneurs-generaal verantwoordelik was sodat die koning se belange behoorlik behartig kon word. Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel.

    Mense wat met 'n gesindheid van uitnemendheid werk, is deesdae buitengewoon en skaars. Jy weet mos van watter soort mense ek praat. Diegene wat hul bes doen, ongeag of iemand anders kyk of nie. 

    Ek het onlangs besluit om my motorversekering oor te skakel na 'n maatskappy wat my byna die helfte van my jaarlikse premie spaar. Nou verwag jy seker dat so ‘n besparing noodwendig swakker kliëntediens sou beteken. 

    Maar niks kan verder van die waarheid wees nie. Die jong man met wie ek oor die telefoon gepraat het, was uitstekend - ek bedoel werklik briljant. Ek was verbaas. 

    Wanneer laas het jy iemand iets positiefs oor ‘n inbelsentrum van 'n versekeringsmaatskappy hoor sê?  Wat nog te sê van die feit dat iemand nie uitgepraat kan raak oor uitstaande kliëntediens nie? Regtig! Dit is werklik skaars ... en daarom kon ek nie ophou om mense daarvan te vertel nie. Uitstaande diens, in 'n wêreld waar mense so gewoond geword het om met baie minder as die beste tevrede te wees, is ‘n rare ervaring. Dis so ‘n bietjie hoe die koning Daniel, ervaar het. Ons lees in: 

    Daniël 6: 1-4 Darius die Mediër het die koningskap oorgeneem toe hy twee en sestig jaar oud was. Hy het besluit om honderd en twintig goewerneurs-generaal aan te stel om oor sy hele koninkryk te regeer. Oor hulle was daar drie ministers, van wie Daniël een was en aan wie die goewerneurs-generaal verantwoordelik was sodat die koning se belange behoorlik behartig kon word. Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel. 

    Of ons nou praat van ‘n gebeurtenis uit die verre verlede, of van ‘n jong verkoopsman, die kern is, dat uitnemende diens uitstaan. Kan ek jou vra; staan ​​jy om die regte redes kop en skouers bo die skare uit?  

    Die koning was so beïndruk met Daniël dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • “Seun, Daar is Geen Kortpaaie Nie”

    Send us a text

    Daniël 6:1-4 Darius die Mediër het die koningskap oorgeneem toe hy twee en sestig jaar oud was. Hy het besluit om honderd en twintig goewerneurs-generaal aan te stel om oor sy hele koninkryk te regeer. Oor hulle was daar drie ministers, van wie Daniël een was en aan wie die goewerneurs-generaal verantwoordelik was sodat die koning se belange behoorlik behartig kon word. Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel.

    Hoe meer verbruikers-geöriënteerd die wêreld word en hoe meer keuses ons het, hoe minder sien ons uitnemende diens. Gevolglik word die versoeking baie groot, dat ek en jy ook sommer afskeepwerk doen en so aanpas by die wêreld se verlaagde standaarde, eerder as om met 'n gesindheid van uitnemendheid te werk.

    Ek moes as kind elke Saterdagoggend my slaapkamer skoonmaak. Ek het afgestof, gestofsuig, opgeruim - selfs my klerekas en laaie reggepak. Sodra ek klaar was, het my pa die resultaat kom inspekteer.

    Om eerlik te wees, was die versoeking baie groot om af te skeep, vinnig klaar te maak en buite te gaan speel. Maar my pa het sy voet neergesit. As daar nog 'n paar donsies op die mat was, moes ek dit weer stofsuig. Ek het dit gehaat. Hoekom moes ek dit doen?

    Nou, baie jare later, verstaan ​​ek heeltemal waarom my pa daarop aangedring het. Hy het my geleer wat uitnemendheid beteken. My pa is lankal oorlede, maar ek kan hom nog hoor sê: "Seun, daar is geen kortpaaie nie."

    Ongelukkig neem so baie mense deesdae, oral waar hulle kan, kortpaaie. En kom ons erken dit maar, baie Christene doen dit ook. Maar dan was daar Daniël, die ou van die leeukuil en sy koning... Hulle geskiedenis vind ons opgeteken in:

    Daniël 6: 1-4 Darius die Mediër het die koningskap oorgeneem toe hy twee en sestig jaar oud was. Hy het besluit om honderd en twintig goewerneurs-generaal aan te stel om oor sy hele koninkryk te regeer. Oor hulle was daar drie ministers, van wie Daniël een was en aan wie die goewerneurs-generaal verantwoordelik was sodat die koning se belange behoorlik behartig kon word. Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel.

    Die genade van God is nie 'n verskoning om jou werk af te skeep nie. Christen-wees is nie 'n verskoning om minder werk te doen nie. Uitnemendheid is 'n eienskap van God, dié God na wie se beeld ek en jy gemaak is.

    En onthou: “Seun, daar is geen kortpaaie nie.”

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Beter of Bitter?

    Send us a text

    Hebreërs 12:15 Sorg dat niemand van die genade van God afvallig word nie. Sorg dat daar nie verbittering soos 'n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie.

    Soms kan die slegte dinge wat met ons gebeur, ons seermaak, ons verwond. Maar God wil daardie wonde genees. Ja, soms laat dit 'n litteken; dit verander ons in die proses, maar dit genees beslis. Maar tog te dikwels laat mense die wond nie toe om te genees nie. In plaas daarvan om beter te word, word hulle bitter.

    Teëspoed beïnvloed baie dinge in ons lewens: dit tas ons selfrespek, en ons selfbeeld aan. Dit laat ons twyfel aan ons vermoëns. Ons begin wonder oor die moontlikheid of ons suksesvol sal wees, al dan nie. Dit affekteer selfs ons houding teenoor ander mense... om net ‘n paar aspekte te noem... 

    Dit is belangrik om oor hierdie dinge te praat, want die invloed van teëspoed - 'n invloed wat 'n belangrike rol in jou en my lewens speel - kan ons ten goede of ten kwade beïnvloed. Dit kan ons beter of bitter maak.

    Hoeveel mense ken jy byvoorbeeld, wat verbitterd is? Mense wie se lewens op die een of ander manier verwond is deur die seer en die wonde van die verlede wat hulle met hulle saamdra.

    En net hier dring God se genade deur, omdat Jesus - soos Hy in sy eie woorde gesê het - Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep. (Luk 4:18)

    Hier is dus 'n kragtige waarheid wat jou kan help om jou van die bitterheid in jou hart te bevry:

    Hebreërs 12:15 Sorg dat niemand van die genade van God afvallig word nie. Sorg dat daar nie verbittering soos 'n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie.

    Die oorspronklike Grieks verwys na die "wortel van bitterheid" en jy weet die plant se wortel bepaal die uitkoms van die vrug. Kom na Jesus toe, as jy genesing van die bitterheid in jou verlede, wat jou gevange hou, wil hê. Ervaar sy genade - sy onverdiende guns teenoor jou.

    Jesus het gekom sodat jy beter kan wees, nie bitter nie. Genade.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Leer Hoe om Mislukking Reg te Hanteer

    Send us a text

    Spreuke 24:17,18 Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie, moenie juig wanneer hy ondergaan nie. Die Here sal sien wat jy doen, en dit sal verkeerd wees in sy oë, en Hy sal jou vyand nie verder straf nie.

    Ek dink nie een van ons word in die oggend wakker en besluit om daardie dag iets verkeerd te doen nie. Ons spring nie uit die bed en wonder: "Watter foute kan ek vandag maak?" nie. Maar troos, jouself daaraan; party dae gaan ons foute maak.

    Daar is niks erger as om deel van 'n organisasie, hetsy 'n werksplek, 'n sosiale groep en ja, selfs 'n gesin, te wees, waar daar 'n blaam-gerigte kultuur heers nie.

    Die oomblik wat iemand oortree, die oomblik wat iemand te kort skiet, die oomblik wat iemand betrokke is by selfs die kleinste foutjie, wat miskien nie eers hulle skuld was nie – is die gort gaar.

    Die gewoonte om die skuld op die ander ou te plaas, is omtrent die naarste ding waarvan ons ooit deel kan wees. Dit verkleineer, dit verneder, dit beroof nie net die betrokke individu nie, maar ook die res van ons, dit beïnvloed selfs ons potensiaal. En boonop affronteer dit God:

    Spreuke 24: 17,18 sê: Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie, moenie juig wanneer hy ondergaan nie. Die Here sal sien wat jy doen, en dit sal verkeerd wees in sy oë, en Hy sal jou vyand nie verder straf nie.

    Ja, soms is ek verantwoordelik vir 'n mislukking en soms is dit dalk jou skuld. Maar daar is 'n alternatief. Die oomblik wat ons ophou om te blameer en begin leer ... vervang ons die blaam-gerigte- kultuur met 'n kultuur wat sê: “Nee wag, laat ons mekaar eerder ondersteun as ons misluk. Kom ons leer uit ons foute. Laat ons verskoning vra en vergewe as dit nodig is. Laat ons saam vorentoe gaan en nie weer langs die verkeerde pad af gaan nie. Laat ons tog nie kwaaivriende word, omdat een van ons misluk het nie.”

    Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie, moenie juig wanneer hy ondergaan nie.

    Ondersteun die persoon wat misluk.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Toestemming om te Misluk

    Send us a text

    Psalm 73:26 Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.

    Mislukking is 'n feit van die lewe. Ons almal misluk gereeld omdat ons onvolmaakte mense is. Die vraag is egter: hoe reageer ons as ander mense ons in die steek laat? Met dieselfde genade waarmee God ons behandel, of met minder? 

    Die waarheid is dat ons almal van tyd tot tyd misluk. Dit is die reine waarheid. Soms slaag ons nie daarin om ander mense reg te behandel nie, of al probeer ons, misluk dit. En weet jy, soms kom ons ten aanskoue van almal, bedroë daarvan af.

    Dit het my onlangs opgeval dat ek, as leier, mense moet laat weet dat hulle my toestemming het om te misluk. Ek wil sien hoe hulle dinge aanpak; dat hulle bereid sal wees om te waag... met die volle wete, dat tensy God help, hulle inderdaad gaan misluk. 

    Daar sonder sal mense nie bereid wees om te waag nie. Hulle sal straf en vergelding vir mislukking vrees, en daarom sal hulle nie die onbekende aanpak nie. Hulle sal ook nie die uitdagende idees wat God hulle gee, beproef nie. Hoekom sou hulle?

    Onlangs op 'n spanvergadering het ek dit duidelik gemaak, dat hoewel daar geen plek vir luiheid, oneerlikheid of 'n slegte houding is nie, verwag ek nie net dat elkeen van ons op 'n stadium sal misluk nie, maar dat dit heeltemal aanvaarbaar is. En as mense wel misluk, sal ek daar wees, by hulle, om te help.

    Toestemming om te misluk, is die sleutel vir mense om hul lewensdoel te bereik; om die uitdagende idees wat God hulle gee, na te jaag.

    In Psalm 73:26 staan: Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd. 

    God weet dat ons gaan misluk, maar Hy bly getrou. Hoekom sal ons nie dieselfde doen nie?

    Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Nie in Jou Eie Krag Nie, Maar...

    Send us a text

    1 Kronieke 16:11 Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid.

    Ek het al gehoor hoe mense sê dat God jou nooit vra om iets te doen waarvoor jy nie toegerus is nie. Hm. Ek weet nie waar hulle vandaan kom nie, maar dit lyk asof God my voortdurend vra om dinge, wat ver bo my vuurmaakplek is, te doen. 

    Nie een van ons hou daarvan om onbekwaam te voel nie. Jy hou nie daarvan nie, en ek ook nie ... maar as ons eerlik wil wees, is die waarheid dat ons dikwels gekonfronteer word met dinge wat buite ons ervaringsveld lê.

    Toe ek kinders grootgemaak het, dink ek nie ek het ooit heeltemal soos ‘n perfekte pa gevoel nie. Of wat nog van gister, toe ek 'n moeilike vergadering moes lei. Ek het geweet dat daar konflik gaan wees, en hoewel my gawe een van leierskap is, het ek regtig nie geweet of ek die vaardigheid het om die mense in harmonie te laat funksioneer nie.

    Wat van jou? Wanneer laas het jy 'n bietjie onbekwaam vir ‘n taak gevoel?

    Ek het al Christene hoor sê, en miskien het jy ook al gehoor dat hulle sê, dat ons nie dinge uit ons eie krag moet doen nie, maar in God s'n. Dit klink mooi, maar wat beteken dit eintlik en hoe is dit veronderstel om te werk? Ons lees in:

    1 Kronieke 16:11 Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid.

    Koning Dawid, wat deur soveel verskriklike, lewensbedreigende situasies was, het dit geskryf met die wysheid wat nabetragting bring. Dit is wysheid wat uit twee dele bestaan:

    Eerstens, moet jy op God vertrou vir krag. Moenie twyfel nie, moenie die kluts kwytraak nie, moenie bekommerd wees nie ... wees afhanklik van God vir sy krag. En tweedens, hoe kry jy sy krag? Deur altyd - het jy dit verstaan? Altyd – sy hulp te vra.

    As jy die volgende keer onbekwaam voel, gaan na God en vra vir sy krag. Want dit is presies wat Hy wil hê jy moet doen.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

955 Listeners