Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
Spreuke 28:5 Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie; dié wat na die wil van die Here vra, het 'n goeie begrip van alles.
Ons werk al te dikwels met dubbele standaarde wanneer dit by geregtigheid kom. As ons aan die ontvangkant is, is ons standaard hoog. Ons verwag dat ons regverdig behandel sal word. Maar as die rolle omgekeer is ... dan is ons standaard weer hopeloos te laag.
Een van die moeilikste dinge wat ek in ‘n leiersposisie moet doen, is om mense af te dank. Ek moes dit gedurende die afgelope veertig jaar miskien ‘n dosyn keer doen, en dit was nog nooit lekker nie.
Maar weet jy: as jy die mense nie kan verander nie, moet jy hulle probeer help en soms by hulle aanpas. En tog is die hoofsaak om die betrokke individu regverdig en waardig te behandel.
Dit beteken om met hulle te praat, vir hulle mooi te verduidelik hoe en waar hulle nie heeltemal aan die vereistes voldoen het nie. Gee hulle dan die geleentheid om hulle standpunt te stel en die nodige aanpassings te maak.
Ons het onlangs in die bediening vir agtien maande lank met ‘n persoon hierdie proses deurgemaak. Party mense sal redeneer dat dit heeltemal te lank is, en glo my, dit was nie maklik nie. Hoe meer grys hare ek in die proses gekry het, hoe nader het ek aan Jesus gekom, en hoe meer het ek geleer om mense regverdig te behandel.
In Spreuke 28:5 staan: Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie; dié wat na die wil van die Here vra, het 'n goeie begrip van alles.
Wie in jou lewe kom nie hulle plig na nie, presteer nie, doen nie wat hulle veronderstel is om te doen nie? Maar sê my, behandel jy hulle regverdig?
Het jy hulle eksplisiet vertel waar hulle tekort skiet? Het jy die tyd geneem om hulle kant van die saak te hoor en te verstaan? Het jy hulle die tyd, die hulp en die geleentheid gegun om hul lewens te verander?
As jy hulle nie gehelp het nie, was dit onregverdig. Enigiets minder as dit, is nie geregtigheid nie. Ten minste nie wanneer ons van God se geregtigheid praat nie.
dié wat na die wil van die Here vra, het 'n goeie begrip van alles.
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 73:26 Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.
Identiteitspolitiek is deesdae besig om die wêreld te oorheers. Dit beteken dat as jy my op enige manier kritiseer, my leefstylkeuses, my standpunte, ensovoorts, val jy my identiteit aan en jy het geen reg om dit te doen nie.
Ek is seker jy het al gesien hoe identiteitspolitiek in die alledaagse lewe afspeel. As jy nie saamstem met my politiek, my seksualiteit, of my ideologie nie ... beroof jy my van wie ek is!
Jy moet deesdae so versigtig wees, want jy kan so maklik vir iemand aanstoot gee.
Wil ons mense se gevoelens doelbewus seermaak? Natuurlik nie! Maar terselfdertyd moet ons in staat wees om vrylik gedagtes te kan wissel; om oor idees te kan debatteer en inderdaad vrylik te kan verskil van die volgende persoon. Vryheid van spraak is immers slegs vryheid van spraak as dit die dinge waarmee jy saamstem insluit SOWEL AS dinge waarmee jy nie saamstem nie.
Waarom praat ons hieroor? Omdat hierdie slagoffer-mentaliteit - en laat ons duidelik wees, dit is wat dit is! – baie aansteeklik is. Ons voel verontreg wanneer mense daar buite ons geloof in Jesus aanval. Dit is nie regverdig nie. Hulle moet nie toegelaat word om dit te doen nie ...
Is dit moeilik as iemand ons geloof kritiseer of ons verkleineer? Ja dit is! Natuurlik is dit. Nou ja ... wat is dan die antwoord?
In Psalm 73:26 staan: Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.
Die antwoord is dat God jou krag is. Die antwoord is dat wanneer mense jou oor jou geloof aanval, jou vermy, beledig en verkleineer ... kan jy jou met volle vertroue jou tot Hom wend, met die wete dat Hy jou bron van krag is en dat jy altyd syne is.
Moenie toelaat dat identiteitspolitiek jou beïnvloed nie. Moenie die slagoffer speel nie. Dit sal jou vernietig.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jesaja 58:11 Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie.
Het jy al ooit gebid: "Here, help my asseblief uit hierdie gemors uit" ... en al wat jy kry is ... doodse stilte? Niks. Goed, wat nou? “Wat is aan die gang, Here?”
Ons het almal gereelde voeding nodig. Ons kan vir 'n kort tydjie sonder vloeistowwe oorleef, maar na ‘n ruk sal ons organe ophou funksioneer en binne 'n paar dae sal ons vergaan. Ons kan baie langer sonder kos klaarkom, maar uiteindelik is die uitkoms dieselfde.
En weet jy, daardie waarheid is nog erger, as jy in 'n geestelike woestyn is, op daardie plek wat die Bybel ‘n "dorsland" noem. Wanneer alles rondom jou droog en dor is, as daar nêrens 'n stukkie kos of water is om jou te versterk nie ... dan is die vraag: waar kry jy voeding vandaan? Hier is die antwoord in:
Jesaja 58:11 Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie.
Ons dink graag dat as ons in God glo, Hy sommer dadelik 'n towerstaf sal swaai en ons uit daardie droë plek red. Ja, soms doen Hy dit, maar dit gebeur nie sommer elke dag nie. O nee, Hy doen iets baie beter.
Hy gebruik daardie geleentheid om ons deur daardie dorsland te lei. Hy is by ons en as ons net ons hand na Hom wil uitsteek, sal ons ontdek dat Hy in al ons behoeftes sal voorsien. Hy sal ons lam bene sterk maak. Hy sal strome uit die droë grond laat opkom ... strome wat nooit opdroog nie, omdat die Gees van God nooit opdroog nie.
Hoe wonderlik is dit om te weet dat God ons te midde van die moeilikste omstandighede kan lei en versterk, dat Hy sy seën oor ons kan uitstort.
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Klaagliedere 3:25,26 Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra; dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here;
Ek moet jou ‘n geheim vertel. Geduld is nie een van my sterk punte nie. Ek is nie geduldig nie! By my is dit ‘n saak van "laat ons dit NOU klaarkry". En tog blyk dit dat dit vir God uiters belangrik is dat ons kan wag; dat ons moet leer hoe om geduldig te wag.
Dit klink bekend, nie waar nie? Jy het iets nodig, jy wil iets hê ... en jy wil dit nou hê! Maar ons leef in 'n wêreld waar ons nie nou dadelik alles kan kry nie. Ons leef in 'n wêreld waar goeie dinge vertraag, uitgestel of selfs gekanselleer kan word. Dit is net hoe die lewe is.
As ons eerlik wil wees, is ons geneig om ongeduldig te word. Ongeduld lei tot 'n gekerm en ‘n gekla. Dit lei weer tot ‘n slegte houding. Ons slegte houding vertroebel ons oordeel. Ons neem oorhaastige besluite. Ons doen dom dinge. Ons beskadig verhoudings.
Dit klink nog steeds vir jou bekend? Ek vermoed so, want dit is 'n pad wat ons almal al afgelê het. Nou ja ... wat is die alternatief?
Die alternatief is om te weet dat God geduld na waarde skat. Ons lees in:
Klaagliedere 3: 25,26 Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra; dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here;
As die bus, of vliegtuig wat jy ook al moet haal, laat is, het jy geen keuse nie. Jy moet wag. Dis nie waarvan ons hier praat nie...
Dit gaan oor hóé ons wag. Wag jy met 'n negatiewe houding, of wag jy op God? Wag jy geduldig op Hom of vertrou jy op wêreldse dinge? Wag jy stil op die Here om jou te red ... of hardloop jy woedend rond? Wel? As jy moet wag, hoe wag jy?
Dit is goed om stil te wag tot die Here jou red.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Hebreërs 10:35 Julle geloofsvertroue moet julle dus nie prysgee nie: dit hou groot beloning in.
As ons teëspoed ervaar, voel ons dikwels glad nie dapper nie. Om eerlik te wees, ons voel verlam van angs en vrees. Maar dit beteken nie dat die moed ontbreek nie.
Het jy al ooit gevoel dat God jou uitdaag om in die onbekende uit te gaan? Die lewe het net mooi seepglad verloop ... maar toe skielik het die water troebel geword. Die son het verdwyn. Dinge was nie meer so duidelik en so voor die hand liggend soos wat jy dit sou wou hê nie.
En dan ... dan verander dinge van sleg na nog slegter. Miskien sê mense nare dinge oor jou? Miskien het jy 'n pos of bevordering misgeloop weens jou geloof in Jesus? Dit gebeur meer dikwels as wat ons dink...
God het 'n snaakse gewoonte, om te midde van sulke situasies, ons op te roep om die onbekende te betree. Miskien om diegene wat ons vervolg, lief te hê? Miskien om 'n sprong in die geloof te neem? Miskien is dit iets nuuts, iets riskants, wat jy moet aanpak? Iets wat, met alles wat op die oomblik in jou lewe aangaan, sleg skeef kan loop.
Die skrywer van die Hebreërboek skryf juis in so 'n situasie aan
diegene wat deur baie moeilike tye is om hulle aan te moedig. Hy sê in:
Hebreërs 10:35 Julle geloofsvertroue moet julle dus nie prysgee nie: dit hou groot beloning in.
Moed is 'n interessante ding. Dink daaraan. Dit is iets wat jy slegs nodig het, as jy bang is. Jy het beslis al nare goed oorgekom. Jy was al voorheen dapper genoeg om God te eer te midde van teëspoed. En dit wys mos dat jou moed nie ontbreek nie, al voel dit op die oomblik nie so nie.
Moet dus nie die moed verloor wat jy in die verlede bewys het nie.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 3:8 Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”
Niemand hou van teëspoed nie. Dis nou maar ’n feit. Jy hou nie daarvan nie en ek ook nie. Dit maak nie saak hoe graag ons 'n maklike lewe begeer nie, teëspoed duik op die mees onverwagte tye op.
In al die tyd wat ek self ligte vliegtuie gevlieg het - en tot onlangs het ek baie daarvan gedoen - is dit vir my nog altyd ‘n raaisel dat vliegtuie altyd teen die wind opstyg, en nie met die wind van agter af nie.
Dit is so kontra-intuïtief. Vir oningewydes (wat ek ook vroeër was) sou dit sinvol wees om 'n bietjie woema uit die wind te kry deur ‘n bietjie stootkrag van agter te hê. O nee, die aërodinamika vertel ons die vliegtuig het die wind onder sy vlerke nodig om te kan opstyg.
Maar soos jy weet, kan wind regtig onvoorspelbaar wees. So kry ons dikwels die wind van voor en in plaas daarvan om die teëspoed vierkantig in die oë te kyk, is ons instink om daarvan weg te hardloop. Maar dit is nie hoe dit werk nie ... altans nie in die Koninkryk van God nie, want so dikwels is dit God self wat die wind aanblaas om verandering te laat plaasvind. Die teëspoed is bestem om ons iets te leer, te help groei en sterker te word, iets wat ons dikwels nie geweet het, ons nodig het nie.
En die manier om daardie krag te kry, om op te staan, om God se oorwinning in jou teëspoed vas te gryp, om sy doel met jou lewe te bereik... is om vas te byt en sy wind onder jou vlerke te kry. Kyk wat staan in:
Johannes 3: 8 Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”
Dikwels weet ons nie waar Hy vandaan kom of waarheen Hy ons neem nie. Maar Hy doen dit. Vertrou Hom.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Petrus 1:13 Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.
Dit is moeilik om nie tot die gevolgtrekking te kom dat politieke korrektheid die vlak van die absurde bereik het nie. Dit is iets wat ons vryheid van uitdrukking, ons vryheid van geloof, ons vryheid om ons Christelike geloof uit te leef, bedreig.
'n Natuurlike reaksie is om laer om ons geloof te trek en ons vryheid van uitdrukking te verdedig. Moet my nou nie verkeerd verstaan nie, die twee dinge lê my ook baie na aan die hart ... maar wanneer die Christelike etiket vir ons ‘n lisensie word, glo ek opreg dat ons as Christene die kluts kwytgeraak het. Ons lees in:
1 Petrus 1:13 Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.
Petrus het hierdie woorde aan van die vervolgde Christene, wat ontsettend gely het, geskryf. Hy het hulle nie opgeroep om met andersdenkendes te argumenteer nie, maar inteendeel, om hul voor te berei vir hul dienswerk, wat gekenmerk word deur selfbeheersing. Soos William M Comfort dit gestel het, is daar meer dikwels selfbeheersing nodig as selfhandhawing.
Moet Christene deel van die openbare debat wees? Moet ons help om besprekings te lei en die morele vesel van die samelewing op te bou? Absoluut! Maar ons belangrikste rol op hierdie aarde is nie om argumente te wen nie, maar om siele te wen. Dit is presies wat Petrus sê om die gelowiges voor te berei vir hulle dienswerk.
Moenie toelaat dat die Christelike etiket om jou nek die hoofdoel kaap nie. Ons Koning regeer en ons het die reg om al ons hoop op sy genade te stel.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 39:2-4,8 Ek het gesê: “Ek wil sorgvuldig let op my lewe en nie sondig met wat ek sê nie. Ek wil nie 'n woord praat as 'n slegte mens my teëstaan nie.” Ek was stom en sprakeloos, ek het geswyg, nie gepraat nie, maar my smart het al hoe groter geword. Daar was 'n brandpyn in my, Is daar nog hoop vir my, Here? U is my enigste hoop.
Ons geloof word werklik getoets wanneer ons onregverdig behandel word. Die onbillikheid van die onreg is iets wat soos ‘n kool vuur in ons hart brand. En as daardie vuur uitkom, sal dit 'n brand veroorsaak wat niks kan blus nie.
Kan ek jou vra om terug te dink aan die laaste keer wat jy onregverdig behandel is? ‘n Situasie wat so totaal onregverdig was, dat dit selfs moeilik is om dit te verwoord.
Hoe het jy gevoel? Woedend, keelvol en wraaksugtig of het jy net in 'n hoekie gaan sit? Koning David het meer as sy deel van onregverdigheid beleef. In hierdie Psalm vertel hy hoe hy by een so ‘n geleentheid gevoel het:
Psalm 39:2-4,8 Ek het gesê: “Ek wil sorgvuldig let op my lewe en nie sondig met wat ek sê nie. Ek wil nie 'n woord praat as 'n slegte mens my teëstaan nie.” Ek was stom en sprakeloos, ek het geswyg, nie gepraat nie, maar my smart het al hoe groter geword. Daar was 'n brandpyn in my, Is daar nog hoop vir my, Here? U is my enigste hoop.
Ek is seker jy het ook al sulke emosies ervaar. Daar het hy probeer om die regte ding te doen, maar die goddelose mense het hom uitgetart. ‘n Vuur het in hom gebrand. Hy wou praat ... en dit is die oomblik toe hy 'n keuse moes maak. Dit is op hierdie die punt wat ons ook moet kies. Wat sal ons nou doen? Wat sal ons sê? Sal ons 'n vuur aan die brand steek?
Psalm 39: 8 Is daar nog hoop vir my, Here? U is my enigste hoop.
Dawid het die regte keuse gemaak. In plaas daarvan om daardie vuur aan die brand te steek (wat hy wel sou kon doen), het hy hoop gekies. Nie een of ander vae, onseker hoop nie. Nee, hy het gekies om geduldig te wag en op die Here te hoop.
Hoe sal jy optree?
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 15:4 Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.
Nie een van ons hou daarvan om swaar te kry nie. Nee wat, ons het dit nie in ons lewens nodig nie. Ons is geprogrammeer vir 'n gemaklike en kommervrye lewe. Wanneer ons naby ons pyndrempel kom, is daar iets wat ons moet ontwikkel. Daardie iets is uithouvermoë.
Gister het ons gesels oor uithouvermoë en ek het vertel hoe ek dit verpes om te hardloop. Ek onthou dat ek in die weermag een keer per jaar die fiksheidstoets moes slaag; 'n nege myl hardloop met volle militêre mondering, stewels, volle weermag uniform, vol waterbottels en geweer ... die volle mondering, die hele spul. Nou, veertig jaar later, word ek nog naar op my maag as ek net daaraan dink.
Ek onthou nog hoe ek net verby die lughawe, halfpad huis toe, wou tou opgooi. Maar die ding wat my aan die gang gehou het, was die aanmoediging van my vriende. Hul vriendelike woorde, en die wete dat die einde in sig is, het my laat vasbyt.
Aanmoediging, is soos ons almal weet, 'n belangrike bousteen om uithouvermoë te ontwikkel.
Romeine 15: 4 sê: Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.
God se Woord is kragtig, maar in daardie moeilike tye kan die pyn ondraaglik voel. Waarom is die swaarkry daar? Dit gee ons uithouvermoë, dit maak ons standvastig en leer om vas te staan in ons geloof.
En dít my vriend, lei tot hoop, vaste hoop, die soort hoop wat nooit misluk nie, wat nooit teleurstel nie. Maar waarom mense hulle voorstel dat hulle dit sonder God se aanmoediging, sonder die aanmoediging van sy Woord, kan doen, slaan my dronk.
... sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 15:4 Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.
As jy deur ‘n moeilike tyd gaan, is dit baie maklik om uit die oog te verloor dat God met jou karaktervorming besig is. Hou moed, God doen iets goeds ... iets wonderliks!
As daar iets in die lewe is, wat ek regtig verpes... is dit om te hardloop. Tydens my militêre opleiding destyds, moes ons baie hardloop en ek wil jou vertel dat dit iets is waarvoor my liggaam beslis nie gebou is nie. Ek onthou nog die pyn in my bene, die gehyg na asem, die gevoel dat my longe gaan ontplof.
Snaaks genoeg jy kon my 'n swaar rugsak en masjiengeweer gee en ek sou dae lank oor berg en dal stap, terwyl baie van daardie hardlopers, wat my in die stof laat byt het destyds, tydens die staptog van uitputting omgekap het.
Dit kom neer op uithouvermoë en ek dink ons verskil almal op die manier waarop ons dit ontwikkel ... maar soos ons ‘sa’majoors’ (God seën hulle!) op ons geskree het: Geen lekkerkry sonder swaarkry nie!
In Romeine 15: 4 staan: Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.
Die woord standvastigheid beteken letterlik uithouvermoë of deursettingsvermoë. En die ‘sa’majoors’ het gelyk, daar is net een manier om uithouvermoë te kweek en dit is die moeilike manier, die pynlike manier, die manier waarop jou longe amper sal ontplof. Daar gebeur iets wonderliks wanneer ons daardie uithouvermoë ontwikkel, terwyl God ons deur sy Woord aanmoedig…
Die Here ons God wek 'n hoop in ons harte wat ons nooit verlaat nie. 'n Hoop wat nooit teleurstel nie.
... sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

955 Listeners