
Sign up to save your podcasts
Or


Send us a text
Psalm 68:20,21 Geloof sy die Here! Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp! Sela. God is vir ons die God wat ons red
Dit is snaaks hoe ons die gewoonte het om dag na dag op dieselfde duwweltjies te trap. Ons het oor en oor dieselfde reaksie op iets wat ons van stryk af bring, al weet ons voor ons siel dis nie die beste manier om daarop te reageer nie. Al weet ons ons reaksie skep probleme.
Het jy al ooit met iets geworstel? Ag, sommer 'n alledaagse probleem. Miskien ‘n moeilike situasie by die werk, of 'n opdrag om te voltooi, of dalk om die kinders betyds vir skool by die voordeur uit te kry... net 'n paar sulke ou probleempies dag na dag, elke dag... Maar op ‘n dag voel alles eenvoudig net te veel.
Wat gaan aan met my? Waarom kap ek alweer my kop teen dieselfde klipmuur?
As ek 'n sent gehad het vir elke keer wat ek dit gedoen het, en my kop oor en oor teen daardie klipmuur gestamp het, sou ek ryk gewees het. Ek is seker jy was ook al so rasend. Jy het net 'n helpende hand nodig gehad.
Sekere mense word deesdae ontsteld as hulle in die boek Genesis lees dat God vir Eva Adam se 'helper' gemaak het. Dit is deesdae net nie meer korrek en sensitief om sulke dinge te sê nie.
En tog word dieselfde Hebreeuse woord vir 'helper' regdeur die Ou Testament gebruik, meestal om God as ons 'helper' te beskryf. Kyk wat staan in:
Psalm 68: 20,21 Geloof sy die Here! Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp! Sela. God is vir ons die God wat ons red,
Dink net vir 'n oomblik aan hierdie versie, wanneer jy weer jou kop teen daardie klipmuur wil stamp ... God is hier by jou, gereed, gewillig en in staat om jou te help met hierdie een, wat vir jou soos ‘n groot probleem lyk. Daai een ding wat jou mal maak. Daardie een ding wat jy net nie meer kan verduur nie.
Hy is altyd daar. Nie net somtyds nie. Maar elke dag.
Hy is die God wat ons red.
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie
As jy bid, tot wie bid jy? Dit klink miskien na 'n vreemde vraag, maar ons begrip van wie God is, is van uiterste belang. Ons kan óf op die regte manier óf op die verkeerde manier tot God nader. Wie is God vir jou?
Gebed is 'n snaakse ding. Uit peilings blyk dit dat net meer as sewentig persent van die mense beweer dat hulle die afgelope maand minstens een keer gebid het. Dit beteken dat hulle hul tot God gewend het - wie God ook al vir hulle is - en met Hom gepraat het.
Maar die meeste van die tyd, hou baie van ons net die agterdeur oop. Ons leef op die vleuels van die wind en stuur so af en toe 'n vinnige gebedjie op na die “Groot Baas” in die lug sodat Hy in 'n krisistyd die haas uit die hoed kan trek (wie ook al die "Groot Baas" is).
Maar Jesus het 'n verregaande aanspraak gemaak. Ons lees in Johannes 14: 6: Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.”
Jesus sê dit baie duidelik. Daar is baie gode wat mense effens halfhartig, of doelbewus aanbid, maar daar is net een ware God, sy Vader in die hemel. En niemand, niemand kan na die Vader kom, behalwe deur te glo in Jesus en op Hom te vertrou nie.
Weet jy, ek het gedink dat hierdie hele idee dat daar as't ware net “een manier” is, is 'n onlangse leerstelling van 'n kerk, wat heeltemal te groot vir sy skoene geword het.
Maar dit blyk dat dit Jesus self was wat dit gesê het. Dieselfde Jesus wat gely het, wat vir jou en my aan die kruis gesterf het. Dit is die waarheid wat sy lewe gekos het.
“Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.” Jesus.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Genesis 9:6 “Wie die bloed van 'n mens vergiet, deur 'n mens sal sy bloed vergiet word. God het die mens gemaak as sy verteenwoordiger.
Wat dink jy maak vir jou en vir my anders en meer kosbaar, as byvoorbeeld daardie baie slim, baie intelligente vark van die plaaslike varkboerdery buite die stad, wat vandag leef, net om môre se spek te word?
Nou die dag terwyl ek huis toe gery het, het ek toevallig na die motorradio geluister na 'n onderhoud met 'n prokureur vir diereregte. Dit is reg. Nie 'n menseregteprokureur nie, maar 'n prokureur vir diereregte. Die wêreld het beslis ‘n U-draai gemaak.
Moet my nou nie verkeerd verstaan nie - die laaste ding wat enigeen van ons wil sien, is wreedheid teenoor diere. Dit is verskriklik en heeltemal onaanvaarbaar. Maar 'n prokureur vir diereregte? Regtig?
Dit het my laat dink. Dieremishandeling is beslis taboe, maar die meeste van ons eet elke dag lamsvleis, beesvleis, hoender, varkvleis of vis. Ons drink melk en eet kaas. Met ander woorde, ons gebruik diere vir ons eie welstand, dikwels ten koste van hul lewens.
Ons het oor die algemeen nie 'n probleem daarmee nie, want dit is 'n heeltemal aanvaarde beginsel dat die lewens van diere baie minder waarde het as die lewens van mense. Die vraag is hoekom? Hulle is nie minder mooi as ons nie. Baie van hulle is redelik slim daarby. En tog kom hulle iets kort. Hulle het nie ons menswees nie. Maar wat beteken dit?
Die mees aanvaarbare antwoord wat ek teëgekom het, is dat ek en jy na God se beeld gemaak is. Soos 'n kosbare skildery van 'n beroemde kunstenaar wat deur hom onderteken is - dra ons elkeen sy stempel. En dit maak ons kosbaar. Om die waarheid te sê, dit is baie werd, daarom sê God in:
Genesis 9: 6 Wie die bloed van 'n mens vergiet, deur 'n mens sal sy bloed vergiet word. God het die mens gemaak as sy verteenwoordiger.
Wat 'n ontsaglike waarheid. Ek en jy is gemaak na die beeld van God.
En daarom was Jesus bereid om vir ons te sterf.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 18:3 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.
Miskien is die slegste ding van die wildernis ervarings wat ons af en toe ervaar, die gevoel van alleenwees. Heeltemal alleen.
Die lewe maak so nou en dan 'n draai in die pad. Dinge loop net mooi, maar dan skielik ontspoor dit heeltemal. In 'n flits van ‘n oomblik kan die lewe rondom ons ineenstort en dan begin ons wonder - God, waar is U?
Ek wil graag hierdie pragtige gedig met jou deel.
Op 'n dag het ek God uit die diepte van my wese gevra: Waar is U in my lewe? En baie saggies het God geantwoord:
Ek sal altyd 'n rots vir jou wees. My krag is vir altyd by jou. My lewende strome sal jou met die koel water van my Gees voed. Die vrede van my woestynland sal die rus in jou siel herstel.
En as jy op die lewenspad reis - onthou dat ek altyd voor jou uit gaan om die woedende see te kalmeer, die kabbelende spruit vol te maak, om jou pad te verlig en om jou struikelblokke uit die weg te ruim, sodat jou pad jou al hoe nader aan My kan lei ...
Nooit weer sal jy eensaam wees nie, want Ek sal My woning in jou maak. Daardie berge voor jou staan al vir eeue lank, maar Ek sal vir ewig by jou staan - deur die Een wat Ek gestuur het, om my liefde vir jou te bewys.
My Seun Jesus is jou rots - strek jou hand uit na Hom en Hy sal jou laste op Hom neem.
En in Psalm 18: 2 staan: Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Korintiërs 9:8 En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk
Hoe dikwels droom jy oor die toekoms; hoe dit kan lyk en selfs wat God besig is om te doen? Of is jy eenvoudig elke dag net te besig met jou eie dinge, om jou kosbare tyd aan dagdrome af te skryf?
Ek het onlangs 'n boek deur 'n bekende maatskaplike navorser gelees, wat werksessies met baie gewone mense soos ek en jy aangebied het, om te ontdek wat mense dink en waarheen die samelewing op pad is.
En verbasend genoeg het hy tot die gevolgtrekking gekom dat ons êrens gedurende die afgelope paar jaar opgehou het om te droom. Ons het opgehou om hoop vir die toekoms te hê. Hoekom? Wel, sy antwoord was:
Omdat ons so versmoor word in ons verbruikerskultuur, dat ons nie meer die behoefte het om te droom nie. Ons is so besig om vandag versadig, bevredig en vermaak te word, dat ons nie tyd het om na môre uit te sien nie.
Maar sê nou God het ons geskep om te droom? En sê nou drome is 'n intrinsieke deel van ons mondering? En sê nou God wil sy magtige planne aan ons openbaar en ons daaroor laat nadink? Sê nou … Maar weet jy:
2 Korintiërs 9: 8 sê: En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk
Maar wat sal gebeur as ons, terwyl ons oor die toekoms droom, God se oorvloedige seën vasvat om ons in staat te stel om hierdie wêreld te seën met "elke goeie werk"? Sê nou God het hierdie wonderlike planne om deur jou te werk, sodat Hy ander mense oorvloedig kan seën?
As ons droom, kan ons deure oopmaak en moontlikhede ontdek wat ons nooit gedink het bestaan nie. Want in Hom is alle dinge moontlik.
Dink net - ‘n mens sonder drome is soos 'n wêreld sonder kleur.
'n Hart sonder drome is soos 'n kind sonder toekoms.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Timoteus 6:10 Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.
Watter prentjie skets jy in jou gedagtes wanneer jy stil word en aan jou toekoms dink? Wat is die dinge waarna jy smag? Hoe lyk jou perfekte toekoms in jou verbeelding?
Sukses. Dit is sekerlik waaroor die lewe gaan. As ek net met daardie perfekte man (of vrou) kon trou. As ek net 'n werk kan kry wat goed betaal en vir my die perfekte loopbaan kan bou. As ek net daardie nuwe motor en daardie waterponie - of soos ons hom ken ‘jet ski’- kan kry. En wat van daardie duur uitrusting wat ek nog altyd wou hê... Sou dit nie wonderlik wees as mense sou wens om soos ek te lyk en te besit wat ek het nie? Ja, dan ... dan sal ek gelukkig wees.
Daar het jy dit. Daardie hunkering na die soet, soet smaak van sukses. En dit is hoe baie mense dink. Ek weet, want ek het ook vroeër so gedink. Dit is hoe ons kondisioneer is om te dink.
En nou dink ons dat God net agter ons aan moet drentel om al ons grille en begeertes te vervul.
Ongelukkig is daar so baie mense wat hulle hele lewe daaraan wy op soek na daardie soort sukses. Hulle offer alles op vir 'n onwerklike beeld van sukses, wat as aas voor jou uitgehou word deur goed betaalde mense wat met jou kop smokkel. Maar ons lees in:
1 Timoteus 6:10 Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.
Dit is wat vlak, wêreldse sukses is. Waar jy soetheid verwag, ontdek jy bitterheid. Natuurlik kan jy dít kry waarna jy gestreef het - die huwelik, die salaris, die loopbaan, wat ook al ... maar jy kry ook 'n hele klomp probleme wat jy nooit, in jou wildste drome, verwag het nie.
Sukses. Dit is soms net ‘n hersenskim!
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Spreuke 30:8,9 ... moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en sê: “Wie is die Here?” nie...
Metaboliese sindroom is die versamelnaam vir vetsug, hoë bloeddruk, hartaanvalle, tipe II-diabetes en beroerte. Dit kom deesdae so algemeen voor, dat dit in talle lande die hoof oorsaak vir sterftes is.
Dit is waar - mense sterf in hordes daarvan en in die meeste gevalle, word dit veroorsaak deur heeltemal voorkombare, sogenaamde lewenstylsiektes. En tog aanvaar ons dit asof dit normaal is. Wel, dit is nie normaal nie. Geensins nie. Veral nie as jy in ag neem dat daardie siektes aan die begin van die 20ste eeu so skaars soos hoendertande was nie.
Die medici stem blykbaar nie saam oor die onderliggende oorsaak nie, alhoewel die wetenskap klinkklare bewyse daarvoor het. En die feite spreek vir hulself.
My idee is dat die magtige drukgroep, die voedselbedryf – d.w.s. die biljoen dollar-industrie van fabrieks- en voorafvervaardigde voedsel – sekerlik iets daarmee te doen het. Die gemiddelde mens soos ek en jy sukkel om toegang tot die feite te kry.
In 1977 het die Amerikaanse voedsel- en dwelm Administrasie kolesterol die grootste vyand van die publiek verklaar. Hulle het aanbeveel dat ons 'n lae-vet dieet volg, en ons het dit almal basies begin navolg. Maar weet jy, sedertdien het die wêreld se mense, eenvoudig vetter en vetter geword en daardie voorkombare siektes wat ek vroeër genoem het, het die hoogte ingeskiet.
Ek het gesien hoe my pa aan diabetes sterf, en dit was 'n verskriklike dood en traumaties om te sien hoe sy liggaam wegkwyn.
As jy meer wil leer, sluit by my aan vir 'n halfuur-TV-onderhoud met professor Tim Noakes by 25kgs.com. Jy kan ook die gratis e-boekie "My Top Three Secrets for Losing 25 kgs" aflaai.
In Spreuke 30: 7,8 staan: ... moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en sê: “Wie is die Here?” nie...
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Korintiërs 12:4-6 Daar is 'n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is 'n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; 6daar is 'n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring.
Het jy al ooit gewonder, hoekom kan iemand anders dinge insien wat ek nie kan nie? Hoekom kan ek dit nie verstaan nie? Wat is fout met my? Jy is glad nie ‘n uitsondering nie. Ons voel dikwels so ontoereikend. Maar miskien is dit presies hoe dit altyd bedoel was om te wees.
'n Paar jaar gelede het ek en twee kollegas 'n nuwe onderneming begin. Dit was regtig baie opwindend ... maar wat interessant was, was die verskillende rolle wat elkeen van ons gespeel het.
Keith was die een wat die visie gehad het om dinge aan die gang te kry. Hy is die soort ou wat dikwels dinge raaksien, wat die res van ons nie sien nie. Toe hy die idee die eerste keer met my bespreek het, kon ek dit nie verstaan nie. Dit het my eintlik 'n hele rukkie geneem om sy idee te snap.
Die ander vennoot - Glenn - is weer goed met die organisering van geleenthede. Hy weet instinktief watter dinge hy nodig het om alles voor te berei en dit dan te doen. Hy het dinge raakgesien wat ek nie gesien het nie.
En ek ... ek is die ou wat die nodige materiaal skep, en die projek in die regte rigting stuur. Die ander twee ouens kon my stukkie van die legkaart ook nie aan die begin raaksien nie.
Eintlik was dit soos die storie van die drie blinde muise. Eers toe ons koppe bymekaar gesit het, kon ons die hele prentjie sien.
En ek vermoed dat dit ook is hoe God dit altyd wou hê. Dink mooi daaroor as ons in 1 Korintiërs 12: 4-6 lees: Daar is 'n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is 'n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; daar is 'n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring.
Nie een van ons kan dit alleen doen nie
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 17:22, Toe die dissipels weer in Galilea bymekaar was, het Jesus vir hulle gesê: “Die Seun van die mens gaan oorgelewer word in die hande van mense, en hulle sal Hom doodmaak, en op die derde dag sal Hy uit die dood opgewek word.” Hieroor het hulle baie bedroef geword.
Die ding wat ek deur die jare geleer het, is dat dit nooit regtig vir ons sin maak wanneer God ons met lyding konfronteer nie. Natuurlik vertroebel die pyn ons oordeel, maar sê my, watter nut kan ooit uit lyding kom?
Een van die dinge wat my regtig verwar, is die manier waarop God lyding ten goede kan gebruik. Ons dink seën is goed, lyding is sleg. Dit is die manier waarop ons geprogrammeer is - maar nie God nie. Vir Hom is lyding 'n belangrike deel van sy plan.
Matteus beskryf hoe Jesus sy dissipels voorberei op sy dood en opstanding in:
Matteus 17: 22,23 Toe die dissipels weer in Galilea bymekaar was, het Jesus vir hulle gesê: “Die Seun van die mens gaan oorgelewer word in die hande van mense, en hulle sal Hom doodmaak, en op die derde dag sal Hy uit die dood opgewek word.” Hieroor het hulle baie bedroef geword.
Sjoe! Hoe sou ons gevoel het as ons een van die dissipels in daardie vergadering was? Wat sou ons gedoen het?
Is Hy heeltemal die kluts kwyt? Hierdie wonder-werkende, storm-stil-makende, demoon-uitwerpende Jesus, wat met sulke krag gepreek het? Vermoor? En op staan uit die dood?
Maar God het altyd ons grootste behoefte geken. Hy ken die dood en vernietiging wat ontelbare lewens verwoes omdat ons Hom verwerp het.
En daarom, stuur Hy sy enigste Seun, Jesus. Hy kom om verraai te word, om bespot te word, gemartel te word en gekruisig te word – om, deur die grootste liefdesdaad van alle tye, vir my en jou sondes te betaal. Net om weer op te staan sodat ons 'n nuwe lewe deur Sy liefde kan hê.
Dit het nie vir daardie dissipels sin gemaak nie. Hulle was bedroef, maar ten spyte daarvan, stuur God nog steeds sy Seun om vir ons te ly. Jesus.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 17:14-16 Toe hulle weer by die mense kom, het 'n man voor Hom kom kniel en gesê: “Here, ontferm U tog oor my seun, want hy is geestelik versteurd en hy ly verskriklik. Hy val dikwels in die vuur en dikwels in die water. Ek het hom al na u dissipels toe gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.”
Ek dink dat ons soms die dwarslat te laag stel as dit kom by ons verwagtinge van wat Jesus in ons lewens kan en gaan doen. Ons sien hoe Hy "dinge" in ander mense se lewens doen, maar verwag nie dat Hy dit in ons lewens gaan doen nie.
Party dae dink ons niks gaan ooit verander nie. Iets waarmee ons jare lank al worstel; miskien 'n moeilike verhouding, 'n behoefte, 'n seer, 'n probleem in ons gesindheid ...Ag nou ja, ek moet seker net leer om daarmee vrede te maak, want dit gaan nooit verander nie.
Jesus en drie van sy dissipels kom van 'n berg af en tref 'n skare mense aan. Van die ander dissipels het probeer om 'n demoon uit 'n jong seun te verdryf, maar hulle kon dit nie reg kry nie. Stel jou voor hoe sy pa gevoel het. Hy het van Jesus se wonderwerke gehoor, maar wonder nou of Jesus 'n wonderwerk vir hom sal doen. Ons lees in:
Matteus 17: 14-16 Toe hulle weer by die mense kom, het 'n man voor Hom kom kniel en gesê: “Here, ontferm U tog oor my seun, want hy is geestelik versteurd en hy ly verskriklik. Hy val dikwels in die vuur en dikwels in die water. Ek het hom al na u dissipels toe gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.”
Kom ons maak dit prakties. Sal Hy 'n wonderwerk vir ons doen - vir jou, vir my? Sal Hy ons die deurbraak gee waarna ons soek? Sal Hy daardie ‘een ding’ verander wat nooit gaan verander nie?
In Matteus 17:18 staan: Jesus het die duiwel sterk aangespreek, en die duiwel het van die seun af weggegaan. Van daardie oomblik af het die seun gesond geword.
Jesus het nooit geweier om 'n wonderwerk te doen vir iemand wat met die kleinste bietjie geloof na Hom toe gekom het nie. Nie een keer nie.
Dit is een ding wat nooit gaan verander nie ... neem dit na Hom toe. Hy mag dit nie doen presies soos wat jy wil nie, maar vertrou my, Hy sal optree. Vra Hom en glo.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

955 Listeners