God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Geel Onthou-plakkers

    Send us a text

    Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”

    Hoe kan ons, ek en jy, lewens lei wat regtig saak maak; wat werklik 'n verskil maak? Hoe kan ons in die kort tydjie wat ons in hierdie wêreld is, ‘n impak hê? Hoe?

    'n Paar jaar gelede het iemand daardie geel onthou-plakkers uitgevind. Jy ken hulle seker? Nou ja, ek is verslaaf aan hulle. Ek gebruik dit om notas vir myself op te skryf en 'n paar minute later gooi ek dit in die asblik.

    Ek sit nou die dag die spul geel plakkertjies op my lessenaar en beskou, en ek dink daaraan dat hulle so gerieflik en so nuttig is, maar tog so weggooibaar. Ek skryf die een oomblik iets baie belangriks op hulle en die volgende oomblik frommel ek hulle op en hulle land in die asblik.

    Dit is nogal hoe die lewe is. Die een oomblik is ons hier, die volgende minuut of ‘n dag later, is ons weg. Dis dit. Net soos een van daardie geel, onthou-plakkertjies!

    Ek weet nie van jou nie, maar ek hoop my lewe beteken iets meer as dit. Ek hoop dat, in hierdie deurmekaar, besige wêreld waarin alles weggooibaar is, my teenwoordigheid vir mense wat my pad kruis, iets sal beteken. Wat van jou?

    Ek dink ons ​​wil almal 'n verskil in mense se lewens maak. Ons wil almal 'n blywende nalatenskap agterlaat in die harte van die mense met wie ons in aanraking kom. Maar hoe? Kom ons kyk in:

    Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”

    Miskien doen ons dinge verkeerd om. Miskien sal ons lewens iets beteken, wanneer ons begin om ander te dien, soos Jesus ons gedien het.

    Vir wie sal jy vandag kan dien?

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Gee my ‘n Teken

    Send us a text

    Markus 8:11-13 Daar kom toe Fariseërs wat met Jesus begin redeneer. Om Hom op die proef te stel, wou hulle van Hom 'n wonderteken uit die hemel hê. Hy het diep gesug en gesê: “Waarom wil hierdie geslag 'n teken hê? Dit verseker Ek julle: Aan hierdie geslag sal beslis nie 'n teken gegee word nie.”

    Hy het hulle daar laat staan, weer in die skuit geklim en na die oorkant van die see toe gegaan.

    ‘n Mens is soms in die versoeking om God te vra om Homself te bewys, veral as die lewe moeilik is en dit lyk asof Hy jou verlaat het. "God, gee my 'n teken. Wys my dat U regtig bestaan." Maar dit werk nie so nie! 

    Het jy opgelet hoeveel padtekens daar deesdae in die straat is wanneer jy daar af ry? Eenrigting, geen linksdraai, stop, gaan, vinnig, stadig. Jy kan hulle nie mis kyk nie.

    Daar was 'n tyd toe Jesus baie wonderwerke gedoen het. Hy het mense genees en duiwels uitgedryf, menigtes met 'n paar vissies en brode kos gegee, op water geloop en storms stilgemaak. Mense het hulle tekens genoem; tekens wat bewys het dat Hy inderdaad die Messias was.

    En hulle was 'n bietjie soos daardie padtekens - jy kon dit net nie mis kyk nie. Maar ons sien in: 

    Markus 8: 11-13 Daar kom toe Fariseërs wat met Jesus begin redeneer. Om Hom op die proef te stel, wou hulle van Hom 'n wonderteken uit die hemel hê. Hy het diep gesug en gesê: “Waarom wil hierdie geslag 'n teken hê? Dit verseker Ek julle: Aan hierdie geslag sal beslis nie 'n teken gegee word nie.”

    Hy het hulle daar laat staan, weer in die skuit geklim en na die oorkant van die see toe gegaan.

    Hm, het hulle nie genoeg tekens gesien nie? Wat meer wou hulle van Hom hê om te bewys dat Hy werklik die Messias is?

    Hy doen nie truuks op bevel om mense te amuseer nie; en dit is presies wat daardie godsdiensleiers Hom gevra het. Hulle wou die skepper-skepsel-verhouding omswaai - om Hom na hul beeld te herskep.

    Dit moet ons verstaan - Jesus dans nie na mense se pype nie.

    Dit is God se Woord. Vars vir jou vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Jesus Doen Dinge Anders

    Send us a text

    Markus 7:32-36 Die mense bring toe 'n dowe man wat ook 'n spraakgebrek het na Hom toe en vra Hom om tog sy hand op hom te lê. Hy het hom eers eenkant toe gevat, weg van die mense af. Toe het Hy sy vingers in die man se ore gesteek en spoeg aan sy tong gesmeer. Daarna het Hy na die hemel toe opgekyk, gesug en vir hom gesê: “Effata!” Dit beteken: Gaan oop!

    Sy ore het dadelik oopgegaan, die belemmering van sy spraak het verdwyn, en hy het reg gepraat. Jesus het die mense belet om dit vir iemand anders te vertel, maar hoe meer Hy hulle belet het, hoe meer het hulle dit verkondig

    Kom ons sê dit kaalkop vir mekaar: ons wil hê dat mense konvensioneel en voorspelbaar moet wees. Niemand van ons hou van daardie mense wat wispelturig optree en ons verras nie. En tog, hoe beter jy Jesus leer ken, hoe meer ontdek jy dat Hy inderdaad een van daardie mense is.

    Stel jou voor jy is die Seun van God en dat jy die vermoë het om mense van enige siekte te genees, maar nou skep dit probleme met die godsdienstige leiers van jou tyd. 'n Dowe man kom na jou en vra jou om hom te genees. Wat doen jy? Doen jy dit in die geheim of waar almal dit kan sien?

    Ek weet dat as ek die mag gehad het om te genees, sou ek my nie deur die kritici laat afsit het nie en ek sou seker gemaak het dat hulle presies weet wat ek gedoen het. Maar nie Jesus nie ...

    Markus 7: 32-36 Die mense bring toe 'n dowe man wat ook 'n spraakgebrek het na Hom toe en vra Hom om tog sy hand op hom te lê. Hy het hom eers eenkant toe gevat, weg van die mense af. Toe het Hy sy vingers in die man se ore gesteek en spoeg aan sy tong gesmeer. Daarna het Hy na die hemel toe opgekyk, gesug en vir hom gesê: "Effata!" Dit beteken: Gaan oop!

    Sy ore het dadelik oopgegaan, die belemmering van sy spraak het verdwyn, en hy het reg gepraat. Jesus het die mense belet om dit vir iemand anders te vertel, maar hoe meer Hy hulle belet het, hoe meer het hulle dit verkondig.

    Ons verwag dat God konvensioneel en voorspelbaar sal wees. Maar so dikwels is Hy heeltemal die teenoorgestelde. Watter reg het ons om te sê: "God doen dit sis of so?" Wie is ons om perke of grense te stel aan hierdie God wat die heelal geskep het?

    Weet jy, God doen dinge op sy manier! Dis dit.

    En dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Geloofstoets

    Send us a text

    Markus 7:27-29 'n Vrou wie se dogtertjie van 'n onrein gees besete was, het gou van Hom te hore gekom. Sy het gekom en voor sy voete neergeval. Hierdie vrou was 'n Griek wat in Siro-Fenisië gebore is. Sy het Hom gevra om die bose gees uit haar dogter uit te drywe. Maar Hy het vir haar gesê: “Wag dat die kinders eers klaar eet, want dit is nie mooi om die kinders se kos te vat en vir die hondjies te gooi nie.”

    Sy het Hom geantwoord: “Here, die hondjies eet darem onder die tafel die kindertjies se oorskiet.”

    Toe sê Hy vir haar: “Op grond van wat jy gesê het, kan jy maar huis toe gaan; die bose gees het al klaar uit jou dogter uitgegaan.”

    Ai, as God net die lewe ‘n bietjie makliker wou maak. As Hy net 'n bietjie meer toegeeflik wou wees en net sou opdaag wanneer ons hulp nodig het. As Hy maar net... Het jy al ooit die “as” speletjie met God gespeel?

    Jesus het 'n paar skokkende dinge gedoen en gesê. Dinge wat ons hare sou laat rys. Soos die keer toe Hy 'n vrou 'n hond genoem het, bloot omdat sy nie Joods was nie. Ons lees in:

    Markus 7: 25-29 'n Vrou wie se dogtertjie van 'n onrein gees besete was, het gou van Hom te hore gekom. Sy het gekom en voor sy voete neergeval. Hierdie vrou was 'n Griek wat in Siro-Fenisië gebore is. Sy het Hom gevra om die bose gees uit haar dogter uit te drywe. Maar Hy het vir haar gesê: “Wag dat die kinders eers klaar eet, want dit is nie mooi om die kinders se kos te vat en vir die hondjies te gooi nie.”

    Sy het Hom geantwoord: “Here, die hondjies eet darem onder die tafel die kindertjies se oorskiet.”

    Toe sê Hy vir haar: “Op grond van wat jy gesê het, kan jy maar huis toe gaan; die bose gees het al klaar uit jou dogter uitgegaan.”

    Aanvanklik lyk dit verregaande. Maar Hy het gesinspeel op die kulturele onverdraagsaamheid tussen die Jode en heidene om haar geloof te toets. Toe die vrou haar opregte geloof bewys, het Hy haar dogter bevry.

    Ek het al ervaar dat elke keer as God my geloof toets en my kasty, dit heeltemal onredelik voel. En tog het Hy in sy wysheid deurentyd my geloof laat groei, sodat Hy my, of ander deur my, of inderdaad ons almal, kon seën.

    Moenie aanstoot neem as God jou geloof toets nie.

    Dit is God se Woord. Vars‚ vir jou vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Drome en Begeertes van jou Hart

    Send us a text

    Matteus 15:10-12 Toe het Jesus die menigte nader geroep en vir hulle gesê: “Julle moet nou luister en mooi verstaan! Dit is nie wat by die mond ingaan wat die mens onrein maak nie. Maar wat by die mond uitkom, dit maak 'n mens onrein.”Daarna het die dissipels na Hom toe gekom en gesê: “Weet U dat die Fariseërs hulle vererg het toe hulle gehoor het wat U sê?”

    Mense se prioriteite in die lewe is baie uiteenlopend. Joune is nie dieselfde as myne nie, en myne is nie dieselfde as joune nie. En God het sekerlik ook prioriteite. Die vraag is, hoe pas ons prioriteite in by sy prioriteite vir ons lewens?

    Ek is altyd verstom oor hoe maklik ons God se liefde in 'n klomp reëls omskep. Jy verstaan mos wat ek sê. Jy is so dankbaar dat Hy Jesus gestuur het om vir jou te sterf, dat jy nou probeer om jou lewe vir Hom te leef, sodat jy God daarvoor kan eer. 

    Maar voordat jy dit weet, maak jy reëls op wat eintlik niks vir God beteken nie. Laat ek jou 'n 'voorbeeld' gee. Daar is mense - Christene - wat vir jou sal probeer voorsê oor wat jy mag eet of drink. Ons het dit sekerlik tog al almal gehoor...

    Maar Jesus het heeltemal ‘n ander gesindheid. Ons lees in:

    Matteus 15:10-12 Toe het Jesus die menigte nader geroep en vir hulle gesê: “Julle moet nou luister en mooi verstaan! Dit is nie wat by die mond ingaan wat die mens onrein maak nie. Maar wat by die mond uitkom, dit maak 'n mens onrein.”

    Daarna het die dissipels na Hom toe gekom en gesê: “Weet U dat die Fariseërs hulle vererg het toe hulle gehoor het wat U sê?”

    Dit wys ons dat dit nie vir Jesus neerkom op hoe goed jy die mensgemaakte reëls volg nie, maar op wat in jou hart aangaan. Vir Hom is jou drome en die begeertes van jou hart; die essensie van wie jy is, die dinge wat vir Hom belangrik is.

    As ons besluit om op te hou om die reëls na te kom en ons lewens radikaal vir Jesus te begin leef, sal dit sekerlik 'n paar mense ontstel. Maar dan moet jy jouself afvra: "Wie probeer ek regtig tevrede stel?"

    Hou op om na ander mense se pype te dans! Begin om jou lewe radikaal vir Jesus te leef. 

    Dit is God se Woord. Vars, vir jou‚ vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Hoe is God?

    Send us a text

    Hebreërs1:3 Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel.

    Jy moet iemand regtig leer ken om 'n ryk, bevredigende verhouding met die persoon te hê. Miskien is dit die rede waarom soveel mense dit nooit regkry om 'n ryk, bevredigende verhouding met God te hê nie - omdat hulle Hom nooit leer ken nie.

    Het jy al ooit gewonder: "Hoe is God?" Ek bedoel, hoe is Hy regtig?

    Dit is seker iets waaroor ons wonder, omdat ons Hom nie fisies kan sien soos ons die ander mense in ons lewens kan sien nie. Wat ons dus doen, is om te vertrou op ons eie idee van hoe ons dínk Hy is of behoort te wees. En jy weet wat dan gebeur, nie waar nie? Ons skep al te maklik 'n beeld, wat vir ons aanvaarbaar is, een waarmee ons gemaklik is.

    Ja, ek weet!  Alle mense is kompleks. Vra enige getroude man, en hy sal jou vinnig vertel hoe kompleks sy vrou is. Hm, ek is nou al dekades lank met my pragtige vrou, Jacqui, getroud en ek weet dat ek die res van my lewe nodig sal hê om haar te kan verstaan.

    God is kompleks. Daarom is die halfgebakte beelde van Hom wat ons in ons koppe ronddra nie bevredigend nie. Hoe kan jy die raaisel oplos, as jy Hom nie kan sien nie? 

    In Hebreërs 1: 3 sien ons: Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel.

    Hoe kan jy weet? Jy kyk eenvoudig na Jesus wat, soos ons in die Bybel sien, die presiese afdruk van God se wese is. (Die woord ewebeeld verwys na 'n stempel wat destyds gebruik is om die beeld van Caesar op 'n muntstuk af te druk).

    Indien jy wil weet hoe God regtig is? Kyk na Jesus. Kyk direk na Hom.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Was jy Al Ooit in ‘n Kerk Waar …

    Send us a text

    Jesaja 29:13 Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie.

    As jy baie eerlik wil wees is kerkdienste, 'n vreemde ritueel. 'n Ritueel wat die afgelope paar duisend jaar so effentjies verander het, maar in wese, grootliks onveranderd gebly het.

    Was jy al in 'n kerk waar die mense opstaan om te sing? Hulle noem dit 'lof en aanbidding'.

    Hulle staan op en begin sing. Na 'n rukkie begin jy rondkyk. Die man twee kerkbanke voor jou gaap en daardie vrou daar, sy vroetel met haar selfoon. Dan stap iemand laat in en julle draai almal om om te sien wie dit is. Daai gesin, hulle is weer laat! Wat makeer hulle?

    En hulle noem dit 'lof en aanbidding'? Ek wil nie veralgemeen nie, maar so baie mense, lyk verveeld. Dit lyk asof hulle maar net opstaan en op die voorspelbare, niksseggende ou trant voortgaan. Hoekom? Want dit is mos wat jy op 'n Sondag doen.

    Ek wonder wat God dink. Ek wonder hoe Hy voel. Ek wonder wat Hy sal sê as ek en jy God oor hierdie onderwerp kon uitvra. As hierdie hele 'lof en aanbidding'-ding regtig eer aan God moet bring, sou jy nie dink dat Hy wil hê dat ons dit met opregte harte doen nie?

    Ons lees in Jesaja 29:13 Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie. 

    Dis mos baie duidelik gestel. Wanneer gaan ons ophou om dinge te doen net omdat ons dink dat dit van ons verwag word? Wanneer gaan ons met opregte harte ons lewens aan Hom onderwerp en die God aanbid wat ons kom red het? Of gaan ons net aanhou om op die ou trant voort te gaan?

    Dit is God se Woord. Vars, vir jou‚ vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Liefde vir Mense

    Send us a text

    Romeine 12:9,10 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.

    Het jy al ooit gebid: “Here, wys my iemand vir wie ek kan help?” Maar dan bring God hierdie asosiale, irriterende sukkelaar oor jou pad ... sodat jy vinnig na Hom teruggaan en sê: “Nee God, dis nie die een wat ek wil help nie. Stuur asseblief iemand anders.”

    "Liefde" is 'n maklike woord om te sê; dit is iets maklik om te ontvang, maar dit kan baie, baie moeiliker wees om dit te gee en uit te stort en om vir ander mense daarmee te seën. Ons wil almal geliefd wees, maar meestal is ons 'n bietjie lui as ons liefde moet gee.

    Hoe lyk dit presies om liefde te gee; om ‘n lewe van liefde te leef ...?

    Kom ons sê dit is koud daar buite en jy het 'n lekker warm jas. Jy ontmoet iemand op straat wat duidelik nie 'n jas kan bekostig nie. Jy trek joune uit en gee dit.

    Of dalk is daar hierdie persoon wat jy ken, wat sukkel om sy volgende paaiement op sy motor te betaal, en in plaas daarvan om te sê: "Ek sal vir jou, bid," doen jy die betaling namens hom.

    Of daar is hierdie ou vir wie jy regtig nie ooghare het nie, wat vandag eensaam en alleen lyk. Jy nooi hom huis toe vir ete. Of ...

    Wag 'n oomblik! Dit klink alles net 'n bietjie belaglik, of hoe?

    Gee jou jas weg. Betaal die motorpaaiement. Nooi die ou vir ete? Ag nee. Dis sommer bog. Wie het daarmee vorendag gekom?

    Romeine 12: 9,10 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.

    Kan ek jou dus sagkens, maar baie direk vra, wie het God op jou pad geplaas om jou die geleentheid te gee om liefde te bewys? Hm?

    Jou liefde moet opreg wees.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Belê in Mense

    Send us a text

    Galasiërs 5:13,14 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”.”

    Ek wil hê jy moet dink aan die een persoon op die planeet aarde wat jou die meeste frustreer, wat jou die meeste irriteer. Sien die persoon se gesig voor jou. Goed. Kom ek vra jou: wat wil God hê moet jy vandag vir daardie een persoon doen?

     

    Deesdae blyk dit dat bitter min mense bereid is om in ander se lewens te belê. Nuwe werknemers begin in 'n organisasie, maar hulle pas nie heeltemal by die kultuur in nie, met die gevolg dat die bestuurder dink: "O nee, dis te moeilik," en net daar kry hulle die trekpas. Of jy sien hoe organisasies net hul mense tap en tap en leeg tap, sonder om ooit iets terug te belê in húlle, wat dit alles moontlik maak. Dit lyk asof dit deesdae aanvaarbaar is om mense sleg te behandel.

     

    En tog kom die Seun van God na die aarde, versamel 'n klomp dissipels - vissers, tollenaars - nie teoloë of ervare bestuurders of strategiese beplanners nie, en belê dan drie en 'n half jaar van sy lewe in hulle. En glo my, dit was nie ‘n maklike taak nie. Hulle het Hom frustreer. Hy het Homself vir hulle vererg. "Hoe lank moet ek julle nog verdra?" Vra hy op 'n stadium.

     

    Bemagtiging is deesdae so 'n geykte term wat die bestuur misbruik, maar nie toepas nie.

     

    Ek wonder hoe hierdie wêreld sou lyk as ons ons lewens daaraan sou wy om ander mense op te bou?

     

    Galasiërs 5: 13,14 lees: Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

     

    Wie is daar in jou lewe, jou gesin, of die organisasie waarin jy werk, na wie God jou roep om van jouself te gee, om in te belê en te bemagtig? Wie is dit?

     

    Dien mekaar met liefde.

     

    Dit is God se Woord. Vars... vir jou... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Onmoontlike Uitdaging

    Send us a text

    Jesaja 40:28-31 Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

    Soms kan dit voel asof al hierdie geestelike dinge, die God-dinge, en Jesus-dinge netjies hier in een boksie sit, maar die lewe met al sy chaos en alles wat om jou gebeur, is êrens buite beheer. Dit kan soms so lyk, maar weet jy, dit is nie so nie.

    Al te dikwels word ons met onmoontlike uitdagings gekonfronteer. Vir party van ons is dit verlammende skuld, vir ander honger of vrees; of dalk is jy haweloos, of jou huwelik wankel of wat dit ook al mag wees.

    Soms lyk dit asof die lewe een onmoontlike uitdaging is.

    As ek jou nou sou vra: "Wat is jou onuithoudbare situasie?" Is ek seker jy sal 'n antwoord hê. Daarom is daar iets wat ek graag met jou wil deel, iets wat ek glo wat God vandag oor jou ‘onmoontlike uitdaging’ wil sê. Luister mooi, drink dit in, want dit is die Woord van God:

    Jesaja 40:28-31 Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

     Dit voel vir ons onmoontlik, maar vir God is dit meer as moontlik! 

    Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie. Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde

    Kom - hier is 'n jou huiswerk. Ek wil hê dat jy self moet besluit of dit waar is of nie. En daar is net een manier om dit uit te vind. Neem jou onmoontlike situasie na God en vra Hom om te help en kyk wat gebeur.

    Dit is God se Woord. Vars... vir jou... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

955 Listeners