God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Die Goeie Herder

    Send us a text

    Lukas 19:9,10 Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is 'n kind van Abraham. Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”

    Het Jesus na hierdie aarde gekom vir jou? Hoe dink jy? Of dink jy dat daar 'n hele klomp ander mense is wat sy aandag en sy opoffering, meer verdien as jy?

    Die belangrikste taak van 'n herder is om sy skape veilig te hou en seker te maak dat hulle genoeg kos en water het. Vir eeue, was dit dwarsoor die wêreld, hoe dit gewerk het.

    Die ongelooflikste ding is dat hy sy lewe sou waag om een, dom skaap van die rand van ‘n afgrond of van wilde diere of teen rowers te beskerm. Dit is moeilik vir ons om te verstaan, maar dit was die vlak van getrouheid van herders sedert die mensdom die eerste keer skape begin oppas het. 'n Goeie herder is dus iemand wat bereid is om sy lewe vir sy skape af te lê.

    Jesus het op ‘n dag saam met 'n klomp sondaars in die huis van Saggeus, 'n tollenaar, gaan eet. 

    In Lukas 19: 9,10 staan: Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is 'n kind van Abraham. Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”

    Hy sinspeel hier op die idee van die goeie herder wat die verlore skape gaan vind. Die mense het dít nie van Hom verwag nie. Hulle het Hom gekritiseer, omdat Hy by hierdie sondaars gekuier het.

    Dit is vir ons ook om moeilik om te verstaan dat Jesus sondaars kom red het, maar weet jy, Jesus doen dit al vir millennia? Hy doen dit vandag nog steeds.

    Ek het myself nooit as “verlore” beskou nie. As iemand dit destyds sou waag om my as “verlore” te bestempel, sou ek beslis aanstoot geneem het. Maar op die een of ander manier het ek tog geweet dit is waar. Ons weet dit diep in ons harte, maar ons wil dit net nie erken nie.

    Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.

    ”Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Sorg vir Jouself

    Send us a text

    Nehemia 9:17 Hulle het geweier om te luister, hulle het nie die wonderdade onthou wat U vir hulle gedoen het nie. Hulle koppe was hard, hulle het in verset gekom en wou in hulle koppigheid terug na hulle slawerny. Maar U is 'n God wat vergewe, genadig, barmhartig, lankmoedig, vol liefde. U het hulle nie verlaat nie.

    "Ja, natuurlik glo ek in Jesus," dink ons terwyl ons vrolik deur die lewe wals met 'n geoefende gevoel van self belangrikheid, 'n gevoel van eie geregtigheid, 'n gevoel van gemak, wat God half uit die prentjie uitskuif. Is ek nou ongevoelig?

     

    Ek het ‘n ruk gelede 'n kat gehad met die naam Doggy (baie oorspronklik nè!). Maar sy was beslis 'n kat en het altyd, soos katte se aard maar is, selfsugtig vir haarself eerste gesorg.

     

    Ek het nou die dag gedink hoe baie ons soos katte geword het. Ons is baie vinnig om onsself eerste te stel. Ons is nommer een, en sommer twee en drie ook! En dit is die mensdom van vandag! Die eie-ek seëvier!

     

    Kom ons stop net hier en dink dit goed deur. God kom na ons toe en maak ons vry van die slawerny en die gevolge van ons sonde deur Jesus, wat gesterf het, sodat ek en jy vergewe kan word. Hy het weer opgestaan, sodat ek en jy, soos die apostel Paulus dit stel, 'n nuwe lewe kan lei.

     

    Ons is vrygemaak van die slawerny van ons sonde, en tog, wanneer ons almal so sélf gesentreerd raak, is dit asof ons wil terugkeer na daardie slawerny.

     

    In Nehemia 9:17 lees ons: Hulle het geweier om te luister, hulle het nie die wonderdade onthou wat U vir hulle gedoen het nie. Hulle koppe was hard, hulle het in verset gekom en wou in hulle koppigheid terug na hulle slawerny. Maar U is 'n God wat vergewe, genadig, barmhartig, lankmoedig, vol liefde. U het hulle nie verlaat nie.

     

    Miskien wil God vandag vir ons wakker skud deur hierdie versie. Miskien praat Hy met elkeen van ons, omdat ons in die versoeking is om terug te keer na ons slawerny, terug na ons eie-ek, terug na die knegskap en gevolge van ons sonde.

     

    Maar weet jy God vergewe, Hy is genadig, barmhartig, lankmoedig, en vol liefde.Hy het jou nie verlaat nie.

     

    Dit is God se Woord. Vars‚ vir jou vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Selfoon

    Send us a text

    1 Korintiërs 1:18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.  Daar staan tog geskrywe:” Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig,en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.

    Wanneer iets sleg met ons gebeur, as ons seergemaak word, is ons reaksie om deur die lens van daardie pyn na ons omstandighede te kyk. Dit is net natuurlik, maar dit gee ons 'n verwronge perspektief op wat regtig aangaan.

    My goeie vriend, Graham, en ek, was onlangs by ‘n aanbieding toe ek per ongeluk my glas water opstamp. Hy leun oor en sê: "Moenie sleg voel nie, ek het vanoggend my selfoon in die toilet laat val." Ons het albei lekker daaroor gelag!

    Maar dit het my aan die dink gesit. Graham is een van die ordentlikste mense wat jy kan kry. Hy het sy lewe daaraan gewy om God regoor die wêreld te dien, en ten spyte daarvan laat God toe dat sy selfoon in die toilet val. Het jy al ooit gewonder, waarom God dit toelaat?

    En so dikwels voel dit baie erger as slegte dinge met goeie mense gebeur. Dit voel net nie reg nie, of hoe? Ek het geen antwoorde nie, maar God se weë, is nie altyd ons weë nie.

    Hy het immers sy Seun vir jou en my aan ‘n kruis laat sterf. Dit was wreed en nee, dit was nie regverdig nie. Ek sou soms graag wou weet waarom HY hierdie dinge laat gebeur, maar as ek na daardie kruis kyk, dan dank ek God dat Hy dit laat gebeur het. Daar staan in:

    1 Korintiërs 1: 18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe:” Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.

    Ons sal dikwels nie weet waarom ons onregverdig moet ly nie. Maar wat ons wel weet, is dat Jesus dit eerstehands ervaar het. Hy weet wat dit beteken om self onregverdig te ly.

    Dit is Sy Woord. Vars‚ vir jou‚ vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Tradisie, Tradisie, Tradisie

    Send us a text

    Markus 7:6-8  Hy antwoord hulle: “Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom. Julle is skynheiliges, soos daar geskrywe staan:“Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie. Julle laat die gebod van God los en hou aan die oorgelewerde gebruik van mense vas.”

    Het jy al gedink aan die dinge wat jy doen om God te probeer behaag? Hoeveel van dit kom van Hom af, en hoeveel van dit is oorgelewerde reëls? Hoeveel is godsdienstige praktyke wat jy moet  onderhou, as jy God gelukkig wil maak? Het jy al ooit daaroor gewonder?

    Ek sal eerlik wees, godsdienstige tradisies laat my koud. Ek is jammer as dit sommige mense aanstoot gee, - maar kniel nou, staan weer op, gaan sit, doen dit, doen dat ... Niks van hierdie dinge is op sigself sleg nie, maar as ons begin glo dat hierdie dinge God op een of ander manier gelukkig maak, of Hom paai of 'n kaartjie vir ons na die hemel koop, dan slaan ons die bal heeltemal mis.

    Keer op keer sien jy Jesus bots met die godsdienstige leiers van Sy tyd oor hierdie einste saak. Daardie leiers het byvoorbeeld opgemerk dat Jesus se dissipels kos geëet het, sonder om die tradisionele godsdienstige reinigingsrituele uit te voer.

    Hulle het Hom hieroor uitgevra - soos hulle ou laai was om Hom te probeer vasvra – ons lees in:

    Markus 7: 6-8 " Hy antwoord hulle: “Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom. Julle is skynheiliges, soos daar geskrywe staan: “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie. Julle laat die gebod van God los en hou aan die oorgelewerde gebruik van mense vas.”

    Weet jy dat daar baie dinge is wat ons geleer is om te doen om oënskynlik vir God te behaag, maar dat dit dikwels niks anders is as mensgemaakte reëls nie. En in plaas daarvan om ons nader aan Hom te trek, lei dit ons al te dikwels weg van die waarheid van die genade van God in Jesus Christus.

    Daar is op sigself niks verkeerd met tradisies nie, maar ons moet nooit dink dat dit die weg na God is nie.

    Daar is net een manier en dit is deur Jesus.

    Dit is God se Woord. Vars vir jou‚ vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Jesus Genees!

    Send us a text

    Matteus 9:35 Jesus het al die dorpe en klein plekkies besoek. Hy het die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal gesond gemaak.

    As jy self, of iemand wat jy liefhet, siek is, regtig baie siek is, sal jy Jesus vra om julle gesond te maak? Sal jy? Of is die kragtige werklikheid van Jesus se genesing iets waarin jy nie regtig glo nie?

    Die afgelope dekades was daar ongelooflike vooruitgang in die geneeskunde. Dinge wat vroeër 'n groot operasie nodig gehad het, het ‘n klein proseduretjie geword, en hierby is daar deesdae soveel medisyne om siektes, wat vroeër ongeneeslik was, te genees.

    Ongelooflik. En tog weet ons nog nie hoe die verstand werk of hoe die geheue werk of hoe ons ‘n eenvoudige verkoue kan genees nie. Om die waarheid te sê is daar nog baie dinge wat ons nie weet nie. Die menslike liggaam, siel en gees is so 'n wonderlike komplekse skepping.

    En tog, keer op keer, tweeduisend jaar gelede, lank voordat mense gedroom het van die mees basiese mediese prosedures, wat ons vandag as vanselfsprekend aanvaar, lees ons in:

    Matteus 9:35 Jesus het al die dorpe en klein plekkies besoek. Hy het die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal gesond gemaak.

    Het Hy regtig? Nou-ja, ek dink die bewyse is redelik oorweldigend. Mense het siekes van heinde en verre gebring en Jesus het hulle genees, of demone uitgedryf. Dis die rede waarom Hy sulke groot skares getrek het en waarom die mense om Hom saamgetrek het wanneer Hy in die stad was. 

    Die vraag is egter: Is Hy vandag nog besig met sy genesingspraktyk? Beslis. Die Jesus wat ek ken, is. Goed, ek weet Hy genees nie almal nie. Hoekom nie? Ek het geen idee nie.

    As ek siek word, sal ek Hom beslis vra om my gesond te maak, want ek het genoeg mense sien gesond word, nadat daar vir hulle gebid is, om my te oortuig. 

    Moenie bang wees om te vra nie. Jesus genees nog steeds - liggaam, siel en gees.

    Dit is God se Woord. Vars vir jou‚ vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Wandeling Op die Meer

    Send us a text

    Johannes 6:19,20 Toe hulle sowat vyf of ses kilometer geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom, en hulle het bang geword. Maar Hy sê vir hulle: “Dit is Ek; moenie bang wees nie.”.”

    Of ons nou daarvan hou of nie, daar kom dikwels storms oor ons lewens wanneer ons dit die minste verwag, en as ons op ons kwesbaarste is. En tog het Jesus die gewoonte om daar te wees - daar in die storm.

    Stel jou hierdie prentjie voor. Jy is op 'n meer in 'n klein bootjie. 'n Hewige storm kom op en die boot begin so erg heen en weer kantel, dat dit lyk asof dit gaan sink en dat jou kans op oorlewing in hierdie stormagtige meer inderdaad skraal is. Jy vrees vir jou lewe.

    En terwyl dit alles aan die gang is, kyk jy op en daar sien jy iemand besig om ‘n wandeling te neem. Nie langs die kuslyn nie, nee, op die meer! Hierdie iemandloop op die water. Dit laat  jou adrenaline pomp. Ons lees in:

    Johannes 6:19,20 Toe hulle sowat vyf of ses kilometer geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom, en hulle het bang geword. Maar Hy sê vir hulle: “Dit is Ek; moenie bang wees nie.”

    Maar dan klim Hy in jou boot en met 'n enkele opdrag uit sy mond bedaar jou storm. Ongelooflik!

    Nou kan ons begin twyfel en wonder of dit ooit gebeur het of nie. Ek glo met my hele hart dat Jesus wel op daardie meer geloop het en dat Hy die storm laat bedaar het.

    Die vraag is egter: gebeur dit vandag nog? As jy in jou klein bootjie op hierdie groot oseaan van die lewe vaar en ‘n storm wil jou oorweldig, kom Jesus en klim in jou boot en laat jou  vrees verdwyn.

    Ek het al 'n paar noue ontkomings in my lewe deurgemaak, maar op 'n dag het Hy deur die storm geloop en in my boot geklim. Die lewe was sedertdien nog nooit weer dieselfde nie. Net Jesus bring daardie Vrede.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Noue Ontkomings

    Send us a text

    Jakobus 4:8 Nader tot God, dan sal Hy tot julle nader. Reinig julle hande, sondaars, en suiwer julle harte, dubbelhartiges! (AFR20)

    Smag jy na 'n diep, intieme verhouding met God? Het daardie verhouding te midde van al die verleidelikhede van hierdie wêreld, jou van tyd tot tyd ontwyk? Is dit 'n bietjie soos 'n lugspieëling in 'n woestyn? Nou-ja, dan is hierdie boodskap van vandag vir jou. Beslis vir jou.

    'n Diep, ryk, intieme gemeenskap met God verander jou. Mense mag dit dalk vreemd vind dat ek ‘n verhouding met God só beskryf. Mense mag dink jy is ‘n bietjie raar as dit jou hartsbegeerte is, om 'n intieme verhouding met God te hê, maar dit is oukei as hulle so dink.

    Ek onthou toe ek, as 'n moeilike, gewetenlose sakeman, my lewe aan Jesus gegee het. Ek onthou hoe ek vir die eerste keer 'n intieme ontmoeting met God gehad het; die lewende God wat Jesus gestuur het, om aan daardie Kruis vir my te sterf.

    Mense het gedink: “Wat het met Berni gebeur? Het hy 'godsdiens' opgedoen? Het hy al sy varkies kwytgeraak? ” Dit is nie dat ek enige snaakse of vreemde gedrag getoon het nie. Dit is net dat God se nabyheid ‘n mens permanent verander. Jy kan nie anders as om te verander nie!

    Daar is soveel mense wat honger na God, maar tog nooit dié soort intimiteit met Hom ontdek nie. Dit is amper asof hulle hul pad byster geraak  het en nie weet hoe om terug te kom nie.

    Miskien is dit tyd vir so 'n ontmoeting. 

    In Jakobus 4:8 staan: Nader tot God, dan sal Hy tot julle nader. Reinig julle hande, sondaars, en suiwer julle harte, dubbelhartiges! (AFR20)

    Hierdie is die belofte: as jy tot God nader, sal Hy tot jou nader. En ja, absoluut, as jy sonde in jou lewe het, wat jy weet jou gemeenskap met Hom problematies maak, moet jy daarmee breek. Jy moet kies – die een of die ander – jy kan nie al twee hê nie.

    Kom nader aan God en Hy sal na jou toe kom.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Ek Het my Foon Gesoek

    Send us a text

    Deuteronomium 8:3 Hy het jou nederig gemaak, jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy nie geken het nie en jou voorouers ook nie geken het nie, sodat Hy jou kon laat verstaan dat die mens nie van brood alleen sal leef nie, maar dat die mens leef van elke uitspraak uit die mond van die Here.(AFR20)

    Oukei, ons het almal al die preek gehoor: "U moet u Bybel lees." Ja, ja, ek weet ... maar... As ons maar net na sy Woord kan luister, sodat Hy met ons kan praat en ons nie hoef te lees nie. As dit net so was …

    Verlede week het ek vir Max, die ateljeebestuur, waar ek my radioprogramme opneem, gebel. Ek skakel altyd vooruit om hom te herinner dat ek op pad is om opnames te kom doen, maar daar was geen antwoord nie. Hm, dit het my 'n bietjie bekommerd laat voel. Toe ek hom 'n bietjie later weer bel, sê hy ewe skaam: “Ek kon nie my foon kry toe jy lui nie.”

    Ons het lekker gelag toe ons terugdink aan die ou dae toe die telefoon nog aan die muur gekoppel was.

    Maar dit het my laat dink aan hoe ons met God kommunikeer. Ek wonder hoeveel mense wat beweer dat hulle Christene is, selfs nou hulle Bybel kan vind. Sommige kan seker, maar 'n hele klomp sê seker: Wel, ek dink dit is in 'n kas of êrens in 'n laai.

    Jou Bybel is soos jou telefoon, maar in plaas daarvan dat dit net Berni is wat bel, is dit God. Stel jou voor dat Hy op die oomblik gereed is om 'n belangrike, kragtige waarheid met jou te deel om jou te help met ‘n situasie wat jy vandag gaan ondervind. Soms hou jy die telefoon vas ...maar jy luister nie wat die ander persoon sê nie.

    Jou Bybel is net soos jou telefoon. Tensy jy dit optel en luister, sal jy nooit hoor wat God sê nie.

    Miskien is dit waarom soveel Christene se lewens in 'n gemors is. Miskien is dit hoekom hulle dit so moeilik vind om die intieme verhouding met God waarna hulle smag, te vind. Ons lees in:

    Deuteronomium 8:3 Hy het jou nederig gemaak, jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy nie geken het nie en jou voorouers ook nie geken het nie, sodat Hy jou kon laat verstaan dat die mens nie van brood alleen sal leef nie, maar dat die mens leef van elke uitspraak uit die mond van die Here.(AFR20)

    Lees jou Bybel.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Koninkryk Ruilmiddel

    Send us a text

    Markus 12:29-31 Jesus het geantwoord: “Die eerste is, ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag’. Die tweede is dit, ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is belangriker as dié nie.”(AFR20)

    Die dinge wat ons die meeste waarde aan heg en die dinge waaraan God waarde heg, is nie altyd dieselfde nie. En so kontra-intuïtief as wat God se waardes is, is dit uiteindelik die enigste ding wat ons werklik bevredig.

    Koninkryke en lande het hul eie geldeenhede, byvoorbeeld die Amerikaanse dollar, die Britse pond, die Indiese roepee en die Demokratiese Republiek van die Kongo se Kongolese frank. Nasies het hul geldeenhede waarop hulle waarde en handel gebaseer is.

    Die Koninkryk van God het ook sy eie geldeenheid, maar dit is 'n bietjie anders as dié waaraan ons gewoond is. Luister hoe Jesus dit beskryf in:

    Markus 12: 29-31 Jesus het geantwoord: “Die eerste is, ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag’. Die tweede is dit, ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is belangriker as dié nie.”(AFR20) 

    Liefde is die geldeenheid in God se Koninkryk en dit is baie anders as die geldeenhede van die koninkryke van hierdie wêreld. In die wêreldse koninkryke word rykdom gemeet in terme van die geldeenheid - die dollars, die ponde, die rupees, die franke – hoeveel daarvan jy kan kry en hoeveel daarvan jy kan spandeer.

    Maar in God se Koninkryksekonomie  word jou rykdom bepaal deur hoeveel jy kan weggee, hoeveel jy kan verloor, hoeveel jy kan opoffer.

    Die ding met die grootste waarde in God se Koninkryk, die liefde, werk op ‘n  teenoorgestelde beginsel van dié van wêreldse koninkryke. In God se Koninkryk, geld die beginsel van hoe meer jy gee, hoe meer het jy. Hoe meer jy opoffer, hoe ryker word jy.

    Miskien is dit waarom al die geld ter wêreld nooit die diepste verlange van die menslike hart kan bevredig nie. Liefde.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Jy is die Beste

    Send us a text

    Matteus 11:11 “Amen, Ek sê vir julle: Onder diegene wat uit vroue gebore is, is daar niemand groter as Johannes die Doper nie; en tog is die geringste in die koninkryk van die hemele groter as hy.(AFR20)

    Het jy al ooit gevoel jy pas nêrens in nie? Asof jy net nie in die groep hoort nie? Ek het dwarsdeur my kinderjare so ongemaklik gevoel. Elke mens wil aanvaar word. Ons wil weet dat ons ‘behoort’. Maar soms ontwyk die gevoel van geborgenheid ons.

    Ons is geneig om mense op hul baadjie te takseer. In ons onderbewuste beoordeel ons mense op grond van hul status, hulle voorkoms, hulle intellek, hulle besittings, waar hulle woon en hoe hulle ons behandel. Ons weet ons moet dit nie doen nie, maar ons doen dit gereeld.

    Ek bedoel, as ek of jy in Jesus se tyd gelewe het, hoeveel punte sou ons vir Johannes die Doper gegee het?

    Hy was regtig 'n snaakse ou. Hy het sprinkane en heuning geëet, 'n kleed van kameelhare gedra en in die woestyn hel en verdoemenis gepreek. Dit klink nogal vreemd; 'n bietjie eksentriek, nie waar nie? En tog was hy Jesus se neef en Jesus het hom gerespekteer. Miskien moet ons hom bo-aan die punte-leer plaas, nie onder nie.

    Jesus oordeel nie soos mense nie. Hy sê in:

    Matteus 11:11 “Amen, Ek sê vir julle: Onder diegene wat uit vroue gebore is, is daar niemand groter as Johannes die Doper nie; en tog is die geringste in die koninkryk van die hemele groter as hy. (AFR20)

    Sjoe! Dit is 'n wonderlike ding vir die Seun van God om oor 'n snaakse ou te sê. Maar dan, net daarna, sê Hy dat selfs die geringste persoon in God se koninkryk groter is as Johannes.

    Die volgende keer wat jy 'n bietjie vreemd voel, asof jy nie by die groep inpas nie of voel asof jy nie waardeer word nie, bid ek dat jy hierdie woorde van Jesus sal onthou.

    Besef jy, Hy beskou ons as belangriker as selfs die belangrikstes. Dit is hoe Jesus ons sien.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

955 Listeners