God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Jaïrus en die Vrou

    Send us a text

    Markus 5:27-30 En toe sy van Jesus hoor, het sy in die skare van agter af gekom en aan sy bokleed geraak, want sy het gesê: “As ek maar net aan sy bokleed kan raak, sal ek gesond word.” Die oorsaak van haar bloeding het toe dadelik opgehou, en sy het aan haar liggaam gevoel dat sy van haar kwaal genees is. Jesus het onmiddellik agtergekom dat krag uit Hom uitgegaan het. Hy het in die skare omgedraai en gevra: “Wie het aan my bokleed geraak?”(AFR20)

    Laat ek jou vra, hoeveel is jy vir God werd? Wat dink jy; hoe lief het Hy jou, in vergelyking met die volgende persoon? Sou Hy stop wat Hy besig is om vir jou te doen, en jou ignoreer as daar iemand belangriker verbykom?

    Ons kan so maklik dink dat God tyd het vir ander mense, maar nie vir ons nie. Ek bedoel ek is tog so onbelangrik. Nie in dieselfde kategorie as daardie persoon daar nie.

    Jesus is omring deur 'n groot menigte toe Jaïrus, die plaaslike sinagoge-leier, 'n baie belangrike man in die stad, Hom smeek om sy sterwende dogter te kom genees. Maar net toe Jesus aandag aan hom wou gee, onderbreek 'n vrou wie se naam nooit genoem word nie die verrigtinge. Dit wys ons net hoe onbelangrik sy in die gemeenskap was. En om dinge te vererger, ly sy al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing. Hierdie vrou was volgens die Joodse godsdiens as onrein beskou. 

    Ons lees in Markus 5:27-30 van haar genesing: En toe sy van Jesus hoor, het sy in die skare van agter af gekom en aan sy bokleed geraak, want sy het gesê: “As ek maar net aan sy bokleed kan raak, sal ek gesond word.” Die oorsaak van haar bloeding het toe dadelik opgehou, en sy het aan haar liggaam gevoel dat sy van haar kwaal genees is. Jesus het onmiddellik agtergekom dat krag uit Hom uitgegaan het. Hy het in die skare omgedraai en gevra: “Wie het aan my bokleed geraak?”(AFR20)

    Terwyl Jesus se aandag deur hierdie vrou afgelei is, is Jaïrus ingelig dat sy dogter gesterf het. Maar Jesus het haar tot almal se verbasing uit die dood opgewek. Maar sien jy, dit het niks met status te doen nie; Jaïrus was ‘n gesiene man, terwyl hierdie naamlose vrou 'n sosiale uitgeworpene was. 

    Jesus het Hom oor haar ontferm. Wat leer jy hieruit? 

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Godsdiens en Jesus

    Send us a text

    Markus 5:22,23 Een van die leiers van die sinagoge, met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. En toe hy Hom sien, val hy voor sy voete neer en smeek Hom ernstig: “My dogtertjie lê op sterwe. Kom lê u hande op haar, sodat sy gesond kan word en leef. (AFR20) 

    Het jy al ooit in jou geestelike wandel gevoel asof jy net uit gewoonte deur ‘n soort van ‘n ritueel gaan? Dat iets ontbreek? Jy moet tog sekerlik méér vervulling ervaar wanneer jy Jesus volg, of hoe?

    Wanneer mense uitvind dat ek in die bediening is, sê hulle: “O, jy’s ‘n godsdienstige man.” Maar ek is glad nie gemaklik met daardie benaming nie. 

    Op 'n dag toe Jesus van die skuit afklim, het ‘n groot menigte op Hom gewag. Sy reputasie van genesing en kragtige prediking het soos ‘n veldbrand dwarsdeur die land versprei... dit verklaar seker die skare. 

    In Markus 5:22,23 staan: Een van die leiers van die sinagoge, met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. En toe hy Hom sien, val hy voor sy voete neer en smeek Hom ernstig: “My dogtertjie lê op sterwe. Kom lê u hande op haar, sodat sy gesond kan word en leef.” (AFR20)

    Kyk, Jaïrus was 'n man van formaat. ‘n Man met ‘n hoë status; die leier van die plaaslike sinagoge, 'n godsdienstige man.

    En tog het hy homself voor die skare verneder deur voor Jesus se voete neer te val om Hom vir hulp te vra. Hoekom? Want hierdie godsdienstige man met al sy geleerdheid en sy belangrike posisie, het nie die mag gehad om sy dogter te genees nie. Net Jesus het die mag gehad om dit te doen.

    Dit is die verskil tussen godsdiens en Jesus. Vir baie mense is godsdiens 'n leë stel reëls, 'n ritueel, 'n lewenswyse wat inderwaarheid niks in hul lewens verander nie.

    Jesus, aan die anderkant, is gereed om sy lewensveranderende, lewegewende krag op jou uit te stort; om jou te bemagtig om alles te wees waarvoor Hy jou geskape het. Want weet jy, Hy beplan om die lig van Sy liefde in hierdie donker wêreld deur jou te laat skyn.

    Jesus is die  lewensveranderende, lewegewende krag.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Mense op die Wandelpad

    Send us a text

    Johannes 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. (AFR20)

    Ek sal eerlik wees met jou. Die eerste ses en dertig jaar van my lewe het ek skaars aan Christenskap gedink ... behalwe om gek te skeer met die onnosele Christene daar buite, wat in God geglo het. Wat van jou? Hoe ernstig voel jy oor Jesus?

     

    As iemand wat die grootste deel van elke werksdag sit en werk, geniet ek dit baie om oefening te kry. Ek gaan dus die meeste oggende vroeg uit vir 'n vinnige stappie. Daar is 'n groot park met 'n wonderlike staproete naby ons huis. Ek kom normaalweg net voor sonop daar en dan is daar skaars 'n siel in die omgewing.

     

    Maar na ‘n kort rukkie begin die plek vol word met mense wat loop, hardloop en fietsry. Jonk, oud; manlik, vroulik, lank, kort, vet, maer, swart, wit; goed, sleg ... die wonderlikste verskeidenheid mense.

     

    Maar weet jy, daar is nog 'n onderskeid wat die moeite werd is om te maak: verlore, gevind; gered ... in die verderf vergaan.

     

    Dit maak nie saak hoe ons elkeen uiterlik lyk nie, maar party van ons ken Jesus Christus as die Verlosser van ons siel en die Here van ons lewens, en ander nie. En eendag, nou-ja, eendag is dit die enigste onderskeid wat sal saakmaak. Dit is die enigste ding wat die een mens van die ander sal onderskei.

     

    In Johannes 3:16  staan: Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. 

     

    Verlore of gevind. Gered of vergaan. Dit is die enigste ding wat sal saak maak. Watter een is jy? Het jy Jesus Christus aangeneem as die Verlosser van jou siel en die Here van jou lewe?

     

    As jy nog nie vir Jesus aangeneem het, is dit vandag jou geleentheid. Bid 'n eenvoudige gebed, slaan ‘n nuwe blaadjie om, begin jou lewe  vir Jesus leef.

     

    Want eendag is dit die enigste ding wat sal saakmaak.

     

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Kaboem, Kadoef!

    Send us a text

    1 Korintiërs 15:51,52 Kyk, ek vertel vir julle 'n misterie: nie almal van ons sal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word by die laaste basuin, binne 'n oomblik, 'n oogwink. 'n Basuin sal weerklink, en die dooies sal onverganklik opgewek word, en ons sal verander word. (AFR20)

    Die lewe kan enige oomblik 'n skerp draai van 180 grade maak. Al die dinge wat jy aangeneem het, gaan die res van vandag, môre, volgende week, volgende maand ... volgende jaar gebeur, sal miskien nooit gebeur nie.

     

    Verlede Saterdag het vir my doodgewoon begin. Ek het 'n bietjie later as gewoonlik opgestaan, gaan stap, geoefen, gaan koffie drink saam met my vrou, Jacqui, en ons klein hondjie, Muffin. Die middag ry ons toe na 'n winkel om 'n mat vir ons sitkamer te soek. Ek het die motor langs die pad parkeer, die deur oopgemaak en toe was daar ‘n verskriklike slag – KABOEM!  Ek was toe onder gebreekte glas. 'n Ander motor het vinnig aangekom en my oop deur morsaf gery. Ons motor moes ingesleep word.

     

    Toe ek na die tyd uitklim, besef ek dat, as ek net ‘n breukdeel van ‘n sekonde vroeër uitgeklim het – net  'n halwe sekonde vroeër - sou ek waarskynlik nie nou hier gewees het nie.

     

    En dit is hoe dit is; slegs 'n breuk van ‘n sekonde skei lewe en dood van mekaar. In net 'n oomblik kan dit alles verander. Kaboem. 

     

    In 1 Korintiërs 15: 51,52 staan: Kyk, ek vertel vir julle 'n misterie: nie almal van ons sal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word by die laaste basuin, binne 'n oomblik, 'n oogwink. 'n Basuin sal weerklink, en die dooies sal onverganklik opgewek word, en ons sal verander word. (AFR20)

     

    Kan ek jou vra: waar gaan jy die ewigheid deurbring? Dit neem net 'n breukdeel van ‘n sekonde van hierdie lewe na die volgende. Maar die ewigheid – wel, dit is baie lank.

     

    Waar gaan jy die ewigheid deurbring?

     

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Hanteer Menopouse

    Send us a text

    Johannes 15:12,13 Dit is my gebod: Julle moet mekaar liefhê, net soos Ek julle liefgehad het. Groter liefde as dit het niemand nie, dat iemand sy lewe aflê vir sy vriende.(AFR20)

    Enigiemand wat al ooit getrou het, weet dat hulle op hul troudag 'n onvoorwaardelike belofte aan hul huweliksmaat gemaak het, om deur dik en dun, tot die einde toe, by hulle te bly. Waarom misluk soveel huwelike dan?

     

    'n Paar jaar gelede was ek betrokke in 'n groepsbespreking by 'n Bybelkollege waar ek onderrig het. Die spesifieke dag was die onderwerp op die tafel, hoe ons pyn en lyding in ons eie lewens hanteer.

     

    Een man het vertel van die pyn wat hy die afgelope paar jaar deurgemaak het, terwyl sy vrou die emosionele wipplank van haar menopouse deurgemaak het. Die trane het oor sy wange gerol, toe hy ons van die pyn wat hy gely het, vertel.

     

    Hierdie man was volgens wêreldse standaarde gemeet, geen superster nie. Hy was nie veel om na te kyk nie. Hy was nie  ‘n welsprekende ou, of ‘n skrywer of akademikus nie. Maar in hierdie wêreld van losse verhoudings, van huwelike wat weggegooi word soos verfrommelde kitskos-pakkies, moet ek jou sê, hierdie man was 'n held.

     

    As ‘n mens kyk na wat hierdie arme man moes deurgaan, wil jy jouself afvra of dit nie baie makliker sou gewees het, as hy net aan homself gedink het nie? Dit sou so maklik gewees het om van sy vrou ontslae te raak. Baie mans van sy ouderdom doen dit. So maklik... 

     

    In Johannes 15: 12,13 staan: Dit is my gebod: Julle moet mekaar liefhê, net soos Ek julle liefgehad het. Groter liefde as dit het niemand nie, dat iemand sy lewe aflê vir sy vriende. (AFR20)

     

    Hierdie man het sy lewe vir sy vrou afgelê. Hy het sy huweliksbelofte – om getrou te bly tot die dood hul skei - groter as sy eie behoeftes beskou.

     

    En dit, mans, is presies waarvoor ons geroep is.

     

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Hy Verloor Nooit, Ooit Hoop Nie

    Send us a text

    Klaagliedere 3:22,23 Dit is deur die troue liefde van die Here dat ons nie omgekom het nie, ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid.(AFR20)

    Die lewe verloop nie altyd volgens ons plan nie. Dit sou lekker gewees het as dit wou, nè? Maar dit gebeur nie. En soms is die rede daarvoor dat ons weggedwaal het en God agtergelaat het. Of, nou-ja, dit is ten minste hoe ons dit sien, wanneer ons tot ons sinne kom.

     

    Ek het 'n rukkie gelede uit die bloute 'n e-pos van 'n ou skoolvriend ontvang. Hy is die ou wat my veertig jaar gelede daar in die skool werf na Christus gelei het. 

     

    In die e-pos het hy my vertel hoe hy grootgeword het. Hy het, net soos ek, ook ver van God afgedwaal. Dit is wat so dikwels gebeur as ons jeugdige idealisme gedemp word deur die sorge en verantwoordelikhede van die volwasse lewe.

     

    Maar toe, skryf hy verder, gaan hy deur 'n groot krisis in sy lewe en daar ontdek hy tot sy verbasing, dat Jesus te midde van sy ontbering op hom wag. Snaaks genoeg, klink dit toe presies soos my storie.

     

    Toe ek nadink oor die vreemde parallelle tussen my en my ou skoolvriend, herinner dit my aan hierdie pragtige vers in:

    Klaagliedere 3: 22 Dit is deur die troue liefde van die Here dat ons nie omgekom het nie, ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. (AFR20)

     

    Dit is waar, soms word die lewe ongelooflik donker en somber. En as dit gebeur op 'n tydstip wanneer ons ver van God af is, wanneer ons Hom agtergelaat het om die dinge van hierdie wêreld na te jaag ... is die hele situasie tien keer erger.

     

    Ons besef dat ons sonder God op daardie donker plek is. Dit is maar net ons persepsie. Maar as jy ooit op daardie plek kom, onthou dit:

     

    die troue liefde van die Here hou nooit op nie, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut; sy trou is groot.

     

    Hy verloor nooit, ooit moed nie.

     

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

     
    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wie Gaan Jy Vertel?

    Send us a text

    Markus 5:18,19 Toe Hy in die boot klim, het die een wat deur demone besete was, Hom gesmeek om by Hom te kon bly. Hy het hom nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: “Gaan na jou huis, na jou mense, en vertel hulle alles wat die Here vir jou gedoen het en dat Hy medelye aan jou betoon het.” (AFR20)

    Wanneer Jesus magtige, kragtige dinge in ons lewens doen, is ons eerste, verstaanbare reaksie om Hom te loof en te dank. Maar vreemd genoeg is daar nog iets, wat Hy wil hê ons moet doen.

    Jesus het een keer op 'n man afgekom wie se lewe 'n absolute gemors was. Luister hier wat staan in:

    Markus 5:1-5 Hulle het aan die oorkant van die see aangekom, in die gebied van die Geraseners. Net toe Hy uit die boot klim, het 'n man met 'n onrein gees, Hom skielik uit die rotsgrafte tegemoet gegaan. Hierdie man se blyplek was tussen die rotsgrafte. Niemand kon hom meer vasbind nie, selfs nie met 'n ketting nie. Hy was trouens al dikwels met voetboeie en kettings vasgebind, maar hy het die kettings losgeruk en die voetboeie stukkend gebreek. Niemand kon hom beheer nie. Heeltyd, bedags en snags, het hy tussen die rotsgrafte en op die berge homself al skreeuende met klippe geslaan. (AFR20)

    Jesus het die demone uitgedryf en die man was vry. Jesus het die demone beveel om in 'n trop varke te gaan, wat toe op hulle beurt dadelik van 'n krans af gehardloop het. Die inwoners was verskrik en hulle het Jesus gevra om weg te gaan. 

    In Markus 5:18,19 staan: Toe Hy in die boot klim, het die een wat deur demone besete was, Hom gesmeek om by Hom te kon bly. Hy het hom nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: “Gaan na jou huis, na jou mense, en vertel hulle alles wat die Here vir jou gedoen het en dat Hy medelye aan jou betoon het.” (AFR20)

    In plaas daarvan om daardie dag 'n entoesiastiese nuwe dissipel te werf, het Jesus hom teruggestuur na die mense wat HOM daardie dag verwerp het, met die opdrag om hulle van God se genade te vertel.

    Vir wie wil God hê moet jy vandag gaan vertel van die magtige dinge wat Hy in jou lewe gedoen het? Gaan.

    Vertel hulle van alles wat die Here vir jou gedoen het. Vertel vir hulle hoe goed die Here vir jou was.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Totale Onreg

    Send us a text

    Matteus 27:20-22 Die leierpriesters en die familiehoofde het die skare egter oorreed dat hulle op Barabbas moes aandring, en dat hulle Jesus moes laat doodmaak. 

    Die prokurator het hulle weer gevra: “Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle vrylaat?” 

    Hulle het geroep: “Barabbas!” 

    Pilatus vra hulle toe: “Wat moet ek dan maak met Jesus wat as Christus bekend staan?” Hulle roep toe almal uit: “Laat Hy gekruisig word!” (AFR20)

    Christene praat graag oor die goeie nuus van Jesus Christus. Dis graaf! Maar waarom word dit as goeie nuus beskou? Waarom sou enigeen van ons hoegenaamd kennis neem van nog 'n weergawe van die Paas-ritueel?

    Misdaadsepies op televisie is etlike jare lank al baie populêr. Dit bevredig nie slegs ons behoefte aan opwinding en intrige nie, maar ek dink ook, ons sin vir regverdigheid. Die slegte man word gevang, gevonnis en geregtigheid geskied.

    Ek het egter onlangs na 'n episode gekyk waar die slegte ou weggekom het. Dis verkeerd! Geregtigheid moes geskied het om die episode in 'n mooi, netjiese strikkie toe te bind.

    Ons haat onreg, maar eintlik gaan Paasfees oor onreg. Die historiese verslag toon dat Pontius Pilatus, die destydse Romeinse goewerneur in Jerusalem, besluit het dat daar absoluut geen rede is om Jesus skuldig te bevind nie, en wát nog van om Hom tereg te stel! Ons lees in:

    Matteus 27:20-22 Die leierpriesters en die familiehoofde het die skare egter oorreed dat hulle op Barabbas moes aandring, en dat hulle Jesus moes laat doodmaak. Die prokurator het hulle weer gevra: “Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle vrylaat?” 

    Hulle het geroep: “Barabbas!” 

    Pilatus vra hulle toe: “Wat moet ek dan maak met Jesus wat as Christus bekend staan?” Hulle roep toe almal uit: “Laat Hy gekruisig word!” (AFR20)

    Die gepeupel het die oorhand gekry. Jesus is na ses onregverdige verhore in minder as sewentien uur, waarvan een van die verhore deur 'n woedende skare was, geslaan, gespoeg en gekruisig.

    Dit was so onregverdig, so onregverdig. Maar vreemd genoeg het God daardie onreg gebruik om aan sy standaard van geregtigheid te voldoen, sodat ek en jy, soos die skuldige Barabbas, vry kan leef.

    Paasfees is so onregverdig. God noem dit genade. 

    Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Intieme Geloof

    Send us a text

    Romeine 10:9 Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en jy glo met jou hart dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. (AFR20)

    Een van die dinge wat ek ongelooflik ontstellend vind, is hoeveel mense deur die Paasfees voortsnel sonder om daaroor na te dink; sonder om eers te besef, dat hoe hulle op die Paasboodskap reageer, sal bepaal hoe hulle die ewigheid deurbring.

    Paasfees kom met 'n belangrike boodskap. Jesus het vir jou en vir my aan 'n kruis gesterf. Hy het weer opgestaan. En as ons glo dat Hy die Seun van God is, dat sy dood en opstanding werklik plaasgevind het en dat God ons op grond daarvan vryspreek, dan word ons vergewe en het ons die gawe van die Ewige Lewe.

    Dit is 'n redelik eenvoudige transaksie. Die vraag is - wat glo jy?

    Dit lyk vir my asof dit maklik is om al die dinge op 'n veilige afstand van tweeduisend jaar te glo. Dit is amper soos volksverhale en sprokies - jy het dit al soveel keer gehoor, dat jy dit net so aanvaar. Maar laat ek jou iets vra. Wat glo jy regtig? As die dood en opstanding van Jesus verlede week, in plaas van tweeduisend jaar gelede, gebeur het, sou jy nog steeds glo?

    En ek praat nie hier van 'n stilswyende aanvaarding van 'n sprokie nie, maar 'n werklike geloof diep in jou hart, dat Jesus vir jou gesterf en opgestaan ​​het. Wat glo jy?

    Dit maak 'n verskil, 'n groot verskil ...

    Kyk wat sê: Romeine 10:9  Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en jy glo met jou hart dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. (AFR20)

    Maar die teendeel is ook waar: as jy dit nie doen nie, sal jy nie gered word nie.

    Laat ek jou dus weer vra: Wat sê jy? Wat glo jy? - omdat jou antwoord voor God, en openlik voor mense, alles te doen het met hoe jy die ewigheid sal deurbring.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Essensie van Paasfees

    Send us a text

    1 Johannes 3:5 Julle weet dat Hy verskyn het om die sondes weg te neem, en in Hom is daar geen sonde nie. (AFR20)

    Ja, daar is nog 'n Paasfees om die draai en terwyl ons hierdie jaarlikse vieringe, herdenkings, feeste, of wat ons dit ook al wil noem, as vanselfsprekend beskou, watter betekenis het dit vir jou? Is dit regtig sinvol?

    Paasfees het vir my jare lank eenvoudig nie sin gemaak nie. Die samevatting - Paasfees in 'n neutedop - is die volgende: Jesus, die Seun van God, het gesterf om vir ons sonde, joune en myne, te betaal. Toe staan ​​Hy weer op om ons die oorwinning oor die dood, en vir elkeen wat dit glo, die gratis gawe van die Ewige Lewe te gee. Dis dit.

    Maar weet jy, die ding wat my altyd gepla het, was hierdie gekke idee dat ... ek bedoel, ek kon nie verstaan waarom sou God sy eie Seun stuur om vir my sonde aan die kruis te sterf? As ek so ‘n gemors van my lewe gemaak het, waarom kan ek nie net na God gaan en sê: "Haai kyk God, ek is jammer." God kon my tog sekerlik net vergewe. Dit is nie onredelik nie.

    Ek het onlangs 'n vriend gehad wat sy rybewys verloor het, omdat hy die spoedgrens oortree het. Dink jy hy kon voor die regter gaan staan en sê: “Haai kyk regter, ek is jammer.” Sou die regter hom op die plek vergewe? Dis mos nie onredelik nie?

    Natuurlik is dit ... omdat geregtigheid altyd vereis dat 'n prys betaal word om dinge reg te stel; of dit nou is om ‘n lisensie te verloor, 'n tyd lank tronk toe te gaan ... of inderdaad jou lewe te verloor. Ons lees in:

    1 Johannes 3:5 Julle weet dat Hy verskyn het om die sondes weg te neem, en in Hom is daar geen sonde nie. (AFR20)

    In plaas daarvan, dat ons die pyn moet dra van die straf wat God se geregtigheid eis, het God na ons gekyk, ons jammer gekry, en sy Seun in ons plek gestuur om ons sonde weg te neem.

    Geregtigheid eis 'n prys. Jesus het daardie prys vir jou en my betaal. Dis Paasfees.

    En dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

955 Listeners