God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Die Paasfees “Fees?”

    Send us a text

    Matteus 20:18,19 Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die Mens sal oorgelewer word aan die leierpriesters en skrifkenners. Hulle sal Hom ter dood veroordeel, en Hom aan die heidene oorlewer om Hom te bespot, te gesel en te kruisig; maar op die derde dag sal Hy opgewek word” (AFR20)

    Daar is sekere geleenthede wat op 'n baie vreemde manier in die samelewing gevier word. Ons mense doen mal dinge. Ons het parades vir perdewedrenne. Nasies kom tot stilstand vir sokkerwedstryde. Maar Paasfees; nee wat mense, ek dink Paasfees is die kersie op die koek.

     

    Waarom sê ek dan dat Paasfees so 'n vreemde "fees" is, as ek dit so kan noem? Dink net, ons almal smul aan te veel sjokolade-paaseiers en dan is daar die paashaas. Hy span beslis die kroon! Is dit nie regtig ‘n vreemde manier om Christus se dood te gedenk nie?

     

    Toe ek op skool was, het ons ook elke jaar met Paasfees 'n belaglike “Easter Bonnet Parade” gehou, waar ons almal verspotte hoede moes maak en opsit.

     

    Maar om alles te kroon, gaan daardie selfde feesvierende Christene almal kerk toe, want hulle sê hulle wil Jesus - die Seun van God - wat gekruisig is en toe uit die dood opgestaan ​​het, gaan eer - so sê hulle.

     

    Wat 'n vreemde viering! En ons noem dit "Paasfees.” Hmm.

     

    Ons lees in Matteus 20:18,19 wat Jesus sê: “Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die Mens sal oorgelewer word aan die leierpriesters en skrifkenners. Hulle sal Hom ter dood veroordeel, en Hom aan die heidene oorlewer om Hom te bespot, te gesel en te kruisig; maar op die derde dag sal Hy opgewek word” (AFR20)

     

    Kan ek jou vra, dink jy nie, dat as Jesus is, wie Hy gesê het Hy is, en die feit dat Hy gesterf het en weer opgestaan ​​het, van groot betekenis behoort te wees nie?

     

    Die vraag is – watter betekenis?  Sê my, wat beteken dit vir jou in hierdie tyd waar ons Paasfees nader? Wat beteken die feit dat Jesus twee duisend jaar gelede vir jou gesterf en opgestaan ​​het, vir jou persoonlik? Wat beteken dit vandag vir jou? 

     

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Goeie Storie

    Send us a text

    Markus 4:10,13 Toe Hy alleen was, het die omstanders saam met die twaalf Hom uitgevra oor die gelykenisseEn Hy sê vir hulle: “Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? Hoe sal julle dan al die gelykenisse verstaan? (AFR20)

    Ons hou van 'n goeie storie, veral wanneer ons onsself daarmee  kan vereenselwig en as dit ons êrens diep binne-in raak. Daarom pink ons somtyds 'n traan wanneer ons na ‘n film kyk.

     

    Ek het al na droë preke, wat klink asof dit direk uit 'n handboek  aangehaal word, geluister. Maar aan die anderkant het ek al prediking gehoor, wat prakties is en God vir my ‘n realiteit maak. Ek is seker jy het dit ook al beleef, en jy hoef nie 'n genie te wees om uit te vind watter een die beste werk nie.

     

    Jesus het baie van sy prediking gedoen deur middel van stories oor boere en graan en sade, lampe en troues. Dit moes vir die skare vreemd geklink het, in vergelyking met preke wat hulle in die plaaslike sinagoge gehoor het - amper ontheiliging vermoed ek. En soms het hulle nie eers sy boodskap verstaan nie. 

     

    In Markus 4:10,13 lees ons: Toe Hy alleen was, het die omstanders saam met die twaalf Hom uitgevra oor die gelykenisse.

    En Hy sê vir hulle: “Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? Hoe sal julle dan al die gelykenisse verstaan? (AFR20)

     

    Jesus het hierdie gelykenis aan sy binnekring verduidelik, maar die res van die skare is net so verward soos hierdie paar dissipels huis toe.

     

    Jy kan jouself indink in die gesprekke daardie aand om die etenstafel, "Wat dink jy het Hy daarmee bedoel?" “Wel, ek dink dat ...” So het hulle Jesus se woorde herkou en dit verteer, totdat die waarheid van wat Hy gesê het, tot hulle deurgedring het.

     

    Party dae lyk dit asof God se Woord nie veel sin maak nie, en daarom gee ons al te maklik moed op.

     

    Maar daar is 'n alternatief. Praat daaroor, kou dit, vra vrae ... en voordat jy weet, sal die waarheid duidelik word.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Groener Weivelde

    Send us a text

    Markus 10:7-9  Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en aan sy vrou verbind word, en die twee sal een liggaam wees, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een. Daarom, wat God saamgevoeg het, moet 'n mens nie skei nie.” (AFR20)

    Ons dink dikwels aan die huwelik as 'n instelling, maar as jy eendag trou, ontdek jy dat dit heeltemal anders is, as wat jy gedink het dit sal wees. Dit kan so moeilik word, dat baie mense moed verloor en die handdoek wil ingooi. Maar dit was nooit God se plan nie.

    Die huwelik is een van die kosbaarste van alle menslike verhoudings. Man en vrou sluit ander verhoudings doelbewus uit, om aan mekaar getrou te wees. En dit is presies wat God bedoel het.

    Maar elkeen wat getroud is, weet dat ‘n huwelik nie altyd rosegeur en maanlig is nie. Sommige dae is daar konflik. Party dae is daar teleurstelling. Party dae is dit seer.

    En tog is dit ook deel van God se plan – dit leer ons dat liefde nie gaan oor ‘n toutrekkery om te wen nie.

    Maar soms raak ‘n man of vrou ontnugter oor hul huwelik en is die versoeking om na groener weivelde te soek. Daar moet sekerlik iemand beter daar buite wees. Miskien sal ek ...

    Kyk wat het Jesus oor die huwelik gesê in:

    Markus 10: 7-9 Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en aan sy vrou verbind word, en die twee sal een liggaam wees, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een. Daarom, wat God saamgevoeg het, moet 'n mens nie skei nie.” (AFR20)

    Om na die sogenaamde "groener weivelde" te beweeg, vereis dat jy iets uitmekaar skeur en glo my, dit veroorsaak 'n pyn en 'n verlies wat geen woorde kan beskryf nie, net om te ontdek dat die verste gras nie regtig groener is nie. 

    Ek wens ek kon vir jou sê dat ek die perfekte man is, maar ek is dit nie. En so wonderlik soos my vrou Jacqui is, is sy ook nie perfek nie. Maar ons het hierdie oorweldigende begeerte om saam oud te word. En dit is presies wat God bedoel het.

    Wat God saamgevoeg het, mag niemand skei nie.

    Sê gereeld vir jouself: die verste gras is nie groener nie.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Sy Getroue Liefde

    Send us a text

    Klaagliedere 3:22,23... ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. (AFR20)

    Liefde is 'n woord wat ons almal graag gebruik. En ons dink nogal ons verstaan wat dit beteken. En tog, eers wanneer ons die liefde van God self ervaar, besef ons dat ons tot op daardie stadium geen idee van liefde gehad het nie.

    As jy van buite na 'n huis kyk, het jy geen idee wat onder die huis aangaan nie. As die fondament sterk is, sal die huis lank staan, maar as dit nie is nie, sal dit binnekort inmekaar stort.

    As jy al ooit 'n huis gebou het, sal jy weet dat die fondament nie juis die mees glansryke deel van die gebou is nie. Jy sal nooit eers die fondament sien wanneer die huis klaar is nie. Maar as dit nie solied is nie, weet jy die res het nie ‘n kans om te bly staan nie...

    Die Bybel praat oor en oor van God se standvastige liefde. Dit is 'n vreemde woordkeuse as jy daaraan dink; want ons dink aan liefde as, as 'n gevoel: warm, sag, donsig en ja, romanties. Dit lyk asof "standvastig" net nie daar pas nie.

    En tog is die standvastige, onbeweeglike, rotsvaste liefde van God die beste, moontlike grondslag vir jou en my lewe. Dit maak nie saak wat ook al in jou lewe met jou gebeur en watter storms of aardbewings dreig om jou te ontwortel nie, dit is die volmaakte, betroubare liefde van God wat jou geanker hou. Dit is die onbeweeglike liefde van God wat jou staande hou.

    Klaagliedere 3: 22,23  ... ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. (AFR20)

    Hierdie boek is geskryf deur 'n man wat die verwoesting, wat die Babiloniërs in Jerusalem aangerig het, ondersoek. Hy huil, hy kla, hy probeer die trauma verwerk. Maar toe besef hy ...

    Die liefde van die Here hou nooit op nie, sy ontferming is nimmereindigend – dis elke oggend nuut; sy getrouheid is onpeilbaar groot.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Lig en ‘n Lamp

    Send us a text

    Psalm 119:105 U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my lewenspad.(AFR20)

    Om ons Bybel oop te maak, is die laaste ding wat ons wil doen wanneer dit moeilik gaan. Dit voel mos nie nodig nie. Dit voel nie relevant nie. En tog is dit die een ding wat ons kan doen, wat God se lig in die donkerte en somberheid van ons omstandighede sal laat skyn.

    Soms is die lewe totaal en al ‘n fees. Maar dan kan ander dae weer regtig donker wees: 'n Tyd van seer, of verlies, of die gevoel dat ons op een of ander manier die pad byster geraak het. En dit is in daardie donker tye, wat ons dikwels nie weet watter kant toe nie.

    Ons was al almal daar.

    Kom ons kyk weer na een van die bekendste tekste van almal:

    Psalm 119: 105 U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my lewenspad. (AFR20) 

    Psalm 119 is die langste hoofstuk in die Bybel. Dit is geskryf deur 'n man wat baie moeilike, en baie donker tye beleef  het... en die hele Psalm is sy gebed tot God.

    U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my lewenspad.

    Is dit nie wonderlik nie? 'n Lamp vir ons voete, sodat ons kan afkyk om te sien waar ons die volgende tree op hierdie rotsagtige pad moet neem.

    En 'n lig op ons pad, sodat ons kan opkyk en sien waarheen die pad lei.

    En tog ken ek soveel mense wat in Jesus glo, maar in donker tye is hierdie lamp, hierdie lig – die Woord van God- weggesteek in 'n kas êrens onder 'n klomp rommel, of in hul bedkassie om stof te vergader. 

    Kan ek jou vra - maak dit vir jou enigsins sin?

    God se woord is 'n lamp vir jou voet en 'n lig vir jou lewenspad.

    Laat dit skyn. Laat God op daardie donker dae sy Lig in jou lewe skyn.

    Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Daar is Nie Klein Sondetjies Nie

    Send us a text

    1 Johannes 1:9 As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig.(AFR20)

    Die lewe is vol kompromieë. Ek dink dit is vandag meer as ooit ‘n werklikheid. En tog is daar 'n paar kompromieë wat ons maak, wat ons kan beroof van alles wat God vir ons lewens beplan het. Selfs wanneer dit vir ons lyk asof hierdie kompromieë klein en onbeduidend is.

    Daar is tye in ons lewens wanneer dit vir ons voel asof, ten spyte van die feit dat ons alles reg doen, dinge aanhou skeefloop. Dit is asof God nie sy deel doen nie.

    Soms is dit omdat sy tydsberekening net nie ons tydsberekening is nie. Maar ander kere, voel dit asof iets vir God verhoed om ons te seën. Dit voel asof daar ‘n soort van ‘n verstopping is.

    As jy al ooit 'n geblokkeerde pyp in jou huis gehad het, sal jy weet dat 'n baie klein verstopping 'n groot hoeveelheid water kan terughou.

    En soms is daar klein kompromieë in ons lewens wat ons vir God probeer wegsteek. Dit kan iets klein en verborge wees; iets wat ons so maklik regverdiging voor kan kry of verskonings voor kan maak; iets wat niemand anders, behalwe God kan sien nie. En Hy wag eenvoudig vir ons om dit reg te stel, om die verborge verstopping te verwyder, sodat sy lewende water kan vloei.

    “Maar dit is so klein. Niemand kan dit sien nie.” Miskien...maar dit is hoe blokkasies werk. En weet jy, in God se oë is sonde nooit klein nie.

    Maar in 1 Johannes 1: 9 staan: As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig. (AFR20)

    Wat is daardie verstopping in jou lewe? Watter klein, verborge sonde hou die massiewe stroom van God se planne, God se seëninge in jou lewe, terug?

    As jy jou sondes bely, sal God jou vergewe.

    Moet dus nie net daar sit nie. Verwyder die verstopping. Laat die seën vloei.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Elke Deel van jou Lewe

    Send us a text

    Psalm 127:1,2 As die Here die huis nie bou nie, swoeg die bouers tevergeefs daaraan. As die Here oor die stad nie wag hou nie, bly die wagte tevergeefs wakker.(AFR20)

    Wanneer jy vir iemand vra hoe dit gaan, kry jy maar al te dikwels die antwoord: “Ag weet jy, ek’s so besig, besig, besig.” Dit wil lyk asof die ‘besig-wees’ deesdae amper ‘n soort van status simbool geword het... selfs wanneer dit ons doodmaak.

    Een van die dinge wat ek regtig van God waardeer, is dat Hy deel van elke faset van ons lewens wil wees. En Hy wil nie net deel daarvan wees nie, maar Hy wil elke deel van ons lewens seën.

    ‘n Paar jaar gelede het ek ongelooflike lang ure gewerk en ek het permanent moeg gevoel. Ek was desperaat en het dokter toe gegaan. Sy het al die toetse gedoen. Nadat sy al die moontlike siektes uitgeskakel het, was haar diagnose eenvoudig: “Berni,  jy kry net nie genoeg slaap nie. Jy het elke aand 'n ekstra uur se slaap nodig!” Hm, en hier het ek nog altyd gedink ek is superman!

    Nie lank daarna nie, lees ek toe in die Bybel in:

    Psalm 127: 1,2 As die Here die huis nie bou nie, swoeg die bouers tevergeefs daaraan. As die Here oor die stad nie wag hou nie, bly die wagte tevergeefs wakker.(AFR20)

    'n Wonderlike ding gebeur wanneer ons toelaat dat God oor elke deel van ons lewe regeer. Hy spreek sy wysheid in ons harte in. Hy bring rus; Hy gee slaap vir diegene wat Hy lief het.

    Moenie my verkeerd verstaan ​​nie, ek glo aan harde werk. En ek hou daarvan om lang ure te werk as ek besig is om te doen wat God van my vra. Maar daar kom 'n stadium waar die dolle gejaag nie net jou gesondheid verwoes nie, maar wys dat jy eenvoudig nie op God vertrou nie.

    Hy wil betrokke wees by elke deel van jou lewe. Laat Hom toe om te wees! 

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Ontdek God

    Send us a text

    Efesiërs 2:8,9 Want uit genade is julle verlos, deur geloof. En juis dit kom nie uit julle self nie; dit is die gawe van God. Dit kom nie uit eie werke nie, sodat niemand op iets mag roem nie. (AFT20)

    Die meeste van ons kan seker aanvaar dat God ons kan vergewe; maar die idee dat Hy ons slegs vergewe deur die dood en opstanding van sy Seun, is iets waarmee ons dikwels worstel.

     

    As ons deur die mensdom se geskiedenis kyk, vereis elke geloofstelsel wat 'n god of gode insluit, dat die mens dinge moet doen om die gode se guns te verkry.

     

    Die gode is die gode, en ons is maar net die mense; daarom moet ons dinge doen om hulle te paai, anders straf hulle ons. Dié godsdiens patroon is deur die eeue dieselfde.

     

    Maar toe een sterre nag, in 'n stal in Bethlehem, is die patroon gebreek. Die ware God het sy Seun in die wêreld gebring en gestraf om vir ons sonde te betaal. 

     

    Hy het gesê, “As jy glo, dat Ek my eie Seun vir jou sonde gestraf het, sodat ek jou kan vergewe; dan is jy vergewe. En dan het jy die Ewige Lewe.”

     

    Dis maklik om van Jesus se offer as ’n genade gawe te praat, maar dit is baie, baie moeiliker dit om te begryp. Dit klink net nie regverdig nie, want dit is nie! Die apostel Paulus stel dit so in:

     

    Efesiërs 2:8,9 Want uit genade is julle verlos, deur geloof. En juis dit kom nie uit julle self nie; dit is die gawe van God. Dit kom nie uit eie werke nie, sodat niemand op iets mag roem nie. (AFR20)

     

    Ons verstaan almal wat dit beteken om 'n geskenk te ontvang. Die Ewige Lewe is 'n gratis geskenk van God, wat slegs gegee word aan dié wat in Jesus glo. Dit is nie iets wat jy kan verdien nie.

     

    Daar is slegs een plek om die genade van God te ontvang - by Jesus. Jy kry dit nêrens in enige ander godsdiens, of by enige gode nie. 

     

    Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Motivering van die Hart

    Send us a text

    Lukas 12:35,36,40 “Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. En wees soos mense wat vir hulle eienaar wag om van die bruilofsfees terug te kom, sodat hulle, wanneer hy tuiskom en klop, dadelik vir hom kan oopmaak.

    Wees julle ook gereed, want die Seun van die Mens kom op 'n tyd wanneer julle dit nie verwag nie.”(AFR20)

    Het jy al opgelet dat dit soms voel asof die lewe net voortjaag? Ek het soveel dinge wat vandag, môre en die volgende dag gedoen moet word ... en natuurlik jy ook. Ons gaan maar net op die ou trant voort om die dinge te doen. Totdat dit eendag skielik aan ‘n einde kom. Wat gebeur dan?

     

    Vandag sal jou hart honderdduisend keer klop. Dit is nege en dertig en 'n half miljoen keer per jaar. Gegewe die gemiddelde leeftyd van ongeveer vyf en sewentig jaar, is dit ongeveer drie miljard hartkloppe. Sjoe, die hart is ‘n ongelooflike ding.

     

    Die vraag is, wat gebeur as dit stop?

     

    Dink net aan die heelal, die ontsaglike onmeetbaarheid van die heelal. Dis so groot dat ons nie eers weet waar dit eindig nie. Honderd biljoen sterre in ons sterrestelsel alleen. Triljoene op triljoene sterrestelsels.

     

    Ons weet nie presies hoe dit begin het nie. Mense praat van die oerknal-teorie; maar hoe het die goed wat in die eerste plek 'geknal' het, daar bo gekom? En hoe het dit gebeur dat ons op hierdie brose rotsmassa beland het; ‘n aardbol, wat presies op die regte afstand van die son af is en die ongelooflikste verskeidenheid lewe onderhou?

     

    ‘Wat gebeur as jou hart ophou klop’, is so 'n belangrike vraag. Want as jy dít verstaan, kan jy nou doen, wat jy moet doen, om jou gereed te maak vir daardie oomblik.

     

    Jesus het dit so gestel in:

    Lukas 12:35,36 en 40 “Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. En wees soos mense wat vir hulle eienaar wag om van die bruilofsfees terug te kom, sodat hulle, wanneer hy tuiskom en klop, dadelik vir hom kan oopmaak.

    Wees julle ook gereed, want die Seun van die Mens kom op 'n tyd wanneer julle dit nie verwag nie.” (AFR20)

     

    Is jy gereed? Want as Jesus is, wie Hy gesê het Hy is, is dit nóú die  tyd om te glo.

     

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Kardinale Vraagstuk

    Send us a text

    2 Kronieke 1:8-12 Salomo het vir God gesê: “U self het aan my vader Dawid oorvloedige troue liefde bewys, en U het my koning gemaak in sy plek. Here God, laat nou u belofte aan my vader Dawid bewaarheid word, want dit is U wat my koning gemaak het oor 'n volk so talryk soos die stof van die aarde. Wysheid en oordeelsvermoë, gee dit dan nou vir my, sodat ek voor hierdie volk kan uittrek en terugkeer. Want wie kan regspreek oor hierdie groot volk van U? God het Salomo geantwoord: “Omdat juis dit jou hartsbegeerte is, en jy nie gevra het vir rykdom, besittings en eer, of die lewe van hulle wat jou haat nie, ook nie vir 'n lang lewe nie, maar vir jouself wysheid en oordeelsvermoë gevra het, sodat jy my volk oor wie Ek jou koning gemaak het, kan regeer, sal die wysheid en oordeelsvermoë aan jou gegee word. Maar ook rykdom en besittings en eer sal Ek vir jou gee, soveel as wat konings wat voor jou was, nie gehad het nie, en dié wat ná jou kom, nie sal hê nie.ie en dié ná jou ook nie sal hê nie.”(AFR20)

    Het jy al opgelet hoe ‘n mens die grootste deel van jou gebedstyd besig is om God vir allerhande dinge te vra? Baie dinge. Die kritieke vraag is egter: vra ons Hom vir die regte dinge?

    As jy God sou kon vra vir enigiets wat jy wil hê, waarvoor sou jy Hom vra? Jou antwoord is belangrik, want dit sal weerspieël wat jou lewe dryf. Is dit geld, of erkenning, of daardie 'ding' wat jy so pas op Facebook gesien het?

    Terwyl jy oor jou antwoord nadink, wil ek jou wys wat 'n jong koning vir God gevra het. 

    In 2 Kronieke 1: 8-12 staan: Salomo het vir God gesê: “U self het aan my vader Dawid oorvloedige troue liefde bewys, en U het my koning gemaak in sy plek. Here God, laat nou u belofte aan my vader Dawid bewaarheid word, want dit is U wat my koning gemaak het oor 'n volk so talryk soos die stof van die aarde. Wysheid en oordeelsvermoë, gee dit dan nou vir my, sodat ek voor hierdie volk kan uittrek en terugkeer. Want wie kan regspreek oor hierdie groot volk van U? God het Salomo geantwoord: “Omdat juis dit jou hartsbegeerte is, en jy nie gevra het vir rykdom, besittings en eer, of die lewe van hulle wat jou haat nie, ook nie vir 'n lang lewe nie, maar vir jouself wysheid en oordeelsvermoë gevra het, sodat jy my volk oor wie Ek jou koning gemaak het, kan regeer, sal die wysheid en oordeelsvermoë aan jou gegee word. Maar ook rykdom en besittings en eer sal Ek vir jou gee, soveel as wat konings wat voor jou was, nie gehad het nie, en dié wat ná jou kom, nie sal hê nie.”(AFR20)

    Laat ek jou weer vra, as jy iets van God kon vra, waarvoor sou jy vra? Of miskien moet ek eerder vra: "Wat wil God hê, moet jy van Hom vra?"

    Dink baie versigtig na ... en gaan vra dan.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

955 Listeners