God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • God Doen Soms Rare Dinge

    Send us a text

    Matteus 3:1,2 In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” 

    As God jou sou roep om iets te doen, iets wat jou voete onder jou uitslaan – iets wat heeltemal buite jou ervaring lê - sal jy dit doen? Sal jy dink Hy behoort iemand wat baie meer bekwaam is, te stuur... of sou jy in elk geval gehoorsaam? Sou jy?

     

    Laat ons eerlik wees, God doen soms vreemde dinge. Neem Johannes die Doper; 'n stem wat uitroep in die woestyn; 'n man wat God gekies het en uitgestuur het om die weg vir die Here voor te berei.

     

    Johannes was ‘n bietjie van ‘n rare karakter. Hy het klere van kameelhaar gedra en sprinkane en heuning geëet. Hy het nie na 'n Bybelkollege gegaan of sy geloofsbriewe deur die godsdienstige hiërargie laat stempel nie. Nee, hy was 'n stem wat in die wildernis uitroep met 'n boodskap wat ongelooflik ongewild was. Kyk wat lees ons in:

    Matteus 3: 1,2 In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

    “Bekeer julle,” met ander woorde, draai weg van julle sonde - “want die koninkryk van die hemel het naby gekom”. En hy het die mense wat na hom toe gestroom het, en hulle sondes bely het, gedoop en vir hulle gesê: “Ek doop julle wel met water omdat julle julle bekeer het, maar daar kom een ​​wat kragtiger is as ek... en Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.”

     

    Dink jy as ek of jy God was, sou ons so ‘n snaakse ou soos  Johannes die Doper gekies het om die weg voor te berei vir Jesus, die Skepper van die Heelal en die Verlosser van die wêreld? Waarskynlik nie.

     

    Dit is makliker vir ons om te dink dat God sy belangrikste werk vir mense wat belangrik voorkom, uithou. Bekwame mense wat hulself al bewys het.

     

    Maar kyk ‘n bietjie in jou Bybel. Hy gee dikwels daardie werk vir mense wat jy nie sou verwag nie. Mense soos ek en jy.

    Hou op om jou met hierdie belangrike mense te vergelyk en gaan aan en doen dít waarvoor God jou roep.

     

    Dit is  Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Om Mure te Verf

    Send us a text

    Hebreërs 4:12 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.

    Hulle sê dat 'n kitssukses gemiddeld ongeveer twintig jaar neem. Dit is waar. Daar bestaan nie iets soos 'n vinnig-ryk-word-skema nie. En karaktervorming, neem jare se noukeurige werk deur die Een wat ons in die eerste plek gemaak het, om die finale produk te vorm.

    'n Paar jaar gelede het ek en my vrou 'n pragtige ou huis gekoop wat in ongeveer 1890 gebou is. Dit was jare lank 'n losieshuis. Jy kan jou seker die toestand van die mure, pleister en houtwerk voorstel.

    Ons het 'n paar verwers en skrynwerkers gehuur om die plek te restoureer. Wat my egter verbaas het, was hoe lank dit geneem het om die oppervlaktes voor te berei, voordat hulle kon begin verf. Slegs die afskraap van ontelbare lae ou verf en die opvul en skuur - het 'n paar weke geduur. Maar weet jy, die verwery self, het eintlik baie vinnig gegaan. Alhoewel die verf die eindproduk was, was dit die onsigbare voorbereiding wat die projek suksesvol gemaak het. 

    En dit is ook in ons lewens dieselfde. Ons leef in 'n wêreld wat fokus op die blink buitekant; die suksesvolle prentjie wat mense kan sien.

    Maar God werk onder die oppervlak en sien ons harte. En net soos daardie verwers, weet Hy dat Hy die dinge wat onder die uiterlike lê, moet hanteer om die finale produk te vorm. Ons lees in:

    Hebreërs 4:12 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.

    Laat ons eerlik wees, ons wil graag kitssukses hê. Maar God skaaf deur Sy Woord - wat lewend en kragtig is - die diep krake binne-in weg. Daarom het sy Woord soveel krag om die gedagtes en bedoelings van ons harte te beoordeel.

    Luister ons? Dis die groot vraag.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Adam, die Nutsman

    Send us a text

    Eksodus 20:17 “Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie 'n slaaf of slavin, 'n bees of 'n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.”

    As ons onsself met die mense rondom ons begin vergelyk, kom ons elke keer tweede beste daarvan af. Ons dink ons kan nooit so goed soos hulle wees nie.  Maar, wat jy jouself moet afvra, is of jy ooit veronderstel was om die spesifieke ding so goed soos hulle te kan doen?

    'n Rukkie gelede het ek ‘n nutsman, Adam, gehuur om 'n paar goedjies in die huis te kom regmaak. (Ek is die onhandigste nutsman ter wêreld!)

    Een van sy take was om die handdoekrak wat onder die wasbak inskuif, te herstel. En weet jy, die ding waarmee ons so lank al sukkel, het hy in minder as drie minute seepglad in-en-uit laat skuif. Ongelooflik. Ek kon dit, wat hy so pynloos gedoen het, nooit gedoen het nie!

    Maar, as ek eerlik is, kan Adam waarskynlik ook nie die dinge doen, wat ek kan doen nie! Vra jouself af: 'Wat is die doel daarvan om te vergelyk?'

    Maar ons doen dit almal ongelukkig maar al te dikwels. Dis 'n lokval waarin ons almal kan val.

    Ons kyk hoe ander mense lyk, of wat hulle het, of verdien, of hoe wonderlik hulle lewe is. En sonder om dit te besef, voel ons ongelukkig en minderwaardig. Ons almal ken seker die tien gebooie.  Nommer tien van tien, lui so:

    Eksodus 20:17 “Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie 'n slaaf of slavin, 'n bees of 'n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.”

    Miskien sou jy of ek nie dié een in ons top-tien lysie geplaas het nie. Maar stop en dink mooi daaroor na.... dit ís baie sinvol, want die begeerte om te hê wat aan iemand anders behoort, is die broeiplek waar baie van die kwaad in hierdie wêreld vandaan kom.

    Hou op om jouself te vergelyk met ander.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Jy kan nie ‘n ou Jakkals nuwe Maniere leer nie

    Send us a text

    Matteus 19: 26 Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”

    Verandering is konstant. Dit lyk asof niks ooit dieselfde bly nie, want God is altyd besig met vernuwing. En tog kan verandering, selfs positiewe verandering, ontstellend, selfs stresvol, wees. Hoe goed hanteer jy verandering?

    Hulle sê dat dit moeilik kan wees om 'n ou jakkals nuwe maniere te leer.

    ‘n Paar jaar gelede het ek 'n kat met die naam, Doggy, besit. (Nogal snaaks, maar oulik, nè?) Ons het vir Doggy 'n klein skuilinkie met een van daardie kat-deurtjies onder die braai in die agterplaas gebou. Al wat sy dus moes doen, was om daarop te druk om in en uit te gaan. Sy was mal oor haar ‘huisie’. Dit was warm en droog, maar sy het aanvanklik 'n bietjie gesukkel om die deur te gebruik.

    Ek wonder soms of ons nie ook so is nie. God verander dinge. Hy doen iets nuuts, iets goeds, maar iets wat ons nie verwag het nie; met die gevolg dat dit ons uit ons gemaksone forseer.

    En dan sit ons net daar, soos die kat, en kyk daarna en wonder: "Nou hoe gaan dit werk?" Ek het al so gevoel, en ek is redelik seker dat jy ook al so gevoel het.

    Matteus 19:26  Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”

    Jesus het dit in 'n ander konteks gesê, maar dit is 'n universele geestelike beginsel.

    As God iets nuuts in ons lewens doen, moet ons dit met al twee hande vasgryp, eerder as om terug te staan. En dan sal jy uiteindelik ontdek, dat God heeltemal in staat is om dít te doen, wat vir ons onmoontlik is.

    Sien jy ... God kan enigiets doen!

    Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Prys van Liefde

    Send us a text

    1 Johannes 3:16 Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê.

    Om ander mense lief te hê, kan ‘n uitdaging wees. Eintlik is ek redelik seker dat elkeen van ons moeilike persone in ons lewens het, persone wat God ons roep om lief te wees. En dit ... dit is moeilik; dit kan seermaak ... maar dit is hoe dit werk.

    Jesus, hoe beter ek U leer ken, hoe meer begin ek glo dat U liefde is. Ek het gelees hoe U daardie melaatse man genees het en hoe U daardie prostituut verdedig het en ek het gedink - sjoe, dit is wat liefde waarlik is.

    Maar, om ander mense lief te hê, is vir my so moeilik. Ek het nooit gedink dat dit my soveel sal kos om liefde te bewys nie.

    En toe lees ek hoe hulle U gekruisig het en ek het gehuil. Ek kon dit nie help nie. Ek het net daar gesit en snik. Vir die eerste keer het dit tot my deurgedring hoe lief U my het en hoeveel dit U gekos het.

    En êrens diep in my hart, wil ek soos U wees. Ek wil leer om mense lief te hê soos U my liefhet. En ek weet dit gaan baie van my vra. En dit maak my bang.

    Maar – ek wil ook ander liefhê soos U my liefhet. Help my, in Jesus naam. Amen.

    In 1 Johannes 3:16 staan: Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê.

    Dit is absoluut waar. Om ander lief te hê, is party dae harde werk - dit kan 'n moeilike besluit wees, want om ander lief te hê, gaan iets kos. Dis ‘n duur prys om te betaal. Maar aan die anderkant, het God ons liefgehad ... en dit het Jesus alles gekos, selfs sy lewe.

    Dis wat dit beteken om Jesus te volg - om ander lief te hê, soos Hy ons liefgehad het.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Ek is nie Heeltemal Seker Nie

    Send us a text

    1 Johannes 5:13-15 Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo. En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.

    Gister het ons saam 'n gebed gebid - 'n gebed wat ons lewens aan Jesus gegee het - alles wat ons is, alles wat ons het, elke hoop en elke droom. Alles, maar ... miskien twyfel jy vandag?

    Jesus ek het gister my lewe aan U gegee, maar om die waarheid te sê, vandag voel ek nie so seker nie. Ek het in die middel van die nag in ’n koue sweet wakker geword en gedink: "Wat het ek gedoen?"

    Ek is nie een of ander godsdienstige dweper nie. En toe dink ek: maar nou ja, as U God is, weet U dit al lankal. Dit is snaaks, nè? En Here, U weet wat gebeur. In my diepste wese wil ek U so graag in my hart hê,  maar in my kop ervaar ek daardie gevoel wat ‘n mens kry, wanneer jy wakker word en jy voel asof jy besig is om te val? Dit is presies wat in my kop aangaan.

    Ek het U alles gegee. My hele lewe. En ek weet nie wat dit gaan beteken nie. Ag Here, my God, ek wil U net vandag vra om my ongeloof tegemoet te kom. Ek hoor hoe mense van hulle geloof getuig, maar sommige dae is dit nie vir my so maklik nie. Daarom vra ek, Here, help my asseblief om te glo. In Jesus se naam. Amen.

    Ons twyfel almal van tyd tot tyd ... maar hier is die waarheid.

    1 Johannes 5: 13-15 Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo. En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Ek Dink Dit is Tyd

    Send us a text

    Romeine10:9 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

    'n Vrou kan nie half swanger wees nie. Sy is verwagtend of sy is nie. En die waarheid is, as dit by jou ewige toekoms kom, kan jy nie half gered wees nie. Jy is ... of jy is nie. Waar staan jy? Is jy waarlik gered ... of nie? 

    Te veel mense sê dat hulle in Jesus glo, maar hulle verhouding met Hom is lou, hulle lewe sonder om ooit ‘n verbintenis met Hom aan te gaan. Dis soos 'n paartjie wat sê hulle is ‘saam’.. hulle kan selfs 'n tydjie saamwoon ... maar hulle maak nooit daardie lewenslange verbintenis, daardie openbare huweliksverklaring nie. Is dit nie vandag die dag om ‘n besluit te neem nie?

    Here ek dink dit is tyd. Ek weet dit is tyd. Ek dink die afgelope tyd so baie daaraan. Ek het probeer uitvind of U waarlik God is. Ek worstel – maar ek wil seker wees. Is U daar?

    Maar in my hart - in my diepste wese weet ek dat U is. En daarom glo ek dit is tyd. Ek wil nie meer wag nie. Ek wil my lewe aan U gee ... alles. Alles wat ek is, alles wat ek het, al my hoop en drome gee ek vir U. Alles. Ek wil my hele lewe in u hande plaas. Ek weet regtig nie wat dit gaan beteken nie. En Here, ek kan regtig nie verklaar waarom ek dit doen nie - ek wil net.

    Sal U my neem net soos ek is? Ek kyk terug na sommige van die dom dinge wat ek gedoen het, en dit voel asof my spyt nie goed genoeg is nie, maar ek vra vir u vergifnis.

    Ek gee U myself - dis al wat ek het. En Jesus as U vir sondaars gesterf het – glo ek in my hart dat U vir my gesterf het en dat u belofte waar is. In:

    Romeine 10: 9  lees ek: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Lang en Moeilike Pad

    Send us a text

    Psalm 40:2 Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor.

    As ons in nood verkeer, veral wanneer ons gespanne is en onder druk verkeer... wanneer ons God regtig nodig het - verwag ons dat God dadelik moet antwoord! En so dikwels, doen Hy dit nie.

    Job se geduld is nie iets wat ons almal het nie. Ons wil hê dat dinge moet gebeur - en ons wil hê dat dit nóú moet gebeur! Is ek reg?

    God, as U vir my dinge gaan belowe - wil ek hulle nóú hê.

    Daarom was ek verslae toe ek in die Bybel lees dat ‘n duisend jaar vir God soos 'n dag is. Agge nee!

    Ons bid miskien oor verskillende dinge soos ons gesondheid, 'n verhouding, 'n finansiële behoefte, of wat dit ook al mag wees. Goed, ek het daarvoor gebid. Dit was vyf minute - dis tyd om te antwoord, Here!

    Ek lees graag die Psalms wat deur koning David geskryf is, omdat hy so dikwels in gevaarlike situasies was. Hy het werklik swaargekry en daar is, interessant genoeg, meer Psalms waarin hy weeklaag, as dié waarin hy God se lof besing. 

    Kom ons kyk na een van die Psalms wat hy geskryf het, terwyl hy in  een van die moeilikste en gevaarlikste tye van sy lewe, was:

    Psalm 40:2 Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor.

    Hm. Sien jy; Dawid het gesmag en dit beteken om hewig, vurig te verlang. Hy het gewag ... geduldig gewag. Die oorspronklike Hebreeuse woord beteken om verwagtend te vertoef - om met afwagting uit te sien na wat God gaan doen.

    Dit is 'n gesindheid van die hart. Dit gaan daaroor om ons harte op God te rig en met 'n gevoel van verwagting op Hom te wag. Dit is wat dit beteken om vertroue te hê ... 'n geduldige verwagting.

    En wanneer ons God met daardie gesindheid nader ... neig Hy tot ons - met ander woorde, Hy strek Hom uit en hoor ons geroep.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Stel Geloof Eerste

    Send us a text

    Handelinge 7:5 God het hom geen eiendom in hierdie land gegee nie, selfs nie 'n handbreedte daarvan nie. Maar Hy het wel belowe om dit as besitting vir hom te gee, en ná hom vir sy nageslag, alhoewel hy nog nie 'n kind gehad het nie.

    Soms lyk God se beloftes onmoontlik. As ons eerlik wil wees, lyk dit soms absurd. Maar God is die God van die onmoontlike. God is die God wat ons nooit in die steek laat nie ... al neem Hy soms langer as wat ons verwag.

    Het jy al ooit gesukkel om in God se beloftes te glo? Ek is ernstig, Hy maak 'n paar baie groot beloftes, nie waar nie?

    So het God vir Abraham, 'n ou man wat geen kinders gehad het nie, beloof dat hy sy eie land en ‘n verskriklike groot nageslag sou hê. Dit is glad nie snaaks dat Abraham gesukkel het om die belofte te glo nie. Dit was beslis verregaande! Kyk wat lees ons in:

    Handelinge 7:5 God het hom geen eiendom in hierdie land gegee nie, selfs nie 'n handbreedte daarvan nie. Maar Hy het wel belowe om dit as besitting vir hom te gee, en ná hom vir sy nageslag, alhoewel hy nog nie 'n kind gehad het nie.

     

    God hierdie wonderlike manier om met gewone mense soos Abraham, en ek en jy ‘n pad te stap. Dis ‘n moeilike pad waarop ons soms swaarkry. Maar dis ‘n pad waar God nie slegs sy beloftes op ons harte skryf nie, maar ook waar Hy hulle op sy volmaakte tyd, vervul.

    En as dit moeilik voel en sy beloftes onmoontlik lyk - soos dit beslis vir Abraham moes gelyk het wat 25-jaar moes wag - is al wat God van ons vra, om aan Hom vas te hou. Om aan te hou glo.

    Dit is wat Abraham gedoen het. Hy het genoeg foute gemaak. Maar hy het vas geglo aan God se beloftes.

    Ja, jy’s reg. Al die beloftes is nie in sy leeftyd vervul nie, maar God het hom 'n seun, Isak, gegee. Interessant genoeg beteken die naam, Isak, "hy lag". Nogal lagwekkend as ‘n mens dink hoe oud hy en sy vrou was!

    Kyk God weet dat die reis soms vir jou moeilik is. Maar byt vas. Hou aan glo. Moenie tou opgooi nie.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • n Mens Kan nie Altyd Wen Nie

    Send us a text

    Hooglied 2:15 “Vang vir ons die jakkalse, die klein jakkalsies wat die wingerde verniel, ons wingerde wat al bot.

    'n Onvervulde lewe is een van die mees algemene dinge wat jy onder Christene sal vind. 'n Lewe wat skynbaar tekort skiet aan alles wat God belowe. 'n Lewe wat jou laat vra: werk hierdie Christenwees-ding regtig?

     

    As God waarlik God is, dan kan Hy nie lieg nie en kan Hy nie teruggaan op sy beloftes nie. Alles wat Hy belowe het - en Hy belowe nogal baie - moet Hy doen.

     

    Soveel mense glo in God se beloftes - vrede, vreugde, 'n oorvloedige lewe - maar op die een of ander manier lyk dit of die dinge nooit in hul lewens waar word nie. Hoekom is dit?

     

    Dit is nie dat Jesus ons 'n maklike lewe belowe het nie. Nee, allermins, om Hom te volg, maak die lewe baie moeiliker, omdat ons geroep word om onsself te verloën, om ons kruis op te neem en om teen die stroom op te swem.

     

    Weet jy, daar is hoofsaaklik een ding, wat 'n mens van al God se beloftes beroof. Dit is die klein kompromieë wat ons maak. 'n Bietjie verneukery hier, 'n ligte flirtasie daar. Niemand sal dit agterkom nie. Dis in elk geval net 'n klein dingetjie. Dit maak nie regtig saak nie. Maak dit?

     

    Die wyse ou koning Salomo het in Hooglied 2:15  gesê: “Vang vir ons die jakkalse, die klein jakkalsies wat die wingerde verniel, ons wingerde wat al bot.

     

    Dit is geskryf in die konteks van die klein dingetjies wat 'n huwelik kan ondermyn, maar dit geld ook vir die klein dingetjies wat enige verhouding kan bederf, ook ons verhouding met God.

     

    Ons weet almal dat die lewe veronderstel is om ‘n fees te wees, net soos daardie wingerd, wat ryk, oorvloedige vrugte dra. Maar dit gaan nooit gebeur, as jy die klein jakkalsies toelaat om jou wingerd te verniel nie.

     

    Watter klein kompromieë beroof jou van God se beloftes? Is dit regtig die moeite werd om hulle in jou lewe te hê?

     

    Doen jouself 'n guns. Vang hulle. Skop hulle uit jou wingerd.

     

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

955 Listeners