Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
Matteus 16:24 Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg,
Daar is twee verskillende maniere om in Jesus te glo. Die mees algemene een, is bloot om met jou verstand in Hom te glo. Die minder populêre manier, is om Hom met jou lewe te vertrou. Op watter manier glo jy?
Ek was voorheen ‘n baie voorskriftelike ou - ‘n 'my way or the highway' soort man.
Gevolglik was dit vir my 'n groot besluit om my lewe aan God oor te gee. Nie ‘n oppervlakkige geloof in Jesus nie, nee - om Hom die Here van my lewe te maak. Daar is 'n reuse verskil. Kyk hoe Jesus dit gestel het in:
Matteus 16:24 Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg,
Om jouself te verloën, beteken om dinge op te gee wat jy nie wil prysgee nie. Dit help nie om doekies te probeer omdraai nie. Om Jesus te volg, vra opoffering.
Ek was voorheen baie ongenadig en wreed teenoor mense. Ek sou hulle maklik verneder en misbruik vir my eie gewin. Maar jy kan nie aanhou om dit te doen en Jesus te volg nie. Dit is of die een of die ander. Ons natuurlike instink is om in beheer te wees, om dinge op ons manier te doen. Die probleem is dat daardie pos reeds gevul is. Dis God s’n.
Om in Jesus te glo ... dit is een ding. Om Hom die Here van jou lewe te maak, is heeltemal ‘n ander saak. Kan ek jou dus vra, is jy 'n gelowige of 'n dissipel? Is jy iemand wat maklik sê: "Natuurlik, glo ek dat Jesus vir my gesterf het," ... en dan met jou lewe voortgaan asof jy in beheer is?
Of, sê my, is jy 'n opregte dissipel, 'n volgeling van Jesus, wat bereid is om jou eie agenda te laat vaar en jou kruis op te neem en Jesus te volg?
Die kern van die saak is: is Jesus die Here van jou lewe ... of nie?
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Deuteronomium 6:18,19 “Doen wat reg is in die oë van die Here, sodat dit goed kan gaan met jou en dat jy die goeie land wat die Here met 'n eed aan jou voorvaders beloof het, kan ingaan en in besit neem, dat jy al jou vyande kan verdryf soos die Here belowe het.
God maak baie beloftes in sy Woord. Dit is egter ‘n ander saak om sy beloftes te ervaar en om elke dag vanuit daardie beloftes te leef. Wat dink jy?
Ons word soveel dinge in die lewe belowe, soveel ... en tog word so baie beloftes nooit bewaarheid nie. Sukses kan op die ou end leeg voel. Verhoudings kan teleurstel. En ongelukkig ervaar baie mense ook dat God se beloftes nie in vervulling gaan nie.
Dit lyk asof Jesus soveel vir ons belowe het - vrede, vreugde, 'n oorvloedige lewe - maar op die een of ander manier voldoen die beloftes nie aan die verwagtinge nie.
Die arme Israeliete. Hoe moes hulle gevoel het? Hier staan hulle en sien uit na die vervulling van God se belofte. Na eeue van slawerny in Egipte, gevolg deur veertig jaar in die woestyn, lê die Beloofde Land, wat God al jare tevore aan Abraham belowe het, voor hulle.
Maar hierdie "Beloofde Land" wat aan húlle beloof is, word alreeds deur 'n hele klomp stamme en nasies bewoon. Dit sal geveg op geveg van hulle vra om hierdie land hul eie te maak.
Was dit regtig een van God se beloftes? En as dit was, hoekom sou hulle moes veg daarvoor?
Kyk hoe God die vrae beantwoord het in:
Deuteronomium 6:18,19 “Doen wat reg is in die oë van die Here, sodat dit goed kan gaan met jou en dat jy die goeie land wat die Here met 'n eed aan jou voorvaders beloof het, kan ingaan en in besit neem, dat jy al jou vyande kan verdryf soos die Here belowe het..
Ja, dit het geveg op geveg van hulle gevra, maar hulle het die getrouheid van God eerstehands ervaar. Hulle het vasgehou aan God se belofte.
“Doen wat reg is in die oë van die Here, sodat dit goed kan gaan met jou...”
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Petrus 4:12,13 Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid.
Mense wat van buite af na die Christelike godsdiens kyk, sien dit dikwels as 'n spul 'reëls en rituele', eerder as dit wat 'n kragtige verskil in jou lewe maak. Dit verbaas my nogal, alhoewel dit...nee, wag, streng gesproke, verbaas dit my nie regtig nie, omdat ék ook voorheen so gedink het.
Mense het my gevra: “Waarom het jy jou webwerf christianityworks.com genoem? Beteken dit dat die Christelike godsdiens gaan oor dit wat jy doen – jou werke? Is dit hoe dit werk? Moet jy op die een of ander manier werk en werk om in God se goeie boekies te kom?”
Nee, dit is nie wat dit beteken nie, want as jy in Jesus glo, as jy jou volle vertroue in Hom stel en glo dat Hy die prys vir jou sonde aan daardie Kruis betaal het, dan is God se guns en vergifnis gratis. Dit word genade genoem. Ongelooflik!
"So - wat beteken dit?"
Nou ja, ek dink dat as ons in Jesus glo, moet dit werk. Dit moet 'n verskil in ons lewens maak - 'n positiewe verskil, nie 'n slegte verskil nie. Die geloof moet uitwerk, in goeie en slegte tye. Kyk wat geskrywe is vir Christene wat destyds geweldig gely het:
1 Petrus 4:12,13 Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid.
Weet jy ek het in sommige van die donkerste dae van my lewe, ontdek dat hierdie Christenwees-ding regtig werk. Op dae toe ek swaargekry het ... was God daar om my vertroue in Hom te herstel. God het my hart laat oorloop van vreugde te midde van my hartseer.
Glo my vry: dit werk om ‘n Christen te wees.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 13:34,35 Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”
Niemand van ons hou daarvan om te erken dat ons verkeerd is nie ... en tog is ons soms. En dikwels as ons verkeerd is, maak ons ander mense seer. En dis juis in daardie situasies wat ons 'n paar moeilike besluite moet neem.
As jy al tieners grootgemaak het, sal jy weet dat dit van tyd tot tyd baie geduld en heelwat konflik behels. Toe my dogter 'n tiener was, het ek haar dikwels verkeerd verstaan, verkeerd gereageer en haar kop afgebyt.
En jy as ouer, weet diep binne in jou hart dat jy moet erken dat jy verkeerd was. Dis baie moeilik, veral as jy die gesagpersoon is. Die maklikste ding om te doen, is net om die konflik toe te smeer, daarvan te vergeet en aan te beweeg.
Maar hoe langer jy dinge so los, hoe groter is die kans, dat jy daardie verhouding skade gaan aandoen. Daarom steek ek my trots in my sak, omhels haar, vra om verskoning en vra dat sy my moet vergewe.
Miskien is ek anders as jy, maar ek sukkel nogal daarmee. Maar Jesus het in Johannes 13: 34,35 gesê: Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”
En as ons sê dat ons iemand liefhet, kan ons nie daardie verhouding skade berokken en die persoon seermaak deur iets wat óns fout is nie.
As ons sê dat ons iemand liefhet, moet ons dinge regstel.
Liefde is 'n werkwoord. Dit ís 'n werkwoord. En wanneer ons sy liefde in moeilike situasies betoon, is ons ‘n getuienis vir Hom. Onthou, dit maak nie saak hoe moeilik dit mag lyk en hoeveel dit ons mag kos nie.
...julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet,
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 18:3 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.
Een van die grootste foute wat ons ooit kan maak, is om te dink dat ons 'n goeie lewe kan hê sonder sterk fondamente. Baie probeer ... asof 'n struktuur sonder vaste fondamente ooit sal hou!
Hierdie VARS boodskap van vandag word regoor die wêreld in baie verskillende tale gelees, geluister en gekyk, Maar waar jy ook al woon, is die Sydney Hawe Brug, 'n paar kilometer van my huis af, een van die landmerke waarvan die meeste mense weet.
'n Vriend uit die VSA het my ‘n rukkie gelede besoek. Ek het hom geneem om onder die bekende brug te gaan stap. Van die onderkant af, sien jy dit uit 'n perspektief wat die meeste mense dit nooit sien nie.
En ek moet jou vertel, van daar af, is dit enorm: 52 800 ton staal. Dit word aanmekaar gehou deur 6 miljoen klinknaels; is met 272 000 liter verf bedek en word elke dag deur ongeveer 200 000 voertuie gebruik. Jy kan self dink dat die brug massiewe fondamente moet hê, wat diep op soliede rots gebou is, om die las te dra.
En as jy daaraan dink, is daar 'n groot las op jou en my lewe. Dink aan die dinge waardeur jy gaan, die swaar wat jy moet dra, die chaotiese verkeer waarmee jy daagliks moet stoei. Sonder sterk fondamente wat in soliede rots geanker is, sal dit uiteindelik alles ineenstort. En ongelukkig is dit wat met baie mense gebeur. Ons lees in:
Psalm 18:3 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.
Bou jou fondament op die regte plek, op soliede rots en bou dit sterk. Laat die Here jou rots wees.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Openbaring 3:15,16 Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg.
Ja, ons wil tog so graag net deur die lewe wals ... oukei, ek glo in Jesus ... maar wat van my volgende verhoging en my volgende vakansie. Wat dink hy van my? Sy lyk slimmer as ek ... ja, so wentel ons lewens al te dikwels om onbenullighede.
Het jy al ooit 'n glas louwarm water gedrink? Dit is absoluut walglik, is dit nie? Jy wil dit net uitspoeg. En dit is hoe Jesus voel, wanneer Hy 'n louwarm Christen teëkom. Dit is hoe Hy dit stel in:
Openbaring 3:15,16 Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg.
En as jy daaraan dink hoe ‘n louwarm glas water smaak, dan verstaan jy baie goed wat Jesus bedoel.
Die duiwel daarenteen? Hm, my gevoel is dat hy absoluut mal is oor louwarm Christene. Jy ken die soort; gemaklike, voorstedelike, kerksitter-Christene wie se lewens nie regtig vir Christus getuig nie. Hulle, wie se lewens nooit in hierdie wêreld enige praktiese en kragtige verskil vir Jesus maak nie.
Christene wat net lou is.
Ja, ek is redelik seker dat die duiwel mal is oor daardie mense, want hulle hou geen bedreiging vir hom in nie. Hulle sal beslis nooit iemand van Jesus vertel nie. Hulle sal waarskynlik ook nooit opregte liefde en vriendelikheid betoon aan iemand wat dit ook nie verdien nie. Reg geraai; louwarm maak die duiwel nie bang nie!
Jesus, daarenteen, voel so hartstogtelik oor jou en my, dat Hy namens ons aan daardie kruis gesterf het. En daardie selfde Jesus het 'n plan vir jou en my lewe. Hy begeer dat ons vaste beginsels moet hê, 'n verskil in hierdie wêreld moet maak, en mense deur ons liefde vir Hom, na Hom trek.
Moenie 'n louwarm Christen wees nie.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Spreuke 14:20,21 'n Arm mens word selfs deur sy buurman verstoot; 'n ryk man het baie vriende. Wie sy naaste verag, doen sonde; wie medelye het met die mens in nood, met hom gaan dit goed.
Ek hoop nie jy dink ek’s onsensitief nie, maar ek gaan die volgende stelling in elk geval maak, omdat dit waar is. Hoe meer welvarend ons raak, hoe meer is ons geneig om op onsself te fokus en die behoeftes van ander as minder belangrik te beskou.
So nou en dan kry ons onsself jammer. Miskien gaan dit nie so goed nie, of jy voel pootuit of miskien sommer net sat vir alles ... Arme ekke. Dit gebeur met ons almal.
Die heel eerste keer dat ek deur ware armoede gekonfronteer was, was in 'n dorpie in Indië. Hierdie mense het in sulke armoede geleef, dat ek gehuil het. Tot op daardie oomblik het ek geen idee gehad van wat "arm" regtig beteken nie.
Ek weet nie wat jou finansiële omstandighede is nie, ek weet ook nie wat in jou lewe aangaan nie en ek weet ook nie hoe swaar jy dalk kry nie. Maar, wat ek wel weet, is dat Jesus die meeste van sy tyd onder die armes deurgebring het. God het ‘n spesiale plek in sy hart vir die armes. Ons lees dwarsdeur sy Woord daarvan. Kyk wat lees ons in:
Spreuke 14: 20,21 'n Arm mens word selfs deur sy buurman verstoot; 'n ryk man het baie vriende. Wie sy naaste verag, doen sonde; wie medelye het met die mens in nood, met hom gaan dit goed.
Natuurlik kry ons onsself soms jammer, en tog glo ek elkeen van ons kan tog 'n manier vind om kos op iemand, wat nie genoeg het om te eet nie, se tafel te sit. Elkeen van ons kan help om 'n dak oor die kop van 'n gesin, wat geen skuiling het nie, te sit.
Elkeen van ons kan 'n manier vind om medelye en vertroosting te bied aan iemand wat dit regtig nodig het; iemand wat regtig seer het.
Wees vriendelik teenoor die armes, en jy sal geseënd wees.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 6:31,32 “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.
Kan ek jou uitdaag om terug te dink aan die laaste keer wat jy bang was vir iets. Ek bedoel regtig vreesbevange was; tot op die punt dat dit jou denke oorheers het. Die vraag is: hoe het jy dit hanteer? Wat het jy met jou vrees gedoen?
Ons gaan almal deur tye van vrees, wanneer daar 'n toenemende gevoel van bedreiging en gevaar in ons harte posvat.
Ek is nie van nature 'n angstige mens nie, maar ek was ook al deur die jare soms vreesbevange; seker omdat dit menslik is om bang te wees.
Maar dis jou keuse hoe jy dit hanteer: jy kan vir 'n rukkie alleen op jou eie sukkel, maar dit werk nie regtig so goed nie. Jy kan ook ander mense se raad en hulp vra, maar so dikwels verstaan hulle nie jou vrese nie.
Dan sit jy met die vraag, wat maak ek met my vrees? Sit ek my dapper masker op, en laat toe dat die vrees my steeds van binne af vreet?
Ek wil nie naïef klink nie, want ek is nie van nature 'n naïewe mens nie ... maar deesdae neem ek my vrees na Jesus toe. Dit is so eenvoudig. En dit is nie ontduiking van die probleem of ‘n godsdienstige kruk nie. Inteendeel. Dit is 'n stap van geloof, om Jesus op sy Woord te neem. Ons sien in:
Matteus 6:31,32 “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.
Wanneer alles in jou lewe skeef loop, as die pad vorentoe wankelrig lyk, of as jy in gevaar verkeer, is dít die oomblik waarin jou geloof getoets word.
Die vraag is, sal jy jou vrees na Jesus toe neem? Dit is tog nie so 'n groot sprong in geloof, as wat jy mag dink nie ... jou hemelse Vader weet wat jy nodig het.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 7:4,5 Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.
Ek gee toe, die wêreld is vol onvolmaakte mense en ja, die druk neem toe en ja, ons het die neiging om ongeduldig te raak met mense. Maar dis asof ons by die dag meer ongeduldig en onverdraagsaam word. Het jy al ooit gewonder wat ander mense van jou dink as jy so ongeduldig teenoor hulle is?
Laat ons eerlik wees, die wêreld haat 'n huigelaar. En as ons eerlik is, is ek en jy ook nie so lief vir hulle nie .... Jy verstaan dis die skynheiliges daar buite waarvan ek praat, per slot van rekening, is hulle die huigelaars nie ek of jy nie. Beslis nie ons! Nè?
Het jy al ooit op jou toeter gelê omdat iemand sonder flikkerlig in die verkeer van baan verander het? En dan, net 'n paar minute later, betrap jy jouself dat jy presies dieselfde doen!
Ek het. Oeps. Dis geveinsd.
Jesus het dit so gestel: Moenie ander oordeel nie, en God sal jou nie oordeel nie.
Maar Hy het geweet dat Hy dit baie duidelik moet stel, sodat ons kan verstaan wat die skynheiligheid in ons harte regtig beteken. Daarom het Hy hulle - en ons ook - vierkantig tussen die oë getref, toe Hy in:
Matteus 7:4,5 gesê het: Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.
Ja ... jy kan nie meer sê jy verstaan nie die boodskap nie!
En die ding wat ek opgemerk het, is dat wanneer ons onsself as regter, jurie en laksman aanstel, maak dit ons ongelukkig. Dit verwoes ons lewens net soveel soos die volgende persoon s'n.
En boonop weet ons dat almal 'n huigelaar verafsku.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 27:28-31 Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom 'n pers mantel om. Hulle vleg 'n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom 'n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” Hulle het op Hom gespoeg en die stok gevat en Hom oor die kop geslaan. Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.
Jy weet mos hoe jy 'n prentjie in jou kop opbou van iets waarvan jy gehoor het, maar as jy dit uiteindelik sien, lyk dit glad nie soos jy verwag het dit moet lyk nie?
Ek het deur die fotograaf Ken Duncan se boek "Where Jesus Walked" gekyk en ek het op 'n onlangse foto van die Via Dolorosa afgekom.
Dit is die pad waarmee Jesus van die gevangenis na sy kruisiging geloop het. Kan jy jouself die situasie voorstel? Hy was bebloed en geslaan, en Hy het sy kruis gesleep. Ek weet nie hoekom nie, maar ek het verwag dat dit nogal 'n wye pad sou wees. Dit is nie. Dit is taamlik smal.
En deesdae is daar 'n winkel met 'n rooi en wit Coke Cola-bord. Dít het ek nie verwag nie! Maar, ek is seker dat toe Hy daardie dag met sy kruis die pad afgestap het, was daar ook handelaars in hul winkeltjies wat besig was om hul sake te doen. Matteus teken vir ons ‘n baie somber toneel in:
Matteus 27:28-31 Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom 'n pers mantel om. Hulle vleg 'n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom 'n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” Hulle het op Hom gespoeg en die stok gevat en Hom oor die kop geslaan. Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.
Die Via Dolorosa. Die pad wat Jesus vir jou en vir my geloop het. Hy het gely, sodat ons vrygelaat kan word. En as ons Hom wil volg, is dit dieselfde pad wat ons moet volg. Smal en pynlik ... die Kruis-pad.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

955 Listeners