God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Vergewe die Onvergeefbare

    Send us a text

    Mattheus 5:43,44 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg,

    Die afgelope paar dae het ons gesels oor vergifnis, en miskien dink jy ... nou ja, komaan Berni, laat ons oor iets anders praat. Ons sal môre vergewe. . .Maar vandag wil ek jou voorstel aan 'n vrou wat alle rede gehad het, om nié te vergewe nie.

     

    Ek het onlangs 'n onderhoud met Lorraine gevoer. Haar seun is deur 'n dronk bestuurder raakgery en vir dood agtergelaat. As die bestuurder net sou gestop het om te help, sou haar seun waarskynlik vandag nog gelewe het. Maar hy het nie en daarom is hy aan sy beserings dood.

     

    Dit is maklik vir 'n ou soos ek om oor vergifnis te praat, maar daardie onderwerp sny diep in die hart en krap ou wonde uit die verlede oop. Ek vra jou, wat beteken vergifnis in so 'n situasie?

    Wat my van Lorraine opgeval het, was dat sy die pyn van haar verlies, 'n moeder se pyn, na baie jare nog in haar hart gedra het. Maar te midde daarvan, was sy vasbeslote om te vergewe.

     

    Ek het haar sedertdien dopgehou. Die manier waarop sy genees het, is so wonderlik. Sy kan nooit verander wat gebeur het nie. Geen vorm van geregtigheid kan haar seun ooit terugbring nie. Maar haar keuse om te vergewe, het genesing in haar hart gebring. Jesus het dit die volgende oor vergifnis gesê:

     

    In Matteus 5: 43,44 staan: “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg 

     

    Hm, wees lief vir jou vyande en bid vir hulle. Is dit maklik? Nee. Maar ek dink dat dit vir Lorraine, alhoewel dit baie moeilik was om die optrede van daardie dronk bestuurder wat haar seun heeltemal alleen laat sterf het, te vergewe, dit veel makliker is, as om die kanker van onvergewensgesindheid vir die res van haar dae saam te dra.

     

    Wees lief vir jou vyande en bid vir hulle.

     

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Vergifnis is Genesend

    Send us a text

    Matteus 6:14,15 “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie. 

    Vergifnis is nie iets waaroor daar deesdae baie gepraat word nie. En tog sal die seer van die verlede nooit weggaan, totdat ons diegene wat ons seergemaak het, vergewe het nie.

     

    Dit is verbasend hoeveel mense in 'n nimmereindigende siklus van onvergewensgesindheid vasgeketting is aan die seer van die verlede. Maar weet jy, dit is 'n ernstige saak vir Jesus. Hy het ‘n paar baie onpopulêre dinge gesê oor ons versuim om te vergewe:

     

    In Mattheus 6:14,15 staan: “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.

     

    Onthou, dit is Jesus se woorde, nie myne nie. En Hy stel dit baie duidelik sodat ons almal dit kan verstaan.

     

    Ons leef onder hierdie valse verwagting dat dinge reggestel moet word, dat geregtigheid moet geskied, voordat ons kan laat gaan en vergewe. Maar so dikwels sal geregtigheid nie geskied nie. Só dikwels is die een wat jou te nagekom het, onbewus daarvan. 

     

    Nee, ons weet mos, alle probleme word nie maklik opgelos en met 'n mooi, netjiese lintjie vasgemaak nie. Hoe vergewe ons dan? Jesus leer ons om ons reg op vergelding prys te gee, soos wat Hy vir ons op daardie wrede Kruis gedoen het.

     

    Dink mooi daaraan. Hy het sy lewe gegee, sodat ek en jy vergewe kan word. Dink jy dit het vir Hom regverdig gelyk, toe Hy vir daardie verskriklike ure met sy volle gewig aan daardie wrede spykers deur sy hande en voete gehang het?

     

    En tog, deur sy wonde, is ons genees.

     

    En as ons besluit om, ten spyte van ons pyn, te vergewe – ja, vergifnis het altyd 'n prys – dan genees Hy die seer van die verlede.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Vergewe en Vergeet

    Send us a text

    Lukas 6:35 Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes.

    Ek wonder of daar ‘n persoon in jou lewe is, wat jy moeilik vind om te vergewe. Een persoon teenoor wie daardie diep gevoel van onreg en onvergewensgesindheid nog diep in jou hart broei. En hoe laat dit jou regtig voel?

     

    Hallo, ek is JG vir Berni Dymet en welkom terug by VARS

     

    Het jy al ooit gewonder, presies wat dit beteken om te vergewe? Ons weet almal dat ons moet vergewe, maar dis baie makliker gesê as gedaan.

     

    Jesus sê dinge wat ons aanvanklik skok, maar wat op die ou end werklik sin maak. Soos hierdie versie in:

     

    Lukas 6:35 Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes.

     

    Ek weet, as iemand ons ‘n onreg aandoen, kry ons seer en voel ons verontreg en seer. Hoe langer ons aan daardie gevoel vashou, hoe erger word dit. Die probleem is dat dit so, so moeilik is om te vergewe. Dit is so, so moeilik om daardie seer te laat gaan. Ons weet ons moet, maar hoe?

     

    Nou-ja, hier is die oplossing, luister weer:

    (julle) moet julle vyande liefhê (en goed doen aan hulle).

     

    As dit moeilik is om te vergewe, begin bid vir daardie persoon. Begin dink: "Wat kan ek doen om hom te seën?" Jy weet, dit voel altyd agterstevoor. Dit is nie natuurlik om jou vyande te seën nie. Dis mos nie regverdig nie.

     

    Maar vergifnis is soos 'n spier wat jy moet oefen en hoe meer jy dit doen, hoe sterker word dit. Bietjie vir bietjie verdwyn die bitterheid en die seer.

     

    Jy vergeet nooit werklik wat gebeur het nie, maar op die een of ander manier "vergeet" jy tog dat die persoon wat jou seergemaak het, jou iets skuld.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Goeie en opregte, ordentlike, vriende kan ‘n baie groot invloed op ons lewens hê, en ek praat hier van ‘n positiewe verandering.

     

    Jy kan daagliks boodskappe soos hierdie per e-pos ontvang. Gaan na ons webwerf: varsvandag.co.za en teken in. Wanneer jy inteken, sal jy ook onmiddellik ‘n gratis eksemplaar van Berni Dymet se boekie “Omskep Foute in Wonderwerke” ontvang. Onthou dis varsvandag.co.za.   Luister weer Maandag! Seënwense en mooi loop.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Laat julle Lig in die Wêreld Skyn

    Send us a text

    Matteus 5:15,16 ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

    Dit is ongelukkig ‘n feit dat hoe besiger ons word, hoe minder bedagsaam word ons.  En hoe minder ons dink aan hoe ons iemand anders se lewe kan raak, hoe minder laat ons die lig van God se liefde in die duisternis van hierdie wêreld skyn. Dis hartseer, maar tog so waar.

    Hallo, ek is JG vir Berni Dymet en welkom weer by VARS

     

    Wanneer laas het iemand regtig iets goeds vir jou gedoen? Iets spesiaals. Iets wat hulle gedoen het, net omdat hulle geweet het dit sal vir jou plesier verskaf, jou help, of op 'n spesiale manier raak.

    Miskien het dit onlangs met jou gebeur, of miskien was dit lank laas. Maar ons weet albei dat wanneer iemand dit doen, jy dit nie maklik vergeet nie.

    Dit is dalk net die kleinste dingetjie; 'n vriendelike blik, 'n woord van bemoediging of die gebaar as iemand vir jou 'n maaltyd bring as jy siek is. Daardie dinge bly jou vir ewig by. 

    En as ons iets goeds vir iemand doen; of vrygewig is, of iemand bemoedig, laat dit ons uitstyg bo ander ​​op ’n manier wat woorde nie kan beskryf nie. Jesus het dit so gestel in:

    Matteus 5:15,16 ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”      

    Daardie eenvoudige dade van vriendelikheid of opofferende dade van diens, bring vir iemand lig, in ‘n donker en eensame wêreld. En ek praat van selfs die kleinste dingetjies; soos wanneer jy uit jou pad gaan om iets te doen, wat vir iemand anders iets beteken. 

    Aan wie kan jou glimlag, ‘n woord van bemoediging of net ‘n klein geskenkie van jou tyd, vandag 'n lewenslange verskil maak? Jy’t reg gehoor - jy, ja, jy – want volgens Jesus, is jy die lig van die wêreld. Wees vandag daardie lig.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Die ding wat my elke oggend uit die bed laat opstaan, is die passie om die lewensveranderende Woord van God met jou te deel. Wanneer ons sy Woord ons eie maak ... leef ons met die waarheid dat Jesus gesterf het en weer opgestaan ​​het om ons ‘n nuwe lewe te gee. 

    Gaan gerus na ons webwerf: varsvandag.co.za waar jy baie opbouende VARS boodskappe sal kry. Daar is ook video’s en ander materiaal van Berni Dymet. Mooi loop, en luister weer môre na jou gunsteling stasie.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Jou Woorde Kan Maak of Breek

    Send us a text

    Efesiërs 4:29 Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom.

    Ons woorde is ongelooflik kragtig. Hulle kan mense opbou of afbreek. Kan ek jou vandag vra, hoe lyk die woorde wat jy gebruik?

     

    Hallo, ek is JG vir Berni Dymet en welkom weer by VARS

     

    Die tempo van die lewe het die afgelope paar jaar regtig toegeneem. In hierdie besige, transaksionele wêreld waarin ons leef, gaan dit meer daaroor om dinge gedoen te kry. Waar is die dae van saamkuier om ‘n koppie koffie en verhoudings bou?

     

    En ons weet mos: hierdie vinnige tempo het 'n groot invloed op die manier waarop ons met mekaar praat. Ons raak kortaf, selfs onbeskof as ons praat, sodat ons net kan klaarkry met alles wat ons dink, ons ​​vandag moet doen.

     

    Wat ons sê en miskien nog belangriker, hoe ons dit sê, belemmer ons verhoudings - by die werk, in ons huwelike, met ons kinders, met die paar vriende wat ons nog oor het.

    Wanneer laas het jy te nagekom of verwerp gevoel, bloot vanweë die manier waarop iemand met jou gepraat het ... iemand, wat beslis van beter moes geweet het?

     

    In Efesiërs 4:29 lees ons: Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom.

     

    Sê nou ek en jy sou net dinge sê om mense op te bou en sterker te maak? As ons slegs kommunikeer met die doel om hulle aan te moedig en te ondersteun - selfs wanneer ons oor moeilike dinge moet praat?

     

    As jy hierdie Efesiërs-resep volg, watter invloed sou dit op jou verhoudings hê? Hoe dink jy ...

     

    praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom – En  so sal jy hulle help om sterker te word.

     

    Woorde is kragtig. Gebruik jou woorde om tot seën te wees.

     

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

     

    Dis net een teksvers; slegs een. Wat 'n kragtige impak kan dit tog nie in jou verhoudings hê nie? Dit is die rede waarom is ek so passievol is om die Woord van God dag na dag met jou te deel.

    Het jy geweet - Jy kan boodskappe soos hierdie per e-pos ontvang? Gaan na ons webwerf: varsvandag.co.za en teken in. Wanneer jy inteken, sal jy ook onmiddellik ‘n gratis eksemplaar van Berni Dymet se boekie “Omskep Foute in Wonderwerke” ontvang. Onthou dis varsvandag.co.za.   Luister weer môre! Seënwense en mooi loop.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Verander jou Denke en Verander jou Lewe

    Send us a text

    Matteus 23:27 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is.

    Elkeen van ons bestee baie tyd daaraan om te dink. Soms is dit positiewe gedagtes, ander kere, nou-ja, nie soseer nie. En ons gedagtes sê baie vir Jesus oor wie ons is.

    Hallo, ek is JG vir Berni Dymet en welkom weer by VARS

    Ek waardeer opregte mense; mense wat innerlik en uiterlik dieselfde is. Mense wat jou nie om die bos lei deur mooipraatjies nie. Ek wil weet dat dít wat hulle sê en doen, uit hulle harte kom.

     Ek raak daarom nie ontsteld as mense kort-af en reguit is nie. Ek wil veel eerder weet wat hulle dink, as dat hulle een ding voor my sê en 'n iets heel anders agter my rug sê. Ek is seker jy is dieselfde.

    Maar weet jy, as mense na ons, na jou en my kyk, wil hulle ook weet, dat hulle kan reken daarop dat ons opreg teenoor hulle is. Maar is ons altyd?

    Jesus het eenkeer vir 'n klomp elite-godsdienstige leiers van sy tyd die volgende gesê:

    Ons lees: in Matteus 23:27 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is.

    Sjoe, dis regtig pynlik en direk, of wat sê jy?

    Die kern wat hier ter sprake kom, is ons gedagtes; dit wil sê wat ons met die grysstof tussen ons ore doen; ons gedagtes, dit waaraan ons dink. Jy kan nie aanhou om iemand in die stilligheid te verwens, en dan vir hulle te glimlag nie ... want uiteindelik sal hulle agterkom dat dít wat jy vir hulle probeer voorhou, ‘n leuen is. Uiteindelik sal daardie dubbelsinnigheid jou duur te staan kom. 

    Wees eerlik; waaraan dink jy die meeste van die tyd?

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Goeie en opregte, ordentlike, vriende kan ‘n baie groot invloed op ons lewens hê, en ek praat hier van ‘n positiewe verandering.

    Kom leer meer!  Besoek gerus ons webwerf: varsvandag.co.za vir toegang tot nog boodskappe van Berni Dymet. Sy boodskappe word reeds oor 1300 radiostasies en televisie netwerke uitgesaai. Skakel weer môre op dieselfde tyd op jou gunsteling stasie in. Mooi loop, tot dan. 

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Maak die Beker se Binnekant Skoon

    Send us a text

    Matteus 23:25,26 Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binne is hulle vol hebsug en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal sy buitekant ook skoon wees. 

    Niemand hou van 'n huigelaar nie; jy hou seker nie van so ‘n persoon nie, en ek beslis ook nie. Maar ongelukkig is ons daagliks in die versoeking om ‘n ​​mooi beeld vir die mense voor te hou, terwyl ons iets heeltemal anders dink en voel.

    Hallo, ek is JG vir Berni Dymet en welkom weer by VARS 

    Stel jou voor dat jy na 'n koffiewinkel gaan. Jy voel lus vir 'n baie spesiale koppie koffie. Jy gaan sit, bestel jou koffie en neem 'n tydskrif. Jou mond water al toe die koffie uiteindelik kom. Fantasties!

    Dit ruik heerlik, dit lyk goed ... maar net toe jy op die punt is om jou eerste slukkie te neem, sien jy hoe 'n kelner 'n leë koppie van die volgende tafel optel, en sonder om dit te was, terug neem na die koffiemasjien, dit met 'n cappuccino vul en aan 'n ander klant bedien.

    Dink nou net daaraan. Wat vertel dit jou van die koffie wat hulle nou net voor jou neergesit het? Alles lyk goed aan die buitekant ... maar hulle was nie die binnekant van hul koppies nie. Gaan jy dan hierdie koppie koffie drink wat jy nou net bestel het, of nie?

    Ongelukkig is 'n hele klomp mense in hierdie wêreld 'n bietjie so - skoon aan die buitekant, maar vuil aan die binnekant. En die verskil tussen dít wat jy aan die buitekant sien en dít wat aan die binnekant gebeur, noem ons ... skynheiligheid. Kyk hoe Jesus dit gestel het in:

    Matteus 23:25,26 Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binne is hulle vol hebsug en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal sy buitekant ook skoon wees.

    Maar weet jy, dít wat aan die binnekant aangaan, is soveel belangriker vir Jesus, as dít wat mense aan die buitekant kan sien.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Dis nou maar een ding wat waar is van Jesus; Hy draai nie doekies om nie. Hy stel regtig belang om ons vry te maak van al die snert wat ons lewens verwoes. Hy wil sien dat jou lewe radikaal getransformeer word ... daarom praat Hy deur Hy sy Woord met jou.

    Ek wil jou graag aanmoedig om ons webwerf: varsvandag.co.za te besoek. Daar is baie om oor na te dink ,om jou te help op jou reis tot ‘n betekenisvolle verhouding met God. Skakel weer môre op dieselfde tyd op jou gunsteling stasie in vir nog ‘n boodskap van Berni Dymet. Mooi loop, tot môre.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Lae Selfbeeld

    Send us a text

    Galasiërs 2:20 en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

    As jy terugdink aan jou lewe, wat het jy geleer oor hoeveel waarde jy in hierdie wêreld het? Terwyl jy jou waarde vergelyk met die waarde van diegene rondom jou, tot watter gevolgtrekking kom jy?

    ‘n Rukkie gelede het ek 'n paar uur saam met 'n groepie studente aan ‘n Bybelkollege waar ek klasgee, deurgebring. Ons het 'n groepsbespreking gehad. Hulle opdrag was om na iemand se lewe te kyk. Iemand wat hulle ken, wat regtig probleme in hul lewens het, sodat ons in die klas oor die probleme kon praat.

    En weet jy, dit was vreemd. Toe die studente oor 'n vriend of familielid gepraat het, het dit net weer en weer neergekom daarop, dat almal dieselfde probleem ervaar.

    Elkeen van die mense, waaroor ons gesels het, het 'n diep gevoel van waardeloosheid gehad. Elkeen! Ek was totaal verstom, maar ek moes dit tog geweet het. . .

    Ons leef in 'n samelewing waar ons enersyds die leuen gevoer word dat ons, ek en jy, die middelpunt van die heelal is, en dat alles om my wentel om my gelukkig te maak ... Maar, weet jy, aan die ander kant word ons afgekraak tot ons in sak en as sit, as ons nie voldoen aan die eise wat die wêreld stel nie, om soos die een of ander superheld te wees nie.

    Wat veroorsaak dit? 'n Verwronge, verwarde gevoel van eiewaarde?

    Wat is jy dan regtig werd? 

    In Galasiërs 2:20 staan: en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

    Jy is die prys werd wat God bereid was om vir jou te betaal ... en dit is 'n prys wat so hoog is, dat ons dit nie eers kan begryp nie.

    Die prys wat Hy betaal het, was die lewe van Jesus, sy Seun, wat jou van onskatbare waarde maak!

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Geskenk van Lewe

    Send us a text

    Romeine 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

    Dit is snaaks hoe maklik dit is om te praat oor "die genade van God." Christene sê dit die hele tyd. Maar hoe dikwels dink ons regtig aan wat dit eintlik beteken? Die genade van God....

    Ek dink nogal dat om 'n orgaanskenker te word, een van die mees voor die hand liggende dinge is, wat ‘n mens kan doen.

    Ek bedoel, as ek môre in 'n motorongeluk omkom, waarom kan iemand anders nie die geskenk van die lewe deur my niere of lewer of hart hê nie? Ek het hulle beslis nie meer nodig nie. Vir my is dit 'n vanselfsprekende ding om 'n orgaanskenker te wees.

    Maar weet jy, ek het groot bewondering, vir diegene wat 'n nier aan 'n vriend of familielid skenk, terwyl hulle nog lewe. Dit klink oukei genoeg om jou organe weg te gee as jy dit nie meer nodig het nie, maar terwyl jy nog leef, is dit regtig 'n groot geskenk - ‘n groot offer.

    Kom ons neem dit een stap verder. Stel jou voor dat jy nie net 'n ekstra orgaan skenk nie, maar jou hele lewe vir iemand anders gee. Dit is onbegryplik. Dis waarom ek nie maklik kon verstaan, wat Jesus aan daardie kruis vir my gedoen het nie.

    Die Seun van God is wreed aan 'n kruis vasgespyker; Hy het daar gely; gehyg na asem; en toe pynlik gesterf om te betaal vir al my dom foute ... daar is net geen woorde om te beskryf hoe ek voel nie.

    'n Geskenk van lewe? Dié gawe van die lewe. Ewige lewe.

     In Romeine 6:23 sien ons: Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

    Dis die genade van God in Jesus Christus. En weet jy, dit het Hom alles gekos. Alles; om die ewige lewe vir ons te gee - alles - vir jou en vir my.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Reëls, Reëls, Reëls

    Send us a text

    Titus 3:6,7 God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.

    Ek weet nie hoe jy daaroor voel nie, maar ek is nie goed daarmee om reëls na te kom nie. Ek is net nie. Daarom was die idee om ‘n Christen te word – om die waarheid te sê - ten minste vir die eerste ses en dertig jaar van my lewe, nie baie aantreklik nie.

     

    Die meeste mense, en ek sluit myself daarby in, het gedink aan die Christelike godsdiens as 'n reëlgebaseerde, onderdrukkende godsdiens. Dit is maar die idees waarmee ek grootgeword het. Dit klink nes die brief wat ‘n man uit Rwanda vir my geskryf het:

     

    Dit het vir my gelyk of die Christelike lesse wat ek sedert ek vyf jaar oud was, geleer het, ek is nou 62, heeltemal anders is, as dié wat jy vir ons leer. Ek kan jou dae lank besig hou met stories oor die godsdienstige leringe wat vir ons gepreek is, maar weet jy, dit wat jy vir ons leer, is waarna ek gesoek het. Om te weet dat ons almal: swart, wit, Hutu's, Tutsi's, ons almal, sondaars is en dat Christus vir ons almal gesterf het om met sy Vader versoen te word, gee my nuwe lewe en hoop.

     

    Die versie wat die ommekeer in hierdie man se lewe gebring het, was toe ek die dag Titus 3:6,7 behandel het. Dit lees: God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.

     

    Ek het agtergekom dat dit, wat ek as kind geleer het, verkeerd was. Dit was dieselfde met hierdie Rwandese man. Dit gaan nie daaroor om 'n klomp reëls na te kom nie, dit gaan oor ‘n ervaring van God se genade.

     

    En as ons die genade van God in Jesus Christus ontdek, gee dit ons 'n nuwe lewe en nuwe hoop.

     

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

952 Listeners