God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Die Lewe is so Onregverdig

    Send us a text

    Efesiërs 2:8,9 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.

    Ek is nie seker of jy al ooit so daaraan gedink het nie, maar hierdie hele beginsel van genade, is ongelooflik onregverdig. Dit is onbillik. Jesus, ‘n onskuldige man, is doodgemaak om die prys vir my en jou sondes te betaal. As dit nie onregverdig is nie, weet ek nie wat is nie!

    Soms lyk die lewe net nie regverdig nie, of hoe? Iemand doen iets verkeerd en dit veroorsaak dat ons die prys moet betaal en miskien iets misloop wat ons regtig graag wou hê ... dit is net so onregverdig!

    Dit gebeur gereeld in ons lewe, nie waar nie? Dinge is soms onregverdig en ons haat dit met ‘n passie as ons aan die ontvangkant daarvan is. Ons haat onregverdigheid. Dit is net nie reg nie. Dit moenie so wees nie.

    Stel jou vir 'n oomblik voor dat jy God is. Natuurlik is geregtigheid sy prioriteit, want dit is hoe God is. Reg is reg en verkeerd is verkeerd. Maar dan kyk jy na mense soos ek en jy, of sommer net na 'n paar mense vir wie jy regtig lief is.

    Jou sin vir regverdigheid sê: “Hulle het my verwerp. Hulle verdien nie die ewige lewe nie.” Maar jou Vader in die hemel sê: “Ek het hulle so lief. Ek wil hê hulle moet die ewigheid saam met my deurbring. ”

    Dit is God se dilemma ... en wat doen Hy daaraan?

    Weet jy, Hy doen iets heeltemal onregverdig. Hy stuur sy Seun Jesus om te sterf vir mense soos ek en jy, om die prys vir ons opstandigheid, ons verwerping van Hom ... ja, dis reg, ons sonde, te betaal. Maar wanneer ek en jy in Jesus glo, maak Hy die deure van die hemel vir ons oop.

    Dit is so onregverdig. God noem dit genade. Kyk wat staan in:

    Efesiërs 2:8,9 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Afwesigheid versterk Nie sy Liefde Nie

    Send us a text

    Johannes 17:20,21 “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.

    Het jy al ooit gevoel asof jy so ver van God af weggedryf het, dat Hy net sowel 'n miljoen kilometer ver kon wees? En as ons só voel, begin ons twyfel of Hy ons ooit weer terug wil hê.

    Ek bring gereeld baie lang tye weg van die huis af deur, omdat ek vir die bediening van Christianityworks reis, maar dan verlang ek vreeslik baie na my vrou. Die spreekwoord sê mos, afwesigheid maak meer bemind.

    Maar weet jy wat ek geleer het? As dit by God kom, is die teenoorgestelde waar. Daar was al tye in my lewe toe ek so besig was, dat dit vir my moeilik was om tyd te kry om elke dag saam met Hom deur te bring.

    En jy weet mos hoe dit gaan. Hoe minder jy bid, hoe minder voel jy lus om te bid. Voordat jy dit weet, lyk dit asof jy en God 'n miljoen kilometer van mekaar af is. Jy ís beslis nie, maar dis hoe dit voel.

    Goed; en wat doen ons nou? Weet jy dat Jesus 'n passie het om by ons te wees?

    Net voordat Hy gekruisig is, het hy in

    Johannes 17:20,21 so gebid: “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.”

    Jesus, het vir jou en vir my gebid. As ons wegdryf, dink ons ​​dat Hy ons nooit weer terug wil hê nie. Maar dis nie die waarheid nie. Jesus smag daarna om naby jou te wees. Dit is waarom Hy na die Kruis toe is.

    Maak dus elke dag tyd vir Hom. Want as jy na Hom toe kom; kom Hy altyd nader aan jou.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Nuwe Jaar Begin

    Send us a text

    Spreuke 27:1 Moenie roem oor wat jy môre verwag nie; jy weet nie wat die dag sal oplewer nie.

    Ek wonder watter soort jaar hierdie jaar vir jou en vir my gaan wees? Wat hou die toekoms in? Sal dit 'n wonderlike jaar wees of ten minste ‘n goeie jaar? Wat beplan jy? Waarna sien jy uit?

     ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar vir jou! Ek hoop ten minste dat dit 'n gelukkige jaar gaan wees ... maar niks is vas en seker nie. Ek probeer nie 'n demper op jou Nuwejaars-vieringe plaas nie, maar dit is die waarheid.

    Net soos jy, het ek ook planne, verwagtinge en drome vir die komende jaar. Om die waarheid te sê is my dagboek al redelik vol met bedienings-reise hier, daar en oral ... om nie te praat van 'n vakansie saam met my vrou, waarna ek regtig uitsien nie.

    Ek aanvaar dat jy ook 'n paar dinge beplan vir die jaar wat voorlê. En dit is 'n goeie ding. Dit is wonderlik om dinge te hê waarna jy uitsien.

    Maar ek wil weer sê dat niks seker is nie. En dit is nie net ek wat dit vir jou sê nie. Kyk wat staan in:

    Spreuke 27:1 Moenie roem oor wat jy môre verwag nie; jy weet nie wat die dag sal oplewer nie.

    Is dit verkeerd om dinge vir die volgende jaar te beplan? Glad nie. Wat egter verkeerd is, is wanneer ons ons lewe leef asof dit definitief gaan gebeur. As ons amper op ‘n manier daaroor spog. My suster is onlangs oorlede. Met die oppak van haar paar ou besittinkies en haar klere, wat ek na 'n liefdadigheidsorganisasie moes stuur, het die waarheid my weer getref.

    Daarom wil ek sê ... leef elke dag voluit. Gee eer aan God. Wees lief vir diegene rondom jou en dien hulle na die beste van jou vermoë, want ... jy weet nie wat die dag sal oplewer nie.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Nog ‘n Jaar is Verby

    Send us a text

    Prediker 7:10 Moenie sê in die ou dae was dit beter as nou nie; dit is nie uit wysheid dat 'n mens so sê nie.

    Oujaarsdag nè? Hier is ons. Dit is 'n tyd waarin ons oor allerhande snaakse dinge dink. Ons kyk terug na die afgelope jaar en ons dink ‘n bietjie aan die jaar wat voorlê ... en ons besin oor die verloop van die lewe.

    Hier is ons, nog 'n jaar is verby. Hoe was jou jaar? ‘n Goeie jaar, was dit net oukei, of was dit 'n skok? Ons begin elke jaar met die hoop dat dit 'n goeie een sal wees, maar dit is nie altyd so nie. Is dit?

    Jy begin dink: “Dit was nog nooit so erg nie. Dinge was soveel beter, terug in die goeie ou dae. Wat het van die lewe geword?”

    Dit is snaaks hoe ons so maklik deur ‘n rooskleurige bril na daardie goeie ou dae terugkyk, en dan maak ons onsself wys dat dinge waarskynlik nooit weer so goed sal wees nie.

    As jy al ooit in daardie strik beland het, dan is hier goeie raad vir jou in Prediker 7:10:  Moenie sê in die ou dae was dit beter as nou nie; dit is nie uit wysheid dat 'n mens so sê nie.

    Die waarheid is dat hierdie jaar verby is. Dit is klaar en afgehandel. Ons kan daar niks aan verander nie, maak nie saak hoe graag ons wil nie. Maar die idee dat dinge nooit weer so goed sal wees nie, is ‘n waansinnige beperkende manier van dink - jammer om dit so kras te stel, maar dit is. Moet dit nie doen nie, dis een van die slegste dinge wat ons kan doen.

    Môre ... more is 'n Nuwe Jaar. En God ... God is 'n goeie God. Ek wil jou vandag aanmoedig om met verwagting uit te sien na wat Hy vir jou beplan het. 

    Moenie sê in die ou dae was dit beter as nou nie; dit is nie uit wysheid dat 'n mens so sê nie.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Sonder Woorde

    Send us a text

    Romeine 8:26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.

    Ons leef in 'n wêreld wat sukses en prestasie beloon. Ons leef in 'n wêreld waar jy veronderstel is om onafhanklik te wees. Ons leef in 'n wêreld waar ons geleer word dat sukses net van onsself afhang.

    Soms dra ons soveel pyn in ons binneste rond, dat ons nie daaroor kan praat nie. Of soms raak dinge so ingewikkeld, so verwarrend dat ons nie eers weet wat om vir God te sê nie. Ons weet nie hoe ons moet bid en waarvoor ons moet vra nie.

    Was jy al ooit in so ‘n situasie? Jou pyn is so erg dat jy nie die krag het om 'n woord te bid nie. Jy wil, maar jy kan net nie. Al wat daar diep uit jou binneste kom, is ‘n kreun.

    Tweeduisend jaar gelede het die apostel Paulus byna die helfte van die boeke van die Nuwe Testament geskryf - sommige daarvan terwyl hy in die gevangenis opgesluit was. Daar kan dus geen twyfel bestaan ​​dat hy presies geweet het hoe pyn voel nie. Dis hoe hy dit beskryf in:

    Romeine 8:26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.

    Ek wil jou troos en sê dat in daardie oomblikke, wanneer jy nie eers weet waar om te begin nie; hang dit nie van jou af nie. God is nie afhanklik van jou, in jou oomblik van swakheid nie. Nee, inteendeel.

    Wanneer ons ons oë na Christus opslaan, is dit die Heilige Gees wat vir ons intree met gebed wat nie in woorde uitgedruk kan word nie. Wanneer ons net na Jesus kyk, te midde van die woordelose pyn en verlorenheid; dan my vriend, praat ons van ware gebed. En dit is al wat nodig is.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Gesindheid

    Send us a text

    1 Petrus 4:10 As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.

    Die idee dat jy 'n dienaar van iemand anders moet wees, is vir die meeste van ons afstootlik. Die idee is amper, nee, dit is neerhalend in ons moderne tyd. En tog, die belangrikste mens wat ooit op hierdie aarde gewandel het, het gekom om te dien en nie om gedien te word nie. Hm, wat sê dit vir ons?

    Dit maak nie saak wat jy in die lewe doen nie, wat jou spesialiteitsveld is nie, dit kan uiteindelik alledaags of vervelig word. Mense sê soms vir my: “Ag nee, dit kan nie waar wees nie. Kyk na jou, jy is elke dag op televisie en radio. Hoe kan dit ooit alledaags of vervelig wees?”

    Ek verseker jou ek geniet my werk. Ek moet elke jaar meer as 1100 boodskappe probeer skryf en produseer. Dit maak nie saak hoe baie ‘n mens daarvan hou nie, maar te midde van al die harde werk, is dit maklik om dit alledaags te laat word.

    Dink aan die meisie wat 'n lugwaardin wil word. Dit klink so aanloklik en verleidelik met vlugte dwarsoor die wêreld. Maar dink aan al daardie lang vlugte, die veeleisende passasiers, tydsone veranderings en om van die huis af weg te wees. . .  dieselfde roetine oor en oor.

    Weet jy, ek was onlangs op 'n vlug en die lugwaardin, het gelyk asof sy geniet wat sy doen. Sy het mense belangrik laat voel en met ‘n glimlag bedien, in plaas daarvan om net 'n skinkbord voor hulle neer te plak. Dit was 'n genot om te aanskou en ek vermoed dat dit alles neerkom op haar gesindheid teenoor mense.

     In 1 Petrus 4:10  staan: As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.

    God het elkeen van ons met 'n unieke talent gemaak en wanneer ons daardie talent met vreugde en dankbaarheid gebruik, is dit so 'n ongelooflike seën, nie net vir ons nie, maar ook vir diegene rondom ons.

    Dit kom neer op jou gesindheid.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Instapbewys

    Send us a text

    Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

    Deesdae hou ons nie meer van ‘n saak wat duidelik óf swart óf wit is nie. Deesdae is dit baie geriefliker om in skakerings van grys te dink. Al daardie swart en wit, regte en verkeerde goed, is per slot van rekening uit die oude doos.

    O so? En het jy al ooit op 'n vliegtuig probeer klim sonder 'n instapbewys? Of 'n grens sonder 'n paspoort probeer oorsteek? Jy hoef nie Einstein te wees om agter te kom dat dit net nie gaan werk nie.

    Wat laat ons dink dat ons sonder Jesus met God kan praat? Miskien dink jy ek’s arrogant? Ag man, lei alle paaie nie na Rome toe nie? Dit maak seker nie saak wat jy glo nie, solank jy dit net opreg glo? As jy 'n goeie lewe lei, gaan jy sekerlik hemel toe!

    Nee ou maat, jy klim nie op 'n vliegtuig sonder 'n instapbewys nie. En jy steek nie 'n grens sonder 'n paspoort oor nie.

    Jesus het dit so gestel in:

    Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

    Of jy dit wil hoor of nie, laat ek dit baie duidelik stel. Tensy jou lewe wys dat jy met jou hele hart glo dat Jesus die Seun van God is; dat Hy vir jou gesterf het, sodat jou sondes vergewe kan word en dat Hy weer opgestaan ​​het, sodat jy 'n nuwe lewe kan hê - 'n ewige lewe in sy teenwoordigheid ... sal jy nie die poorte van die hemel binnegaan nie. Dis is nou maar net so!

    Maar die goeie nuus, die fantastiese nuus, is dat wanneer jy dit doen, jy heeltemal vergewe word; jy 'n heeltemal nuwe lewe het; jy heeltemal seker kan wees dat wanneer jou liggaam sterf; jy die ewigheid by God sal deurbring. Vir ewig en altyd en altyd, amen!

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Eensame Tyd

    Send us a text

    Psalm 138:8 Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.

    Hoe sal jy hierdie dag deurbring? Omring deur mense, of heeltemal alleen ... of albei? Hoe dit ook al sy, vandag is daar een ding wat waar is. Jy sal nie alleen wees nie.

    Kersfees; 'n tyd wanneer ons veronderstel is om deur geliefdes omring te wees, 'n tyd van viering, maar dit kan vir sommige mense 'n baie eensame dag wees.

    Maar dis nie altyd so nie. Ek onthou 'n Kersfees vyf en twintig jaar gelede toe ek hopeloos alleen was. Ek het wakker geword en met die trap afgegaan om 'n koppie tee te maak, maar die leegheid, die stilte was byna tasbaar.

    Ek het gaan sit en tyd met God deurgebring. Die trane het oor my wange gerol. Ek was ontsettend alleen. En net daar, terwyl ek daardie tyd saam met Hom deurgebring het, het ek iets ervaar wat moeilik is om in woorde uit te druk.

    My God was daar en Hy het my op so 'n spesiale manier gevul met sy teenwoordigheid en sy liefde. Dit was ongelooflik. Jy weet, deur die jare het ek agtergekom dat hoe groter my behoefte is, hoe meer oorweldigend is sy liefde.

    Deesdae is ek met Kersfees omring deur 'n wonderlike gesin en alles voel fantasties, maar ek sal nooit die gewaarwording van daardie Kersfees, wat ek jare gelede alleen met my God deurgebring het, vergeet nie. Hier in 

    Psalm 138:8 staan: Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.

    Wat jou Kersdag ook al vandag vir jou inhou, laat ek jou aanmoedig om tyd te maak om alleen saam met jou God te wees en self die wonder van sy teenwoordigheid en die wonder van sy liefde te ervaar.

    Mag jy en diegene vir wie jy lief is, 'n geseënde Kersfees hê.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Menslike Toestand

    Send us a text

    Lukas 2:12-14 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.” Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!”

    Hoeveel keer het jy nie gedurende hierdie tyd van die jaar die een of ander prediker hoor vertel van “die ware betekenis van Kersfees” nie? Dieselfde ou storie. En so laat ons nog 'n Kersfees verbygaan. Regtig tragies.

    Te midde van al die roesemoes en al die dinge wat ons moet doen, kom ons op 'n punt in ons lewens waar ons wonder: Wat doen ek op hierdie aarde? Wat is die doel van die lewe? Waarin lê die vervulling?

    Op 'n helder sterre nag, tweeduisend jaar gelede, is God se ewige Plan gebore. ‘n Seun. Sy Seun, gebore in ‘n nederige stal. Ons lees in: 

    Lukas 2:12-14 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.” Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!”

    Wat moes God die Vader op daardie oomblik gevoel het? Was dit onuitspreeklike vreugde om te sien hoe sy Plan om die mensdom te red begin ontvou, of was dit terselfdertyd ‘n groot hartseer, omdat Hy geweet het, dat sy Seun sou moes ly? 

    Maar in daardie nag het God met jou en my gepraat. Hy het gepraat van sy ontsaglike liefde vir ons. Hy het uit een of ander obskure stal in een of ander obskure dorpie ons uitgenooi om in sy Seun te glo.

    Waaroor gaan die lewe? Waar gaan dit heen? Wat is die doel? Dit is alles simptome van 'n vakuum wat deur God self in die DNA van ons siele geskep is, om met sy Geskenk gevul te word, met Jesus.

    En dit is presies waaroor Kersfees gaan. Hy smag na jou. Hy het sy Seun vir jou gestuur.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Siel wat Wroeg

    Send us a text

    Matteus 9:21,22 Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.” Van daardie oomblik af was die vrou gesond.

    Kan ek jou vra: is jy lus om nog 'n Kersfees te vier, of nie? Miskien is almal vrolik en besig met hul Kersfees voorbereidings, maar jy ... miskien het jy ander dinge in jou kop en die laaste ding waaraan jy nou wil dink, is Kersfees.

    Het jy al soggens wakker geword nadat jy die hele nag in die bed rondgerol het? Jou siel is in 'n warboel, die druk van die lewe neem toe, dit lyk asof niks wil uitwerk nie. En al waaroor die mense praat, is Kersfees; die Kersmusiek weergalm deur die winkelsentrums ... die versierings is op ... maar die laaste ding waarvoor jy lus het, is daardie Kersfeesvrolikheid.

    Dis hoe jy nou voel. Dit is die lewe. Al die musiek en versierings en geskenke en voorbereidings gaan dit nie verander nie.

    By Jesus kan jy jouself wees. Hy het nie na hierdie wêreld gekom as 'n Kerslied, of 'n blink versiering of 'n patetiese Kersboodskappie nie. Hy het gekom as 'n werklike Verlosser, soos hierdie vrou wat al meer as 'n dekade gely het, self ontdek het. Ons lees in:

    Matteus 9:21,22 Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloofhet jou gered.” Van daardie oomblik af was die vrou gesond.

    Wat ook al in jou lewe aangaan, wees hierdie Kersfees opreg teenoor Jesus. Al is jy so desperaat soos hierdie vrou . . . As ek maar net aan sy klere kan raak  ... dit is al wat nodig was.

    Ek wil jou vandag aanmoedig om nie deur hierdie uiterlike vertoon van Kersfees verblind of ontsteld te word nie. Maak nie saak hoe jy voel nie, neem jou laste na Jesus; gaan net soos jy is.

    Dit, my vriend, dit is waarom Hy gekom het. Hy het om jou onthalwe gekom. Dit is waaroor Kersfees gaan.

    En dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

952 Listeners