God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Die Regte Ding om in Getsemane te Doen

    Send us a text

    Matteus 26:36,39 Daarna kom Jesus met sy dissipels by 'n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.” 

    Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.”

    Die beskrywing van Jesus se lyding is ‘n gedeelte wat ‘n mens ontstel. Die Bybel sê Hy was doodsbenoud en het met sy gesig teen die grond in 'n tuin gebid, voordat Hy weggelei is om gekruisig te word. Dit is ontstellend ... dit is uitdagend.

     

    Ek praat nou die dag met 'n bekende fotograaf, Ken Duncan, oor 'n reeks foto's wat hy gepubliseer het in sy boek ‘Where Jesus Walked’.

     

    Een van die foto's wat my regtig aangegryp het, was die een wat hy geneem het in die tuin van Getsemane, die plek waar Jesus gebid het, net voordat Hy verraai en gekruisig is.

    Daar is 'n olyfboord in die tuin. Maar hierdie olyfbome lyk nie soos dié in my plaaslike kwekery nie. Hulle lyk regtig, baie oud en knoetserig. Ken het my vertel dat dit waarskynlik dieselfde bome is waaronder Jesus gebid het. 

     

    In Matteus 26:36,39 lees ons: Daarna kom Jesus met sy dissipels by 'n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.” Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.”

     

    Geen wonder die olyfbome lyk so oud nie. As hulle net kon praat...Tweeduisend jaar daarna is hulle nog daar. En in al die tyd het die kragtige boodskap van dit, wat onder hulle afgespeel het, nie verander nie. Jesus sterf aan die kruis vir jou en vir my, om die prys van ons verwerping van God, te betaal.

     

    En toe ek na die bome op die foto kyk, het dit gelyk asof hulle daar staan ​​soos ou boodskappers, soos 'n lewende uitnodiging.

     

    Jesus het gesterf en weer opgestaan ​​vir jou. Sy vergifnis, Sy genade, Sy vrede is vir jou. Hierdie uitnodiging ... is vir jou.

     

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Kom, Volg My

    Send us a text

    Matteus 4:18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

    Ek wonder, wanneer laas het jy Jesus met jou hoor praat? Wanneer laas het jy gehoor hoe Hy jou roep om Hom te volg? Wat sê jy? Wanneer laas?

    Ek kyk nou die dag na 'n foto wat deur Ken Duncan geneem is. Dit is 'n onlangse foto van 'n visserman in sy boot op die See van Galilea; die plek waar Jesus vir Petrus en Andreas, Jakobus en Johannes gevind het.

    Oukei, die man dra jeans en 'n sweetpak-top. En ja, daar is 'n buiteboord Mercury-enjin agterop die boot. Maar dit was die plek waarheen Jesus gegaan het om sy dissipels te kies, en dit het my laat dink. Dit was nie in die tempel nie. Nie by die beste teologiese kweekskool in Jerusalem nie. Nie eers in die plaaslike sinagoge nie. Aikona! Jesus het na Galilea gegaan waar die vissersbote ingekom het.

    Dit was 'n gewone plek vol gewone mense soos ek en jy, wat daardie dag, ‘n buitengewone man ontmoet het. Ons lees in:


    Matteus 4:18-20
    Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.


    Dink net: jy is besig om alles netjies en skoon te maak en op te pak na 'n lang nag se werk daar buite op die water en hier kom Jesus en sê: "Kom, volg my." En wat het die manne gedoen? Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

    En dit is wat Hy vandag nog doen. Hy roep gewone mense op gewone plekke. Kom saam met My...

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Vreugde van Oorvloed

    Send us a text

    Ester 10:3 Die Jood Mordegai was tweede in bevel onder koning Ahasveros. Hy was hoog in aansien by die Jode en gewild by al sy volksgenote. Hy het hom vir die welvaart van sy mense beywer en die veiligheid van al hulle nakomelinge verseker 

    Om ons met ander mense te vergelyk, is omtrent een van die domste en die mees vernietigende dinge wat ons ooit kan doen. Want, weet jy, God het nooit bedoel dat jy soos enige ander persoon moet wees nie. Tog wil ons almal nog steeds onsself met ander vergelyk.

     

    Ek hou daarvan om mense te sien soos God hulle gemaak het terwyl hulle dít doen, waarvoor God hulle gemaak het. Jesus wil nie hê dat ons net genoeg kry om te drink nie, maar Hy wil ons oorvloedig seën.

     

    In Johannes 7: 37,38 staan: ... “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!...Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

     

    Ons word al te dikwels afgeskrik deur die feit dat óns oorloop so dikwels anders is, as die volgende persoon s’n.

     

    Ek wil jou vandag vertel van hoe God mense gebruik het. Toe die lewens van sy mense in gevaar was, het Hy deur Ester en haar oom Mordegai ingegryp. Ons sien in:

    Ester 10:3 Die Jood Mordegai was tweede in bevel onder koning Ahasveros. Hy was hoog in aansien by die Jode en gewild by al sy volksgenote. Hy het hom vir die welvaart van sy mense beywer en die veiligheid van al hulle nakomelinge verseker.

     

    Ester en Mordegai het baie van mekaar verskil... en God het hulle geroep om verskillende, maar tog ewe belangrike rolle te speel om sy volk te red.

     

    As ons onsself met ander mense vergelyk – “O, dít sou ek nooit kon doen nie!” - die antwoord is: “Ag, natuurlik kon jy nie! Dit is miskien nie waarvoor God jou toegerus het nie.”

     

    Of jy nou Ester of Mordegai of Fred of Maria is, moenie jouself misgis nie, God het jou gemaak met 'n baie spesiale doel in gedagte. Hy het talente en vermoëns aan jou toevertrou, en as jy jou spesiale gawe gebruik, staan ons ander in verwondering. 

     

    Wees wie God jou gemaak het. Doen dit waarvoor God jou geskep het.

     

    Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Dors, Dors, Altyd Dors

    Send us a text

    Johannes 7:37,38 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ” 

    Het jy al opgelet hoe dit lyk asof al jou damme op dieselfde tyd droog loop? Dit is nie ‘n mooi gesig om te sien nie en op daardie droë, uitgedorde plek smag ons na ‘n teug koel water.  

     

    Toe ek jare gelede opgelei is as leëroffisier, het ons vir weke aaneen geoefen en met 'n denkbeeldige vyand geveg om die oorlogskuns te bemeester.

     

    Destyds was die leër besig met, wat hulle 'waterrantsoenering' genoem het. Twee waterbottels, per man, per dag. En dit was om te skeer, te was, tande te borsel, te kook en te drink. Jy kan self dink dat twee bottels, in daardie moordende warm somers, met al die swaar oefening, nooit, ooit genoeg was nie.

     

    Ons moes dikwels teen 'n steil heuwel oefen (natuurlik met jou  swaar pak op jou rug) of 'n diep loopgraaf in ‘n verdedigende posisie grawe; en al waaraan ek kon dink, was om 'n hele waterbottel leeg te drink.

     

    Natuurlik kon jy dit nie doen nie. Ek onthou ook hoe ek dikwels my oë toegemaak het en gedink het hoe dit sou voel om in 'n lekker koel rivier te gaan swem.

     

    As jy so dors is, wil jy regtig baie, baie water hê. Jy wil drink en drink totdat jy nie meer kan nie. En so voel jy ook in die loopgraaf van die lewe, as jy heeltemal leeg voel.

     

    In Johannes 7:37,38 lees ons: Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

     

    Het jy gehoor wat Jesus gesê het? Strome, 'n oorvloed lewende water. Onthou dit die volgende keer as jy dors word: Jesus hou nie van waterrantsoenering nie.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Geestelike Verstopping

    Send us a text

    Johannes 4:13,14 ... “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”

    Of ons dit wil erken of nie, maar op 'n stadium kom ons almal tot die slotsom - dat ons nie goed genoeg is vir God nie. Ek het so gedink en jare lank vir Hom probeer wegkruip, terwyl ek my lewe eers skoonmaak. Wat 'n dom ding was dit nie!

     

    Ek het onlangs na een van my gunsteling akteurs geluister waar hy vertel hoe hy die ongelooflikste pyn in sy maag ervaar het. Hulle het hom na 'n dokter gehaas, wat 'n obstruksie in sy derm gevind het. Sonder 'n noodoperasie sou hy gesterf het.

     

    Obstruksies in jou liggaam is byna altyd dodelik. In jou lugweë, in jou are of in jou ingewande. As hulle nie onmiddellik behandel word nie, kan hulle jou doodmaak. En geestelike verstoppings of obstruksies doen net dieselfde.

    Kyk, ek weet dat "sonde" nie juis 'n byderwetse woord is nie. Maar dis die woord wat God gebruik. Vir die verstopping wat gebeur as ons ons rug op Hom draai, gebruik ons hierdie klein woordjie van vyf letters. 'n Blokkasie wat tot ‘n ewige dood lei. 

     

    Maar dan gebruik God 'n ander Woord. Weer net vyf letters. Dit is die woord wat lewe gee. Die Woord wat die verstopping wegneem. Daardie Woord? Jesus. Ons lees in Johannes 4:13,14  hoe Jesus dit self gestel het:

    “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”

     

    Elkeen van ons het een of ander ‘sonde,’ een of ander ‘ding’ wat ons van God skei. En wat doen ons daaraan?  Ons probeer onsself regruk. Hm, maar op die lange duur werk dit nie.

     

    Wat wel werk, is om na Jesus te gaan, die lewende water te kry wat Jesus gee - Sy Gees, Sy Woord - om die verstopping uit te spoel, soos net Hy kan.

     

    Om harder daaraan te werk, is nie die antwoord nie. Jesus, is.

     

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Slagoffers Word die Oorwinnaars

    Send us a text

     | Johannes 14:30 Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie

    So nou en dan gebeur daar iets baie sleg met ons. Dit sal seermaak en ons sal treur, en dit is hoe dit hoort. Maar dan is die versoeking daar, om daardie verlies telkens weer te beleef. Sommige mense kom nooit daaroor nie.

     

    Ons sien dikwels hoe die geskiedenis homself herhaal. Een nasie oorwin 'n ander nasie. Een groep mense onderdruk 'n ander groep.

     

    Dit lyk half asof die menslike verhaal een van die oorwinnaar en die slagoffer is. Die wenner en die verloorder.

     

    Vandag, in my land, is nasionale ‘Australië dag’. In Indië vier hulle ‘Onafhanklikheidsdag’. Dit lyk asof elke land een dag het, waarop hy die een of ander episode uit sy geskiedenis herdenk. En byna sonder uitsondering het daardie dag iets met wen en verloor te doen.

     

    En dit gebeur nie net op geo-politiese skaal nie. Dit gebeur net so kragtig, net so seer, op 'n diep persoonlike vlak.

     

    Daar is ongelukkig soveel mense vandag wat hul smart vertroetel - ek hoop nie dat jy omgee dat ek dit so kras stel nie, maar hulle verkneukel hulself in hul smart, sodat dít wat hulle verloor het, definieer wie hulle is, hoe hulle voel en hoe hul toekoms gaan wees.

     

    Net voordat Hy gekruisig is, het Jesus met sy dissipels gepraat. Ons lees in:

     

    Johannes 14:30 Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie,

     

    Hy was op die punt om wreed aan 'n kruis vasgespyker te word; om onbeskryflik te ly. Maar Hy het geweier om die rol van ‘n  slagoffer te speel. Hy het geweier om homself jammer te kry. Hy het geweier dat mense aan Hom, as ‘n 'verloorder' aan die kruis, sou dink en Hom as sulks definieer.

    Jy en ek sal in hierdie wêreld verlies ly; dit is baie seker. Moet nie toelaat dat die verlies jou definieer nie. Moenie jou in jou smart verkneukel nie. Weier om dit te doen.

     

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Dam loop Droog

    Send us a text

    Johannes 7:37,38 ...“As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.”

    Ons hou onsself soms dapper, selfs as dinge aan die binnekant, waar net ons weet hoe ons voel, nie gaan soos dit moet nie. Ons gaan vandag diep onder die oppervlak delf, want ek glo met my hele hart dat God vandag iets vir jou wil sê.

     

    Ek weet nie hoe dikwels dit met jou gebeur nie, maar soms voel ‘n mens so moedeloos en moeg; asof jy niks krag oor het nie, geen energie het nie en geen reserwes het om op te steun nie.

     

    Ons was al almal daar. Wat ons ook al in die lewe doen, of dit nou by die huis is, of by die werk, ons gee en ons gee en ons gee ... en bietjie vir bietjie dreineer dit al ons krag. 

     

    Al hierdie gee en gee, laat ons so ‘n emosionele en geestelike moegheid en leegheid ervaar, dat selfs 'n vakansie nie ons batterye herlaai nie. 'n Gevoel van, “Ek is nie seker dat ek  enige iets meer het, om te gee nie," en dit, terwyl die wêreld om jou, die mense om jou, meer en meer eis.

     

    Jy is 'n werkende moeder met moeilike tieners; of 'n pa wat homself as die "broodwinner" sien, wat homself dag na dag by sy werk afsloof. En jy is net moeg. Jy het genoeg gehad.

     

    Jy word wakker en die dam het pas droog geloop. Daar is net niks meer oor om te gee nie. En tog, glo dit of nie, God verstaan. Hy verstaan, en Hy het die oplossing vir jou. Jesus het dit so gestel:

     

    in Johannes 7:37,38 ...“As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

     

    Die antwoord is nie om jouself as ‘n swakkeling te sien nie. Die oplossing lê nie daarin om nog harder te werk en jou dam te laat leegloop nie. Die antwoord is Jesus.

     

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Breinvreters

    Send us a text

    Jesaja 55:1-3 Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid.

    In die wêreld van vermaak bestaan daar deesdae ‘n magdom opsies. En tog is nie alles wat voorgehou word as vermaak, goed vir ons nie. Sommige daarvan is eintlik giftig en het uiteindelik nare gevolge.

     

    Ek weet nie van jou nie, maar ongeveer vier- of vyfuur in die middag kry ek, wat in ons kontrei, 'die munchies' genoem word.  Jy ken daardie knibbelrige gevoel. Middagete voel asof dit eeue gelede was en aandete, voel 'n eeu ver. Wat is in die yskas? Wat is in die spens?

     

    En vir iemand soos ek, wat sy gewig moet dophou, is dit so ‘n uitdaging om nie na 'n pakkie skyfies - vol sout en koolhidrate, of sjokolade, vol suiker, of iets anders wat ook nie goed vir my is nie, te gryp. En as jy dit dag na dag doen, weet jy daar sal gevolge wees.

     

    Dieselfde ding gebeur met die televisie. Jy is verveeld, en kyk maar net wat op die kassie is. Jy hop deur die kanale met die afstandsbeheer en stop by enige iets wat jou aandag trek. En as jy dit dag na dag doen, sal daar gevolge wees. Daar moet 'n beter oplossing wees. Daar is. Ons lees in:

     

    Jesaja 55:1-3 Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid.

     

    Daar moet 'n beter oplossing wees. Daar is!

     

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • So baie Vullis

    Send us a text

    Jeremia 17:9 Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?

    Die probleem met siekte is dat ons soms sleg voel. Dit bekruip ons baie stadig, totdat ons eendag weet daar’s iets verkeerd, maar ons kan net nie ons vinger daarop lê nie.

     

    Ek het onlangs gekyk hoe bouers 'n kleinerige sloot grawe. Dit was net ‘n 46 cm diep, 2 en ‘n half meter lank en omtrent ‘n meter breed ... glad nie baie groot nie. Maar elkeen wat al ooit 'n sloot gegrawe het, sal weet dat die mates jou maklik kan mislei.

     

    En weet jy, die hoop grond en vuilgoed wat uit hierdie 'klein' slootjie gekom het, was groot. Dit het gelyk asof die hoop genoeg was vir drie slote.

     

    Dit lyk aanvanklik na min om uit te grawe, omdat dit so styf gekompakteer is. Eers wanneer jy dit uitgrawe, besef jy hoeveel daar regtig is.

     

    Ek dink dit is soos die gemors wat ons in ons harte wegsteek; die slegte gesindhede, die selfsug, die trots. Ons bluf onsself, “Ag nee wat. Dit is nie 'n groot probleem nie. Regtig nie.”

     

    En wanneer ons Jesus binnelaat om dit uit te grawe, besef ons hoeveel dit ons van ware lewe beroof het.

     

    Jeremia 17:9 lees: Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?

     

    Dit is snaaks hoeveel boosheid binne-in ons weggesteek kan wees, sonder dat ons dit ooit besef. Terwyl ek en jy dikwels blind is vir ons eie sonde, moet ons sukkel met hierdie siekte van die hart, waarvan God hier deur die profeet Jeremia praat. Maar weet jy dat God die Meester uitgrawer is! Wees net gereed wanneer jy Hom toelaat! Hy sal genesing vir jou siel bring.

     

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Doodmoeg

    Send us a text

    Matteus 11:28 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

    Kan ek jou op 'n skaal van nul tot 10 vra, hoe moeg is jy? Is jy moeg van alles wat dag na dag om jou aangaan? En hoeveel daarvan word veroorsaak deur jou eie besige program; die uitmergelende tempo waarteen jy jou lewe lei? Hm?

     

    Ek was nou die dag op 'n Christelike leierskonferensie, en een van die deelnemers het tydens die oggend pouse gespog dat hy gedurende die afgelope tien jaar nie ‘n ordentlike vakansie gehad het nie. My aarde, is hy dan nou simpel ?

     

    En tog lyk dit of so baie mense hulself deesdae gedaan werk. Ons spog met ons bedrywigheid asof dit vir ons eer en aansien gee en dan wonder ons waarom ons so uitgeput is.

     

    As 'n gerehabiliteerde werk-verslaafde van jare gelede, praat ek uit ondervinding. Maar nou-ja, as ek eerlik moet wees, het ek steeds meer as genoeg op my taaklys om my 24/7 aan die gang te hou. Die e-posse stroom vinniger in as wat ek hulle kan hanteer. Maar weet jy, daar kom 'n tyd dat jy moet sê, genoeg is genoeg.

     

    Ek is nog altyd 'n vroeë-oggend-mens. Die dag toe ek hierdie oordenking voorberei het, was ek om 01:45 op. Vroeg in die oggend spandeer ek tyd saam met die Here. Dit is wanneer ek my beste werk lewer.  Om so vroeg te werk, is glad nie ongewoon vir my nie.

     

    Maar ek moes ook iewers 'n streep trek. Smiddae is my rustyd. En ek skakel my selfoon af as my vrou by die huis kom. En ek gaan nie snags meer my e-pos na nie. Dit is maar net hoe dit is. Partykeer moet mense dae en selfs weke wag vir ‘n antwoord. 

     

    Ons lees in: Matteus 11:28 wat  Jesus gesê het: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

     

    Dit is 'n wonderlike uitnodiging. Maar ons moet besluit hoe ons dit gehoorsaam. Dit hang van ons af om 'n besluit te neem - om die streep te trek en te sê, genoeg is genoeg.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

952 Listeners