God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Sien af van die Formule

    Send us a text

    Jeremia 33:3 Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.

    Kan ek jou vandag vra, hoe bid jy? Wat is jou benadering? Waaraan dink jy as jy bid?  Mense, selfs Christene, praat baie oor gebed, maar hulle vertel ons nie hoe ons moet bid nie.

    Die woord "gebed" laat party mense dink aan rituele of formules. Jy weet mos; jy moet op 'n sekere plek wees, die regte klere aanhê en die regte woorde op die regte manier bid. En as jy dít regkry, sal God jou nie straf nie en kan jy selfs kry waarvoor jy ook al vra.

    Dis waarmee ek grootgeword het. Maar toe eendag sit ek en dink: "As dit is hoe gebed werk, wie het dit dan nodig?" Met die gevolg dat ek toe vir twintig jaar nooit gebid het nie. Dit is 'n lang tyd om in die woestyn deur te bring.

    In my laat dertigerjare, toe al my hoop en drome in skerwe gelê het, het ek uit pure desperaatheid weer begin bid.

    Nie met formules nie, o nee, ek het net my hart by God uitgestort. En tot my absolute verbasing het God my begin antwoord. Sy antwoorde was nie wat ek altyd verwag het nie. Ek het gehoop dat Hy 'n towerstaf sou waai en al my probleme sou oplos. Maar Hy het iets heel anders in gedagte gehad.

    In Jeremia 33:3 staan: Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.

    Ek het toe tot God geroep, Hy het my wel geantwoord ... maar sy antwoorde was sy wysheid en die aanmoediging wat ek nodig gehad het om deur die moeilike tye te kom, nie 'n towerstaf om die probleme in 'n oogwink te laat verdwyn nie.

    Gebed. Dit is nie 'n formule nie. Word eerlik. Roep tot God en Hy sal jou antwoord.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Kommunikasie Gaping

    Send us a text

    2 Kronieke 15:2 Hy (Asarja) het Asa tegemoet gegaan en vir hom gesê: “Luister na my, Asa en alle manne van Juda en Benjamin: As julle by die Here is, sal Hy by julle wees; as julle na Hom vra, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

    Sê my, op 'n skaal van 0 tot 10, hoe naby voel jy op hierdie oomblik aan God? Nul is 'n baie ver weg ... en tien is 'n hegte, intieme en opregte verhouding met Jesus. Komaan, wat sê jy - hoe naby voel jy op hierdie oomblik aan God?

    Het jy opgelet dat soos die tegnologie ontwikkel, ons met soveel meer mense kommunikeer as ooit tevore? Eers was dit die posdiens - onthou jy nog briewe? Toe kom telefone, fakse, e-pos en slimfone. Deesdae is sosiale media net die ding - Facebook, Instagram, YouTube en 'n hele spul ander. Wie weet wat kom volgende?

    Maar jy stem seker saam, dat met al hierdie moderne hulpmiddels wat ons nou het, ons net besiger en besiger raak. Al hierdie opsies veroorsaak dat ons ons lewens oorlaai met allerhande goed.

    En die hartseer paradoks van dit alles is, dat hoe meer die tegnologie ontwikkel, hoe meer oppervlakkig raak ons kommunikasie ​​met ander mense. Onthou jy die gesprekke rondom die kampvuur toe jy nog ‘n kind was? Toe ons vir ure net kon sit en gesels?

    Maar dink daaraan - as dit is hoe ons menseverhoudinge vervlak het, is dit ook waar van ons verhouding met God? Op die een of ander manier het ons net weggedryf. Kom ons kyk wat Asarja vir die koning gesê het in:   

    2 Kronieke 15:2 Hy het Asa tegemoet gegaan en vir hom gesê: “Luister na my, Asa en alle manne van Juda en Benjamin: As julle by die Here is, sal Hy by julle wees; as julle na Hom vra, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

    Luister ‘n bietjie hier -  as dit voel asof God myle ver is, moet jy tyd maak om by Hom te wees, want Hy is by jou, as jy by Hom is ... Maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou verlaat.

    Maar moenie moedeloos wees as jy weggedryf het nie, want as jy na Hom soek, sal jy Hom vind.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • By die Lughawe

    Send us a text

    2 Korintiërs 5:15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.

    Het jy werklik in jou hart die feit aanvaar dat Jesus vir jou gesterf het?

    Het jy dit waarlik al in jou hart as die waarheid aanvaar, dat Jesus vir jou gesterf en uit die dood opgestaan ​​het? Het daardie waarheid al tot jou deurgedring, tot by die kern van jou wese?

    Ek het nou die dag op een van die besigste lughawens ter wêreld gesit en kyk hoe mense voortstorm. Groot, klein, jonk, oud, swart, wit en elke skakering tussenin. Alle vorms en groottes en ouderdomme en agtergronde en oortuigings; dit lyk asof die hele spektrum van die mensdom by my verbybeweeg.

    Terwyl ek daar sit, beleef ek net hoe Jesus iets in my hart fluister: Ek het gesterf vir elkeen van hulle. Gaan vertel hulle. Ek het gesterf vir elkeen van hulle.

    Ek wonder soms of dit nie vir ons makliker is om te glo dat Jesus vir iemand anders gesterf het nie; iemand wat baie beter as ons is nie. Miskien iemand wat dit baie meer as ons verdien of iemand anders met meer kennis, wat die regte dinge glo en die regte dinge doen en die regte dinge sê?

    Maar ekke? Nee, nooit, ek kan nooit aanvaar dat Hy vir my gesterf het nie. Ek kan nooit aanvaar dat Hy in my belangstel nie. Nee, ek kan nie dink dat Hy die res van die ewigheid... saam met my wil deurbring nie!

    Maar in 2 Korintiërs 5:15 lees ons: En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.

    Jesus het vir almal gesterf; vir elkeen van ons. Elkeen! Vir al die mense in daardie lughawe, vir my en vir jou.

    Hy het vir ons gesterf en is uit die dood opgewek, sodat ons 'n nuwe lewe kan lei; sodat ons ons lewens vir Hom sal leef.

    Word wakker. Hy het gesterf en opgestaan ​​... vir jou!

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Van Skatryk tot Brandarm

    Send us a text

    Prediker 5:9 Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie. Ook hier kom dit tot niks.

    As iemand jou ‘n onbeperkte bedrag geld aanbied, hoeveel sou vir jou genoeg wees?

    Dink vir ‘n oomblik aan ‘n situasie waar iemand vir jou 'n onbeperkte hoeveelheid geld sou aanbied. Hulle vra jou: "Hoeveel wil jy hê moet ek vir jou gee?" Wat sou jy antwoord? Hoeveel sou jy vra?

    Dit sal so lekker wees om baie geld te hê, sal dit nie? 'n Porsche of twee wat in die oprit staan, 'n luukse huis, 'n paar bediendes om dit aan die kant te hou, jou maaltye voor te berei en daardie motors te was. . . Wie het nie daarvan gedroom om daardie soort lewe te leef nie?

    En tog, hoe meer mense besit, hoe meer wil hulle hê. Ons weet almal van hoë profiel besigheids- of politieke leiers wat weens hul hebsug selfs tronk toe is.

    Daar is een spesifieke man aan wie ek kan dink - hy was baie welaf en ongelooflik gewild - en tog het hy in die tronk beland omdat hy met net 'n paar honderdduisend dollar bedrog gepleeg het. Dit sê vir my dat dit nie die geld self is, wat die probleem is nie. Dit is wanneer ons begeerte daarna so erg, soos dié van ‘n verslawende dwelmmiddel word, dat dit ons lewens verwoes.

    En dit is nie slegs van toepassing op die ryk elite nie, maar ook op mense op ons vlak.

    Dit is so ongelooflik hartseer om te sien hoe mense van geld 'n afgod maak. 

    Hier in Prediker 5:9 is die slotsom: Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie. Ook hier kom dit tot niks.

    Soos CS Lewis in sy boek "The Screwtape Letters" skryf, is die plan van die duiwel om jou te versoek, om jou lewe te verwoes, eenvoudig:

     An ever increasing craving for an ever diminishing pleasure is the formula. 

    Moenie toelaat dat die begeerte na geld jou vernietig nie.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Van Hier tot by die Son

    Send us a text

    Jesaja 53:5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom

    Vraag: Kan Jesus, die skrynwerker van Nasaret, nog steeds vandag in jou lewe relevant wees?

    Hoe kan 'n skrynwerker, wat tweeduisend jaar gelede in Nasaret gebore is, in die 21ste eeu in my en jou lewe relevant wees? Hoe kan dit moontlik wees?

    Stel jou voor dat jy 'n groot stuk papier het. 'n Baie groot stuk papier. Jy vou dit in die helfte. Vou dit dan weer in die helfte. Herhaal dit vyftig keer. (Toemaar, ontspan – ongeag hoe groot jou papier ook al is, jy sal sukkel om dit meer as sewe keer in die helfte te vou!)

    Verdra my maar. . . Stel jou voor dat jy die papier weer en weer- vyftig keer - in die helfte kon vou. Goed, hier’s my vraag: Hoe dik is daardie stuk papier nou? So dik soos 'n telefoongids? So hoog soos 'n yskas miskien? Of miskien, as jou stoutste verwagtinge oortref word, tot teen die plafon?

    Eish! Nee! As jy dit vyftig keer halveer, sou dit van die aarde tot die son strek. Ek het dit in 'n boek gelees en toe die wiskunde gedoen. Dit is waar. En as jy dit net nog een keer kon vou - 'n een-en-vyftigste keer - sou dit van die aarde af na die son en weer terug wees.

    Dit is juis waaroor dit gaan - klein dingetjies kan 'n ontsaglike groot impak hê. Neem 'n timmerman van Nasaret wat tweeduisend jaar gelede gebore is. En wat daarvan?

    Nou-ja, tweeduisend jaar later het Hy miljarde lewens aangeraak, en Hy is nog steeds besig om lewens te verander. Tweeduisend jaar later genees Hy nog steeds die gebrokenes van hart. En tweeduisend jaar later bewys Hy steeds liefde, red Hy steeds en fluister Hy nog steeds: Ek het spesiaal vir jou gekom. Kyk wat staan in:

    Jesaja 53:5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom

    Klein dingetjies kan 'n ongelooflike impak hê. Sy naam is Jesus.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Net Soos Ek en Jy

    Send us a text

    Matteus 9:10,11 Jesus het by hom in sy huis gaan eet, en baie tollenaars en sondaars het saam met Jesus en sy dissipels kom eet. Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?”

    God is baie besig, kan Hy regtig in jou en die dinge in jou lewe belangstel? 

    Kan jy jouself indink hoe besig God vandag moet wees? Seker nie regtig nie! Maar dink jy daar bestaan dalk 'n moontlikheid, selfs die skraalste moontlikheid, dat Hy vandag in dit, wat in jou lewe aangaan, belangstel? Hoe dink jy?

    Kyk na hierdie verstommende statistieke: die gesamentlike jaarlikse inkomste van die vyftig top maatskappye in die wêreld is groter as die gesamentlike bruto binnelandse produk van die vyftig armste lande waar, terloops, meer as die helfte van die wêreld se bevolking woon. Sjoe!

    Dit is vir my verbysterend hoe groot maatskappye kan aanhou groei. Universele handelsname wat ons almal ken: Amazon, Apple, Facebook, Google, Coca Cola, McDonalds, Nike. Maar maak nie saak hoe groot hulle is nie, hoeveel miljarde hulle omset is nie, hoeveel wins hulle aan hul aandeelhouers lewer nie ... elkeen van hulle bestaan ​​uit individue soos ek en jy. Dit wil sê miljoene gewone, alledaagse mense net soos ek en jy, wat daagliks by die werk opdaag.

    En wanneer ons hoor van ‘n natuurramp of ‘n oorlogsramp in een van die armer lande, waar ontelbare mense dakloos gelaat is, ontelbare mense ly en sterf, is hulle nie statistieke nie; nee, hulle is mense, gesinne, ouers en kinders ... net soos ek en jy.

    Hierdie wêreld, as jy mooi daaraan dink; bestaan ​​uit etlike miljarde onbelangrike, gewone mensies met klein verhaaltjies - sommiges gelukkig, ander hartseer, ander werklik tragies.

    Miskien is dit hoekom Jesus by hierdie mensies gekuier het; die vissers, die tollenaars, die melaatses, die bedelaars, die prostitute. Ons lees in:

    Matteus 9:10,11 Jesus het by hom in sy huis gaan eet, en baie tollenaars en sondaars het saam met Jesus en sy dissipels kom eet. Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?”

    Hoekom? Omdat Hy die gewone mense kom red het. Mense net soos ek en jy.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Daardie één Ding

    Send us a text

    Romeine 15:13 Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

    Wat is die een ding, wat jy regtig op hierdie oomblik begeer?

    Dit lyk asof ons almal tog op die een of ander manier gemaak is om na plesier, bevrediging, vreugde, vrede of geluk of wat jy dit ook al wil noem, te smag ... Ongelukkig is die probleem, dat die meeste van ons op al die verkeerde plekke daarvoor gaan soek.

    Hier’s 'n vraag: wat is die één ding in jou lewe wat ontbreek? Ek bedoel, as jy net een ding moet noem wat jy regtig graag wil hê, wat sou dit wees?

    ‘n Verhouding? Ek wil graag getroud wees ... Ek wens ek het 'n beter huwelik gehad ... Ek wens ek kon met my twee tieners klaarkom.

    'n Beter werk of 'n beter baas miskien? Net nog 'n paar duisend Rand per jaar vir ‘n paar van die luukshede van die lewe? 'n Lekker vakansie? Wat sal dit wees?

    Ons het almal daardie een versugting. As ek maar net dit kon hê. . . .

    Maar diep in ons harte weet ek en jy albei dat as ons daardie ding sou kry, daar net nog 'n ander ou dingetjie op die lysie sal wees, nie waar nie? En nog een, en nog een ...

    Dit lyk asof “daardie één ding,” wat dit ook al in jou lewe is, nooit die vermoë sal hê, om jou totaal te bevredig nie. Want diep binne-in ons harte het God 'n versugting geplaas - of ons dit nou besef of nie, of ons bereid is om dit te erken of nie - na iets veel groter.

    Die apostel Paulus sê vir sy vriende in Rome in:

    Romeine 15:13 Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

    Dit klink vir my asof Paulus net die regte dinge vir daardie Romeinse Christene gebid het. Vreugde, vrede en hoop in die krag van die Heilige Gees.

    Daardie “één ding” ... dit sal jou nooit tevrede stel nie. Net God kan.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wat is God se Plan?

    Send us a text

    Levitikus 26:11,12 Ek sal by julle woon en nie 'n afsku van julle hê nie. Ek sal by julle bly en julle God wees, en julle sal my volk wees.

    Openbaring 21:3 Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God.

    Ek weet nie of jy ook so voel nie, maar soms voel dit asof die lewe net doelloos voortwoed... totdat jy wakkerskrik en begin wonder waarheen is alles op pad? Wat is die doel van die lewe?

    Het jy al ooit gewonder of God inderdaad God is, of Hy die hele heelal geskep het en ons daarin geplaas het? Het jy jouself al afgevra presies waarom Hy dit gedoen het? Wat was die doel daarvan?

    Aan die begin van die Bybel, maak Hy 'n belofte aan sy mense en sê Hy in:

    Levitikus 26:11,12 Ek sal by julle woon en nie 'n afsku van julle hê nie. Ek sal by julle bly en julle God wees, en julle sal my volk wees.

    Dit is nogal ‘n groot belofte. In daardie dae het die sogenaamde gode, wat al die ander nasies aanbid het, in tempels gewoon. Jy moes na hulle toe gaan. Maar hier belowe God dat Hy by sy mense sal wees, dat Hy ‘n hegte verhouding met hulle sal hê. Dit is sy belofte.

    En weet jy, aan die einde van die Bybel in die tweede laaste hoofstuk van die boek Openbaring, kry ons 'n blik op wat vir elkeen wat in Jesus glo, wag. Ons lees in:

    Openbaring 21:3 Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God.

    En wat van alles tussenin; die geskiedenis en ons eie lewens? Hulle is deel van die wonderlike reis wat strek vanaf God se belofte, tot die vervulling daarvan. Wat 'n kragtige belofte. Wat 'n ongelooflike einde.

    Ek sal jou God wees, en jy, jy sal my volk wees.

    Dit is God se plan! Dit is die doel van alles.

    En dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Geld is nie Alles Nie!

    Send us a text

    Psalm 62:6,7 en 11 Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan.

    Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie. As jou rykdom toeneem, moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie.

    Geld, rykdom, weelde… dit is verleidelik nie waar nie? As ons eerlik wil wees, wil ons almal meer hê. Sommige mense doen verskriklike dinge om meer te kry. Maar meer, nou-ja, meer is nie noodwendig 'n goeie ding nie. In werklikheid is daar iets baie beter.

    Afhangend van waar jy woon, is welvaart miskien normaal. Of miskien leef jy op 'n plek waar armoede die norm is.

    Ek verwonder my gereeld aan die feit dat soveel mense regoor die wêreld, elke dag, hierdie VARS boodskap ontvang. Van Algerië tot Zimbabwe, van Bolivia tot Oesbekistan, van ryk tot arm, swart tot wit, diegene wat in veiligheid leef en diegene wat in gevaar verkeer.

    Wat sê ek nou eintlik oor geld en oor materiële besittings? Hoe kan ons dan almal rondom God se Woord bymekaarkom en dwarsoor daardie spektrum besin oor wat Hy sê van rykdom?

    Nou-ja, gelukkig word God se wysheid nie beperk deur ons situasies nie.

    Psalm 62:11 Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie. 

    Sommige mense is bereid om slegte dinge te doen om meer geld te kry - afpersing en roof, en dan is daar nog talle ander onnoembare dinge. Jy weet, ons is almal in die versoeking om op die verkeerde manier meer geld te kry.

    Moenie dit doen nie. Moet tog net nie. En as daar meer rykdom op jou pad kom, moet jy nie toelaat dat dit jou hart verander nie. Ek het al gesien hoe mense, wat alles het wat hul harte kan begeer; mense wat gelukkig moet wees; wat veilig moet wees; ellendige lewens leef. Dit is wat gebeur as ons op rykdom fokus.

    Dit maak nie saak of jy nou ryk of arm is nie; wat is die regte benadering tot rykdom? Kom ons kyk in:

    Psalm 62:6,7 Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan.

    Dis waar… in watter omstandighede jy jou ook al bevind.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Aandagafleiers

    Send us a text

    Jesaja 44:6 So sê die Here, die Koning van Israel, sy Verlosser, die Here die Almagtige: Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie.

    Ek hoop nie jy gee om nie, maar ek is op die punt om 'n effens konfronterende vraag aan jou te stel. Is God op sy regmatige plek in jou lewe?  Is Hy Koning van die konings en Here van die here, of word Hy eenkant toe geskuif deur al die ander dinge wat jy moet doen? Hm?

    Het jy al opgelet hoeveel dinge daar in die lewe is wat jou aandag kan aftrek? Dinge soos e-posse, telefoonoproepe, sosiale media, inkopies, nuttelose programme op TV, kos,  kinders ensovoorts, ensovoorts.

    Ons dink miskien dat dit binnekort beter sal gaan, maar dit gaan nie, gaan dit? In werklikheid voel dit net of alles vinniger en vinniger word. Meer dinge. Gaan laai die kinders af. Neem die vuilgoedsakke uit.

    Nie een van hulle is verkeerd nie. Nie een van hulle is sleg nie. Dit is net dat hulle die belangrikste ding verdring. Ons word een dag wakker en dink - waaroor gaan dit? God? Nee wat. Daar is te veel om te doen. Ons lees in:

    Jesaja 44:6 So sê die Here, die Koning van Israel, sy Verlosser, die Here die Almagtige: Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie.

    Die boek Jesaja vertel die aaklige verhaal van die gevolge wat Israel getref het, toe hulle God eenkant toe gestoot het. Hulle is as ballinge weggevoer; hulle was slawe in Babilon ... totdat God hulle na sewentig jaar bevry het.

    Soveel mense wat hulself “Christene” noem, leef vandag met die gevolge, omdat hulle God eenkant toe gestoot het. Hulle leef in ballingskap as slawe van die dinge van hierdie wêreld.

    Hoe leef jy jou lewe? Is God op sy regmatige plek, of is jy net te besig met die dinge van hierdie wêreld?

    Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

952 Listeners