Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
1 Konings 19:11-13 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy 'n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?”
'n Vriend van my het my ‘n rukkie gelede vertel hoedat hy op ‘n boek waarvan hy heeltemal vergeet het, afkom het, terwyl hy besig was om ou bokse te sorteer. Die titel was “Hoe om jou geheue te verbeter.”
Die lewe is gekompliseerd, nie waar nie? Daar is so baie wat ons moet leer en moet weet ... en ons vergeet so maklik dinge wat ons alreeds geleer het. Die lewe is so besig en gejaagd en mal ... en miskien het God jou jare gelede al iets geleer. Was dit ‘n stuk wysheid, of miskien ‘n waarheid wat jou vry gemaak het? Maar op die een of ander manier het dit in die harwar van die lewe vergete geraak.
Ek glo dat God 'n hele paar dinge het, wat Hy vir jou wil sê; dinge wat Hy regtig wil hê jy moet hoor. Ons lees in:
1 Konings 19: 11-13 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy 'n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?”
Daar is sterk winde, aardbewings en brande in die lewe. So baie geraas. Soveel ontwrigting. Maar te midde hiervan, moet jy stil word om sy stil, sagte Stem te hoor.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 91:14 “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
Daar is, in die groot wye wêreld, genoeg uitdagende en selfs vreesaanjaende dinge, wat wil verhoed dat ons voluit lewe. Met die gevolg, dat baie mense hulself uit vrees, in veiligheid en gemak probeer toespin. Maar ons weet almal dat dit nie die manier is om jou lewe te lei nie. Dit is beslis ook nie hoe jy 'n verskil in hierdie wêreld gaan maak nie.
'n Paar jaar gelede was ek en my vrou, Jacqui, met vakansie na 'n idilliese, tropiese deel van die land. Dit was warm en sonnig en daar was palmbome en strande. Dit was ‘n fantastiese geleentheid om ‘n bietjie te ontspan.
Ek en Jacqui het een aand so teen skemer, net toe die son sak, langs die strand gaan stap. Ons het geweet dat daar in hierdie omgewing krokodille was, maar ek het hierdie nonchalante houding gehad van: “Ag, dis 'n toeriste strand. Daar sal tog kennisgewingborde wees om ‘n mens te waarsku as daar regtig krokodille is.”
Ons was tog ‘n bietjie senuweeagtig toe ons in die donker deur die struikagtige gedeelte na ons hotel toe terug moes stap. Die volgende dag het van die plaaslike inwoners ons vertel, dat daar gereeld teen sononder krokodille op die strand is. Ek dink nie ons sal dit sommer gou weer doen nie!
Nou ja, hoewel ons almal soms simpel dinge doen, wil ons nie die noodlot tart en dom flaters soos hierdie herhaal nie. Maar wees verseker: daar is elke dag 'n hele paar verborge krokodilletjies op die snelweë en afdraaipaadjies van die lewe.
En ons kan óf in vrees en bewing leef, óf ons kan met vrymoedigheid optree en God vertrou, wetende dat ons tog hier en daar ‘n glips sal maak.
Psalm 91:14 lees: “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.”
Moenie ‘n fout maak nie. Die Here beskerm jou, selfs wanneer jy dit nie besef nie.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 6:37 “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.
Ons, dis nou ek en jy, is so lief daarvoor om ons swak gedrag en ons slegte gesindhede teenoor ander mense te regverdig.
Jy verstaan mos. . . Maar God is nie een wat sulke goed in die doofpot stop en dit ignoreer nie. Glad nie.
Ek het in die verlede gewonder waarom vergifnis so 'n groot saak vir God is. Regtig? Die rede waarom Hy Jesus, die Seun van God, die Skepper van die hele heelal na hierdie aarde gestuur het, was om aan die kruis vasgespyker te word, om te betaal vir jou en my sonde en so aan die eise van God se geregtigheid te voldoen ... dit alles, sodat ons vergewe kan word.
Dit ís 'n groot saak. En tog, selfs vir die persone wat aan Jesus behoort, wat glo dat Hy gesterf het, sodat hulle vergewe kan word, dat Hy weer opgestaan het, sodat hulle die ewige lewe kan hê ... is daar drie dinge wat kan hulle beroof van Sy vergifnis.
En hier is hulle ... direk uit die mond van Jesus in:
Lukas 6:37 “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.
Ons weet almal dat daar altyd twee kante van 'n muntstuk is, kom ons draai hom om. As ons ander oordeel, dan sal God ons oordeel. As ons ander veroordeel, dan sal God ons veroordeel. En tensy ons ander vergewe, sal God ons ook nie vergewe nie. Laat dit net insink. Oordeel, veroordeling en onvergewensgesindheid kan ons beroof van die verlossing wat ons in Jesus Christus het.
God neem hierdie dinge baie ernstig op. So ernstig, dat Hy Jesus gestuur het om vir ons te sterf. Moet ons dit dan nie net so ernstig soos Hy opneem nie?
Die alternatief is nie iets wat jy wil oorweeg nie.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 25:34-40 Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee. Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’’
Baie mense het deesdae 'n beleggingsportefeulje waarin hul vir hulle aftrede belê. Wel gedaan. Maar hoeveel mense het 'n skekings-portefeulje wat in armes en behoeftiges belê? Hoeveel?
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie het twee miljard mense steeds nie toegang tot skoon drinkwater nie. Twee miljard!
Dit laat jou besef hoeveel dinge ons as vanselfsprekend aanvaar. Jy leef uiteindelik in jou eie kokon ... en aanvaar dat die vars skoon water wat jy in jou huis het, die norm is, maar in werklikheid is dit alles behalwe.
Jesus het hierdie gelykenis oor die oordeelsdag vertel in:
Matteus 25: 34-40 Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee. Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’’
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Petrus 1:3-5 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.
Die probleme van hierdie wêreld het 'n nare manier om ons hoop op die toekoms weg te vreet. Soos die probleme toeneem, lyk dit asof ons hoop verkrummel. Ongelukkig lyk dit ook asof ons hoop juis op dié tydstip, wanneer ons dit die nodigste het, verdwyn.
Het jy al gewonder of die hemel ooit vir jou ‘n werklikheid sal word? Dit is nie 'n onredelike vraag nie. En daar is 'n baie eenvoudige antwoord daarop. Hier is dit in:
1 Petrus 1:3-5 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.
Ek is dol daaroor - 'n nuwe lewe en 'n lewende hoop. Jy kry 'n splinternuwe begin, wanneer jy in Jesus glo. Dit is wat dit beteken om weer gebore te word. Die dinge van die verlede word agtergelaat en net soos 'n baba uit die baarmoeder na 'n hele nuwe wêreld gly, kry ons in Christus, wanneer ons wedergebore word, 'n lewende hoop. Dit is omdat Christus uit die dood opgewek is. Ons hoop in Hom is dus lewendig en nie dood nie.
Petrus skryf hier aan Christene wat so verskriklik, so aaklig, gemartel en vervolg word; vir wie dit sekerlik gelyk het asof daar geen hoop is nie. . . om hulle te bemoedig met die belofte van ‘n:
onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.
Dit maak nie saak wat hierdie wêreld na jou toe slinger nie, hoe sleg dit ook al gaan, niemand kan ooit jou erfenis in Christus van jou wegneem nie.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Titus 2:11,12 Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe,
Bevrediging, tevredenheid, dit is die dinge waarna ons almal smag. Daardie gevoel van vervulling. Daardie gevoel aan die einde van 'n lang, moeilike dag, dat dit die moeite werd was, al is jy moeg. Waarom hunker soveel mense altyd na meer?
Dit is te maklik om ons lewens voortdurend te leef en te wag vir die volgende groot ding om te gebeur. Ons is nooit tevrede in die hede nie. Ons verlang altyd na die volgende bevordering, die volgende salarisverhoging, die volgende ding.
Is dit ook hoe jy somtyds voel? Is daar iets waarna jy voortdurend smag, iets beter waarvoor jy hoop en verlang na?
Natuurlik praat die Bybel nogal baie oor hoop op die toekoms; 'n vaste, onfeilbare hoop in Christus. 'n Hoop wat nooit sal beskaam nie. Maar die Bybel praat ook baie oor die hede.
Titus 2: 11,12 sê: Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe,
Dit gaan oor die hede. God se genade is uitgestort. Dit is 'n afgehandelde transaksie. Die Bybel gaan nie net oor die toekoms nie, dit leer ons ook hoe om in die hede, vandag, te leef, en dat ons nie die slegte dinge wat ons vroeër gedoen het, moet doen nie.
God se genade stel ons in staat om ‘n vervulde lewe hier op aarde te leef. 'n Lewe van wysheid. 'n Lewe wat van ware toewyding aan God spreek.
Dit beteken nie dat jy nie hoop mag hê en na goeie dinge mag uitsien nie, maar laat die guns van God, wat alreeds in Christus joune is, jou lei in 'n lewe van wysheid en goedheid. So sal jy tevredenheid in die hede kan beleef.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Petrus 1:2 Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!
Ons het almal van tyd tot tyd 'n woord van bemoediging nodig. Dis ‘n feit. En nou wil ek graag iets sê om jou te bemoediging.
Ons voel soms asof daar ‘n swaar wolk oor ons lewens hang. Dinge gaan net nie soos hulle veronderstel is om te gaan nie. As God inderdaad God is, dan is dít die tyd dat Hy ons te hulp moet snel - juis wanneer ons onder daardie wolk verkeer.
Tweeduisend jaar gelede het die apostel Petrus briewe aan vervolgde Christene geskryf. Hierdie Christene is tydens Caesar se tuinpartytjies met teer bedek en as fakkels aan die brand gesteek. Glo vir my, dit het ‘n groot wolk veroorsaak. Hy open sy brief as volg:
1 Petrus 1:2 Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!
‘n Meer letterlike vertaling van die laaste deel kan so klink: "Mag die genade en die vrede in oorvloed joune wees." Stop net en dink 'n oomblik daaraan. Dit is so diep en betekenisvol. God praat deur Petrus se brief met hierdie mense. Hy reik uit na hulle waar hulle onder ‘n geweldige wolk verkeer. Hy herinner hulle daaraan dat hulle, lank gelede al as deel van God se groot en magtige raadsplan, bestem is om deur Hom gered te word.
En dan, onder daardie wolk, deur daardie beproewings en vervolging seën Hy hulle:
“Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!”
Ek bid dat hierdie kragtige seën jou sal bemoedig; watter wolk daar ook al van tyd tot tyd oor jou mag hang. Weet dit - God het 'n plan vir jou lewe – Hy bied jou sy genade en vrede in oorvloed.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 19:10 Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”
Ek het geglo dat ek nie goed genoeg vir God is nie, om die waarheid te sê, nooit goed genoeg vir God sal wees nie en dit het my vir twee dekades van Hom weggehou. Maar, my logika het nie rekening gehou met God se genade nie.
Sommige mense dwaal deur die lewe met 'n knaende gevoel dat hulle nooit goed genoeg sal wees nie. Hulle het nodig om die ongelooflike liefde van God deur Christus Jesus, sy Seun, te ervaar.
God?! Ag nee! Ek is nie goed genoeg nie.
In Lukas 19: 1-10 lees ons: Jesus het in Jerigo gekom en was op pad deur die stad. Daar was 'n man met die naam Saggeus, die hooftollenaar, 'n ryk man. Hy het geprobeer om Jesus te sien, maar weens die skare kon hy nie, omdat hy te kort was. Hy hardloop toe vooruit en klim in 'n wildevyeboom om Jesus te kan sien, want Hy sou daar verbygaan. Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.” Hy het toe gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang. Almal wat dit gesien het, het beswaar gemaak en gesê: “Hy gaan by 'n sondige man tuis!” Maar Saggeus het opgestaan en vir die Here gesê: “Here, ek gaan die helfte van my goed vir die armes gee, en waar ek iets van iemand afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.” Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is 'n kind van Abraham. Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”
As die wêreld vir jou vertel dat jy nie goed genoeg is nie, onthou, dan is jy presies dié persoon vir wie Jesus gekom het om te red.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 6:66 Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie.
Het jy al ooit iets in die Bybel gelees en gedink: “Wat? Hoe kan dit wees? Hoe kan God dit doen, of Jesus dit sê? Nee, nee, dit kan nie reg wees nie?” Wat nou? Die meeste mense kies die stukkies waarvan hulle hou en blaai vinnig verby die gedeeltes wat hulle ongemaklik laat voel.
As jy in die Bybel oor Jesus se lewe lees, is daar iets wat regtig uitstaan.
Groot skares het Hom oral waar Hy gegaan het, gevolg. Waarom sou hulle nie? Hy was 'n kragtige spreker en daarby het hy ongelooflike wonderwerke verrig. So het hele stede en dorpe tot stilstand gekom, soos die mense uitgegaan het, om Jesus te ontmoet en na Hom te luister.
En tog het hulle nie gehou van alles wat Hy gesê het nie. Kyk wat gebeur in:
Johannes 6:66 Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie.
En toe Hy gekruisig is, was Hy bykans alleen. Selfs van sy familie en vriende het, uit vrees vir hulle lewens Hom verlaat. Waar was die skare toe? Waar was al die mense?
Dwarsoor die wêreld is daar groot getalle mense wat beweer dat hulle Christene is, asof dít, soos 'n soort 'versekeringspolis', vir hulle toegang tot die ewigheid sal gee. Net vir ingeval. . .
Maar dieselfde mense kies die dinge wat God sê, waarvan hulle hou, sorgvuldig uit, en bou vir hulle ‘n eie, gerieflike geloof daarop. Baie mense wil God in 'n vorm giet wat vir hulle aanvaarbaar is en gemaklik by hulle eie leefstyl inpas.
Mense sê maklik dat hulle Christene is, totdat hulle sien wat in die Bybel staan, totdat hulle die God, die Jesus van die Bybel, ontmoet.
God het gesê: “Ek is wie ek is.” Hy verander vir niemand nie. Ons kan nie kies hoe Hy moet wees om ons te pas nie.
Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Ek is hier om jou te vertel dat die God van die Bybel, 'n God is wat jou ongelooflik baie wil seën... en Hy wil sien dat die seën uitkring na die lewens van baie ander.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Konings 2:9 Net toe hulle deur is, sê Elia vir Elisa: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen voordat ek van jou af weggevat word?” Elisa het geantwoord: “Mag daar tog 'n dubbele deel van u gees op my kom!”
Dit sou regtig lekker gewees het as die lewenspad sonder hobbels was, maar ons weet almal, dis nie hoe dit werk nie. Daar sal tye wees wanneer ons onder druk verkeer; maar wat laat ons dink dat ons nie dan die Here om sy hulp behoort te vra nie?
Jare gelede het ek nie in my wildste drome gedink dat God ooit iets prakties, soos om my byvoorbeeld te help as ek hulp nodig het, vir my sal doen nie.
Deesdae lei ek 'n taamlik besige lewe, ek reis baie, ek skryf en vervaardig radio- en televisieprogramme. En hoe hard ek ook al probeer om balans in my lewe te hê, is dit soms nie moontlik nie.
Ek dink nou spesifiek aan een aand verlede week. Ek het eers middernag in die bed gekom, omdat ek die aand as spreker by 'n geleentheid moes optree. Wat die saak nog vererger het, was dat ek die volgende oggend voor vyfuur weer moes vertrek om 'n vliegtuig te haal.
Toe ek my kop op die kussing neersit, het ek gebid: “Here, U weet dat ek vanaand net 'n paar uur se slaap gaan kry. En U weet hoe vlymskerp ek môre moet wees. Here, vanaand het ek 'n dubbele porsie hulp nodig. En môre het ek ook 'n dubbele porsie van u Gees nodig."
En weet jy, 'n paar minute voordat die wekker die volgende oggend sou afgaan, was ek al wakker, uitgerus en vol energie. Miskien dink jy ek is mal. Maar dit is God. Dit is wat Hy vir my doen as ek Hom vra.
In 2 Konings 2:9 staan: Net toe hulle deur (die rivier) is, sê Elia vir Elisa: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen voordat ek van jou af weggevat word?” Elisa het geantwoord: “Mag daar tog 'n dubbele deel van u gees op my kom!”
Ek weet ons moet probeer om 'n gebalanseerde lewe te lei. Maar nou en dan sal jy 'n dubbele porsie hulp nodig hê. Moenie bang wees om te vra nie.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

952 Listeners