God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Wat kies jy? Hemel of Hel?

    Send us a text

    Matteus 7:21-23 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”

    Ek het ‘n rukkie gelede in die kerk gevra dat die mense ‘n hand moet opsteek as hulle saamstem met een van die volgende drie stellings oor hulle geloof: dat ons slegs deur geloof gered word, of dat ons gered word deur ons dade, of deur 'n kombinasie van geloof en werke. En jy, wat glo jy?

    Ek is nie iemand wat sommer bang word nie. Maar hierdie een ding maak my bang - dat kerke vol mense is, wat in Jesus glo en tog hel toe gaan.

    Sjoe, dit is 'n verregaande ding om te sê, is dit nie? Dit staan lynreg teenoor wat die meeste Christene glo, naamlik dat ons gered word deur God se genade, deur ons geloof in Jesus Christus. Hoe kan dit dan wees dat iemand wat getuig van geloof in Jesus, hel toe kan gaan?

    Wag nou,  voordat jy vir my kwaad word, laat ons kyk wat Jesus hieroor sê in:

    Matteus 7:21 Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. 

    Eina! Eina! Ek het al gehoor dat mense dit op allerhande verskillende maniere probeer verklaar ... maar ek het in die Bybelkollege geleer dat jy moet lees wat daar staan! Dis altyd die betroubaarste manier om te verstaan ​​wat God probeer sê. En as ons hierdie verse lees, is dit absoluut voor die hand liggend. Om die waarheid te sê, as jy die volgende paar verse lees, word dit nog pynliker.

     Matteus 7:22-23 Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”

    Dit is baie duidelik, is dit nie? Leef 'n lewe wat God eer.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Kry die Kloutjie by die Oor

    Send us a text

    1 Samuel 2:30 . . . want die een wat My eer, sal Ek eer, en die een wat My minag, sal Ek minag.

    Ons wonder dikwels hoekom sekere dinge in ons lewe nie goed uitwerk nie ... dit verwar ons, nie waar nie? Maar selde, indien ooit, bring ons ​​dit in verband met ons opstandigheid teenoor God en ons ongehoorsaamheid aan die eenkant, en die verknorsing waarin ons sit, aan die anderkant.

    Dit is snaaks hoe sekere dinge wat die Christene glo, so ongelooflik outyds klink. Een voorbeeld is dat voorhuwelikse seks verkeerd is. Is jy ernstig? In vandag se dae?

    Toe ek en my vrou Jacqui ontmoet het, was ons in ons laat dertigerjare. En net so tussen ons gesê, sy is asemrowend aantreklik! Dit sou dus die maklikste ding in die wêreld gewees het om net saam te woon. Dit is wat baie mense deesdae doen. In die tussentyd het ons drie maande voor ons troue ‘n huis gekoop maar ons kon nie bekostig om die verband daarop, sowel as die huur op my ou woonstel te betaal nie. Wat ‘n penarie.

    Nou ja, Jacqui sou in die nuwe huis intrek en ek het vir die mense by die kerk gevra vir hulp. En kan jy glo: ‘n afgetrede egpaar, Ken en Jean, het maande gelede al hul kaartjies bespreek vir 'n toer deur Europa. Hulle vertrekdatum was die dag waarop Jacqui moes intrek in ons huis. En hul terugkeerdatum? Vyfuur die oggend van ons troue! En ja, hulle was verheug oor die feit dat ek hulle huis gratis vir hulle kon oppas.

    Toe nou; vertel my dat dit outyds is. Sê vir my dat dit nie God se plan was nie. Ons lees in:

    1 Samuel 2:30 . . . want die een wat My eer, sal Ek eer, en die een wat My minag, sal Ek minag.

    Die oomblik dat ons daardie beginsel verstaan en die oomblik wat ons 'n lewe begin leef wat God eer, word sy hulp, sy seën en sy krag in oorvloed oor ons uitgestort.

    Eer God en Hy sal jou eer.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Kat kom Weer

    Send us a text

    Lukas 15:24 Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier.

    Hoe naby, hoe intiem, hoe werklik is jou verhouding met God? En as jy in jou hart weet dat dit nie is, wat dit moet wees nie, wat gaan jy daaraan doen?

     ‘n Rukkie gelede het die ondenkbare gebeur, ons gesin se kat het verdwyn. Ons was platgeslaan. Sy was deel van ons gesin.

    Daar het vier lang dae verloop ... toe het sy skielik weer opgedaag. Ek was ek in die wolke. My hart wou ontplof. Oor 'n kat, my liewe aarde, kan jy dit glo . . . 

    Dink net aan hoe God voel as ons weer na Hom toe terugkom. Stel jou voor wat in sy hart gebeur as een van ons tuiskom.

    Ek het jare lank gevrees dat wanneer ek na God teruggaan, ek in ernstige moeilikheid sou wees! Diep in my binneste het ek geweet dat God my leefstyl ernstig sou afkeur.

    Jesus het 'n hele verhaal daaroor vertel ... die verhaal van die verlore seun. Vir my lê die trefkrag van die gelykenis in die pa se reaksie op die seun wat teruggekom het. Kyk wat sê hy in: 

    Lukas 15:24 Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier.

    Hierdie seun het sy pa se geld gemors, by prostitute geslaap ... en toe hy terugkom, het die pa 'n partytjie gehou!

    Maar weet jy; dit is die liefde van ons Vader. Al die jare toe ek te bang was om terug te gaan, het Hy daarna gesmag dat ek na Hom sal terugkeer.

    Dit maak nie saak waar jy nou op jou geloofspad is nie: miskien het jy nog nooit tevore na Hom gegaan nie; miskien het jy vervreemd geraak of afgedwaal van Hom af, of miskien is jy een wat net uit gewoonte bid ... moenie nog een dag wag nie.

    Hy smag na jou.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Goedheid van God

    Send us a text

    Psalm 146:1,7,8 Prys die Here! Ek wil die Here prys.  Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes, die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die Here het die regverdiges lief.

    Wanneer daar iets wat sleg is met ons gebeur, kan ons vra: “Waarom het God toegelaat dat dit met my gebeur?” Ons het almal al daaroor gewonder. En tog is daar iets besonders wat ek glo God vandag, in ons tye van teenspoed, wil aanspreek.

    Dit is nie maklik om in God se goedheid te glo wanneer dinge skeefloop, jy moedeloos word en die mense jou elke dag afkraak nie.

    Kyk net na al die lyding wat daar tans in die wêreld is. Kyk na die dinge wat hierdie God, as Hy regtig bestaan, toelaat. En Hy laat dit nie net met die mense daar buite gebeur nie, maar ook met jou.

    Kom ons kyk na wat alles tydens die afgelope sewe dae met jou gebeur het, die dinge wat jy aangevang het - die goeie, die slegte en die lelike. Ek is seker dat daar net in hierdie kort tydjie dinge met jou gebeur het, wat jou maklik die goedheid van God kon laat bevraagteken.

    God gryp in op maniere waarop ons nie voorbereid is nie, en kom ons te hulp in ons nood, wanneer ons dit die minste verwag. 

    Psalm 146:1,7,8  lees: Prys die Here! Ek wil die Here prys. 

    Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes, die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die Here het die regverdiges lief.

    Die psalm gaan oor lofprysing en dank te midde van moeilike tye. Ons het almal ons deel aan moeilike tye in hierdie lewe.

    Wat doen ék? Ek het besluit om Hom te begin prys en Hom te dank, te midde van daardie tye. En weet jy? Hy het my nog nooit gefaal nie.

    Die Here help dié wat in moeilikheid verkeer.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Nuutgemaak deur sy Liefde

    Send us a text

    Sefanja 3:17 Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou:

    Vir sommige mense is God bloot 'n konsep . . . 'n vae, irrelevante begrip. Ander het egter Sy liefde eerstehands ervaar en sodra dít gebeur, kan die lewe nooit weer dieselfde wees nie.

    'n Paar jaar gelede het ek gesels met 'n man wat 'n majoor in die Rwandese leër was tydens die volksmoord in 1994 toe een miljoen mense in net 100 dae afgemaai is. Hy het verskriklike dinge gesien, en met die gevolg was hy baie anti-God gesind. “As daar 'n God was,” het hy eenmaal vir my gesê, “hoe kon Hy toegelaat het dat hierdie verskriklike dinge met my mense gebeur?”

    Ek dink jy sou hom as 'n oortuigde ateïs kon beskryf.

    'n Jaar of twee later stuur hy egter aan my 'n e-pos wat soos volg begin: Yezu Akuzwe wat in sy taal “Loof Jesus” beteken.

    Daardie openingswoorde begin een van die wonderlikste e-posse wat ek nog ooit gelees het. Dit blyk dat sy hart kragtig aangeraak is, toe hy op een of ander manier na die verhaal van Jesus Christus geluister het. Die waarheid van God se liefde het deur al die ongelooflike seer en die littekens van sy bloedige verlede gedring en het hom diep aangeraak.

    Dit is die krag van God se liefde. Dit is die krag van dit wat Jesus vir jou en my aan die kruis gedoen het. Dit is 'n bloedige, wrede boodskap van God wat vir jou en my gely het. Dit is 'n boodskap van ongelooflike liefde en opoffering.

    Dit maak nie saak wat jy deurgemaak het nie, dit maak nie saak hoe seer dit is nie - dieselfde God wil jou vandag innerlik met sy liefde aanraak. Ons lees in:

    Sefanja 3:17 Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou:

    God het jou meer lief as wat woorde kan beskryf.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Totaal Ondenkbare

    Send us a text

    Romeine 2:6-8 Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade: aan dié wat in goeddoen volhard en op dié manier soek na ewige heerlikheid, eer en onverganklikheid, gee Hy die ewige lewe; maar dié wat uit selfsug ongehoorsaam is aan die waarheid en toegee aan die ongeregtigheid, straf Hy in sy toorn.

    Dit is ongelooflik hoe dinge soos ons eie ervaring, ons verwagting van wat moontlik is, en wat ons dink in die toekoms kan gebeur, ons beperk. En vir baie mense sal dit ongelukkig tot 'n ewige hel lei.

    Op 17 Desember1903 het Orville en Wilbur Wright die wêreld se eerste beheerde ​​vlug van 'n swaarder-as-lug-meganies-aangedrewe- vliegtuig onderneem. Destyds was die idee van massa-lugvaart heeltemal ondenkbaar. Vandag onderneem miljoene mense daagliks vlugte.

    Op 3 Desember1967 het dr. Christian Barnard die eerste hartoorplanting uitgevoer. Sy pasiënt, Louis Washkansky, het slegs vir  18 dae geleef. Destyds was dit heeltemal ondenkbaar dat duisende mense elke jaar sulke oorplantings sou ontvang en daarna betreklik normale lewens kon lei.

    Net dertig jaar gelede was die verreikende invloed van die internet heeltemal ondenkbaar. Dit is vandag 'n onontbeerlike hulpmiddel vir biljoene mense.

    Vir baie mense is die idee van Jesus, die hemel en die hel, ondenkbaar. En tog gebeur die 'ondenkbare' die hele tyd. Die apostel Paulus skryf in:

    Romeine 2:6-8 Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade: aan dié wat in goeddoen volhard en op dié manier soek na ewige heerlikheid, eer en onverganklikheid, gee Hy die ewige lewe; maar dié wat uit selfsug ongehoorsaam is aan die waarheid en toegee aan die ongeregtigheid, straf Hy in sy toorn.

    Tweeduisend jaar gelede het God ‘n uitnodiging in die bloed van sy Seun op Golgota, aan 'n kruis geskryf. Dit lui:

     

    Ek kom terug. En my kruisiging was vir jóú. Waarom kom jy nie na  My toe nie? Waarom plaas jy nie jou vertroue in My nie? Ek wil jou vir ewig by My hê.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • God Roep Jou

    Send us a text

    Markus 15: 34 Om drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eloï, Eloï, lemá sabagtani?” Dit beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?

    Vir sommige mense is Jesus ‘n werklikheid. Vir ander, nie regtig nie. Watter relevansie kan Hy per slot van sake in die 21ste eeu hê? Watter impak kan Hy immers op ons besige, ingewikkelde lewens hê? 

    Dit is maklik om 'n vae, afsydige geloof in God te hê - 'n tipe versekeringspolis, net ingeval daar regtig 'n hemel en 'n hel is. Miskien bid jy slegs tot God in moeilike tye, maar vir die res van die tyd. . .

    As jy jouself in hierdie kategorie plaas, glo ek dat daar vandag iets is, wat God vir jou wil sê. Hy begeer nie 'n vae, afsydige verhouding nie. Hy was daar toe jy in jou moederskoot gevorm is, Hy het jou gesien. Om die waarheid te sê, selfs voor tyd begin het, het Hy jou lewe reeds beplan; wie jy gaan wees en elke oomblik van elke dag het Hy vooraf beplan.

    Selfs ook hierdie oomblik, nou, om met jou te praat.

    Ek het jou lief. Ek wil jou nie 'n miljoen kilometer ver van My af hê nie. Ek wil hê jy moet naby my wees. Dis waarom ek my Seun, Jesus, gestuur het.. Jy weet wat met Hom gebeur het. Jy weet hoe Hy aan die kruis gely het, hoe Hy in pyn uitgeroep het.

    Markus 15:33 lees: Om drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eloï, Eloï, lemá sabagtani?” Dit beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?

    Dit was my kreet. Dit was namens jou wat Ek uitgeroep het. Weet jy nie hoe lief Ek vir jou is nie? Moenie jou rug op my keer nie. Kom na My toe. Ek wil jou 'n nuwe lewe gee. 'n Ryk, oorvloedige lewe. 'n Lewe by My wat vir ewig en altyd sal voortduur.

    Ek glo met my hele hart dat God jou vandag roep; jou uitdaag om Hom te volg ... Verstaan jy nie? Besef jy nie hoe lief Ek jou het nie?

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Onluste

    Send us a text

    Matteus 27:23, Hy vra: “Watter kwaad het hy dan gedoen?” Maar hulle skreeu nog harder: “Kruisig hom!” Toe Pilatus sien dit help niks nie en dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water gevat en voor die skare sy hande gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Dit is julle verantwoordelikheid.”

    Miskien voel dit ‘n bietjie vreemd om hierdie tyd van die jaar oor die dood van Jesus te praat. Ons doen dit gewoonlik gedurende Paasfees en dis amper Kersfees! En tog, wat Jesus vir jou en my aan die kruis gedoen het, is die belangrikste ding wat iemand ooit kon doen, maak nie saak watter tyd van die jaar dit is nie.

    'n Paar jaar gelede was daar 'n paar lelike ras-onluste nie ver van waar ek woon nie. ‘n Woedende menigte het chaos in die strate veroorsaak, mense geslaan, motors verwoes en bottels na die polisie gegooi.

    Ons was almal ontstoke. Hierdie tipe onluste vind eenvoudig nie in ons woonbuurt plaas nie. Binne dae het die regering strawwe nuwe wette in plek geplaas.

    Stel jou nou voor dat jy God is. Jy het 'n Seun. Jy stuur Hom aarde toe as 'n man om mense soos ek en jy te red; selfs mense soos dié in daardie oproerige skare.

    Hulle beskuldig Hom vals. Maar Hy word onskuldig bevind. Toe begin die opstandige skare, dieselfde mense wat net 'n paar dae tevore sy lof besing het, maar wat deur fanatiese godsdienstige leiers opgesweep is, dreunsing: "Kruisig Hom, kruisig Hom."

    In Matteus 27: 23,24 staan: Hy vra: “Watter kwaad het hy dan gedoen?” Maar hulle skreeu nog harder: “Kruisig hom!” Toe Pilatus sien dit help niks nie en dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water gevat en voor die skare sy hande gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Dit is julle verantwoordelikheid.”

    As jy God was, sou jy toegelaat het dat dit gebeur? Ek sou nie! Ek sou streng nuwe wette uitgevaardig het. Maar nee, God het gedwee toegekyk ​​en die lewe van sy Seun gegee om die prys van geregtigheid vir my en vir jou te betaal.

    Dit is nie hoe ek dit sou gedoen het nie. Maar God het dit so gedoen en dis genade.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Onreg

    Send us a text

    Matteus 27: 22 Pilatus sê vir hulle: “Wat moet ek dan doen met Jesus wat Christus genoem word?” “Kruisig hom!” skreeu hulle almal.

    Kan ek jou vra: hoe relevant is die dood en opstanding van Jesus Christus in jou alledaagse lewe? Hoe dikwels vra jy jouself af wat dit vir jou beteken?

    Misdaadreekse hou ons al vir jare lank voor die kassie vasgenael. Ek dink hulle bevredig ons begeerte na opwinding en intrige, en ek dink ook dat dit vir ons ‘n gevoel van geregtigheid gee. Ek moet sê dat ek dit nogal geniet, want die meeste van die tyd eindig hulle met die goeie ouens wat wen en die slegte ouens wat tronk toe gaan.

    Maar ek moet ook sê ek hou glad nie daarvan wanneer ‘n episode, af en toe, eindig met die slegte ouens wat met hul misdaad wegkom nie. Al weet ek dis fiksie, is die onregverdigheid van so 'n einde, iets wat my sin van reg en billikheid aantas. Ek is seker jy voel ook so.

    Wanneer ons na die historiese verslag van Jesus se verhoor kyk, sien ons dat Pontius Pilatus, die Romeinse goewerneur in Jerusalem, besluit het dat daar absoluut geen rede was om Jesus tereg te stel nie. 

    Matteus 27: 22: Pilatus sê vir hulle: “Wat moet ek dan doen met Jesus wat Christus genoem word?” “Kruisig hom!” skreeu hulle almal.

    Dis presies wat gebeur het. Die mense was dit eens: Barabbas,’n berugte gevangene, moet vrygelaat word en Jesus, die onskuldige Een, moet gekruisig word.  Die onreg daarvan maak ‘n mens woedend.

    Die skare het die oorhand gekry. Jesus is geslaan, gespoeg, gespot en gekruisig. Dit was so onredelik. So onregverdig. Tog merkwaardig dat God sy Seun se dood moes gebruik om sy geregtigheid te laat seëvier - sodat ek en jy, soos Barabbas, vry kan wegstap.

    Dit is so onregverdig. Dít word genade genoem.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die “Halo”

    Send us a text

    1 Petrus 1:14-16 As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”

    Heiligheid is 'n konsep wat op verskillende tye in ons lewens verskillende reaksies van ons ontlok; soms vrees, ander kere minagting, ander kere 'n gevoel van hopeloosheid. As ek jou sou vra: “Is jy heilig?” Hoe sou jy op hierdie oomblik reageer?

    Ons het 'n tydjie gelede opgraderingswerk op ons webwerf, christianityworks.com, gedoen. Gaan kyk gerus daarna.

    Hoe dit ook al sy, die ontwikkelaars, almal in hul twintigs, het 'n bietjie pret daarmee gehad. Hulle het 'n halo bo my kop op die foto op die tuisblad gemaak. Ons het almal lekker gelag en toe sê ek vir hulle, sonder om doekies om te draai, om dit te verwyder!

    Dis snaaks hoe jy soms grappenderwys die waarheid kan insien. Daardie klein sketsie, daardie klein halo-motief het my daaraan herinner dat, omdat ons na God se beeld geskape is en omdat God 'n heilige God is, ons ook geroep word om heilig te wees.

    Maar wat beteken dit eintlik? Hoe lyk dit?

    1 Petrus 1: 14-16 sê: As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”

    Ek kan julle nou 'n teologiese definisie van heiligheid gee, maar ek verkies die praktiese uitleg wat hier deur Petrus gegee word. Om heilig te wees, beteken om die slegte dinge wat ons vroeër gedoen het, te laat staan en God te gehoorsaam in alles wat ons doen.

    Op watter terrein van jou lewe vereer jy God nie? Op watter gebied moet jy heilig word?

    Wees heilig, want die Here jou God is heilig.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

952 Listeners