Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
Jesaja7:14 Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.
Ek bid vir jou en al die ander wat vandag vir hierdie VARS boodskap by ons aansluit, dat, soos ons Kersfees nader, ons harte gereed sal wees om te ontvang, óóp sal wees om te ontvang en daarna sal smag om te ontvang.
Het jy al beplan hoe jy vanjaar Kersfees gaan benader? Daar’s net 'n paar dae voor die groot dag oor. . .Is dit ‘n malle gejaag, om dinge by die werk klaar te maak, die laaste geskenke te koop en die kos te beplan? Op die ou end is jy op Kersdag stokflou? Is dit die plan?
As dit is, en ek wil nie krities wees nie, maar dis die laaste ding waaroor Kersfees behoort te gaan. Want as dit jou plan is, dink ek dit is regtig hartseer, want as jy uitgeput is wanneer Kersfees aanbreek, voel dit alles betekenisloos.
Kom ons dink hieroor na. God het 'n ewigheid aan Kersfees beplan; 'n absolute ewigheid. Dit was 'n eenvoudige, maar tog so ‘n unieke plan. Ongeveer sewehonderd jaar voordat dié Plan in die wêreld gebore sou word, het Hy ons 'n kykie gegee in hoe dit sal gebeur.
In Jesaja 7:14 lees ons: Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.
Nou-ja, ons weet almal dat Maria 'n maagd was. Dit beteken dat Jesus die Seun van God is.
Maar die leidraad lê in die woord Immanuel. Dit beteken "God is met ons". Op hierdie wyse sou God, as mens na die wêreld kom. Sy Naam is Jesus.
En daarom is die idee dat Kersfees afgesaag is, vir my so 'n tragedie. Kersfees is God wat op jou voorstoep verskyn. Dit is wat ons vier.
Doen jouself asseblief 'n guns. Maak gereed. Christus kom.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jesaja 9:5 Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
Kersfees beteken nie vir alle mense dieselfde ding nie. Vir party sal dit 'n groot fees wees, vir ander 'n eensame tyd en vir ander 'n werksdag. Sê my ... hoe sal jou Kersfees lyk?
Kan jy dit glo - hier is ons al in die Kersweek. Ons gaan weer Kersfees vier. Kan ek jou vra: is jy gereed?
Nee, ek praat nie van die inkopies, die geskenke, Kersete en die versierings nie. Dit is alles goed en wel, maar dit is nie waarom ek dit vra nie, is dit? Nee, wat ek wil weet is of jy diep in jou hart gereed is om die grootste geskenk wat ooit gegee is, te ontvang; want dit is immers waaroor Kersfees gaan.
Ongeveer sewehonderd jaar voordat Jesus gebore is, het Jesaja sy koms voorspel. Ons lees in:
Jesaja 9:5 Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
Kyk net al die Name wat aan die Seun gegee word: Wonderbare Raadsman, MagtigeGod ... wag ‘n bietjie. Stop net daar! Wat het Jesaja nou net gesê? Dat ‘n magtige God in hierdie wêreld gebore sal word word. ‘n Ewige Vader en Vredevors.
Daar kan geen fout wees nie, hoegenaamd nie. Dit is 'n profesie van die geboorte van God in hierdie wêreld. God wat mens geword het; wat een van ons word, om by ons te woon, om Homself aan ons te wys en om vir ons te sterf. Dit is waaroor Kersfees gaan. Laat ek jou dus weer vra. Is jy gereed om die grootste geskenk wat nog ooit gegee is, te ontvang? Indien nie, kry jouself gereed. Christus kom.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 6:1 “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie.
Kan ek jou 'n ongemaklike vraag vra? In watter mate word jy deur erkenning gemotiveer? Hoe belangrik is ander mense se opinie van jou? Wil jy hê hulle moet goed praat van jou, of jou selfs bewonder?
Ons leef in 'n wêreld waar beroemdes aanbid word; 'n wêreld waarin een of ander bogkind 'n sogenaamde "Instagram-beïnvloeder" word, wat honderdduisende, selfs miljoene volgelinge het. Dis gek. En die ergste van alles is dat ons onsself verbeel dat ons ook aansien moet geniet, bekend moet wees, bewonder moet word, anders het ons eenvoudig nie die paal gehaal nie.
Om verslaaf te wees aan erkenning is 'n lelike ding, want dit beteken dat jy deur trots gemotiveer word en dat God, soos ons almal goed weet, die hoogmoediges weerstaan.
En weet jy, as ek daaraan dink, is die mense wat ek die meeste bewonder, nie so nie. My eerste pastoor, Phil, het sy hele lewe lank behoeftige mense, soos ek, gehelp. 'n Goeie vriend van my, Dave in Kansas City, het sy lewe daaraan gewy om mense regoor die wêreld met die liefde van Jesus te bereik. Maar jy sal waarskynlik nooit weet hoe een van hulle lyk nie.
Dit is asof hierdie mense met inbors, hierdie mense wat ‘n verskil maak, onder die radar vlieg, sonder dat die meeste van ons hulle ooit erkenning gee.
Jesus was so. Hy het nie sy teologiese geloofsbriewe deur die godsdienstige leiers van sy tyd laat stempel nie. In plaas daarvan het Hy met die laagstes van die samelewing geassosieer.
Weet jy, my gevoel is dat hoe gouer ons agterkom dat dit goed is om onder die radar te vlieg, hoe gouer sal ons vrede maak met wie ons is en waarvoor God ons geroep het.
Matteus 6:1 lees: “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie.
Moenie verslaaf wees aan die erkenning van mense nie.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 8:11 Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
Kan ek jou vra, wat beteken dit om 'n 'weergebore' Christen te wees? Hoe weet jy verseker of jy een is, of nie? Dit is goeie vrae ... want baie mense wat hulself 'Christene' noem, ken nie die antwoorde nie.
Jare gelede het ek 'n Amerikaner met die naam, Tim, ontmoet. Hy was so effens ‘ronderig’ van postuur. Sy hare was grys en hy het 'n baard gehad. As jy so na hom kyk, kon hy net sowel ‘n plakker met die woorde: 'Amerikaanse Toeris' op sy voorkop laat plak het.
Tim woon die afgelope veertig jaar in Japan en as jy hom leer ken, ontdek jy dat hy regtig Japannees aan die binnekant is. Hy dink en tree op asof hy daar gebore is, alhoewel hy beslis nie Japannees lyk nie.
En weet jy hoekom ek aan hom dink as Japannees? Omdat hy in sy hart die mense liefhet. Hy is toegewyd aan Japan, en hy het een van hulle geword.
Iemand het my onlangs gevra: "Wat beteken dit om 'n 'wedergebore' Christen te wees?" Wel, ek dink dit is baie soos Tim en die Japannese ding.
As jy werklik vir Jesus aanneem, is dit 'n besluit en 'n verbintenis om Hom eerste te stel.
As jy na my kyk, kan ek nog steeds 'Australiese Toeris' op my voorkop vasplak. Maar as jy my regtig leer ken, is ek 'n nuwe mens, want toe ek Jesus aangeneem het, het die Gees van God in my hart kom woon.
Romeine 8:11 lees: Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
Om aan Jesus te behoort, beteken jy lei 'n heeltemal nuwe lewe, jy is ‘n splinternuwe mens, wat totaal getransformeer is.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 23:34 Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”
Wanneer laas is jy deur iemand of iets teleurgestel? Hoe het jy gevoel? Wat was die uiteinde daarvan? Het jou gevoel van teleurstelling dinge verbeter, of net vererger?
Dinge verloop nie altyd soos ons dit wil hê nie. Soms lyk dit regtig asof dinge keer op keer teen ons draai. Jou verhouding gaan nie goed nie, jy is onder druk by die werk en dan word jy ewe skielik siek. Dit is net die een ding na die ander. En hierdie dinge veroorsaak ‘n gevoel van diep teleurstelling wat voel soos 'n messteek.
Maar weet jy, die waarheid is, dat teleurstelling ‘n hart-saak is. Dit is ‘n emosionele ding wat ons diep raak. Wanneer ons emosioneel raak en teleurgesteld en moedeloos voel as ons teëspoed beleef, maak ons dinge net erger.
Ek is teleurgesteld in jou omdat jy nie gebel het nie. Ek is teleurgesteld omdat dinge net nie reggekom het nie. Ek gaan met ‘n lang gesig rondloop, omdat ek nie my sin gekry het nie.
Teleurstelling is die reaksie van 'n slagoffer, nie van 'n oorwinnaar nie. As ons teleurgesteld voel, reageer ons verkeerd. Om teleurstelling vatplek te gee, is op die ou end, ‘n keuse - dit is iets wat ons kan toelaat om ons te verswelg, of ons kan dit verwerp. Met ander woorde teleurstelling bly ‘n keuse – joune en myne.
Miskien klink dit 'n bietjie wreed. Maar as jy die verhale oor Jesus lees, het hy nie teleurgesteld gevoel toe die mense Hom verwerp het, of toe hulle Hom verkeerd verstaan het, of toe hulle Hom verlaat het nie, en selfs nie toe hulle Hom gekruisig het nie. Hy het nie toegelaat dat hulle mislukkings sy lewe bederf of Hom ontwrig nie. Kyk wat gebeur aan die kruis. Ons lees in:
Lukas 23:34 Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”
Wanneer dinge sleg afloop, kan jy net soos Jesus, kies om nie lamgelê te word deur die teleurstelling nie.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 3:23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie,Hebreërs 4:14,16 Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.
Het jy al ooit gesukkel om te bid, omdat jy gevoel het jy is nie goed genoeg nie? Miskien het ons almal al somtyds 'n bietjie so gevoel.
Hierdie gevoel oor gebed laat baie mense huiwer om te bid. Waarom, wel, weet jy ...
Ek is net nie goed genoeg nie. Daardie persoon daar, wel, sy is waarskynlik. Ja. En miskien daardie ou daar anderkant... Maar nie ek nie. Jy ken my nie. Die dinge wat ek gesê en gedoen het ... nee, ek kan nie voor God staan en begin bid nie. Ek is nie goed genoeg nie. Hy sal nooit na my luister nie.
En as jy miskien so voel, laat my toe om dit vir jou sê: aan die een kant is jy heeltemal reg, maar aan die ander kant, heeltemal, heeltemal verkeerd. Aan die een kant, omdat God 'n volmaakte en heilige God is, en ons almal ver tekort skiet. Ons lees in:
Romeine 3:23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie,
Maar aan die ander kant weet Hy dit, en juis daarom het Hy Jesus, sy Seun, gestuur het om vir ons te sterf, om te betaal vir al ons ‘nie goed genoeg' nie, sodat ons vrylik na Hom kan gaan.
Hebreërs 4:14,16 sê: Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.
As jy in Jesus glo, hoef jy nooit bang wees om te bid nie. Inteendeel. Kom met vrymoedigheid voor die troon van genade en jy sal barmhartigheid, genade en hulp in jou nood ontvang.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 15:7 As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.
Een van die groot vrae waarmee ons dikwels stoei is: waarvoor kan jy alles vir God vra? Enigiets, of is daar dinge wat jy nie behoort te vra nie? Sê my, waarvoor kan jy God vra?
Baie van die dinge wat Jesus gesê het, toe Hy op aarde was, het mense geskok en soms beledig. Dit was wat op die ou end tot Sy kruisiging gelei het.
En een van die buitengewone stellings wat Hy gemaak het, het die godsdienstige leiers se hare laat rys; Hy het gesê in:
Johannes 15:7 As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.
Dit het die Pandora-kis behoorlik oopgemaak! Vra vir net wat jy wil hê, en jy sal dit kry?
Enigiets?! Hoe kan Hy so 'n belofte maak? Dis eenvoudig. Sy belofte begin met 'n voorwaarde: As jy in My bly, en my woorde in jou.
Daardie woord 'bly' is 'n sterk woord. Volgens die woordeboek beteken, dit om te berus in, aan te hou, te verduur, vas te staan, nooit te vertrek nie. As ons dus hierdie verregaande belofte lees, en die voorwaarde verstaan – dat ons in Christus, en sy Woord in ons, moet bly - dan kan ons baie duidelik sien hoe hierdie belofte werk.
Want wanneer Jesus die Here van jou lewe word, dan verander die begeertes van jou hart heeltemal. Met die gevolg dat dít waarvoor jy vra, volgens sy wil is. Want as jy met jou mond bely en met jou hart glo dat Jesus jou Here is... is dit nie meer jou wil nie, maar syne.
Bly jy in Hom? Bly Sy Woord werklik in jou? Vra dan net wat jy wil en dit sal vir jou gedoen word.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Genesis 5:1,2 Hier volg die geslagsregister van Adam. Toe God die mense geskep het, het Hy hulle gemaak as beeld van Homself. Man en vrou het Hy hulle geskep en Hy het hulle geseën en hulle “mens” genoem toe hulle geskep is.
Ons het elkeen 'n manier om na onsself te kyk. Ons besluit wat ons werd is, en hoe ons met ander vergelyk. Ons noem dit ons “selfbeeld.” As ons onsself maar net kon sien, soos God ons sien. . . dan sal alles verander!
Mense het al baie gesê dat ek my pa se ‘loop’ geërf het. En as ek hulle vra: “Wat bedoel julle met ‘sy loop geërf?" Dan het hulle maar net geglimlag.
En toe sien ek myself eendag op televisie. Dit was 'n onderhoud van vyftien minute en ek was totaal en al geskok oor wat ek gesien het. Al my maniertjies, die manier waarop ek beweeg en praat en beduie het, selfs my gesigsuitdrukkings, was tipies my pa. Ek het geen idee gehad dat ek alles nes my pa doen nie.
Christene sê graag dat ons na die beeld van God gemaak is. Teoloë noem dit die Imago Dei. "Wat beteken dit?" Kyk wat staan in:
Genesis 5:1,2 Hier volg die geslagsregister van Adam. Toe God die mense geskep het, het Hy hulle gemaak as beeld van Homself. Man en vrou het Hy hulle geskep en Hy het hulle geseën en hulle “mens” genoem toe hulle geskep is.
Dit beteken dat of ons nou man of vrou is, God het ons gemaak om soos Hy te wees. En weet jy, hoe meer ek na mense kyk en sien hoe briljant en kreatief en mooi en verrassend en anders en aangenaam hulle is, hoe meer kom ek tot die gevolgtrekking dat daardie Christene reg is. Die Imago Dei is geen klug nie.”
As dit nou nie vir ons sonde was nie, sou ons ‘n weerkaatsing van God kon wees. En ek dink as elkeen van ons net in die spieël wil kyk en onsself sou sien soos God ons sien, sou ons in verwondering fluister: “Ek het geen idee gehad nie!”
Toe God ons geskep het, Hy ons gemaak as beeld van Homself.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 119:130 Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.
Kan ek jou ‘n baie reguit vraag vra? As 'n onpartydige regter, jou Bybelleesgewoontes sou ondersoek, sou hy onteenseglike bewyse vind dat jy inderdaad 'n man of vrou van God se Woord is ... of sal hy nie?
Die daaglikse voorbereiding van hierdie VARS boodskappe is een van die grootste vreugdes in my lewe. God gebruik hierdie saad, wat ons saai, oor die hele wêreld. Dit raak mense, wat ek nooit aan hierdie kant van die ewigheid sal ken nie, se lewens aan.
Een van die vrae wat mense lief is om vir my te vra, is: “Waar kom al die idees vandaan? Sukkel jy nie partykeer nie?”
My antwoord is altyd: “Het jy al ooit opgekyk na die Melkweg? Daar is triljoene sterre daarbo en dit maak nie saak hoe lank sterrekundiges die hemelliggame bestudeer nie, hulle sal altyd nuwes ontdek.”
Daar is so 'n rykdom, so 'n diepte, so 'n krag in die Woord van God. 'n Enkele vers; net 'n paar woorde, God se woorde, kan jou hele lewe verander. Ons lees in:
Psalm 119:130 Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.
Ek weet dat dit beslis in my lewe waar is. God se Woord is dié een ding, wat Hy gebruik het om my lewe te verander. Daar ís krag in sy Woord. Krag wat my lewe herskep het. Krag om jou lewe te verander.
God se Woord bring lig, dit blaas nuwe lewe in ons lewens.
En weet jy, as God my nog honderd en vyftig jaar sou gee om Sy Woord te verkondig, sou ek skaars ‘n duik gemaak het.
Wees 'n man, wees 'n vrou van God se Woord.
Sy Woord maak selfs eenvoudige mense (soos ek en jy) wys!
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 11:3 Gee ons elke dag ons daaglikse brood;
Wanneer laas het jy 'n dringende nood gehad; 'n gesondheids-, of 'n finansiële krisis, of 'n verhouding wat verbrokkel? En het jy onmiddellik met God daaroor gepraat en geglo dat Hy sal voorsien? Het jy ... of het jy nie?
Vir sommige mense is dit 'n groot stryd om net elke dag kos op die tafel te sit. Miljoene mense leef vandag nog in armoede.
Ek het onlangs met 'n man in Rwanda gepraat. Hy sukkel om nie net vir sy eie gesin te sorg nie, maar ook vir familielede wat in desperate nood verkeer. En 'n ander man in Bangladesj, het ‘n rukkie gelede vir my gesê: "Ons eet meestal rys, maar as die rys op is, dan ly ons honger.”
Kyk wat is een van die dinge wat Jesus sy dissipels geleer het om voor te bid. Ons lees in:
Lukas 11:3 Gee ons elke dag ons daaglikse brood;
Ek het al dikwels gewonder hoe die vissermanne en boere wat na Jesus geluister het, hierdie woorde sou interpreteer. Dié gebed het tog sekerlik ‘n heeltemal ander betekenis vir die mense wat swaarkry, as vir dié wat oorvloed het.
Watter soort God is Jesus wanneer Hy vir dié wat honger is sê: “Ek weet wat jy nodig het en sal voorsien in jou behoeftes.” Vandag het die Rwandese man en die een uit Bangladesj albei genoeg kos vir hul gesinne. Hoe dink jy voel hulle nou oor God?
Soms dink ons dat dit vir God onmoontlik sou wees om in ons behoeftes te voorsien. En dan bid ons daardie eenvoudige gebed: Gee ons elke dag ons daaglikse brood. En God voorsien. Hy doen dit altyd. Soms seën Hy ons harde werk. Ander kere, wanneer niks wat ons kan doen, help nie, stuur Hy 'n wonderwerk uit die hemel.
Hy doen dit nie altyd op dieselfde manier nie, maar Hy voorsien altyd.
Gee ons elke dag ons daaglikse brood;
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

952 Listeners