Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
Johannes14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
“Christene, agge nee. Jesus dit, Jesus dat, Jesus is die enigste weg. Wie dink hulle is hulle?” Dit is hoe baie mense dink. Dit was presies hoe ek gedink het. Die probleem is, die waarheid is die waarheid, dit maak nie saak hoeveel jy skop en spartel nie, jy kan dit nie verander nie. Dit bly steeds die waarheid.
Die meeste van ons is deesdae so gefokus op wat hier en nou gebeur, dat ons amper vergeet het hoe dit voel om oor môre te droom - wat nog te sê van die ewigheid.
Weet verseker; die ewigheid is 'n baie lang tyd. Miskien is dit die moeite werd om daaroor na te dink. Baie mense sê deesdae dat dit nie saak maak waarin jy glo nie – solank jy net met jou hele hart glo, dan sal jy oukei wees.
Jesus het ons egter nooit daardie opsie gegee nie.
Toe een van sy dissipels vir Jesus vra wat die weg na God is, antwoord Hy in:
Johannes14:6 . . . “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.”
Nou ja, ek jammer as dit nie polities korrek is nie. Ek is jammer as dit aanstoot gee. En ek is jammer as dit nie pas by jou siening van hoe God behoort op te tree nie.
Maar as God God is, dan kan Hy kies. En sy keuse was om sy Seun, Jesus, te stuur om te sterf en te betaal vir jou en my mislukkings sodat wanneer ons in Hom glo, ons die ewige lewe kan hê.
Dit is dit! Geen as, geen maar, geen miskien nie!
Ek het onlangs êrens gelees: “God is nie wie ons dink Hy behoort te wees nie; ook nie wie óns miskien wil hê Hy moet wees nie. God ís wie Hy sê Hy is. ”
Dit is 'n struikelblok vir baie mense. Jesus is vir baie mense 'n struikelblok.
Hy. . . “ is die weg en die waarheid en die lewe.” Niemand kom na die Vader toe behalwe deur Hom nie.
Aanvaar dit en leef daarvolgens. My gebed vir jou is dat jy dit sal aanvaar.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 68:35,36 Erken dat God magtig is! Hy heers oor Israel, Hy het mag oor die wolke! God wek ontsag wanneer Hy uit sy heiligdom kom. Hy is die God van Israel, Hy gee krag en sterkte aan sy volk. Aan God kom die lof toe.
Die ding wat soveel mense keer om God te dien en Hom te volg en sy roeping op hul lewens te gehoorsaam, is omdat hulle dink hulle is nie goed genoeg vir God nie. Kan God ooit deur 'n gewone mens soos ek werk?
Ek het nou die dag saam met Barry Chant, wat in 1979 die Tabor Bible Kollege gestig het, gaan koffie drink. Hy is ‘n plat-op-die-aarde man onder wie ek studeer het. Hierdie Kollege het sedertdien letterlik duisende studente opgelei. Vandag dien hulle die Here orals in die wêreld op verskillende wonderlike maniere.
Ek onthou baie duidelik hoe emosioneel hy geword het, terwyl hy sommige van hulle verhale met my gedeel het. Hy kon skaars die woorde uitkry. Hier is 'n gewone man wat sy lewe daaraan gewy het, om sy geloof met ander te deel. Hierdeur is God se boodskap na plekke geneem waaraan hy nie in sy wildste drome kon dink nie.
Laat ek jou sê, elke keer as ek op 'n vliegtuig na Kenia, Namibië, Indië of die VSA klim, dank ek God vir hierdie man. Die Here het my deur hom toegerus, om sy roeping te vervul.
En dis hoe dit werk. As ons ons doodgewone gawes en vermoëns in God se hande plaas, is Hy in staat om buitengewone dinge daarmee te doen.
In Psalm 68:35,36 skryf Dawid: Erken dat God magtig is! Hy heers oor Israel, Hy het mag oor die wolke! God wek ontsag wanneer Hy uit sy heiligdom kom. Hy is die God van Israel, Hy gee krag en sterkte aan sy volk. Aan God kom die lof toe.
Die Here is magtig, en waardig om ons lof ontvang. En weet jy, dat Hy op soek is na meer gewone mans en vrouens, mense net soos Barry, deur wie Hy kan werk.
God sal wonderbaarlike dinge doen deur gewone mense wat bereid is om Hom te gehoorsaam.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 14:17 Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.
Dit is interessant hoe die pryse van artikels wêreldwyd van mekaar verskil. Die vergelyking tussen gewone dinge soos 'n bottel water of die prys wat jy betaal om jou hare te laat sny, vertel jou baie oor die lewenstandaard van ‘n land.
Ek was onlangs in Indië op 'n konferensie in Bangalore. Tydens middagete gesels ek met George Lucas, ‘n kollega van my. Nee, nie die een wat al die Star Wars-films gemaak het nie. George is 'n man in sy sewentigerjare. Sy vrou, met wie hy vyftig jaar lank getroud was, is net 'n paar weke gelede oorlede, nadat sy twaalf jaar bedlêend was. Hy is deur 'n moeilike tyd.
Terwyl ons die gesprek lig probeer hou, vra hy my oor ‘n koppie tee: “Hoeveel betaal jy om jou hare in Australië te laat sny?” Nie 'n onredelike vraag nie.
Nadat ek die omskakeling van dollars na roepees gedoen het, antwoord ek hom: “Ongeveer 800 roepees is 'n redelike gemiddelde prys.”
Hy roep in verbasing uit. “Kannie wees nie, ek betaal slegs 8 roepees vir myne.” Dit blyk dus dat George 100 keer sy hare kan laat sny vir die prys van een haarsny in Australië. Dink net, hy sal my ver wen - seker al sy haarkapper in die hemel besoek - vir die prys van my volgende haarsny in Australië!
George is geensins 'n welgestelde man nie. Ten spyte van die feit dat hy baie deurgemaak het, is daar 'n vrede, 'n vreugde, en 'n rustige opgetoënheid in hom, wat jou na hom toe aantrek. Jy sien, George weet dat geld nie vrede kan koop nie.
In Romeine 14:17 staan: Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jesaja 58:11 Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie.
Vreugde, krag, bevrediging, tevredenheid ... dit is maklik om op die verkeerde plekke daarna te gaan soek. Miskien is dit die rede waarom so baie ryk mense, so ongelukkig is. Wat dink jy?
Ek was 'n paar jaar gelede in Indië saam met 'n kollega uit Bangladesh. Hy woon in 'n piepklein landjie, 'n paar honderd kilometer van noord na suid en oos na wes, met ‘n bevolking van160 miljoen mense.
Tydens middagete lyk dit of my kollega sy kerrie met groot geesdrif eet en meer geniet as die meeste ander mense aan die tafel. Hy was 'n goed geklede jong man, opgevoed en intelligent, met 'n regte sprankel in sy oë. Ek het hom uit belangstelling gevra: "Wat eet julle in Bangladesh?" Ek het probeer uitvind of hierdie kos anders is as die van sy vaderland, waar ek nog nooit was nie.
Sy antwoord het my heeltemal uit die veld geslaan: “Meestal rys, hoewel daar party dae geen kos is nie, dan eet ons nie.”
Ek kom uit so 'n welvarende deel van die wêreld en tog is daar te midde van al daardie rykdom soveel ongelukkigheid. Soveel mense is net so begaan oor hulself, hoe hulle lyk en wat ander van hulle dink, dat hulle uiteindelik perspektief verloor. Ware vreugde, opregte vrede; daardie gevoel van rustige vertroue in die lewe, wat nie afhang van geld of selfs 'n vol maag nie, is waarna die mens smag.
In Jesaja 58:11 staan: Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie.
Ware vreugde kom van die Here. Van 'n ryk, kragtige verhouding met Jesus. My vriend uit Bangladesh weet dit.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.
Hoe ouer ons word, hoe meer kan dit voel asof ons onder die bagasie van die verlede gebuk gaan. En hoe langer ons die bagasie saam met ons dra, hoe swaarder word dit ... totdat ons op 'n punt kom, waar ons net tou opgooi.
Het jy geweet dat jou bloedstroom elke drie maande heeltemal hernu word? Elke twaalf maande word elke sel in jou liggaam vervang met 'n nuwe een. En elke agtien tot vier-en-twintig maande word jou hele beenstruktuur hernu? Dis ongelooflik!
Dit wil voorkom asof God se werkswyse is om voortdurend alles te vernuwe. Om die oue te vervang met die nuwe. Dink net, ongeveer elke twee jaar is die persoon wat nou in die spieël na jou kyk, heeltemal ‘n nuwe skepping.
Dit is verstommend dat mense ál die moeite doen om beter te lyk en beter te voel. Hulle gebruik selfs operasies daarvoor, maar ons word buitendien elke klompie maande, heeltemal hernu.
Ja, die liggaam verouder en uiteindelik sterf ons almal. Maar God het hierdie wonderlike skeppings, dis nou vir jou en vir my, gevorm, en spesifiek ontwerp om voortdurend hernu te word. Nie dis nie slegs jou liggaam nie, maar ook jou siel en gees wat die gawe van vernuwing besit.
Die apostel Paulus het dit lank gelede geskryf in:
2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.
En weet jy - dit is presies wat gebeur wanneer jy in 'n verhouding met Jesus tree. Wat ook al die dinge in jou verlede is waaroor jy spyt is, wat ook al die seer is wat jy saam met jou dra, dit word net so relevant soos die dooie vel-selle wat elke minuut van die dag van jou liggaam afval.
Glo jy in Jesus? Dan is jy 'n nuwe skepping. Die verlede is irrelevant. Alles is nuut. Dít is nou goeie nuus. Dít is waar jou nuwe lewe begin. Hier en nou.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 35:17 Hoe lank, Here, sal U dit duld? Red my kosbare lewe van die aanslag van hierdie mense wat my soos leeus bedreig.
Teëspoed is deel van die lewe. Niemand sal dit betwis nie. Maar as teëspoed na ons kant kom, behandel ons dit skielik asof dit die abnormaalste ding is wat nog ooit met ons kon gebeur. Hoekom doen ons dit?
Het jy al ooit opgemerk dat as dit buite koud en nat is, en jy binne lekker knus na 'n goeie film op televisie sit en kyk, hoe vinnig drie ure omgaan? Die tyd vlieg letterlik verby.
Maar as jy in pyn verkeer; koud en nat is; jy onder druk verkeer; of eensaam is; of seermaak voel - dan voel drie ure soos 'n absolute ewigheid. 'n Enkele dag kan voel asof dit nooit end kry nie.
Wanneer jy dus deur ‘n woestynervaring gaan, iets wat ons almal maar te goed ken, is een van die grootste vrae: “Hoe lank Here? Hoe lank?"
Koning David was presies in daardie posisie en hy het presies daardie vraag gevra in:
Psalm 35:17 Hoe lank, Here, sal U dit duld? Red my kosbare lewe van die aanslag van hierdie mense wat my soos leeus bedreig.
Dawid het dikwels in vrees vir sy lewe verkeer; al voordat hy koning van Israel geword het en ook daarna. Hoe meer jy oor hom lees, hoe meer sal jy agterkom hoe God daardie moeilike en gevaarlike tye gebruik het om sy karakter en sy geloof te ontwikkel.
Hoe lank? Gewoonlik is dit nie 'n oomblik langer as wat God nodig het om te doen wat Hy beplan om te doen nie.
Die tydsberekening hang heeltemal van Hom af. Maar weet dit: Hy is in daardie situasie by jou. As jy Hom vertrou, sal Hy jou ‘n vrede en ‘n vreugde gee, wat eenvoudig nie sin maak nie.
Moenie wanhoop nie. Moenie moed opgee nie.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Deuteronomium 31:8 Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”
Hier in die rot-resies van die lewe in die 21ste eeu, is “godsdiens,” God en Jesus vir baie mense …wel, vaag en irrelevant. Ek moet erken dat ek ook destyds so gevoel het, tot op ‘n dag . . .
Ek het 'n bekentenis om te maak. Ek haat hoogtes. Tydens my offisiersopleiding in die weermag, is ek die geleentheid gebied om 'n valskermsprong uit te voer. Nee, nee, ék spring? Jy maak seker ‘n grap? Waarom sou enige regdenkende mens op ‘n hoogte van tien duisend voet uit 'n honderd persent veilige vliegtuig wil spring?
Maar. . . aan die ander kant, as die enjins aan die brand was, of as die vliegtuig besig was om te val, en iemand het my 'n valskerm aangebied, het ek sterk ‘n vermoede dat ek die sprong sou waag.
Daar is mense wat so leef. 'n Huwelik wat dreig om op die rotse te loop. 'n Lewe wat buite beheer is. God het deurgaans, deur Jesus, vir jou ‘n oplossing aangebied. Waarom sou jy dit aanvaar?
Tot nou toe ... tot op hierdie oomblik. . . Hy is geduldig. Soms wag Hy totdat ons lewe so 'n gemors is, dat ons geen ander opsies het nie. Dit is presies wat 'n kwarteeu gelede met my gebeur het.
En weet jy, my enigste verwyt is dat ek dit so lank uitgestel het. Hoekom? Ek weet nie. Maar Hy was die hele tyd daar, besig om te wag vir die regte tyd.
Miskien is dit nóú die tyd vir jou om jou lewe vir Hom te gee. Miskien klop Jesus juis vandag aan die deur van jou hart en wag dat jy sal reageer. Ek wil jou van harte aanmoedig om dit te doen. Dit maak nie saak in watter situasie, onder watter omstandighede of selfs in watter gemors jy jouself vandag bevind nie . . .
Deuteronomium 31:8 sê: Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!
Eish, daar is tye in die lewe wanneer jy net alles wil opgee, die handdoek wil ingooi en in jou dop wil terugtrek. Ek verstaan. Ek was ook al daar. Maar ek het vandag goeie nuus vir jou. God het 'n totaal ander plan.
Laat ek jou vra - het jy al ooit in jou lewe gevoel asof jy 'n mislukking is?
Dit lyk asof almal rondom jou gesonde, bruikbare en produktiewe lewens lei – maar jy voel nutteloos, asof jy vinnig besig is om jou ‘verval datum’ te bereik.
Dit is eintlik ‘n redelik algemene gevoel, veral as jy 'n bietjie ouer word en die sprankelende, jong geslag op jou hakke sien aankom. Dit gebeur op een of ander tydstip met ons almal, en as jy niks het om na uit te sien nie - geen hoop of drome nie - is dit regtig neerdrukkend.
Maar dit is nie God se plan vir jou nie. Inteendeel. Dít is wat Hy vir sy volk Israel gesê het toe hulle op 'n hopelose plek was en ek wil met my hele hart glo dat Hy dit ook vandag vir jou en vir my sê:
Jeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!
Miskien ken jy daardie gedeelte goed, maar hoe beter ons met iets vertroud is, hoe groter is die kans dat ons dit kan miskyk. Maar wag, luister na wat God vandag vir jou sê.
Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!
Hou moed - die beste is op pad.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Korintiërs 10:3-5 Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.
Dit is snaaks hoeveel blinde kolle elkeen van ons het. Ons kan hulle natuurlik nie self raaksien nie. Dis die rede waarom hulle blinde kolle genoem word. Maar ons ervaar die gevolge daarvan. O ja. En hulle maak seer!
Het jy al ooit opgemerk hoe maklik ons aan idees en opinies kan vasklou wat (a) nie so rasioneel is nie en (b) nie so nuttig is nie? Neem byvoorbeeld die idee van: ek weet die beste. Ek moet die hele tyd my sin kry.
Dis net logies dat niemand van ons altyd reg is nie, en as elkeen van ons daarop aandring om elke keer ons eie sin te kry, sal dit chaos afgee. Tog klou ons steeds aan ons eie opinies vas.
Selfsug is nog 'n blinde kol. Ons is tog so goed om dit te ontken. Hoogmoed is nog ‘n grote wat ons leerproses blokkeer. Ons het almal sonder uitsondering, etlike blinde kolle in ons lewens wat ons teen God se wysheid laat vasskop. Hy noem daardie plekke “vestings”; vestings van die intellek wat teen God in opstand is om hulself teen Hom te verdedig.
Maar Hy wil jou met sy bonatuurlike krag bevry van vestings wat jou lewe verwoes. In 2 Korintiërs 10: 3-5 lees ons: Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.
Ek wil vestings die dinge noem waaraan ons regtig styf vashou. En die hartseer ding daarvan is dat, terwyl ons daaraan vashou, ons hande nie vry is om die seëninge wat God ons wil gee, te ontvang nie.
Ondersoek jouself: watter vestings, watter trotse struikelblokke het jy wat jou van God weghou? Is jy bereid om dit neer te lê? Sal jy elke gedagte gevange neem en dit aan Christus gehoorsaam maak?
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Spreuke 15:1 'n Sagte antwoord laat woede bedaar; 'n krenkende woord laat woede ontvlam.
Vertel my, waar het jy die wysheid gekry wat jy vandag het? Waar kom dit vandaan? Is daar leemtes in jou wysheid? Is daar blinde kolle met ongewensde gevolge wat voortdurend by jou spook?
Vir baie jare het ek gedink: “Weet jy, my skooljare in die onderwysstelsel het my baie geleer. Maar dit het my nooit geleer hoe om 'n effektiewe mens te wees nie.”
Dis eintlik blote geluk as jy leer hoe om menswaardig op te tree. Wie ons vandag is, ek en jy, hang volkome af van hoe goed ons ouers en onderwysers daarin geslaag het om goeie waardes aan ons oor te dra; goeie oortuigings, goeie sedes, goeie gedrag.
Ek was regtig verras toe ek die Bybel begin lees. Regtig! Ek het gedink dit moet 'n droë, godsdienstige handboek wees. Wat ek nie verwag het om daarin te vind nie, was verhale en wysheid en dinge wat my gehelp het om ‘n baie beter “ek” te wees. Net een voorbeeld: Ek het in Spreuke 15:1 geleer: 'n Sagte antwoord laat woede bedaar; 'n krenkende woord laat woede ontvlam.
Dit is briljant. Absoluut briljant. Dink net, as elkeen van ons net geleer het om daardie een stukkie goddelike wysheid te midde van konflik uit te leef, hoe anders sou ons wêreld nie gewees het nie!
Daardie twaalf woorde kon lewens verander en inderdaad die verloop van die wêreldgeskiedenis! Daardie twaalf woorde kan 'n omwenteling in jou verhoudings veroorsaak en selfs voorkom dat oorlog uitbreek.
Maar dit is nie net woorde nie. Dit is God se woorde.
Geïnspireer deur die Heilige Gees ... daarom het hulle soveel krag. Dis die einste soort krag wat ek en jy nodig het om dié soort mens te wees waarvoor God ons bestem het.
Die lewe is nie maklik nie ... jy moet jouself afvra, waarom probeer so baie van ons dit op ons eie doen?
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

952 Listeners