
Sign up to save your podcasts
Or


Send us a text
1 Petrus 1:23 Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God.
As jy jouself 'n Christen noem, wil ek jou vra, is jy waarlik 'n Christen? Nie volgens jou eie definisie nie, maar volgens wat die Woord van God sê. Is jy "weergebore" ... of nie? Jou antwoord is baie belangrik!
Ek het onlangs saam met 'n paar mense in 'n motor gery en die gesprek het gehandel oor wat dit beteken om 'n Christen te wees. Dis interessant, want hulle was nie gelowig nie en daarom het ek met groot belangstelling geluister. Hulle vra toe my opinie.
Toe ek begin vertel, het een dame my met minagting en afgryse in haar stem onderbreek: “Ag, ek hoop nie jy is een van daardie weergebore Christene nie!”
Ek het geglimlag, want ek sou 'n paar jaar gelede presies dieselfde gesê het. Ek dink dat sy 'n bietjie in die gesiggevat was, toe ek antwoord: “Wel, dit is die enigste soort Christen wat daar is.”
Kyk wat staan in: 1 Petrus 1:23 Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God.
Om 'n Christen te word, gaan nie oor die opruiming van jou lewe met die hoop dat God jou dan sal aanvaar nie. Dit is heeltemal die teenoorgestelde. Dit is nie iets waarvoor jy kan werk nie, dit is ‘n geskenk wat God aan jou gee wanneer jy die lewegewende boodskap van God glo. 'n Boodskap wat vir ewig aanhou.
Dit is soos 'n splinternuwe begin, wanneer ons met alles wat ons is, met alles wat ons het, met elke hoop en elke droom - glo dat Jesus Christus vir ons gesterf het. Dit gebeur wanneer ons in 'n verhouding met 'n liefdevolle God tree, Een wie se liefde jou totaal verbyster en onsself aan daardie God oorgee.
Dit is wat dit beteken om weer gebore te word. En dit is die enigste soort Christen wat daar is.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 18:1- 5 In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?” Hy het 'n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. En wie so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.”
Ons het almal al gehoor van woordassosiasie. Jy sê swart, ek sê wit. Jy sê meisie, ek sê seun. Jy sê lemoen, ek sê sap. Goed, ons almal snap dit. Hier is 'n woordassosiasie toets vir jou. Ek sê Bybel, en jy sê ... wat presies?
Daar is deesdae party mense wat “die Bybel” sien as 'n ou stowwerige boek, wat slegs verkrampte, godsdienstige fundamentaliste ooit sou kon lees. Dit is 'n teorie wat verkondig word deur diegene wat dit nog nooit gelees het nie. Volgens hulle, is dit enersyds verouderd maar andersyds 'n gevaarlike boek vol reëls vir godsdienstige sotte. Kom ons kyk of dit so is. Kom ons kyk na net een aanhaling, net een ding wat Jesus gesê het in:
Matteus 18: 1-5 In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?” Hy het 'n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. En wie so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.”
Klink Hy vir jou soos 'n godsdienstige versteurde persoon? Of is hierdie ‘n definisie van nederigheid - iets waarby die hele wêreld kan baat vind? Baie van die dinge wat God in sy Woord, die Bybel, sê, is kontra-kultureel. Dit druis in teen die hedendaagse denke.
Ons maak asof dit iets nuuts is, asof die Bybel onlangs verouderd en irrelevant geword het. Maar eintlik was dit omdat Jesus kontra-kultureel was, omdat dit wat Hy gesê en gedoen het, lynreg teen die denke van sy tyd ingedruis het. En dis hoekom hulle Hom gekruisig het.
Die Bybel. ‘n Reëlboek vir godsdienstige sotte, of God se liefdesbrief aan die mensdom? Besluit jy.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Samuel 15:22 Maar Samuel antwoord: “Is brandoffers en ander diereoffers net so aanneemlik vir die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme..
Kan ek jou vra: wat is dit wat jou verhinder om alles vir Jesus neer te lê? Is jy bereid om, wat Hy ook al van jou vra, op te offer? Ons almal het iets waaraan ons vashou. Wat is jou ‘iets’?
Die grootste deel van my lewe het ek 'n sterk vermoede gehad dat Jesus is wie Hy sê Hy is. En iets in my hart het geweet dat ek eendag my lewe vir Hom sou leef.
Maar ek was onervare – ek moes nog dinge doen, plekke besoek, lewenservaring opdoen ... geld verdien. Maar weet jy dat geen van hierdie dinge daardie leemte in my gevul het nie. Diep binne-in my het ek altyd leeg gevoel.
Die rede waarom ek huiwerig was, was omdat ek geweet het dat ek iets moes prysgee. En dít was die verkeerde dinge wat ek nagejaag het. In 1 Samuel 15:22 lees ons: Maar Samuel antwoord: “Is brandoffers en ander diereoffers net so aanneemlik vir die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme.
Gehoorsaamheid. Dit was my probleem. Ek was bang vir dit wat ek moes prysgee. Ek het geweet dat Jesus daar was vir my, maar ek was bang om daardie stap nader aan Hom te neem. As ek nou terugkyk, kan ek selfs gedurende daardie jare, sy hand in my lewe raaksien. En deur daardie vormings jare het Hy my gemaak wie ek is en ek het geen berou daaroor nie.
Daar is net een ding in my lewe wat ek graag sou wou verander: dat ek, toe ek sy stil stem my hoor roep, nie baie vinniger geantwoord het nie. Want weet jy, die dinge wat Hy my gevra het om op te gee, was niks in vergelyking met wat ek gekry het nie.
Moenie bang wees om op sy roepstem te antwoord nie. Dit is absoluut die moeite werd!
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.
Kan ek jou vra om terug te dink aan die laaste keer wat jou planne uitgestel of gedwarsboom is? Hoe het jy gevoel? Hoe het jy gereageer? Wat het jy vir God gesê?
Het jy al opgemerk hoe dinge nie altyd volgens jou plan verloop nie? Jy sien al uit na die resultaat, maar jou plannetjies word dikwels vertraag. Dit is so frustrerend!
Ek weet ek nie van jou nie, maar as ek terugkyk op my lewe, sien ek hoe ek keer op keer vir God probeer vooruit loop het. As 'n jong Christen in die Bybelkollege, was ek so opgewonde, so gereed om die wêreld in te gaan en groot dinge vir God te begin doen ... of so het ek gedink. . .
Maar dit was nie God se tyd nie, en as ek daaraan terugdink, was ek beslis nie gereed daarvoor nie. Dit het agt jaar geneem waartydens Hy die noodsaaklike veranderinge in my aangebring het, voordat Hy my kon vrystel om hierdie werk te doen. Agt jaar kan soos 'n leeftyd voel wanneer jy brand om aan die gang te kom. Maar glo my, God se tydsberekening is altyd perfek. Ons lees in:
Habakkuk 2: 3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.
Ons kan nie die groot prentjie sien nie. Ons wil hê dat dinge nou sus of so moet gaan. Nou dadelik!! Maar ons verstaan nie dat die beproewings waardeur Hy ons lei, nodig is om ons gereed te maak nie.
God het 'n plan vir ons lewens, joune en myne. Dit is 'n goeie en perfekte plan en sy tydsberekening sal altyd absoluut onberispelik wees. Wees net geduldig. Dit sal beslis kom.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 20:30,31 Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.
Ek ken baie mense wat sê dat hulle in God glo, en tog is hul lewe nie naastenby wat Hy belowe het, dit sal wees nie. Maar daar is altyd 'n rede daarvoor. Die rede is dat hulle nie 'n persoonlike ontmoeting met Jesus, sy Seun, gehad het nie.
Ek wonder, wanneer was die laaste keer dat jy 'n boek van voor tot agter deurgelees het? Verlede week, verlede maand ... miskien baie lank gelede.
As jy net een boek kon lees, watter boek sou jy lees? Dis nogal ‘n probleem, nie waar nie? Wie het die tyd? Waar kry jy deesdae tyd om 'n hele boek te lees?
Nou ja, hier’s 'n uitdaging vir jou: daar is een boek wat net twee uur sal neem om te lees. Ons kan mos almal 'n paar uur afknyp?
Dit is een van ses en sestig boeke in 'n versameling wat ons deesdae die Bybel noem. Meer as die helfte van hulle neem minder as 'n halfuur om te lees. Is jy seker jy het geen tyd nie?
Hoe dit ook al sy, die een boek wat ek aanbeveel is die Evangelie van Johannes, die vierde boek van die Nuwe Testament. Dit is 'n weergawe van die lewe van Jesus Christus. En dit is geskryf met 'n baie spesifieke doel in gedagte: Luister wat staan in:
Johannes 20: 30,31 Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.
Ongeag wie jy is of wat jy glo, wil ek jou aanmoedig om die een boek - Johannes – in 'n hedendaagse vertaling te bekom en dit te lees.
Dit is 'n aangrypende vertelling en jy weet nooit of Jesus, terwyl jy lees, dalk net sal opdaag.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 5:15 maar met die genadegawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk.
Baie mense ken die teorie dat Jesus aan die kruis gesterf het vir ons en as ons in Hom glo en as ons op Hom vertrou dan ontvang ons onmiddellik die gratis geskenk van die ewige lewe. Dis mooi woorde, maar dit is 'n hele ander saak om te lewe asof dit waar is.
Dit wil voorkom asof daar nie 'n dag verby gaan, sonder dat ons nog 'n rekening in die pos of in ons e-posbus ontvang nie. Elektrisiteit, water, belasting ... of huur. Voel jy ook asof dit net nooit ophou nie?
Wat dit nog erger maak, is dat hulle ook nooit goedkoper word nie. Bietjie vir bietjie kruip hulle op - drie persent hier, vyf persent daar. Dit word net meer en meer.
Daar is natuurlik die “gratis aanbiedinge” wat hulle op televisie of op advertensieborde adverteer. Hulle is natuurlik “gratis” ... op voorwaarde dat jy net eers dit of dat koop. Dit lyk asof niks in die lewe gratis is nie.
As God dus kom en sê: "My Seun Jesus, het vir jou aan die kruis gely en gesterf, sodat jy die ewige lewe wat Hy daardie dag vir jou gekoop het, heeltemal gratis kan ontvang," dink ons by onsself: "Gratis? Ag nee wat, niks in die lewe is gratis nie! Ewige lewe? Moenie my laat lag nie!"
Ons lees in: Romeine 5:15 maar met die genadegawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk.
Dis 'n gratis genadegawe. Ek en jy kan eendag, heeltemal vergewe, heeltemal skoon en rein in God se oë, voor Hom kom staan. Die rede is omdat Jesus reeds die prys vir ons sonde, wat God eis, betaal het.
Die lewe wat God gee, is 'n genadegawe. Dit is gratis.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 1:16,17 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
Kan ek vandag vir jou vra, wat beteken “Jesus Christus” vir jou? Is Hy enigsins relevant tot jou daaglikse lewe? Of verteenwoordig Hy eintlik, net 'n klomp onrealistiese reëls? Watter waarde hou Hy vir jou in?
Voordat ek 'n Christen geword het, het ek vir jare lank die woorde “Jesus Christus” slegs in woede of as ‘n vloekwoord gebruik. Ek het Christene gehaat en ek het gedink dat selfs die idee dat daar ‘n God is, belaglik was.
Dit wys jou net hoe ver ek van God af was. En tog, toe die tyd ryp was, het Jesus na my toe gekom, sy hand op my skouer gesit en gefluister: “Ek het jou lief.”
Die apostel Johannes verwys dikwels na Jesus as “die Woord”… met ander woorde, Jesus is God wat met ons praat in 'n taal wat ons kan verstaan. En daardie taal is nie 'n klomp reëls en wette nie, maar 'n taal van liefde, 'n taal van genade en waarheid. Ons lees in:
Johannes 1: 16,17 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
Die woord “Christus” beteken die een wat deur God aangestel is. Die woord Jesus (of Yeshua soos dit in Hebreeus uitgespreek word) beteken God se verlossing of God se Verlosser. Dus beteken “Jesus Christus” God se aangestelde Verlosser. Die een wat God gestuur het om ons te red - maar waarvan? Van onsself. Van ons mislukkings. Van ons vrees. Van 'n ewigheid sonder Hom.
Ons kan hardloop. Ons kan wegkruip. Ons kan dit ontken. Ons kan spot. Maar vroeër of later hoor ons Hom almal wanneer ons dit die minste verwag, as Hy fluister: “Ek is lief vir jou.” Dit is 'n afspraak wat God gemaak het. Hoe ons daarop reageer, is iets wat Hy aan ons oorlaat.
Die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 22:2 My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?
Die vierde van die tien gebooie is maklik verstaanbaar. Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie. En tog sien ek dit oor en oor gebeur, selfs onder Gelowiges.Hoekom is dit?
Realiteits-TV bly om een of ander rede steeds op die lug. Hoekom? Want mense kyk daarna.
Het jy al ooit een van daardie voorkoms-opkikker-programme gekyk? Een waar hulle die eienaar op 'n vals voorwendsel vir ‘n tyd lank wegneem, en vir 'n kamer of tuin of selfs 'n hele huis ‘n nuwe voorkoms skep. En dan bring hulle die eienaar terug, met al die kolligte en kameras op hulle gerig, om hul reaksie vas te lê.
En wat sê hulle nege uit die tien keer? Oh my God, Oh my God, Oh my God. Alles vir 'n kamer, of selfs 'n tuin of 'n huis!
En my hart breek as ek na hulle kyk en dink: “As jy maar net geweet het wat jy sê. As jy maar net geweet het dat dit die Naam van God en die woorde van Jesus is, wanneer jy dit sê.” Ons lees in:
Psalm 22:2 My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?
Dit was ook hierdie woorde wat Jesus uitgeroep het toe Hy aan die kruis gehang het en vir jou en my gely en gesterf het.
My God, my God, waarom het U my verlaat?
En wanneer ek en jy hierdie woorde van God lukraak uitroep, raak dit Hom diep en intens, omdat Hy ons innig lief het.
O my God.
Dit is kosbare woorde. Eer God en respekteer sy Naam.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig. (Jesaja 40: 8). Daar is so 'n ongelooflike krag in die Woord, krag om jou vry te maak. Krag om jou lewe te transformeer.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Korintiërs 5:15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.
Daar is iets wat gebeur wanneer ons op Jesus vertrou – op die Seun van God. Op Hom, wat Hy gestuur het om ons sondes weg te neem. En dit is inderdaad die rede waarom God Hom gestuur het om aan die Kruis te sterf. En dit my vriend, was ‘n ontsettende groot gebeurtenis. Dit het die hele gang van die geskiedenis verander.
Party dae voel dit asof jy jou bes probeer, maar op een of ander manier is jou beste, eenvoudig nie goed genoeg nie. Ek het al so gevoel. Jy het seker ook al so gevoel. Ons kyk na onsself in die spieël en wonder: 'Wat is fout met my? Waarom is ek so? ” Op een of ander manier kan ons net nie die uitdagings wat ons in die gesig staar oorkom, of aan die verwagtinge van mense om ons, voldoen nie. En dis dan wat jy 'n klein, stemmetjie hoor sê:
Dit is nie hoe Ek jou sien nie.
Hoe nou?
Toe my Seun aan daardie kruis gesterf het - het Hy vir jou gesterf. Hy het al jou gevoelens van 'nie goed genoeg nie' op Hom geneem. Ek sien hulle nie meer raak nie.
Regtig? Wat beteken dit?
Dit beteken dat as Ek na jou kyk, sien Ek jou soos jy veronderstel was om te wees. En as ek saam met jou die pad stap en jy saam met My, treetjie vir treetjie, sal jy die persoon word, wat Ek jou gemaak het om te wees.
Dis natuurlik nie my woorde nie, kyk wat staan in:
2 Korintiërs 5:15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.
Ja, dis korrek, Jesus het gesterf sodat jou sondes vergewe kon word. Ja, Hy het die prys betaal ... maar met 'n einddoel in gedagte; dat hulle nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.
Dit is 'n nuwe lewe. 'n Lewe wat ons vir Hom leef. Die verlede is irrelevant. In Christus lê ‘n heerlike toekoms voor. Die geheim is om vir Hom te leef, nie vir jouself nie.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Timoteus 6:18,19 Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle 'n skat as 'n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry.
Watter dinge in jou lewe maak jou gelukkig? Die dinge wat jou hart laat sing en jou gees laat sweef? Wat is die dinge in jou lewe wat vir jou die kosbaarste is?
Oor die jare was daar ongelooflike vooruitgang op die gebied van tegnologie.
Aan die einde van die sewentigerjare, toe ek my eerste IT-graad gedoen het, het ons ‘n massiewe rekenaar gehad wat 'n hele kamer beslaan het. Dit het rolle papier en ponskaarte gebruik. Vandag het ek 'n slimfoon in my hand wat twee miljard keer meer as daardie eerste rekenaar se stoorkapasiteit het.
In die vroeë 2000's het ek saam met 'n tegniese ghoeroe in die VSA geëet, en ek kan onthou dat hy gesê het: "Jy weet, binnekort sal ons alles op niks kan bêre." Wel, ek dink daardie tyd het aangebreek.
Nou wonder ek maar; is ons vandag gelukkiger met al die vooruitgang op die gebied van die tegnologie? Is ons lewens ryker? Laat hierdie dinge ons harte sing en ons gees sweef?
Dit lyk vir my asof ons ons hele lewe besig is om alles aan niks te bestee. Ons wil tog uiteraard net leef. Ons wil ‘n vervullende lewe hê. 'n Toekoms. 'n Hoop. 'n Ewigheid. Ons lees in:
1 Timoteus 6: 18,19 Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle 'n skat as 'n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry.
Jy kan alles besit wat hierdie wêreld kan bied en tog niks hê nie.
Of jy kan lossies vashou aan dit wat jy het; dit gulhartig deel met ander en ‘n vervullende lewe hê.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

952 Listeners