God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • God is die God van ‘n Nuwe Begin

    Send us a text

    Psalm 40:2-4 Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op 'n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop. Hy het my 'n nuwe lied in die mond gelê, 'n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou!

    Soms lyk dit asof niks ooit sal verander nie, asof niks ooit beter gaan word nie. Sien God nie wat besig is om te gebeur nie? Het jy al so gevoel? Toemaar, vandag het ek goeie nuus vir jou.

     

    Net wanneer dit lyk asof niks ons uit hierdie treurige bestaan gaan red nie en of niks ooit beter gaan word nie, kom daar iemand wat sê:

     

    “Het jy geweet dat God 'n God van ‘n nuwe begin is?”

     

    “Ag asseblief,” hoor ek iemand dink. "Regtig? Daar’s niks wat ooit verander nie. Niks gaan ooit regkom nie.”

     

    Kan ek in die rukkie wat ons saam is, net een ding met jou deel? Wat ook al in jou lewe aangaan, wat ook al jou pyn is of jou vrees, jou frustrasie, eensaamheid, fisiese pyn, verlies of teleurstelling ... God wil ingryp en vir jou 'n nuwe begin gee.

     

    Koning Dawid van Israel, wat beslis hierdie emosies beleef het, het in Psalm 40: 2-4geskryf: Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op 'n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop. Hy het my 'n nuwe lied in die mond gelê, 'n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou!

     

    Luister na my: God is die God wat jou sal oprig, jou voete op vaste grond sal sit en 'n nuwe lied, 'n loflied, in jou hart en op jou lippe sal plaas.

     

    Moenie tou opgooi nie, glo in Hom ... wag dat Hy jou uittrek uit jou slymerige put. Hy is die God van ‘n nuwe begin.

     

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Tyd Vlieg

    Send us a text

    Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

    Ek het onlangs saam met 'n paar vriende gekuier en ons het oor die toekoms gepraat.  Hierdie vriende was almal baie ouer as ek, met die gevolg dat die onvermydelikheid van die dood, vir hulle ‘n groter realiteit was.

    Kan jy dit glo? Hier is ons, dit is al die middel van September. Hoe het dit gebeur? Waar is hierdie jaar heen? Voor ons onsself kan kry, is dit weer Kersfees!

    Ek onthou toe ek 'n kind was, hoe my ouers dikwels gesê het: “Ai, dit lyk asof die jare al hoe vinniger verby vlieg”. Ek het gedink hulle is simpel. Elke jaar op skool het soos ‘n ewigheid gevoel.

    Nou ja, my pa is nou al amper 'n kwarteeu lank dood, my ma het nou die dag negentig geword en ek is in my sestigerjare! En ek moet sê dat hulle reg was! Dit lyk asof die jare al hoe vinniger verbyvlieg!

    Dit is maar hoe dit is.

    Wat hou die toekoms vir ons in? Net nog 'n jaar wat een van die dae eindig en dan is dit die volgende jaar en die volgende en die volgende ... en waarheen dan? In Johannes 14: 6 lees ons:

    Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

    Gelukkig weet ek hoe my “en waarheen dan?” gaan lyk. Dit is 'n ewigheid by God, want ek glo in Jesus. Jesus wat aan daardie kruis vir jou en vir my gesterf het. Dieselfde Jesus wat weer opgestaan ​​het om vir ons die gawe van die ewige lewe te gee. Dié Jesus wat sy Heilige Gees gestuur het om elkeen, wat sy lewe aan Hom toevertrou, te vul.

    ‘n Ewigheid saam met Jesus. Dit is waar my "en waarheen dan?" gaan wees. Wat van joune?

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Onversetlik Vasklou

    Send us a text

    Lukas 4:18,19 “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

    As jy net om jou kyk, sien jy hoe mense se vernietigende gedrag, nie slegs hulle eie lewens nie, maar ook die om hulle verwoes! Dis maklik om die vinger na ander te wys, maar is ons bereid om in die spieël te kyk? Hmm?

     

    Het jy al agtergekom dat jy, ten spyte van die feit dat jy weet dat jou gedrag vernietigend is, onversetlik daarmee voortgaan?

     

    Ons doen dit almal somtyds. Ons gaan hardkoppig voort met ons verkeerde houdings en gedrag, asof ons hierdie keer ‘n positiewe resultaat gaan kry. Dis mos ons reg! Reg? Dit is totaal  irrasioneel! Ons gedra ons soos 'n bulhond wat aan sy been vasbyt - ons wil net nie laat los nie. En dit beïnvloed uiteindelik nie net ons eie lewens nie, maar ook die lewens van die mense om ons.

     

    Jesus het die boekrol van die profeet Jesaja oopgerol en hierdie woorde oor Homself gelees:

    Lukas 4: 18,19 “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

     

    Vrylating van gevangenis? Laat ‘n mens dink . . .  So dikwels wil ons hê dat Hy ons moet bevry van ons omstandighede, van ander mense, of van finansiële probleme. Ons vergeet dat die eintlike ding, waarvan ons bevry moet word, onsself is!

     

    Jesus is waarskynlik nou besig om jou bewus te maak van iets spesifieks waaraan jy vasklou. Kan ek jou aanmoedig om dit te bely en in sy hande te plaas. Moenie daaraan vashou nie. Laat dit gaan.

     

    Laat Jesus jou vrymaak.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Huweliksmaats

    Send us a text

    1 Petrus 3:7 Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

    Waarom eindig so baie huwelike in 'n egskeidingshof of ontwikkel dit in 'n voortslepende vreugdelose bestaan? Waarom gebeur dit? Die huwelik was tog bestem om ‘n ongelooflike seëning van God te wees? Dit het so goed gegaan aan die begin, dit was so romanties. Waarheen het die aanvanklike vreugde verdwyn? Hoekom het dit gebeur?

     

    Ek en my vrou, Jacqui, was onlangs vir ‘n paar dae alleen weg – weg van die huis, weg van die gesin en werksverpligtinge. Net die twee van ons. ‘n Week van volkome rus op ons eie.

     

    Jy weet, dit is eers wanneer jy uitspan, dat jy besef hoe hard jy gewerk het en hoe moeg jou liggaam en gees regtig is.

     

    Wag nou, moet my nie verkeerd verstaan nie; daar is absoluut niks verkeerd met harde werk nie - ek is self 'n groot voorstander daarvan! Maar ek weet: God het my die mooiste en die beste vrou gegee. Sy is, sy seën vir my. Dit is wonderlik, maar tog so maklik vir ons almal om ons geseënde huwelike as vanselfsprekend te aanvaar.

     

    Soos baie ander paartjies werk ons hard, maar ons wil ook graag spesiale tye saam deurbring. Ons het die begeerte om net saam te wees, te rus en mekaar tot seën te wees. En dit is 'n fantastiese ding om te doen. 

     

    Kyk wat lees ons in 1 Petrus 3: 7: Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

     

    Kan ek julle getroude paartjies aanmoedig om jul huweliksmaats met respek te hanteer? Om af en toe iets spesiaals te beplan. Om mekaar te verras – dalk ontbyt in die bed? Of daardie spesiale afspraak? Dit hoef nie ‘n spul geld te kos nie.

     

    Die huwelik is so 'n seën van God ... en dit is so maklik, so maklik, om dit te vergeet.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Sit agteroor

    Send us a text

    Matteus 11:28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”

    Enige gelowige wat God opreg wil volg, sal op een of ander stadium agterkom dat dit harde werk is. Nou wat is die antwoord dan? Moet ek moed opgee en terugkeer na 'n lewe van gemak? Of moet ek harder werk tot ek uitbrand? Of is daar miskien 'n derde opsie?

     

    Ons begeer almal ‘n gemaklike lewe. 'n Gemaklike stoel, ‘n gemaklike rit, goeie koffie, lekker kos, lugversorging, vermaak op aanvraag . . .  Ja, ons wil almal sommer net gemaklik wees. Maar daar is tog ‘n deeltjie diep binne-in ons, wat graag iets in die lewe wil bereik; ons wil uitgedaag word, moeilike dinge, selfs soms onmoontlike dinge, vermag.

     

    Die geheim is om die balans te vind. Ons moet almal rus, en ons moet almal gestimuleer en uitgedaag word. Maar, op die ou end wil ons maar net hê die lewe moet maklik wees. Ons leef maar voort en ontwyk nuwe uitdagings. Maar so ‘n bestaan is tog so onbevredigend, nie waar nie?

     

    En dan kom Jesus - die Jesus waarvan die Bybel praat – en sê: "Neem jou kruis op en volg My."

     

    Wag 'n oomblik, ek wil gemaklik wees. Kruis? Kruis?! Waarvan praat ons? ‘n Kruis?

     

    Maar kyk wat lees ons in Matteus 11: 28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”

     

    Dis nie maklik om Jesus te volg nie. Maar as ons uitgeput en moeg voel en dringend rus nodig het ... kan ons na Hom toe gaan. By Hom sal ons ontdek dat daar werklik ‘n derde manier van lewe is –‘n lewe in die geloof.

     

    Ja, daar is 'n prys ... maar Jesus is hier, net hier, om jou te help om daardie vrag te dra.

     

    Sy juk is sag en sy las is lig.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Hongersnood?

    Send us a text

    Psalm 63:6,7,8a Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet, sal ek U altyd roem met jubelende mond. As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek: U is my hulp 

    Mense kla deesdae oor dieselfde ding. Dit is die gevoel dat ons, ten spyte van die feit dat ons onsself tot oorlopens gevul het met alles wat hierdie wêreld kan bied, op die een of ander manier nog steeds leeg, onrustig, en ontevrede voel. Ons weet dat daar iets meer moet wees.

     

    Ek is een van die mal ouens wat daarvan hou om vroegoggend op te staan ​​- gewoonlik so drie-uur of drie dertig. Ek is dol daaroor!

     

    Gevolglik, is ek doodhonger teen sewe-uur. En dit is my ontbyt tyd. Toe ek die ander oggend my spek en eiers geniet, dink ek opnuut daaraan hoe wonderlik dit is. Die meeste van ons eet dag na dag, na dag ontbyt, middagete, aandete . . .

     

    Nou-ja die meeste van ons kan seker sonder ‘n probleem ‘n maaltyd of twee oorslaan, maar as ons lank genoeg sonder kos bly, sterf ons. 

     

    Sê nou dit werk op geestelike vlak op dieselfde beginsel? Sê nou ons gees, moet net soos ons maag gevoed word? Sal ons gees, as hy lank genoeg honger ly - sterf?

     

    Ek het die idee dat die omvang van geestelik hongersnood deesdae geweldig groot is. Kyk wat het Israel se koning Dawid vir God gesê, terwyl hy in die woestyn van Juda, hongersnood gely het en vir sy lewe moes vlug. Ons lees in:

     

    Psalm 63: 6-7 Ek sal U my lewe lank loof, my hande ophef om u Naam te prys. Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet, sal ek U altyd roem met jubelende mond. As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek. U is vir my ’n hulp

     

    Die waarheid is, dat ons méér nodig het as kos. Baie meer. Ons kan onsself volstop met kos en alles wat die wêreld bied, maar sonder God, sal ons nooit tevrede wees nie.

     

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • God se Vingerafdrukke

    Send us a text

    Hebreërs 11:3 Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.

    Het jy al ooit gedink dat daar iets meer aan die lewe moet wees as ‘n malle gejaag na wind? Dit kan tog nie al wees wat die lewe bied nie. Daar moet beslis iets meer wees!

    Laat ek jou iets vra - as jou motor teen die spoed van lig kon beweeg, sou jou kopligte nog werk? Nogal ‘n goeie vraag. Ek was mal daaroor om fisika te studeer, of dit nou sterrekunde was, waar ek oor die heelal geleer het, of kwantummeganika om die atoom te probeer verstaan.

    En die snaakste ding hiervan is, dat soveel van die dinge wat ons dink ons ​​weet, tog maar slegs op onbewese, wetenskaplike teorieë gegrond is.

    Die heelal is inderdaad 'n merkwaardige plek. Dink net  aan die oneindige heelal, waarvan ons net ‘n klein deeltjie kan sien, tot by 'n onsigbare elektron wat ons aanneem bestaan. . . En tog gee party mense voor dat dit alles per ongeluk tot stand gekom het!

    Aan die anderkant kan ons vra: “Is dit waar? God, het U dit alles vir my geskep? Jesus, het U my regtig so lief gehad, dat U in my plek aan die kruis sou sterf? Vader is U plan vir my die Ewige Lewe?”

    Nee, my vriend, ek kan nie vals wees nie. As ek opkyk na die Melkweg, of na die ongelooflike begaafde mense om my, of selfs, om die waarheid te sê, na my hond, kan ek nie vir ‘n oomblik enige ander teorie aanvaar nie.

    God se vingerafdrukke is oor alles.

    Daar is soveel meer in die lewe as wat ons kan sien, meer as dit wat ons dink ons ​​weet. Miskien is dit die rede waarom soveel mense deur die lewe swerf met 'n knaende gevoel dat daar iets meer moet wees. Maar kom ons kyk wat staan in:

    Hebreërs 11: 3 Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie. 

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Wil jy ‘n Reënboog Hê?

    Send us a text

    Genesis 9:16,17 Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.” God het vir Noag gesê: “Dit is dan die teken van die verbond wat Ek tot stand gebring het tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”

    Wanneer jou bootjie op ‘n stormsee rond dobber, klou jy aan God se beloftes vas? Herinner jy jouself aan God se goedheid? Vertrou jy op God se getrouheid ... Hmm, dis makliker gesê as gedaan, nè!

    'n Reënboog is vir my een van die aanskoulikste gesigte van die hele skepping.

    Die spatsel lig en kleur wat op 'n agtergrond van donker stormwolke geverf is, is wat dit so pragtig maak. Maar weet jy, as jy 'n reënboog begeer, moet jy die reën verduur!

    Ek weet nie waarom God soms toelaat dat donker storms ons lewens bedreig nie, maar Hy laat dit toe. En dan eendag, kom verf Hy sy oorvloedige lig oor daardie donker agtergrond; 'n lig wat soveel helderder is, kleure wat soveel ryker is - en net daar wis Hy die donkerte van die storm uit.

    Noag en sy gesin was veertig dae en veertig nagte lank saam met al die diere in hul ark. Dit moes 'n vreeslike tyd van storms en reën gewees het. Maar toe dit verby was, het God hulle gerusgestel. In 

    Genesis 9: 16,17 lees ons: Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.” God het vir Noag gesê: “Dit is dan die teken van die verbond wat Ek tot stand gebring het tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”

    Daardie reënboog was 'n teken van God se belofte dat Hy nooit weer die hele aarde sou laat oorstroom nie.

    Net wanneer die storm verby is, terwyl die aarde nog vars van die reën is, verskyn die reënboog. En op daardie oomblik ervaar jy ‘n onbeskryflike skoonheid, wat jou herinner aan God se beloftes. ‘n Wonder wat sonder die storm, nie moontlik sou gewees het nie.

    Miskien is dit die rede waarom daar storms daar is.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Gewete

    Send us a text

    Jesaja 30:21 Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.”

    Dikwels, wanneer een van God se kinders onseker voel, vra hul hulself: “Watter rigting wil God hê moet ek inslaan?” Hulle voel effe ongemaklik oor hul besluit, maar hulle ignoreer dit, want dis seker net hulle gewete. Het jy al ooit so gevoel?.

    Die die mantra van ons tyd is: As jy lus voel om iets te doen, doen dit!. Maar jy weet, ons wil so graag doen wat al die ander mense doen, want dit klink so goed. Maar al wil ons hoe graag saam met die stroom gaan, weet ons êrens, diep binne-in ons harte, dat ons dit nie behoort te doen nie.

    Hulle sê jou gewete is die klein krapperigheid in jou, wat seermaak wanneer jy eintlik goed voel. Hoekom is dit? As jy regtig ontstaan ​​het uit die oer-slym van ‘n saamgeflansde versameling lewende stowwe; wat is die rol van jou gewete dan?

    Daar is natuurlik die moontlikheid dat God die Skepping deurgekyk en gesê het: Dit is tyd om die mens na ons beeld te maak - man en vrou het Hy hulle geskape.

    As jy dit glo, begin die belangrikheid van die gewete skielik sin maak. Want dan kry jou gewete 'n nuwe betekenis, omdat jy verstaan dat die gevoel van reg en verkeerd deur God daar geplaas is.

    En dit is die sleutel, want jou gewete is een manier waarop God met jou praat. Hoe werk dit? Ons lees in:

    Jesaja 30:21 Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.”

    Verstaan jy nou? Jou gewete is daardie stil, sagte stem wat met jou praat. Die stem wat diep in ons harte vir ons wys watter keuse ons moet maak.

    Moet dus nie dink dat jou gewete nie die vermoë het om God se stem te hoor nie. Want as God so met jou praat, sal Hy vir jou die regte pad wys.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Nie in die Wind, Aardbewing, of Vuur nie

    Send us a text

    1 Konings 19:11,12 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte.

    Daar is 'n groot behoefte onder sommige van God se mense, om Hom te hoor praat. Hulle is nie tevrede met kennis oor God nie. Nee, hulle wil God self beter leer ken.

     

    Nou-ja, hier is 'n vraag wat baie gelowiges so effens ongemaklik laat voel. Hoe hoor jy God? Hoe sê Hy vir jou wat sy wil vir jou lewe is?

     

    Soms hoor jy iemand sê: 'God het vir my dit gesê', of 'God het dat vir my gesê.' Goed, maar hoe het Hy dit of dat vir hulle gesê? Op watter manier het hulle gehoor dat Hy met hulle praat?

     

    Ek dink soms verwag ons dat God op 'n groot, flitsende, kragtige manier sal verskyn. En Hy doen dit soms, as dit Hy wil. Maar die meeste kere is glad nie so nie. Die meeste kere is regtig baie anders. Kyk hoe praat die Here met Elia. Ons lees in:

    1 Konings 19:11,12 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte.

     

    Is dit nie 'n wonderlike prentjie wat God daar vir ons skilder nie? Hy praat nie deur die sterk die wind, wat die berge uitmekaar skeur, nie. Nie deur die aardbewing nie. Nie deur die vuur nie. Maar in ‘n stil, sagte stem.

     

    Vandag, waar ons 24/7 met die wêreld in verbinding kan wees; waar ons soveel opsies het, soveel dinge het om ons aandag af te trek, moet ons baie stil raak as ons die stil, sagte stem van God wil hoor.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

952 Listeners