
Sign up to save your podcasts
Or


Send us a text
Psalm 52:10 Maar ek staan sterk soos 'n welige olyfboom; ek is in die huis van God en ek steun altyd daarop dat Hy vir my sorg.
Ek is oud genoeg om die outydse swart-en-wit televisie stelle te onthou. Dit is immers waarmee ek grootgeword het. Maar toe ek eendag die eerste keer ‘n kleur-TV in 'n winkelvenster sien, was ek heeltemal betower. Tot op daardie stadium het ek geen idee gehad wat ek mis nie.
Ek het die ander dag 'n pragtige foto gesien. Dit was 'n swart-wit nabyskoot van ‘n struik in 'n tuin. En daarop sit daar toe 'n pragtige helder oranje vlinder, wat ‘n verruklike kontras op die swart-wit agtergrond vorm. Dit is 'n foto waarna ek keer op keer kyk, want dit spreek tot my op diep vlak.
Voordat Jesus in my lewe ingekom het, het ek gedink dat ek ‘n heel skaflike lewe het. Maar, as ek vandag terugdink, besef ek dit het soos die swart-wit-agtergrond van die foto gelyk.
Die dag toe Jesus in my lewe instap, beland 'n verruklike kleurskyf in die middel van my landskap. Nee wag, dis nie heeltemal reg nie. Dit het my in die middel van my wese getref; dit het soveel dinge verander - wie ek is, hoe ek die wêreld sien, selfs hoe ek oor die toekoms voel. Hierdie lewendige kleur het my hart, my wese, my plat, monochroom lewe heeltemal verhelder.
En daardie gevoel van verwondering en ontsag, van lig en kleur, het my nog nooit verlaat nie. Maak dit sin? Wat eers dood was binne-in my, het lewe gekry.
Koning David het dit effens anders gestel in:
Psalm 52: 8 Maar ek staan sterk soos 'n welige olyfboom; ek is in die huis van God en ek steun altyd daarop dat Hy vir my sorg.
Dit is wat gebeur as Jesus die kern van jou lewe word. Dit maak nie saak waarheen jou lewenspad loop nie, dit maak nie saak hoe plat of monochroom of leweloos die hede is nie, maar ‘n oorvloedige polsende lewe wag op jou.
Die antwoord is Jesus.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 4:18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.
Ek weet nie of jy in God glo nie. Ek het uiteraard geen idee waar jy ten opsigte van geloofsake staan nie, maar daar is vandag iets op my hart wat ek met jou wil deel. Eintlik is dit die heel belangrikste ding wat ek ooit met jou kan deel.
Dis 'n snaakse ding; iets onbekend kan van ver af vreesaanjaend voorkom, maar diep in ons hart weet ons dis die regte ding.
Neem byvoorbeeld verandering. Verandering is onvermydelik, maar dit bevat dikwels 'n element van vrees. Wat sal gebeur as my plan nie werk nie? Wat sal gebeur as ek misluk? En wat sal gebeur as alles net erger word in plaas beter? Ons ervaar almal daardie gevoel van afwagting aan die een kant, maar vrees aan die ander kant.
En weet jy, dis maklik om na Jesus te kyk en te glo dat Hy goed is, maar wat doen ek dan? Wat doen ek, as Hy my dan vra om iets te doen wat ek nie wil doen nie? Wat gebeur as ek met volle oorgawe besluit om Hom te volg en dit werk nie soos ek gedink het dit sou nie?
Jy hoor Hom fluister - 'Ek is lief vir jou'. Jy voel daardie verlange, daardie hartsbegeerte om Hom te volg. Miskien is dit vandag die dag vir jou om daardie stap te neem. Miskien is dit vandag die dag om daardie uitnodiging te aanvaar. Miskien is dit vandag die dag om met 'n ander perspektief na Hom te kyk. Ons lees in:
Matteus 4: 18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.
Hoor jy vandag hoe Jesus na jou roep? Volg hom.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 11:18,19 “Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: ‘Hy is van die duiwel besete.’ Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, en hulle sê: ‘Kyk daar, 'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en sondaars.’ Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.”
Een van die hartseerste dinge wat ek dwarsdeur die wêreld waarneem, is mense wat godsdiens beoefen en al die dinge doen, wat hulle dink God sal behaag, sonder om Hom ooit werklik te leer ken.
Stel jou die volgende prentjie voor: Jesus kom na die stad en hulle behandel Hom soos 'n groot ster. Al die besighede en al die skole sluit. Boere kom van hul plase om Hom te hoor praat. Die skare verdring mekaar om Hom te hoor.
Hy is die Seun van God, maar dan, in plaas daarvan om na die plaaslike biskop se huis te gaan vir ete, gaan Hy na 'n tollenaar se huis. Tollenaars was deur die Jode verag omdat hulle tolgeld vir die Romeine geïn het. Daarby het hulle dikwels hulle landgenote afgepers.
Jesus verkies die geselskap van tollenaars; hy drink wyn en eet saam met hulle, terwyl hy die godsdienstige leiers, die belangrike manne in die stad, ignoreer. En hulle reaksie? Dit is hoe Jesus dit gestel het in:
Matteus 11: 18,19 Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: ‘Hy is van die duiwel besete.’ Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, en hulle sê: ‘Kyk daar, 'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en sondaars.’ Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.”
Die godsdienstige elite het Hom belaster. Dink net: Hy ignoreer hulle en kuier saam met die tollenaars. Dis ongehoord!
Jesus het siekes en blindes genees, diegene wat verwerp is, liefgehad en melaatses aangeraak. Hy het selfs die dienskneg van 'n Romeinse offisier genees.
Dit is die rede waarom die godsdienstige leiers Hom gehaat het. Hierdie aardse, opregte Jesus-liefde het nie by hulle godsdiens en selfgeregtigheid ingepas nie. Hieroor het hulle beplan om Hom dood te maak. Hulle het Jesus gekruisig. Dit is wat godsdienstigheid uiteindelik doen. Dit kruisig Jesus.
Wat verkies jy? Godsdiens ... of Jesus?
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 10:8,9 Nee, die Skrif sê: “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.” En hierdie woord is die boodskap van die geloof, en dit is wat ons verkondig: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.
Ek het onlangs saam met ou vriende van my geëet. Hulle was regtig ‘ou’ vriende. Sy was in haar tagtigs en hy in sy negentigs. Terwyl ons gesels, besef ek dat hulle op hul ouderdom 'n heel ander siening van die lewe het as ek.
Nie een van ons hou daarvan om te veel oor die dood te dink nie, maar of ons wil of nie, dis ‘n werklikheid. Ek en jy sal eendag ons laaste asem op hierdie aarde uitblaas. Ons kan nou grappies maak oor die dood, maar as die dood ons in die gesig staar - soos dit eendag sal - is dit nie ‘n grap nie.
Ek was altyd bang vir die dood. Ek onthou hoe ek 'n paar jaar gelede op ‘n vlug na Christchurch in Nieu-Seeland ‘n angswekkende landing beleef het. 'n Koue front het deur die lughawe beweeg net toe ons land. Ek was so bang. Maar toe verander iets vir my.
Diep in my hart, het ek my lewe, elke greintjie van my wese in Jesus se hande geplaas. Hoe?
Ek het gesê: “Here alles wat ek is en alles wat ek het, ek elke hoop en elke droom. Gee ek vir U.” Dit het beteken dat ek op Hom vertrou en in Hom glo, en dat ek weet dat, omdat Hy gesterf het om vir my sondes te betaal, ek vir ewig sal lewe. En sonder dat ek dit eers besef het, het die vrees vir die dood verdwyn.
Moet my nou nie verkeerd verstaan nie, ek het soveel om voor te leef en so baie wat ek nog wil doen. Maar wanneer daardie dag aanbreek . . . Ek is gereed. Ons lees in:
Romeine 10: 8,9 Nee, die Skrif sê: “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.” En hierdie woord is die boodskap van die geloof, en dit is wat ons verkondig: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.
Wat van jou? Is jy gereed?
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 10:10 ’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.
Dis baie hartseer om daaraan te dink dat die lewe vir baie mense altyd vaal en leweloos voorkom. Ek weet ons gaan almal maar van tyd tot tyd deur so ‘n fase, maar dis nie veronderstel om permanent te wees nie. Dit was nooit God se plan vir jou om 'n vaal, kleurlose lewe te lei nie. Nee, nooit nie.
Ek het 'n wonderlike dogter, Melissa. 'n Paar jaar gelede toe sy nog in die huis was, het ons besluit om haar slaapkamer te verf. Die mure was net 'n vuil wit kleur en dit het regtig 'n vars laag verf nodig gehad.
Ons het baie dapper gevoel en besluit op ‘n diep, helder pers vir die een muur en 'n sagte wit vir die res van die kamer. Die verwery het net twee dae geduur en jy kon eenvoudig nie die transformasie glo nie. Twee dae en twee blikkies verf later, het dit soos 'n splinternuwe kamer gelyk. Dit was ongelooflik.
Kleur maak 'n groot verskil aan die lewe.
Jesus het gesê dat Hy vir ons ‘n oorvloedige lewe beplan. Ons lees in:
Johannes 10:10 ’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.
Nou ja, as Jesus is wie Hy sê Hy is - die Seun van God, die Skepper van die Heelal - dan kan ons saamstem dat Hy kleur geskep het.
Kyk om jou rond. Daar is letterlik miljoene skakerings van kleure in hierdie wêreld. “Oorvloedig” sal dit nooit kan beskryf nie, of hoe? Wat sou die lewe sonder daardie kleure wees?
Kan ek jou vra? Is jou lewe vol oorvloedige kleur, of is dit 'n lewelose, vaal-vuil lewe?
Miskien is dit tyd om jou lewe in te kleur. Miskien is dit tyd om na Jesus toe te kom en Hom te vertrou om 'n ongelooflike transformasie in jou te bewerk.
Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Johannes 5:14,15 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.
As jy aan God dink en al die hooi wat Hy op sy vurk het, dink jy dat Hy op hierdie oomblik aandag aan jou probleme kan gee? Is Hy betrokke… of is Hy êrens besig met iets anders?
Ek het 'n kat by die huis en haar naam is Doggy. Rare naam vir 'n kat, nè?
Elke oggend wanneer ek kombuis toe gaan om 'n koppie tee te maak, sit sy daar buite op die vensterbank en vra om binne te kom.
Doggy weet hoe om ‘n mens te manipuleer. Dis haar truuk; sy sit daar en maak seker dat jy haar moet sien! Die houding, gesigsuitdrukkings en oogkontak. . . Ek is seker sy sou 'n driedubbele bollemakiesie slaan, as sy kon, net om aandag te trek, net om te sê: “Laat my in.”
Ek het in die verlede gedink dat dit só met God sou werk. As ek uiteindelik na Hom toe gaan met iets, sal ek bollemakiesie moet slaan om sy aandag te trek. Ek sal seker ook spesiale gebede, of die een of ander geheime formule moet hê, of ek sal eers moet seker wees dat my lewe rein is. Ek sal sekerlik iets indrukwekkend moet doen, voordat Hy my kan inlaat.
Nee, dis nie hoe dit met God werk nie. Ons lees in:
1 Johannes 5: 14,15 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.
Wat jy ook al vandag op jou hart het, wat jou ook al pla, wat jy ook al nodig het, wat jou seergemaak het; praat sommer nou met God en vra Hom.
Kan dit regtig so eenvoudig wees? Natuurlik kan dit.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Spreuke 12:15 In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad.
Is dit nie snaaks hoe dit altyd die klein dingetjies is wat ons in die steek laat nie? Een klein vonkie kan 'n hele woud afbrand. Een klein klippie kan 'n perd verlam. Ja, soms moet jy maar mooi bedag wees op die klein dingetjies.
Ek het onlangs 'n nuwe waaier oor die stort in my badkamer laat installeer om die vog uit te suig - die ou een het die gees gegee. Hierdie nuwe een het 'n splinternuwe blink aluminium rooster wat regtig mooi lyk teen die wit teëls.
Toe ons die skakelaar probeer aanskakel, het dit nie gewerk nie. Daar was net so 'n brom-geluid, maar die waaier wou nie draai nie. Die elektrisiën moes terugkom om dit reg te maak.
Dit blyk toe dat daar die kleinste, klein klippie tussen die waaier-lemme en die buitenste omhulsel is. Die oomblik toe hy dit verwyder, het alles begin werk soos dit veronderstel was om te werk.
Ek en jy kan ook aan die buitekant fantasties lyk, maar is dit nie waar dat die kleinste klein dingetjies aan die binnekant ons kan keer om te werk soos die Vervaardiger dit beplan het nie? Jy weet mos, dis daardie gebreke in ons mondering wat ons terughou. Ons kan probeer om hulle te ignoreer, maar hulle sal ons altyd van lewenskwaliteit beroof.
Kom, wees eerlik vandag. Wat is die klein klippie in jou lewe, in jou samestelling, of jou denkwyse wat jou terughou? Kan jy dit vasvat? En indien wel, wat gaan jy daaraan doen? Kyk wat staan in:
Spreuke 12:15 In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad.
Die kans is goed dat jy iemand na aan jou, tot raserny dryf deur daardie einste klein klippie. Hulle het jou seker ook al oor-en-oor daarvan vertel?
Die vraag is: Wat gaan jy daaraan doen?
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 51:12-14 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien.
Dis sekerlik die moeilikste ding op aarde om te erken dat ons verkeerd is. Jy ken die storie. Jy hou aan om iets verkeerds te doen, al weet jy voor jou siel dis verkeerd, maar hoe verder jy op hierdie verkeerde pad stap, hoe moeiliker is dit om dit om te draai.
Was jy al ooit ‘n toeskouer by ‘n groot parade? Die soldate stap almal in dieselfde rigting en in gelid met mekaar - links, regs, links, regs - anders sou dit net ‘n deurmekaarspul wees.
As 'n jong offisier van die weermag, was ons in baie parades. En om seker te maak dat ons almal in pas marsjeer, het ons 'n orkes gehad. En elke orkes moes natuurlik ‘n tromspeler hê! Doef, doef, doef - 116 slae per minuut. Doef. Ons marsjeer op die ritme van die trom.
Hoe lyk jou lewe? Hoe affekteer die wêreld se parade jou? Watter trom se ritme volg jy deur hierdie groot optog wat ons 'die lewe' noem?
So baie mense is nie eens bewus daarvan dat hulle êrens op die tromslag van die een of ander tamboermajoor marsjeer nie, en tog het hulle hierdie knaende gevoel dat iets nie heeltemal reg is nie. Dit werk nie regtig nie. Dit is nie vervullend nie.
Doef, doef, doef... hulle hou net aan marsjeer en uiteindelik ontdek hulle dat hulle in die verkeerde rigting op pad was.
As daar 'n deel van jou lewe is, waar jy weet dat jy in die verkeerde rigting op pad is; dan is dit vandag die dag om dit om te keer.
Dit is hoe koning Dawid sy lewe verander het nadat hy moord en owerspel gepleeg het. Hy het in
Psalm 51: 12-14 gebid: Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien.
Maak ‘n regsomkeer. Vandag nog.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 119:114 By U skuil ek, U beskerm my, in u woord stel ek my vertroue.
Ons kan soms heeltemal hulpeloos voel - in ‘n diep, donker gat, in 'n somber en eensame plek. Ek was daar, en jy het dit sekerlik ook al beleef. Wat is ons veronderstel om te doen wanneer ons in so ‘n situasie is?
Margaret Court is die grootste tennisspeler van alle tye. Tussen 1960 en 1975 (voor die tyd wat ons nou die “Grand Slam”-era noem) het sy 62 hoofliga wedstryde gewen. Nog geen ander speler, man of vrou, het al ooit eers naastenby haar prestasies bereik nie.
Sy het 'n rukkie gelede in 'n onderhoud aan my vertel dat sy, nadat sy opgehou speel het, vir 'n tyd lank hopeloos en wanhopig gevoel het ... dit was so ‘n diep en donker tyd, dat sy gesê dat sy weet dat daar 'n duiwel is, want sy kon hom daar in die hoek sien sit. Sy was beslis in ‘n donker plek.
Jy sou kon dink dat iemand met soveel roem en oorwinnings op haar kerfstok, nie so iets sou deurmaak nie. Sulke moedelose gedagtes is sekerlik net vir gewone mense soos ek en jy?
Ek vra haar toe wat sy gedoen het om te herstel; hoe sy uit daardie moeilike situasie uitgekom het; hoe sy haarself uit daardie diep, donker gat uit gekry het.
Haar antwoord aan my was onomwonde en eenvoudig: “Ek het op Jesus Christus vertrou. Ek het begin glo wat God in die Bybel oor my sê, in plaas daarvan om te glo wat die wêreld en die duiwel oor my sê.”
Wel, dit klink miskien 'n bietjie naïef, maar dit was nie 'n oningeligte persoon wat ek sommer op die straat raakgeloop het nie. Dit was Margaret Court, die grootste tennisspeler van alle tye.
Iemand wie se lewe in doodsgevaar was, het hierdie gebed tot eer van God neergeskryf in:
Psalm 119: 114 By U skuil ek, U beskerm my, in u woord stel ek my vertroue.
Miskien is dit tyd om na God te gaan en te glo wat Hy oor jou te sê het.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 10:9,10 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.
Jesus… dit is 'n naam wat vir verskillende mense verskillende dinge beteken. Maar laat ons een ding mooi verstaan: Dit is slegs wanneer jy in Jesus glo; en die vergifnis van jou sonde aanvaar; en die nuwe lewe wat jy deur sy kruisdood ontvang het, omarm, dat jy die gratis geskenk van die ewige lewe ontvang.
Het jy al ooit die begeerte gehad om jou lewe aan Jesus te gee, maar nog nooit heeltemal daarby uit gekom nie? Of miskien het jy weggedwaal en het die verhouding wat jy voorheen met Hom gehad het, vervaag tot ‘n vae herinnering?
Nou ja, miskien is dit nou die tyd om jou lewe aan Jesus te gee. Hoekom bid jy nie nou hierdie gebed saam met my nie? Want wie weet, eendag, mag dit te laat wees:
Vader God, ek glo dat U u Seun Jesus Christus gestuur het om te sterf, om te betaal vir al my foute en mislukkings. Ek glo dat Hy weer opgestaan het en dat ek deur Hom die ewige lewe kry.
Ek het berou oor die foute, en ek wil wegbreek van hulle en my geloof in Jesus as my Verlosser stel. God, ek gee U my lewe - alles wat ek is, alles wat ek het, elke hoop en elke droom gee ek aan U.
Ek wil 'n nuwe lewe hê - stuur asseblief u Gees om in my te woon - en lei my vorentoe om die lewe te leef wat U nog altyd vir my begeer het.
Vader ek bid hierdie gebed in die naam van Jesus Christus. Amen.
As jy hierdie gebed van harte en met geloof gebid het, dan het jy die grootste geskenk ontvang. ‘n Ewigheid by Jesus.
Romeine 10: 9,10 lees: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

952 Listeners