God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Ons is Almal Anders

    Send us a text

    Jakobus 4:10 Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

    Ons het elkeen daardie een persoon in ons lewens wat ons tot raserny dryf. Jy weet - daardie persoon wat, wanneer jy na hulle kyk of hul stem hoor, rys jou nekhare sommer.

     

    Een van die dinge in die lewe waarvan ek regtig hou, is dat ons almal anders is. Maar tog, is die feit, dat ons almal anders is, een van die mees frustrerende dinge.... En dit is nie verbasend hoe hierdie verskille ons die aapstuipe kan gee nie? 

     

    'n Paartjie trou. Hy druk die tandepasta buisie van onder-af, maar sy druk die tandepasta van bo. Hy hang die toiletrol sodat die papier voor hang. Sy hang dit sodat dit agter die rol uitkom. Hy hou van motors. Sy is lief vir skoene. En dan word die prentjie nog meer gekompliseerd deur ander mense! Dit is genoeg om jou heeltemal gek te maak!

     

    Maar waarom laat ons toe dat ander mense se verskille ons irriteer?

     

    Miskien is dit omdat ons elkeen wil koning kraai op ons eie mishoop? As ek myself as so belangrik beskou, dan kan jy nooit goed genoeg wees nie. Kom ons wees eerlik; dis my trots wat my pootjie. Kyk wat staan in:

    Jakobus 4:10 Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

     

    Daardie stukkie wysheid van God gee ons heeltemal ‘n ander perspektief, nie waar nie? En dit gebeur dikwels wanneer ons sy Woord hoor of lees. God se wysheid loop gewoonlik lynreg in die teenoorgestelde rigting as die sogenaamde wysheid van hierdie wêreld.

     

    Nederigheid. Weet jy, 'n snaakse ding gebeur as ons besluit om onsself te verneder - en verstaan my mooi - nederigheid is 'n doelbewuste keuse.

     

    Skielik irriteer ander mense se swakhede ons nie so erg nie. Die verskille tussen ons word skielik kosbaar.

     

    Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Lewe in ‘n Tronk

    Send us a text

    Lukas 4:18,19 “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

    As ek jou sou vra: “Voel jy vry?” wat sou jou antwoord wees? Miskien is ons eerste reaksie om te sê: “Natuurlik, natuurlik is ek vry.” Maar dan begin ons dink aan al die dinge wat ons inperk - dan is ons miskien nie meer so seker nie.

    Die lewe kan soms soos 'n tronk voel. Ons is met 'n vrye gees geskape, en wanneer iets of iemand ‘n las op ons plaas, voel dit asof ons vryheid verloor het.

    Werk kan so voel. Om ‘n tuisbly-moeder te wees, kan so voel. Om iemand te hê wat jou oorheers, kan so voel. Jy weet net dat dinge nie reg voel nie. Maar aan die ander kant kan ons dink dat vryheid ons die reg gee om ‘enigiets enige tyd’ te mag doen, maar dit is ook nie die geval nie.

    Vryheid is iets diep binne ons. Ons ervaar dit as ons weet dat ons geliefd is, wanneer ons weet dat ons individue mag wees en wanneer ons besef dat ons keuses het. Dit kom daarop neer dat ons vryheid beleef, as ons weet ons het waarde. Dan kan omstandighede vertroebel, mense kan doen wat hulle wil, hulle kan ons selfs toesluit, maar in ons hart bly ons vry.

    En dit is die soort vryheid wat Jesus vir ons gebring het. Met sy eerste openbare optrede het hy in Lukas 4: 18,19 gesê: 

    Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

    Dit is maklik om daarop te reageer en te sê: “Wel, ek hoef nie van iets bevry te word nie. Ek is nie 'n gevangene nie. Ek word nie onderdruk nie.” Maar tog weet ons dat ons nie ware vryheid het nie. Iets ontbreek.

    Daardie iets is die vryheid wat net Jesus kan bring.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Grootword

    Send us a text

    1 Petrus 4:10 As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.

    Het jy al ooit gewonder, wat is die verskil tussen 'n kind en 'n volwassene? Behalwe vir die ooglopende fisieke realiteite, wat is die een ding wat die twee onderskei? Op watter punt weet jy dat hierdie kind van jou uiteindelik 'n volwassene is?

     

    Tieners-grootmaak is sonder twyfel een van die uniekste kombinasies van vreugde en frustrasie wat ‘n mens kan beleef. As jy al ooit ‘n tiener in die huis gehad het, weet jy presies waarvan ek praat.

     

    Dit is so wonderlik om te sien hoe hulle in volwassenheid ontluik. En tog kan dit so ongelooflik frustrerend wees as jy sien hoe hulle foute maak en seerkry. Maar jy weet ondervinding is die beste leermeester. Dis hoe 'n mens grootword.

     

    'n Reuse deel van die grootword proses is om te leer hoe om weg te kom van die eie-ek en iemand te word, wat weet hoe om ander te dien. Hoe om op te offer. Hoe om te kook en te was en skoon te maak en dag na dag, sonder veel erkenning, werk toe te gaan - net omdat dit gedoen moet word.

     

    Die ware baken van volwassenheid is in der waarheid ons ​​vermoë om ander te dien. Dit is waarskynlik waarom party mense nog nooit regtig grootgeword het nie! Kom ons lees in 

    1 Petrus 4:10 ‘n Vader se raad aan sy kinders oor diensbaarheid:

    As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.

     

    En hier is die interessante ding. Dit gebeur nie voordat ons die eie-ek oorwin het nie. Ons sal ook nie die vreugde ervaar en ons volle potensiaal bereik, sonder om te leer hoe om dienaars te word nie. Gebruik jou unieke Godgegewe gawe om ander te dien. 

     

    As jy dit nog nie verstaan nie, laat ek dit saamvat:. Word groot.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • God het jou Lief

    Send us a text

    Markus 15:34 Om drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eloï, Eloï, lemá sabagtani?” Dit beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?

    Ek en jy smag daarna dat iemand ons moet lief hê. Dit is net hoe ons gemaak is. Ons het onvoorwaardelike liefde nodig. Maar in die alles- maklik-weggooi-era ontwyk dié soort liefde ons dikwels.

    Het jy al ooit so desperaat en eensaam gevoel, dat dit vir jou voel asof daar nie 'n enkele persoon op aarde is, wat regtig vir jou omgee nie?

    Ek het, en dit is absoluut aaklig. Dit is die diepste leegheid in jou siel - jy glo verseker sonder twyfel dat niemand jou liefhet nie; dat daar regtig niemand is, met wie jy kan praat, of op wie jy kan steun nie.

    Dit was daardie verskriklike verlatenheid, wat Jesus moes verduur, om vir ons sonde aan die kruis te betaal. Hy het vir die eerste en laaste keer in alle ewigheid beleef dat Hy heeltemal afgesny is van sy Vader. Ons lees in:

    Markus 15:34 Om drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eloï, Eloï, lemá sabagtani?” Dit beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?

    As ek dink aan Jesus, wat daar aan die kruis hang, besef ek dit moes die eensaamste, aakligste plek op aarde gewees het.

    'My God, my God, waarom het U my verlaat?'

    Maar Hy het dit vir jou en vir my gedoen. Waar Jesus daar aan die kruis hang, roep God vir my, en vir jou: “Verstaan jy nie? Besef jy nie hoe lief ek jou het nie?”

    As ek aan die kruisiging dink, gaan daar ‘n pyl deur my hart. Die verskriklike pyn! Die prys! Maar op 'n vreemde manier maak daardie pyn my weer heel, want dit gaan oor die vaste wete dat ek geliefd is. Daar kan nooit weer enige twyfel in my hart wees nie.

    Dit is deur die eeue heen God se roepstem na die mensdom.

    Verstaan jy nie? Weet jy nie hoe lief ek vir jou is nie?

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Stap Dapper, Tree Versigtig

    Send us a text

    Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

    Het jy al ooit gewonder wat die beste manier is om jou geloof met ander te deel? Wat is die beste manier om God se liefde en genade aan mense, wat dit nie wil hoor nie, oor te dra?

    Ek kan dit nie verdra as mense dinge in my keel probeer afdruk nie; as hulle my probeer indoktrineer nie. Dit werk net nie, of hoe?

    As iemand wil hê ons moet van standpunt verander, moet hulle ons oortuig. Hulle moet met ‘n argument kom – ‘n logiese argument, ‘n emosionele, of selfs ‘n geestelike argument – wat ons kan laat uitroep:  Ja! Dis reg! Dit werk! Dit is waarna ek gesoek het!

    Ek het al gesien hoe baie ‘Christene’ hulle geloof in ander mense se kele probeer afdruk. Ek wil nie krities wees nie, maar dit werk nie!

    Ek sou sê dis ‘n opregte, liefdevolle egtheid wat mense, na Christene aantrek. Hulle soek na iets wat geloofwaardig is. Hulle stem miskien nie met alles saam nie, maar in hul harte weet hulle dat hier iets is wat hulle nie ken nie.

    God het eenkeer die volgende deur die profeet, Miga, aan sy volk gesê. Ons lees dit in Miga 6:8: Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

    Enigeen wat in Jesus, as die Seun van God glo, verstaan wat goedheid regtig is. En al wat God van ons wil hê, is dat ons sy goedheid moet uitleef deur regverdig, vriendelik en lojaal te wees. Ja, dis reg, al wat God van ons vra, is dat ons Hom nederig moet gehoorsaam.

    En weet jy, dit is waarna mense vandag smag - ‘n liefdevolle egtheid.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Harde Werk

    Send us a text

    Titus 3:4-7 Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.

    Dit gebeur so maklik dat ons, te midde van alles wat om ons aangaan, die kern van ons lewens miskyk. Ons luister na Christene se gesprekke en dit wat hulle sê, laat ons ongemaklik voel. Godsdiens. Nee dankie, dis nie vir my nie. Maar wag nou, dit is nie waaroor dit gaan nie! Dalk mis jy die kern!

     

    Weet jy, ons leef in 'n tyd waarin mense dit nie net vreemd vind nie, maar aanstoot neem, as jy sou praat van wat reg en verkeerd is. Mense wil nie hoor wat God sê en verwag nie. 

     

    Hoe durf hierdie Christene hulle verouderde, verkrampte sedes vir die res van ons oplê?

     

    Dis hoe mense redeneer. Weet jy, dit is hoe my kop ook  destyds gewerk het. Maar as ons eerlik wil wees, is daar vandag in hierdie moderne eeu, met al die sogenaamde wyshede en vryhede, nog nooit soveel gebroke huisgesinne, eensame, honger en minderbevoorregte mense nie. 

     

    Selfs diegene wat in weelde leef, dié wat met ‘n goue lepel in die mond gebore is, weet dat hulle iets kortkom. Kan ek jou vandag ‘n geheim vertel? Kan ek die kern van die Christelike boodskap met jou deel? Dit spreek tot ons diepste nood. Kyk wat staan in:

     

    Titus 3: 4-7 Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.

     

    Jesus het uit sy eie vrye wil gekom om ons van die toorn van God, wat elkeen van ons verdien, te red. Hy het dit gedoen uit sy goedheid, liefde en genade. Ons kon niks doen om dit te verdien nie.

     

    Jesus het gekom om jou te red.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Saai- en Oestyd

    Send us a text

    Galasiërs 6:9 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.

    Het jy nie al soms, net so effens, ongeduldig geraak met God nie? Jy hou aan om goed te doen, goed te doen, goed te doen ... maar jou seën, jou beloofde oes, wil maar net nie kom nie.

    Laat ons eerlik wees, ons wil almal die beste uit die lewe put; ons wil 'n oes insamel.

    Ons saai met groot pyn en lyding 'n saadjie. Kom ons dink aan iets eenvoudig, soos om iemand te vergewe, wat ons nie lus het om te vergewe nie. Of om iemand te help as ons nie lus voel om hulle te help nie.

    Oukei, ek het vergewe, wat nou? Nou begin my brein met my draaie loop: - hy sê:  Ek het iets gedoen. Ek het 'n saadjie gesaai. En wat kry ek nou daaruit? Waar is my oes? Wat van my?

    Jy’s heeltemal reg om só te dink. God leer ons immers van saai en oes. Maar daar is iets wat tussen die saai en oes lê ... en daardie iets, is tyd. Tyd is 'n snaakse ding. Dit voel asof die tyd stilstaan terwyl ons 'n opbrengs op ons belegging verwag. En nou raak ons ​​ongeduldig ... en jy weet wat dit tot gevolg het: ons begin soos rebelse tieners teenoor God optree, en ons eis ons oes van Hom.

    Kyk wat sê Galasiërs 6: 9 hieroor:  Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.

    Hier is God se belofte -  as ons nie moeg word om goeie dinge te doen terwyl ons wag nie, en nie moed verloor nie, dan sál ons die oes ontvang.

    Wanneer? Daar is ‘n spesifieke tyd om ‘n oes in te samel. Slegs wanneer die oes ryp is. Dit word oestyd genoem. En dit gebeur wanneer dit God se bestemde tyd daarvoor is.

    Moenie intussen moeg word om goed te doen nie.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Dis Eensaam op die Kruin

    Send us a text

    1 Korintiërs 11:1 Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg.

    Hoe ons ander behandel, spreek boekdele oor ons verhouding met Jesus of miskien meer nog, oor hoe sterk ons geloof in Jesus is. Hoe behandel jy ander mense?

    Ons is van kleins af met die wen-motief grootgemaak. Ons moes die beste wees op skool, in sport, in ons verdere opleiding en in die arbeidsmark.

    Mededinging word soms so belangrik dat, wanneer ons ons doel bereik, ontdek ons hoe eensaam die kruin van die golf kan wees.

    Moet my nou nie verkeerd verstaan nie, hierdie wêreld het gefokusde, uitkomsgerigte mense soos ons, nodig. Maar die gevaar is dat jy uiteindelik 'n spoor van mense wat jy seergemaak het, agter jou kan laat.

    Een van die dinge wat ek in Jesus bewonder, is dat Hy regtig gefokus was. Hy het presies geweet waarom Hy hier was en waarheen Hy op pad was ... na die kruis.

    Maar langs die pad het Hy gestop en gesels met mense vir wie ek of jy miskien ons neus sou optrek. Hy het mense aangeraak vir wie ons moontlik sou gril. Hy het 'n spoor van mense agtergelaat wat wonderlik geseën is, deur hul ontmoeting met Hom.

    Die apostel Paulus het later geskryf in:

    1 Korintiërs 11: 1 Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg.

    Dit blyk dat fokus en prestasie nie noodwendig liefde en vriendelikheid uitsluit nie.

    Kan ek jou vandag uitdaag om een ​​van die Evangelies in die Bybel te kies - Matteus, Markus, Lukas of Johannes en dit dwarsdeur te lees? Let mooi op na hoe Jesus sy fokus behou het en kyk terselfdertyd hoe Hy die mense behandel het. 

    Goed dan  ... volg dan nou die voorbeeld van Christus.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Interessante Filosofie

    Send us a text

    Johannes 14:27 “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.

    Ek het ontdek dat, toe ek Jesus aangeneem het, ek onverwags die kosbaarste geskenk bygekry het  – sy vrede wat alle verstand te bowe gaan, wat Hy in my hart uitgestort het! 

     

    Kyk net na hierdie diep filosofiese stelling: Jy moet glimlag en 'n lekker dag hê. Dit sal diegene wat ander planne vir jou het, totaal en al frustreer.

     

    Weet jy wat het ek ontdek? Dit lyk asof daar is ‘n hele spul mense is wat my dag opsetlik wil bederf. Daardie klein ou vroutjie wat so stadig ry dat ek die groen verkeerslig mis. Die buffel in sy groot swart vierwielaangedrewe bakkie wat my forseer om op die geelstreep te ry, net sodat hy van baan kan verander.

     

    Daar is mense wat ons van ons vrede wil beroof.

     

    Maar Jesus het, net voor sy kruisiging in die tyd toe sy dissipels gevrees het vir hul lewens, ‘n vreemde ding vir hulle gesê in

    Johannes 14:27 “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.

     

    As ek nou in Jesus se skoene was, sou die laaste ding waaraan ek gedink het, my vriende se gemoedstoestand wees. 

     

    Hier is die kern van die saak: die vrede van God in Jesus Christus, die vrede wat Hy vir ons laat, die vrede wat Hy ons gee, is soveel groter as die mense om ons wat ons van daardie vrede wil beroof.

     

    Stop net, haal diep asem en laat hierdie waarheid insink.

     

    Moet dus nie ontsteld wees nie. Moenie bang wees nie. Aanvaar sy vrede as ‘n geskenk uit sy Hand.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wanneer Dinge Nog Slegter Gaan

    Send us a text

    Job 37:5 Met sy stem laat God magtige dinge gebeur. Hy doen groot dade en ons begryp dit nie.

    Die meeste van ons is heeltemal tevrede om te aanvaar dat God almagtig, alwetend en liefdevol is . . .  totdat. . . . dinge in ons lewe skeef loop. As ons eerlik wil wees, begin ons maklik op daardie stadium twyfel.

     

    Ek het ‘n rukkie gelede iets gelees wat my laat dink het: “Glimlag en wees gelukkig - dinge kon erger gewees het.” Toe glimlag ek en ek was gelukkig. En dinge het toe voorwaar nog erger geword.

     

    Ek dink ons hoop almal dat dinge beter gaan word, maar dan gebeur dit soms dat dit net slegter gaan.

     

    Ons toekoms lyk soms so duister dat ons nie weet watter kant toe ons moet draai nie. En dan dink ons, ​​ons moet alles self regmaak. Maar ons kan nie. Die feit dat ons dit nie verstaan nie en die feit dat ons nie self die oplossing kan vind nie, maak dit nog erger.

     

    Ek wil jou van Job in die Ou Testament vertel. Hy was ‘n man wat  deur God self as goed en eerlik bestempel is, ‘n man wat God gerespekteer het en die kwaad vermy het. Tog het daar verskriklike dinge in sy lewe gebeur wat hy glad nie kon verklaar nie. Hy was  aanvanklik ‘n vermoënde en geseënde man, maar toe het hy bykans alles verloor.

     

    Hy het geen idee gehad, waarom die verskriklike dinge oor hom  gekom het, hoe lank dit sou aanhou en waar dit sou eindig nie. Ons lees in:

    Job 37: 5 Met sy stem laat God magtige dinge gebeur. Hy doen groot dade en ons begryp dit nie.

     

    Is dit nie waar nie!  Soms doen God dinge wat ons eenvoudig nie kan verstaan ​​nie. Wie weet? Miskien sal Hy ons eendag 'n verduideliking gee, miskien ook nie! 

     

    Maar wees verseker daarvan, dat wanneer jy swaarkry, God groot en magtige dinge doen. Wanneer dinge nie sin maak nie, vertrou net op Hom.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

     Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

952 Listeners