God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Die Getroue Eggenoot

    Send us a text

    Efesiërs 5:25 Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het

    ‘n Mens hoor die woord 'liefde' en die meeste van ons dink aan maanskyn en rose. Dit is mooi en klink pragtig, tot ons eerlik na die rolspelers kyk - een onvolmaakte persoon wat 'n ander onvolmaakte persoon liefhet – dit vra noodwendig baie pyn en deursettingsvermoë.

    Om iemand lief te hê, kan 'n gekompliseerde saak wees. Ek het op 'n dag by die Bybel Kollege, waar ek onderrig gegee het, ‘n klas aangebied. Die onderwerp die dag was opregte liefde. Hoe kan ons die liefde wat Jesus aan die kruis vir ons betoon het, uitleef?

    Een van die mans in die groep het vertel dat sy vrou deur menopouse gaan, en dat sy elke nou en dan ongelooflike irrasionele, emosionele uitbarstings het. Hy het gesê: “Weet jy, sy besef nie dat dit met haar gebeur nie.” 'n Halfuur later sal sy terugkom en vra: "Het ek nou-nou 'n uitbarsting gehad?"

    Maar weet jy, terwyl hy dit vir ons vertel het, het sy stem gebewe en kon jy die pyn in sy stem hoor.

    Iemand het hom gevra: “So, hoe hanteer jy dit?” 

    Hy het geantwoord: “Weet jy, dit is nie maklik nie, maar ek het tot op die punt gekom, dat ek besef het dat dit nie haar skuld is nie, en as ek haar liefhet, moet ek net tjoepstil bly en haar deur die moeilike fase steeds liefhê."

    Sy getuienis daardie dag, het 'n blywende indruk op my gelaat.

    Sommige mense dink dat die huwelik 'n verouderde konsep is. Maar as jy na hierdie voorbeeld kyk, sien jy dat daardie vrou, of sy dit besef of nie, getroue en wonderlike liefde van haar man ontvang... en dit kan geen geld ter wêreld koop nie. Ons lees in:

    Efesiërs 5:25 Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het.

    Hoe dit ook al sy, om iemand só lief te hê soos God liefhet, is nie maklik nie.

    Wees getrou, ten spyte van.... Wees lief, ten spyte van ....

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die argument

    Send us a text

    Efesiërs 5:1,2 Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was. en 4:31,32 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. 

    Soms is argumente onvermydelik. En tog kom daar in elke argument 'n stadium wanneer ek en jy kan besluit om anders op te tree. Dis wanneer ons 'n tree terug kan neem en die volgende tree in liefde, eerder as in woede kan neem.

     

    Die ander dag het 'n jong dame aan 'n groep van ons vertel van 'n argument wat sy met haar man gehad het. “En weet julle wat die hele saak befoeter het?” het sy gesê: “Dit was net die toon van sy stem. Ons het albei presies dieselfde gesê.”

     

    Ons doen dit almal. Dis wat ek sou bestempel  as ‘n 'vurige ooreenkoms.’ Ons maak aannames, ons reageer, ons vlieg mekaar in. Maar wat gebeur as ons navolgers van God word? Wat sal gebeur as ons eerder ander mense behandel, soos God ons behandel?

    Kyk wat sê: Efesiërs 5:1,2 Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was.

     

    'n Slim man het eendag vir my gesê: wanneer jy die woord 'omdat' in die Bybel lees, moet jy vra: waarom is die 'omdat' daar? Waarna verwys dit? In hierdie geval verwys dit na die twee verse onmiddellik voor dit:

     

    Efesiërs 4: 31,32 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.

     

    Onthou nou, die volgende keer as iemand iets sê waarop jy negatief wil reageer, stop, dink ... Sal dit nie heeltemal ‘n ander uitkoms hê, as jy reageer met dieselfde soort liefde wat Jesus vir jou gehad het, toe Hy vir jou gely het en gesterf het nie? Wat sal gebeur as jy, in plaas daarvan om hom in te vlieg, bereid sou wees om die minste te wees?

     

    Wees 'n navolger van God ... gee jouself as ‘n lewende offer, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik is.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

     
    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wat is God se plan?

    Send us a text

    Levitikus 26:11,12 Ek sal by julle woon en nie 'n afsku van julle hê nie. Ek sal by julle bly en julle God wees, en julle sal my volk wees.

    Ek weet nie van jou nie, maar soms begin ek wonder wat die sin van die lewe is. Veral, as ek moedeloos voel oor die dinge waarvoor ek nie lus het nie, maar moet doen. Wat is die doel daarvan? Ek kan regtig nie verstaan waarom God my op hierdie pad geplaas het nie.

    Het jy al ooit gewonder of God regtig God is? As Hy jou, my en die heelal gemaak het, waarom het Hy dit dan gedoen? Wat was sy doel met dit alles?

    In een van die eerste boeke van die Bybel sê Hy in:

    Levitikus 26:11,12 Ek sal by julle woon en nie 'n afsku van julle hê nie. Ek sal by julle bly en julle God wees, en julle sal my volk wees. 

    Dit staan daar, God se diepste begeerte ... Hy wil ons God wees; ons moet aan Hom behoort en Hy wil in gemeenskap met ons leef. Met ander woorde, God het ons geskape om naby aan Hom te wees.

    Dwarsdeur sy Woord lees ons van hierdie verhouding wat God met elkeen van ons  begeer... tot aan die einde, waar Hy ons 'n blik gee op dít wat vir elkeen, wat in sy Seun Jesus glo, wag.

    Kom ons kyk wat in Openbaring 21: 3 staan: Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God.

    My vriend, dit is hoe dit eindig. God se hartsbegeerte om ons God te wees, en ‘n diep verhouding met ons elkeen te hê, sal dan vervul wees.

    En wat van die dinge wat alles tussenin gebeur? Geskiedenis? Ons eie lewens? Weet jy, hulle is almal deel van die wonderlike reis wat God beplan het  - van die begin af tot en met die vervulling daarvan.

    Wat 'n plan! Wat 'n reis! Wat 'n einde!

    Ek sal by julle bly; julle sal my volke wees, en Ek sal by julle wees.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Sou jy kon doen met ‘n miljoen?

    Send us a text

    Psalm 62:6,7,11 Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan. Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie. As jou rykdom toeneem, moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie.

    “As ek maar net 'n bietjie meer geld gehad het! Nou nie ‘n miljoen nie, net so tien persent meer. Dit sal baie handig inkom!” Is dit nie wat die meeste van ons dink as dit by geld kom nie? Net 'n bietjie meer ... dis  al wat ons wil hê. Maar sal dit 'n verskil maak?

     

    Ons verstaan dat alle mense op die aarde nie ewe ryk is nie. Daar is ‘n spektrum van baie ryk tot baie arm mense.

     

    My voete word onder my uitgeslaan as ek net daaraan dink, dat mense in Chicago in die VSA, in Manchester in die Verenigde Koninkryk, in Krakow in Pole, in Sao Paulo in Brasilië, iemand in Wewak in Papua-Nieu-Guinee almal vandag 'n VARS- boodskap in sy eie taal ontvang.

     

    Dit veroorsaak nogal ‘n tameletjie. Wat sê ek oor geld, sonder om op iemand se tone te trap? Hoe voel ons oor God se siening van rykdom, as ons nie almal ewe ryk of ewe arm is nie? 

     

    Gelukkig oortref God se wysheid ons individuele situasies. Is dit nie maar menslik dat almal meer geld wil hê nie? Dan is dit ook nie snaaks, dat sommige mense bykans enige iets sal doen om dit te kry nie; maak nie saak of hulle ryk of arm is nie.

     

    Maar kom ons kyk wat sê:

    Psalm 62:11: Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie. As jou rykdom toeneem, moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie.

     

    Meer geld is nie die antwoord op enigiemand se ellende nie. Miskien het jy genoeg, miskien het jy nie. Maar ek het al mense gesien, wat alles het wat hul hart kan begeer, mense wat aan wêreldse standaarde veronderstel is om só gelukkig, só veilig te wees, maar tog ellendig, verlore én leeg is. Dit is wat gebeur as rykdom ons lewe regeer.

     

    In dieselfde Psalm skryf koning Dawid ook in vers 6 en 7: Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan.

     

    Geld is nie alles nie. God is. Hy is die allerbeste.

     

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die lewe se Aandagafleiers

    Send us a text

    Jesaja 48:12 Luister na My, Jakob, luister, Israel, vir wie Ek geroep het: Ek is die Here, Ek is die eerste, en Ek is die laaste.

    Het jy al ooit gevoel asof God in die besige lewe van jou vergeet het? Jy is lief vir Hom, jy glo in Jesus, maar op een of ander manier lyk dit asof God in die niet verdwyn het.

     

    Daar is deesdae soveel dinge wat ons aandag in beslag neem; e-posse, telefoonoproepe, inkopies, televisie, die rondry van die kinders skooltoe, buitemuurse aktiwiteite... net te veel eise wat aan ons gestel word. Ons klou vas aan die hoop dat die tempo uiteindelik sal bedaar, maar dit gebeur nooit nie. En hoewel geeneen van die dinge op hul eie sleg is nie, word dit net mettertyd te veel.

     

    Eendag skrik jy wakker en dink: “Waaroor gaan dit alles? Waarheen jaag ek? En wat het van God geword te midde van dit alles?”

     

    Goeie vrae. Kom ons kyk wat God eenkeer gesê het in:

    Jesaja 48:12… Luister na My, Jakob, luister, Israel, vir wie Ek geroep het: Ek is die Here, Ek is die eerste, en Ek is die laaste.

     

    Hy is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste. Hy is ontsagwekkend. Regtig… almagtig.  So onberekenbaar groot, dat daar niks is wat met Hom kan vergelyk nie. In sy teenwoordigheid, word al ons ou probleempies niksseggend.

     

    Maar kyk wat sê God:... luister na My… luister. Hou op om rond te skarrel, raak stil en luister.

     

    Die Here het jóú geroep, want jy is deel van die eiendomsvolk van God, en volgens 1Petrus 2:9  is jy afgesonder vir God. My vriend, jy behoort aan God. Hy is die eerste, en Hy is die laaste. Dis die boodskap wat ek en jy moet hoor. Ons moet ‘n ewigheidsperpektief kry op al die nietighede wat ons lewens beheer. Want as ons dit doen, neem al die ander dinge hul regmatige plek in.

     

    Moenie toelaat dat die sorge van die lewe jou aandag van jou Here af steel nie. Luister na Hom.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • As alles te veel raak!

    Send us a text

    Spreuke 3:5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

    Ons wil dit nie erken nie, maar soms raak ons ​​omstandighede te veel vir ons; dit oorweldig ons tot op die punt waar niks wat ons probeer, niks wat kan ons doen, wil werk nie. Dis op hierdie desperate plek, waar ons 'n nuwe benadering nodig het.
     

    Die lewe raak soms bra ingewikkeld. Net die gewone alledaagse dinge - om kinders groot te maak, jou finansies te bestuur, jou verpligtinge na te kom - dit alles vra fyn voetwerk.

     

    Jy kan dit nie vryspring nie, dis nou maar wors! Waar jy ook al woon, wat jy ook al doen, wie jy ook al is, die druk en spanning en selfs die angs om in die maalkolk van die lewe te oorleef, laat jou soms neerslagtig voel.

     

    Wat is ons oplossing vir die probleem? Ons beraam plannetjies en probeer onsself beter organiseer. Maar selfs dit is soms nie genoeg nie. Ons deurdink dinge tot ons flou is en dit lei ons tot op die punt van wanhoop, want selfs met al die beplanning, al die dinkery, kan ons nie lig sien nie.

     

    Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek glo dat ek en jy verantwoordelikheid moet neem vir die dinge wat in ons lewens aangaan. Ons moet probeer om ons reg te ruk. Maar as dit nie genoeg is nie, lê die oplossing nie daarin om bekommerd te wees, en om in sirkels rond te hardloop nie. Wat is dit dan?

     

    Ons lees in: Spreuke 3: 5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

     

    As dinge hand uitruk, moet ons 'n ander benadering volg. Ons moet met ons hele hart op die Here vertrou en terselfdertyd ophou om aanhoudend in sirkels te dink. Ons moet ophou om op ons eie, beperkte, dikwels gebrekkige en onvoldoende begrip, te vertrou, en aanhou om God te eer in alles wat ons doen, want... Hy sal jou die regte pad laat loop.

    Dit is die belofte.

     

    En dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY


    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Droë Spons

    Send us a text

    Johannes 7:37,38 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

    Vir ons, wat in Jesus glo, is daar niks erger as wanneer dit voel asof ons diep binne-in dors het nie. Dit voel asof die egtheid en spontaniteit in ons verhouding met Jesus soos mis voor die son verdwyn het.

    Die ander oggend toe ek vir my 'n koppie tee maak, mors ek met die swaaiende teesakkie op die kombuistoonbank. Ek is seker dit het al met ons almal gebeur!

    Ek haal die sponsie uit die wasbak, maar dit het oornag droog geword. Teen my beter wete, probeer ek die gemorste tee daarmee opvee. Die resultaat? Al wat dit gedoen het, was om die tee oor die toonbank te smeer, want die droë spons kon nie die gemorste tee opsuig nie. Ek was verplig om die spons nat te maak, voordat dit die plassie tee kon opvee.

    Soms is ons 'n bietjie soos die droë spons. Iets ontbreek. Om die een of ander rede loop dinge net nie soos hulle moet nie. Jy ken die gevoel -  jy probeer dinge doen wat jy gewoonlik moeiteloos en goed doen, maar dié keer is dit 'n gemors. Weet jy hoekom jy misluk het?  Dit is omdat daar iets ontbreek het.

    Kyk wat bied Jesus in Johannes 7:37,38 aan: Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

    Daar is dit. Voordat die Gees uit jou kan uitvloei, moet God jou eers vul. Maar, voordat jy die doel kan bereik, waarvoor God jou geskape het, moet jy eers dors wees. Waar begin jy? Jy gaan na Jesus en vra Hom om jou te vul met sy Heilige Gees.

     

    Dan sal strome lewende water uit jou binneste vloei.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Vullis Dromme

    Send us a text

    1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

    Dit sal interessant wees om 'n opname te maak van mense se gebedslewens - om vas te stel wat hulle bid. Vra hulle net vir God om in hulle behoeftes te voorsien? Wil hulle net hulle harte voor Hom uitstort? Vereer en aanbid hulle Hom? En, hier is die uitknikker hou: Bely hulle hul sondes voor God en vra Hom om vergifnis? Ek wonder …

    Die ander oggend was ek vroeg op, en ek het by die lessenaar in my studeerkamer gesit met die venster oop en dit was vullis-verwyderings-dag. Jy kon die vragmotor in die straat hoor ry en hoor hoe die vullissakke gelaai word. Elke week, dieselfde tyd, dieselfde roetine.

    Maar jy weet hoe dit lyk en ruik as die vullis vir net twee of drie weke nie verwyder is nie!

    Kom ons erken dit - net deur te lewe, skep ons rommel; liggaamlik, emosioneel en  geestelik. Dit is ongelukkig 'n natuurlike neweproduk van die lewe. Maar ons wil nie daarvan praat nie. Ons smeer 'n dun vernis-lagie van ordentlikheid bo-oor - jy weet, mooi klere, lekker huis, goeie werk, en dan wonder ons partykeer waarom die lewe so ellendig is!

    Jy kan nie die vullis wegsteek nie, die slegte reuk verraai die bron. Jy kan nie die sonde verberg nie, uiteindelik vergiftig dit jou lewe. Dit bring ons by die antwoord –  sit dit uit, laai dit op en ry dit weg! 

    1 Johannes 1:9 gee ons die resep: Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

    Om ons sondes te bely, beteken om eerlik en opreg met God daaroor te wees, verantwoordelikheid vir ons sonde te aanvaar, teenoor God te erken dat ons skuldig is en vergifnis te vra.

     

    Wat sal gebeur as ons dit doen? God vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

    Hoe weet ons dit? Omdat Hy getrou en regverdig is. Ons kan op Hom staatmaak om dit te doen. Raak vandag, môre en elke dag ... ontslae van jou vullis.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Ontwykingsstrategie

    Send us a text

    Jakobus 1:5,6 As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.

    Ek dink nie daar is 'n enkele persoon op aarde wat op hierdie oomblik die perfekte lewe lei nie. 'n Lewe heeltemal sonder probleme? Gmf! Watter probleme ondervind jy tans? Hoe hanteer jy hulle of ontken jy dat hulle bestaan? 

    Ek wonder of jy met my absolute gunsteling tekenreeks, "Charlie Brown," vertroud is?

    In een strokie stap Linus en Charlie Brown saam en gesels. Linus sê: 'Ek hou nie daarvan om probleme te hanteer nie. Ek dink die beste manier om probleme op te los is om hulle te ontwyk. My teorie is, dat geen probleem so groot of ingewikkeld is, dat ‘n mens nie van hom kan weghardloop nie!” 

    Dit werk miskien vir Linus, maar dis nie hoe dit in die regte lewe is nie. As ons, ons probleme probeer ontwyk, word hulle steeds groter en groter en hulle agtervolg ons.

    Ek wonder nou, op watter vlak lê die probleme wat jy probeer vermy; is dit verhoudings, is dit finansieel of persoonlik? Jy kan hulle 'n rukkie ignoreer, maar op die ou end sal die lewe soveel beter wees as jy hulle konfronteer en hanteer - hoe onaangenaam dit ook al mag lyk.

    Oukei, miskien het jy nie al die antwoorde nie, maar hier is raad in:

    Jakobus 1:5,6 As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.

    Ek wonder wie het ons die idee gegee dat ons al ons probleme self moet oplos? Onthou: God se wysheid is enige tyd en oral tot jou beskikking! 

    Glo net en vra sommer nou. Hy gee dit elke keer blymoedig en vrylik.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Doggy in die kat-herberg

    Send us a text

    Deuteronomium 31:7,8 Toe het Moses vir Josua geroep en vir hom gesê waar die hele Israel dit kon hoor: “Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem. Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”

    Daar is tye dat ons in 'n situasie beland, wat ons eenvoudig nooit vir onsself sou kies nie. Jy ken mos die gevoel -  daardie gevoel dat God ons verlaat het.

     

    Miskien het jy my al hoor praat van my kat, wat ek destyds gehad het? Haar naam was “Doggy.” Ja, ek weet – dis nou regtig  'n buitengewone naam vir 'n kat!

     

    Af en toe, moes ons noodgedwonge vir Doggy in die kat-herberg laat oorbly. Maar net wanneer ons haar by die voordeur uitdra, het sy styfgeskop. Ek neem aan sy moes dink, dat ons haar na ‘n vreemde plek neem en haar haar daar gaan los. Doggy was deel van ons gesin en ons sou nooit kon droom om haar daar te los nie, maar sy kon dit nie verstaan nie. Dit lyk asof sy vra: ‘Gooi hulle my weg? Sal ek my mense en my huis ooit weer sien?’

     

    Soms is dit presies hoe ons in ons verhouding met God voel. Hy neem ons uit ons gemaksone, omdat Hy besig is om iets te doen, wat ons nie kan begryp nie. Iets wat uiteindelik tot ons voordeel is, maar op daardie stadium duister lyk.

     

    As ons maar net kon verstaan, dat Hy ons nooit leed wil aandoen nie en ons nooit alleen sal laat nie. Ons is immers deel van sy familie, nie waar nie? Ons lees in:

    Deuteronomium 31: 8 Toe het Moses vir Josua geroep en vir hom gesê waar die hele Israel dit kon hoor: “Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem. Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

952 Listeners