God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Sê nou ons het net 60 Sekondes!

    Send us a text

    Romeine 10:9 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

    Hemel, Hel, Ewigheid ... dit lyk nou nie baie relevant nie. Maar weet jy, eendag, as ons in die Ewigheid is, sal al die dinge wat vandag vir ons so belangrik is, heeltemal irrelevant wees.

    Sestig sekondes. Dit is al wat ons het. Wat moet ek sê? Hoe kan jy die volgende sestig sekondes gebruik om jou Ewigheidsbestemming te verander?

    Ek en jy doen 'n tandem-valskermsprong. Ons spring uit die vliegtuig, ek trek die trekkoord, maar ons valskerm is verstrengel. Die nood valskerm funksioneer ook nie. Ons klou mekaar desperaat vas en stort neer na ‘n onvermydelike dood. Ek het net sestig sekondes om die belangrikste nuus, wat ek ooit vir jou kan vertel, nóú te vertel. Hier is dit:

    Vriend daar is 'n God. Daar is 'n Hemel. Daar is 'n Hel. Dit kan ek jou verseker - daar is!

    Weet jy: God het jou so baie, baie lief, dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om vir jou te sterf. Om vir jóú sondes te betaal. En die enigste manier - die enigste manier - wat jy die Ewige Lewe kan kry, is om nou jou vertroue in Jesus te plaas.

    In Romeine 10:9  lees ons: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

    Nou-ja, hopelik het ek en jy 'n bietjie meer as sestig sekondes van ons lewens oor. Maar ons weet al twee dat die einde kom. Ek en jy is onvermydelik besig om al hoe nader aan die einde van ons lewens te beweeg.

    En as dit gebeur, bepaal dit wat jy glo, waar jy die res van die Ewigheid gaan deurbring. Daar is 'n Hemel. En daar is 'n Hel.

    As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Die Stok

    Send us a text

    Jeremia 17:7,8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.

    Ons ervaar verskillende seisoene in ons lewens en party is beter as ander. Ons weet daar is vier seisoene per jaar, maar as ons in die middel van een van daardie diep, donker, koue winters van die lewe is, is dit moeilik om te onthou dat die lente om die draai is.

    'n Paar jaar gelede het ek en my vrou 'n stok gekoop. Wel, eintlik was dit 'n klein Chinese kershoutbloekom-boompie met daardie liggroen, hartvormige blare, wat gedurende die herfs 'n pragtige goudkleur kry.

    Ons het die boom in die winter gekoop, en dit het soos 'n gewone stok, van ongeveer sestig sentimeter lank, gelyk. By die kwekery het hulle ons verseker dat dit die ware Jakob is, maar op daardie stadium was dit net ‘n ‘stok.’

    Vandag is dit 'n ongelooflike mooi boom, ongeveer vier en ‘n half meter hoog en drie meter in omtrek, net soos hulle belowe het; lank, gesond, mooi en florerend.

    Ek dink terug aan daardie stok en skud net my kop - hoe het dit gebeur? Net God het die antwoord.

    As jy om jou kyk, besef jy dat hierdie groeiproses deel van sy plan is. As dinge lank en gesond is en floreer, het hulle lewe wat deur hulle vloei. En dit is God se plan ook vir jou.

    In Jeremia 17:7,8 lees ons: Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.

    Daar sal seisoene wees wanneer jy soos 'n stok voel en lyk. Vertrou op die Here gedurende hierdie tye, en jy sal geseën word. Jy sal daardie sterk, pragtige, veerkragtige boom word, met sy lewe wat deur jou are pols.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Kennis maak dit glashelder

    Send us a text

    Efesiërs 1:3-6 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.

    Die felste kritiek op die Christelike godsdiens is dat dit net 'n klomp verouderde, irrelevante reëls is. En wie het buitendien nog meer reëls in hul lewe nodig? Ek verstaan ​​die argument heeltemal, want dit is presies hoe ek vroeër daaroor gevoel het.

    Mense werk deesdae al hoe meer tuis. Ek doen dit nou al jare lank.

    Die tegnologie is deesdae so gevorderd. In ons huis is daar 'n hele paar toestelle - rekenaars, tablette, telefone, drukkers - alles wat aan die WiFi gekoppel is; elkeen met sy eie netwerk. En vir jare kon ek 'n paar van die toestelle nie behoorlik laat werk nie.

    Tot op 'n dag toe ‘n slim rekenaar foendi my 'n bietjie raad gegee het oor netwerk koppeling en skielik het alles gewerk.

    Weet jy, dit was hoe die Christelike godsdiens 'n hele paar jaar gelede vir my gevoel het. Al hierdie reëls het my oorweldig. Totdat iemand my net 'n bietjie raad gegee het. Hoor wat staan in:

    Efesiërs1:3-6 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.

    Om God te dien, gaan nie oor reëls nie, maar oor liefde en genade. En in 'n oogwink verander dit alles. 

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Tieners wat Vroeg opstaan op ‘n Saterdag?

    Send us a text

    1 Johannes 1:8,9 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

    Ek dink 'n deel van die grootword-proses, is om verantwoordelikheid vir ons eie foute te neem. As ons 'n fout maak, is ons eerste instink dikwels, om iemand anders daarvoor te blameer. Maar om ons mislukkings, ons swakhede, ons foute te eien, is die eerste stap na 'n beter lewe.

    Saterdag is beslis my gunsteling dag van die week. Dit is die een dag wat ek lekker laat kan slaap. Ek hou van daardie gevoel.

    Ek onthou een Saterdagoggend, ‘n hele paar jaar gelede, so net na ses, terwyl ek nog heerlik, half deur die slaap, in die bed lê, toe ek ons tiener dogter, Melissa, hoor stort en regmaak vir skool. Ek was heeltemal uit die veld geslaan.

    Ons het eers na die tyd die storie gehoor. Toe sy wakker word, het sy skoon vergeet dis Saterdag, sy’t opgevlieg en begin stort. Kan jy jou dit voorstel? ‘n Tiener wat daarvan hou om Saterdae laat te slaap?

    Dit was gelukkig net ‘n glips, waaroor ons lekker kon lag, want dit was onskadelik. Gewoontes is kragtig. Ons doen dikwels dinge, sonder om eers te dink, want dit is deel van ons roetine.

    Weet jy, dat ons verkeerde gewoontes ons lewens kan verwoes? En weet jy, wanneer dit kom by ons slegte gewoontes, bedrieg ons onsself en ons gee voor dat ons onskuldig is? Kyk wat staan in:

    1 Johannes 1:8,9 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

    Die eerste stap, is om met God te praat oor jou geheime en slegte gewoontes. Bely dit met ‘n opregte hart, en met diep berou. God belowe dat Hy ons sal vergewe, en Hy sal - want Hy is getrou en regverdig. Maar Hy sê ook dat Hy ons van hierdie sonde sal reinig. Dit is hoe groot ons God is.

    Bely jou sondes voor God en Hy sal jou vrymaak.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Op ‘n Ui Verstik

    Send us a text

    Johannes 5:24 Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

    Hemel en hel. Agge nee, Berni ... gaan jy weer daardie holrug geryde onderwerp aanspreek? Dit lyk nie aldag meer so relevant nie. Maar weet jy, eendag ... eendag is dit die enigste ding wat saak maak. Vir alle ewigheid.

    Ek het 'n paar jaar gelede een van die slegste ervarings van my lewe gehad. Dit was ‘n doodgewone Saterdag en ek het in die agterplaas gebraai. Die uie was amper gaar en ek het ‘n stukkie afgesny en daaraan begin peusel. Op die een of ander manier het ek verstik en ek kon nie asem kry nie. Dit was nie net 'n hoesbui nie! Ek het ophou asemhaal en blou in die gesig geword.

    Ek het na my vrou gehardloop, haar kop gegryp, haar mond op myne gesit, sodat sy mond-tot-mond-asemhaling op my kon toepas. Ek kan eerlikwaar sê, as sy nie daardie dag daar was nie, sou ek nie vandag hier gewees het nie. . .

    Ons liggame is so ongelooflik ingewikkeld en sterk. En tog het een klein happie ui my amper my lewe gekos.

    Ons lewe asof daar altyd ‘n môre sal wees. Daar sal nie. Die einde kan vinnig en onverwags kom.

    Is jy gereed? Is jy gereed om te gaan? Want eendag sal jy moet. En as jy gaan, waarheen sal jy op pad wees? Jesus het dit so bondig gestel in:

    Johannes 5:24  Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

    As jy gehoor en geglo het, het jy die gawe van die Ewige Lewe. 

    Maar as jy dit nie doen nie, sal jy skuldig bevind word. Jy sal die ewigheid deurbring in die plek wat ons die Hel noem, en vir ewig van God geskei wees.

    Dit is nie my woorde nie. Dis Jesus s’n.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Gesiglose Busbestuurder

    Send us a text

    Lukas 5:27 Daarna het Jesus uitgegaan en 'n tollenaar met die naam Levi by sy tolhuis sien sit, en Hy sê vir hom: “Volg My.”.

    Hoe meer tegnologies gesofistikeerd ons raak, hoe meer wil dit lyk, asof mense vir ons onbelangrik word. Of dit nou die skandeerders in die supermark is, die smousoutomaat, of outomatiese tellermasjiene ... dit lyk asof mense nie meer relevant is nie.

    Ek maak dikwels gebruik van openbare vervoer. Ek ry graag bus, aangesien die bushalte naby my huis is en die rit slegs tien minute stad-toe neem. Deesdae skandeer jy jou buskaartjie by ‘n digitale kaartmasjien, stap niks siende verby die bestuurder in sy blou uniform - ignoreer hom basies - en gaan sit.

    So word die busbestuurder gesigloos – ‘n blou uniform agter ‘n stuurwiel. Hy kon netsowel 'n masjien gewees het! 

    Maar nou die dag ry ek verby die plaaslike busdepot en daar sien ek 'n bestuurder in sy blou uniform na die depot hardloop, blykbaar laat vir sy skof.

    En meteens het daardie busbestuurder vir my soos 'n regte mens gelyk. Dit is ontstellend hoe ons deesdae mense ignoreer of sommer onpersoonlik behandel, sonder dat dit ons pla.

    Toe tref dit my. Ek het die vier historiese verhale van Jesus se lewe al etlike kere gelees. Matteus, Markus, Lukas en Johannes. En jy weet, Jesus het mense nooit so behandel nie. Nie een keer nie. Ons sien in:

    Lukas 5:27 Daarna het Jesus uitgegaan en 'n tollenaar met die naam Levi by sy tolhuis sien sit, en Hy sê vir hom: “Volg My.”.

    Levi was 'n tollenaar, verag deur die Jode. Hy was as ‘n vyand gesien; en die gewone Jode sou waarskynlik met ‘n snedige opmerking verbygeloop het, maar Jesus het gestop, met hom gepraat, hom geroep en Levi het hom gevolg.

    Wie is die mense in jou lewe by jy maklik verby gaan? Mense is mense!

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Praat, Praat, Praat

    Send us a text

    Deuteronomium 5:27  Gaan jy (Moses) nader en luister na wat die Here ons God sê, dan kan jy alles wat Hy vir jou sê, vir ons vertel en ons sal dit gehoorsaam en daarvolgens lewe.’

    Die gerieflikste ding ter wêreld, is om ons eie interpretasie te maak, van wat God sê. Mense doen dit die hele tyd, hulle argumenteer met God as Hy nie sê wat hulle wil hoor nie. Wat van jou? Hou jy daarvan om regtig te luister na wat God sê?

    Ek het ‘n rukkie gelede 'n videokonferensie gehad. Twee van ons was bymekaar en vier ander mense was op verskillende plekke.

    Toe ek na die mense op die skerm kyk, het dit vir my gelyk asof almal praat, maar niemand luister nie.

    Die “bespreking” het taamlik driftig geword. Ek het die klank afgeskakel en vir die ou langs my gesê: "Mis ek iets, of is hulle besig om vurig met mekaar saam te stem?" Dit blyk toe, dat hulle almal basies dieselfde ding sê, maar omdat niemand luister nie, het hulle dit nie besef nie.

    Ek het voorheen dikwels nie saamgestem met wat God sê nie. Toe ek eendag stilstaan ​​en na Hom luister, het ek ontdek dat Hy dié dinge sê, wat ek nodig het om te hoor, en ek het besef dat Hy reg was. Dit het beteken dat ek regtig moes luister om Hom te hoor.

    In die Ou Testament lees ons in Deuteronomium 5:27 hoe die volk vir Moses gesê het:

    Gaan jy nader en luister na wat die Here ons God sê, dan kan jy alles wat Hy vir jou sê, vir ons vertel en ons sal dit gehoorsaam en daarvolgens lewe.’

    Ons het deesdae ‘n baie beter Moses. Ons het die Bybel, die lewende Woord van God wat deur die Heilige Gees geïnspireer is.

    Die vraag is, sal ons stilstaan en luister? Of sal ons net voortgaan op ons kommervrye pad en aanhou om met God te argumenteer?

    . . .  luister na wat die Here ons God sê, dan kan jy alles wat Hy vir jou sê, vir ons vertel en ons sal dit gehoorsaam en daarvolgens lewe.’

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Jesus is die Weg

    Send us a text

    Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

    Was jy al ontsteld oor die houding van sekere Christene wat beweer, dat dít wat hulle glo, suiwerder is, as dít wat jy glo? Watter reg het hulle om hul verouderde godsdienstigheid op my te probeer afdwing? Toemaar, jy is nie die enigste nie.

    Is dit nie verskriklik as mense hul idees in jou keelgat probeer afdruk en jou vertel wat om te dink nie? Maar daar is dié een ding, wat my geweldig ontstel. Verskoon my, maar ek moet dit van my hart af kry.

    Deur die geskiedenis heen het mense se idees oor dinge verander. Filosowe, teoloë en inderdaad gewone mense, soos ek en jy, was op soek na 'die waarheid'. Hulle het geredeneer as hulle dit vind, hul lewens sal verbeter. Nou-ja, maak nogal sin. Of hoe?

    Deesdae het ons die idee van absolute waarheid verwerp. Jou waarheid is jou waarheid, my waarheid is my waarheid, en as jou waarheid vir jou werk, mooi so! Dis wat ons dink. Nee, my vriend, wat ek nou uit die Bybel gaan aanhaal, kan vir sommige mense 'n bitter pil wees om te sluk.

    Johannes 14:6 sê: Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

    Die waarheid is dat God jou so liefhet, dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het, om aan die kruis te sterf, om die prys vir jou sonde te betaal.

    En dieselfde Jesus sê: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

    Dit is die kern van die saak! Daar is geen ander manier nie! Ek weet dit kan moeilik wees, maar dit is die waarheid.

    Jy het nou die geleentheid om op Jesus te vertrou, 'n verhouding met Hom te hê, om Hom te vra om die gemors in jou lewe uit te sorteer. Maar weet jy, daar sal ‘n dag kom wat jy nie meer hierdie geleentheid het nie. Dis jou keuse: Neem sy uitnodiging aan, of ploeter voort.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Gemorskos vir die Hart

    Send us a text

    Spreuke 4:23 Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.

    Ons wil almal graag gemaklik deur die lewe gaan. Ons doen dieselfde dinge wat ons nog altyd gedoen het, met die hoop om effens beter resultate te verkry! En dit, sonder om te wonder, of die idees en mense wat ons toelaat om ons te beïnvloed, ons goed of kwaad doen. Merkwaardig!

    Ons weet almal dat gemorskos sleg is vir ons. Ons weet dit, en tog was daar nog nooit in die geskiedenis van die mensdom, meer suiker, verfynde koolhidrate, meer chemiese vervaardigde olies en verwerkte voedsel geëet, as nou nie.

    Is dit dan 'n verrassing dat diabetes, hartaanvalle, beroerte, kanker en demensie almal aan die toeneem is? Gesondheidsbegrotings is heeltemal buite beheer. Hospitale kan eenvoudig nie die druk hanteer nie.

    Ons weet nou wat die probleem is, maar ons weier om die verband tussen dít wat ons eet, en die verskriklike gesondheidsuitkomste te erken. Ons dra dus die gevolge van ons eie dade.

    Drie duisend jaar gelede het koning Salomo, een van die wysste manne wat ooit geleef het, geskryf in:

    Spreuke 4:23: Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.

    Hy het nie gepraat van die vuisgrootte pomp in jou borskas nie. Hy het gepraat van jou wese; van wie jy is, die kern van jou bestaan. En tog hou ons aan om emosionele en geestelike gemorskos te eet - die televisieprogramme wat ons kies om te kyk, die gesprekke waaraan ons deelneem, die leuens van hierdie wêreld wat ons aanhou glo. En dan verwag ons roem, rykdom en erkenning, terwyl ons sonder ophou hierdie vernietigende dinge in ons eie keelgate afdruk. En die gevolge is voor die hand liggend. Die probleem is dat ons nie die verband wil insien nie.

    Al wat ons is, alles wat ons doen, die lewe wat ons lei, vloei uit die hart. Hou op om dit met geestelike gemorskos te vul.

    Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Handelsnaam: Jesus

    Send us a text

    Romeine 5:7,8 ‘n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

    In vandag se winsgedrewe mark is ‘n bekende handelsnaam alles. As jy die ‘regte’ of soos die jongmense sê ‘cool’ handelsnaam kan registreer, selfs al is jou produk maar so-so, sal jy waarskynlik baie geld maak. Maar die populariteit van 'n handelsnaam is 'n wispelturige ding.

    Ek het nou die dag 'n tiener gevra: “Wat is cool?”

    'Cool' is 'n konsep wat baie belangrik is onder jong mense. 'Cool' beïnvloed baie besluite, tot op die punt waar motorvervaardigers hul advertensies op kinders rig! Kinders besluit wat ‘cool’ is, en die motorvervaardigers verstaan watter impak hulle op hulle ouers het. Kan jy glo, dat kinders selfs die keuse van 'n nuwe motor kan beïnvloed? Ongelooflik! 

    Wat beteken dit om vandag ‘cool’ te wees? Is dit om die nuutste slimfoon te besit, of om ontwerpers-etiket-klere te dra of die nuutste tendens na te volg?

    En wat van die Jesus-handelsnaam? Hier is die snaakste ding. Alhoewel ‘kerk’ nie meer as ‘cool’ bestempel word nie, word Jesus gesien as baie ‘cool’. Hierdie Jesus wat teen skynheiligheid opgetree het, wat die armes gehelp het, wat dinge gesê het, wat sin maak, en dinge gedoen het, wat eg was. Dis ‘cool’!

    Maar hier is die belangrikste ding. Die Jesus-handelsnaam troon bo alles uit, want Hy is God wat met ons praat in 'n liefdestaal wat ons kan verstaan. Ons lees in:

    Romeine 5:7,8 ‘n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

    Jesus is God, wat met sy hele lewe sê: “Ek het jou lief”. Ons wil almal só liefgehê word. Jesus het nie slegs van liefde gepráát nie. Hy het liefgehad met sy hele lewe. 

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

     Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

952 Listeners