Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.
Huisverfraaiing is deesdae hoogmode. Dit lyk asof al wat mens is, sy huis opknap soos nog nooit tevore nie. Uit met die oue, in met die nuwe. En, weet jy, ek en jy sou ook voordeel kon trek uit daardie soort opknappingsprojek, nie waar nie?
Ek stap nou die oggend buite in 'n pragtige boomryke straat, toe ek sien dat nog een van die ou huise in ons omgewing opgeknap word. Die bouers was besig om die ou verf aan die voorkant van die huis af te skraap en toe lyk die plek amper vervalle. Maar oor 'n paar maande sal dit weer nuut lyk. Dieselfde ou huis, maar 'n nuwe skepping.
As ons net ons lewens en ons persoonlikhede op dieselfde manier kon opknap! 'n Radikale ‘voorkomsverandering’ aan die binnekant. Ons almal smag op 'n sekere stadium in ons lewe na 'n nuwe begin. Ons wens almal dat ons die ou verf kon afskraap en splinternuut wees. Maar waar kry jy die soort persoonlike opknapping?
Nou-ja, weet jy dit is presies wat God doen. Dit mag vreemd klink, maar as Hy intrek, skraap hy al die ou verf af en verwyder die rommel. Soms voel ons 'n bietjie soos daardie huis, wat tydens die proses, kaal gestroop is. Maar na ‘n klein rukkie begin ons 'n pragtige beeld van vernuwing toon.
Ons lees in 2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.
Dit is een van my gunsteling verse in die Bybel, want dit herinner my aan wat God in my lewe doen. Kyk die geskraap en getimmer is soms ongemaklik, selfs pynlik. Maar weet jy, daardie vers laat my onthou dat die opknappingsproses nodig is en dat die eindresultaat absoluut die moeite werd is.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 36:7b-9 U sorg vir mens en dier, o Here. Hoe kosbaar is u trou, o God! U beskerm die mense wat by U skuil. In u huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van u goedheid.
Die eise wat God aan ons stel, is beslis uitdagend. Maar weet jy, om Jesus te volg, was nooit veronderstel om maklik te wees nie. En wat het ons gedoen? Ons het Hom geleidelik in ons boksie probeer inpas, ‘n meer gerieflike een. Ons het Hom só gering geag, sodat Hy op die ou end by óns lewenstyl sou inpas. Hoekom nie?!
Ek onthou die heel eerste keer wat ek gebraaide knoffel geproe het. Dit was in Walnut Creek in Kalifornië. Tydens middagete saam met my sakevennoot, Chuck, het hy daarop aangedring dat ons as voorgereg, die restaurant se spesialiteitsdis, gebraaide knoffel, moet bestel.
Dit was absoluut verstommend. 'n Groot knoffelbol, in die helfte gesny, deurdrenk met olyfolie, gebraai in die oond met 'n heerlike neutagtige geur. Heeltemal anders as enigiets wat ek al voorheen geproe het. Fantasties!
Maar in die laaste tyd, was die enigste knoffel wat ek te kope kon kry, nare klein gebleikte bolletjies. Dit word glo gebleik om dit mooi wit te laat lyk, maar die metode beroof dit van die geur en bederf die hele smaak.
Snaaks, hoe ons so ‘n perfekte produk markgereed maak en mooi laat lyk, maar daardeur foeter ons dit heeltemal op. In die proses het ons dit beroof van die ware potensiaal daarvan.
En dit is grootliks wat baie mense met God gedoen het! Hulle het sy rol in hul lewens so klein en onbenullig gemaak, dat dit geen invloed op hulle het nie. Nee, laat ons wakkerskrik! Kyk wat skryf die psalmis in ‘n loflied aan God in:
Psalm 36:7b -9 U sorg vir mens en dier, o Here. Hoe kosbaar is u trou, o God! U beskerm die mense wat by U skuil. In u huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van u goedheid.
Moenie God vir jou markgereed probeer maak nie! Moet Hom nie in 'n boksie, wat jou gemaklik laat voel, probeer sit nie. As jy dít doen, sal jy al sy goedheid en seën misloop.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Galasiërs 5:19-21 Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.
Die skeidslyn tussen reg en verkeerd, is vir jare al kontensieus en wankelrig. En die afgelope twintig jaar of so, het daardie lyn baie beweeg, en weet jy, ons noem dít sosiale vooruitgang! Die vraag is: Was dit tot ons voordeel?
Ek hou baie van stap. Die vars lug, die wonderlike reuke, die landskap, die geluide. Dis voed my siel! Die ander dag, stap ek buite en geniet die son op my gesig, die geur van blomme, en skielik begin iets anders met die geur inmeng. Rook! Nes ek gedink het! Voor my het iemand 'n sigaret aangesteek.
Ek was vroeër 'n drie-pakkies-per-dag-roker, daarom verstaan ek die hunkering. Ek verstaan regtig! Maar is dit nie ontstellend hoe ons die perfekte wêreld, wat God geskep het, besoedel nie? En dan praat ek nie eers van die ongelooflike liggame wat Hy vir ons gegee het nie. Wat doen ons? Ons vergiftig onsself en maak asof ons dit geniet ... en dit, terwyl ons, teen ons beter wete, stadig maar seker aan die binnekant doodgaan!
Ons bluf onsself! Ons probeer regverdiging vind vir 'n hele klomp dinge wat sleg is vir ons. Kyk wat sê:
Galasiërs 5:19-21 Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.
Nou dink party van julle miskien: 'Ag, regtig, kom nou Berni! Dinge in die wêreld het baie verander. Dis hoe dinge vandag is.”
Miskien, maar al probeer jy ook hoe hard, jy kan niks vind wat die gevoel van die son op jou gesig en die geur van daardie blomme troef nie.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Efesiërs 5:1,2 Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was.
Jesus het ons belowe dat as ons op Hom vertrou, Hy ons 'n oorvloedige lewe sal gee. Iemand het my eenkeer gevra: 'Hoe lyk dit?' En dit ... dit is 'n baie goeie vraag. Hoe lyk jou oorvloedige lewe in Christus? Hoe is dit veronderstel om te lyk?
Dis fassinerend hoe baie van ons eienskappe ons van ons ouers geërf het. Ons is hulle lewende nalatenskap. Ek is uniek, want ek is op ‘n wonderbaarlike wyse saamgeweef uit die DNA van my ma en my pa. Dieselfde is waar van jou.
Ons ouers leer ons hoe om te lewe. Onbewustelik neem ons hul maniertjies en moraliteit aan. Ons word gevorm deur wie hulle as mense is en die wyse waarop hulle ons opvoed.
Dit is 'n ongelooflike proses, as jy daaraan dink. En weet jy, in die volgende generasies, herhaal die hele ding hom weer en weer. Voorwaar wonderbaarlik. . .
As ons ‘n bietjie daaroor nadink, sien ons dis dieselfde in ons verhouding met God. Hy is ons Vader. Ons is na sy beeld gemaak ... die beeld van 'n oorvloedig kreatiewe, 'n oorvloedig vrygewige, 'n oorvloedige liefdevolle God.
Soos die invloed wat ons ouers op ons gehad het, ons gevorm het, is ons veronderstel om God se vormingsinvloed in ons lewens te weerspieël.
In Efesiërs 5:1,2 lees ons: Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was.
Hoe werk hierdie oorvloedige lewe wat Jesus ons in Johannes 10:10 belowe het, in die praktyk? Ek dink dit gebeur as ons, ons dit ten doel stel om ons lewens op Jesus te modelleer en Hom as voorbeeld na te volg; kreatief, vrygewig, liefdevol.
... Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jesaja 40:30,31 Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.
Moegheid is deesdae 'n pandemie. Wat’s fout? Kry mense nie genoeg slaap nie? Moontlik. . . Maar ek vermoed dat die oorsaak van die gevoel van moegheid baie dieper lê, as ‘n blote tekort aan slaap.
Enigiemand wat 'n motor besit, weet hoe verskriklik dit is om te ontdek dat jy 'n pap band het. Wat 'n pyn! Maar daar is iets erger, as om net een pap band te hê. Ja, jy het geraai. Dit is om twee pap bande te hê. Dit is beslis baie, baie erger.
Dit het net onlangs met my gebeur. Terwyl ek 'n paar dae weg was, het iemand 'n skroewedraaier deur een van my motor se bande gesteek. Fantasties! Ek het die noodband opgesit, maar nie kans gemaak om die beskadigde een te herstel nie. Gister kom my vrou moedeloos uit die motorhuis teruggestap, met die aankondiging dat sy nêrens heen kan gaan nie, want 'n tweede band is pap.
Solank jy ‘n noodwiel het, gaan dit goed met jou. Maar as die noodwiel ook beskadig is, gaan jy nêrens heen nie. En dit is hoe baie mense hul lewens leef. Emosioneel is hulle platgeslaan en terselfdertyd is hulle ook geestelike uitgeput. Twee pap bande. Hulle gaan nêrens heen nie.
Mense vra my gereeld hoe ek, op my ouderdom, so ‘n besige tempo volhou. Dit is regtig baie eenvoudig. Ek bring elke oggend, tyd deur om te bid. Tyd alleen met Jesus. Tyd in God se Woord.
In Jesaja 40:30,31 lees ons: Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.
Wag op die Here. Vernuwe jou krag. Elke dag.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 12:46,47 Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red.
Een van die redes waarom so baie mense huiwerig is om Jesus aan te neem, is omdat ons bang is dat Hy ons sal veroordeel oor die dinge wat ons gedoen het. Dié vrees het my bykans twee dekades lank teruggehou!
Wanneer ek in my studeerkamer probeer werk, maak die buurman se papegaai, wat net aanhou skree, my absoluut mal. Moenie my verkeerd verstaan nie, dis 'n pragtige voël, maar hy maak dag na dag die vreeslikste geluide! Ek moet bieg, dat ek al in die versoeking was om die voël ernstige skade aan te doen.
Ek wonder of ons nie almal mense in ons lewens het, wat 'n opvallende ooreenkoms met die ellendige papegaai toon nie? Hulle lyk na wonderlike mense. Maar as hulle hul monde oopmaak, is hulle net so irriterend soos daardie skreiende, skreeuende papegaai. Ek was eintlik baie so. Die enigste woorde wat uit my mond gekom het, was harde, kritiese woorde.
Maar, toe Jesus in my lewe ingekom het, het iets radikaal verander. Ek het verwag dat Hy my met harde, kritiese woorde sou berispe, want dit is, wat ek verdien het. Maar Hy het na my gekom met sagte, liefdevolle woorde.
Hy moes my veroordeel het, maar in plaas daarvan, fluister hy in:
Johannes 12:46,47 Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red.
Weet jy, ons was almal sulke skreeuende papegaaie in iemand anders se lewe? Ons was! Maar Jesus se reaksie is nie om ons te oordeel, of af te skryf nie. Nee. Hy het ons kom red.
Jesus het gekom om jóú te red.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”
Kom ons kyk vandag na die impak wat jy op ander mense se lewens het. Hier is die vraag: Wat is die een ding wat jy kan doen, om ‘n groter positiewe impak op ander se lewens te maak?
Soos kinders grootword, is daar verskillende fases, of mylpale, op pad na volwassenheid.
Jy kan dink ek is simpel, maar ek dink 'n kritieke mylpaal in die ontwikkeling van enige tiener, is, wanneer hulle uiteindelik onthou om 'n vars rol toiletpapier in die houer te sit, wanneer hulle die laaste van die vorige rol gebruik het. Elke ouer wat al ‘n tiener in die huis gehad het, glimlag nou seker!
Alle grappies op ‘n stokkie. Daar kom 'n tyd in ons lewens wanneer ons aan ander mense móét begin dink; waar ons gesindheid moet verander van "ek, ek, ek" na 'n dienskneg-gesindheid wat meer dink aan die behoeftes van ander.
Jesus het dikwels daarna verwys. Toe sy dissipels twis oor wie die belangrikste is, sien ons in:
Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”
Is dit vergesog? Dit skrei teen alles wat ons moderne wêreld verkondig. Die belangrikste mense is tog diegene, wat hulself as die belangrikste beskou. Of hoe?
O nee! Dink daaraan. Dit staan lynreg teenoor die wêreld se sogenaamde ‘wysheid’. Die belangrikste mense in jou lewe, is tog diegene wat jou gehelp het, toe jy hulp nodig gehad het.
Diensbaarheid is so 'n belangrike deel van die grootword proses. Die probleem is egter dat sommige mense nooit grootword nie. En dan wonder ons hoekom ons nie 'n verskil in ander se lewens maak nie!
Word groot. Dien ander. Maak 'n impak.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas16:13 “Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.”
Hoe graag wil jy ryk wees? Dink mooi - op 'n skaal van nul tot tien? Hmmm. Ons praat van skat, skatryk wees. Dink weer, ook
op ‘n skaal van nul tot tien, hoe gelukkig reken jy sal jy wees, as jy al die rykdom het?
'n Vriend van my het onlangs 'n e-pos met 'n foto van die motor se brandstofmeter aan my gestuur. In plaas daarvan om 'leeg' aan die een kant te lees en 'vol' aan die ander kant, het dit R0 aan die een kant gelees en 'R800 'aan die vol-kant gelees. Die onderskrif het gesê: 'Dit maak meer sin as die leeg en vol.’
Ek hou daarvan. En met die prys van brandstof deesdae, waarom nie? Maar dit het my laat nadink. Dit wil voorkom asof soveel mense se tenks vandag byna leeg is, en die probleem is dikwels geld. Wil jy meer daarvan hê? Dieper in die skuld raak? Wil jy langer en harder werk om jou geldhonger te voer? Geld sal nie geluk en vervulling bring nie.
Soos elke dwelmmiddel, kan ons begeerte na geld ons hele lewe in beslag neem en ons vernietig. Jesus het dit só gestel in:
Lukas16:13 “Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.”
En dit is die kern. Ons begeerte na geld skei ons uiteindelik van ons begeerte om God te dien. Die een trek ons in hierdie rigting, die ander in daardie rigting, totdat een moet bes gee.
Maar 'n interessante ding gebeur as ons van die geld mallemeule afklim. Ons begin skielik die lewe geniet - en geld, hmf, geld gaan terug na waar dit hoort. Geld is weer jou dienaar en nie jou meester nie.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jakobus 2:13 Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel.
Konflik kom oral voor. Maar weet jy, ons dra dikwels by tot die konflik, net omdat ons op die verkeerde manier daarop reageer. Ons wens ons kon dinge anders doen, maar voordat ons onsself kan keer, maak ons dieselfde fout.... weer ‘n keer!
‘n Ruk gelede is ek na my oogkundige om 'n nuwe bril te kry. Sy stel 'n multi-fokale bril voor, waar die lense oorgaan tussen naby, middelafstand en ver. Dit was 'n bietjie van ‘n uitdaging, maar ek het my laat ompraat. . .
Toe ek die bril die eerste keer opsit, het dit gevoel of die vloer beweeg. En dit het my ‘n tydjie geneem om dinge op verskillende afstande mooi te sien. Ek moes leer deur watter deel van die lens om te kyk.
Maar na 'n paar weke het dit nie gepla nie. My brein het, sonder dat ek daaraan hoef te dink, outomaties die aanpassings, vir my gemaak.
Ek vermoed dat die dieselfde beginsel in ons lewe waar is. Ons sien dinge op 'n sekere manier, soos ons dit nog altyd gesien het. “Wel, ek moes hom afdank. Wat sal die baas dink? My verhoging is op die spel. ” Hmm.
Maar, wat sal gebeur as ons dit sou waag om 'n ander bril op te sit en deur die lens van genade te kyk na dieselfde situasie? Dit sal natuurlik 'n rukkie neem om aan te pas. Byt vas, voor jy weet, lyk daardie situasie heeltemal anders.
Dit is 'n sprong van geloof, maar net ingeval jy 'n bietjie huiwerig voel, lees:
Jakobus 2:13 Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Galasiërs 5:13,14 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
Goeie kliëntediens word al hoe skaarser. Ons wil almal goeie diens hê. Maar wat gebeur, as dit ons is, wat moet bedien? Hoe effektief is ons om ander te bedien?
Ons het byna daagliks met kliëntediens te doen. By die bank, by die supermark, met die taxi-bestuurders, met die onvermydelike oproepsentrum-operateur, ensovoorts, ensovoorts.
Ek wonder hoeveel van die diens wat jy al ontvang het, regtig goeie diens was. Dink net aan al die kliëntediens-interaksies wat jy die afgelope week gehad het; hoeveel van hulle staan vir die regte redes uit?
Ek wed jou, nie te veel nie! As ons die dag regtig goeie kliëntediens ervaar, is dit amper 'n skok.
Onthou jy daardie verkoopsman van die afdelingswinkel, wat, soos hy belowe het, opgevolg en teruggebel het? Die loodgieter wat betyds opgedaag het en teen 'n billike prys, goeie werk gedoen het en selfs skoongemaak het? Dit gebeur nie te gereeld nie. . .
Uit jou eie ervaring weet jy en ek, dat goeie diens ‘n kragtige indruk op mense maak. Kyk wat staan in Galasiërs 5:13,14: Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
Goeie diens spreek boekdele.
Weet jy, as ek en jy beweer dat ons in Jesus glo, as ons onsself Christene noem, sal die wyse waarop ons ander dien, vir húlle vertel wie hierdie Jesus, waarvan ons praat, werklik is.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

952 Listeners