God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Die Piesangskil

    Send us a text

    2 Konings  1:15 Die Engel van die Here het vir Elia gesê: “Klim af saam met hom, moenie vir hom bang wees nie.” Elia is toe saam met hom die berg af na die koning toe.

    Baie mense leef onbewustelik in 'n konstante toestand van verdoemenis en vrees. In werklikheid beroof daardie knaende gevoel van vrees baie mense van die vryheid, wat Jesus vir ons gebring het.

    In 2005, in Londen, het ek die moltrein by Gloucesterweg gehaal met die doel om besienswaardighede te gaan besoek. Ek was effens honger en ek het 'n piesang op die platform gekoop.

    Maar ek kon nêrens 'n vullisdrom vind om die piesangskil in weg te gooi nie. Toe besef ek waarom. Met wêreldwye terrorisme wat toeneem, en wat Londen dikwels teiken, kan vullisdromme nie in openbare ruimtes gebruik word nie.

    Ja, dit was slegs 'n paar weke later, dat bomme weer op die Tavistock-plein ontplof het. 

    Terrorisme gaan oor vrees. Die woorde 'vrees' of 'bang' kom byna 450 keer in die Bybel voor en dít is gewoonlik God wat vir die mense sê: "Moenie bang wees nie."

    In 2 Konings 1:15 lees ons: Die Engel van die Here het vir Elia gesê: “Klim af saam met hom, moenie vir hom bang wees nie.” Elia is toe saam met hom die berg af na die koning toe.

    Ons kan, en ons behoort verstandige voorsorgmaatreëls op allerlei terreine van ons lewens te tref. Dit maak nie saak hoe hard ons probeer nie, maar ons kan nie beheer hê oor baie van die angswekkende dinge wat met ons kan gebeur nie.

    Maar, ek en jy, ons het 'n keuse. Die eerste en populêrste opsie, is om ons lewens in vrees te leef.

    Dit is kommerwekkend om te sien hoe algemeen chroniese vrees voorkom.

    Die tweede opsie, wat veel minder mense kies, is om die een Persoon te vertrou, wat regtig kan sê: “Moenie Vrees Nie.”

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Versmoor in die Besoedeling

    Send us a text

    Galasiërs 5:19-21 Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.

    Sonde is 'n woord waarvan die meeste mense nie hou nie. Dit laat ons gril. Dit klink so baie na daardie outydse, veroordelende godsdienstigheid. Ja, dit klink nogal so. Maar weet jy, sonde is 'n woord wat God baie gebruik.

    Ek bestee baie van my tyd om oor die hele wêreld rond te vlieg - Asië, Afrika, Europa, Noord-Amerika, die Stille Oseaan, Australië en Nieu-Seeland. Ek kan jou ‘n geheim vertel, daar is 'n geweldige verandering in die lugruim.

    'n Paar jaar gelede was die besoedeling slegs rondom die groot stede sigbaar. Dit was seker te wagte. Maar meer onlangs, kan ek nie 'n enkele keer in 'n vliegtuig onthou, wat daar nie 'n bruin waas oor die aardbol gehang het nie. Eerlikwaar, kan jy jou dit voorstel - in die middel van nêrens, oor sentraal Australië, die Stille Oseaan, of die Indiese Oseaan, oral, kruis en dwars, waarheen jy ook al deesdae vlieg, sien jy dit.

    Ons is so besig om die lewe te geniet, dat ons nie oplet hoe besoedeling ons verswelg nie!

    Dit blyk dat dieselfde ding in die lewe gebeur. Ons is so besig om te jol, te geniet wat ons goed laat voel, dat ons nie agterkom dat die afvalproduk besig is om ons ​​stadigaan dood te maak nie. Egskeiding. Perversiteit. Siekte.

    Dit word sonde genoem.

    Sonde word onomwonde in Galasiërs 5:19-21 beskryf: Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.

    Sonde. Dit vernietig ons. Daarom het God vir Jesus gestuur.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Is jy Ernstig?

    Send us a text

    Deuteronomium 10:12,13 “En nou, Israel, die Here jou God vra net dat jy Hom moet eer, sy wil moet gehoorsaam, Hom moet liefhê en dien met hart en siel. Gehoorsaam die gebooie en voorskrifte wat die Here jou vandag deur my gee. Dit sal tot jou voordeel wees. 

    Daar is 'n pandemie in die Christendom, wat God se mense beroof van die seën wat God vir hulle het. Dit word bedrywigheid, of sommer net besig-wees, genoem. Ek wonder of jy al die siekte opgedoen het?

    Die afgelope paar maande het ek twee Christelike leierskonferensies bygewoon. Elke konferensie het 'n spesifieke fokus en tema gehad. 

    Aan die begin van elke dag het hulle 'n kort tydjie vir Lof en Aanbidding geskeduleer. Dit was gereël vir 08:30, ‘n heel skaflike tyd. Daar was vyftien minute opsy gesit hiervoor. Dit was per slot van sake ‘n Christelike leierskonferensie!

    Nou ja, ek moet jou vertel, ek was verslae. By albei konferensies het slegs 'n derde van die afgevaardigdes deelgeneem aan daardie kort Lof en Aanbiddingstye. ‘n Derde! Om die waarheid te sê, die gedagte wat by my opgekom het, was: 'Is julle ernstig?' Twee-derdes van hierdie sogenaamde Christenleiers het eerder gesit en kuier om die ontbyttafel, as om God te aanbid, Hom te eer, Hom eerste te stel!

    Dit is baie duidelik in Deuteronomium 10: 12,13:  “En nou, Israel, die Here jou God vra net dat jy Hom moet eer, sy wil moet gehoorsaam, Hom moet liefhê en dien met hart en siel. Gehoorsaam die gebooie en voorskrifte wat die Here jou vandag deur my gee. Dit sal tot jou voordeel wees.

    Ek gee toe, dat ons besig is. Ons is besig. Ons het vergaderings om by te woon. Haai, weet jy dat ek net nie tyd vir God kan inpas nie? Ek is so besig om dinge te doen, ek het nie tyd om met Hom te praat nie.

    Kan ek jou iets vra? Wie jy ook al is, hoe jou lewe ook al lyk - as dit by Jesus kom - is jy ernstig? Want Hy is. Daar wag 'n ongelooflike verhouding op jou en my. Maar is ons regtig ernstig?

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Verwarring

    Send us a text

    1 Korintiërs 13:12 Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.

    Ek dink een van die grootste foute wat enigeen van ons kan maak, is om ‘n verkeerde beeld van Jesus te hê. Kom ons wees baie eerlik; baie mense is nie heeltemal gemaklik met die Jesus van die Bybel nie.

    'n Paar jaar gelede terwyl ek in die Verenigde Koninkryk was, het ek 'n Kanadees met die naam, Gary, ontmoet. Die eienaardigste ding was, dat hy byna dieselfde gelyk het as Bob, ‘n liewe vriend van my, wat al 'n paar jaar gelede oorlede is.

    Dieselfde lengte, dieselfde gesig, dieselfde hare, dieselfde ouderdom, alles. Dit was ongelooflik. Elke keer as ek met Gary praat, voel dit asof ek met Bob praat. Ek moes baie hard konsentreer daarop, dat as ek met Gary praat, ek regtig met Gary praat. 

    Verstaan jy wat ek bedoel? Ons doen dit dikwels, of hoe? 

    Ons verwar die beeld van iemand anders met die gesig van die persoon reg voor ons, en dan behandel ons hom asof hy daardie ander persoon is.

    Kom ons kyk na ons beeld van Jesus. Ek het jare gelede sekere mense hoor praat van Jesus en daardeur het ek ‘n wanvoorstelling van Jesus gevorm - 'n kerklike figuur, ‘n religieuse beeld soos in ‘n  loodglasvenster.

    Maar ander mense het gepraat van ‘n heel ander Jesus - 'n slim, lewende persoon. ‘n Man wat melaatses genees het, lief was vir die ellendiges en iemand wat teen godsdienstige skynheiligheid opgetree het.

    Hoe maklik is dit om verkeerd te oordeel? En wat kan die gevolge daarvan wees? Weet net dat ons eendag, die ware Jesus gaan ontmoet.

    1 Korintiërs 13:12 sê: Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Teistering van E-pos

    Send us a text

    Markus12:29-31 Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’. Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.”

    Een van die groot paradokse van die lewe in die 21ste eeu is dat, hoe slimmer ons tegnologies word, hoe meer raak ons kommunikasie op 'n betekenisvolle, menslike vlak verlore. En daar is 'n baie goeie rede daarvoor.

    As jy toegang tot e-pos het, geniet jy dit waarskynlik aan die een kant, maar pes dit terselfdertyd ook. Dit is tog so gerieflik - nie meer nodig om briewe te skryf en dit poskantoor toe te neem nie. Aan die ander kant wil dit jou tot raserny dryf. 

    Ek ontvang daagliks tussen drie- en vierhonderd e-posse. Nou ja, baie hiervan is rommelpos, en die tegnologie gooi dit deesdae, namens my, sommer in die e-asblik. Maar van die sowat honderd wat oorbly, is sommige van hulle nogal belangrik, en daar is altyd 'n handjievol wat regtig belangrik is. 

    Nadat ek baie jare lank e-pos gebruik, het ek uiteindelik besef dat dit my lewe begin oorheers. Ek het ure spandeer om na ander mense se pype te dans. Net omdat hulle vir my 'n e-pos gestuur het, het ek tyd daaraan bestee om dit te beantwoord - of dit nou belangrik was of nie.

    Die lewe kan ook so wees. Ons kan die meeste van ons tyd gebruik om te reageer op agendas van ander mense. Ons mors ons tyd op onbenullighede, wat op die ou end die belangrike dinge verdring. Nou wat is die belangrike dinge dan? 

    Markus12:29-31 lui: Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’ Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.” 

    Moenie toelaat dat ander mense se agendas jou van die belangrikste dinge in die lewe aflei nie. 

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Het jy ‘n Redder Nodig?

    Send us a text

    Romeine 3:21-24 Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.

    Ek weet nie of dit jou al opgeval het, watter groot gaping daar aan die een kant, tussen die alledaagse lewe, met al sy eise, en aan die ander kant die begrip van God, sy vergifnis, en ‘n Ewige Lewe, bestaan nie.

    Het jy al een van daardie straatpredikers gesien wat op 'n seepkissie staan ​​en met sy prekerige stem uitroep:  Bekeer. Bekeer jou voordat dit te laat is. Ons het almal gesondig en ontbreek aan die heerlikheid van God. Bekeer jou van jou slegte weë . Bekeer jou van jou boosheid. Slegs in Christus vind jy verlossing. Hy is die enigste weg. Keer terug na God. Bekeer!

    O, gee my krag - wie ís hierdie man?!

    Die ‘kerk’ sê al twee duisend jaar lank vir die ‘wêreld’ dat hulle 'n Verlosser nodig het. Baie mense hoor dit en dink - Ag nee, ek is nie so sleg nie! Ek hoef nie gered te word nie. En as ek 'n ewigheid met dáárdie man moet deurbring, lyk die hel miskien nie so ‘n slegte opsie nie.

    Selfs al glo ons reeds 'n tyd lank in Jesus, dink ons dikwels... Wel, ek is nie só 'n slegte persoon nie. My ‘sondes’ is net klein sondetjies. Bekeer? Nee, dit is vir iemand wat baie slegter as ek is.

    In Romeine 3:21-24  staan daar: Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.

    Daar is geen hiërargie van sondes nie. Daar is geen uitsonderings nie. Almal van ons het gesondig. Nie een van ons is goed genoeg om in God se goddelike heerlikheid te deel nie.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Seuns en Beddens

    Send us a text

    Jakobus 1:27 Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.

    Soms voel dit vir ons asof die lewe soveel makliker sou gewees het, as ons net 'n bietjie meer geld gehad het, kom ons sê so 10% meer. Het jy al ooit so gedink? Maar kom ons dink aan mense wat wêreldwyd in verskriklike armoede lewe; gesinne wat enigiets sou gee om net 10% van ons besitting te kon hê.

    ‘n Paar jaar gelede het ek 'n skool vir minderbevoorregte kinders in Indië besoek. Ek was verbaas om geen beddens in die plek te sien nie. Toe ek die skoolhoof vra: “Waarom?' Antwoord hy dat hulle geen beddens kan bekostig nie. 

    Die besef dat die kinders op die betonvloer slaap, het my vreeslik ontstel. Ek het dit aan 'n paar vriende genoem, en ons het saamgespan en 'n bietjie geld vir beddens gestuur. 'n Paar weke later ontvang ons 'n foto van glimlaggende seuns in hul nuwe beddens. Vir die eerste keer in hulle lewens het hulle elk hulle eie bed gehad.

    Dit is wat die skoolhoof geskryf het: Tuis slaap die meeste van hierdie kinders op vloere wat met beesmis gepleister is. Hierdie beddens gee hulle 'n goeie nagrus weg van rotte en kakkerlakke. Baie dankie. Sjoe!

    Jesus het 'n passie vir die armes gehad. Jy kan nie meer as twee minute in die Bybel oor Jesus se lewe lees, sonder om dit te sien nie. 

    In Jakobus 1:27 lees ons: Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.

    Miskien kan ek en jy nie die probleem van wêreldwye armoede oplos nie . . .  maar vanaand slaap ‘n paar seuns in beddens!

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Kanker van die Siel

    Send us a text

    Kolossense 3:13 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

    Een van die moeilikste dinge wat God van ons vra, is om die mense wat ons seergemaak het, te vergewe. En as hulle steeds voortgaan om ons seer te maak, is dit nog moeiliker om hulle te vergewe.

    Het jy al ooit ‘n groot hap aan 'n suurlemoen gegee? Ooee, die gedagte daaraan stuur 'n siddering teen my ruggraat af. Maar stel jou voor, dat jou lewe so moeilik is, dat jy hierdie sensasie daagliks beleef. Wat 'n vreeslike gedagte!

    Ek het onlangs met 'n man gesels wat sy eie organisasie gestig het en wonderlike hoogtepunte in sy loopbaan bereik het. Maar toe, ongeveer tien jaar gelede, het hy ‘n meningsverskil gehad met mense in sy besigheid en hulle het hom uitgestem en afgedank! 

    Dit moes baie moeilik gewees het, maar tien jaar later, kon ek nog steeds die bitterheid in sy stem hoor. 'n Wonderlike man, maar dit was asof hy die kanker van onvergewensgesindheid in sy siel gehad het.

    Vergifnis was en bly 'n groot saak vir God. Dit is die rede waarom Jesus na die Kruis gegaan het, sodat ons vergewe kan word, as ons net glo, dat Hy dit vir óns gedoen het.

    In Kolossense 3:13 lees ons: Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

    Miskien is dit onnodig om te vra, maar glo jy dat vergifnis die kanker in ons siele kan genees?

    Wie is daar vandag, teenoor wie jy 'n gevoel van onvergewensgesindheid het? Dink mooi. Sien die persoon se gesig in jou geestesoog.  Hoeveel van jou negatiewe gedagtes en jou emosionele energie gebruik jy, om aan die verkeerde dinge, wat hy aan jou gedoen het, te dink? Watter invloed het dit op jou emosionele welstand en jou lewenskwaliteit?

    vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Toevalligheid en Gebed

    Send us a text

    1 Johannes 5:14 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra.

    Gebed is 'n snaakse ding. Soms wend ons ons tot gebed as 'n laaste uitweg. Maar sou dit nie beter wees, as dit ons eerste opsie was nie? Wat sal gebeur as ons meer en meer tot God bid? Vir die groot goed en ook vir die klein goedjies.

    Hallo, namens Berni Dymet en welkom terug by VARS.

    Het jy al ooit iemand hoor sê toe iets, heel toevallig gebeur het: “God het dit gedoen. God het vir my uit die penarie gehelp!” Intussen dink jy: "Wag 'n oomblik, dit was net 'n toeval.”

    Ek het vroeër só gedink, totdat die een ding na die ander gebeur het en Jesus vir my ‘n werklikheid geword het. En hoewel ek ‘n rasionele, logiese mens is, wat dinge beplan en dit laat gebeur, besef ek dat ek gereeld besig is om God vir dinge te vra en dat dít gebeur. En glo my; ek praat nie van ‘net gebeur nie’, maar op 'n wonderbaarlike manier gebeur.

    Ek moet jou vertel van die tyd, baie jare gelede, toe ek platsak was en ons 'n rommelverkoping by die kerk gehad het. Ek het die goed, wat ek gebring het, binne 'n uur verkoop, terwyl niemand anders vir die res van die dag iets verkoop het nie!

    Nou-ja, eenmaal is net 'n toeval, maar 'n rits toevalle; veral as dit is  waaroor jy gebid het, is baie moeiliker om weg te redeneer.

    Kyk wat staan in Johannes 5:14 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra.

    Iemand het onlangs vir my gesê dat toevallighede, die dinge is wat ophou gebeur, as jy ophou bid. God gaan nie rondspring vir al ons giere  nie. Hy is immers God. Maar soos enige betroubare pa, sal Hy inspring en help, en niks is te groot of te klein vir Hom nie.

    As jy bid, hoor Hy jou.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die God van Klein Dingetjies

    Send us a text

    Spreuke 30:24-28 Daar is vier goed in die wêreld wat klein is maar buitengewone wysheid het: miere is nie sterk nie en tog sit hulle in die somer vir hulle kos weg; dassies het nie veel krag nie en tog maak hulle hulle tuis teen die kranse; sprinkane het nie 'n koning nie en tog trek die hele swerm in formasie; 'n geitjie kan jy met die hand vang en tog kry jy hom in koninklike paleise.

    Laat ek jou vra: wat is die dinge in jóú lewe wat vir God belangrik is? As jy twee kolomme sou trek;  aan die linkerkant skryf jy die dinge wat vir God saak maak, en regs die dinge wat Hom nie interesseer nie, wat sou jy in elk skryf?

     Hallo, namens Berni Dymet en welkom weer by VARS. 

    Die meeste van ons dink dat God slegs in groot dinge belangstel. Oorloë, politiek, godsdiens ... maar die klein dingetjies, nee wat, Hy het nie tyd daarvoor nie.

    'n Paar jaar gelede beland ek en my vrou in Chicago se O’Hare Internasionale Lughawe, een van die besigstes ter wêreld. En ná ‘n lang vlug uit Australië, was haar tas soek. Ek moes onmiddellik nog ‘n vlug na Minneapolis neem, en daar sit sy toe stoksielalleen in ‘n hotel, sonder haar tas.

    Toe ek die volgende dag weer op O’Hare land, het hulle nog nie haar tas gekry nie. Maar toe is dit my beurt. Nadat ek vir meer as 'n uur angstig saam met al die ander passasiers gewag het vir my tas, word ons meegedeel dat ons hele vliegtuig se bagasie op die verkeerde vervoerband was. En hier kom dit! Ek het daarheen gehardloop en daar wás my tas saam met al die ander. Maar net toe ek buk om dit op te tel, sien ek op die vervoerband langsaan,  Jacqui se tas -  en dit op 'n Vrydagmiddag in een van die besigste lughawens ter wêreld!

    En mense dink dat God nie in die klein goedjies belangstel nie.

    Kom ons lees: Spreuke 30: 24-28 Daar is vier goed in die wêreld wat klein is maar buitengewone wysheid het: miere is nie sterk nie en tog sit hulle in die somer vir hulle kos weg; dassies het nie veel krag nie en tog maak hulle hulle tuis teen die kranse; sprinkane het nie 'n koning nie en tog trek die hele swerm in formasie; 'n geitjie kan jy met die hand vang en tog kry jy hom in koninklike paleise.

    Hy mis niks!

     Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

952 Listeners