God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • GENIET DIE EENVOUDIGE DINGETJIES

    Send us a text

    1 Korintiërs 14:33 God is tog nie 'n God van wanorde nie, maar van orde en vrede.

    Ons dink soms dat God net in die geestelike aspek van ons lewens belangstel. Maar dit is nie waar nie. Hy is ook geïnteresseerd in die fisiese, intellektuele en emosionele kante, en dit is waaroor ons vandag gaan gesels.

    Party dae is net so besig, dat jy wil mal word; dis die een ding na die ander. Maar dit gebeur seker van tyd tot tyd met die meeste van ons. Die laaste paar maande was vir my ‘n dolle gejaag. Ek het gevoel asof ek ‘n miljoen kilometer per uur hardloop. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek glo in harde werk! Wat ek sê, is dat ons ‘n kans moet maak om ‘n bietjie stil te word om na die wonderlike wêreld wat God vir ons geskep het, te kyk.  Ek glo dat Hy wil hê dat ons dit moet geniet.

    Ek is soms so besig met voorbereiding vir radio- en televisieprogramme; met die administratiewe werk en e-posse wat instroom, dat ek oorweldig voel.

    As ek op dié stadium kom, stop ek! Ja, ek stop, al voel ek daar is nie tyd nie. Ek neem my hond vir ‘n wandeling of gaan drink ‘n koppie koffie iewers. Ander kere maak ek ‘n koppie tee en gaan sit sommer by my hond.

    God het hierdie eenvoudige, pragtige dinge vir ons gemaak om te geniet. Wanneer ons tyd neem om dit te geniet, vul Hy ons met die vreugde en die vrede, wat ons nodig het om op te staan ​​en aan te gaan.

    Dis reg, fokus en werk hard, maar moenie aanhou werk, totdat jy so deurmekaar is, dat jou gedagtes en emosies verstrengel raak, en jy nie meer effektief is nie.

    1 Korintiërs 14:33 God is tog nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde en vrede.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



    Enjoying The Content?


    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!


    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • PATETIESE DIENS

    Send us a text

    Galasiërs 5:13,14 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 

    Mense raak al hoe meer ongeduldig. Het jy al agtergekom? Dit lyk asof daar, as gevolg van die vreeslike druk waaronder ons leef, toenemende wrywing in verhoudings is. Sou dit nie wonderlik wees, as ons die druk net ‘n kerf of twee laer kon stel nie?

    Het jy al ooit by ‘n restaurant, waar die diens pateties was, gaan eet?

    Stel jouself dié situasie voor: Dit is ‘n spesiale okkasie, jy is by ‘n goeie restaurant en moenie dink dis goedkoop nie! Die kos is goed, maar die diens? Die kelners is onvriendelik, hulle maak nie oogkontak nie; hulle druk mekaar ongeduldig uit die pad uit. Die soutpot is leeg, maar jy kan niemand se aandag trek nie. Jy het dus ‘n keuse: jy gaan sonder sout, of jy laat jou kos koud word terwyl jy wag.

    Aaklig is dit nie? Maar ek wonder of dit nie ‘n teken van die tye is nie. Ons is deesdae so besig, dat ons nie tyd het om oogkontak te maak nie. En dan wonder ons waarom verhoudings so moeilik word. Dink net, as iemand vir jou of vir my moet wag om die soutpot vol te maak, sal hulle miskien ook nie so vriendelik voel oor húlle koue kos nie.

    Galasiërs 5:13,14  Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

    Ons het pas Paasfees gevier en dit gaan oor die vryheid wat ons in Jesus Christus het as ons sonde vergewe word. Maar wat beteken dit vir ons? Ons moet mekaar in liefde dien, en nie ons nuutgevonde vryheid gebruik om onsself te behaag nie.

    Dis so eenvoudig; ons maak ‘n verskil as ons ander dien.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


    Enjoying The Content?


    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!


    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • LEEF ‘N NUWE LEWE

    Send us a text

    Romeine 6:4 Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.

    Die vraag is: Het Jesus regtig uit die dood opgestaan, of was dit ‘n komplot, ‘n bedrogspul wat deur sy ontnugterde dissipels opgemaak is? Wat sê die getuienis? Kom ons kyk.

    Verleidelike, glansryke advertensies belowe ons ‘n nuwe lewe. Gaan op hiérdie vakansie en jy voel soos ‘n nuwe mens. Koop hierdie bevogtiger en jy sal ‘n nuwe mens wees. Jy ken die verkoopstegnieke. Maar dit maak nie saak hoeveel ons spandeer nie; ons gaan nooit op húlle manier ‘n nuwe persoon word nie. Dit is alles ‘n bedrogspul.

    ‘n Paar duisend jaar gelede, in Israel, is ‘n timmerman uit Nêrens aan ‘n kruis vasgespyker. ‘n Paar dae later is die klip voor sy graf weggerol en honderde mense het getuig dat hulle Hom weer lewendig gesien het.

    Een moontlikheid is dat dit alles ‘n bedrogspul was. Miskien het sy dissipels die liggaam gesteel? Maar in die volgende paar dekades is elkeen van hierdie dissipels geslaan en doodgemaak omdat hulle verklaar het dat Christus uit die dood opgewek is. ‘n Bedrogspul? Ek dink nie so nie.

    ‘n Ander moontlikheid is dat die owerhede die lyk weggeneem het, want gerugte van ‘n opstanding sou hulle polities benadeel.

    Daar is ‘n derde moontlikheid en dit is die een wat ek glo – dat Hy leef! Dit lyk beslis nie na die mees logiese verklaring nie. Hoe weet ek dis waar?

    Romeine 6:4 Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ‘n nuwe lewe kan lei.

    Paulus skryf letterlik in die oorspronklike Grieks, ‘sodat ons in die nuutheid van die lewe kan wandel’. Hoe weet ek dat Christus opgewek is? Want ek leef die laaste kwarteeu al in daardie nuutheid van lewe. En al dit is eenvoudig; dis lewensveranderend.

    ‘n Vars begin. ‘n Nuwe lewe.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

952 Listeners