God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Die Stink Boemelaar

    Send us a text

    Jakobus 2:1-4 My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie. Sê nou daar kom in julle samekoms 'n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook 'n brandarm man in met ou klere aan, en sê nou julle maak 'n ophef van die man met die deftige klere en julle sê vir hom: “Kom sit u hier gemaklik,” maar vir die arm man sê julle: “Gaan staan jy daar anderkant” of: “Kom sit hier by my voete,” het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?

    Sommige dinge in die lewe is nie eenvoudig nie. Hierdie oplossing lyk reg en daardie een verkeerd. Gmf. . .  Ongelukkig is alles nie so simplisties nie ... Wat sê jy?

    Hallo, namens Berni Dymet en welkom terug by VARS.

    Was jy al ooit in die kerk toe ‘n stinkende, hawelose ou instap en in die ry voor jou gaan sit? Ek is ernstig - hy stink regtig. Wat doen jy? Gaan jy die hele diens agter hom sit? Moet jy op ‘n ander plek gaan sit? Ek het al selfs gehoor van kerke waar daardie stinkende man gevra word om agter te gaan sit, waar die reuk niemand sal pla nie.

    Dit is nie so maklik nie, is dit? Aan die een kant wil jy die 'Christelike ding' doen, maar aan die ander kant stink hy so, dat ‘n mens naar wil word!

    In Jakobus 2: 1-4  lees ons: My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie. Sê nou daar kom in julle samekoms 'n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook 'n brandarm man in met ou klere aan, en sê nou julle maak 'n ophef van die man met die deftige klere en julle sê vir hom: “Kom sit u hier gemaklik,” maar vir die arm man sê julle: “Gaan staan jy daar anderkant” of: “Kom sit hier by my voete,” het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?

    Die Jesus wat ek ken, het verkies om 'n Jood te wees, een van die mees vervolgde rasse in die hele geskiedenis. Die Jesus wat ek ken, het verkies om gereeld met mense soos die stinkende ou te assosieer, eerder as met die een wat kerk toe kom en hoog heilig lyk.

    God het daardie stinkende ou meer lief as wat woorde ooit kan sê. Moenie oordeel nie.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Druppel in die Emmer

    Send us a text

    Markus 4:37-39 Skielik het daar 'n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte gekom.

    Of ons dit nou wil erken of nie, hoe oulik en sterk ons ​​ook al dink ons is -  een of ander tyd gaan dit voel asof die lewe ons oorweldig. Dit gebeur met ons almal. Die vraag is: wat dan?

    Hallo, namens Berni Dymet en welkom weer by VARS.

    Het jy al die stories gehoor van mense wat in 'n vaatjie by die Niagara-waterval afgaan? Dit is net ’n storie, totdat jy dit sélf sien. Ek was onlangs daar en het gesien hoe die krag van 345 000 liter water per sekonde, oor die rand stort. Dis net ongelooflik.

    Toe ek daar staan ​​en kyk na hierdie ontsaglike skouspel, plaas ek myself in my gedagtes, in daardie vat. Dit was vreesaanjaend! Maar weet jy, soms voel die lewe so. Dit voel asof jy in hierdie maalstroom van bruisende water oor die rand van ‘n waterval gejaag word, en daar is absoluut niks wat jy daaraan kan doen nie. Toe ek daar by die Niagara-waterval staan ​​en nat word van die sproei, het ek hierdie verhaal onthou:

    Markus 4: 37-39 Skielik het daar 'n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte gekom.

    Op daardie oomblik het ek onthou dat die Niagara-valle met al sy krag en wreedheid in vergelyking met die krag van my God, wat die heelal geskep het, slegs 'n druppel in die oseaan is. 

    Terwyl jy miskien eendag op pad is na ‘n situasie wat vir jou voel asof jy in 'n vat oor ‘n waterval stort, moet jy onthou dat op Sy bevel die wind sal stop, en die see kalm sal word.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Opsomming

    Send us a text

    Psalm 103:1-4 Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof. Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon,

    Niemand wat Jesus lankal volg, se lewe is probleemvry nie. Ons het almal al ontdek dat dit soms 'moeilik gaan' en onsself  afgevra of die kool die sous werd is.  Wel, is dit?

    Hallo, namens Berni Dymet en welkom terug by VARS.

    Die Bybel is ’n baie dik boek. Dit bestaan uit 66 boeke wat oor ongeveer 1500 jaar, deur verskillende mense geskryf is. Daar is 1,189 hoofstukke,  31,173 verse en ongeveer 807,361 woorde. Inderdaad 'n dik boek!

    Is daar nie 'n korter weergawe vir besige mense beskikbaar nie? Is daar nie ‘n opsomming wat vir ons vertel watter voordele dit inhou om die boek te lees nie?

    Nou-ja, eintlik is daar. In slegs 'n paar kort verse in die middel, is daar 'n uitstekende opsomming van die inhoud. Kyk hier wat sê Dawid in:

    Psalm 103:1-4  Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof. Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon,

    Dit som die inhoud baie mooi op. Kyk, laat ons nie doekies omdraai nie, dis nie 'n maklike ding om Jesus te volg nie. Hy roep ons om stroom-op te swem, en dikwels in die teenoorgestelde rigting as die trop te gaan. Dit ís harde werk.

    Is dit die moeite werd? Wil jy ‘n eerlike antwoord hê? Dit is beslis! Dit is waarom koning Dawid se woorde so vol lof is.

    …. Hy vergewe al jou sondes, en genees al jou siektes. Hy red jou van die graf, bekroon jou met liefde en ontferming.

    Dit klink na soveel voordele -  glad nie sleg nie. Glad nie sleg nie.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Gooi die baba met die badwater uit

    Send us a text

    Markus 7:6-8 Hy antwoord hulle: “Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom. Julle is skynheiliges, soos daar geskrywe staan: “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie. “Julle laat die gebod van God los en hou aan die oorgelewerde gebruik van mense vas.”

    Vir almal wat Jesus opreg volg, bestaan daar spanning ... tussen die rigting waarin ons kultuur ons roep, en die rigting waarin Christus ons roep. Die twee is selde, dieselfde. Hoe kies jy?

    Het jy al ooit na ou foto's van jouself gekyk, en gedink: “Sjoe, ek kon tog nooit só aangetrek het nie!” Dames, kyk net, daardie oranje mini-romp met die platform-skoene of die wit stewels.  En manne, die pers “bell-bottoms,” daardie “sidies,” of miskien was dit daardie groot, hang snor. Dit is snaaks hoe tye verander. Modes en idees verander. Dit is uit met die oue, in met die nuwe. Dit is eintlik maar net die manier waarop die modebase die ekonomie manipuleer.

    Kyk byvoorbeeld na hoe klank-opnemers ontwikkel het: Bandopnemers, Kassetopnemers, CD-spelers, DVD-spelers, MP3-spelers. Weet jy dat dit nogal skaars is om as gesinne, met etes saam om ‘n tafel te sit, selfs saam kerk toe te gaan? Dis outydse godsdiens. Ja, ‘n uitgediende vorm van godsdiens! Ek kan onthou hoe hard die kerkbanke was. Nee wat, gooi hulle uit!

    Maar het ons nie miskien die baba met die badwater uitgegooi nie? Het ons nie deur die wêreld geïndoktrineer geraak nie? Ons kultuur skryf vir ons voor wat 'waar' is, en nou is ons so verward, dat ons nie meer weet wát waar is nie. Ons weet nie meer hoe om tussen kultuur en Christus te kies nie!

    In Markus 7: 6-8  berispe Jesus die Fariseërs en Skrifgeleerdes: Hy antwoord hulle: “Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom. Julle is skynheiliges, soos daar geskrywe staan: “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie. “Julle laat die gebod van God los en hou aan die oorgelewerde gebruik van mense vas.”

    As jy in Jesus glo, word jy nie bestem om die kultuur te volg nie. Jy word geroep om Christus te volg.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Spyt is Kragtig

    Send us a text

    2 Korintiërs 7:9,10 Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê. Ons het julle dus in geen opsig benadeel nie, want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood.

    ‘Identiteitspolitiek’ is 'n nuwe mode woord. Dit is die idee wat jou verbied om kommentaar te lewer oor my lewenstyl, want dit is wie ek is! Maar as dit die geval is, hoe gaan ons ooit groei en leer en verander, sodat ons ons Skeppingsdoel kan bereik?

    Deesdae moet jy versigtig wees om nie iets te sê wat mense gaan affronteer nie. Maar dit is moeilik, omdat die waarheid, God se waarheid, reguit en soms beledigend klink.

    As iemand 'n alternatiewe leefstyl het, en ons kom en sê: 'Wel, volgens God is dit verkeerd ...', dan glo hulle hulle word beledig.

    Maar dis niks nuuts nie. Dit is wat Paulus byna tweeduisend jaar gelede aan die kerk in Korinte geskryf het in:

    2 Korintiërs 7: 9,10 Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê. Ons het julle dus in geen opsig benadeel nie, want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood.

    Soms sal ons te na gekom voel, maar ons moet met diep berou die waarheid aanvaar. Deur die krag hiervan kan daar ‘n positiewe verandering in ons lewens kom.

    Hoeveel egskeidings sou steeds huwelike gewees het, as mense die waarheid van onvoorwaardelike liefde opreg geglo het? Hoeveel vyande sou vriende gewees het? Hoeveel trane sou verhoed gewees het; hoeveel lewens sou verander het; hoeveel mense sou bevry gewees het, as ons maar net God se waarheid wou glo.

    Natuurlik, kan God se reguit manier ons affronteer, maar ...

    Die soort berou wat God wil hê, sal mense laat besluit om hul lewens te verander. Dit sal tot hulle redding lei, en ons sal nooit daaroor spyt wees nie.
    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Die Skyn Bewaar

    Send us a text

    Romeine 12:3 Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.

    Kan ek vra hoeveel van jou tyd en energie word opgeneem daardeur om ander mense te beïndruk? Kom nou, wees eerlik; op 'n skaal van nul tot tien, hoe hard werk jy daaraan? En nog ‘n vraag is ... is dit regtig die moeite werd?

    Ek glo nie daar is een van ons, wat nie wil hê dat ander mense goed van ons moet dink nie. Ons probeer mense beïndruk. 
    In vandag se wêreld, wat deur die idee van "sukses" gedryf word; is dit wat ons doen. 

    Het jy al so ‘n persoon ontmoet? Al waarvoor hy omgee, is wat ander mense van hom dink. Dit gaan oor of hy in die regte voorstad woon, die regte motor ry, gesien word by die regte partytjies saam met die regte mense. . . 

    Maar nou en dan ontmoet jy iemand wat miskien 'belangrik' is, of iemand wat baie in die lewe bereik het; miskien is hulle selfs bekend, en jy ontdek dat hulle hulself net as 'n gewone persoon beskou. Hulle hou daarvan om gewone dinge te doen en saam met gewone mense, soos ek en jy, te kuier.

    Watter een van dié soort mense verkies jy - die een wat jou wil beïndruk of die een wat sommer net ‘n gewone mens sonder fieterjasies is? Die apostel Paulus het dit eenkeer geskryf in:

    Romeine 12: 3 Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.

    Wees eerlik, hoeveel van jou energie, jou gedagtes of jou tyd spandeer jy daaraan om ander mense te beïndruk?

    Hier is 'n oplossing. Wees net die beste wat jy kan wees. Wie gee tog om wat ander mense dink ?

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Vreemde Ding om te Doen

    Send us a text

    1 Korintiërs 1:18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”

    In 'n wêreld wat deur die wen-motief oorheers word, klink die stelling: ‘om te misluk kan 'n goeie ding wees,’ belaglik. En tog, deur die geskiedenis van die mensdom, het mislukkings karakters geslyp, nasies verander, en dit het nog baie, baie meer goeie gevolge gehad.

    Die meeste lande ter wêreld het jaarliks een nasionale dag op hul kalender om die een of ander oorwinning te vier. Amerika vier Onafhanklikheidsdag. Die Britte vier Wapenstilstandsdag.

    Maar op ‘n spesiale dag, elke jaar, doen die Nieu-Seelanders en die Australiërs iets vreemds. Terwyl ander hul oorwinnings vier, herdenk hulle 'n verskriklike nederlaag. Hulle herdenk hoe hul tydens die Eerste Wêreld Oorlog in Turkye op die Gallipoli-skiereiland 36.000 mense verloor het. Wat 'n vreemde ding om te doen!

    En tog spreek hierdie verskriklike verlies kragtig tot die geboorte van twee nasionale identiteite. Christene doen eintlik ook 'n vreemde ding. Hulle vier ook 'n vreeslike verlies, die dood van Jesus aan die Kruis. 

    1 Korintiërs 1: 18,19 lees: Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”

    Dit is dwaas om 'n verlies te vier. Maar, net soos die verskriklike verlies van Gallipoli die karakter van twee nasies gesmee het, so het die kruisiging van Jesus ontelbare siele gered en hulle in 'n ewigheid met Hom ingelei.

    Ek weet nie hoe jy voel oor Jesus se offer aan die Kruis ter wille van jou nie. Maar jou geloof in sy offer ontsluit die krag wat jou nuwe lewe gee. Dit is die krag wat jou siel red. Dit is 'n nederlaag . . . wat jou die oorwinning gee, tot in alle ewigheid. Jesus.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Here, Ek Glo

    Send us a text

    1 Tessalonisense 5:1-3 Oor die tyd en omstandigheid wanneer hierdie dinge sal gebeur, is dit nie nodig om aan julle te skrywe nie, broers. Julle weet self maar alte goed dat die dag van die Here onverwags kom soos 'n dief in die nag. Wanneer die mense sê: “Alles is rustig en veilig,” sal die ondergang hulle skielik oorval soos geboortepyne 'n swanger vrou, en niemand sal ontkom nie.

    Ek weet nie van jou nie, maar ek is baie bly dat ek nie weet wanneer ek sal doodgaan nie. Ek wil net nie weet nie ... maar of ek nou daaraan wil dink of nie, is dít presies wat eendag gaan gebeur.

    Ek weet nie hoe dikwels jy aan die dood dink nie. Weet jy die statistieke bewys, dat uit elke honderd mense op die planeet Aarde, presies honderd sal sterf. Mense wat in Jesus glo, sal die Ewige Lewe ontvang, want 'n opregte verhouding met Jesus, is die enigste weg na die Ewige Lewe. Soveel ander mense sal in ewige skeiding van God, in daardie plek wat ons die Hel noem, moet leef, omdat hulle nie in Hom geglo het nie ... of miskien nog nooit sy uitnodiging ernstig opgeneem het nie.

    1 Tessalonisense 5: 1-3 sê: Oor die tyd en omstandigheid wanneer hierdie dinge sal gebeur, is dit nie nodig om aan julle te skrywe nie, broers. Julle weet self maar alte goed dat die dag van die Here onverwags kom soos 'n dief in die nag. Wanneer die mense sê: “Alles is rustig en veilig,” sal die ondergang hulle skielik oorval soos geboortepyne 'n swanger vrou, en niemand sal ontkom nie.

    Het jy Jesus aangeneem? Glo jy dat Hy in jou plek aan die Kruis gesterf het om die prys vir jou rebellie te betaal, sodat jy skotvry daarvan kan afkom? Of het jy dit nog nooit regtig reggekry nie?

    Vandag is 'n goeie dag om te sê: “Here, ek glo. Here, ek vertrou op Christus en wat Hy aan die Kruis gedoen het. Ek aanvaar U gawe van Ewige Lewe.” Vandag is 'n perfekte dag vir die begin van jou ewigheid by Hom, want môre is dit miskien te laat.

    Here, ek glo.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • WAARDE

    Send us a text

    Romeine 3:23-25 Almal het gesondig, en is ver van God af, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe.

    Het jy al gedink aan wat vir jou kosbaar is? Wat van jou huis, jou  nuwe kar, duur besittings – sal jy dit weggee? … God het sy kosbaarste besitting vir my en vir jou gegee. Sy seun.

    ‘n Paar jaar gelede was ek en my vrou in Londen. En wie kan Londen toe gaan sonder om Harrods, die beroemde afdelingswinkel, te besoek? Ons kon nie veel tyd daar deurbring nie, maar was verbaas om te sien wat ‘n mens alles daar kan koop.

    ‘n Diamanthalssnoer van 36 karaat vir ‘n halfmiljoen pond. ‘n Persiese tapyt vir tweehonderdduisend. Wat van hierdie bed vir vyf-en-sewentigduisend pond? Oooe en ek hou van hierdie eetgerei. Kyk, dit is slegs twee en sestig duisend pond. En daardie goudbedekte, diamant-ingelegde selfoon? ‘n Blote tien miljoen. Ag nee, kom ons kyk na iets heeltemal anders, hoe lyk dit met hierdie winskopie; ‘n pragtige porselein katjie vir tweeduisend pond?

    Ek dink ek sal sommer twee van elk neem, dankie!

    Ongelooflik die waarde wat mense op dinge sit. Die winkel was tjok-en-blok met mense wat geld uitgee asof dit aan bome groei. Nogal ‘n ervaring …

    En terwyl ek in die middel daarvan staan, het ek gedink aan die wáárde wat God op jou en my plaas – die lewe van Jesus, sy Seun.

    Romeine 3:23-25 Almal het gesondig, en is ver van God af, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe.

    Kry jy ‘n idee van hoeveel jy vir God werd is? Jou waarde is absoluut onskatbaar.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • DIE ELLENDIGSTE OORTREDER

    Send us a text

    1 Johannes 2:2  Hy is die versoening vir ons sondes: en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

    Hier’s vir jou ‘n hipotetiese vraag. Wat gebeur as ‘n moordenaar, wat op teregstelling wag, op die nippertjie besef dat hy gesondig het, en na Jesus uitroep. Onthou nou, hy is ‘n moordenaar. Die vraag is: gaan hy hemel toe, of nie?

    As dit jóú besluit was, watter standaard sou jy stel vir toegang tot die hemel? Absolute volmaaktheid, ‘n uitstaande lewe, of ‘n goeie lewe? Of is ‘n bevredigende een ook oukei? Hoe hoog sal jy die dwarslat stel?

    Ek dink die meeste van ons sal ongeveer 6 of 7 uit 10 aanvaar – dit is vir iemand wat basies ‘n goeie lewe gelei het. Ja, hulle is in! Maar wat van die regtig onbeskofte, verwerplike, selfsugtige mense en misdadigers? Absoluut nie!!

    Dit sal jou miskien verbaas om te weet dat God se standaard heeltemal anders is. Omdat sy standaard vir ‘n Ewige Lewe saam met Hom in die hemel, absolute volmaaktheid is.Maar hoe nou, Berni? Niemand is tog perfek nie! Daarom het Hy sy Seun, Jesus, gestuur om te betaal vir ons onvolmaaktheid, ons “sonde,” soos Hy dit noem.

    1 Johannes 2:2 Hy is die versoening vir ons sondes: en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

    Op die dag, wanneer ek en jy voor Hom sal staan, sal die standaard volmaaktheid wees. En Hy sal ons net een vraag vra: Het jy ‘n lewende verhouding met my Seun gehad?

    En dit geld vir, van die ordentlikste mense, tot die ergste van alle misdadigers. Die ou lofsang “Aan God die al die eer” stel dit so:

    Die wonder, dat God tot Sy diens ons bevry,
    Sy Gees ons in liefde kom lei …
    Die grootste oortreder
    Wat waarlik glo
    Word dadelik deur Jesus
    Vergifnis beloof…

    Daar het jy dit! Dit gaan nie oor goeie werke nie. Vertrou jy dat Jesus se offer aan die kruis vir jou sonde betaal het?

    Onthou: Die grootste oortreder wat waarlik glo, ontvang vergifnis.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


    Enjoying The Content?


    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!


    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

952 Listeners