Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
Lukas 6:30,31 Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie. Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.
Maak dit sin om mense, wat dit nie verdien nie, ordentlik te behandel? Sê nou dis iemand wat iets van jou gesteel het; moet jy hóm met respek behandel? Weet jy, waar God regeer, is dít een van die slimste dinge wat ons ooit kan doen.
Daar was 'n wonderlike restaurant in my woonbuurt. Dit was nie volmaak nie, maar sjoe, waar in die wêreld kry jy iets wat perfek is? Op ‘n stadium het die bestuur besluit dat hulle nie meer tevrede was met die ‘onvolmaakte’ kelners nie. Myns insiens, was hulle bekwame kelners, wat die gaste goed behandel het.
Nou-ja, dit het 'n kettingreaksie veroorsaak. Die kelners het geloop en die besigheid het agteruit gegaan. Is dit nie snaaks nie; waar die personeel goed behandel word, is hulle vriendelik teenoor die gaste en effektief in hul werk. Dit is soos om 'n klippie in die dam te gooi en die rimpelings te sien.
Wat sal gebeur as ons by onsself begin? As ek en jy teenoor meer mense vriendelik sou optree? En nie net teenoor die mense wat vir ons aanvaarbaar is nie, maar ook teenoor die onvolmaaktes. Jesus het dit so gestel in:
Lukas 6:30,31 Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie. Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.
Om goedhartig te wees teenoor iemand wat iets van jou steel, klink nie baie wys nie. En dink net, wat sou die gevolge wees, as ons meer sou omgee vir die dief, as vir die ding wat hy gesteel het?
Hoe anders sou hierdie wêreld gelyk het, as God die krag van sy liefde, deur my en jou kon vrystel? Stel jou voor hoe die rimpelings van transformerende liefde kan uitbrei na jou vriende, dan na hul vriende, oor 'n stad, oor 'n land, oor die hele wêreld heen. . .
en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Markus 10:51,52 Jesus vra vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” “Rabboeni,” sê die blinde man vir Hom, “dat ek kan sien.” Jesus sê daarop vir hom: “Jy kan maar gaan. Jou geloof het jou gered.” Dadelik kon hy sien en het hy op die pad agter Jesus aan gegaan.
Hier is 'n vreesaanjaende gedagte. Hoeveel tyd spandeer jy op jou tegnologiese toestelle en hoeveel tyd spandeer jy aan mense? Vir baie mense is die antwoord op hierdie vraag ontstellend.
Ek doen baie van my werk op 'n sleutelbord in my studeerkamer. Dit is 'n wonderlike werkruimte; ek het ‘n lieflike uitsig oor 'n paar groot ou bome en dis stil en gemaklik.
Maar toe ek nou die oggend in my stoel terug leun, om my gedagtes te orden, was ek geskok deur dit wat voor my was. Daar was ses kommunikasie toestelle op my lessenaar. My slimfoon, my huistelefoon, my werktelefoon, my rekenaar, die tablet met my Bybels en biblioteek daarop, en my slimhorlosie wat my oefening en mobiliteit meet, en snaaks genoeg, hy sê ook hoe laat dit is!
Kan jy dit glo? 'n Vinnige videokonferensie na Parys of Hyderabad, geen probleem nie. Dit is deesdae net só maklik, want ons leef in die mees tegnologies gevorderde tyd in die ganse geskiedenis. Enige inligting wat ons nodig het, is daar met die druk van ‘n knoppie. Dis tragies - hoe meer toestelle ons het, hoe minder kommunikeer ons met mense. Hoe meer e-posse jy moet beantwoord, hoe minder tyd bestee jy daaraan om 'n vriend oor ‘n koppie koffie te ontmoet; om iemand persoonlik te ontmoet, of sommer net iemand te bel om te vra: "Hoe gaan dit met jou?"
Ons lees in Markus 10: 51,52: Jesus vra vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” “Rabboeni,” sê die blinde man vir Hom, “dat ek kan sien.” Jesus sê daarop vir hom: “Jy kan maar gaan. Jou geloof het jou gered.” Dadelik kon hy sien en het hy op die pad agter Jesus aan gegaan.
Die wonderwerk het gebeur omdat Jesus, tussen die mense geleef en beweeg het. Hy was betrokke en wou die blinde man help.
Wat moet ons hieruit moet leer. . .
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 16:33 Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”
Nie een van ons geniet dit as teëspoed jou tref nie. Maar vanuit God se perspektief, het teëspoed 'n spesiale plek in ons lewens. Daarom moet ons leer om teëspoed reg te hanteer.
Stel jouself die situasie voor: Alles gaan voor die wind en skielik tref 'n draaibal van die linkerkant af, jou reg op die krop van jou maag. Een oomblik gelede was alles nog perfek en die volgende oomblik lê jy en krul van die pyn en hyg na asem.
Het jy al opgelet hoe dinge so onverwags verander; dinge wat jou beroof van jou vrede en jou vreugde. Probleme oorval jou uit die bloute. In 'n oogwink is jou lewe omskep in totale chaos.
Soms kom ons seëvierend uit die situasie. Ander kere wil ons in 'n hopie gaan sit en onsself bejammer, moed opgee, iemand blameer, of teen ons beterwete iets dom doen.
Ons laat toe dat ‘n onverwagte draaibal ons lewens verwoes. In ‘n oogwink is ons hele dag bederf, omdat ons nie daarvoor voorbereid was nie.
Net voordat Jesus gekruisig is, te midde van die onrus en die vrees, sê Hy in Johannes 16:33 aan sy dissipels: Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”
Moenie verbaas wees as probleme opduik nie. Dit het met Jesus gebeur. Dit gaan met jou gebeur. Verwag probleme, want dit kom.
Maar, as jy moed wil verloor, weet dit: Jesus, jóú Jesus, het al die probleme van hierdie wêreld oorkom. Wees dus dapper. Moenie toelaat dat die moeilikheid jou onverwags betrap nie. En as dit kom, weet dat jou Verlosser al die veldslae gewen het. Hy het inderdaad die hele oorlog gewen.
Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My.
Jesus.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 8:31-34 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” Hulle het Hom geantwoord: “Ons is die nageslag van Abraham en was nog nooit iemand se slawe nie. Hoe kan jy sê: ‘Julle sal vry word’?”
Een van die dinge wat ek, soos ek ouer word, al hoe meer besef, is dat ek die kuns van selfmisleiding uitstekend bemeester het. Wat van jou? Ons kan goed wat voor die hand liggend is, ignoreer - dinge, wat vlak voor ons neuse is.
Ek het die ander dag in ‘n ry gestaan, terwyl twee dames begin rook. Een van hulle hoes baie erg, en toe sy haar sigaret aansteek, draai sy na haar vriendin en vra: 'So, wat dink jy, is dit brongitis?'
Ek en ‘n man naby my in die ry het oogkontak gemaak, en weet jy, ons het nie geweet of ons moet lag of huil nie? Brongitis, regtig ?!
Maar doen ons dit nie almal nie? Ja, ons doen dit - laat ek dit maar kaalkop sê - ons doen regtig onnosel dinge, en dan dink ons verskonings uit, sodat dit ons nie meer pla nie en ons dit vergeet.
Klink dit nie na die man wat so hard werk, dat hy geen tyd vir sy gesin het nie? Of die baas wat haar personeel boelie en dan wonder hoekom hulle almal bedank? Nou ja, Jesus het ook iets pynlik reguit te sê oor die goed wat ons onsself wysmaak.
Johannes 8:31-34 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” Hulle het Hom geantwoord: “Ons is die nageslag van Abraham en was nog nooit iemand se slawe nie. Hoe kan jy sê: ‘Julle sal vry word’?”
Jesus. Hy het gekom om jou vry te maak. Luister na Hom… want wanneer jy dit doen, sal die waarheid, sy waarheid, jou vrymaak.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
Die idee dat Jesus gekom het om my te red, en om jou te red, klink party dae so baie na ‘n sprokie. Dink jy nie dat dit vandag, in die 21ste eeu, effens onwerklik voorkom nie? Aan die een kant is daar die realiteit van hierdie lewe en aan die ander kant die Jesus-lewe.
Toe ek die ander dag in my studeerkamer sit, het iets my getref.
Ek het ‘n snippermandjie onder my tafel waarin ek hoofsaaklik papier gooi. En dit is verbasend hoe vinnig dit vol word. Terwyl ek eendag besig was om rustig te werk, sien ek dit alweer begin oorloop!
Waar kom al hierdie rommel vandaan?
En het jy al ooit gesien hoe vinnig vuilgoed in jou huis, in jou motor, of in jou agterplaas ophoop? Of wat van onder in jou yskas? Dit is asof rommel en vuilgoed natuurlike byprodukte van die lewe is. En tensy ons die mandjie leegmaak, of die motor skoonmaak, of die agterplaas opruim, of die yskas uitvee, sal ons net in 'n konstante gemors leef.
En glo vir my, dieselfde beginsel geld ook vir ons lewens. Vullis en rommel blyk natuurlike produkte van ons onvolmaakte lewens, te wees.
Maar in 1 Johannes 1:9 lees ons: Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
God het vir Jesus gestuur met die doel om ons lewens van die gemors, die rommel en die vuilgoed te reinig. Ons hou miskien nie daarvan om dit te erken nie, maar hierdie rommel is 'n natuurlike produk van ons onvolmaakte lewens.
God noem dit sonde. En God se plan, om Jesus aarde toe te stuur, was sodat Hy die prys kon betaal, om ons gebroke lewens heel te maak – sodat Hy ons kan vrymaak.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jesaja 40:21,22 Weet julle dan nie, het julle nie gehoor nie, is dit nie van die begin af aan julle bekend gemaak nie, het julle nie 'n begrip van hoe die aarde ontstaan het nie? God het sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos 'n tentdoek, oop soos 'n tent vir die mense om onder te woon.
Jy sal my gereeld hoor praat oor perspektief. Dit beteken, hoe nader iets is, hoe groter lyk dit en hoe verder dit is, hoe kleiner lyk dit. Jou perspektief verander eintlik die werklikheid vir jou. Ongelooflik.
Goed, laat ons vir 'n oomblik aanvaar dat God inderdaad God is; dat Hy vir jou en my geskape het, en dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het, om vir ons aan die Kruis te sterf.
As dit alles waar is, hoe sien God jou? Ek bedoel, as jy deur dieselfde venster na jouself wil kyk, as wat God jou sien - hoe lyk die venster?
Is dit 'n klein venstertjie? Die soort wat nie veel lig inlaat nie? Of die soort waarmee jy nie ver vooruit kan sien nie? Kyk God deur 'n nou venster na ons lewens, of het Hy 'n baie wyer perspektief; 'n groot venster; wat oorvloedige lig laat instroom? Dié soort, wat hom toelaat om moontlikhede verder in die toekoms te kan sien, as wat jy ooit sou kon sien?
Kom ons vra, watter soort perspektief God op jou lewe het.
In Jesaja 40: 21,22 lees ons: Weet julle dan nie, het julle nie gehoor nie, is dit nie van die begin af aan julle bekend gemaak nie, het julle nie 'n begrip van hoe die aarde ontstaan het nie? God het sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos 'n tentdoek, oop soos 'n tent vir die mense om onder te woon.
Hier’s die antwoord: God het 'n volmaakte perspektief. Die volgende keer wat jy 'n probleem het, wat te groot is vir jou om te hanteer ... onthou, ons God is 'n groot God. Hy sien baie meer as wat ons sien; Hy sien alles, en sy almag kan ons nie peil nie.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 14:26 en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Dit is maklik om heeltemal oorweldig te word deur al die nuwe tegnologiese toestelle wat beskikbaar is. Ons weet almal hoe tegnologie ons lewens verander, maar daar is iets anders, of moet ek sê, Iemand anders, met soveel meer krag, dat Hy jou hele lewe totaal kan hervorm. Dit laat ‘n mens se asem wegslaan.
Ek is mal oor my ‘gadgets’ of katoeters. Ek was nog altyd, en ek vermoed dat ek altyd sal wees.
Dink daaroor na. Jy sê vir jou slimfoon: 'Speel vir my van my gunsteling musiek.’ ‘Wanneer is my volgende afspraak?’ ‘Neem my soontoe.’ ‘n Toestel wat my verstaan! Hmm. Ek hou daarvan. Ek glo nie dat ons selfs vyf jaar gelede, sou kon voorspel, watter omwenteling tegnologie in ons lewens sou bring nie.
Ek het oor die jare soms gestoei met godsdiens en wat daarmee saam gaan. En weet jy hoekom? Ek het dit nie verstaan nie, en gedink dit verstaan my ook nie. Ons was op verskillende planete en is in baie opsigte nog steeds.
Maar Jesus, dis ‘n ander saak. Hy praat my taal. Ons verstaan mekaar. Hy lewe werklik. Ek gee toe, die slimfoon-ding is fantasties. Maar om met Hom te praat, Hom te hoor praat, te sien hoe Hy my lewe voor my oë verander ... dis onbeskryflik.
Ons lees in Johannes 14:26 dat Jesus gesê het: en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Weet jy, hoe nader jy aan Jesus kom, hoe meer smag jou hart daarna om Hom te volg. Jy begin verstaan dat Hy die krag van die Heilige Gees in jou lewe vrystel om jou helper te wees. Om jou te help om jou potensiaal, waarvoor God jou gemaak het, te bereik.
Ek sou nooit, in my wildste drome, die krag wat Hy het om 'n lewe te verander, vir myself kon voorstel nie.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Handelinge 2:38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.
Kan ek jou ‘n vraag vra: Waaroor gaan hierdie hele Jesus-storie? Is dit waar, of is dit 'n illusie? Is diegene wat op Jesus vertrou, reg, of jaag hulle ‘n onwerklike droom na?
Ek hou daarvan om na ‘n vertoning van ‘n kulkunstenaar te kyk. Mense noem hulle towenaars, maar dis nie toorkuns nie, al wat hulle doen, is om ons te kul met dit wat hulle ons toelaat om te sien, en dit wat hulle wegsteek.
Jare gelede, terwyl ek nog in die rekenaar-besigheid was, het ek ‘n kliënt gehad, wat sulke toertjies gedoen het. Hy het 'n klein guillotine gehad en jy moes jou vinger deur 'n gat steek. Daar was twee klein gaatjies vir tandestokkies bo en onder. Die toestel was ‘n groot stuk hout met 'n metaal blad. En op die telling van drie sou hy die guillotine na onder afklap en die twee tandestokkies bo en onder jou vinger sou knak, maar jou vinger in die gat was nog in een stuk. Ek kon nooit agterkom hoe die ding werk nie. Dit het my mal gemaak!
David Copperfield was vir baie jare een van die grootste kulkunstenaars. Ek was al by een van sy vertonings en het gesien hoe hy letterlik in 'n groot, verseëlde Perspex-boks vlieg. Hy is absoluut briljant. Maar hy het die volgende gesê: God se wonderwerke, wat in die Bybel opgeteken is, is ver groter as enigiets wat 'n illusionis ooit sal kan doen. Maar, groter as enige fisiese wonderwerk, is die vermoë van hierdie man, Jesus, wat vir ontelbare miljoene mense deur die eeue heen betekenis aan hul lewens gegee het.
Dit is geen illusie nie. Nee, my vriend, dis absoluut waar. Laat my dus toe, om jou met hierdie gedagte te laat:
In Handelinge 2:38 lees ons: Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.”
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 3:16 God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
Ek het geen idee waar jy in jou lewe en in jou verhouding met God staan nie. Ek het ‘n rukkie gelede een aand saam met 'n man geëet wat heftig teen God was. Dis seker sy keuse. Maar vandag wil ek jou my verhaal vertel.
Ongeveer 'n kwarteeu gelede het ek iets gedoen, wat ek nooit gedink het ek sou doen nie. Ek was 'n geharde, onverbiddelike sakeman wat deur 'n reeks gebeure, byna alles verloor het.
Dit was sonder twyfel die laagtepunt van my lewe; dit was asof die wêreld sy rug op my gedraai het. Maar te midde van die hartseer en die pyn, het iets vir my baie, baie duidelik geword. Dit was die feit dat God my liefgehad het.
Johannes 3:16 sê: God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
Dit is hoe lief Hy my gehad het! Ek het alleen onder 'n groot ou boom gaan sit en gesê: “God, ek gee my lewe heeltemal aan U. Alles wat ek het. Alles wat ek is. Al my hoop, al my drome. Gee ek aan U. ”
Dit het vyf en twintig jaar gelede gebeur. Alles het nie eensklaps verander nie. Baie trane en uitdagings later, het Hy my by ‘n punt gebring; ‘n plek, waar ek weer my kop kon optel.
Alles was nie perfek nie. Dit het nie beteken dat ek geen probleme gehad het nie. Maar Hy het my op ‘n punt gebring waar Hy ín my gewerk het en deur my, ander kon seën, met die talente wat Hy aan my gegee het. En met al die op- en afdraandes sedertdien, kan ek eerlik sê dat ek niks sou wou verander nie.
Maak nie saak waar jy is nie, weet dit: Hy het jou so lief en Hy het beslis 'n plan!
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 6:51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.”
Tevredenheid is 'n interessante konsep. Ons beleef dit op verskillende maniere - deur 'n vervullende beroep - deur goeie verhoudings - miskien deur 'n heerlike vakansie. Maar op die ou end, gee nie een van die dinge op sigself vir ons, wat ons regtig wil hê nie.
Daar was onlangs 'n Amerikaanse sepie op televisie. Dit was veronderstel om komies te wees, en dit was nogal. En tog, tydens een episode, spring 'n getroude vrou saam met 'n ander man in die bed.
Toe hy haar vra waarom sy dit gedoen het, of sy haar man liefgehad het, of die huwelik aan haar behoeftes voldoen het? Antwoord sy “JA” op al die vrae.
Hy vra haar toe weer hoekom sy dit doen en sy antwoord: Wel, ek het ontdek dat die dinge wat ek wou hê, my nie gelukkig gemaak het nie. Hmmm. Ek wonder hoeveel mense leef hul lewens so. Ek bedoel, as iemand jou sou vra hoe gelukkig jy is; hoe tevrede jy regtig is, wat sou jou antwoord wees?
Omdat so baie mense dinge najaag, wat hulle nooit sal bevredig nie, het Jesus in Johannes 6:51 gesê:
“Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.”
'n Oondvars stuk brood laat ons mond water. Gemorskos kan ‘n versoeking wees, maar daardie reuk, daardie smaak van ‘n vars warm brood, dis tops!
Daarom het Jesus gesê: Ek is die brood van die lewe. Want of ons dit nou besef of nie, Jesus is die enigste een wat ons kan gee waarna ons soek. Net omdat ... Hy ons so gemaak het.
Dink mooi, op 'n skaal van een tot tien, hoe tevrede is jy?
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

952 Listeners