God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Handelsnaam: Jesus

    Send us a text

    Romeine 5:7,8 ‘n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

    In vandag se winsgedrewe mark is ‘n bekende handelsnaam alles. As jy die ‘regte’ of soos die jongmense sê ‘cool’ handelsnaam kan registreer, selfs al is jou produk maar so-so, sal jy waarskynlik baie geld maak. Maar die populariteit van 'n handelsnaam is 'n wispelturige ding.

     

    Ek het nou die dag 'n tiener gevra: “Wat is cool?”

     

    'Cool' is 'n konsep wat baie belangrik is onder jong mense. 'Cool' beïnvloed baie besluite, tot op die punt waar motorvervaardigers hul advertensies op kinders rig! Kinders besluit wat ‘cool’ is, en die motorvervaardigers verstaan watter impak hulle op hulle ouers het. Kan jy glo, dat kinders selfs die keuse van 'n nuwe motor kan beïnvloed? Ongelooflik! 

     

    Wat beteken dit om vandag ‘cool’ te wees? Is dit om die nuutste slimfoon te besit, of om ontwerpers-etiket-klere te dra of die nuutste tendens na te volg?

     

    En wat van die Jesus-handelsnaam? Hier is die snaakste ding. Alhoewel ‘kerk’ nie meer as ‘cool’ bestempel word nie, word Jesus gesien as baie ‘cool’. Hierdie Jesus wat teen skynheiligheid opgetree het, wat die armes gehelp het, wat dinge gesê het, wat sin maak, en dinge gedoen het, wat eg was. Dis ‘cool’!

     

    Maar hier is die belangrikste ding. Die Jesus-handelsnaam troon bo alles uit, want Hy is God wat met ons praat in 'n liefdestaal wat ons kan verstaan. Ons lees in:

    Romeine 5:7,8 ‘n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

     

    Jesus is God, wat met sy hele lewe sê: “Ek het jou lief”. Ons wil almal só liefgehê word. Jesus het nie slegs van liefde gepráát nie. Hy het liefgehad met sy hele lewe. 

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

     Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Dis die Eenvoudige Dingetjies wat tel

    Send us a text

    Johannes 3:16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

    Daar is deesdae nie baie positiewe stories op die nuuskanale nie! Of hoe? Maar ek dink dat ons dinge te krities ontleed en onnodig kompliseer, selfs as dit goed gaan! Op die ou end is die meeste dinge redelik eenvoudig. Veral as dit by die waarheid kom.

     

    Vandag se ekonomie is 'n baie ingewikkelde ding. Dis aandele, aandelemarkte, dividende, termynkontrakte, afgraderings, wisselkoersskommelings, inflasie, deflasie ... 

     

    Maar weet jy, geld is tog 'n baie eenvoudige ding. Spandeer minder as wat jy verdien, bepaal jou prioriteite, spaar 'n bietjie vir die toekoms en belê verstandig. ‘n Mens hoef nouliks geniaal te wees om dít te verstaan. Maar ten spyte van die gesofistikeerdheid en gekompliseerdheid van die finansiële markte, was huishoudelike skuld nog nooit hoër as nou nie!

     

    Dit voel vir my 'n bietjie soos die teologiese biblioteek, waarin ek 'n paar jaar gelede rondgeloop het. Dit was propvol boeke oor God. En ek het heimlik gedink: "Hoe kan soveel mense so baie boeke skryf, oor iets wat so eenvoudig is? Veral in 'n tyd waarin die grootste aantal mense, ooit in die geskiedenis, ver van God af is!"

     

    Miskien word ons so verblind deur die kompleksiteit, dat ons die eenvoudige waarheid uit die oog verloor!

    Johannes 3:16 leer ons: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

     

    Dit is die goeie nuus. Jesus het gesterf om die prys vir sonde, joune en myne, aan die Kruis te betaal. Dit beteken dat Jesus die ononderhandelbare prys, wat God geëis het, moes betaal, sodat ons, as ons net op Jesus vertrou, die gratis geskenk van die Ewige Lewe sal ontvang.

     

    Baie teoloë besit baie boeke oor God. Veels geluk! Maar die goeie nuus van Jesus Christus, is iets so eenvoudig, dat selfs ek dit sonder honderde boeke, kan verstaan.

     

    Deur wat Christus vir jou gedoen het, word jy vergewe. Vertrou op Hom.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Verborge Skat

    Send us a text

    Matteus 13:44 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land.

    As iemand vir jou die één ding kan gee wat jy regtig wil hê, wat sou dit wees? Dink ‘n bietjie. En dan, as jy dit gekry het, sou dit jou vir ewig en vir altyd tevrede hou? Wel, sou dit?

    Op een of ander manier is dit asof ons almal op 'n skattejag is. Ons is op soek na daardie één ding, daardie verborge skat, wat ons lewenslank sal bevredig. Weet jy, dat ons eintlik soek, na ‘n diep gevoel van tevredenheid en voldaanheid. En totdat ons dit bereik, sal daar altyd ‘n leemte wees.

    Verskillende mense, soek op verskillende plekke en hulle het  verskillende antwoorde op die vraag van wat vir hulle ewige geluk sal bring. Weet jy, dit kan vir ‘n rukkie voel asof ons dit gevind het - maar namate die dae en weke verbygaan, word ons gedwing om tot die gevolgtrekking te kom, dat dit tog nie dit was nie!"

    En weet jy hoekom? Dit is omdat ons deur God ontwerp is, om slegs volkome en diep tevrede te wees in 'n ryk en oorvloedige verhouding met Hom. Dis die dit.

    Jesus het dit so gestel in:

    Matteus 13:44 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land.”

    Dit het my laat regop sit. Ek het omtrent alles onder die son probeer om my tevrede te stel en my veilig te laat voel, maar niks het gewerk nie. Ek kan jou verseker ek het wyd en syd gesoek! 

    En toe eendag, het ek op hierdie verborge skat afgekom. Jesus. Ek het nie alles wat ek besit, fisies verkoop nie, maar aan die binnekant het ek alles aan Sy voete neergelê. Nie omdat ek moes nie, maar uit vreugde, omdat ek uiteindelik daardie skat ontdek het.

    Die lewe was sedertdien nog nooit dieselfde nie. Uiteindelik het ek dít gevind. Jesus.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Nog ‘n Berg om te klim

    Send us a text

    Mattheus11:28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” 

    Daar is tye wat ons net uitgeput voel. Die lewe is nie vir ‘sissies’ nie! Jesus het belowe dat as jy Hom volg, dinge waarskynlik nog moeiliker sal raak. Die versoeking is om moed te verloor en op te gee.

     

    'n Paar jaar gelede was ek, my vrou en my veertien-jarige dogter, met 'n gesinsvakansie op 'n ongelooflike pragtige stranddorp met reënwoude, blou strandmere en sand strande. Op ons laaste dag het ons gaan bergklim. Dit was 'n groot uitdaging! Dit het gelyk asof elke steil krans in 'n vals kruin eindig, en dan was daar nog een. . . 

     

    Ek het gewonder of ons ooit die kruin sou bereik. Ons het ons dogter die hele tyd probeer moed inpraat en gesê: 'Ons is amper daar.' Na ‘n paar ruskansies, was ons uiteindelik bo! Dit was die moeite werd; die uitsig was asemrowend.

     

    Die lewe lyk soms na die een vals kruin na die ander; die een steil krans om te klim na die volgende. Maar as ons net ‘n ruskansie wil neem en stop en luister, sal ons Sy stem hoor. In 

    Mattheus11:28-30  sê Jesus: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”

     

    Jy is amper daar. Moenie moed opgee nie. Jy kan dit maak. Ek het jou lief. Ek's met jou. Dit is, wat ek glo Jesus wil hê jy moet ervaar.

    “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Berni Word Charlie

    Send us a text

    Matteus 10:29-31 Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” 

    As ons eerlik wil wees, voel die idee dat God intiem in ons lewens betrokke kan wees, sommer net onmoontlik. Dikwels weet ek en jy nie eens, wat in ons eie lewens aangaan nie. Hoe kan 'n besige God moontlik tred hou met alles?

     

    Ek het onlangs by een van daardie bekende koffiewinkels middagete geëet. Die jong kelner het my, soos sy waarskynlik geleer is;  gevra wat my naam is. Ek het geantwoord: ‘Berni.' Hierna het sy my naam in elke sin daarna gebruik.

     

    Doen jy vandag inkopies “Berni?” 

    “Nee.”

     Jy  gaan dan seker werk toe, “Berni”? 

    “ Ja.”

     

    En so het dit tot vervelens aangegaan. Dit het vir my gevoel asof ek met 'n robot praat. Maar dis nog niks!

     

    Nadat sy vir my, my strokie kom oorhandig het, spreek sy my skielik as “Charlie” aan.  Moenie my vra hoe dit gebeur het nie. Ek het geen idee nie. Toe was dit “Charlie” voor en “Charlie” agter. Sjoe!

     

    Dit kan 'n vreeslike transaksionele, onpersoonlike wêreld wees, nè? En weet jy, ek het my altyd voorgestel dat God 'n bietjie so sou wees. Hoe kan Hy bybly met almal se name, om nie eers te praat van wat in ons lewens aangaan nie!  Jesus het vir ons kom wys dat Hy heeltemal anders is. 

     

    Hy het in Matteus 10:29-31 gesê: Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

     

    Die waarheid is, dat God soveel omgee vir ons. Hy ken elke klein detail van ons lewens. Nie net ons name nie. Alles oor ons. Hoe ons voel, wat nou in ons lewens aan die gang is. Alles. Is dit nie wonderlik om dit te weet nie?

     

    En weet jy, Hy het my nog nooit een keer ‘Charlie’ genoem nie!

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Bedagsaamheid

    Send us a text

    Filippense 4:5 Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 

    Iets waaraan ons nie gereeld nadink nie, is hoe ons, ons naaste behandel. Ag nee wat, dis tog baie belangriker om te dink aan hoe húlle óns behandel? Is dit nie so nie? Hoe tragies is dit? Maar sê my, hoe behandel jy ander?

     

    Ek weet nie hoe jy by die werk kom nie, maar oral in die wêreld spring miljoene mense elke oggend en elke middag in motors of hulle gebruik openbare vervoer. Een groot geskarrel.

     

    Of jy téén die verkeer stoei, of jou pad in ‘n trein, of bus of taxi probeer oopwurm, is daar waarskynlik een woord wat jy eenvoudig nie sal gebruik om jou reis te beskryf nie. Bedagsaam. Dit is alles behalwe. Probeer brutaal, frustrerend, woedend, dreinerend, alles BEHALWE bedagsaam!

     

    En selfs op plekke waar ons verwag om medemenslikheid en gemoedelikheid te sien, ontbreek dit so dikwels. In bejaardesorg-fasiliteite, hospitale, skole, selfs in huise.

     

    Bedagsaamheid is byna 'n vergete eienskap in hierdie chaotiese wêreld. Stem jy saam? Ek bedoel, hoeveel saggeaarde hulpvaardige mense is daar by jou werk? As jy mense sou vra hoe hulle behandel wil word, sal hulle enige tyd erken dat hulle vriendelik en sagmoedig hanteer wil word.

     

    Ek is nie van nature 'n sagte mens nie. Dit is iets wat ek moes leer; inteendeel, iets wat ek nog besig is om te leer. Die apostel Paulus, het 'n paar duisend jaar gelede die spyker op die kop geslaan toe hy die volgende uit sy dodesel geskryf het in:

    Filippense 4:5 Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.

     

    Wanneer jy môreoggend gereed maak vir jou besige dag, sal jy outomaties daaraan dink aan hoe jy sagmoedig en vriendelik kan optree? Seker nie?

     

    Maar besef jy dat jy iemand se dag kan opkikker, deur ‘n gebaar van vriendelikheid. Jy kan vandag iemand se lewe verander deur hom as mens raak te sien. 

     

    Laat almal sien dat jy bedagsaam en vriendelik is.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Het Ek Iets Misgekyk?

    Send us a text

    Spreuke 22:9 Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense. 

    Wat het jy gisteraand vir aandete gehad? Het jy dit geniet? En wat van ontbyt vanoggend? Was dit lekker? Dit is wonderlik om 'n vol maag te hê, versadig en tevrede te wees. En tog is daar miljoene mense in die wêreld, wat geen idee het hoe dít voel nie.

    Elke keer as daar 'n griepuitbraak is, sterf 'n handjievol mense van ons gemeenskap. Normaalweg is dit bejaardes wat sterf. Het jy geweet dat dit 'n bekende feit is, dat begrafnisondernemings in die winter goeie besigheid doen?

    Wat gebeur as daar 'n baie groter uitbraak is? 'n Epidemie, ‘n pandemie soos die voëlgriep, die Sars en nou die Corona? Die paniek. . . 

    En tog lyk dit asof ons willens en wetens die feit kan ignoreer dat meer as 40 000 mense elke dag van honger sterf; twee derdes van hulle is kinders. Stop en dink mooi: 40 000 daagliks!

    Hoekom raak ons op hol oor virusse en steur ons nie aan die 40 000 nie? Ek vra jou, waarom is daardie 40 000 nie die belangrikste item op elke aand se nuusbulletin nie?

    Miskien is dit omdat ek en jy virusse kán kry, maar ons gaan nie honger ly nie? Miskien stel diegene van ons, wat die nuus kyk, meer belang in dinge wat óns raak; ons gemak, ons vrede, ons vreugde, as in die ondenkbare lyding van miljoene honger mense?

    Jesus het 'n baie groot geneentheid teenoor die armes gehad. Hy het gesê dat Hy gekom het om die goeie nuus aan die armes te bring. Hy het baie van sy tyd saam met hulle deurgebring. Hy het hulle liefgehad. Hy het hulle genees. Hy het hulle geseën. Hoekom? Want dit is wie God is. Ons lees in:

    Spreuke 22:9 Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense.

    Kan ek jou vra: Wat doen jy vir diegene wat honger het? 

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Pastoor Jesus

    Send us a text

    Matteus 20:29-34 Toe hulle uit Jerigo uitgaan, het 'n groot menigte Jesus gevolg. Twee blinde mans wat langs die pad gesit het, het gehoor dat Jesus verbykom. Toe roep hulle uit: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!” Die mense het met hulle geraas en gesê hulle moet stilbly, maar hulle het al hoe harder geroep: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!” Jesus het gaan staan, hulle geroep en gevra: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” Hulle sê toe vir Hom: “Here, dat ons oë oopgaan.” Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik kon hulle sien en het hulle Hom gevolg. 

    Vir baie mense is hulle kerk baie belangrik, vir ander nie eintlik nie. Ek  sien op ‘Facebook’ baie kommentaar oor hoeveel mense hul kerkfamilie geniet. Mooi so. Maar is daar nie die gevaar, dat ons net 'n bietjie te gemaklik raak nie?

    Ek het die ander dag gewonder wat sou gebeur as Jesus, na my kerk toe sou kom, op soek na werk. Sou ons Hom as predikant aanstel?

    Verstaan my mooi, my kerk is ‘n goeie plek; skoon, netjies en doeltreffend. Ons doen baie goeie dinge daar. Ons help die armes. Ons sing liedjies en luister Sondae na die predikant. Ons… wel, jy kry die prentjie. Dit is 'n goeie plek; 'n opbouende plek.

    Maar sal ons Jesus in ons gemeente wil hê? Sal ons hom as ons predikant aanstel? Dink mooi: Hy was ‘n vriend van prostitute, melaatses, tollenaars, veragtelike en verworpe mense. Hy het uitgereik na mense wat ander vermy.

    In Matteus 20: 29-34 lees ons: Toe hulle uit Jerigo uitgaan, het 'n groot menigte Jesus gevolg. Twee blinde mans wat langs die pad gesit het, het gehoor dat Jesus verbykom. Toe roep hulle uit: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!” Die mense het met hulle geraas en gesê hulle moet stilbly, maar hulle het al hoe harder geroep: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!” Jesus het gaan staan, hulle geroep en gevra: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” Hulle sê toe vir Hom: “Here, dat ons oë oopgaan.” Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik kon hulle sien en het hulle Hom gevolg.

    Aan wie se kant sou ek en jy gewees het? Aan dié van die kritiese skare, of aan Jesus se kant? 

    Die mense het met hulle geraas en gesê hulle moet stilbly.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Daardie geheime Element

    Send us a text

    Johannes 12:47 En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red.

    Ek vermoed dat baie mense deur die lewe gaan met 'n knaende gevoel dat iets ontbreek. Dit is die gevoel dat alhoewel ek in ‘n tweedimensionele wêreld leef, daar 'n derde dimensie moet wees, wat ek nog nie ontdek het nie. Iets ontbreek.

    Die lewe gly onverbiddelik voort. Die sekondes, minute, ure, dae ... maande ... jare ... en ja, die dekades.

    Party dae is fantasties, en dit is hoe dit moet wees. Ander weer, nie so goed nie. Ander dae, heeltemal aaklig. En dan is daar die dae tussenin, wanneer jy besef dat alhoewel alles mooi lyk, daar tog iets ontbreek. Dit is moeilik om jou vinger op die wond te lê. Jy voel onvergenoeg, want jy wéét dat daar iets meer moet wees.

    Dit is nie godsdiens waarna jy soek nie. Godsdiens gaan oor reëls en rituele en veroordeling. Nee, dit is nie waarna enige een van ons soek nie. Daar moet iets meer wees!

    Natuurlik is daar. Liefde. 'n Vader se liefde. Lewe. 'n Nuwe lewe. Jesus het in Johannes 12:47 gesê:

    En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red.

    Red? Red? Red van wat? Van daardie íéts. Dis moeilik om dit haarfyn vas te pen.

    Ek het nooit gedink dat ek van iets ‘gered’ moet word nie. Dit het baie goed gegaan met my, maar diep in my hart het ek geweet dat daar nog iets ontbreek.

    Na al die jare, sedert ek Jesus die eerste keer ontmoet het, weet ek waarvan ek gered moes word. My eie ek.

    Ek was die probleem. My walglike houding. My selfsug. My kortsigtigheid. Dit is waarvan ek gered moes word. Wat van jou?

    Ek het nie gekom om jou te veroordeel nie. Ek het gekom om jou te red.

    Jesus.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Kapokaartappels, Jesus, Olyfolie

    Send us a text

    Johannes 7:37,38 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

    Nog 'n Sondag, nog 'n uittog kerk toe. Dieselfde mense, dieselfde liedere, dieselfde prediker ... alles dieselfde, dieselfde ou ritueel. Vervelig. Dit is hoe 'Christen-wees' vir baie Christene voel. Godsdiens. Vervelig.

     

    Ek moet bieg, ek is lief vir kook en ek hou van lekker kos. Dis daarom nie snaaks, dat kookprogramme op die televisie en die resepte op die internet, vir my baie plesier verskaf nie.

     

    Ek hou baie van verrassende kombinasies. Ons het almal al kapokaartappels geëet. Vervelig, nie waar nie? Maar die ander aand het ek 'n nuwe manier geleer om hierdie afgesaagde gereg interessant te maak.

     

    In plaas daarvan om die aartappels met botter en melk te meng en fyn te druk, gebruik jy ekstra suiwer olyfolie en druk dit net met 'n vurk. En dan - hier is die geheim - jy kap waterkors – en soos hulle in Engels sê, ‘watercress’- en meng dit deur. Ongelooflik. Probeer dit, kapokaartappels sal nooit weer dieselfde wees nie.

     

    Is dit nie snaaks hoe ons net 'n paar eenvoudige bestanddele op 'n nuwe manier kan meng en wonderlike resultate kan bereik nie?

     

    Godsdiens is vir my 'n bietjie soos gekookte aartappels. Vervelig.

     

    Maar dan, as jy Jesus toelaat dat Hy deur jou lewe vloei soos daardie olyfolie, is die resultate eenvoudig verbasend. Die lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. Ons lees in: 

     

    Johannes 7:37,38 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

     

    Jesus het oor die Gees gepraat. Dwarsdeur die Bybel word olyfolie as 'n simbool van God se Gees gebruik. Die idee is dat ons die Gees van God toelaat om ons lewens te deurdrenk. Ek daag jou uit, as jou godsdiens vervelig raak, as jy dors is, drink Lewende Water by Jesus!

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

952 Listeners