God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Die pad na Innamincka

    Send us a text

    Spreuke 16:9 'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop

    Ek kan jou nie vertel hoeveel keer ek al gedink het dat ek 'n briljante  plan beet het nie; 'n plan om iets spesifieks te doen, om van rigting te verander... en dan kom God en ontwrig my briljante plan geheel en al.  Ai, tog, frustreer dit jou nie ook eindeloos nie?

    Ek het onlangs 'n pragtige skildery in skakerings van rooi en oranje, van ‘n afgeleë plattelandse streek in Australië, gesien. Die titel van die skildery was “Op pad na Innamincka.” Jy moet nie slegvoel as jy nie weet waar Innamincka is nie, dit is in die gramadoelas, min mense weet dat dit bestaan!

    Hoe dit ook al sy, in die middel van die skildery, was hierdie lang, reguit pad wat kilometers ver loop. Dit is die pad wat jy normaalweg sou neem, as jy op pad na Innamincka was.

    Langs die pad was daar, ‘n spruitjie met welige groen plantegroei in die middel van hierdie droë, onvrugbare land. Die kronkelende stroompie het sommer lewe aan die skildery gegee. Ek het nogal gedink: “Die kronkels, bring ‘n skilderagtige dimensie na vore - nie reguit en vervelig soos die mensgemaakte reguit pad nie.”

    Soms dink ons, ons kan ons hele lewe in 'n reguit lyn, van punt A tot punt B beplan. En wanneer ons dan al die kilometers ver ry, kan dit droog en vervelig voel – seker maar baie soos die pad na Innamincka.

    Maar weet jy, God, vorm ons lewenspad vir ons - dis nie deur mensehande gemaak nie. Dis kronkelend. Dis onvoorspelbaar, en daar’s verrassings om elke hoek en draai, maar dis gevul met ryk, welige plantegroei. Kyk wat sê:

    Spreuke 16:9 'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.

    In hierdie lewe moet ons dikwels deur dorre, droë streke reis. Dis natuurlik net menslik om die reguit en die vinnigste roete te begeer.

    Maar moenie verbaas wees as God jou met die skilderagtige roete langs neem nie. Dit kan 'n bietjie langer duur, maar daar is beslis water en skaduwee langs die pad.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Vloei saam met die stroom

    Send us a text

    Psalm 66:5-7 Kom hoor wat God gedoen het, kom hoor van sy magtige dade onder die mense: Hy het die see in droë land verander; sy volk het droogvoets deur die rivier getrek. Toe het ons gejubel oor Hom wat ewig heers deur sy mag en die nasies in die oog hou. Die vyande moet hulle nie teen God verset nie! 

    By watter deel van jou lewe, dink jy, wil God betrokke wees? Is dit net die geestelike en die emosionele sy? Of is jy bewus van Sy heerskappy, Sy koninkryk, Sy voorsiening en seën in elke deel van jou lewe?

    20072Ek en my vrou, Jacqui, het jare gelede 'n pragtig gerestoureerde negentiende-eeuse skakelhuis besit. Maar toe sien ons eendag 'n verwaarloosde ou huis, teen 'n winskopie. Wat moet ons doen? Moet ons, ons bestaande huis teen ‘n wins verkoop en die nuwe huis koop en al die opknapwerk doen?

    Dit was 'n baie groot besluit. Ons het daaroor gebid - Here, wat wil U hê moet ons doen? Wat is U besig om vir ons te leer? En ons het altwee gevoel dat God wil hê dat ons die stap moet neem, hoewel ons nie heeltemal seker was hoekom nie. Ons het toe die ou huis gekoop en ons bestaande huis op die mark geplaas.

    Om te koop voordat jy verkoop het, kan 'n riskante besigheid wees. Maar ek moet jou sê, dit het alles baie goed uitgewerk. Wat 'n seën!

    En dan vra mense: "Raak God regtig betrokke by daardie soort alledaagse, afgesaagde dinge in ons lewe?" Natuurlik! Ons lees in:

    Psalm 66:5-7 Kom hoor wat God gedoen het, kom hoor van sy magtige dade onder die mense: Hy het die see in droë land verander; sy volk het droogvoets deur die rivier getrek. Toe het ons gejubel oor Hom wat ewig heers deur sy mag en die nasies in die oog hou. Die vyande moet hulle nie teen God verset nie! 

    Ons het so dikwels al gesien hoe God wonderlike dinge in ons lewens doen. En waarom sal Hy dit nie doen nie? As jy jou hart vir Hom gegee het, Hom met erns volg, Hom eer, en sy Naam grootmaak ... sal jy Hom in jou alledaagse lewe ervaar.

    Kom hoor wat God gedoen het!

    Jy dien 'n magtige God. Wees gereed om spraakloos van verwondering te wees oor dít wat Hy gaan doen!

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Voorbedagte Vergifnis

    Send us a text

    Lukas 6:37 “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

    Wat is jou eerste reaksie, as iemand iets doen om jou seer te maak of jou te irriteer? Die natuurlike ding om te doen, is om hulle te oordeel en te veroordeel. Dit is miskien so, maar hoewel dit 'n natuurlike reaksie is, is dit nie altyd raadsaam nie.

    Ek het altyd gewonder waarom Jesus soveel klem gelê het daarop, dat ons ander mense moet vergewe. Hy het nogal 'n paar ongemaklike dinge gesê oor oordeel en vergifnis. Ons lees in:

    Lukas 6:37 “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

    Die implikasie is baie duidelik. As ons ander mense oordeel, sal God ons oordeel. As ons ander veroordeel, sal Hy ons veroordeel. En as ons ander mense nie vergewe nie, sal Hy ons ook nie vergewe nie. Dit is baie ernstig.

    Maar as jy mooi daaraan dink, maak dit regtig sin. As ons almal ander mense vergewe het ... sou daar geen oorloë gewees het nie. En hoe meer jy erns daarmee maak; en hoe meer jy vergifnis uitleef; hoe meer sal jy ontdek hoe jou spanning verdwyn.  Laat vaar die oordeel en veroordeling en vergewe.

    Een van die slimste mans wat ek ken, is ook een van dié, wat die vinnigste is om te vergewe. Hy was my mentor en ek het in die twintig jaar, wat ons saam gewerk het, by hom geleer wat vergifnis is. 

    Hy het die gawe gehad om ongevraagd te vergewe. Hy sou partykeer moeilikheid sien aankom, en die skuldige persone, nog voordat hulle hom, weer aanval, vroegtydig vergewe. Dan weer in ander situasies, wanneer iemand hom met opset seermaak, sal hy hom vergewe, terwyl hy nog op die grond lê en krul van die pyn.

    Ek dink sy vermoë om te vergewe, het hom onderskei van baie ander en my respek afgedwing.

    Vergewe ander, en jy sal vergewe word.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar

    Send us a text

    Matteus 25:37-40 Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

    Baie mense het deesdae 'n 'beleggingsportefeulje' waarin hulle belê vir 'n veilige en gemaklike aftrede. Dis seker slim. Maar hoeveel het 'n 'portefeulje' om diegene te help, wat nooit genoeg sal hê nie, hmm?

    Ek het 'n goeie vriend met die naam van Joseph wat in Accra, Ghana woon. Deesdae is hy die Afrika-direkteur van ons bediening, Christianityworks.

    Hoe dit ook al sy, Joseph het my vertel dat, van die miljard mense, wat dwarsoor die groot kontinent van Afrika woon, meer mense tot ‘n radio toegang het, as tot skoon drinkwater.

    Ek het in my vier spore vasgesteek. Dit het my net laat besef hoeveel dinge ék as vanselfsprekend aanvaar. Dit het my laat wonder hoe dikwels ons ​​aan mense, wat sonder die basiese behoeftes moet lewe, dink? Hoe gereeld doen ons iets daadwerklik om in hul lewens ‘n verskil te maak? Jesus vertel 'n verhaal, 'n gelykenis, oor hierdie ernstige ding. 

    Hy het in Matteus 25:37-40 gesê: Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

    Om vir iemand, wat dit nie het nie, vars drinkwater te gee, is asof jy dit vir Jesus self gee.

    Daar is soveel mense op hierdie planeet wat seer het. Ek en jy kan nie almal se las verlig nie, maar ons kan vir sommige mense help. Maak seker dat jou “gee-portefeulje” die armes insluit. Gee totdat dit seer maak.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Die Stralekrans

    Send us a text

    Jesaja 29:23 want wanneer hulle die kinders sien wat Ek aan hulle gee, sal hulle my heilige Naam eer; hulle sal die heilige God van Jakob eer, hulle sal ontsag hê vir die God van Israel.

    Dit is snaaks hoe gereeld God deur gewone dinge; dinge wat in ons alledaagse lewens gebeur, met ons praat. Hy het met my gepraat deur jong mense wat deur die slim gebruik van tegnologie kattekwaad aangevang het. God praat, ja, maar luister ons?

    Ons het onlangs ons webwerf, christianityworks.com, herontwikkel. En die jong ontwikkelaars, almal in die twintiger- en dertigerjare, het besluit om 'n bietjie pret daarmee te hê. Voordat dit versend is vir uitsending, het hulle 'n klein halo bo my kop op die foto van die tuisblad gemaak.

    Ons het almal die grap ingesien, lekker gelag en toe het hulle dit vinnig verwyder!

    Maar dit het my laat dink, dat as ons na die beeld van God gemaak is, God sekerlik ook sou dink dis snaaks. Ek het die grootste ontsag en respek vir God, maar weet jy, Jesus het vir ons gesê om Hom, Pappa, te noem. Dit het die Jode van die eerste eeu dwars in die krop gesteek.

    Dit is vandag nog vir mense ongehoord om so aan God te dink: Hierdie ontsagwekkende, heilige, wonderlike God wat terselfdertyd 'n teer pa is - iemand met wie ons kan gaan sit en praat, lag en selfs huil - en iemand vir wie ons kan aanbid.

    Toe ek terugdink aan die jongmanne se grappie, het God met  my gepraat en ek het sommer weer besef watter seën daardie jongmense in ons lewens is, daar staan in:

    Jesaja 29:23 want wanneer hulle die kinders sien wat Ek aan hulle gee, sal hulle my heilige Naam eer; hulle sal die heilige God van Jakob eer, hulle sal ontsag hê vir die God van Israel.

    Dit is maklik vir ons om diegene wat jonger as ons is, af te skryf as verspot en onvolwasse. Natuurlik behoort hulle tot ‘n ander generasie, maar hoe ouer ek word, hoe meer sien ek die heerlikheid van God ín, en deur hulle.

    Ons kon eenvoudig nie die webwerf sonder hulle gebou het nie. Dit is die heerlikheid van God, wat deur die jongmense skyn; en dit is hoe dit behoort te wees.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Verlore en Teruggevind

    Send us a text

    1 Konings 19:11-13 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy 'n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?”

    Sê my, is Jesus vir jou ‘n werklikheid? Hoor jy Sy stem elke dag, of is daardie ervaring en intimiteit iets wat jy eendag, lank gelede, ervaar het?

    'n Vriend het my vertel, dat hy eendag, terwyl hy besig was om van rommel ontslae te raak, 'n boek ontdek het, waarvan hy al heeltemal vergeet het. Dit titel is: "Hoe om jou geheue te verbeter," nogal ironies nè?

    Is dit nie snaaks hoe ons iets, wat belangrik is, kan vergeet en nie weer daaraan dink nie?

    Ek het vroeg in my lewe, diep in my hart geweet, dat God 'n ongelooflike ding gedoen het, deur Jesus aan 'n kruis te laat sterf. Maar soos die tyd verbygegaan het, het die wete heeltemal vervaag. En toe ek eendag in 'n geestelike woestyn ronddwaal, het Hy my daaraan herinner.

    Dit was 'n rustige aanraking, 'n sagte stem wat geleidelik - nie harder nie - maar duideliker geword het, en tot vandag toe, is ons verhouding die belangrikste ding in my lewe.

    Dit is hoe God werk. Hy nooi ons ​​liefderik nader. Ons lees in:

    1 Konings 19:11-13 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy 'n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?”

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Ondenkbaar

    Send us a text

    Matteus 13:41- 43 Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son. “Wie ore het, moet luister.”

    Hulle sê, jy moet nooit sê: Dít is onmoontlik nie, of dit sal gebeur as die perde eendag horings kry, nie! Want, dít wat vandag ondenkbaar is, word môre 'n opspraakwekkende werklikheid.

    'n Eeu gelede was lugverkeer oor lang afstande heeltemal ondenkbaar. Deesdae vlieg jy en 'n paar honderd ander mense oor geweldige lang afstande: Perth na Londen, Singapoer na New York, Johannesburg na Atlanta en dit binne minder as 19 uur; reise wat vroeër, jare in 'n seilboot geneem het.

    'n Halfeeu gelede was die wonder van hartoorplantings  ondenkbaar. Vandag is daar tienduisende mense wat verskillende organe ontvang en normale lewens lei.

    Die ontsettende impak van die internet was net twintig jaar gelede, nie ‘n moontlikheid nie. Dit is vandag 'n onontbeerlike instrument van kommunikasie, navorsing en besigheid vir biljoene mense.

    En weet jy, daar is selfs vandag baie mense vir wie die idee van hemel en hel ondenkbaar is. En tog gebeur “die ondenkbare” die hele tyd. Jesus het dit so gestel in: 

    Matteus 13:41,42 Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son. “Wie ore het, moet luister.”

    God het tweeduisend jaar gelede aan 'n kruis op Golgota, in die bloed van sy Seun, 'n uitnodiging na die hemel geskryf. Dit gaan so:

    Ek kom terug. En my kruisiging was vir jóú. Waarom kom jy nie na  My toe nie? Waarom plaas jy nie jou vertroue in My nie? Ek wil jou vir ewig by My hê.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die duur horlosie

    Send us a text

    Spreuke 22:9 Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense.

    Ellendige armoede is so deel van die lewe, dat ons baie maklik besluit, dat niks wat ons kan doen, 'n verskil sal maak nie. En dit is natuurlik 'n maklike gevolgtrekking om te maak, as jy nie eintlik ‘n oorvloed geld het nie. 

    Ek het so pas van die roltrap in die winkelsentrum afgestap en verby 'n juwelierswinkel geloop. Daar was ‘n gewapende wag buite en die koeëlvaste glasdeur was goed gesluit en gegrendel. 

    'Dit lyk aanloklik,' dink ek by myself. Toe kyk ek na die ware in die venster. 'n Manshorlosie het my oog gevang. Sjoe, slegs 17duisend 500 $ dis oor die R300 00.  Aardetjie, dis ‘n winskoop! Ek sal sommer twee koop!

    Wag ‘n bietjie, is dit nie belaglik nie? Ek dra 'n goeie horlosie, maar dit kos nie eers naastenby ‘n aks van die prys van die luukse een agter die koeëlvaste glas nie! Kom ons beskou die saak eerlik. Dit is bisar! Dit is nie meer effektief as my goedkoop horlosie nie. Nee jong, dit gaan oor die handelsmerk waarmee die koper kan spog.

    Dis ondenkbaar dat ons derduisende rande aan weelde artikels sal spandeer, en dit terwyl miljarde mense in ellendige armoede leef, of hoe?  Sekerlik nie!!

    Spreuke 22:9 leer ons: Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense.

    Koning Salomo praat van 'n gesindheid van vrygewigheid en barmhartigheid: hierdie wete dat ek genoeg het, nee, meer as genoeg het, om te deel.

    Kan ek jou vra – ja, ek besef dat ek dalk op tone kan trap, maar ek sal dit in elk geval vra! Is jy mededeelsaam? Leef jy jou lewe met 'n oorvloed mentaliteit? Deel jy vrylik uit aan die armes?

    As jy nie barmhartig is nie, moet jy nie seën verwag nie.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wen die ‘Lotto’ en vind geluk?

    Send us a text

    Matteus 16:25,26 want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy lewe?

    Prioriteite, is 'n snaakse ding. Ons weet dat ons, ons prioriteite in orde moet kry - ons tyd, ons geld, ons fokus - ons moet konsentreer op dié dinge wat regtig saak maak. Maar dis tragies hoe ons op die een of ander manier betrokke raak in belaglike dinge.

    Hoe dikwels het jy al gewens jy kan die ‘lotto’ wen? Dink net aan die miljoene – my aarde, sal dit jou nie gelukkig maak nie? Maar weet jy, navorsing het die teendeel bewys.

    Roy Kaplan, van die Florida Instituut van Tegnologie, het meer as duisend lotery wenners oor 'n tydperk van tien jaar opgespoor. Dit is 'n baie deeglike studie en die resultate is ontstellend. Baie min lotery wenners het blywende geluk gevind. Baie van hul huwelike het op die rotse geloop en baie van hulle het hul fortuin verkwis.

    Waarom mors ons dan soveel van ons tyd en moeite om rykdom na te jaag? Ons weet mos diep in ons wese dat  familie, verhoudings en geestelike vervulling, die dinge is wat regtig saak maak.

    Ek wonder wat sal gebeur as ons net gaan stil sit en dink aan hoe ons huidige prioriteite verskil van die werklike belangrike dinge in ons lewe. Jesus het dit so gestel in:

    Matteus 16:25,26 want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy lewe?

    As jy eerlik kan sê dat jou eerste prioriteit is om Jesus te volg, wil ek jou vriendelik dog ferm vra: Weerspieël jou lewensstyl, jou ware prioriteite?  Hoe lyk die wyse waarop jy jou tyd en geld spandeer? Die manier waarop jy ander mense behandel? Die besluite wat jy neem? Dink mooi!

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • My Vrou wou my Vergiftig

    Send us a text

    Matteus 4:17 Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

    Het jy al een van daardie lastige straatpredikers op 'n seepkissie gesien? Daar staan hy, Bybel in die een hand, en skree: “Bekeer julle, sondaars, bekeer julle, of julle gaan Hel toe!” En almal stap verby en probeer hom ignoreer. Miskien is sy metode  aanvegbaar, maar sy boodskap is beslis nie!

    Ek onthou hoe my vrou vroeg in ons huwelik, my een keer probeer vergiftig het – toemaar, ek spot net! Ek het een oggend vroeg, soos gewoonlik, in my studeerkamer gewerk en sy het vir my, soos gewoonlik, 'n koppie koffie en 'n broodjie gebring, ag, my dierbare vroutjie, mag die Here haar seën!

    Die broodjie het 'n bietjie tamatie op gehad. Ek hou van tamatie, maar toe ek die eerste hap neem, val ek amper van my stoel af, want onder die tamatie was daar ‘n paar gerookte oesters, wat die vorige aand oorgebly het. Ek hou van oesters, maar oesters half sewe in die oggend? Agge nee. Pasgetroude kok!

    Ek kan nou daaroor lag, maar dinge is nie altyd wat ons verwag nie. Jy kan dit bo-op versier, maar dan neem jy 'n hap en jy gril!

    Jy kan probeer om sekere dinge oënskynlik aantreklik te laat lyk, maar jy kan nie die waarheid verdoesel nie. Hoekom is dit? Dit is omdat oesters nie ophou om oesters te wees nie en sonde hou nie op om sonde te wees, net omdat tye verander het nie!

    Jesus het ‘n wonderlike gawe om tot die kern van kwessies deur te dring, om 'n graaf 'n graaf te noem, of 'n oester 'n oester, na gelang van omstandighede. En keer op keer beveel Hy ons om weg te draai van dít, wat ons weet verkeerd is, en ons lewens na God terug te draai. Dit is wat bekeer eintlik beteken - dit is 'n omdraai, as't ware 'n terugkeer. Ons lees in:

    Matteus 4:17 Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

    Moenie 'n fout maak nie, die sonde wat jy wil bedek, is besig om jou lewe te vergiftig. Bekeer jou.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

952 Listeners