God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Vorentoe!

    Send us a text

    1 Johannes 3:18-20 Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort en kan ons ons gewete voor Hom tot rus bring. As ons gewete ons veroordeel – God is groter as ons gewete, en Hy weet alles.

    Hoe weet jy of jou geloofslewe op die regte spoor is? Wat sal vir jou wys of jy na Jesus op pad is ... of in die teenoorgestelde rigting?

     

    Adolf Hitler was 'n verskriklike man, maar ek is seker dat hy sy dade in sy eie gedagtes kon regverdig. Ek en jy is darem nie naastenby soos Adolf Hitler nie! Maar weet jy, ons lewens is ook nie heeltemal vlekkeloos nie - kyk hoeveel mense onsdeur die jare vertrap, verwerp, verwaarloos en seergemaak het.

     

    Hul siening van ons, is heel waarskynlik anders as ons eie. Hul waarheid oor ons en ons waarheid oor onsself ...nou-ja, dit hang af van ons verskillende perspektiewe oor die saak.

     

    Ek is seker ons kan almal ons koppe in skaamte laat sak as ons terugkyk na verhoudingswrakke wat ons agtergelaat het. Weet jy dat ons niks hieraan kan verander nie? Wat ons wel kan verander, is hoe ons mense vorentoe behandel, diegene wat ons goed behandel én die wat ons beledig. Hier is die resep in:

    1 Johannes 3: 18-20  Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort en kan ons ons gewete voor Hom tot rus bring. As ons gewete ons veroordeel – God is groter as ons gewete, en Hy weet alles.

     

    Wanneer die waarheid van God se liefde deur ons lewens begin werk, gebeur twee dinge. Mense sien nie meer die  ou skynheilige ek nie, maar begin om Jesus is hul midde te sien en  te ervaar. Dis die eerste ding. 

     

    En die tweede ding wat vir jou sal wys of jy op die regte spoor is, is as jy sien hoe die liefde van God, ten spyte van wat dit jou kos, deur jou optrede vloei.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Ek het ‘n vraag

    Send us a text

    1 Johannes 3:16 Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. 

    Daar is deesdae baie bitsige gesprekke en argumente in die openbaar oor dinge soos sonde en hemel en hel. Die debat skep diep verdeeldheid. Maar vir my lyk dit asof daar iets in die debat ontbreek.

     

    Wag nou, ek het 'n vraag. Laat ons vir een oomblik aanneem dat God inderdaad God is.

     

    Hy skep die hele heelal, dan plaas Hy ons daarin. Hoekom Hy dit gedoen het, weet niemand nie. Maar die feit is, Hy het. En wat doen ons? Ons draai dan ons rug op Hom soos 'n opstandige tiener sy rug op sy ouers draai. Wie het God nodig? Wat weet Hy in elk geval?

     

    Verstaan jy wat ek sê? Goed, hier is my vraag: Hoe sou jy gereageer het as jy God was? Dink mooi: hoe sou ek en jy, mense soos ons, behandel het as ons in God se skoene was? 

     

    Sou jy bereid wees om Jesus vir sulke ondankbare mense te word? Sou jy bereid wees om mense wat hul rug op jou gedraai het, met liefde te behandel? Meer nog, sal jy toelaat dat hulle jou slaan, op jou spoeg, jou kruisig? Sal jy?

     

    Ek is nie seker of ek dit sou toelaat nie. . . Maar dis nie al nie, kyk wat staan in:

    1 Johannes 3:16 Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. 

     

    Hy het dit inderdaad gedoen. Hy het gely en gesterf vir ons -  vir ons wat eendag ons rug op Hom sou draai.

     

    Die konsepte van reg en verkeerd, sonde en vergifnis, hemel en hel ... wel, dit lyk asof dit deesdae baie aanstoot gee en daar is deesdae wêreldwyd bitter kritiek hierteen. Nou ja, so is dinge ... maar dit lyk ook nie of ons deesdae meer soveel oor liefde praat nie.

     

    Dit is hoe ons weet wat ware liefde is: Jesus het sy lewe vir ons gegee.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Vasgevang in Sukses

    Send us a text

    Psalm 146:7,8 Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes, die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die Here het die regverdiges lief.

    Wat is jou doel in die lewe? Wat is die hoofdoel, die wedstrydplan? Sê vir my, as jy dit in een woord moet opsom, oukei, een sin dan, wat sou dit wees?

    Sukses. Wat dit ook al is, wat dit ook al beteken, dit klink so mooi. Sukses.

    Ek en jy het waarskynlik nie dieselfde doelstellings vir ons lewens nie; ons strewe moontlik daarna om verskillende dinge te bereik, want ons is anders. Maar wat ook al ons drome is, ons wil dit bereik!

    En waarom sou ons nie? Ons wil almal terugkyk op ons lewens en die gevoel hê dat ons suksesvol was. Daar is niks daarmee verkeerd nie, behalwe as ons ons sukses laat bepaal deur dit, wat ander mense van ons dink. Dit gebeur so maklik dat ons gevangenes van ons eie sukses word in die wedloop om ander te beïndruk. Dis soos 'n koning wat nie buite sy eie paleismure in die straat kan stap nie.

    Kyk wat sê God hieroor in:

    Psalm 146: 7,8  Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes, die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die Here het die regverdiges lief. 

    Sukses is lekker, maar God het jou nie op die aarde geplaas om suksesvol te wees nie. Jesus het nie aan die Kruis gesterf om jou suksesvol te maak nie.

    Hy het gesterf en weer opgestaan ​​om jou te help, om jou te voed, om jou vry te maak. Hy het dit alles gedoen sodat jy sy verlossingsplan kan verstaan en jou eie maak.

    Ek gee toe, om sukses te smaak, is lekker. Maar dit is nie die belangrikste wedstryd wat jy ooit in jou lewe gaan speel nie.

    Jesus het gekom om jou vry te maak..

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Tyd om te Skeer

    Send us a text

    Spreuke 23:19-21 Luister, my seun, soek die regte insig: bly op die regte pad; moet jou nie ophou met suiplappe en vrate nie, want die suiplap en die vraat word arm; dronkenskap laat jou in vodde loop.

    Jesus het eenkeer gesê dat die pad wat na vernietiging lei, 'n maklike pad is en dat daar baie mense is wat dit neem. Maar hoe lyk die pad in my en jou lewe? Hoe weet jy of jy op die regte of die verkeerde pad is?

     

    Ek geniet dit om Saterdagoggende rustig te wees en nie te skeer nie. Dit is net so salig om vir een dag van die week vry van die skeer-proses te wees.

     

    Nou en dan gaan ek miskien twee dae sonder om te skeer, en as dit 'n langnaweek is, miskien drie. Maar teen daardie tyd begin die baard stekelrig raak, en as dit gebeur, kan ek, snaaks genoeg, nie wag om weer weer ‘n mooi, gladde baba-gesig te hê nie.

     

    Dit is alles 'n kwessie van balans. 'n Bietjie is oukei. Te veel is, gmf te veel. En weet jy, dat die lewe in baie opsigte dieselfde patroon volg.

    In Spreuke 23: 19-21 lees ons: Luister, my seun, soek die regte insig: bly op die regte pad; moet jou nie ophou met suiplappe en vrate nie, want die suiplap en die vraat word arm; dronkenskap laat jou in vodde loop.

     

    Ons wil net ontspan, sonder verantwoordelikhede wees, doen wat goed voel. En aan die begin is dit oukei. Maar na 'n ruk raak daardie oukei, wat dit ook al is, 'n bietjie ongemaklik. Maar te gereeld, in plaas daarvan om na die skeermes te soek, leef ons met die ongemak. Vir sommige is dit te veel drank of kos. Vir ander is dit hul slegte houding, of die manier waarop hulle ander mense behandel, of wat ook al ...

     

    En alle dade het gevolge.

     

    . . . want die suiplap en die vraat word arm; dronkenskap laat jou in vodde loop.

     

    Kom dan nou en luister en wees wys. Wees versigtig om die regte pad te volg.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Besluit

    Send us a text

    Romeine 6:22 Maar nou – julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe.

    Kom ons kyk, as jy vandag moet sê, op 'n skaal van nul tot tien, hoe naby aan God voel jy? Tien is 'n ryk, intieme verhouding met Jesus. Nul is ... dit is 'n miljoen kilometer ver. Dink nou -  hoe naby voel jy regtig nou aan Hom?

     

    Daar is soveel mense, wat jare gelede 'n wonderlike verhouding met Jesus gehad het. Maar weet jy hoe dit gaan? Die daaglikse druk van werk, familie, kinders ... die een ding het tot die ander gelei, en dit wil nou voorkom asof hierdie Jesus 'n miljoen kilometer ver van jou af is. Was dit ooit eg? Is Hy nog daar? 

     

    Die ergste van alles is, dat ons al hoe verder van Hom af wegbeweeg het. Voor ons onsself kan kry, het ons weer in ons ou slegte gewoontes - dink jy ek kan maar die s-woord gebruik? – ja, in ons ou sondes verval. Ek wonder, ken jy so iemand?

     

    Miskien is dit dalk belangrik om weer vir jouself  te vra hoe jou verhouding met God lyk? Bely jou sonde in opregtheid, kry jou verhouding met Hom reg en lees wat op jou wag in:

    Romeine 6:22 Maar nou – julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe.

     

    Vriend, luister na my. Jesus het gesterwe om vir al jou sondes te betaal en vir jou 'n splinternuwe lewe te gee; 'n lewe wat vry is van daardie ou sondes. 'n Nuwe lewe waarin jy vir Hom en net vir Hom leef. Glo jy dit of nie?

     

    Wel, as jy dit glo, is dit tyd om te besluit.

     

    Kyk, ek en jy kan al die verskonings onder die son maak ... besig, druk, verantwoordelikhede. Nee man, hou op om jouself te bluf en verskonings te maak. Besluit.

     

    Besluit om jou lewe net vir God te leef. Besluit om Hom lief te hê, besluit om Hom te eer, besluit om jouself te verootmoedig. Dan besluit jy dat jy van nou af, met elke asemteug wat jy neem, elke tree wat jy gee, vir Hom en Hom alleen lewe.

     

    Jesus is die weg na die Ewige Lewe. Besluit.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Vrug van Geduld

    Send us a text

    Romeine 5:3-6 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe.

    Kan ek jou vandag 'n ongemaklike vraag vra? Hoe hanteer jy swaarkry? Nee, wag, dis nie al nie! Sukkel jy daarmee om te midde van lyding God te vertrou?

    Voorspoedige tye kom, voorspoedige tye gaan. Probleme kom ... en soms lyk dit of hulle aanhou en aanhou ... en aanhou! Ons worstel met hulle. Ons pleit by God om hulle weg te neem. Ons verloor moed, ons wil handdoek ingooi ... Here WAT maak U?

    Maar het jy al ooit gedink dat God dit vir jou eie beswil doen? En dat ons besig is om téén Hom te werk, eerder as om saam met Hom te werk? Ons saboteer dit wat Hy so hard probeer om in ons lewens te bewerkstellig! Kyk wat sê:

    Romeine 5: 3-6 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe.

    Hier is die kern van die saak. Ons kry eers vrede in ons hart, wanneer ons gedurende daardie swaar tye besluit om op God te vertrou en te glo dat Hy weet wat Hy doen. As ons geduldig aan God vashou, kry ons hoop - regte, rotsvaste hoop, wat ons nooit teleur sal stel nie en dan kom die Heilige Gees skielik en stort die liefde van God wat daar in Jesus Christus is, in ons harte uit.

    Dit is die vrug van geloof.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Voel Goed

    Send us a text

    Johannes 16:33 Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

    Kan ek jou vra, hoe belangrik is jou gevoelens vir jou? Hoe belangrik is dit vir jou om goed oor jouself te voel? As jy in Jesus glo, behoort jy so baie oor jou gevoelens en gedagtes te dink?

    Weet jy wat het ek ontdek? Elke mens het inherent die behoefte om goed oor homself te voel en ek dink dit is net natuurlik. Maar verander dit in die lig van beproewings?

    Ek is oortuig daarvan dat elkeen van ons op hierdie planeet, iets het, wat ons liewer nie wil hanteer nie.

    Dit is juis daardie “iets” wat ons van die gevoel van vrede in ons binneste beroof. Is ek reg?

    Jesus het, toe hulle vir hulle lewens gevrees het, sy dissipels in  Johannes 16:33  met dié woorde gerus gestel: 

    Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilikhê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

    Elke keer as ek praat oor hoe ons goed moet voel oor onsself, kom iemand na my toe en sê: "Sjoe, Berni, ek weet nie of jy dit moet sê nie."

    Maar weet jy, ek moet! Jesus het gesê dat jy in hierdie lewe probleme gaan hê, maar dat jy te midde daarvan dapper moet wees, want Hy het die probleme klaar oorwin.

    Hy het ook gepraat van vreugde en vrede te midde van lyding. Hy het aan die kruis gesterf om dít vir ons te koop; om ons van ons skuldgevoel, onsekerheid en minderwaardigheid te bevry.

    Vandat ek dít verstaan het, het ek nie opgehou om goed oor myself te voel nie, want ek het besef dat dit nie meer oor my gaan nie, maar oor dit wat Jesus vir my gedoen het. 

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Dom idee?

    Send us a text

    Lukas 6:27,28 “Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.

    Die ‘wet van die oerwoud’, is baie eenvoudig. Wees goed vir die mense wat goed is vir jou. En behandel die mense wat sleg optree teenoor jou, sleg. Dis mos hoe dinge nog altyd werk! Maar toe kom Jesus en verongeluk die stelsel.

     

    Ek wil jou vandag vra om iets vir my te doen wat geheel en al irrasioneel, radikaal en belaglik klink.

     

    Dink aan die een persoon in jou lewe wat jou liefgehad het, jou gehelp het, jou geseën het en vir jou meer as enigiemand anders op die planeet omgegee het.

     

    Dink nou aan die een persoon wat jou meer hartseer en pyn veroorsaak het, as wat woorde ooit kan beskryf. Dit is nogal ontstellend nè?

     

    Hier kom nou die irrasionele deel - ek wil hê dat jy vandag vir albei hierdie mense iets moet doen; iets wat hul voete onder hulle sal uitslaan!! Doen iets proaktief, doelbewus, liefdevol om uit te reik en om hulle op 'n tasbare, onmiskenbare manier om aan te raak. Iets wat sê: 'Ek gee om vir jou, ek waardeer jou en ek is lief vir jou.'

     

    Dit is maklik om die persoon wat jou liefhet, lief te hê. Enigiemand kan dit doen. Maar dis baie moeiliker met daardie persoon wat jou pyn en hartseer veroorsaak het. . .  

     

    Dit is so dikwels dat laasgenoemde ons liefde en ondersteuning dringend nodig het. Ek weet dit klink verregaande. Dit is 'n dom idee. Wie het daarmee vorendag gekom? Kom ons kyk in:

    Lukas 6: 27,28  wat Jesus sê: “Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.

     

    Vind gerus 'n manier om daardie persoon wat jou seer en pyn veroorsaak het, te seën ...ter wille van Christus.

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wat is Eensaamheid?

    Send us a text

    Lukas 18:35-40 Jesus het naby Jerigo gekom. Toe 'n blinde man wat daar langs die pad sit en bedel, die groot menigte mense hoor verbyloop, vra hy wat aan die gang is. Hulle vertel hom toe: “Jesus van Nasaret gaan hier verby. ”Toe roep hy uit: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Die mense wat voor geloop het, het hom beveel om stil te bly, maar hy het al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Jesus gaan toe staan en gee bevel dat hy na Hom toe gebring moet word. 

    Kom nou, ons moet erken, dat sommige mense ‘n baie goeie indruk op ons maak en ander nie. Net sommige mense lyk goed en klink goed, ander nie. En as ons volkome eerlik met onsself is, is ons geneig om aangetrokke te voel tot diegene wat ons beïndruk.

    Het jy al opgemerk hoe sommige mense gemaklik aan groepsbesprekings deelneem, terwyl ander terugstaan en miskien selfs skaam is? Ek het die ander dag in 'n vergadering gesit, en een van die baie stil mense in die groep het iets gesê, wat my onkant betrap het. Hy het gesê: “Ek dink eensaamheid is wanneer nie genoeg mense weet wie jy is nie.” Is dit nie betekenisvol nie? En jy kon hoor dit kom uit sy diep, persoonlike belewenis.

    Soms dink ons ​​dat diegene wat minder indrukwekkend in ons midde voorkom, niks te sê het nie. Die wêreld rol dus bo-oor hulle. Wat sou verander as ons maar net kon stilbly en luister? Kyk wat lees ons in:

    Lukas 18:35-40 Jesus het naby Jerigo gekom. Toe 'n blinde man wat daar langs die pad sit en bedel, die groot menigte mense hoor verbyloop, vra hy wat aan die gang is. Hulle vertel hom toe: “Jesus van Nasaret gaan hier verby.” Toe roep hy uit: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Die mense wat voor geloop het, het hom beveel om stil te bly, maar hy het al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Jesus gaan toe staan en gee bevel dat hy na Hom toe gebring moet word.

    Wat kan minder belangrik wees as 'n blinde bedelaar wat langs die pad sit? Die skare het hom probeer stilmaak, maar Jesus het daar gaan stilstaan en gesê: "Bring die man na my toe!"

    Ek is dol oor Jesus. Hy het die skare geïgnoreer en gestop, geluister en die bedelaar genees.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Geregshof

    Send us a text

    Johannes 15:13 Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.

    Dit voel ontsettend sleg om onregverdig behandel te word, nie waar nie? Daardie gevoel dat jy magteloos is om op te staan vir jou regte. Deesdae is dit wêreldwyd ‘n tendens dat mense aggressief van mekaar verskil en hulle regte wil afdwing. Dit raak soms nogal lelik, nie waar nie?

     

    'n Jong vrou het die ander dag vir my vertel dat sy in een van ons plaaslike howe werk en haar rol is om mense oor hul wetlike regte in te lig.

     

    Jy kan jou seker voorstel, dat sy partykeer baie negatiewe reaksies kry. Sy sê vir my: “Dit is soms so moeilik, maar ek probeer dit nie persoonlik opneem nie.”

     

    Ons leef in 'n wêreld waar ons aandring op ons regte, of dit nou in die ry in die supermark of in 'n hofsaal is. Dikwels, sal ons bo-oor iemand loop net om ons eie sin te kry.

     

    Tweeduisend jaar gelede het Jesus binne sewentien uur, vyf hofsake deurgemaak. Getuies het vals gesweer, die reëls van die hof is verontagsaam en tog, toe hulle Hom vra om Homself te verdedig en om op te staan ​​vir sy regte ... het Hy dit nie gedoen nie. Hy het ​​in stilte daar gestaan, terwyl die grootste onreg gepleeg is.

     

    Hulle het Hom geslaan. Hulle het op Hom gespoeg. Hulle het Hom gekruisig.

     

    Dit wil voorkom asof Hy bereid was om sy regte op te gee. Vir wie?

    In Johannes 15:13 sien ons:  Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. 

     

    Hy het dit vir jou en vir my gedoen. Hy het dit gedoen omdat Hy geweet het, dat dít die prys is, vir jou rebelsheid en myne, vir jou sonde en myne, die prys wat God vereis – die dood. Hy het geweet, dat Hy die enigste een was, wat dit vir jou en my kon betaal.

     

    Daar is iets in hierdie wêreld wat baie, baie ... baie groter, baie, baie ... baie belangriker is, as ons regte.

     

    Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. 

     

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

952 Listeners